Nuusbrief Julie 2006

Nuusbrief Julie 2006 Vriende, Niemand kan sê daar gebeur NIKS in die Kaap gedurende die winter nie. OOG-lede het 5 mane rondom Jupiter gesien, die ok...
Author: Stephen Higgins
80 downloads 0 Views 105KB Size
Nuusbrief Julie 2006

Vriende, Niemand kan sê daar gebeur NIKS in die Kaap gedurende die winter nie. OOG-lede het 5 mane rondom Jupiter gesien, die okkultasie van Spica het van ons lede op hulle tone gehou en die Maan het ons astrofotograwe laat bontstaan met hulle kameras. Dit was ‘n lekker, besige maand met nuwe dinge en uitdagings. Bowenal is die Pendeltuig-reisigers veilig terug op moederaarde en almal kan weer asemhaal. Die Skerpioen http://www.saao.ac.za/assa/html/2006_june_deepsky_delights.html (Magda Streicher) http://skyandtelescope.com/observing/objects/starclusters/article_1597_1.asp http://en.wikipedia.org/wiki/Scorpius Scorpius, is een van die wintermaande se mees manjifieke konstellasies en ons hier in Suider Afrika is bevoorreg om dit feitlik heelnag te kan sien. Hierdie is ‘n merkwaardige versameling van 15 sonne van magnitude 3 of meer, dis ook een van die makliker konstellasies om te herken weens sy ooreenkoms met die aardse gogga. Die kop van die Skerpioen bestaan uit Beta, Delta en Pi Scorpii. Die middelster, Delta Scorpii hou die sterrekundiges besig. Gewoonlik het dit ‘n magnitude van 2.3 maar in 2000 het dit skielik helderder geword en eindelik 1.6 bereik. Gaandeweg het dit weer stadig teruggekeer na sy vorige helderheid. Die Skerpioen is die tuiste van pragtige deep-sky voorwerpe. Sien Magda Streicher se artikel op die ASSA webblad vir Junie. Die teikens sluit onder andere die volgende in: 1) Die sterrebondel M4 met magnitude 6 is ‘n blikvanger en ‘n moet-sien. 2) Die sterrebondels M6 - die skoenlapper en M7 - Ptolomie wat as die angel van die Skerpioen beskou kan word. M7 is spesiaal vir ‘n ander rede ook – dis die mees suidelike voorwerp in die Charles Messier katalogus Sterkaart: Wikipedia

In die hart van die Skerpioen lê egter die juweel , Antares, met magnitude 1, wat dit die 15de helderste ster in die naghemel maak. Die naam Antares, (Alpha Scorpii) beteken mededinger met Mars.- met sy kenmerkende rooi kleur kan ‘n mens verstaan waarom. Antares is ‘n super rooireus wat 600 ligjare ver lê. Dit maak dit een van die naaste super rooireuse en oortref dit selfs Betelgeuse in Orion, wat 430 ligjare ver is. Daar word geglo dat Antares uit 15 tot 18 sonmassas bestaan wat dit ‘n kandidaat maak vir Tipe Twee supernova, iets wat môre of iewers in die volgende miljoen jaar kan plaasvind. Dit is te ver om ons hier op aarde te affekteer maar mense, dit gaan skouspelagtig wees! Antares is nie ‘n enkel-ster nie - op 13 April 1819 is ‘n dowwer metgesel tydens ‘n maan okkultasie vanuit Wenen ontdek. Die ster van magnitude 5 is net wes van Antares geleë maar is baie moeilik om te onderskei – dis egter iets wat Magda reggekry het!

