Vir ‘n leefstyl wat by die ouer person pas . For a lifestyle that compliments the older person. JULIE — AUGUSTUS 2014

MAART

2016

MARCH

www.el-pida.org [email protected]

KANTOORURE

-

OFFICE HOURS

Maandae - Woensdae & Vrydae 09h00 - 12h00 Mondays - Wednesdays & Fridays Gesluit op Donderdae - Closed on Thursdays

El-Pidá -

VELE HANDE MAAK LIGTE WERK

Charles McCormick het gesê: “Twee mense wat as ʼn span saamwerk, voer heelwat meer uit as drie mense wat elkeen op hul eie werk”. Daar is ʼn ander spreekwoord wat sê: “As die een hand die ander een was, bly altwee skoon”. Ons by El-pidá, stel ons ten doel om as ʼn span saam te werk, daarom kan ons terugkyk en sien dat ons veel in 2015 vermag het. El-pidá staan op die drumpel van groot dinge! Aan die nuwe lede wat reeds aangesluit het, julle maak ons opgewonde - baie welkom! Baie dankie aan elkeen van ons bestaande lede wat reeds hul ledegeld vir 2016 betaal het, julle is voorwaar steunpilare. Ons is besonder dankbaar vir julle volgehoue ondersteuning en meelewing. Dit is verblydend dat lede wat vir ʼn tyd lank onaktief was, nou weer hul ledegeld hernu het – welkom terug! Ons is baie bly dat julle weer met ons is! Baie dankie aan die nuwe lede wat as vrywilligers sommer ingespring het om te help met die voorbereiding van die gekookte etes – vele hande maak ligte werk! . . . . . . . . ►►►

◄ ◄ ◄ .......... VELE HANDE MAAK LIGTE WERK Ons is opgewonde oor ʼn paar nuwe dinge wat vanjaar op ons wag. Een van die dinge is die “Filosofie-kafee”, ʼn gespreksgeleentheid wat bietjie die intellek gaan stimuleer. Die eerste “Filosofie Cafè” is deur sowat 20 mense bygewoon. Dankie aan Johan Jooste die koördineerder wat deel van ons span geword het en wat ons in staat stel om meer dinge te kan aanbied. Ons wil ook meer gereeld “sing-song” geleenthede skep waar ons lekker gaan saamsing en dalk ʼn passie of twee uitvoer. Soos wat ek reeds gesê het, wil ons 2016 ʼn jaar van omgee maak om sodoende te verseker dat El-pidá se lede en ander ouer wordende persone gelukkig is. Om te sing is een van die dinge wat help dat ʼn mens gelukkig voel, wees dus deel van ons “Sing-song” geleenthede. Ek lees onlangs die volgende: Jy kan nie met die volgende hoofstuk van jou lewe begin as jy aanhou om die vorige hoofstukke oor en oor te lees nie. Dis belangrik om na aftrede te besef dat jy eintlik aantree, om ‘n nuwe fase van jou lewe, te begin. Moenie aanhou leef uit jou verlede nie, gryp hierdie dag vir ‘n nuwe lewe… Sommer net aan elkeen wat opnuut of vir die eerste keer betrokke raak – BAIE WELKOM ONS HOOP JY GENIET DIT OM DEEL VAN EL-PIDÁ TE WEES. ONTHOU EL-PIDÁ IS JOU ORGANISASIE VIR ʼn LEEFSTYL WAT BY DIE OUER PERSOON PAS. BEN FERREIRA UITVOERENDE DIREKTEUR

Maandae 11h00 Mondays Valleisig NG = Gwen Heathfield 083 772 7168 Kom deel in die pret ! ! - Come join in the fun! ! Lede R20 en nie-lede R25

El-Pidá

lede kwalifiseer vir korting op hul ledegeld indien

hulle vanjaar aangesluit het by Crisis on Call of Koopkrag. Kontak asseblief vir Judy 083 325 2102 indien hierdie korting op u van toepassing is.

FILOSOFIE CAFè Skryf jou eie storie!

Almal sit vasgenael en luister na Erika Murray-Theron wat vertel hoe om jou eie storie te skryf, of dalk jou familie se lewensgeskiedenis te boek te stel.

EL-PIDá geniet “high tea” by Lakelands Aarbeiplaas

Volkspele-oggend Dit was ‘n genoegsame oggend. Die lede het self volkspele gespeel en dit geniet. Rommel vd Riet vermaak ons deur viool te speel met ‘n saag .

