REKEN OP ONS First National Bank – ’n afdeling van FirstRand Bank Beperk. ’n Gemagtigde Finansiële Dienste en Kredietverskaffer (NCRCP20).

Winter-uitgawe 2011

Betaal met u Tjekkaart. Dis GRATIS • Op die Onbeperkte Opsie (prys-opsie)

Dis LONEND • •

Verdien eBucks – kliënte wat vir eBucks geregistreer is verdien gemiddeld tussen 30% en 70% van hul bankfooie maandeliks terug in eBucks Verdien brandstofbelonings – kry tot 15% terug wanneer u vir brandstof betaal met u Tjekkaart

Dis VEILIG

U Tjekkaart is meer as net ’n OTM kaart.

Terme, voorwaardes en reëls geld.

Redakteursrubriek

Kompetisie

Soos u weet gaan misdadigers nooit op vakansie nie. Juis om hierdie rede sluit ons inligting in oor inContact, FNB se gratis transaksiekennisgewingsdiens, asook ons nuwe “Chip & PIN” Tjekkaart met ingeboude sekuriteitskenmerke.

U kan een van vier gelukkige wenners wees wat elk eB50 000 (R5 000) kan wen; beantwoord net die maklike vraag hieronder.

In hierdie uitgawe wil ons u ook help met selfdoenbanksake deur vir u meer inligting oor ons elektroniese kanale soos “Online Banking” en Selfoonbankdienste te gee. U kan baie tyd en geld bespaar deur nie meer in rye te staan nie. U sal verbaas wees hoeveel velle papier elke dag vermors word. Daar word beraam dat een gesin tot vier dennebome per jaar kan spaar indien ’n daadwerklike poging aangewend word om vermorsde papier te herwin.* So, waarom nie u state per e-pos ontvang nie? U kan ook ’n verskil maak. Tot volgende keer

I lse *Bron: www.goinggreen.co.za

Is registrasie vir inContact gratis? SMS u antwoord na 37679. Standaard selfoonnetwerktariewe is van toepassing. Terme en voorwaardes geld en kan gelees word op www.fnb.co.za.

eBucks is FNB se beloningsprogram en uniek aangesien eBucks nooit verval nie. eB10 is gelykstaande aan R1 en kan gebruik word om enigiets van lugtyd tot vliegkaartjies of brandstof by Engen te koop. Plus, as ’n eBucks-kliënt kwalifiseer u om tot 40% afslag te kry op vlugkostes, tot 20% afslag op geskenkbewyse en nog vele meer.

Besoek www.eBucks.com vir meer inligting.

Aankope kan nou veiliger met die FNB Visa “Chip & PIN” Tjekkaart gedoen word.

FNB Visa “Chip & PIN” Tjekkaart – meer as net ’n OTM-kaart Ons kondig met trots die bekendstelling van die nuwe FNB Visa “Chip & PIN” Tjekkaart aan. Die kaarte het ’n ingeboude sekuriteitskyfie wat ’n PIN (Persoonlike Identifkasie Nommer) vereis wanneer transaksies gedoen word – wat veiliger aankope moontlik maak. Ruil u Debietkaart om vir ’n nuwe “Chip & PIN” Tjekkaart en laat die kaart voor u deur afgelewer word.

Skakel 0860 11 22 44 en kies Opsie 4. Terme en voorwaardes geld.

Jaarlikse Prysoorsig FNB se Jaarlikse Prysoorsig is effektief vanaf 1 Julie 2011. Die goeie nuus is dat u steeds uitstekende waarde vir geld sal kry en steeds uit ons vindingryke waardetoegevoegde dienste kan voordeel trek, teen geen ekstra koste nie: • • • • • •

Brandstofbelonings: U kan tot 15% van u petrolaankope terugkry met die gebruik van u FNB Visa Tjekrekening. Besoek www.fnbfuelrewards.co.za vir meer inligting eBucks-belonings: Kry tot 2.5% terug op alle ander Tjekkaart-aankope. Besoek www.eBucks.com vir meer inligting Kry tot 2GG (gigagrepe) gratis ADSL data op u Tjekrekening asook afslag-3G-data via FNB Connect. Besoek www.fnbconnect.co.za vir meer inligting Toegang tot die S L O W Lounge, eksklusief vir Platinum kliënte Gratis inContact, FNB se gratis SMS- en e-posboodskapdiens, wat u op hoogte hou van transaksies op u rekening. U kry ook gratis maandelikse e-posstate op u rekening Gratis intekening vir “Online”-, Telefoon- en Selfoonbankdienste.

