VOLHOUBARE SOSIALE ONTWIKKELING NUUSBRIEF SUSTAINABLE SOCIAL DEVELOPMENT NEWSLETTER

VOLUME 1 VOLUME 1 ISSUE 2 UITGAWE 2 VOLHOUBARE SOSIALE ONTWIKKELING NUUSBRIEF SUSTAINABLE SOCIAL DEVELOPMENT NEWSLETTER 1 November 2007 1 November 2...
Author: Molly Miles
6 downloads 0 Views 448KB Size
VOLUME 1 VOLUME 1

ISSUE 2 UITGAWE 2

VOLHOUBARE SOSIALE ONTWIKKELING NUUSBRIEF SUSTAINABLE SOCIAL DEVELOPMENT NEWSLETTER 1 November 2007 1 November 2007

Inside This Issue

Fokusarea 7.2: Volhoubare Sosiale Ontwikkeling Nuusbrief Baie dankie vir al die raad en kommentaar rakende die eerste uitgawe van die Fokusarea se nuusbrief. In die tweede uitgawe van die nuusbrief word daar veral gefokus op: nuus uit die skole:

2

Message from the Director

3

More about: SAMDI



Boodskap van die Direkteur

4

Public appearances



Nuus van die Fokusarea

5

News: SSGS



Nuus van die Skool vir Sosiale en Owerheid studies

6

News FA 7.2



Nuus van die Vaaldriehoekkampus.

7

News Vaaltriangle



Meer oor SAMDI

8

Inauguration speech

Focus Area 7.2: Sustainable Social Development Newsletter Contact Details Thank you for aal your suggestions and comments regarding the previous Fokusarea 7.2: Volhoubare Sosiale

newsletter. In this second newsletter from the Focus Area we will focus on the

Ontwikkeling

following:

Focus Area 7.2: Sustainable Social Development Interne bussie 279/ Internal box 279 Noordwes-Universiteit / North-West



Message from the Director



News from the Focus Area 7.2



News from the School for Social and Government studies



News from the Vaal Triangle Campus



More about : SAMDI

University Privaatsak X6001 / Private Bag X6001 POTCHEFSTROOM Gebou/Building F13 Kamer/ Room G35 Tel: 018 299 1593 Fax: 018 299 1776

2520

PAGE 2

VSO/SSD

Boodskap van die Direkteur Message from the Director Met my aanstelling bykans ‘n jaar gelede het Fokusarea 7.2 besluit op die implementering van ‘n strategiese plan ter uitbouing van navorsing, nagraadse onderrig en samelewingsdiens. Die plan het die volgende ten doel gehad:

‘n Administratiewe eenheid en ‘n bestuursinligtingstelsel ter ondersteuning van navorsing, nagraadse onderrig en samelewingsdiens; Die uitbouing van nagraadse onderrig en die identifisering van transdissiplinêre programme; Die vestiging van ‘n navorsingsprogram met geïdentifiseerde fokusse; Die uitbouing en verhoging van navorsingsuitsette; Kapasiteitskepping Skakeling en bemarking

Groot vordering is die afgelope jaar gemaak ten opsigte van die bereiking van

nuwe transdissiplinêre kurrikula is ontwikkel en hiermee saam ‘n nuwe nagraadse onderrig model.

die strategiese plan. ‘n Sterk administratiewe eenheid en bestuursinligtingstelsel is gevestig; nuwe transdissiplinêre kurrikula is ontwikkel en hiermee saam ‘n nuwe nagraadse onderrig model; ‘n groot styging in reële en beloofde artikeluitsette (kollegas het addisioneel 10 bydraes vir ‘n gedenkuitgawe in Koers voorgelê); verskeie colloqiums is oor die afgelope jaar aangebied waarvan 4 internasionaal was; en ‘n Bemarkingskomitee is vir die Fakulteit help skep om aan die behoeftes van die Fokusarea en Skole uitdrukking te gee.