Die Skerpioen is ‘n ideale konstellasie om met ‘n verkyker te verken en daar is die bonus van ‘n moontlike okkultasie van Antares. Dit gebeur op die oomblik redelik dikwels aangesien Antares naby die ekliptika geleë is. Dis egter net tot 2010 - daarna sal okkultasie afwesig wees tot Augustus 2023. Geniet dus nou die plesiertjie en hou die Sky Guide dop vir datums. Ons eie maan – Dr. P van Heeden http://home.telkomsa.net/mybirding/Maanfotos.htm “There’s a new moon over my shoulder and an old love still in my heart” Hierdie woorde van ‘n cowboy-liedjie uit my jong dae kom uit een van honderde liedjies waar die maan die tema vorm van verliefdes se verlange hoop en teleurstellings. Naas die Son, is die Maan ons mees sigbare hemelliggaam. Ons almal word gefassineer deur die pragtige gesig van ‘n volmaan wat in die Ooste opkom of deur die sekelmaan wat in die Weste sak. Dink maar net aan die invloed wat ‘n pragtige volmaan het op ‘n verliefde paartjie! Ook die rol wat die nuwemaan speel in die godsdiens van soveel mense op ons planeet. Om verstaanbare redes word die Maan ook verantwoordelik gehou vir baie dinge wat op Moedertjie Aarde gebeur. Ons maande is aanvanklik bepaal deur die Maan se beweging om die Aarde. Dink maar hoe die Amerikaanse Rooihuide die maan in hul spreektaal gebruik om tydperke aan te dui. Soos die liedjie hierbo nog vêrder sing, “You promised with the new moon you’ll be coming back to me, but many moons have passed since and I’m waiting patiently.” Bewerings word – sonder goeie wetenskaplike gronde – gemaak dat die Maan se fases ‘n invloed het op die sirkadiese ritmes by die mens, en in besonder die menstruele siklus by die vrou. Daarom praat ons van maandstonde; ook op die planttyd en groei van plante. Gemeenskappe het deur die eeue hul planttyd laat beïnvloed deur die fases van die Maan. Die Maan se mees bekende invloed is egter op die getye van die oseane. Hoog- en laaggety, springgety en dooie gety is direk die gevolg van die invloed van Maan se swaartekrag op die oseaan. Die Son speel ook ‘n rol maar nie tot dieselfde mate nie. Ons almal het ook al gehoor van die sogenaamde “Harvest Moon” wat veral in die Noordelike Halfrond dui op die volmaan naaste aan 22 September. Dan duur maanskyn die langste op die spesifieke aande en het boere meer tyd om hulle oeste van die lande af te haal. Seker die bekendste landmerke op die maan se oppervlak is die sogenaamde “mares” of “seë”. Hulle gee aan die Maan die sogenaamde “man-in-die-maan gesig”. Dan is daar ook die magdom kraters wat veral sigbaar is deur ‘n verkyker of klein teleskoop en almal van ons snak na ons asems wanneer ons dit vir die eerste maal sien en merk hoe pragtig die berge skadu’s maak en hoe die dieptes van die kraters skielik vir ons ‘n werklikheid word. Kratertjies binne groter kraters is net so indrukwekkend en dui daarop dat hulle nog later gekom het. Die aanvaarbaarste teorie oor die oorsprong van die Maan is die volgende. Toe die Aarde nog in ‘n semisoliede toestand was het ‘n Mars-grootte liggaam naby die Aarde verbygeskuur en ‘n stuk weggeskeur wat toe agtergebly het en ‘n satelliet van die Aarde geword het. Die gronde vir hierdie bewering, onder andere, is dat die geologie van die Maan baie ooreenstem met die van die Aarde - anders as wat die geval is met die meeste satelliete van ander planete wat waarskynlik vanaf elders vasgevang is. Oor biljoene jare is die Maan se oppervlak verander deur vulkaniese en tektoniese kragte en die “mares” het ontstaan as gevolg van die uitvloei van basaltiese magma deur krake en splete in ‘n gebied waar die maankors baie dun is. Die kraters het egter gekom vanweë botsings deur meteoriete, asteroïede en komete. Oor talle millennia is hierdie kraters vervorm deur tektoniese kragte en deur meer botsings met meteoriete ens. Die Maan het nie ‘n atmosfeer of water nie en dus kry ons nie wind- en watererosie soos hier op aarde nie. Dit is om dié rede dat ons mensekinders die voorreg het om die kenmerke van die Maan aand na aand te kan geniet en te kan bewonder.