Ons glo daarin om u die keuse te gee van hoe u banksake bedryf word en het vier prysopsies waaruit u kan kies om die beste by u begroting en lewenstyl te pas: •

“Unlimited Option” – Vanaf slegs R92 per maand (afhangend van die tipe rekening wat u het) kry u onbeperkte elektroniese transaksies. Enige uitgereikte tjeks, taktransaksies of transaksies by ander banke se OTMe word uitgesluit – dit moet apart betaal word

• “Pay-As-You-Use” – Betaal ’n bedrag per transaksie wat teen die toepaslike koers uitgevoer word. Hierdie opsie is geskik indien u nie gereeld transaksies uitvoer nie • •

“Fee Manager” – Betaal vaste maandelikse bedrag van R86.50 vir 10 kwalifiserende transaksies. Indien u die 10 ingeslote transaksies oorskry, sal u R11.75 daarna per transaksie betaal. Hierdie opsie is vir wanneer u elke maand soortgelyke transaksies doen en tjeks uitskryf of die tak besoek “Fee Saver” – Handhaaf saldo van meer as R9 000 in u rekening ten ALLE TYE van die maand, en ontvang 35 gratis kwalifiserende transaksies.

Volg hierdie maklike riglyne om op u bankkoste te bespaar: • • • •

Maak aankope met u FNB Visa Tjekkaart eerder as om kontant te gebruik. Dis goedkoper, veiliger en meer gerieflik Vermy takbesoeke. Gebruik FNB OTMe, “Online”- en Selfoonbankdienste om transaksies uit te voer. ’n Goedkoper, veiliger en meer gerieflike opsie Gebruik FNB OTMe om kontant te onttrek en te deponeer om ekstra kostes te vermy Vermy onnodige strafgelde deur te verseker dat daar voldoende fondse in u rekening is om alle transaksies te dek.

Vir meer besonderhede oor die keuse van die mees geskikte prysopsie en u rekeningvoordele, kan u: 1. www.fnb.co.za besoek om na ons nuutste prysgids te kyk 2. 0860 11 22 44 skakel en met een van ons hulpvaardige konsultante by die Pryshulplyn praat, wat u prysopsie onmiddellik kan verander of u te hulp kan wees met enige vrae wat u mag hê 3. Ons “Online Fee Calculator” op ons webwerf gebruik om u te help besluit wat die beste opsie vir u is.

Banksake het sopas meer gerieflik geraak, met die hulp van FNB “Online Banking” en “Mobile Banking”.

ONS STEL BEKEND fnb.mobi fnb.mobi is ’n webwerf waar u enige tyd en enige plek, onmiddellik en sonder moeite u banksake kan doen. fnb.mobi is nie net ’n poort tot Selfoonbankdienste nie, maar dit bied ook rekendienste, OTM- en takadresse, betaling van u eie Lotto-nommers, eenmalige betalings, asook bank-produkverwante inligting. Besoek fnb.mobi en ervaar die moderne manier van banksake doen!

“Mobile Banking” Doen u bankdienste op enige plek en tyd met u selfoon. Dis veilig, asook maklik en gerieflik om te gebruik. Enigiemand op enige netwerk met enige selfoon kan dit gebruik. Daar is geen ingewikkelde aflaaiprosesse of spesiale SIM-vereistes nie. Registrasie en intekenfooie is GRATIS en standaard netwerk-operateurtariewe geld. Met Selfoonbankdienste kan u: • Saldo’s op een of al u rekeninge nagaan • ’n Ministaat kry • Fondse tussen u rekeninge oorplaas • Betalings maak • Voorafbetaalde elektrisiteit, lugtyd en Lotto-kaartjies koop • Verkeersboetes betaal Registreer só vir Selfoonbankdienste: • Indien u vir FNB “Online Banking” geregistreer is, kan u aanteken by www.fnb.co.za en op die “Services” vlaggie klik • Skakel die Selfoonbankdienste hulplyn by 0861 31 32 10 • Indien u vir inContact geregistreer is, kan u *120*321# op u selfoon skakel

FNB “Online Banking” Bespaar tyd en geld deur FNB “Online Banking” te gebruik. U kan u banksake doen wanneer dit u ook al pas, in ’n veilige sekuriteitsomgewing… en onthou, u intekenfooie vir FNB “Online Banking” is GRATIS. Met FNB “Online Banking” kan u: • • • • • • •

U rekeninge en saldo’s nagaan Rekeningstate nagaan en aflaai Aanlynbetalings maak Fondse tussen u rekenings oorplaas ’n Tjekkaart kanselleer en ’n nuwe een bestel Voorafbetaalde elektrisiteit, lugtyd en Lotto-kaartjies koop Verkeersboetes betaal

Registreer só vir FNB “Online Banking”: • Gaan na www.fnb.co.za en klik op “Register” of • Skakel 0860 11 22 44 en kies Opsie 6

Veg saam teen bedrog Mobile Banking Sluit aan by inContact en help ons om die voortdurende stryd teen bedrog te oorwin. DAAR IS DRIE GOEIE REDES WAAROM U MOET AANSLUIT: - Dis maklik om te registreer - Dis GRATIS - Dit help om u teen bedrog te beskerm

Sluit nou aan! Skakel 0860 11 22 44 of besoek www.fnb.co.za. NB: Neem asseblief kennis dat intekenfooie tot inContact deel vorm van die bepalings en voorwaardes van u Tjekrekening en dat u aanspreeklik gehou sal word vir alle ongemagtigde transaksies op u rekening wat nie binne 24 uur nadat dit plaasgevind het, aan die bank gerapporteer is nie.