Weskustoer -

28 Aug tot 7 Sept 2016

Inskrywingsvorms is beskikbaar by El-pida se kantoor op Maandae, Dinsdae, Woensdae & Vrydae te Valleisig Gemeente H/V Tipperary en Mayostrate, Faerie Glen

10 NAGTE R7 900 vir El-pida lede R8 400 vir nie-lede DEPOSITO’S BETAALBAAR VOOR 29 FEBRUARIE Deposito van R3 000 vir lede of R3 500 vir nie-lede is betaalbaar voor 29 Februarie 2016 Balans is betaalbaar in 2 paaiemente van R 2 850 Laaste paaiement is betaalbaar voor Julie 2016

SONDAG 28 AUGUSTUS Vertrek na Kimberley MAANDAG 29 AUGUSTUS Reis na Carnarvon DINSDAG 30 AUGUSTUS Vertrek na Van Rhynsdorp WOENSDAG 31 AUGUSTUS Reis na Garies DONDERDAG 1 SEPTEMBER Vertrek na Nieuwoudville VRYDAG 2 SEPTEMBER Reis na Langebaan SATERDAG 3 SEPTEMBER Vertrek na Lampertsbaai SONDAG 4 SEPTEMBER Reis na Worcester MAANDAG 5 SEPTEMBER Vertrek na Beaufortwes DINSDAG 6 SEPTEMBER Reis na Bloemfontein WOENSDAG 7 SEPTEMBER Vertrek na Pretoria

KONTAK ONS Vir meer inligting kontak:

Ben Ferreira

Sel: 082 901 4219

[email protected]

Besoek ons webblad:

www.el-pida.org

Die Stofsuier DIE eerste stofsuier is in die middel van die 1800’s in Amerika uitgevind. Dit het uit ’n kas met wiele en pomphandvatsel bestaan en het met ’n blaasbalk gewerk. Twee mense was nodig om dit te laat werk - een om die blaasbalk te hanteer en een om die pyp te stuur. Dit is meestal in teaters en hotelle gebruik. Die huishoudelike stofsuier het eers in die vroeë 1900’s sy opwagting gemaak, danksy die vindingrykheid van ’n Engelse siviele ingenieur, Hubert Cecil Booth. In 1901 het Booth in Londen ’n demonstrasie van ’n Amerikaanse spoorwaskoonmaker gesien. Die toestel het stof verwyder deur dit in ’n houer in te blaas, wat nie so ’n goeie plan was nie, aangesien die meeste van die stof eenvoudig in die lug beland het.

BO: ’n Ou soort stofsuier .

Toe hy tuis kom, het Booth lug deur ’n doek probeer suig om stof op te vang pleks van dit weg te blaas. Hy het die beginsel aan ’n vriend gedemonstreer deur ’n sakdoek iewers teen ’n stowwerige stoel in ’n restaurant te plaas en dit met sy mond te suig. Die stof het aan die sakdoek vasgekleef Booth het ’n masjien gepatenteer wat op hierdie beginsel gegrond is, en die British Vacuum Cleaner Company gestig om mense se huise skoon te maak. ’n Perdewa het op die sypaadjie langs die huis stilgehou en ’n suigslang is deur die deur of ’n venster gesteek. Daarna het ’n span skoonmakers aan die werk gespring. Die pomp, wat met ’n petrol enjin aangedryf is, het vreeslik gelawaai. Booth het dikwels ’n potjie met die polisie geloop omdat sy affêre koetsperde laat skrik het. Nogtans het sy revolusionêre skoonmaakmetode só ’n opskudding onder die vroue van die hoë lui veroorsaak dat hulle ’’stofsuier’’teepartye gereël het sodat hul vriendinne al die aksie kon aanskou. ’n Paar jaar later het Booth kleiner huishoudelike toestelle ontwerp. Hulle is met elektrisiteit aangedryf en, hoewel hulle swaar was, kon slegs een mens só ’n toestel hanteer. Omstreeks dieselfde tyd het ander uitvinders met verskillende ander soorte stofsuiers vorendag gekom.

LINKS: Hier wikkel-wikkel... daar wikkel-wikkel... woerts in die hoekie! Hierdie robotjie, wat outomaties oor die vloere kruip om sy stoffies te vreet, lyk nie eens meer naastenby soos die kru stofsuiers van vroeër nie. Foto deur “Shawnc”, tot openbare besit verklaar by die Wikipedia-projek (“released into the public domain”)

Persoonlike dienste is Maandae streng op afspraak beskikbaar. Personal services are done on Mondays, strictly by appointment.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

NUWE KONTAK

PERSOON VIR

VOETSORG MAANDAE by Valleisig

Bespreek by RIANA 082 942 5723 Nuwe pryse: Lede R35 Nie-lede R50

Vir ander dae kontak asb vir Natasha by 083 289 5464

El-Pidá

HAARSALON Lede PRYSE SHEILA 0722 193 627

DAMES: Sny . . .

