Hoërskool Bastion Basuiner omsendbrief 18/2015

Geagte Ouers/Voogde Nuwe hoof Dit is vir ons aangenaam om Mnr Gert Koekemoer as nuwe hoof van Hoërskool Bastion te verwelkom. Mnr Koekemoer is „n gesinsman. Hy is reeds die afgelope 36 jaar gelukkig getroud met Lynette. Die egpaar het drie kinders, twee seuns en „n dogter, en drie kleinkinders, ook twee seuntjies en „n dogtertjie.

24 Julie 2015

Mnr Koekemoer sê hy sien uit na die uitdagings wat die toekoms by Bastion vir ons inhou. Hy nooi graag elke ouer en leerder om by hom in te loer om kennis te maak. Hy glo dat hy, die personeel, ons ouers en leerders regtig „n groot verskil kan maak as ons almal saamwerk. Ons wens hom graag voorspoed toe met sy nuwe verantwoordelikhede en sien daarna uit om, saam met hom, ons skool na nuwe hoogtes te voer.

Hy beskryf homself as „n Christen Afrikaner wat mal is oor die tradisionele dinge soos biltong, braai en rugby. Mnr Koekemoer is „n buitelugmens wat graag tyd saam met sy kinders en kleinkinders in die bos, by „n dam of by die see deurbring. Hy speel ook graag gholf wanneer hy die kans kry. Verder stel hy belang in aktuele sake en lees graag. Hy het aan die Hoërskool Noord-Oosrand gematrikuleer en aan die Goudstad Onderwyskollege gestudeer, waar hy ook op die Huiskomitee gedien het. Hy het later „n VDO, BA, gedeeltelike B.Ed en ACE kursusse voltooi. Hy het sy onderwysloopbaan in 1980 by Laerskool Horison begin en het daarna by verskeie skole as departementshoof en adjunkhoof opgetree. Mnr Koekemoer was van 2000 tot 2004 die hoof van Laerskool Fontainebleau voordat hy die onderwys verlaat en die privaatsektor betree het. Na sy terugkeer tot die onderwys in 2006, was hy tot op hede adjunkhoof by Laerskool Horison. Op sportvlak het hy verskeie afrigtingskursusse in atletiek, rugby en krieket suksesvol voltooi. Onder sy leiding het die atlete en rugby- en krieketspanne wat hy afgerig het, baie goeie prestasies behaal. Ses van sy laerskoolrugbyspanne en drie hoërskoolspanne het die Goue Leeus liga gewen, terwyl een span die naaswenners in die Beeld Trofee kompetisie was. Vyf van sy krieketspanne het die Wesrand liga gewen. Skolesport en –kultuuraktiwiteite lê hom na aan die hart, terwyl leierskapontwikkeling en die uitlewing van ons Christelike waardesisteem in al hierdie aktiwiteite vir hom belangrik is. Op persoonlike vlak is hy self „n kranige sportman wat sy bydrae in atletiek, rugby en krieket gemaak het. Hy het ook die Comrades twee keer voltooi, met „n beste tyd van 9 uur en 3 minute.

Akademie Neem asseblief kennis van ons ouermiddag/-aand vir gr8 tot gr11 wat op Donderdag 30 Julie plaasvind. Leerders het „n skrywe met meer inligting ontvang. Die gr12-oueraand vind op Woensdag 29 Julie in die saal plaas. ALLE gr12-ouers moet dit asseblief bywoon. Die toetsreeks vir kwartaal 3 begin reeds op 29 Julie. Elke leerder sal „n toetsrooster ontvang. Ouers moet asseblief toesien dat leerders take en portefeuljestukke betyds inhandig. Die derde kwartaal is „n akademiese kwartaal waar werkskemas afgehandel moet word. Die puntesamestelling vir hierdie kwartaal bestaan slegs uit toetse en take. Sien asseblief die rooster vir verpligte ekstra klasse.

