University of Pretoria etd - Claassens, H W (2003)
398
Hoofstuk 9 DIE INVLOED VAN MENSE UIT DIE OOSTE OP DIE KOSKULTUUR 1652-1806
In teenstelling met die Hugenote se koms na die Kaap wat in 'n betreklike kort periode voltrek is, het Oosterlinge van Van Riebeeck se tyd tot aan die einde van die agtiende eeu na die Kaap gekom. Onder Oosterlinge word verstaan vry mense, politieke gevangenes, slawe en bandiete van die Ooste asook enkelinge van die Midde-Ooste. Die rol wat die verskillende Oosterse groepe in die koskultuur gespeel het, word in hierdie hoofstuk bespreek.
9.1 Die Oosterse slawe Dit is noodsaaklik om die agtergrond deeglik na te gaan van veral die slawe wat as huisbediendes aan die Kaap gewerk het. Slegs d