NUUSBRIEF MAART-APRIL 2011

Saamgestel deur: NUUSBRIEF MAART-APRIL 2011 Tracey Randle, Charné Abrahams and with additional text by John van Zyl [email protected] 07242608...
Author: Shona Alexander
16 downloads 0 Views 3MB Size
Saamgestel deur:

NUUSBRIEF MAART-APRIL 2011

Tracey Randle, Charné Abrahams and with additional text by John van Zyl [email protected] 072426087 Afrikaans Translation: Les Javan and

FEES VIR DIE HART EN SIEL

John van Zyl

Ons 4de jaarlikse Oesfees is nou agter die rug en watter wonderlike partytjie was dit nie! Duisende musiek liefhebbers, gewilde kunstenaars en n ossewa vol tuis gegroeide kunstenaars het die wingerde behoorlik op hol gehad op Saturdag 26 Maart. Niemand se dit beter as John Van Zyl: “ Die gehoor en die musiek het n organise geheel gevorm, een groot kloppende hart, wat instinktief reageer op die ritme wat almal ken en voel. Op Saterdag, soos altyd was ek dronk geslaan met die onselfsugtige, rustige interaksie met die interesante en spesiale ‘ Oes fees ’ gehoor. Hulle het wel deur die hekke gestroom as veelsydige vreemdelinge van reg oor die wereld, in gekleur met huismense van oral, maar na so tien ure van lekkerkry is hulle huis toe as ‘ Kaapse musiek liefhebbers ’ .

‘ N WARE GEVOEL VAN OKKASIE deur Cathy Macfarlane

Ek het die voorreg geniet om genooi te word na die Klein Handjies Sertifikaat Oorhandiging op 14 April, en wat ‘ n spesiale geleentheid het dit toe in uitgedraai. Die venue was St George ’ s Kerk, die gaste was vriende, familie en die Bergzicht Opleidingsentrum se onderwysers en amptenare, en die eregaste ons kleuterskool-onderwysers. Karin, die kleuterskool-administrateur, het met die grootste besorgheid en vernuf tot die fynste details georganiseer om dié ‘ n geleentheid te maak om te vier en te onthou. Die Bergzicht onderwysers en amptenare was die geleentheid gegee om ‘ n paar baie motiverende woorde te sê van steun en gelukwensing en ons eie onderwysers was die kans gegun om hul musikale talente ‘ n bietjie “ af te show ” en sodoende die Soetstemme ‘ n “ run vir hulle geld ” te gee. Elke onderwyser was in ‘ n swart graduasie-toga geklee terwyl ‘ n sertifikaat aan elkeeen oorhandig is en ‘ n foto van elkeen geneem is. Met haar passie en warmte het Karin twee tiener-meisies onder haar vlerk geneem en hulle rigting aangedui en gevul met vertroue in hulleself. Sy het ook die ouer vroue gely en aangemoedig om in hulle self te glo, te studeer en te presteer dat hul sodoende nie net beter onderwysers kan bekom nie maar ook rol-modelle in hul gemeenskap kan word. Natuurlik is ons kinders ons waardevolste bron op Solms-Delta en as die eintlike begunstigdes van al die, verseker dit vir hulle ‘ n blink toekoms met so ‘ n duidelike hupstoot so vroeg in hul lewentjies. Ons is somtyds so gefokus op ons probleme en wat verkeerd gaan dat ons die goed wat ons reg kry heeltemal mis. Hierdie seremonie was die beliggaming van wat ons wil bereik hier op Solms-Delta. Okkasies soos hierdie maak ‘ n diep en betekenisvolle verskil in die lewe van alle individuë hier op Solms-Delta. Leanne, Zenobia, Crystaline, Lolla, Babs, Oonagh, Suzie and Linda, ons is baie, baie “ proud ” op julle prestasies! Karin, jy is ‘ n ware inspirasie vir almal hier op Solms-Delta!

KLEIN HANDJIES!!

HOOGTEPUNTE VAN MAART EN APRIL 2011 AKTIWITEITE BY SOLMS-DELTA

Die afgelope twee maande was baie besig maar opwindend vir die kleuters van “ Klein Handjies ” Dagsorgsentrum! Tussen deur al die publieke vakansiedae en die Oesfees het ons ʼn propvol program gehad! Temas wat ons die afgelope twee maande bespreek het wissel van “ Wilde Diere ” ; “ Voëls ” ; “ Insekte ” ; “ V isse ” ; “ Reptiele ” ; “ Herfs” en “ Paasfees ” .

