Haal die Angs uit ABC!

Haal die Angs uit ABC! Igna du Plessis “Kom Chantel, staan op! Ons is laat! Maak GOU!!” Chantel spring haastig uit haar bed, probeer nog wakker word. ...
432 downloads 8 Views 554KB Size
Haal die Angs uit ABC! Igna du Plessis “Kom Chantel, staan op! Ons is laat! Maak GOU!!” Chantel spring haastig uit haar bed, probeer nog wakker word. Sy sukkel om haar skoolklere aan te trek en haar vingers is skielik dom met die knope en gespes. Inderhaas probeer sy haar pap eet en sy mors melk op haar skoolrok. “Ag nee!! Kyk nou die gemors, dis nou jou skuld dat ons laat gaan wees! Trek jou skoon aan en maak asseblief net gou!”. Dis haar skuld dat Mamma gaan laat wees vir haar vergadering. In die kar oppad skool toe kla Chantel haar magie pyn…

Kehilwe is al voor die son opkom wakker. Hy moes eers die hout gaan haal en vuurmaak sodat hy vir die kleintjies kan pap maak. Dit was die laaste meel en Mammie kan eers oor twee weke hul “grant” gaan haal. Daar is niks kos om in te pak vir “skaftings” nie – hy hoop die voedingskema gee brood vandag. Hulle sal maar môre was. Baby was siek gisteraand so hy kon nie gaan water skep het nie. Mammie is gisteraand weer saam met die poelieste hier weg…hy wonder hoekom? Vanmiddag kom hy by die huis met ‘n blou-oog. Hy kon nie help om vir Tshepo te slaan nie.

Daleen trek haar balletkouse versigtig uit, dit mag nie haak nie, Moeder sal woedend wees. Sy moet vinnig maak want haar privaat tennisafrigter wag alreeds vir haar op die baan. Daarna moet sy nog net 50 lengtes individueel gaan swem en kooroefening bywoon. Sy het hope huiswerk wat vanaand nog gedoen moet word. Sê nou ek verloor my eerste plek op die tennisrangleer? Wat as ek nie ‘n medalje kry by die gala nie? Ek moet 95% behaal vir my wiskunde toets…Daleen bars in trane uit toe haar tennisafrigter haar greep korrigeer. Sy huil toe haar tyd van haar lengtes nie vir haar goed genoeg is nie. Iemand het by koor aan haar hare getrek en sy is histeries. Moeder is bitter ontevrede oor haar gedrag en sy word onder ‘n geligte wenkbrou gemaan om groot te word. Sy is immers al 8 jaar oud.

Wat het hierdie drie kinders in gemeen? Ongelukkig is dit ‘n baie groot realiteit dat stres en angs by kinders ‘n algemene probleem is in vandag se vinnige, hoë tegnologiese en prestasie gedrewe samelewing. Slegs volwassenes ervaar angs en stress Nee! Een in elke agt kinders se daaglikse funksionering word beperk weens die impak van chroniese angs. Navorsing het bewys dat indien hierdie angs nie behandel word nie, dra hierdie kinders ‘n groter risiko om akademies swak te presteer, sekere sosiale ervarings te mis en betrokke te raak met substans misbruik (Merinkangas et al., n.d).

©Mind Moves Institute, Johannesburg. 2013

1

Angs is ‘n psigologiese en fisiologiese staat wat gekenmerk word deur somatiese, emosionele , kognitiewe en gedrags komponente (Seligman, n.d. soos aangehaal in Wikipedia 2013). Ons is almal bang vir iets, soos ‘n spinnekop, ‘n slang of selfs vir ‘n donderstorm. Ons is duidelik bewus van wat ons bang maak. Wanneer ons iets vrees, is dit meestal van korte duur, die fokus is op die hier en nou en die vrees is vir iets spesifiek. In die meeste gevalle weet kinders nie presies hoekom hulle angstig is nie (Ohman 2000 soos aangehaal in Wikipedia 2013). Angs word assosieer met situasies wat nie beheer of gekontroleer kan word nie. Chantel begryp nie die verband tussen Mamma wat baklei en haar maagpyn nie en Kehilwe kan nie verduidelik hoekom hy vir Tshepo geslaan het nie. Daleen se huilbuie word toegeskryf aan emosionele onvolwassenheid.

