Woord uit die voorsitterstoel

6 1 0 2 S D I G FEESOktober 2016 4-9 Woord uit die voorsitterstoel Hierdie jaar kondig ‘n nuwe seisoen aan vir Potchefstroom se kunstefees. Binne ‘n...
44 downloads 4 Views 4MB Size
6 1 0 2 S D I G FEESOktober 2016 4-9

Woord uit die voorsitterstoel Hierdie jaar kondig ‘n nuwe seisoen aan vir Potchefstroom se kunstefees. Binne ‘n kwessie van maande het

Aardklop 2016 gegroei vanaf ‘n idee vir ‘n nuwe fees tot ‘n volstoom, volhardende en vol passie realiteit. ‘n Potch sonder ‘n kunstefees was nie eens ‘n opsie nie. Toe die gordyn op die ou fees sak, het ‘n groep dinamiese en positiewe belanghebbendes saamgekom om planne te beraam. Wat begin het as ‘n paar stemme om ‘n tafel het gegroei en opgebou en is later tot in Stellenbosch gehoor. Selfs meer stemme ter ondersteuning het by die gesprek aangesluit. Dit was die begin. Nou is ons aan die einde van die proses en vier ons weer fees op Die Bult waar die fees in 1998 begin het.

Dewald van Breda

Aardklop 2016 is ‘n progressiewe fees waar die kunste behoorlik uitgestal word en die hele gemeenskap met entoesiasme omarm word. Die fees se trant word teruggeneem na die eerste paar jaar, kuier weer op die ou

plekke en geniet top produksies met groot name. Saam loop ons ou vriende raak en ontmoet ons weer gunsteling bekendes. Potchefstroom verwelkom elke feesganger met ope arms en doen alles moontlik om Aardklop 2016 ‘n fees vol wonderlike herinneringe te maak. Die ongelooflike ondersteuning van die NWU, die Tlokwe Stadsraad, plaaslike besighede en nasionale borge, is van onskatbare waarde. Hulle is die steunpilare van die fees en ons salueer hulle vir hul geloof in Potchefstroom en feesgangers se liefde vir die kunste. Ons nooi elke feesganger; kom, neem ons hande dat ons saam ‘n onvergeetlike fees sal vier! Groete, Dewald van Breda Voorsitter Aardklop Nasionale Kunstefees Direksie: Mnr Dewald van Breda (Voorsitter) Mnr Ivor Price Me Heinricha Hodgson Me Karen Meiring Mnr Japie Gouws Mnr Andre Geldenhuis Prof. Melville Saayman Direksie komiteelede: Prof. Annette Combrink Me. Astrid de Vos Prof. Rikus Fick  Mnr Jaco van der Walt Me. Starr Veldsman Dr. Theuns Eloff Mnr Chris Landsberg Mnr Theo Venter Mnr Peet Ryke

Woord uit die feeskantoor ‘n Paar maande gelede was die skryf van hierdie boodskap nie ‘n realiteit nie. En kyk waar is ons nou: Aardklop se hart klop steeds - sterk, en met hernude ritme, energie en entoesiasme. Die kunste is, soos ook ander bedrywe, in ‘n oorlewingstryd, maar eie aan haar aard, laat die kunste haar nie onderkry nie. Om uitsonderings te maak oor die program is so moeilik. Die program is vol en divers - vanaf gewilde bekendes na opwindende nuwelinge. Nuwe konsepte sluit die Skerpskerts Comedy Festival, ons eenstop kindervermaak venue, asook Intieme Teater in, alles aangebied by Roots. Aardklop is ‘n nasionale kunstefees, wat terselfdertyd bitter trots is op sy plaaslike talent, daarom dan ook as

AARDKLOP-PERSONEEL: Alexa Strachan:       Anne-Mari Raath:  Bosman Purén:               Briëlda Williams:               Chris de Bruyn :               Christina Naurattel:         Cornelia van Lelyveld:    Cindy Purén:               Delmari van Zyl:               DIT & DAT, Marteni Burger en Dewald van Zyl: Glenn Cunniff:               Jacinda Doinet:               Suzaan Keyter:               Tsholofelo Dingiswayo:    Wilmer Müller:                FEESPERSONEEL: Annalize Grimbeek:       Chris du Toit:                    Francois Viljoen:               Ivor Price:                         Johan Hendriksz:             Kobus Lodewyckx:        Pieter-Jan Kapp:            Paul Masterson:              Theo Kemp:                 Wentzel Pretorius:      

nuutjie ons Local is Lekker-program, by Beef Boys Cachet Kleinteater. En ten einde die dorp se diverse gemeenskap en kultuur aan feesgangers bekend te stel is daar Taxi-teater: ‘n Taxi trippie na drie van die kiefste uithangplekke in Potchefstroom, Ikageng en Promosa. Met groot opwinding noem ons ook Mamre, ‘n nuutskepping deur Whaden Johannes en Nico Scheepers, wat die verhaal eie aan soveel klein dorpies en gemeenskappe in Suid-Afrika vertel. Laastens: Ons is slegs hier danksy die entoesiastiese inklim en vertroue van elke rolspeler, borg, musikant, akteur, vervaardiger, tegnikus en feesganger. Daarvoor ons diepste waardering. Saam klop ons harte Aardklop. Alexa

Feesbestuurder Koördineerder: Kunstenaars en Borglogistiek Finansies             Ontvangs en Administrasie Bedryfsbestuurder          Kurator Visuele Kuns      Koördineerder: Kuns- en kosmark            Bemarkingskoördineerder           Koördineerder: Borgwerwing Veldtogontwikkeling     Koördineerder: Feeslogistiek      Bestuurs- en Program Assisitent Media en Bemarking Algemene Kantoor Assistent       Media en Bemarking    

