OBARO LEERLINGSKAP. In lyn met die boer

OBARO LEERLINGSKAP Verspreid oor vyf provinsies, Obaro is ‘n vinniggroeiende landboumaatskappy, met meer as 85 jaar ondervinding in die landbousektor...
Author: Patience Wright
20 downloads 3 Views 673KB Size
OBARO LEERLINGSKAP

Verspreid oor vyf provinsies, Obaro is ‘n vinniggroeiende landboumaatskappy, met meer as 85 jaar ondervinding in die landbousektor. Sedert ons stigting in 1930, het ons nooit van ons visie om altyd in lyn met die boer te wees gedwaal nie. Hierdie visie het ons gedryf om ons produkte en dienste te verbeter en om langtermynverhoudings met ons kliënte te bou. Obaro word 51% deur boere besit. Met uitgebreide produkte en dienste, wat van handel en brandstof tot finansiering en versekeringsmakelaars wissel, is Obaro in staat om elke kliënt se spesifieke behoeftes te akkommodeer. By Obaro Handel fokus ons op die verskaffing van top gehalte produkte; soos besproeiing, hardeware, dieregesondheid en voeding, saad, onderdele, chemikalieë en tuinmaak- en troeteldierbenodigdhede aan boere. As ‘n geregistreerde finansiële dienste en gemagtigde kredietverskaffer (FSP no. 22414, NCRCP299), beskik ons ook van verskeie finansierings- en versekeringsopsies vir kliënte om van te kies. Om onsself verder in lyn met die boer te hou, het Obaro jaarlikse inligtingsdae, karkaskompetisies, leerlingskapprogramme en internskapgeleenthede. Obaro is waarlik elke boer se een-stop-bron van enigiets landbouverwant.

In lyn met die boer

OBARO LEERLINGSKAP

Inhoudsopgawe Bestuurder Leerlingskap Advertensie

3

Getuigskrifte: Franja van Heerden Gustav Koekemoer Maritza Botha Fouché van Heerden Aansoekvorm

4 5 6 7 8-9

In lyn met die boer

Obaro Groep, is ’n toonaangewende landboumaatskappy, daarop gefokus om die boer by te staan. Obaro het ’n wye spektrum van produkte en dienste wat ondermeer, kleinhandel, finansiering en versekering insluit. Obaro bied uitstekende geleenthede vir individue om hul vaardighede te ontwikkel en om deel te word van hierdie snelgroeiende maatskappy.

Bestuurder Leerlingskap 2017 (Verw: 16/050) Die doel van hierdie program is om potensiële bestuurders vir Obaro te identifiseer. Die geskikte kandidaat sal ’n jaarkontrak met Obaro onderteken wat mag lei tot ’n moontlike permanente aanstelling. Interne opleiding in Obaro winkels, asook formele akademiese modules in ’n klasomgewing, sal aangebied word. ’n Kwalifikasie (NQF 5) in Algemene Bestuur sal na die suksesvolle voltooiing van die leerlingskap toegeken word. Algemene vereistes: Uitstekende interpersoonlike- en kommunikasievaardighede; Rekenaarvaardig in MS Office; Eie vervoer en sellulêre foon; en Moet verplaasbaar wees. Vereistes vir gegradueerdes: Ondervinding in landbou/bemarking sal voordelig wees; en ’n Tersiêre kwalifikasie in een van die volgende rigtings: Bcom, Bemarking, Landbou of Algemene Bestuur, sal voorkeur geniet. Obaro bied die geskikte kandidaat ’n mededingende pakket, gebaseer op totale koste van indiensneming. Belangstellendes kan ’n verkorte CV van nie meer as drie bladsye nie, aan Christa Howes e-pos by [email protected] of faks na 086 694 0690. Gebruik die toepaslike posverwysing vir die pos waarvoor u aansoek doen. Sluitingsdatum: Vrydag, 30 September 2016.

Indien u 30 dae na die sluitingsdatum nog nie van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol is.