Bogenoemde ontwikkeling verskaf ‘n belangrike grondslag waarop daar vorentoe voortgebou kan word. Wanneer ‘n strategiese Navorsingsberaad op 13 November 2007 plaasvind om indringend te herbesin oor ons bestaande navorsingsprogram, subprogramme en om nuwe inisiatiewe voor te lê, sal die Fokusarea die terrein verder voorberei vir gehalte navorsing, samelewingsdiens en innovasie – alles nog tydens 2007! Ek bedank almal vir u harde werk gedurende 2007 en wens u almal ‘n geseënde feestyd toe.

Groete Regards Prof André Duvenhage Research Director: Focus Area 7.2 Sustainable Social Development Navorsingsdirekteur: Fokusarea 7.2 Volhoubare Sosiale Ontwikkeling

Prof Andrè Duvenhage Navorsingsdirekteur: Navorsings Fokusarea 7.2: Volhoubare Sosiale Ontwikkeling

VSO/SSD

PAGE 3

Nuus: Fokusarea 7.2 Volhoubare Sosiale Ontwikkeling: News: Focus Area 7.2 Sustainable Social Development •

Drie nuwe nagraadse transdissiplinêre kurrikula word deur IKAS aanvaar naamlik: o

Meesters in Volhoubare ontwikkeling

o

Meesters in Openbare bestuur en Regering

o

Meesters in Regeerkunde en Politieke Transformasie

Ten einde die getal nagraadse studente te akkommodeer en gehalte te verseker, is die Fokusarea saam met die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies beslag te gee aan ‘n nuwe onderrig model. •

Die volgende navorisngsuitsette word vermeld:

BESKRYWING

SOS

KOMMUNI KASIE

FILOSOFIE

VAALDRIE -HOEK

FA 7.2

MEDEWERKERS

TOTAAL

Ingedien

14

8

8

9

5

4

48

Aanvaar

8

1

4

13

1

4

31

Gepubliseer

4

6

23

5

1

1

40

VERKA

2

4.5

10

5

0

.50

22



Die Fokusarea het hierdie jaar verskeie Colloqiums aangebied, waaronder: o

Me Marianne Birthler: How Germany handles the work through

the

past

(“Aufarbeitung”)

of

comunist

dictatorship with the help of a federal Commisioner Institute. o

Prof Perti Juuti (Universiteit van Tampere) Waterstudies soos onderneem deur die Universiteit van Tampere en die Tampere Universiteit van Tegnologie.

o

Die Fokusarea het verskeie Colloqiums aangebied.

Mnr.

Harri

Maaki

Geskiedenis

van

(Universiteit

van

watervoorsiening

Tampere) in

Die

Kaapstad,

Grahamstad, Durban en Johannesburg tussen die jare 1850-1920. o

Dr.

Theo

Brinkel:

Nation

building

and

Pluralism.

Experiences in State and Society in South Africa o

Mnr Pieter Heydenrych Uitdaging vir Plaaslike regering: ‘n oorsig van institusionele en stelsel kwessies

o

Mnr

Jacques

Rothman

Same

sex

marriage

and

homosexuality: Social problem or contempory reality? o

Prof Johann Tempelhoff: The Vaal River Barrage: South Africa’s hardest working water way : an historical contemplation

o

Prof André Duvenhage: Die Nasionale konferensie van die ANC en die leierskapstryd

PAGE 4



VSO/SSD

Openbare optredes van die Fokusareadirekteur: Prof André Duvenhage is ‘n bekende hoë-profiel openbare spreker met ‘n groot aantal optredes op sy kerfstok. Sedert hy in Oktober 2006 by die NWU aangesluit het, het hy 13 hoë-profiel optredes nasionaal, provinsiaal en plaaslik gehad. Dit het onder meer ingesluit: o

The South African political environment- a scenario analysis ( Department Economic Affais and Tourism: North West Province)

o

Die Suid Afrikaanse politieke omgewing : perspektiewe vir die landbou (Noord Kaap Landbou Unie)

o

The ongoing crises in Free State politics: a strategic assessment. (NIA Bloemfontein)

o

Suid Afrikaanse politiek: ‘n strategiese ontleding-

o

Landbou en Grondhervorming in Suid Afrika (Bestuur van die ACDP – Alberton)

o

Grondhervorming in Suid Afrika (Nasionale konferensie: Agri Vooruitskou Pretoria)

Hierbenewens is hy ‘n gereelde radio en televisie kommentator wat die afgelope jaar alleen bykans ‘n 100 onderhoude oor politiek en verwante temas gevoer het. Onderhoude word gereeld gevoer met die volgende stasie/ programme: o

SAFM, RSG, OFM, Voice of the Cape, Lesedi FM, Radio Pretoria, Overvaal Stereo, Radio Rosestad,

o



Agri TV, SABC TV (1,2,3).