...

MANS : Haarsny . . . . . .

R80-00

Perm / Sny / Set . . . . . . Blaas . . . ... . .. .

R350-00 R85-00

R 60-00

Knip van wenkbroue /snor

R20-00

LW: Pryse kan deur die haarkapster aangepas word na gelang van die dienste wat versoek word.

GEKOOKTE ETES / COOKED MEALS Lede R40 Nie-lede R50 per bord. Bestel etes asb 4 dae vooruit / Please order meals 4 days in advance Judy 083 325 2102 07 Mar 14 Mar 21 Mar 28 Mar

= = = =

Gammon Mince Loaf HOLIDAY VAKANSIEDAG

04 Apr = Smoked Pork 11 Apr = Hoender 18 Apr = Beef Stew 25 Apr = Herderspastei

02 Mei VAKANSIEDAG 09 Mei Steak & Gravy

Etes kan 11uur afgehaal word. Meals can be collected from 11am. Al die etes sluit stysel en groente in / All meals include starch and vegetables

D A G B O E K 2016 D I A R Y Please make your bookings with / Doen asb jou besprekings vroegtydig by Judy 083 325 2102

01 Mar - 9h30 Dinsdag - Filosofie Cafè by Square Time Restourant in Haymeadowstraat. Kom sluit aan by Johan Jooste vir ‘n interessante gespreksoggend met ‘n spreker. R50p.p sluit koffie/ tee in. RSVP 23 Feb asb. 08 Mar - 8h15 Dinsdag - Besoek Vleis Fabriekswinkels in Silverton met koffie / ontbyt by Helga’s. Vertrek vanaf Valleisig , vervoer lede R30, nie-lede R40 p.p BESPREKINGS SLUIT 29 FEBRUARIE ! 22 Mar - 10h00 Dinsdag - Fliek: “Seun”, deur Deon Meyer, in die buitesaal by Valleisig. R15 p.p. verversings ingesluit. 30 Mar - Dinsdag - SEMINAAR. Meer inligting sal mettertyd per epos en sms deurgegee word. Hou intussen die datum oop. 05 Apr - 8h30 Dinsdag - Besoek Die Munt, asook Farm Wise Groenteverpakkingsaanleg. Vertrek vanaf Valleisig , vervoer lede R70, nie-lede R80 p.p BESPREKINGS SLUIT 29 FEBRUARIE !

12 Apr - 9h30 Dinsdag - Filosofie Cafè by Square Time Restourant in Haymeadowstraat. Kom sluit aan by Johan Jooste vir ‘n interessante gespreksoggend met ‘n spreker. R50p.p sluit koffie/ tee in. RSVP 4 Apr asb.

NUTSMAN TAKIES Vir eenvoudige herstelwerk soos: Lekkende krane en toilette Basiese elektriese herstelwerk Aanbring van rakke Ligte Sweiswerk Restourasie van meubels Vele andere Skakel Jan Opperman 012-991-2177 / 073-188-5898

FOOI BETAALBAAR

El-Pidá

samewerkingsooreenkomste

CRISIS ON CALL Wanneer ʼn persoon aansluit by El-pidá, of sy/haar ledegeld hernu, en ter selfde tyd aansluit by Crisis on Call, sal R20 korting op ledegeld toegestaan word. Nog ‘n voordeel vir El-pidá lede is dat Crisis on Call se Administrasiefooi met R50 verminder. Dit bring ‘n totale besparing van R70 mee. KOOPKRAG Wanneer ʼn persoon aansluit by El-pidá, of sy/haar ledegeld hernu, en ter selfde tyd aansluit by Koopkrag, sal R20 korting op ledegeld toegestaan word. WOOLWORTHS EN VENNOTE Dit kos u dus niks om hierdie My School/Village/Planet kaart te gebruik nie. Vir elke transaksie waar El-pidá as ʼn begunstigde op die My School-program registreer is, sal El-pidá ʼn kommissie op die aankope direk van Woolworths ontvang. ʼn Beroep word op alle lede gedoen om die aansoekvorm te voltooi en ook om familie en vriende aan te moedig om deel van die program te word en so El-pidá finansieel te ondersteun. NB u kan tot 3 begunstigdes registreer voeg dus gerus El-pida by. Indien jy reeds ʼn Woolworths-kaart het kan jy El-pida koppel as begunstigde.

Dr. M.Teixeira Homoeopath / Homeopaat M. Tech: Homoeopathy Pr. No. A4675 Consultations / Konsultasies Mon-Fri / Ma-Vr 08:00 – 13:00 MoreletaMed 874 Rubenstein Drive Moreleta Park

082 343 6443 [email protected] www.ptahomoeopath.co.za