Pendel Logistiek Ontvangs en Administrasie hulp Koördineerder: Gesprekkereeks Koördineerder: Taxi Teater en Gemeenskapsprogram Koördineerder: Voorportaal Koördineerder: Tegnies Computicket Koördineerder: Boeke-Oase Gesprekke BBP en Kunstenaarsvervoer

Alexa Strachan. Foto: Clinton Lubbe

DIT BEGIN ALLES BY DIE NOORDWESUNIVERSITEIT Die Noordwes-Universiteit (NWU) bied die heel beste in tersiêre onderwys en lewer studente wat gereed is om die wêreld waarin ons woon te hervorm. Die NWU se nuwe strategie is om die universiteit te posisioneer as ‘n unitêre instelling van voortreflike akademiese uitnemendheid met ‘n verbintenis tot maatskaplike geregtigheid. Ons doel is om uit te styg met innoverende leer en onderrig en baanbrekersnavorsing, om sodoende die gemeenskap deur kennis te dien. Die NWU wil binne 10 jaar ‘n internasionaalerkende universiteit in Afrika wees, wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ‘n sorgsaamheidsetiek. Die NWU beloof om met hierdie nuwe koers ‘n dinamiese, uitstekende en waardegedrewe instelling te wees.

Dit begin alles hier ®

l e e n o t r e n e i T ATKV

Die ATKV-Tienertoneelfinaal word vanjaar vir die 10de keer tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees aangebied. Die top-16 produksies uit ongeveer 200 sal hul passie vir teater uitleef tydens die finaal van dié kompetisie wat ten doel het om ’n liefde vir Afrikaanse toneelspel en -kyk by hoërskoolleerders te kweek en ook om kreatiwiteit en talent te ontwikkel en ontgin. Gróót name soos Anél Alexander, Christo Davids, Francois Toerien, Jacques Bessenger, Jak de Priester, Patrick Shabangu, Pedro Kruger, Roeline Daneel, Viljé Maritz en Cantina James het hul talente geslyp op die ATKV-Tienertoneelverhoog. ATKVTienertoneel vier vanjaar hul 52ste bestaansjaar en is die ATKV se oudste projek.

ATKV HTS Potch: 5 Okt 09:00 Groep 1, 11:30 Groep 2, 14:00 Groep 3, 16:30 Groep 4 | 6 Okt 09:00 Groep 5, 11:30 Groep 6, 14:00 Groep 7, 16:30 Groep 8 7 Okt 12:00 Finalis 1, 13:30 Finalis 2, 15:00 Finalis 3, 16:30 Finalis 4, 18:00 Finalis 5 8 Okt 11:30 Naaswenner & Wenner Tydsduur: 100 min | R70 / R90

Groep 1 – 09:00 (100 minute) Paul Roos Gimnasium Vlug [OB G T] POUSE Hoërskool Rustenburg La Plastique

Groep 5 – 09:00 (100 minute) Potchefstroom Gimnasium Agter die gordyne [10+ T V] POUSE Hoërskool Bergrivier Dis ek, Annatjie [13+ S)

Groep 2 - 11:30 (100 minute) Hoërskool Tygerberg Die Staat teen Sara [OB] POUSE Hoërskool Waterkloof Wetters [13+]

Groep 6 - 11:30 (100 minute) Hoërskool Cradock Die prys van eiers [OB] POUSE Hoërskool Zwartkop Rympatroon [OB T]

Groep 3 - 14:00 (100 minute) Hoër Volkskool Potchefstroom Ontsnap POUSE Hoërskool Jan van Riebeeck Die maan val bewusteloos

Groep 7 - 14:00 (100 minute) Helpmekaar Kollege Dierepubliek [OB V] POUSE Hoërskool Durbanville FRAGMENT [OB S T V]

Groep 4 - 16:30 (100 minute) Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Onnies POUSE Helpmekaar Kollege Dit wat was … [13+ T]

Groep 8 - 16:30 (100 minute] Hoërskool Ben Viljoen Kom saam met my POUSE Hoërskool Tygerberg In Kleur

Drama

Amper, Vrystaat

Bacchus in Hillbrow

Beurtkrag

Deur: Die geselskap Met: Antoinette Louw, Milan Murray, Cintaine Schutte Regie: Nico Scheepers Vervaardiger: Antoinette Louw

Deur: Francois Maree Met: Francois Maree as Bacchus Regie: Peter Crafford Stelontwerp: Francois Maree & Peter Crafford Oorsponklike storie: Francois Maree & Peter Crafford Musiek: The Helix Kid Plakkaatontwerp: The Helix Kid Tegniese versorging: THOC (The House of Creatives) Bemarking: Rachelle Crous Publicity Vervaardiger: THOC (The House of Creatives)

Deur: Stiaan Smith Met: Ivan Botha & Donnalee Roberts Regie: Josua Malherbe Vervaardiger: 17 Filmstreet Media & Artist Warehouse CC Moontlik gemaak deur Consol

Mense sê die Vrystaat is waarheen verlore siele trek om dood te gaan, waar geheime die emmer skop en waar die aarde so plat is dat jy jou hele toekoms sien as jy ‘n windpomp uitklim. En so ontmoet drie vervreemde susters vir hul ma se begrafnis in Amper – ‘n dorpie duskant nêrens. Daarby het die vreemde omstandighede rondom hulle ma se dood die hele kontrei aan die gons… Amper, Vrystaat is ‘n komedie met hart. ‘n Storie met waarheid wat elke mens raak. Genomineer vir Fiëstas (2016) en ontvang die toekenning vir Beste Debuutproduksie by Vrystaat Kunstefees (2015).