Prof André Duvenhage (Fokusareadirekteur) het ook op 7 Augustus 2007 sy intreerede gelewer oor die tema: Die Suid Afrikaanse Politieke omgewing: ‘n Strategiese ontleding en scenario analise. Teen die agtergrond van die vraagstelling: Watter bydrae kan die Politieke Wetenskap lewer in ‘n omgewing van snelle politieke verandering?- is daar gefokus op die suksesse , probleme en uitdagings ten opsigte van politieke stabiliteit en die demokrasie deur van scenario tegnieke gebruik te maak. Daar is onder meer gepoog om die alternatiewe uitkomste vir Suid Afrika oppad na 2014 aan te dui. Die aanbieding beklemtoon die moontlikheid van groter politieke onstabiliteit met gevare wat dit inhou vir demokratiese konsolidasie. Duvenhage beklemtoon die belangrike rol wat politieke wetenskaplikes kan en moet speel om politieke stabiliteit en demokratiese konsolidasie te help vestig. Hierin het politieke en sosiale wetenskaplikes van NWU ‘n belangrike bydrae om te lewer.

die afgelope jaar alleen bykans ‘n 100 onderhoude oor politiek en verwante temas gevoer.

VSO/SSD

PAGE 5



Die Noordwes-Universiteit se African Centre for Disaster Studies (ACDS) het op 8 Oktober hulle tweede Jaarlikse Pat Reid Lesing in Ramprisikovermindering aangebied. Hierdie jaarlikse instelling is in 2006 deur die ACDS in die lewe geroep om ‘n besondere behoefte in Suid-Afrika en in Afrika as geheel aan te spreek: die behoefte aan gesprek en nadenke oor brandende kwessies binne die veld van verminderde ramprisiko’s. Hierdie instelling het ten doel om ‘n platform te skep van waar internasionaal-erkende kundiges ‘n relevante kwessie kan bespreek wat ook belangrike debatspunte kan ontlok.

Die Jaarlikse Pat Reid Lesing in Ramprisikovermindering

bied aan die ACDS ook die geleentheid om erkenning te gee aan die werk

en

toewyding

van

‘n

pionier

in

die

veld

van

ramprisikovermindering.

Die lesingsonderwerp van hierdie jaar was South Africa’s Disaster Management Act: one scrum .. three tries ... lackluster conversion en is aangebied deur dr. Ailsa Holloway, stigter en direkteur van UCT se Disaster Mitigation for Sustainable Livelihoods Programme, sowel as mede-skrywer van ‘n aantal boeke wat as belangrike leesstof in die veld beskou word. Holloway het in haar voordrag veral klem gelê op die gevolge en implikasies van die Departement van Plaaslike Regering se wetgewing, spesifiek die Disaster Management Act 57 van 2002. Volgens haar is hierdie wetgewing van die beste ter wêreld, veral wat betref die duidelike riglyne ten opsigte van rampriskovermindering-strukture en die befondsing daarvan op nasionale-, plaaslike- en distriksvlak. . Holloway het egter ook uitgewys dat die nuwe wetgewing die speelveld verander, sodat unieke uitdagings ontstaan wat die hoof gebied moet dr. Ailsa Holloway, stigter en direkteur van UCT se Disaster Mitigation for Sustainable Livelihoods Programme.

word.