GETUIGSKRIF

Franja van Heerden

Ek het by wyse van ’n vriendin gehoor van die poste beskikbaar by Obaro as Leerlingbestuurder. Ek het my studies voltooi by NWU Pukke en in my finale jaar by die besigheidskool het ek, soos baie mense, nie geweet waar om my loopbaan te begin nie. Lank voor ek uitgevind het van die geleentheid by Obaro, het ek al besluit ek wil myself in ’n maatskappy opwerk en vergewis met hoe die bedryf funksioneer. Dit wou ek veral doen in ’n bedryf wat kleinhandelgedrewe is . Die geleentheid by Obaro het perfek ingepas in my vooruitsigte. Na ek gehoor het van die geleentheid het ek dit aangegryp met albei hande. Beide onderhoude, was by Hoofkantoor, waarna ek my leerlingskap by Obaro Brits kon voltooi. Ek het by die verskeie handelsdivisies van Obaro geleer en was selfs die geleentheid gebied om ’n eksterne kwalifikasie te voltooi (NQF 5 ). Obaro, asook Obaro, se kultuur en werksatmosfeer het dit maklik gemaak om in te pas en myself uit te leef as individu. Daar is min maatskappye wat kan pronk met so ’n kultuur. Obaro gee net soveel om vir sy personeel as vir sy boere-kliënte, wat jou vinnig aanspoor met die daaglikse uitdagings . Die Bestuurder Leerlingskap het vir my ontsettend baie beteken. Nie net vir persoonlike groei nie, maar ook as ’n voornemende bestuurder. Die kennis wat ek opgetel het van die verskeie aspekte van ’n besigheid is prysloos. Wat die jaar vir my beteken het is moeilik om in woorde te beskryf. Wat ek wel kan sê is dat ek nooit spyt sal wees nie. Die Bestuurder Leerlingskap is ʼn ideale geleentheid vir enigiemand wat belangstel in bestuur en besighede.

In lyn met die boer

GETUIGSKRIF

Gustav Koekemoer

Die Bestuurder Leerlingskap by Obaro was die sleutel tot my loopbaan se ontwikkeling. Ek het my studies afgelê by Noordwes-Universiteit waar ek Bcom. Ondernemingsbestuur studeer het. Ek het daarna ’n nagraadse-diploma in Algemene Bestuur by Potchefstroom Besigheidskool voltooi en deur die loopbaansentrum aansoek gedoen vir die Bestuurder Leerlingskap by Obaro. Obaro het, met die Bestuurder Leerlingskap, vir my ’n ideale geleentheid gebied om die arbeidsmag te betree sonder enige werkservaring. Ek was ook die voordeel aangebied om verder te studeer (NQF 5) en terselfdetyd het ek waardevolle werkservaring opgedoen. Ek voel die integrasie van teorie en die praktyk vul die leemte wat ’n universiteitstudent beleef na afloop van sy studies. Dit was vir my van groot waarde om daardie trappie te klim na my potensiaal. Die deurlopende interaksie met seniorbestuur in die maatskappy het my goeie blootstelling gebied waardeur ek my persoonlike voorkeure kon identifiseer, asook my sterk- en swakpunte, en hoe om dié te hanteer. Na die voltooiing van die Bestuurder Leerlingskap het ek die geleentheid gekry om weg te beweeg van Obaro se handelsafdeling en het ek na die finansieringsafdeling geskuif. Ek is alreeds meer as ’n jaar ’n finansieringsbemarker in die Groblersdalomgewing en geniet dit om elke dag met die boere in die veld te werk.

In lyn met die boer

GETUIGSKRIF

Maritza Botha

As ’n finale jaar student op die PUK was ek te dankbaar vir die advertensies wat die PUK vir sy studente aangestuur het, aangesien dit my op hoogte gehou het van moontlike werksgeleenthede. Elke finale jaar student is hard opsoek na die regte, asook beste geleentheid wat daar buite is. Ek het groot geword as ’n plaaskind, dus het ek reeds van Obaro geweet en dit gesien as ’n koöperasie wat my pa gebruik het om sy boerdery te help. Min het ek geweet dat Obaro deel vorm van ’n groter prentjie. Ek het my graad in Ekonomie en Risikobestuur verwerf en daarna my Honneurs in Ekonomie voltooi. Ek was nog altyd mal oor ekonomie (al van skooljare af) en het geweet ek wil meer van die besigheidswêreld leer sodat ek dié twee eendag kan kombineer. Só het ek besluit om vir die Obaro-leerlingskap in te skryf. Ek het dit as ’n geleentheid gesien om waardevolle ervaring op te doen in ’n omgewing waarin ek gemaklik en vertroud is. Tydens die leerlingskap jaar het ons baie gefokus op bestuur. Ons het geleer hoe om ons bestuurstyl te ontdek, dit toe te pas en daarin te groei. Dit was ’n uitstekende leerproses en ek het nie net meer van myself geleer nie, maar ook my bestuurseienskappe verder ontwikkel. Wat hierdie program so suksesvol maak is die feit dat jy oor die bestuur van ’n besigheid leer en terselfde tyd dit in die werksplek kan toepas. Die kursus dek soveel meer as net bestuur – dit leer jou om risiko's in besigheid te identifiseer asook hoe om by ’n diverse werksomgewing aan te pas. Vir iemand wat van besigheid hou, die landbousektor geniet en bereid is om hard te werk is die leerlingskap die ideale geleentheid om te groei.