kykNET Gimmies: 4 Okt. 17:00 | 5 Okt. 17:00 | 6 Okt. 16:30 | 8 Okt. 16:30 Tydsduur: 60 min | R120 Geen O/16 (T) Afr

Bacchus, Romeinse god, gatvol god. Die bekoorlike hemele staan hom nie meer aan nie. Hy bevind homself een aand in Hillbrow met sy string druglords en hulle vigsnaalde, Ponte se demone en die verkalkte strate se sementdames. Elke rommelhoek en verlore droom. Sy reis is lank. Hy dra ‘n jas van lof en lig. Johannesburg se hitte slaan op vanaf die strate en maak hom ongemaklik. Hy is moeg en natgesweet, en gatvol. Hy soek net ‘n drink in Hillbrow. Debuut.

Boys High: 4 Okt. 16:00 | 5 Okt. 13:00 | 6 Okt. 16:00 | 7 Okt. 16:00 | 8 Okt. 16:00 Tydsduur: 65 min | R100 Geen O/14 (T, V, D) Afr

Jasper en Fransie trek saam in ‘n woonstel in. Hulle is die perfekte paartjie, maar ‘n kragonderbreking dwing die twee weg van tegnologie af en nader aan mekaar. Die perfekte verhouding word onder ‘n vergrootglas geplaas. Wat gebeur wanneer die deur na die buitewêreld toegemaak word en ons vir ‘n oomblik mekaar opreg en ten volle moet beleef? Het die een wat die minste omgee dalk die meeste mag? Debuut.

kykNET Gimmies: 4 Okt. 13:00 | 5 Okt. 20:00 | 6 Okt. 09:30 | 7 Okt. 13:00 | 8 Okt. 20:00 Tydsduur: 60 min | R120 Geen O/13 (T) Afr

Drama

‘n COCK & BULLshit storie

Die ontelbare 48

Die vrou uit die see

Deur: Richard Zajdlic & Richard Crowe Met: Edwin van der Walt & DeanJohn Smith Regie: Marthinus Basson Tegnies: Chris Pienaar Kostuumontwerp: Marthinus Basson Stelontwerp: Marthinus Basson Verwerker & Vertaler: Quentin Krog, Geon Nel & Marthinus Vervaardiger: RAMINIDAM, Chris Pienaar

Deur: Wessel Pretorius Met: Wessel Pretorius Regie: Wessel Pretorius Tegnies/Beligtingsontwerp: Nico Scheepers Stelontwerp: Nico Scheepers Vervaardiger: Wessel Pretorius

Deur: Henrik Ibsen Met: Jana Strydom, Neels van Jaarsveld, Eric Holm, Kaz McFadden, Amalia Uys, Theodore Jantjies, Natasha Dryden & Gavin van den Berg Regie: Henry Mylne Stel-, kostuum- & beligtingsontwerp: Wilhelm Disbergen Klankontwerp: Henry Mylne Vertaler: Hugo Taljaard Verhoogbestuurder: Yvette Hanekom Assistent verhoogbestuurder: Pierre Retief Vervaardiger: Innibos Kunstefees Moontlik gemaak deur Dagbreek Trust ‘n Nati-produksie

TJ, ‘n belowende bokser op die vooraand van ‘n geveg wat sy loopbaan kan maak of breek, wag op sy boesemvriend Jaco wat hom altyd geestelik en fisiek vir sy gevegte voorberei. TJ se vertroue is ernstig geknou ná ‘n vernederende nederlaag teen die aand se opponent. Vanaand wag daar egter ‘n ander tweestryd in die kleedkamer wat hul vriendskap tot die uiterste sal toets. Dié opwindende stuk, vol mannegedrag, grootbekstories oor meisies en kleedkamerpraatjies, versteek ‘n delikate ontginning van vriendskap, seksualiteit en wedersydse afhanklikheid met die emosionele uitklopkrag van ‘n swaargewigbokser.

Boys High: 4 Okt. 09:00 | 5 Okt. 20:00 | 6 Okt. 09:00 | 7 Okt. 13:00 Tydsduur: 100 min | R100 Geen O/14 (T) Afr

Dit is Woensdagaand op ‘n klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die skoolsaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Agt en veertig dorpenaars vergader, elkeen met sy eie storie, om vanaand The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit ‘n moordenaar met ‘n sluwe plan. Hierdie is ‘n mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. ‘n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier. Hierdie eenmanstuk is uit die pen van Fiësta-wenner Wessel Pretorius waarin hyself speel en die regie behartig.

C6 POK: 4 Okt. 09:00 | 5 Okt. 15:30 | 6 Okt. 09:00 | 7 Okt. 12:30 | 8 Okt. 12:30 Tydsduur: 65 min | R110 Geen O/13 (T) Afr

Hierdie is die aangrypende liefdesverhaal van Ellida wat met dr. Wangel getroud is. Ellida bewaar ‘n geheim – sy was eens getroud deur die see met ‘n matroos en kan die vreemdeling nie vergeet nie. Dan daag hy onverwags op. Wat daarna ontvou, is ‘n pragtige liefdesverhaal vol intrige. Voeg daarby die heldin Ellida se obsessie met die see en die tafel is gedek vir ‘n kragtoer en visuele skouspel van lewende, bewegende drie-dimensionele projeksies van geheue, landskap, lokale en die eb en vloei van die see wat jou sal meevoer tot die einde.