Algemene gedrag wat aandui dat jou kind moontlik stres en angs ervaar

 Swak geheue en konsentrasie.  Sukkel om inligting te organiseer  Sukkel om vaardighede wat ek reeds bemeester het te demonstreer  Pessimisme en negatiewe denkpatrone  Is konstant bekommerd oor dinge wat kan gebeur in die toekoms  Skeidingsangs en baie klouerige gedrag  Huil maklik en gereeld  Vermyding van sekere situasies en aktiwiteite  Probleme met slaappatrone

©Mind Moves Institute, Johannesburg. 2013

2

 Veg / vlug of vries respons veroorsaak fisiese simptome soos: o

Maagpyn

o

“Skoenlappers” in die maag

o

Hoofpyn

o

Moegheid

o

Sweet

o

Vinnige hartklop

o

Kortasem

o

Bleek

o

Pupille vergroot

o

Immuunsisteem verswak

o

Spysvertering word beϊnvloed

Oorsake van angs Die oorsaak van angs en stres by kinders kan ekstern van aard wees. Angstigheid ontwikkel as gevolg van ‘n gebeurtenis of ‘n omstandigheid van buite. ‘n Gevoel van angstigheid kan ook intern van aard wees, deurdat die kind geweldig baie druk op hom/haarself plaas om te presteer of sosiaal in te pas. Sommige algemene oorsake van angs sluit in:  Veranderinge in die familie: Veranderinge wat stres en angs kan veroorsaak is dood van ‘n familielid, egskeiding, verhuising, hospitalisasie van ‘n geliefde en selfs die geboorte van ‘n nuweling.  Oorvol skedules: Wanneer ‘n kind konstant hardloop van een aktiwiteit na die volgende kan dit spanning veroorsaak, veral as dit die tipe kind is wat alleen-tyd nodig het om te herlaai.  Stres by die skool: Boelies of klieks kan veroorsaak dat ‘n kind angstig is om skool toe te gaan. Opvoeders en hul onderrigstyle kan ook spanning by ‘n leerder veroorsaak.  Nuusberigte: Kinders moet nie aan te veel nuus oor terrorisme en rampe blootgestel word nie. Dit kan hul ontstel en ‘n bron van angs word.  Self-genereerde druk: Baie kinders ervaar angs omdat hulle voel hulle moet akademies presteer op skool of omdat hulle sosiaal wil konformeer. Hierdie tipe kind is geneig om op alle gebiede bang te wees vir mislukking.

©Mind Moves Institute, Johannesburg. 2013

3

Situasies wat angs kan veroorsaak:  ‘n Situasie waar fisiese veiligheid bedreig word – byvoorbeeld waar misdaad algemeen is in ‘n skool of omgewing.  Wanneer ‘n kind se selfwaarde bedreig word – wanneer iemand opmerkings maak oor geslag of ras.  Beoordeling deur ander – wanneer ‘n opvoeder ‘n aktiwiteit moet evalueer of maats hom/haar uitsluit.  Spesifieke vak – ‘n kind kan angstig raak wanneer hy/sy aktiwiteite van ‘n sekere vak moet doen, soos Wiskunde.

Hoe affekteer angs en stres leer en prestasie? 

Wat gebruik ‘n kind om te leer?

Sintuie

Brein

Spiere

(De Jager, 2009) Paul MacLean se Drie-in-een breinteorie onderskei drie dele van die brein. Die leerproses kan as volg voorgestel word (De Jager, 2006):

Dink brein

Emosionele brein

Oorlewingsbrein

Sintuie

©Mind Moves Institute, Johannesburg. 2013

Spiere

4

 Vloei van inligting ‘n Kind hoor die onderwyser wanneer die les aangebied word en sien dit wat op die bord geskryf word (sintuie). Inligting vloei vanaf die sintuie deur die oorlewingsbrein na die emosionele brein. Die emosionele brein gaan die geheue na om vas te stel of inligting bekend of nuut is; dit stel ook vas of die kind genoeg belangstel in die inligting om aandag te gee, terwyl die inligting na die denkende brein vloei. Die denkende brein is hoofsaaklik verantwoordelik vir sistematiese persepsie en interpretasie wat die vorming van konsepte, abstrakte redenering, kreatiwiteit, intellek en kognisie moontlik maak (De Jager, 2006). Die inligting vloei dan terug na die emosionele brein om na te gaan of dit belangrik genoeg is om te onthou. Indien wel, word die inligting “vasgeplak”. Indien die inligting onbelangrik is, “los” die inligting “op”. Inligting vloei weer deur die oorlewingsbrein na die spiere vir ‘n gepaste , deurdinkte beheerde reaksie (spiere). (De Jager, 2009)