Een so ‘n belangrike uitdaging is die druk wat nuwe poste,

dikwels binne ‘n burokratiese en verpolitiseerde opset, op die multidissiplinêre aard van die veld plaas. Nog ‘n brandpunt binne die debat oor die nuwe wetgewing behels die fokus op óf Disaster Management óf op Disaster Risk Management. Eersgenoemde se klem is reaktief, terwyl daar geargumenteer kan word dat laasgenoemde opsie op volhoubare sosiale ontwikkelingsvlak ‘n pro-aktiewe, en dus ‘n beter opsie is. Kollegas van verskillende vakgebied kan volgende jaar weer uitsien na ‘n stimulerende gesprek om ramprisiko-kwessies wat ons almal op verskillende vlakke raak.

PAGE 6

VSO/SSD

Nuus: Skool vir Sosiale en Owerhiedstudies: News: School of Social and Government studies: •

In die Skool is Prof Kobus du Pisani lid van die AGES-span wat ʼn Geïntegreerde Bestuursplan vir die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied opgestel het – sy bydrae was om ʼn omvattende Kultuurerfenisplan (120pp.+) op te stel. Dit is in Maart 2007 voltooi. Hy is ook lid van die span van die Skool vir Omgewingsbestuur wat ʼn SEA (Strategic Environmental Assessment) vir die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit (voorheen Zeerust) opstel. Hier doen hy ook die Kultuurerfenisplan.



In die Skool is dr Freek Cronjé betrokke by ontwikkelingskwessies in die myn-omgewing in Suid-Afrika en die SADC-streek. Kwessies wat ter sprake is, is onder andere migrasie, gesondheid, generatiewe samewerking en akkulturasie in die myngemeenskappe, “Corporate Social Responsibility”, volhoubare ontwikkeling en “Community engagement”. Hierin speel Dr. Cronjé die leierskapsrol. Meeste van die navorsing (in Suid-Afrika) word gedoen in die sogenaamde Platinum Belt (Rustenburg-area) en die Limpopo-provinsie. Daar word beplan om soortgelyke navorsing uit te brei “hoër” op in die Suider Afrikaanse Ontwikkelings-gemeenskap (SADC), meer spesifiek, Malawië en Zambië. Medewerkers is die University of Kent, UK en NIZA (Netherlands Institute of South Africa). Uit hierdie navorsing het daar gedurende 2007 drie publikasies gespruit, waarvan een vir publikasie aanvaar is en ‘n verdere een is aanvaar wat later in die jaar sal verskyn.



Die Fokusarea wens graag vir Dr. Freek Cronje geluk met sy bevordering tot medeprofessor.



Die 13de kongres van die South African Sociological Association is vanaf 24-28 Junie 2007 suksesvol deur die Skool aangebied op die Potchefstroom-kampus. Internasionale en nasionale sprekers het by die kongres opgetree en belangrike besluite t.o.v. sosiologie in Suid-Afrika is by die kongres geneem

Prof. Gerhard Oosthuizen (Historikus) spesialiseer in Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis. Hy fokus veral op die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) en die sogenaamde "Bosoorlog" van die periode 1966-1988. Een boekpublikasie en verskeie artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte het reeds die lig gesien. In die boekpublikasie word die rol van Regiment Mooirivier van Potchefstroom tydens veral oorgrensoperasies onder die loep geneem. In die artikels kom oorgrensoperasies soos byvoorbeeld Savannah, Askari, Modulêr, Hooper, Packer, Displace en Handbag aan die orde. Wat die Tweede Wêreldoorlog aan betref sal aandag gegee word aan die volgende verwaarloosde temas: die rol van vroue, swartes, kleurlinge, die gesondheidkorps en die onbekende Operasie Madagaskar.

Die 13de kongres van die South African Sociological Association is in Junie 2007 suksesvol deur die Skool aangebied.

VSO/SSD

PAGE 7

Die belangrikste (primêre/argivale) bronne is ongelukkig nie in Potchefstroom of via die internet beskikbaar nie, maar word gehuisves in die South African National Defence Force se Dokumentasiesentrum (Visagiestraat) in Pretoria.

Boeke/ Books ’n Aantal boeke of hoofstukke in boeke is deur personeel van die Skool gepubliseer in 2007: •

Prof. Gerrit van der Waldt het die boek A Guide to Project Management by Juta gepubliseer.