Sanlam Ouditorium: 4 Okt. 09:00 | 5 Okt. 09:00 | 6 Okt. 14:00 | 7 Okt. 09:00 Tydsduur: 120 min | R140 Afr

Foto: Grand Street Studio

‘n Geworry

Hond

Hond se gedagte

Deur: Saartjie Botha Met: Elize Cawood & Wilson Dunster Regie: Gerrit Schoonhoven

Deur: Dana Snyman Met: Frank Opperman Regie: Gerrit Schoonhoven Vervaardiger: Lets be Frank Productions

Deur: Georges Feydeau Met: Sandra Prinsloo, Louw Venter, Dawid Johnson, Albert Pretorius, Lorraine Burger, Martelize Kolver, Wikus du Toit, Pierre Breytenbach, June van Merch, Oscar Petersen, De Klerk Oelofse & Hannah Borthwick Stelontwerp: Rocco Pool Kostuumontwerp: Birrie le Roux Musiek: Charl-Johan Lingenfelder Oorspronklike werk: La Puce a l’oreille (A flea in her ear) Vertaling: Nerina Feydeau Vervaardiger: Woordfees ‘n Nati-produksie

‘n Geworry is ‘n perspektief op ouerwordende ouers en hul ouerwordende kinders. Dit speel hier, daar en oraloor af. David en Coba praat soms direk met die gehoor en wat tussen hulle afspeel dek die spektrum van brutaal tot genadig – ‘n direkte gevolg van ‘n huwelik van meer as 40 jaar. Net as jy dink jou kinders is nou uiteindelik uit die huis en op hul voete, en dat jy klaar is met sakgeld en troues en studieskuld, en julle kan aftree en op vakansie gaan, besef jy – onder andere – daar is altyd nog ‘n rondte…

kykNET Gimmies: 4 Okt. 09:30 | 5 Okt. 14:00 | 6 Okt. 13:00 | 7 Okt. 16:30 | 8 Okt. 13:00 Tydsduur: 60 min | R120 Afr/Eng

In sy splinternuwe eenmanstuk vertolk Frank Opperman die rol van ‘n man wat besig is om afskeid te neem van sy hond wat te oud en siek is om veel langer te leef. Die stuk is ‘n bietjie hartseer en ‘n bietjie snaaks – nes die lewe self. Hoekom word ‘n mens so lief vir ‘n hond? Omtrent almal wat naby aan honde lewe, sê dieselfde ding: ‘n Hond aanvaar jou vir wie jy is – onvoorwaardelik. Miskien is die lewe so eenvoudig soos dit, ja: ‘n hond jok nie oor die liefde nie.

C6 POK: 4 Okt. 15:30 | 5 Okt. 19:00 | 6 Okt. 15:30 | 7 Okt. 19:00 | 8 Okt. 09:00 Tydsduur: 60 min | R120 Afr

Ná ‘n lang, gelukkige huwelik begin Raymonde aan haar man se getrouheid twyfel as hy skielik belangstelling in seks verloor. Met ‘n vriendin se bystand bedink sy ‘n skelmstreek om hom te toets by ‘n hotel met ‘n bedenklike reputasie. ‘n Wilde reis van verkeerde aannames, noue ontkomings, geheime eskapades, gekke toeval en wit leuentjies wat kleur kry. Hond se gedagte word allerweë beskou as die grootste klug van alle tye.

Weet-en-Sweet: 4 Okt. 09:00 | 5 Okt. 14:00 | 6 Okt. 09:00 | 7 Okt. 14:00 Tydsduur: 135 min | R140 Afr

Drama

Kristalvlakte

Mamre

My briljante egskeiding

Deur: Amy Jephta Met: Ilse Klink, Duncan Johnson, Roysten Stoffels, Bianca Flanders, Imaan Isaacs, Dean Smith, Marvin-Lee Beukes, Dean Balie, Ruben Engel, Riaan Visman, Antonio Fischer en William Jacobs op klavier. Regie: Marí Borstlap Assistentregisseur: Ira Blankenberg Ontwerp: Rocco Pool Beligtingsontwerp: Kieran McGregor Musiekregie & klankbaanontwerp: Wilken Calitz Pianis: William Jacobs Kletsrymer: Jitsvinger Fotografie: De Wet van Rooyen Grafiese ontwerp en fotografie: Maryke Howard Projekbestuurder: Lindi-Heila Smit ‘n Suidoosterfees-produksie Moontlik gemaak deur Naspers. Ter ere van Prof. Jakes Gerwel.

Deur: Nico Scheepers Met: Whaden Johannes Regie: Nico Scheepers Musiek & lirieke: Nico Scheepers & Liesel Harris-Kruger ‘n Aardklop-produksie Ondersteun deur Afrikaanse Kunste 21

Deur: Geraldine Aron Met: Anthea Thompson as Engela van Tonder-Strydom Ontwerp: Hennie van Greunen Vertaal & verwerk: Hennie van Greunen Verhoogbestuurder: Adriaan Louw Vervaardiger: Pedro Kruger vir Wordsmith’s Theatre Factory

Mamre is ‘n nuwe eenmanstuk uit die pen van Nico Scheepers (Rooivalk, Amper, Vrystaat) en die teaterdebuut van die opkomende jong kunstenaar Whaden Johannes. Dit is die verhaal van ‘n dorpie en sy mense, een eie aan Afrikaans, en die lot van klein gemeenskappe wat in die stof van vooruitgang agter gelaat word. Debuut.