Ons eerste groot fondsinsameling byeenkoms vir hierdie jaar het plaasgevind op die 11de Maart by die Groot Drakenstein Games Klub. Die dag se aktiwiteite het om 15h00 begin met ons eerste jaarlikse atletiek byeenkoms en is om 24h00 afgesluit met ʼn “ Country en Western ” dans vir die ouers. Al die kleuters het ʼn geleentheid gekry om deel te neem aan die resies. Hulle het dit ook baie geniet om op die springkastele te spring en kos by die verskillende stalletjies te koop. Meer as 120 ouers het die dans die aand bygewoon. Tiaan and Torsi, twee van ons dagsorgsentrum se ouers, is aangewys as Mnr. en Mev. “ Country en Western ” . Onsgaan beslis hierdie byeenkoms ʼn jaarlikse instelling maak!

Een van ons opwindende hoogtepunte was ons tweede optrede by die vierde jaarlikse “ Franschhoek Oesfees ” op Saterdag, 26 Maart. Ons was almal geklee in ons “ Klopse Klere ” en helder oranje T hempies. Ons het tradisionele liedjies soos “ Welcome to Delta ” ; “ Vandag is die Oesfees weer hier ” ; “ Daar Kom die Alibama ” ; “ Suikerbossie ek wil jou hê ” ; “ Hasie hoekom is jou stert so kort? ” en so meer gesing terwyl Adriaan Brand, Nick Turner, Carlo Fabe en Brandon Pietersen ons begelei het. Ons het baie pret op die verhoog gehad, terwyl ons gesing en ons Rieldansie gedans het!

Die uitstappie na die Dieretuin op Woensdag, 16 Maart, was wonderlik! “ Ouma ” Bridget Astor het ons vergesel en ons het leeus; apies; bokke; skilpaaie; donkies; slange; flaminke; hasies; voëls en nog baie ander diere gesien. Op Donderdag, 7 April het Ella Solms en haar vriendin Hannah die kleuters uitgenooi na ʼn ballet werkswinkel by haar huis. Ella het die kleuters gewys hoe om te ballet en hulle het een vir een saam met haar die passies gedans. Ella is sedert verlede jaar betrokke by ons dagsorgsentrum. Sy kom gereeld vir die kleuters stories oor die week se tema vertel en het self al fondse ingesamel waarmee ons tafeltjies, stoeltjies en opvoedkundige speelgoed vir die baba afdeling gekoop het. “ K lein Handjies ” Dagsorgsentrum ontvang baie gaste van oorsee wat ons plaas kom besoek. Op Vrydag die 15de April, het Chef Holli en haar TV span ons kom besoek. Hulle het baie pret saam met ons kleuters gehad terwyl ons gesing, gedans en gekook het!

NUUS VAN DIE ANNA FOUNDATION … Dis uiteindelik die einde van n baie suksesvolle kwartaal vir die “ S olmpies ” van Solms Delta! So waarmee was ons besig by die naskool klub? Die jongspan van Solms Delta was betrokke by talle opwindende geleenthede om hul waardering vir die kunste, sport, asook hul eie gemeenskap te wys deurgangs die laaste kwartaal.

Gemeenskaps ondersteuning Die ‘ Solmpies ’ wat aktief ingeskryf is by die Anna vondasie se 3R ’ s program, was genooi om die ‘ klein Handjies ’ se nasorg stasie op Solms Delta by te woon, met hulle eerste atletiek byeenkoms op 11 Maart 2011 by die Drakenstein spele klub! Die dag was gevul met soveel opwindenheid, met die Anna Vondasie kinders geklee in hul bekende geel en swart uitrustings om die ‘ Klein Handjies ’ aan te moedig. Watter kleur ryke gesig was dit om die ‘ Klein Handjies ’ in groen en die geel en swart van die Anna Vondasie se jongspan te sien spring op die opblaas kasteel en gly op die glubberige gly-plank! Ouers en vrywillegersvan Die Spyseniering Akedemie het ook hand bygesit toe die ‘ Klein Handjies ’ hulle slag op die veld kom wys. Die Anna Vondasie kinders het ook gewys wat in hulle sit en hulle naloop en sokker talent gewys met deelname teen mekaar, asook teen die vrywillers! Velen dank aan Karin KleinHandjies deur ons te nooi en vir die jongspan die geleentheid gebied het om te wys watter sport sterre hulle is en sodoende hulle gemeenskap voorstaan.