Prof Gerrit van der Waldt (redakteur) en Dr Eric Nealer het hoofstukke geskryf in Local government and service delivery in the book Municipal management: serving the people by Juta gepubliseer. . Prof Gerrit van der Waldt: 3 hoofstukke te wete: Building local democracy, local government disaster risk management en Municipal management: an orientation. Dr Eric Nealer: 2 hoofstukke te wete: Local government and service delivery en Municipal Human Resource Management.



Dr Freek Cronjé en Me Charity Chenga het ‘n hoofstuk gepubliseer: Health issues in a mining community in South Africa

Dr Freek Cronjé en Me Charity Chenga het ‘n hoofstuk gepubliseer: Health issues in a mining community in South Africa.

(In Falola, T. &

Heaton, M. M., eds. HIV/AIDS, Illness, and African Well-Being. Rochester, N.Y.: University of Rochester Press. p. 210-242.) •

Dr Freek Cronjé en Me Charity Chenga het ‘n hoofstuk gepubliseer: The impact of the relationship between migrants and Traditional Authorities on South African mining communities. (In Falola, T. & Afolabi, N., eds. Trans-Atlantic Migration: the paradoxes of exile.

New York, N.Y.:

Routledge. p. 183-212.)

Nuus: Vaaldriehoek: News: Vaal Triangle: Water kook in die Vaaldriehoek Die nisarea vir die kulturele dinamika van water in Suider-Afrika het die afgelope semester van krag tot krag gegaan. Die kersie op die koek was die terugvoer van die NRF dat die nisarea nou goedgekeur is. Die lede van die span is baie opgewonde en gaan 'n bos/waterberaad in November hou waartydens kopstukke oor waternavorsing gepraat gaan word.

PAGE 8

VSO/SSD

Prof. Elize van Eeden se Wonderfonteinprojek, wat onderneem word in samewerking met die bekende aktivis, Mariette Lieferinken dr Francois Durand, 'n plantkundige van die Universiteit van Johannesburg, het heelwat aandag in die media getrek. Hierdie projek om die knelpunte rondom die mynboubedryf se besoedeling van water in die Wonderfonteinspruit uit te lig, is 'n besondere bydrae tot 'n nuwe omgewingsgesprek oor die verantwoordelikheid van die mynbousktor in die rehabilitering van die omgewing (veral die wateromgewing) in baie dele van Suid-Afrika.

'n Colloquium van die navorsingsgroep, wat veronderstel was om net 'n uur te loop, het gedurende die semester 'n hele voormiddag in beslag geneem. Die gehoor het meegeleef en lekker gesprekke is gevoer met sommige van die groot kanonne in die watersektor. 'n Projek is ook vrygestel oor die implikasies van 'n nuwe rioleringstelsel vir die Vaalrivier-Barrage. Die watersuiweringsplan wat sowat R500 miljoen gaan kos en die probleem van riool in die Vaalrivier-Barrage gaan aanspreek, sal na verwagting in 2010-11 gereed wees. Die navorsingspan wat bestaan het uit die aktivis Thomas du Toit van SAVE, Ina Gouws van Politieke Studies, die nagraadse studente Claudia Gouws en Knysna Mothumi, het saam met deelnemers van die owerheid- en nywerheidsbedryf, bevind dat a)

Die Vaalrivier Barrage gaan in gewildheid toeneem as huisvestingsgebied vir mense van Johannesburg en Midrand wat in 'n wateromgewing wil leef;

b)

Stappe moet gedoen word om te voorkom dat die tragedie van die gemenebes plaasvind, as al die openbare ruimtes langs die rivier geprivatiseer word; en

c)

'n kolossale watersuiweringswerk wat teen groot kostes opgerig gaan word, moet ook tot die voordeel strek van mense in voorheen-agtergeblewe gemeenskappe.

Die water suiweringsplan watsowat R500 miljoen gaan kos en die probleem van riool in die Vaalrievier Barrage gaan aanspreek sal na verwagting in 2010-11 gereed wees.