Hou hierdie belangrike nommers: Aanlyn Bedrogspan Telefoonnommer: 087 575 0011 E-pos: [email protected] FNB Kaartkansellasies Telefoonnommer: 0800 110 132 FNB Tjek- en Debietkaart Bedrog en Geskille Telefoonnommer: 087 577 4444

Wees kaartslim en hanteer u kaart soos kontant • • • • • • • • • •

Moet nooit hulp by enigiemand aanvaar nie en moenie u “PIN” uitgee nie Moet nooit ’n OTM met ’n blanko skerm gebruik, of waar die ligte rondom die skerm nie werk nie Moenie u kaart by die gleuf inforseer nie (indien dit nie maklik inglip nie, is dit hoogs waarskynlik dat iemand daarmee gepeuter het) Hou die skerm toe met u lyf sodat niemand kan sien wanneer u u “PIN” intik nie Moenie u kaart insit of u “PIN” intik voordat die vertoonskerm u nie vra om dit te doen nie Vermy dit eerder om kontant laat in die nag te trek, of wanneer u alleen is Moet nooit u kontant voor die OTM tel nie Maak altyd seker dat u u eie kaart by die OTM terugkry As die OTM u kaart terughou, kanselleer dit dadelik Let op die daaglikse onttrekkingslimiete op elk van u kaarte en verminder dit indien nodig.

Meer oor inContact inContact is ’n vindingryke transaksie-kennisgewingsdiens wat u in staat stel om op hoogte van u banksaldo’s te bly, wat u help om u geld te bestuur en bedrog op u rekening te verhoed. Die inContact diens stuur ’n GRATIS SMS en/of e-pos elke keer wanneer ’n transaksie (meer as R100,00) op u rekeninge uitgevoer word.

With Cellphone Banking you can bank wherever you are, whenever you want. It is safe, easy to use and convenient. Anyone on any network with any cellphone can use it. There are no complicated downloads or special SIM requirements. Registration and subscriptions are FREE and standard network operator charges apply. With Cellphone Banking you can: • Check balances on one or all of your accounts • Get a mini statement • Transfer funds between your accounts • Make payments • Buy prepaid electricity, airtime and lotto tickets • Pay traffic fines

Stuur geld met eWallet “Business Banking” in ’n kits!

U sal nie bloot enige verskaffer vir u besigheid kies nie. Waarom dan enige bank vir u besigheidsbanksake kies?

FNB kliënte kan dadelik geld na enigiemand in SA met ’n selfoon stuur. Geld kan via FNB Selfoonbankdienste, FNB “Online Banking” of FNB OTMe gestuur word. Die begunstigde kan dan alles of deel van die geld by ‘n FNB OTM onttrek, voorafbetaalde lugtyd koop, geld na iemand anders stuur óf goedere aanlyn koop deur “Cell Pay Point” te gebruik. As FNB kliënte, skakel u slegs *120*321# om geld via FNB Selfoonbankdienste te stuur.

FNB “Business Banking” bied u die FNB “Essential” Rekening sonder ’n maandelikse tarief. U betaal dus net vir wat u gebruik, asook ’n vinnige boekhoudiens, waar ons u gratis help om u maatskappy se boeke te balanseer.

Hoe om ’n Besigheidsrekening oop te maak: • Besoek www.fnb.co.za of • Skakel 0860 263 362

Skakel 0861 313 210 vir meer inligting.

Maak ’n verskil Kry u FNB Persoonlike Tjekrekeningstaat via e-pos en sê totsiens aan slakkepos. U het nou die keuse om u FNB Persoonlike Tjekrekeningstaat direk per e-pos te ontvang, heeltemal GRATIS! Om dadelik vir e-posstate te registreer, kan u:

• www.fnb.co.za besoek • Na u naaste tak gaan of • 0860 11 22 44 skakel Doen u deel om die omgewing te beskerm deur vandag na e-posstate oor te skakel!

Wil u in Krugerrande belê? U kan nou veilig in Krugerrande belê – koop dit aanlyn met FNB “Share Investing”.

• Besoek www.fnb.co.za/shareinvesting • Skakel 0860 SHARES (742737) of • E-pos [email protected]