Uit die flenters van die dwelmoorlog smous Priscilla vir haar en haar gesin ‘n lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei weens die snypunt van politieke ordes, bende-base en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies van vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is nes die liefde – dit sal altyd ‘n uitweg vind. Kristalvlakte is gebaseer op Bertolt Brecht se ikoniese Moeder Moed en haar Kinders, maar word in Jephta se teks besonder relevant verplaas na die milieu van die Kaapse Vlakte. Weet-en-Sweet: 4 Okt. 19:30 | 5 Okt. 09:00 | 6 Okt. 14:00 Tydsduur: 105 min | R110 Afr

Dit wás bietjie vreemd die dag toe Manie terugkeer van sy besigheidstrippie en hy sy tas begin in- en nie uitpak nie en voordat Engela van Tonder-Strydom weet wat haar tref, hardloop hy tas en al met die trappe af, uit by die voordeur en Engela se lewe. Dit is eers later wat sy hoor van Rosa, die jong kaktusbloeiseltjie wat Manie in Meksiko ontmoet het. Op sy besigheidstrippie. En dinge verander. Uit die stal van Lyf, Die Naaimasjien en Shirley Valentyn kom Geraldine Aron se wêreldtreffer.

Laerskool Mooirivier: 4 Okt. 11:30 | 5 Okt. 12:30 | 6 Okt. 09:00 | 7 Okt. 14:30 | 8 Okt. 12:30 Tydsduur: 60 min | R100 Geen O/12 (T,D) Afr

C6 POK: 4 Okt. 19:00 | 5 Okt. 09:00 | 6 Okt. 12:30 | 7 Okt. 15:00 | 8 Okt. 15:00 Tydsduur: 110 min | R100 Geen O/13 (T) Afr

My Passie vir Jesus / “Ma Passion Pour Jésus” Regie: Frans Swart Met: John Jacobs Vervaardiger: Lefra Produksies Die naam John Jacobs is nou reeds welbekend in Suid-Afrika as die Franse mimiekmeester. In Parys, Frankryk, staan hy bekend as die “le diblotin” (klein duiweltjie en manipuleerder) van die Franse mimiekbedryf. Hy is ‘n gebore SuidAfrikaner, die enigste Suid-Afrikaanse mimiekmeester in die Marcel Marceau-tradisie van klassieke mimiek. Hierdie baie bekende mimiekmeester, John Jacobs, is terug in Suid-Afrika met sy produksie wat die wêreld bekoor, My Passie vir Jesus. Sonder woorde en met slegs bewegings en uitdrukkings maak dit van hierdie produksie ‘n wonderlike ervaring. Volgens John is ware mimiek die siel van die uitvoerende kunste. “Dit is waarom my gehore hulle totaal aan die wonderlike kuns van die mimiek oorgee – as hulle lag, dan skater hulle en as hulle huil, sien jy trane vloei,” sê hy. In MY PASSIE VIR JESUS vertel John sy eie persoonlike storie met die kuns van mimiek en vertel hy ook die unieke verhaal van Jesus van Nasaret, sy lyding, sterwe en opstanding met ‘n aangrypende vertolking. Debuut.

Boys High: 4 Okt. 13:00 | 5 Okt. 16:00 | 6 Okt. 20:00 | 7 Okt. 09:00 | 8 Okt. 13:00 Tydsduur: 75 min | R120 Afr

Pa

Rooivalk

Deur: Florian Zeller Met: Chris van Niekerk, Milan Murray, Stian Bam, Roeline Daneel, Ira Blanckenberg, Gustav Gerdener Regie: Hennie van Greunen Ontwerp: Nico Scheepers & Theo Kleynhans Musiek: Pedro Kruger Vertaling: Elouise du Toit & Naomi Morgan Vervaardiger: Pedro Kruger vir Wordsmith’s Theatre Factory

Deur: Nico Scheepers Regie: Nico Scheepers Vervaardiger: Nico Scheepers JP, ‘n seun wat grootword op ‘n plaas in Limpopo, se vriendskap met Rooivalk, een van die plaaswerkers se kinders, is ‘n bekende en roerende Suid-Afrikaanse storie, wat perfek vertolk word deur die ongelooflike Richard September. Benoem vir die Kanna vir Beste Produksie in 2016.

André is 65 jaar oud. Anna, sy dogter, is ‘n goeie dogter wat sorg dat haar pa alles het wat hy nodig het. Maar André se horlosie is (weer) weg en hy wéét dat Isabel, sy versorger, dit gesteel het. André wonder ook oor Pierre, Anna se nuwe liefde – die man lyk vir hom arrogant en gevaarlik. En hy herken nie die stoel wat nou in sy sitkamer staan nie. En wie is die weird vrou wat soms maak asof sy Anna is. En waar is Elise, sy jonger dogter – daai een vir wie hy eintlik lief is? Die toneelstuk bied insae in die wêreld van ‘n man met erge dementia en Alzheimer se siekte. André is trots, sjarmant, intelligent en aspris, en stukkie vir stukkie sien ons hoe sy herinneringe vaag en hoe alles wat hom uitsonderlik maak, stadig kwyn.