2

OGGENDE VOORSKOOL : 06:45 Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag

Rekeningkunde Gr 12 Wiskunde Gr 12 Fisiese Wetenskappe Gr 12 Lewenswetenskappe Gr 12 Wiskunde Gr 12

27 Julie 3 Augustus 7 Augustus 14 Augustus 17 Augustus

Wiskunde Fisiese Wetenskappe/ RTT I.G.O. / Gasvryheid Rekeningkunde Siviel/ Meganiese / Elektriese Tegnologie / Visuele Kunste Lewenswetenskappe / Ontwerp

Wiskunde Gr 10(6) Wiskunde Gr 11(5) Wiskunde Gr 10(1)

MAANDAE EN VRYDAE 14:15 – 15:30

24 Augustus

Lief en Leed Me Jeanetta Lubbe (Maatskaplike werker) se dogter Clarette Lubbe (Bastion matriek 1994) is op 11 Julie getroud met Alex Nienaber. Die paartjie gaan hulle op Witbank vestig, Clarette as sielkundige en Alex as IT-spesialis. Me Melitta Geyser (Bemarking) se dogter, Daniélle- oud-leerder, het op 17 Julie aan die Musiek Roulette program op SABC 2 deelgeneem. Ons is baie trots op Daniélle se besondere prestasie. Me Schylah Schreuder (Engels) het die vakansie ʼn kleinseun ryker geword. Ons is dankbaar vir die nuwe kleinkind. Mag hulle net vreugde uit die kleinding put. Me Barbara Martens (Chemies en Fisika) se broer is baie beter nadat hy ernstige gesondheidsprobleme gehad het. Ons is dankbaar vir die mooi herstel. Leed: Me Ansie Meyer (Afrikaans) se seun was in ʼn motorongeluk. Ons is dankbaar dat hy ongedeerd uit die ongeluk kon kom. Wyle oom Willie Fourie (afgetrede busbestuurder) se vrou is gedurende die vakansie tragies in ʼn huisbrand oorlede. Ons bid vir die familie vir vertroosting. Finansies: Ouers word herinner van die Begrotingsvergadering op 24 Augustus 2015. Dit is baie belangrik dat u hierdie vergadering moet bywoon. Ons versoek ook dat ouers op datum sal bly met skoolgeld. U word dus dringend versoek om alle agterstallige bedrae op skoolgeld, toere, ensovoorts op datum te bring.

Bastion Gholfdag : Vrydag 2 Oktober 2015 Ons jaarlikse gholfdag kom nader en ons maak weer, soos altyd, staat op ons ouers se ondersteuning. Sonder u hulp kan ons nie „n sukses daarvan maak nie. Ons heg al die inligting en inskrywingsvorm hierby aan. Bring asseblief hierdie belangrike geleentheid vir ons skool onder u vriende en familie se aandag. Indien u nie self speel nie, ken u wel iemand wat graag speel. Ons benodig die volgende: 1. Spelers (R375 per speler en R1 500 per 4-bal) 2. Borge. Hierdie borge kan dan hul besigheid op „n spesifieke putjie adverteer soos hulle goeddink. Elke borg mag ook „n gratis 4-bal inskryf. (R2 500 per borgskap). 3. Pryse. Ons wil graag aan die einde van die dag se spel „n prys vir elke speler hê. Omdat die formaat van die spel van so „n aard is dat twee-twee spelers saam speel, wil ons graag ook die pryse twee-twee van dieselfde ding hê. Ons stel weer „n teiken aan ons leerders om, per klas, R3 000 se waarde vir die gholfdag (in die vorm van spelers, borge of pryse) te in. Elke klas wat dit regkry, sal die dag waarop die gholfdag plaasvind, afkry. Indien u meer inligting verlang, skakel gerus met me Melitta Geyser by tel. 011 762 5245/6 of per e-pos by [email protected]. Baie dankie dat ons op u elkeen se samewerking kan staatmaak! SPORT NETBAL: Datums vir 2015: 31 Julie SASN 26 Augustus D2 AGM BAIE GELUK! Ons is trots op Luanelle van Niekerk wat in „n o/19 Senior Gauteng-Wes netbalspan opgeneem is. Hierdie span het gedurende die vakansie „n bronsmedalje by die Senior Gauteng kampioenskappe verower. Welgedaan Luanelle! Leierskap: Die proses om nuwe leiers vir 2015/16 te verkies, is aan die gang. Die kandidate kry eerskomende Dinsdag die geleentheid om hulself aan die skool bekend te stel. Sterkte aan almal. Ondersteuningsdienste: SMARTSWIPE:

3 Die koste verbonde aan die kaartstelsel is as volg: Eerste registrasie: R85-00

„n Vrag tuingrond, wat gebruik is om blombeddings op te knap, is aan die skool geskenk. Baie dankie aan mnr Uys vir dié skenking.