Kuns en vermaak: Die Solmpies het ook die geleentheid gekry om by te dra tot die sukses van die jong drama groep, Com Net Drama Group, Group van Clanwilliam op die 25ste Maart 2011. Die groep deel geneem aan die Oes fees en het ons kinders genooi om hul verhoogstuk: “ Soek os it Soe ” die dag voor die Oes fees te kom besigtig! Die stuk speel af op Van Wyk se plaas en beeld die doen en late, asook die probleme in plaaswerkers se lewens uit. Die plaas se bestuur is verdeelt in hul loyaliteit. Die toneelstuk volg die plaas boer se lewe waar hy as stief met sy werkers handel, tot waar hulle mekaar verstaan en die boodskap van transformasie spreek sterk tot die gehoor. Die stuk inkorporeer ook sang en dans wat die jong mense en plaas werkers se regte sterk na vore bring, Terwyl dit ook die stryd en regte van plaas boere openbaar.Die toneelstuk was n groot sukses en die boodskap was nie te moeilik vir die kinders om te volg nie. Ons hoop om die Com Net Drama Group weer op Solms Delta te verwelkom. Die Solmpies gaan voort met hul deelname in buitemuurse aktiwiteite en gestruktureerde speletjies, asook kuns en kultuur aktiwiteite wat aangebied word deur ons Spyseniering Akedemie! Hierdie Akedemie het die Vrydag middae program sedert die 4de Maart 2011 koordineer. Baie groot dankie aan Leonie Barnard (Hoof) van die Spyseniering Akedemie, wie die Anna Vondasie en Solms Delta met groot geleenthede gehelp met, betrekkende ons kinders.

...ANNA FOUNDATION NUUS VERVOLG Sport: Daar was geen ‘ Fun run ’ tydens die laaste kwartaal, maar Solms Delta se kinders het wel die laaste been van hul ‘ President ’ s fitness challenge ’ (Presidentse Gesondheids Uitdaging) in plek van dit voltooi. Die program streef om n bewustheid te kultifeer van n gesonde leefstyl en aptyd vir fisieke aktiwiteite onder veral jong mense tussen die ouderdomme van 6 en 18 jaar, en was deur die kinders voltooi in hul eie fisieke programme – ‘ Fun Fitness Day ’ . Op hierdie dag was hulle in groepe geplaas waar hulle hul eie groep se gesamenlike opstoot oefeninge moes bereken op n werkblad, sowel as die tyd wat dit gevat het vir hul groep om die 1 km naloop deur die wingerd! Sjoe! Hierdie formaat van evaluering het ook die lesse van die laaste kwartaal help opsom, wat eerlikheid, discipline, verantwoordelikheid en eerlikheid insluit. Hulle het ook geleer om in n groep te werk en die spreekwoord ‘ Niemand word agter gelaat nie ’ was beindruk deur alle span kapteine en mede spanmaats! Vakansie program! Soos die skool program water begin trek het die ‘ Solmpies’ nog deelgeneem aan die Anna Vondasie se vakansie program. Hierdie program het lekker prêt aktiwiteite ingesluit soos rots tekeninge om rots diere, die maak van sleutel hakies, houers en hoedens; tekeninge, asook n eier soektog! Die plaas fasiliteerders, Koos en Karlien, was natuurlik die sterre met hul kreatiwiteit om die kinders te assister in hul take! Algemeen Die Solms Delta se jongspan sal weer deelneem aan die 5km prêt naloop op 30 April by Solms Delta. Die okasie beloof baie prêt en ons raai alle ouers en vrywillige werkers wie graag die nalopers en jong kinders van gr R – 2 te ondersteun, die ‘ Solmpies ’ onder hul blad te neem op die dag!