Weet-en-Sweet: 4 Okt. 14:00 | 5 Okt. 19:30 | 6 Okt. 19:30 | 7 Okt. 09:00 | 8 Okt. 10:00 Tydsduur: 100 min | R120 OB Afr

Boys High: 4 Okt. 20:00 | 5 Okt. 09:00 | 6 Okt. 13:00 | 7 Okt. 20:00 | 8 Okt. 09:00 Tydsduur: 60 min | R100 Geen O/13 (T) Afr

Drama

So ry Miss Daisy Met: Sandra Prinsloo, John Kani, Jaques Bessenger Regie: Christiaan Olwagen Stelontwerp: Rocco Pool Beligtingsontwerp: Wolfie Britz AV ontwerp: Jaco Bouwer Kostuums: Birrie le Roux Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp Assistent verhoogbestuurder: Luan Taute Produksiebestuurder: Cintaine Schutte Vertaling: Saartjie Botha Vervaardiger: Saartjie Botha Ondersteun deur Afrikaanse Kunste 21 Die Afrikaanse première van die Pulitzer-bekroonde drama Driving Miss Daisy. Die bejaarde Daisy is aanvanklik onwillig wanneer haar seun ‘n chauffeur, genaamd Hoke, aanstel om met haar rond te ry nadat sy haar motor afskryf. Hoke en Daisy se reis duur uiteindelik 25 jaar en hul vreemde verhouding boei ten spyte van destydse kleurgrense en sosiale stand. Met onder andere Sandra Prinsloo en John Kani. Debuut.

kykNET Gimmies: 4 Okt. 20:00 | 5 Okt. 09:30 | 6 Okt. 20:00 | 7 Okt. 20:00 | 8 Okt. 09:30 Tydsduur: 110 min | R150 Afr

r e t a e t r e d n i K

Gertjie die brandweer-ertjie

Gretha Pers

In die Land van Kammalielie

Deur: Corne Wagenaar Adriaanse Met: Megan van Wyk as Gertjie die Brandweer-ertjie en ander Regie: JP du Plessis Tegniese versorging: Teatermaters Stelontwerp: Lymari Alberts Kostuumontwerp: Corne Wagenaar Adriaanse, Lymari Alberts, JP du Plessis Musiek: Retha Roelvert Vervaardiger: JP du Plessis

Deur: Tina Kruger Regie: David Brink Tegniese versorging: Stage Alive Production House Kostuumontwerp: Kobus Rautenbach Vervaardiger: David Brink (Stage Alive Production House)

Deur: Anna Davel Met: Anna Davel & Nastassja JoostePretorius Regie: Anna Davel Musiek: Anna Davel Lirieke: Jaco Jacobs Musikale Regie: Devereaux van der Hoven Choreografie: Nastassja JoostePretorius & Clint Lesch Vervaardiger: Anna Davel

Gertjie is ‘n grasgroen ertjie met ‘n groot droom vir ‘n werkie. Hy wil ‘n brandweer-ertjie word en so sy merkie maak! Die ander ertjies dink hy is nie lekker nie maar Gertjie glo vas sy droom kan waar word. Meneer die Brandweer-peer leer vir Gertjie wat om te doen as ‘n brand uitbreek: stop, drop en rol! Maar sal dit genoeg wees om Gertjie ‘n brandweer-ertjie te maak? Sal Gertjie die nare Brandwurms, Vonk en Vlam, kan keer om die groentetuin af te brand? Hoekom huil almal as die Ui verskyn? Skaterlag pret en vol betowering!

Roots: 4 Okt. 09:30 | 5 Okt. 09:30 | 6 Okt. 11:30 Tydsduur: 45 min | R60 Afr

Gretha Pers is ‘n komiese interaktiewe produksie vir die hele gesin wat gehore oraloor laat krul van die lag en smeek vir nog. Gretha Pers is in 2005 gestig en is al vir meer as tien jaar deel van die vermaaklikheidswêreld. Sy tree jaarliks by van Suid-Afrika se grootste kunstefeeste soos Aardklop, Innibos, KKNK, Vryfees en vele meer op.

Roots: 7 Okt. 09:30 | 8 Okt. 14:00 Tydsduur: 45 min | R60 Afr

‘n Reuse storm het die land van Kammalielie getref. Was dit dalk Bambino, die reus van Bitterbos, se allemintige nies wat als begin het? Feëtjies en kabouters is wild en wakker weggewaai; éen van hulle tot binne-in menseland! Sal Klara, die Houtfeëtjie, weer haar pad terug Kammalielieland toe vind? Sal iemand in menseland haar kan help om weer by haar heel beste maatjie, Kieliekabouter, uit te kom? Kom kuier saam met Anna Davel Kammalielieland, sing die musiek van die Tempo en Ghoema genomineerde album ‘In die land van Kammalielie’ en help die verdwaalde Houtfeëtjie Klara tot sy weer veilig in haar huisie is met al haar kleurvolle Kammalielie-vriende.

Roots: 6 Okt. 09:30 | 7 Okt. 14:00 | 8 Okt. 09:30 Tydsduur: 55 min | R60 Afr

Liewe Heksie en die rolskaatse Deur: Margit Meyer-Rödenbeck Met: Margit Meyer-Rödenbeck & De Klerk Oelofse Regie: Margit Meyer-Rödenbeck Tegniese versorging: Carna Visser Stelontwerp: Jeanne Steenkamp Vervaardiger: Margit MeyerRödenbeck vir Arena Produksiehuis Die geliefde Liewe Heksie is terug! Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar by die Aardklopfees in Potchefstroom. Met haar persente,’n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats) wiele ry. Levinia vra mooi: “Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie.