Dit sluit „n jaarlikse administrasie fooi in: R50-00 Betaling van kaart: R35-00 TOTAAL: R85-00 Belangrik: Aansluiting word direk by “Smartswipe Solutions” gedoen.

Ons beplan om eersdaags met „n paar bouprojekte te begin, waaronder sitplekke vir leerders op die terrein en braaiplekke langs die Aldoelsaal wat gebruik kan word by funksies en sportgeleenthede. Indien daar ouers is wat van boumateriaal ontslae wil raak, bv. bousand, stene, ens. kontak gerus vir mnr Herman Swart by 083 436 6641. Ons sal dit by u gaan afhaal. Sodoende kan u sommer u erf skoon kry van oortollige materiaal.

Besoek: https://www.smartswipesolutions.co.za vir meer inligting. E-pos: https://[email protected] Vir registrasies: https://www.smartswipesolutions.co.za/register.asp Vir ouer-handleiding: https://www.smartswipesolutions.co.za/pdf/Ouerhandleiding.pdf Fondsoorplasing: https://www.smartswipesolutions.co.za/pdf/BankDetails.png Kontakbesonderhede: Lee Ann Scholz by Telefoon: 0073 238 9485. (011) 794 1487. Me A de Jager kan ook gekontak word vir meer inligting: (011) 762-5245/6 Klerewinkel Daar is nog wintersdrag beskikbaar in die klerewinkel, o.a. nuwe “sheer ladderless” broekiekouse en serpe. Enige bestellings wat geplaas word, moet asseblief vergesel wees van „n 50% deposito. Navrae: Me Charmaine van der Westhuizen: 011 271-7756 Snoepie Spyskaart vir volgende week: Maandag 27/07 Broodjies: Chicken Mayo Bacon & Kaas Ham & Kaas Kaasburgers

Dinsdag 28/07 Broodjies: Chicken Mayo Bacon & Kaas Ham & Kaas Russian & Skyfies

Woensdag 29/07 Broodjies: Chicken Mayo Bacon & Kaas Ham & Kaas Chicken-wraps

Donderdag 30/07 Broodjies: Chicken Mayo Bacon & Kaas Ham en Kaas Beef burgers

Vrydag 31/07 Broodjies: Chicken Mayo Bacon & Kaas Ham & Kaas Toasted Bacon, Eier, Kaas en Tamatie

Enige voorstelle vir ietsie anders is welkom en kan by die snoepie ingehandig word.

Nuwe Gr8’s van 2016 Ons herinner alle ouers wat volgende jaar nuwe gr8‟s by ons het, dat u kind sy/haar skoolbaadjie, asook „n sosiale hempie, gratis sal ontvang indien die “registrasiefooi”/eerste paaiement van R1 800 teen 31 Augustus 2015 betaal is. Nuus van ons faktotum Ons het gedurende die vakansie heelwat vordering gemaak met uitstaande projekte. Die leerders se motorparkeerarea, waar hul motors veilig geparkeer kan word, is 95% voltooi. Onderdak-motorfietsparkering, met toesluit-”lockers”, is ook gefinaliseer.