 Leerblokkasies ontstaan wanneer die vloei van inligting onderbreek word Vloei van inligting kan deur baie verskillende redes en op baie verskillende plekke onderbreek word. Angs en stres onderbreek ‘n kind se vloei van inligting. Chantel, Kehilwe en Daleen se tipiese gedragspatrone is vir ‘n onderwyser of ouer ‘n aanduiding dat daar nie toegang is tot al die lae van die brein nie. Leerders in hierdie posisie kan sukkel om leersukses te behaal omdat hulle nie voordeel kan put uit aktiwiteite wat konsentrasie, redenering en kreatiewe probleemoplossing vereis nie. Wanneer Chantel se magie pyn weens ‘n chaotiese oggend waar sy onveilig voel wat struktuur aanbetref, funksioneer sy onmiddelik in haar oorlewingsbrein. Dit gaan vir haar moeilik wees om in die klas te konsentreer as sy by die skool kom. Dit is ook dieselfde rede waarom Kehilwe baklei het. Sy fokus en konsentrasie is gerig op oorlewing want hy is honger en moeg, beslis nie op juffrou se aanbieding van halvering nie. Die oorlewingsbrein geniet altyd voorrang ten opsigte van gedrag (De Jager, 2006). Wanneer ‘n leerder vanuit sy oorlewingsbrein funksioneer kan LEER nie plaasvind nie, omdat beskerming belangriker is. Die gevallestudies se leerproses kan as volg aangedui word: Dinkbrein

Emosionele brein

Oorlewingsbrein

Sintuie

©Mind Moves Institute, Johannesburg. 2013

Spiere

5

In hierdie gevalle is die spieraksies en reaksies van die leerders onbeheersd en ondeurdag. Ouers en onderwysers kan moontlik dink die kind is moedswillig en moeilik. In werklikheid KAN hierdie kind nie sy gedrag beheer nie, al is dit sosiaal onaanvaarbaar.

Hoe kan jy help? Ouers en onderwysers kan hierdie maklike en effektiewe maniere gebruik om kinders te help wat weens angs en stres nie optimaal funksioneer nie:  Moenie u kind se gevoelens minag nie. Hy mag nie voel hy doen iets verkeerd deur angstig te wees nie.  Luister. Herinner jou kind jy is lief vir hom. Bied ondersteuning en wees daar vir hom.  Bied afleiding. Doen iets lekker saam met haar wat sy geniet om te doen.  Hou by roetine. Roetine verminder angstigheid en daaglikse patrone plaas klem op voorspelbaarheid.  Basiese behoeftes. ‘n Kind benodig goeie voeding en genoeg slaap om te kan leer en konsentreer.  Vermy oorvol skedules. Alle kinders het nodig om alleentyd te hê en te ontspan.  Stel ‘n kalm voorbeeld. Ouers en onderwysers wat konstant jaag en gestres is plaas indirek spanning op kinders. Probeer om kalm te bly.  Konsulteer ‘n terapeut of pediater. Dit is wys om jou kind na ‘n Mind Moves® Instrukteur, arbeidsterapeut, spelterapeut of pediater te verwys.

Mind Moves® (De Jager 2009) is ‘n bewegingsprogram wat ouers en onderwysers daagliks kan gebruik om angs en stres met sukses te verminder.  Mind Moves moet minstens drie maal per dag herhaal word. Hoe meer gereeld hoe beter.  Mind Moves moet stadig gedoen word om optimale beheer te verseker.  Wanneer ‘n spier gestrek word, moet dit vir minstens agt sekondes behou word.