Ek het ‘n foto van ‘n eerste-kwartier Maan met die afokale tegniek deur my teleskoop geneem en die mees kenmerkende kraters, berge en “mares” daarop aangedui. Die beste tyd om na hierdie landmerke te kyk is natuurlik wanneer die Son die Maan skuins belig soos naby eerste of laaste kwartier. Dan gooi die kraters en die berge pragtige skaduwees en kan ons onsself verlustig in hierdie kosmiese skouspel. Let op die sentrale pieke in sommige van die groter kraters. Dit dui op ‘n terugplons van materiaal uit die dieptes van die Maan na ‘n botsing met ‘n baie groot voorwerp. Kleiner Kratertjies toon dit nie. Die bekende Vredefortkoepel in die Vrystaat is ons eie voorbeeld van so ‘n terugplons koepel. Die res van die massiewe Vredefort krater het lankal weg verweer. Vir diegene wat meer wil leer oor die landmerke op die Maan, gaan besoek gerus hierdie heerlike interaktiewe webwerwe wat vir julle ure van genot sal verskaf: http://www.penpal.ru/astro/map.shtml http://www.lunarrepublic.com/atlas/index.shtml Asook ons eie Sky Guide bladsy 54 – 59 Nuusflitse Cassini - halfpad daar. http://spaceflightnow.com/news/n0606/28cassini/ http://saturn.jpl.nasa.gov/home/index.cfm Die Cassini- ruimtetuig het die halfpadpunt in sy 4 jaar verkenningstog van die Saturnus-stelsel bereik. Sedert 30 Junie 2004 het Cassini 15 keer verby Saturnus se grootste maan, Titan, gevlieg en daar word nog 30 beplan. Danksy Cassini is ‘n magdom inligting reeds oor die ringe en mane ingevorder en in die proses is ons ook met skouspelagtige foto’s getrakteer. Volgens JPL is dit steeds all systems go! Foto: Bigelow Aerospace

Genesis 1 - ‘n nuwe begin http://www.universetoday.com/2006/07/12/inflatable-habitatreaches-orbit/ Robert Bigelow se droom van ruimte-toerisme het ‘n hupstoot gekry met die lansering van hierdie unieke opblaasbare habitat (moontlik sal dit later in ‘n ruimte hotel ontwikkel). Hierdie prototipe is suksesvol met ‘n Russiese missiel die ruimte ingestuur. Saamgepers is die habitat 5 meter lank en 1.9 meter wyd maar sodra dit in die ruimte kom, blaas dit op tot ongeveer twee keer hierdie grootte.

Apollo - herdenking http://science.nasa.gov/headlines/y2006/19jul_seaoftranquillity.htm?list50005 Op 20 Julie 1969 het die mens vir die eerste keer voet op die maan gesit. Vir ‘n insig in die gebeure besoek die NASA webwerf waar vier verskillende artikels met video-opnames en soundclips gevind kan word. Discovery - veilig terug en weer op pad. http://www.universetoday.com/2006/07/17/discoverys-safely-on-the-ground/ http://www.esa.int/esaHS/SEM8VDBUQPE_astronauts_0.html Skaars is Discovery en die bemanning van STS 121 veilig terug van ‘n opwindende missie of die volgende skof word beplan. ESA het aangekondig dat Hans Schlegel van Duitsland in September / Oktober 2007 by STS -122 sal aansluit om die Columbus-laboratorium aan die IRS te lewer.