VSO/SSD

PAGE 9

Meer oor: SAMDI Projek/ Project More about: Ten einde die transformasie-agenda van die Staatsdiens effektief te stuur, is daar in 1999, op die inisiatief van Pres Mbeki en Min Geraldine Frazer-Moleketi, ‘n “vlagskip”-opleidingsprogram vir senior bestuurders, bekend as die SMS (“Senior Management Service”) in die Staatsdiens daargestel. Hierdie program, bekend as die “Presidential Strategic Leadership Development Programme” (PSLDP), is ontwikkel na die daarstelling van ‘n omvattende “SMS Competency Framework” vir senior bestuur deur ‘n proses van internasionale ‘benchmarking’. Die South African Management Development Institute (SAMDI), as die amptelike opleier in die Staatsdiens, fasiliteer die uitrol van die PSLDP.

Sedert 2002 ontwikkel, akkrediteer en assesseer die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies die PSLDP vir verdere formele akademiese artikulasie na die Meestersprogram in Openbare Bestuur en Regering (soveel as 125 kandidate in 2005). Suksesvolle PSLDP-kandidate het jaarliks sertifikate tydens ‘n plegtigheid in die Sanlam-Ouditorium wat deur die Rektor en Min Fraser-Moleketi waargeneem word, ontvang. In Junie 2006 het SAMDI, na die sluiting van ‘n kontrak met oa. Indië, Brasilië en verskeie Afrika-lande besluit om die PSLDP op tender te plaas vir die opgradering na ‘n sogenaamde ‘2de generasie” PSLDP wat as die “Executive Development Programme” (EDP) bekend sal staan. Noordwes Universiteit, as deel van ‘n konsortium van 6 universiteite, bestaande uit •

Tshwane University of Technology (Koördineerder)



Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus)



Universiteit van die Vrystaat



Universiteit van die Wes-Kaap (School of Government)



Southern Business School (SBS)



University of Fort Hare



People Capacity Solutions (PTY) Ltd

- het die tender ontvang en is die eerste fase van die tender (‘learner-needs assessment’, ‘internasional benchmarking’ en die fisiese ontwikkeling van materiaal) teen Maart 2007 afgehandel. Die Skool vir Sosiale & Owerheidstudies was verantwoordelik vir die behoefte bepalingsanalise en is die finale verslag in Augustus 2006 aan Tswane University of Technology (TUT) as konsortiumkoördineerder oorhandig. Prof Gerrit van der Waldt was verder getaak om die “Programme and Project Management” module te ontwikkel en aan te bied.

In Junie 2006 het SAMDI, na die sluiting van ‘n kontrak met oa. Indië, Brasilië en verskeie Afrikalande besluit om die PSLDP op tender te plaas.

PAGE 10

VSO/SSD Die tweede fase van die Tender is die uitrol van die EDP landwyd vir gemiddeld 300-400 SMS-lede per jaar. ‘n 6-maande loodsprojek met 106 senior bestuurders in Gauteng, KwaZulu Natal, Limpopo, Wes-Kaap, en Mpumalanga is tans in die proses van uitrol. Die uitrol bestaan uit ‘n 3-dag kontaksessie, die fasilitering van leerders deur aktiwiteite en gevallestudies deur middel van WebCT, die bestudering van ‘n studiegids, en die indiening van ‘n summatiewe projek/werkstuk.

Die konsortiumlede het die land geografies verdeel en het elke Universiteit tipies ‘n ‘opvanggebied’ gekry. Gegewe tendense, dui huidige projeksies daarop dat nagenoeg 70 lede in die Noordwes-gebied jaarliks sal inskryf teen ‘n koste van nagenoeg R40 000-00 per kandidaat.

Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies is tans in die proses om ‘n “Postgraduate Diploma in Executive Leadership Development” te registreer wat aan suksesvolle kandidate artikulasie na die Meestersprogram kan verseker. Sodanige kwalifikasie sal dit ook moontlik maak om kandidate wat nie in staat is om die navorsingskomponent (mini-dissertasie) van die Meestersprogram suksesvol te voltooi nie, met erkenning en subsidie uit te program te haal.

Suggest Documents