Gesondheid en Veiligheidsverteenwoordigerskursus Volgens GlobalGAP en ander markvereistes en die Wet op Beroepsgesondheid en veiligheid moet elke onderneming/ plaas wat meer as 20 werkers in diens het, minstens een Gesondheid en Veiligheids- verteenwoordiger vir elke 50 werkers (seisoenswerkers ingesluit) aanstel en oplei, asook een Bestuurder, wat vir gesondheid en veiligheid verantwoordelik is. Die volgende persone het die Gesondheid en Veiligheidsverteenwoordigerskursus bygewoon op 17 Maart 2011: Coman Daniels; Roeline Andrews; Johan O Rayn Hierdie kursus het ten doel om Gesondheid en Veiligheids-verteenwoordigers (werknemers) en beamptes (bestuur) te laat verstaan wat hulle rol as verteenwoordigers en beamptes is en die vaardighede aan te leer om hulle taak uit te voer. Dit gee ook 'n oorsig van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid. Die kursus insluit: Rol van Gesondheid en Veiligheidsverteenwoordiger en beamptes; Gesondheid en Veiligheids komitees; Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid; Gesondheid en Veiligheidsoudits; Ongeluksondersoeke; Konsultasie Na die kursus het ons nuwe gesondheid en veiligheidsverteenwoordigers

‘ n beter begrip rondom gesondheid en veiligheids-

verteenwoordiger en ook wat van hulle as gesondheid en Veiligheidsverteenwoordigers verwag word. Hulle is aangemoedig om die inligting deur te gee en die gemeenskap te motiveer ten opsigte van hul bydrae vir n gesonde en veilige werksomgewing.

GEMEENSKAPS NUUS SOETSTEMME BY DIEDENNEGEUR GOSPEL FEES Op die 12de Maart 2011 het Dennegeur, Fransh Hoek n gospel fees aangebied. Hulle het die Solms Delta inwoners en ook die SoetStemme genooi om te sing. Die SoetStemme het ‘ n wonderlike tyd beleef by die fees.

NUWE ‘ JUNGLE GYM ’ OP DELTAMEER Deltameer se kinders het nou hul eie gymnasium (gym)! Die staan nou nagenoeg aan die huise waar die ouers immers n wakened oog oor hulle te hou ( wat die kinders se konstante veiligheid waarborg). Hulle hoef nie meer Lubeck toe te loop nie om hulself te geniet op skoppelmaaie en glyplanke. So baie prêt word tans beleef!

HELP EN VOORKOMING VAN TIK VERSLAWING Solms Delta se kinders en grootmense was bewus gemaak oor TIK (Crystal Meth) en ander verbruikmiddels soos (Dagga). Die organisasie DOPSTOP, van Stellenbosch het hierdie informasie sessie op die 7de April 2011 kom aanbied.

Wat is TIK? TIK is n slang naam vir die stimulerende dwelm,Methamphetamine. Die dwelm is n sterker weergwe van sy ouer-vorm, amphetamine. Ook bekend as ‘ speed, crack, crystal straws, chalk of tjoef. Dis gewoonlik wit of semi-transparent, reukloos, n bitter van smaak crystal of poeier wat soms verskeie kleur skakerings het. Deur dit slegs eenkeer te gebruik kan erge gevolge van verslawing te wee bring. Die liggaam raak gewoonlik gou gewoont daaraan wat beteken dat die dosis verhoog om dieselfde effek te kry, asook dat die dwelm meermale verbruik moet word en in verskullende wyses. Die bestandele (talcum poeier and bakpoeier) is ook lewens gevaarlik. Omdat die gebruiker nooi tweet wat hy/sy gebruik nie, is die gevolge dodelik. Konstante verbruik kan lei tot buite-beheer geweld, angs, deurmekaargeid, buierigheid en slapeloosheid.Gebruikers kan sigoties raak en die paranoia kan lei tot hallusinasies wat selfs tot moord en selfmoord. Die dwelm veroorsaak akuut verspringing van die hart en opspoeding van bloed pomp, en kan lei tot n dodelike verstrenging in die are, asook die brein, wat dan beroerte teweebring. Ander efekte is sluit in asemhalings problem en onreelmatige hat-klop. Daar is ook n groot risiko vir HIV, of ander sexuele oordraagbare siektes vanwee hul hoe sex drang Terwyl hulle bedwelm is. As jy voel dat jy of enigiemand na aan jou hulp nodig het in die verband, praat asseblief met Charne wie regstaan om jou met die volgende stap te help.

PLAAS STORIES

Ons Hoofbestuurder, Cathy Macfarlane, gee vir ons so ‘ n paar snapsies van wat afspeel agter die ‘ scenes ’ van Solms-Delta.

O, die dingetjies wat ek kan sien!