Voetstuk A Beginners Guide: Mev. Louie Stander het na aanleiding van verlede maand se artikel oor sterrekyk vir die beginner, die volgende laat weet: Ek het verlede jaar ‘n boekie met sterkaarte by die S.A. Museum gekry – prys R30. Die boek se naam is : A Beginners Guide to the Southern Stars en is deur J.S. Bondietti geskryf. Daar is 12 sterkaarte met tydtafels en beskrywings. Gewapen met ‘n verkyker en saam met Franz Conradie se boekie, is dit ideaal vir die beginner. Dit werk in die donker makliker as die planisphere. Voorstelling: W.Koorts

Jupiter se vyf mane …… Op 27 Junie het Louwtjie so ‘n paar OOG-lede behoorlik laat rondskarrel met die nuus dat daar 5 mane by Jupiter gesien kan word! Daar is oor en weer gebel en rekenaarprogramme is geraadpleeg maar toe kom Willie soos ‘n wafferse Batman tot ons redding. Dit was ‘n 6.7 mag agtergrond-sterretjie HP 70714 wat net mooi tussen Jupiter se mane verskyn het. Het enige ander lid dit dalk ook gesien? NROL- 22 http://spaceflightnow.com/delta/d317/ http://assa.saao.ac.za/html/mnassa/html ‘n Ander snaakse verskynsel is in die vroeë oggendure van 28 Junie oor Kaapstad gesien en afgeneem deur Greg Roberts, ‘n bekende by OOG. Hierdie geheime spioen-satelliet NROL – 22 (National Reconnaissance Office Launch) is van die Vandenberg lugmagbasis in Kalifornië gelanseer met behulp van ‘n Delta-vuurpyl en het net 40 min geneem om tot hier te kom. Anders as in die goeie ou dae toe dit die Weste teen die Ooste was, het Russiese satellietjageters en amateur radio-entoesiaste dié keer saamgespan met hulle westerse vriende om die kunsmatige komeet te volg en inligting te deel. Waarom noem Greg dit ‘n komeet? Toevallig was die vuurpyl besig met sy tweede fase en die storting van vloeibare waterstof toe dit oor Suid Afrika getrek het en dit het toe soos ‘n wafferse stert uitgesprei. Vir meer inligting en interessante foto’s sien Augustus MNASSA op die ASSA webblad. Groete aan die Kosmos Terwyl ons nou oor satelliete praat, onthou die uitnodiging om ‘n boodskap aan Suid Afrika se nuutste satelliet te stuur by [email protected] of SMS 0729294411 maar onthou die afsnydatum is 11 Augustus. Die boodskappe kan by www.space.gov.za gesien kan word en sal later die ruimte ingestuur word. Carol Botha het reeds die volgende bydrae gemaak : Goody?? Welcome. Come and play.))) My eie poging: My tuiste is die Aarde, kom ons ontmoet ☺, jou plek of myne? Nuwe Lede Ons verwelkom Jonathan Jacobson wat reeds verlede maand via die Internet aangesluit het . It’s good to have you on board! Nuut op die OOG Webwerf Besoekersboek: Willie het ‘n gerieflike skakel geskep – laat weet wat julle dink – ons hoor graag van julle. Reënboog panorama deur Johan Klopper Binnekort ook: Philip van Heerden se foto van die Eerste Kwartier Maan met annotasies. Louwtjie se Volmaan van 11 Julie. Carol Botha se Okkultasie van Spica. Het enige ander OOG-lede dit dalk gesien ?