Roots: 4 Okt. 11:30 | 5 Okt. 11:30 | 6 Okt. 14:00 | 7 Okt. 11:30 | 8 Okt. 12:00 Tydsduur: 50 min | R60 Afr

e i d e m Ko   

  

 

 

   







  

  

 



  





  

 

Balle in die lug

#dowwedolla

Deur: Barry van Rensburg Met: Cindy Swanepoel, Hannes Brummer, Rouel Beukes, Rowlen von Gericke & Je-ani Swiegelaar Regie: Cobus Venter Vervaardiger: Windgat Produksies Moontlik gemaak deur: Ecsponent

Deur: Jurgen Human Met: Margit Meyer-Rödenbeck Regie: Emile Minnie Tegniese versorging: Carna Visser Kostuumontwerp: Heinz in Styl - PE Musiek: Emile Minnie Vervaardiger: Margit MeyerRödenbeck vir Arena Produksiehuis

Effe stout, skreeusnaaks dog platvloervry. Dis Balle in die lug, ‘n kraakvars, sterbelaaide klug waar die vrou hierdie keer die jagter is. ‘n Jeukerige sakevrou (Cindy Swanepoel) is getroud met ‘n bleeksiel (Hannes Brümmer), maar dan het sy ‘n ding aan met haar haar streepsuiker-pappie (Rouel Beukes) en haar katelknaap (Rowlen von Gericke). Haar sekretaresse (Je-ani Swiegelaar), beskryf haar as ‘n sirkusnar wat tegelyk ‘n hele paar balle in die lug probeer hou. Balle in die lug is gelaai met tipiese klug-misverstande, skelmstreke, amperse uitvang, en ‘n ge-juggle van die eerste water. Dis ‘n mengelmoes van manlike ego’s en vroulike lis. Gaan die balle in die lug bly? Balle in die lug is ‘n eie-bodem klug, uit die pen van Barry van Rensburg met Cobus Venter as regisseur. Dis ryk aan die slim woordspel van die skerpskets en die gevatheid van die komedie. Geskik vir alle ouderdomme. Met ouerbegeleiding, net vir veiligheid. Debuut. Totiussaal: 4 Okt. 12:30 | 5 Okt. 12:30 | 6 Okt. 20:00 | 7 Okt. 09:30 | 8 Okt. 12:30 Tydsduur: 85 min | R120 Afr

In hierdie nuwe “eenvrou” vertoning, beweeg Dolla bietjie weg van politiek, want dis regtig nou boring alhoewel daar elke nou en dan ‘n onbeplande dwarsklap per ongeluk gebeur. Sy onthul die werklike redes hoekom vrouens nog mans aanhou, sy ontleed die SuidAfrikaanse braai in detail uit n blonde sielkundige oogpunt. In die proses word ingewikkelde onderwerpe soos trofeejag, arachnofobia en hondsdolheid onder die vergrootglas geneem. En vir die eerste keer, maak ouma Dowe Dolla (ook vertolk deur Margit Meyer-Rődenbeck) ook haar verskyning op die verhoog om ‘n meer wyse en historiese (of is dit nou histeriese?) perspektief aan alledaagse gebeure in ons land te gee. Verwag nog ‘n lag/minuut woordetsunami van Suid-Afrika se gunsteling blondine.

Totiussaal: 4 Okt. 20:00 | 5 Okt. 15:30 | 6 Okt. 12:30 | 7 Okt. 16:00 | 8 Okt. 09:30 Tydsduur: 80 min | R120 Geen O/13 (T) Afr

Net ‘n chilliburger en chips asseblief! Deur: Ferdinand Bekker Met: Deon Lotz & Waldeman Schultz Regie: Gaerin Hauptfleisch Tegniese versorging: Gaerin Hauptfleisch Vervaardiger: Sterus Produksies Dié komedie speel af in die kombuis van Skyfies en Burgers, ‘n lekker burger joint in Parow. Dit behoort aan twee vennote, Bruwer Dippenaar en Adriaan Burger. Adriaan is gefassineerd met Kokkedoor en neem internetkooklesse by Burger Schlebusch, baaskok en über kosblogger. Hy is filosofies ondersoekend na die betekenis van kos en eksperimenteer graag met nuwe smake en tegnieke. Bruwer maak grappies oor sy naam, drink dalk te veel en werk voor in die eetplek. Die probleem is die onbesonne sakebesluite wat Bruwer gemaak het en nou is Skyfies en Burgers op die rand van bankrotskap. Gaan ‘n Beste Burger-kompetisie die besigheid red en gaan die vennootskap die krisis oorleef?

Totiussaal: 4 Okt. 16:00 | 5 Okt. 20:00 | 6 Okt. 09:30 | 7 Okt. 13:00 Tydsduur: 75 min | R120 Afr

Ooms

PAY BACK the CURRY

Deur: Chris Vorster Met: Tobie Cronje & Gerben Kamper Regie: Chris Vorster Ontwerp: Chris Vorster Verhoogbestuur: Esté Strydom Produksiebestuur: Giep van Zyl Vervaardiger: GZ Productions

By: Mike van Graan Cast: Daniel Mpilo Richards Director: Rob van Vuuren Technical: Gantane Kusch Producer: Siv Ngesi

Tobie Cronjé en Gerben Kamper is vir die eerste keer in bykans 30 jaar weer saam op die verhoog as twee knorrige ooms wat tot hul spyt saam in ‘n ouetehuis beland. Maar hierdie is nie ‘n gewone ouetehuis nie, dit is eerder ‘n tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is. Huis Phoenix is omhein soos ‘n tronk met wagte en selfs honde. Al manier hoe jy ‘vrywillig’ hier uitkom, is in ’n doodskis. Hierdie ooms sal nét mandjies vleg en tolletjiebrei as dit deel uitmaak van hulle indrukwekkende ontspanningsplan! Hulle het nog lank nie boedel oorgegee nie. Hierdie Ooms is slim, snaaks en klaargepraat!