‘ n Versoek was aan my gerig om die reeksnommer van my skootrekenaar op te spoor en te epos. Die opsporing was kinderspeletjies maar jislaaik, om dit gelees te kry was nog ‘ n speletjie mensig! Heel onhandig staan ek daar voor die venster met die simpele rekenaar en, die kant toe, en daai kant toe, sodat die maksimum hoeveelheid lig direk op die nommer kan val. In diésse lompe skermutseling kry ek toe hulp van ‘ n vriendelike (en ietwat selfingenome) oord: die Bestuurshoof ( “ Aag wat my oë is piekfyn hoor ” ). Daar en dan is ontwykende nommer gelees en epos soos aangevra. Nou moet ek bieg: ek sukkel nou al ‘ n geruime tyd om weg te kom van ‘ daai ’ oogtoets maar lyk my om elke hoek en draai, spesiaal werksgewys, haal hy my in, tesame met vriend swaartekrag. So besluit ek toe maar om vrede te maak met hulle twee en kry die dêm ding gedruk en getik en nou het ek dit: die brilletjies. En weet wat? So kom my hele lewe nogals heel cool in fokus – sharp my bra! Met die skerp nuwe uitkyk op die lewe ry ek toe in by Solms-Delta, en die eerste ding wat my dadelik opvang is Audrey by die hek se grote muur-tot-muur glimlag – en wat ‘ n pragtige glimlag was dit ook, ‘ n goeie manier om die dag mee te begin. Die druiwe was almal al af van die wingerdstokke merk ek op, ‘ n taak goed geverrig deur die Wingerdspan. Die wingerdstokke was ook aan die begin draai. So let ek ook op dat die Oesfees grasperk ‘ n lekker ’ haircut ’ weg het en wonderlik groen gehou word deur ‘ n toegewyde Landgoedspan. Op elke beskikbare paal en draad het ‘ n Oesfeesplakkaat gepronk en die Oesfeesgees was definitief in die vars plaaslug. Met my besoek aan Fyndraai vir ete besef ek, met die grootste plesier, dat ek nie net alleen die menu kan lees nie, maar dat dit rêrig ‘ n heerlike menu is. Wel gedaan Sjef. Toe kom die groot toets: mensig, was ek opgewonde toe ek die ‘ latest ’ Plattergids oopmaak en besef ek kan daai kleiner as klein teks ook lees! Ek kan ook aan julle rapporteer dat julle al die tyd reg was; ons wyne het regtig al daai sterre! Wat ‘ n talentvolle wynmaker het ons nie.

Ongelukkig is daar ook heelwat dinge, kan ek nou sien, wat ek liewer nie sou wou sien nie. Die baie plooie in my gesig, die ware staat van my tienerdogter se slaapkamer, die rommel in die parkeergebied (kan daar asb. ‘ n paar asblikke aangebring word?), en die feit dat my kar vuil is van skaamte. Ek bespeur die spinnerakke agter die dreinpype op Fyndraai se patio en hoe bespikkel met stof die museum se vertoonkaste is. Ek let op dat Solms-Delta ongelooflik klipperig is, en dat baie van die klippe ophoop voor Adminhuis. Ek ’ s seker dit sal heel beter lyk daar sou hulle verskuif word na Dik Delta. Ek kan sien daar is 187 e-posse wat wag vir my in my ‘ inbox ’ en dat 184 van hulle van die uitermatig entoesiastiese PWMC is. Gelukkig hoor ek nie die ‘ weedeaters ’ , die tromslanery en die blaasorkes buitekant, of die vurevlam debat in die MH-kantoor langsaan, so kan ek heeltemal gefokus en onverstoord werk., en dêm seker maak ek stuur 321 e-posse uit, 318 van hulle aan PWMC.

OESFEES 2011

OP DIE MUSIEK FRONT...