Opvoedkundige leiding Depressie en Bipolêre Gemoedsversteuring Die tragiese verhaal van Anneke Mostert (12) wat haarself op 12 Julie geskiet het, noop ons om weereens ouers bewus te maak van die simptome van depressie. Ons haal aan uit Rapport van 19 Julie 2015: In die boek As ʼn kind se lag verdwyn: Hoe om depressie by kinders te identifiseer en te hanteer (CUM 2009) lys Henk en Ansie Gous dié simptome van depressie of die depressiewe aspek van bipolêre steurnis: Laerskoolkinders:  Algemene hartseer;  Herhalende gedagtes oor dood;  Slaappatrone verander;  Dagdromery;  Eetpatroon verander – gewigsverlies of gewigsvermeerdering;  Huil en bekommer hulle baie;  Lae selfbeeld – opmerkings soos: “Ek is simpel, niemand hou van my nie”;  Probleemgedrag soos aggressie of diefstal;  Weerstand om skool te gaan;  Skoolprestasie daal;  Min lus om met maats te speel;  Regressiewe gedrag, soos bednamaak en huilerigheid. Tieners:  Skoolprestasie daal;  Algemene moegheid;  Slaap- en eetpatrone verander;  Gedragsprobleme by skool;  Anti-sosiale gedrag;  Hartseer;  Gedagtes oor dood en selfmoord, pogings tot selfmoord of selfbesering;  Min aandag aan voorkoms;  Uiters sensitief vir verwerping of mislukking en lae selfbeeld. Wat kan ouers doen?  Praat met u kind – kwaliteit tyd is nodig.  Praat met professionele persone as u enigsins bekommerd voel oor u kind.

4  

Weet wat op u kind se selfoon gebeur. Enige selfdood-dreigemente, gedagtes en tekens moet ernstig opgeneem word. Dr. Gouws së: “Kinders weet nie hoe om hul emosies te verwoord nie en dan druk hulle dit met dade uit”. ʼn Pamflet “Deernis met Depressie” is besonder insiggewend. (Christelike Lektuurfonds) Boekies van dr. Henk Gouws, die berig in Rapport en ander Lektuur is op aanvraag by me Lubbe beskikbaar.

ʼn Dringende oproep aan BASTION-OUERS Die aantal leerders wat broodjies by die skool kry as gevolg van ʼn finansiële krisis (hoofsaaklik werkloosheid as rede) raak meer. Ons beleef ʼn ernstige tekort om brood en smeergoed te finansier. Ons vra baie dringend vir donasies in dié verband. U kan kontant inbetaal by me M Pretorius. Noem net asseblief dat dit vir die broodjieprojek is. Bankbesonderhede: ABSA HORISON – Kode – 630941 REK: BASTION GEBEURE REK NO: 4049786586 VERWYSING: BROODJIEPROJEK FAKS: 011 762 1402 TEL: 011 762 5245/6 Tans is daar ʼn kerk wat op ʼn spesifieke dag vir ons help met toebroodjies vir ± 25 leerders. U kan me Lubbe in dié verband kontak – 011 762 5245 of 082 929 1053. Bastion Christen Vereniging (BCV) Die BCV wil elke Bastionner hartlik uitnooi na ons byeenkomste. Donderdag tydens tweede pouse bymekaar in die media-sentrum.

Ons kom elke

Wat presies is die BCV? Dit is ʼn plek waar jongmense saam kan gesels oor hulle geloof en wat in en om ons aangaan. Leerders kry ook die geleentheid om vrae te vra oor verskeie aspekte van tiener wees. Ons probeer leerders toerus om ingeligte besluite oor belangrike sake te kan neem. Algemeen: Hondsdolheid Nadat „n hond met hondsdolheid in die Mindalore-omgewing gevind is, het die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling versoek dat die publiek uiters versigtig moet wees wanneer hulle rondloperhonde en ander diere teëkom. Indien iemand deur „n rondloperdier gebyt of gekrap sou word, moet die voorval by die

Distriksgeneesheer aangemeld word en die Staatsveearts by tel. 011 411 4300 daarvan verwittig word. Volgens wetgewing moet alle honde en katte teen hondsdolheid ingeënt word en is dit onwettig en „n gesondheidsrisiko indien dit nie gedoen word nie.

Kom ons lag ‘n bietjie TEACHER : Why are you late? STUDENT : Class started before I got here. TEACHER : John, why are you doing your math multiplication on the floor? JOHN : You told me to do it without using tables. Bastiongroete ME L JONKER WAARNEMENDE HOOF

Wesrand Motorskou – 29 Augustus by Laerskool Dr Havinga – sien volgende bladsy!

5

The 8th annual

West Rand Car Show 29 August 2015 from 09:00 till late at L/s Dr Havinga

No entry fee charged as event is designed around showcasing special vehicles and motorcycles to enthusiasts. Piet Pompies from DJ Ossewa fame and many more will entertain the crowd. Prizes for best cars and bikes in their class will be awarded. First 120 vehicles will each receive a collectable medallion.