Created in a similar multi-sketch style as Mike van Graan’s award-winning Bafana Republic-series, PAY BACK the CURRY takes on many topical themes that are either the subjects of heated discussion, or studiously avoided in polite conversation and places them in the public domain with various degrees of satirical or hard-hitting commentary. Themes in the hour-long show range from falling fees through sparrows and statues and Zuptas and zombies. The Daily Maverick’s critic said of the show “Curry is soooo, soooo funny. And this kid can act… Daniel Mpilo Richards… one of the most exciting young talents in South Africa”. Wellknown comedian, Marc Lottering tweeted: “Sometimes, you witness something amazing, like this show, and all you can say is YOHHHH!”.

Aangewys as die gewildste produksie by Innibos 2016, uitverkoop by Vrystaatfees 2016.

Totiussaal: 4 Okt. 09:30 | 5 Okt. 09:30 | 6 Okt. 15:30 | 7 Okt. 20:00 | 8 Okt. 16:00 Tydsduur: 75 min | R130 Geen O/14 (T) Afr

C6 POK: 4 Okt. 12:30 | 5 Okt. 13:00 | 6 Okt. 19:00 | 7 Okt. 09:00 | 8 Okt. 19:00 Tydsduur: 70 min | R110 Geen O/14 (T) Eng

e Komedi

Skerpskerts Comedy Festival

Welkom in Suid-Afrika

Dinsdag 4 Oktober Aardklop Skerpskerts: Schalk, Loyiso en John Met Schalk Bezuidenhout, Loyiso Madinga en John Vlismas Sluit jou feesdag af met skaterlag in die geselskap van Suid-Afrika se voorste komediante. Schalk Bezuidenhout is vanaand jou gasheer en deel die verhoog met Loyiso Madinga en die legendariese John Vlismas. Klassieke skerpskerts!

Deur: Suné Hennig, Dania Gelderblom, Nastassja JoostePretorius, Simoné Nortmann & Elisha Zeeman Tegniese versorging: Nastassja Jooste-Pretorius & Ruan Pretorius Stelontwerp: Suné Hennig, Dania Gelderblom & Nastassja JoostePretorius Musiek: Jacques Steenkamp Vervaardigers: Suné Hennig, Dania Gelderblom & Nastassja JoostePretorius

Woensdag 5 Oktober Aardklop Skerpskerts: Schalk, Mojak en Joe Met Schalk Bezuidenhout, Mojak Lehoko en Joe Parker Sluit jou feesdag af met skaterlag in die geselskap van Suid-Afrika se voorste komediante. Schalk Bezuidenhout is vanaand jou gasheer en deel die verhoog met Mojak Lehoko en die legendariese Joe Parker. Klassieke skerpskerts! Donderdag 6 Oktober Aardklop Skerpskerts: Schalk, Melt en Hannes Met Schalk Bezuidenhout, Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer Sluit jou feesdag af met skaterlag in die geselskap van Suid-Afrika se voorste komediante. Schalk Bezuidenhout is vanaand jou gasheer en deel die verhoog met Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer. Verwag skreeusnaakse improvisasie! Vrydag 7 Oktober Aardklop Skerpskerts: Schalk, Simmi en Donovan Met Schalk Bezuidenhout, Simmi Areff en Donovan Goliath Sluit jou feesdag af met skaterlag in die geselskap van Suid-Afrika se voorste komediante. Schalk Bezuidenhout is vanaand jou gasheer en deel die verhoog met twee briljante komediante: Simmi Areff en Donovan Goliath. Klassieke skerpskerts!

Hierdie humoristiese vertoning, vertolk deur Nastassja Pretorius, Dania Gelderblom en Suné Hennig, is ‘n vurige komiese satire wat die waarheid oor ons land ontbloot deur die alledaagse Jan Rap en sy maat aan die gehoor bekend te stel. Die gehoor word gekonfronteer met karakters, situasies en dit wat Suid-Afrika die “wonderlike” land maak wat dit is! Welkom in SuidAfrika waarborg om jou hardop te laat skaterlag, of selfs op die eerste vlug na ‘n beter plek, soos Irak of Vietnam, te emigreer.

Saterdag 8 Oktober Aardklop Skerpskerts: Die Flying Dutchmen, Dillan en Joey Met Die Flying Dutchmen, Dillan Oliphant en Joey Rasdien Sluit jou feesdag af met skaterlag in die geselskap van Suid-Afrika se voorste komediante. Die Flying Dutchmen, oftewel Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer, is vanaand jou gashere en deel die verhoog met twee briljante komediante: Dillan Oliphant en Joey Rasdien. Groet Aardklop met ‘n behoorlike lagbui!

Roots: 4 Okt. 21:00 | 5 Okt. 21:00 | 6 Okt. 21:00 | 7 Okt. 21:00 | 8 Okt. 21:00 Tydsduur: 70 min | R100 | R60 (studente) Geen O/13 (T) Afr/Eng

Laerskool Mooirivier: 6 Okt. 11:30 | 7 Okt. 17:00 | 8 Okt 15:00 Tydsduur: 60 min | R110 Geen O/13 (T,V) Afr

Hoofborge

Donateurs

Junior Borge

Ons Bedank Ook

Suggest Documents