HIERVANDAAN CD ONTVANG WONDERLIKE RESENSIE! Omskryf deur joernalis Diana de Beer as ‘ n ‘ s eldsame plaaslike juweel ’ (rare local gem). “ M ens moet verstaan waar die album vandaan kom om dit te snap, ” sê sy verder. “ Maar as jy dit eers het sal jy jou hart verloor op dié liedjies wat ‘ n besondere tyd, mense en plek vaslê. Met ‘ n mengsel van puik musikale vernuf, so wel as rou talent, diep uit gaan grawe en blootgestel in die verskillende liedjies, maak dit hierdie CD iets heeltemal uitsonderlik. Maar dis ook die musiek self; die manier waarop ‘ n gemeenskap sy storie vertel met geloof altyd in die weefstof van die vertellings ingeweef want dit weerspieël hul lewens. Ook die besonderse manier waarop die taal aangewend en gepraat word maak dié een ‘ n rêrige rare vonds. Die titel sê dit als, Hiervandaan, en dis presies wat dit is. Dit kan beslis nie vanuit ‘ n ander oord kom nie en daar is baie klanke van Afrika gekondenseer in die verskillende liedjies met die gemeenskap waar dit vandaan kom – die landelike Afrikaans werkers – neem sterk hulle plek in. Die is musiek wat jou in ‘ n japtrap sal laat skuifel en litte los maak met instrumente soos trekklaviere, kitare en bekfluite en val netjies, soos ‘ n boksie mêtjies, in die genre van wêreld-musiek. ” Knap gedaan an al ons muskante en sangers. Hulle bekoor met die weef van hul towerkuns.

DELTA DRAF 2011: NOG ‘ N WENNER!

Deur John Van Zyl

Die rëenwolke het begin dreig op Dinsdag, 26 April, en toe het ontydige vroëe sneeu begin val op die berge rond Franschhoek. Die organiseerders van die Delta Draf, geskeduleer om op Saterdag, 30 April plaas te vind, het angstig na die berge gekyk en gewonder of hulle liewers die Delta Draf na iets anders moes verander. Byvoorbeeld, die Delta Ski-Kompetisie? Of die Delta Skaats- Marathon?

Maar gelukkig het die son het al vroeg sy kop uitgesteek op Saterdag en 611 vurige hardlopers het opgedaag om mee te ding in wat nou ‘ n baie gewilde gebeurtenis op die Boland Atletiekkalender geword het. En geen wonder nie! Watter ander

atletiek-

byeenkoms vind plaas op ‘ n wynplaas met ‘ n baan wat eers tussen die wingerde drentel en dan sy pad vind langs die koel oewers van ‘ n rivier? ‘ n Mens kon glo dat die amptelike wegwysing iets was soos “ Begin by die Shiraz-blok, draai dan links by die Cabernet Sauvignon, hou aan tot digby die Mouvedre boswynstokke en skarrel dan verby die Merlot tot die eindstreep. ” ‘ n Groottotaal van 346 hardlopers het die 10km loop voltooi, en ‘ n verdere 265 die 5km loop. Die wenner van die belangrike Veldvlugtig Trofee was William Kaptein van Robertson. Nou, ‘ n woordie oor die trofee. Soos julle sekerlik weet beteken “ veldvlugtig en vogelvrij ” dat iemand ‘ n krimineel verklaar is met ‘ n prys op sy kop. Dit beteken natuurlik nie dat William ‘ n krimineel is nie. Nee! Inteendeel ! Die jong man het in die groen en goud Suid Afrika oorsee verteenwoordig op verskeie geleenthede en ‘ n menigdom pryse verower. Na die wedren kon die mededingers hulle honger kwyt raak met hoenderkerrie, boerewors rolletjies en ander Kaapse lekkernye wat aangebied is by die kosstalletjies. Ander families het na die Fyndraai Restourant gewandel om ‘ n piekniek te geniet op die grasperk en die SolmsDelta wyne te geniet wat gemaak is van die druiwe van presies dieselfde wingerde waardeur hulle nou net gehardloop het. Terwyl die hardlopers en hulle families ontspan het in die lekker sonskyn en hulle moëe bene ‘ n bietjie laat rus, het die Delta Langbroek Orkes en die Soetstemme hulle vermaak met wonderlike Cape Jazz en Kaapse liedjies en koortjies. ‘ n Gepaste einde vir ‘ n wedren wat nou ‘ n belangrike deel is van die Boland atletiekkalender.