Deep Sky Companion Carol Botha skryf: Jy het al seker in die nuusbriewe ons aandag gevestig op die Deepsky Observer's Companion deur Auke Slotegraaf. In die Sky Guide word ons ook van hierdie publikasie bewus gemaak. Tot nou het ek seker gedink ek het genoeg boeke en handleidings oor sterrekunde. Groot fout. Een van die eerste name waarmee ek bekend geraak in die Sky Guide is Auke Slotegraaf en is hy het baie bygedra tot my eerste offisiële kennismaking met die naghemel. Gedurende die afgelope paar dae het ek nader kennis gemaak met Auke nadat ek die hemelruim wou versit as gevolg van die feit dat ek o.a. nie die Sky Guide in fyn detail bestudeer het nie. Ek was baie beïndruk oor die geduldige manier waarop hy my reggehelp het. Met so 'n oulike man moes ek beslis nader kennis maak en gaan kuier toe by die psychohistorian se webtuiste ( www.psychohistorian.org ) Binne 'n oogwink kon ek die DOC in PDF formaat aflaai - 'n hele 49 bladsye. Sommer van die eerste bladsy weet ek my ander sterreboeke op my bedkassie sal vir 'n wyle moet plek maak vir die Companion. "Take it as fast or as slow, as intense or as easy, as is right for you" is die tipe uitnodiging wat ek nie kan weerstaan nie. Sterre PODCAST www.psychohistorian.org So van van Auke gepraat, hy het ‘n nuwe toevoeging op sy webblad. Daar is ‘n weeklikse podcast (of soos Willie dit noem, Auksaai) wat julle kan aflaai en dan rustig op hoogte kan bly met wat daarbo aangaan. OOG Vraag Verlede maand het ons gevra: Behalwe die Melkweg-galaksie is daar twee ander spiraal galaksies in ons plaaslike groep. Daar is die alombekende Andromeda galaksie (M31) wat 2.2 miljoen ligjare (21 biljoen biljoen km) ver is, maar wat is die naam van die ander een en hoe ver is hy van ons af? Die antwoord is: Die Triangulum Galaksie wat ongeveer 2.4 miljoen (duisend duisend) ligjare van die Aarde-af is. Hierdie galaksie (M33) vertoon twee maal die grootte van die volmaan. Alhoewel dit groot klink, is die voorkoms waserig wat dit ‘n uitdaging maak om te sien. Vir meer inligting: http://spaceflightnow.com/news/n0606/14milkywaysister/ Foto: SAO: Megacam: Caldwell

Hierdie maand het Willie ’n heerlike vraag vir ons uitgedink: 'n Stigterslid van 'n baie bekende orkes is eintlik 'n gekwalifiseerde sterrekundige. Hy het onlangs 'n boek saam met Patrick Moore uitgebring en hy het eenmaal in 'n onderhoud gesê: "Astronomy's much more fun when you're not an astronomer." Wat is naam van dié bekende orkes en die naam van hierdie orkeslid? Op die Kassie Op 30 Junie en 6 Augustus om 20:00 is daar op DStv se BBC Prime kanaal 40, ‘n program: Space Odyssey - Voyage To The Planets

Augustus Dagboek - moet sien 4 18: 00 die Maan okkulteer Antares (sien, ek het mos gesê!) 9 Volmaan 21 net voor sonsopkoms Venus, Mercurius en Saturnus laag op die Oostelike horison 24 – 28 net voor sonsopkoms Venus en Saturnus saam in die Noord-Ooste 25 1uur na sononder Mars net onder ‘n sekelmaan in die Weste 27 – 28 1 uur na sononder die sekelmaan net onder en bo Spica Dit was ‘n heerlike maand gewees met baie lede wat kontak gemaak het. OOG waardeer al die bydraes en briefies. Spesiale dank aan Philip, Louie, Carol, Johan, Louwtjie en soos altyd, ons herder, Willie. Koos du Plessis se lied "Sprokie vir 'n Stadskind", bevat die volgende woorde: As die reën van stof en roet verby is, En die rook verdwyn, Sal daar in die sterrelose hemel 'n Neonboog verskyn Willie skryf die volgende: Omdat dit eintlik poësie is, kan mens dit seker op baie maniere vertolk. Een manier om na die "sterrelose hemel" verwysing te kyk, is as ligbesoedeling. Werklik stof tot nadenke. Groetnis, Serena 34.083ºS 18.8500ºO