Ek kan! I can! lente loer vir my vriesherinnering verby? perskepienk ontplof! NUUSBRIEF 2013: 8

Privaatskool Ek kan! I can! Private School Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 712...
Author: Sheena Francis
13 downloads 4 Views 2MB Size
Privaatskool

Ek kan! I can!

Private School

Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 [email protected]

NUUSBRIEF 2013: 8

IN HIERDIE NUUSBRIEF:  Skenkings!

Beste Vergezicht-familie, Die derde kwartaal is amper op sy einde en die September-eksamen is om die draai vir Grade 4 -7.



Nuwe ontwikkelings



Portefeulje-dag



Lentedag by Vergezicht



Ons Webwerf

Almal begin nou wens dat Lente haar kop moet uitsteek.



Datums om te onthou:

Iewers op ‘n “Blog” het iemand geskryf:

lente loer vir my vriesherinnering verby? perskepienk ontplof!

Eksamen, Grade 4 - 7 Dinsdag 10/9 - Huistaal Woensdag 11/9 – Add Taal Donderdag 12/9 - Wiskunde Vrydag 13/9 – Wiskunde ( Gr 7) 17 – 19 September:

Lieflike lentegroete, Die nuusspan.

Lea en haar Lentehoed op 2 September.

Grade 5,6,& 7 gaan kamp.

Op Vrydagoggend 30 Augustus is ons almal verras met die sneeusluier op die Helderberg!

SKENKING!!

Baie dankie aan Johan Cilliers van Leading Edge 70 ( Ingenieurs Maatskappy) wat ag “geraasblokkeerders” aan die skool geskenk het. Sommige van ons outjies hou regtig nie van lawaai rondom hulle nie, en die blokkeerders help baie om hulle gefokus te hou. Kyk net hoe lekker werk hulle nou!

Anavoyo

Ethan

Andrè

PERSONEEL-NUUS ’n Verlowing .... en ‘n Oorstroming Baie geluk aan ons Graad 1 juffrou, Elsje van Niekerk, wat op haar verjaardag ’n blinknuwe klippie aan die vinger gekry het. Tokkie Bussel is die man in haar lewe.

Ons Graad 7- Wiskunde Juffrou, Jeanne-Marie du Preez, se woonkompleks het Donderdagaand (29/8) amper oorstroom. Sy het darem ’n kano byderhand gehad sodat sy haar skoolboeke kon bereik...

Graad R’e maak botter Die Graad R klas het baie geleer van suiwel en suiwelprodukte. Juffrou Hanel was baie dapper en het selfs botter met die klompie gemaak. Groot was hulle verbasing toe die room na baie geklits verander in botter en hulle kon dit op beskuitjies smeer. Goed, beter, botter!

ONS BREI UIT Ons besef al vir baie maande ons biblioteek bars uit sy nate en ons sal planne moet beraam om dit in ’n Informasiesentrum ( met rekenaars) te omskep. Ons het kopgekrap en hard gedink en gelukkig het ons ouers wat innoverend dink – Zander (Gr 5) se pa Jacques Vermeulen het dadelik vir ons laat weet dat Distell mobiele geboue wou skenk aan ‘n skool.

Donovan Present het hard gewerk om die terrein voor te berei. Jopie ten Cate het hulp verleen met planne maak en die area waterpas regkry.

Jacques en Chris van der Merwe van Wynland Ingenieurswerke het ingespring en met vervoer gehelp om die Distell skenking op sy plek te kry.

Op Maandag 26/8 is die vertrek met groot moeite na ons terrein verskuif.

Teen sononder was alles netjies op hul plek.

Nou gaan ons die klas baie mooi opknap en van elektrisiteit voorsien.

Baie dankie aan mnre. Vermeulen en Van der Merwe - met sulke vriende kan mens net wen!

KAMP: Grade 5,6,& 7 By Vergezicht is dit nou al tradisie dat ons Grade 5,6,& 7 leerders op ’n jaarlikse kamp gaan. Hier leer hulle om selfstandig te dink, in ’n groep saam te werk, kos te eet wat NIE deur Mamma voorberei is nie en HOPE pret te hê. Vanjaar is ons kamp by Eagle’s Nest in Franschhoek op 17 – 19 September en ons hoop van harte elke Graad 5,6,& 7 leerder sal dit bywoon. Ons kinders kan baie baat by hierdie blootstelling weg van rekenaarspeletjies, televisie, selfone asook goeie gesonde oefening in die buitelug. Dus moedig ons alle ouers aan om uit hul pad te gaan om so ’n ervaring moontlik te maak. Ons sê by voorbaat dankie aan Mev Gibson en haar span wat met baie pret ( maar min slaap) ons kosbare kinders sal oppas.

Visit to ArtsCape All our grade R – 3 learners went on an outing to ARTSCAPE. The show we saw was called Kipper and the Pirates. Lots of fun was had by all!

OUR OUTING

An amazing art performance Really fun The Grade 3 English class To see! made a team effort and wrote this Some scenes were very scary ACROSTIC POEM  Children dancing excitedly All taking part Parents should be thanked because… Every child had fun!!

PORTFOLIODAG Op Donderdag 22 Augustus het alle kinders hul spogwerk uitgehaal en die familie genooi om te kom kyk. Baie dankie aan elke Mamma, Pappa, Ouma, Oupa en ander gesinslede wat kom kuier het. Baie dankie aan elke Juffrou en Meneer wat gehelp het dat ons kinders se werk so mooi uitgestal is.

Graad R 

Graad 1 

Graad 2a 

Graad 3a 

Graad 2e 

Graad 3e 

Graad 4a 

Graad 4e 

Graad 5 

Graad 6 

Graad 7 

Graad 2,3a 

VERGEZICHT WEBWERF Ons nuwe webwerf is klaar en te sien by www.vergezicht.co.za. Ons hoop baie elektroniese besoekers gaan maak ’n draai om te sien wat ons alles by Vergezicht doen.

Enig in sy soort in die Helderberg!

Vergezicht: “Waar ons leer met lekkerkry klaarkry.”

Graad 7 besoek Die Wetenskapsentrum Anathi Mxoli sê: Ek het die besoek baie geniet. Die lekkerste deel was toe ons in die “BIG ROOM” was. Die deel waarvan ek nie gehou het nie, was toe ek borrels moes blaas terwyl die wiel die hele tyd in die rondte draai – dit het my naar laat voel! Dit was soveel pret, ek sal graag weer wil gaan. Theunis Eksteen draai en swaai.

HOEDEDAG Ter viering van die lente het die kinders op Maandag 2 September met “Lentehoede” opgedaag. Die personeel het hulle verstom vir die oorspronklikhede waarmee die klompie vorendag gekom het. Ontploffings van kleure en teksture het op koppe gewapper en gepronk. ’n Lente-atmosfeer het in die skool geheers en elkeen kon agterna ’n stukkie Lentekoek eet wat deur Suzanne Cilliers geskenk is.

Totsiens!