SOLMSSOLMS-DELTA RONDOM DIE WÊRELD. . . Mark Solms ‘ n gasspreker by Tedx Konferensie in London

Op 19e Maart, was Mark Solms genooi om ‘ n praatjie te lewer by die Tedx Konferensie in London, Engeland. TED is ‘ n Nie-Winsgewende Organisasie toegewyd aan Ideas Worth Spreading (Idees wat die moeite werd is om versprei te word). Met sy oorsprong as ‘ n vier-dae konferensie in Kalifornië 25 jaar gelede het TED gegroei om steun te gee aan daardie wêreld-veranderbare idees met veelvoudige inisiatiewe. Die jaarlikse TED Konferensie nooi die wêreld se voorste denkers en doeners uit om vir 18 minute te praat. Hulle praatjies word dan gratis beskikbaar gestel by TED.com. Vorige TED-sprekers sluit in Bill Gates, Al Gore, Jane Goodall, Elizabeth Gilbert, Sir Richard Branson, Isabel Allende en Gordon Brown, die VK (Britse) Premier. TED bied individueë of groepe ‘ n manier aan om soortgelyke onafhanklike TED-tipe geleenthede te organiseer soos die een wat in London gehou is die jaar. Mark se praatjie het gegaan oor iets wat ons daagliks lewe en probeer uitoefen op Solms-Delta: om die golf tussen die verskillende rasse te vernou en oorbrug op Solms-Delta en om op praktiese maniere te “ deal ” met apartheid se nalatenskap.

SolmsSolms-Delta by Bonhams Kunsveiling Solms-Delta het ‘ n reeks van hul bekroonde wyne bekendgestel by die Bonhams South African Art Sale (Suid Afrikaanse Kunsveiling) voorskou-onthaal op 21 Maart. Bonhams, gestig in 1793, is een van die wêreld se oudste en grootste afslaers van die Skone Kunste en Oudhede. Vandag bied Bonhams meer veilings aan as enige van hul mededingers, deur twee hoof verkoopskamers in London: New Bond Street en Knightsbridge, asook nog vier dwarsoor die VK. Veilings word ook gehou in San Fransisko, Los Angeles, New York en Boston in die VSA; Switserland, Frankryk, Monaco, Hong Kong, Australië en Doebaai. Bonhams het ‘ n wêreldwye netwerk van kantore, en streeksverteenwoordigers in 25 lande wie verkoops-advies aanbied en evaluasie-dienste in 57 spesialis-areas. In sy kommentaar aangaande die loodsgeleentheid by Bonhams het Mark Solms gesê: “ Ons voel dat die Bonhams Maart Uitverkoping wat uitstekende Suid Afrikaanse meesterstukke aanbied, die perfekte platform was vir die bekendstelling van ons wyne aan ‘ n toepaslike VK gehoor. Bonhams was sentraal tot die waardevermeerdering van die internasionale waardering vir Suid Afrikaanse kuns en die maak van wyn op sy beste is net ‘ n nog ‘ n kuns-vorm. ” Gils Peppiatt van Suid Afrikaanse Kuns by Bonhams sê: “ Ons is verruklik bly om deel te wees van die Solms-Delta VK bekendstelling. Dit is geheel en al geskik dat met nie minder as 20 meesterstukke in die uitverkoping ons by magte is om die geleentheid te vier met ‘ n heildronk van die beste van Kaapse wingerde. ” Hannah o ’ Leary, hoof van Suid Afrikaanse Kuns by Bonhams voeg by: “ Ons is verheug om met die Solms-Delta landgoed saam te kan werk in die oploop tot die Suid Afrikaanse Uitverkoping op 23 Maart. Ek was gelukkig genoeg om die landgoed onlangs te kon besoek. Tesame met die maak van wonderlike wyne in die pragtige omgewing van die Franschhoekvallei, is die entoesiasme van Mark en Richard vir die kuns van wyn-produksie, die geskiedenis van die landgoed en hul gemeenskap absoluut aansteeklik. ”

ONS WYNMAKER EN BEMARKINGSBESTUURDER OP PAD NA DUITSLAND! Hilko en Jeneale gaan weereens ProWein bywoon—die grootste internasionale wyn- en spiritus-bedryfsmakietie, wat jaarliks in Duitsland gehou word. Meer as 3,3000 uitstallings en 36,000 handelsbesoekers van regoor die wêreld het deel gehad in die mark: een van die vernaamstebesigheidsplatforms vir die internasionale wyn- en spiritussektor. Jeneale het gesê dit was tawwe kompetisie want hulle het meegeding vir aandag onder die grootste wynprodusente van om die wêreld, maar ten spyte van die was dit ‘ n positiewe ervaring want Solms-Delta kon kontak maak met nuwe aankopers in Duitsland.