©Mind Moves Institute, Johannesburg. 2013

6

Kragskakelaar (De Jager, 2009) Vryf die holte net onder die sleutelbeen in lyn met die linkeroog. Hierdie oefening herstel die elektriese vloei via die vagussenuwee na die spraakorgane en maag om senuweeagtigheid te verlig en ‘n mens te help om met gemak te praat. Wanneer albei holtes links en regs van die borsbeen gevryf word, word suurstofryke bloed aan die brein verskaf, wat die kind help om nie te staar nie. Dit skakel die brein letterlik AAN en verlig angstigheid vir beter konsentrasie.

Helderwakker (De Jager, 2009) Gooi die arms wyd oop en asem diep en stadig in. Kruis dan die arms oor die bors in ‘n omhelsende gebaar en asem diep en stadig uit. Die ouer kan die kind terselfdetyd van agter af omhels. Hierdie oefening bevorder ontspanning, ritmiese asemhaling en ‘n gevoel van behaaglikheid.

Lipoefeninge (De Jager, 2009) Trek die lippe op ‘n tuit en hou vir agt tellings. Sê “koe-iee” en trek die lippe in ‘n breë glimlag terwyl die “iee” vir agt tellings uitgerek word. Hierdie oefening verbeter spiertonus in en rondom die lippe vir duidelike spraak.

Selfvertroue-hupstoot (De Jager, 2009) Kruis die enkels en arm in ‘n omhelsing. Laat rus die tong in die suigposisie agter teen die verhemelte om die emosionele brein te aktiveer. Maak die oë toe om visuele prikkels uit te skakel. Haal stadig asem. Hierdie oefening kalmeer die liggaam, siel en gees. Dit versterk ook die immuunstelsel en bevorder ritme.

Beenstrekke (De Jager, 2009) Sit op ‘n stoel en strek albei bene voor jou uit met die hakke op die vloer. Lig albei bene van die vloer af op. Buig en punt albei voete se tone en let op of die kuitspiere stram voel. Laat rus die linkervoet op die vloer en buig die regtervoet; behou die posisie vir agt tellings. Ontspan. Herhaal die oefening ten minste drie maal. Laat rus die regtervoet op die vloer en buig die linkervoet; behou die posisie vir agt tellings. Ontspan. Herhaal die oefening ten minste drie maal. Lig albei voete van die grond af op. buig en punt alnei voete se tone en let op of die kuitspiere minder stram voel. Hierdie oefening veminder hiperaktiwiteit en verbeter impulsbeheer.

©Mind Moves Institute, Johannesburg. 2013

7

“Angs en depressie verhoog die kortisolvlakke van die leerder. Kortisol is neurotoksies, met ander woorde dit inhibeer die leerproses in kinders omdat dit eintlik “giftig” is vir senuweeselle” Dr. L.A. Hugo (Algemene Praktisyn)

“Angs en stres laat kleuters vries! Hul waagmoed neem af en hul selfvertroue kwyn. Ontwikkeling op alle vlakke word in die proses vertraag” Judy van Graan (Opvoeder)

BRONNELYS De Jager, M. 2006. Mind Moves - Weg met leerblokkasies. Linden: The BG ConneXion (Edms.) (Bpk.). De Jager, M. 2009. Mind Moves - Wikkel die brein wawyd wakker. Johannesburg: Mind Moves Instituut. De Jager, M. 2010. Mind Moves Advanced Instructor Training Manual. Johannesburg: Mind Moves Instituut Eugster, K. 2007. Anxiety in children: how parents can help. [aanlyn]. www.kathyeugster.com/articles/artcle001.htm [toegang 13 Februarie 2013]. Lee, K. 2013. How to spot anxiety and stress in children. [aanlyn]. http://childparenting.about.com/ [toegang 1 Februarie 2013]. Lee, K. 2013. How to handle anxiety in children. [aanlyn]. http://childparenting.about.com/ [toegang 1 Februarie 2013]. Merinkangas et al, n.d. Any anxiety disorder amongst children. [aanlyn]. www.nimh.nih.gov [toegang 17 Februarie 2013]. Omrod, J.E. 2008. Educational Psychology Developing Learners. Merrill: Pearson Education Inc. Wikipedia. 2013. Anxiety. [online]. http://en.wikipedia.org/ [toegang 1 Februarie 2013].

©Mind Moves Institute, Johannesburg. 2013

8

Suggest Documents