In lyn met die boer

GETUIGSKRIF

Fouche van Heerden

Die Bestuurder Leerlingskap wat deur Obaro aan jong, dinamiese, energieke en gretige gegradueerdes aangebied word, is beslis vir enigiemand wat in die stigting van 'n waardevolle loopbaan belangstel prysenswaardig. Ek was bevoorreg om na die voltooiing van ’n B.Com. en ’n B.Com. Honneursgraad by die NWU, in hierdie program aanvaar te word. Ek het ook die Projekbestuursdiploma by die Potchefstroom Besigheidskool voltooi. Tydens die program, het ek die geleentheid gehad om ’n Finansiële Bestuursgraad deur UNISA te voltooi. Bo-en-behalwe die persoonlike groei wat ek ondergaan het en om myself beter te leer ken, het ek as ’n nuweling, waardevolle kennis en ervaring in die belangrikste aspekte van ’n besigheid en Obaro as 'n entiteit opgedoen. Ondermeer, opleiding, blootstelling, interaksies en praktiese toepassings is wat ek tydens hierdie program ontvang het. Dit is dié dat ek die funksionering en dinamika van ’n landboumaatskappy, asook wat van die werknemers en van my as bestuur verwag word, deeglik verstaan. Wat verder voordelig en aangenaam is, is die produkkennis wat ek opgedoen het. Wat die meeste vir my beteken het, is die noue kontak met kliënte wat my in staat stel om waardevolle verhoudings te vestig en te ontwikkel. Kliënte is tog die lewensbloed van enige maatskappy. Ek is onlangs 'n posisie by Obaro Finansiële Dienste aangebied. 'n Geleentheid wat ek net van kon droom.

In lyn met die boer

OBARO HANDEL / RETAIL Van Veldenstraat / Street 45, 1ste Vloer / 1st Floor, Plaza Gebou / Building Posbus / PO Box 61, Brits, 0250, Suid-Afrika / South Africa Tel: +27 (0) 12 381 2800 E-pos / Email: [email protected] www.obaro.co.za

In lyn met die boer / Aligned with the farmer

2017 - OBARO BESTUURSLEERLINGSKAP AANSOEKVORM/MANAGEMENT LEARNERSHIP APPLICATION FORM PERSOONLIKE BESONDERHEDE / PERSONAL PARTICULARS Volle Name/Full Names: _______________________________________________________________ Noemnaam/Nick name: _______________________________________________________________ Van/Surname: _______________________________________________________________________ ID-nommer/ID Number:________________________________________ ________________________ Selfoonnommer/Cell Phone Number: _____________________________________________________ Geslag/Gender: _________________________

Ras/Race: ____________________________

E-pos adres/Email address: ___________________________________________________________ Straatadres/Street Address: ____________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ Posadres/Postal Address: _____________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ Huistaal/Home Language: _____________________________________________________________ Hoogste opvoedkundige kwalifikasie/Highest Level of Education: ___________________________________________________________________________________ Opleidingsinrigting/Training Institute: _____________________________________________________ Wat is jou lang- en korttermyn loopbaan ambisies?/What is your short and long term career aspirations? ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ Watter leierseienskappe het jy wat jou uitlig bo ander?/What leadership attributes do you have that set you apart from others? __________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________

Direkteure / Directors: NJ Bronkhorst (Besturende Direkteur / Managing Director); TF de Lange; FJJ du Rand; JHD Hurter; WM Knoetze Obaro Handel (Edms.) Bpk. / Obaro Retail (Pty) Ltd - Reg No: 1998/001675/07

Beskryf ‘n persoonlike mylpaal waarop jy baie trots is en verduidelik hoekom?/Describe a personal achievement that you are most proud of and motivate why? ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ Hoekom moet Obaro jou die geleentheid gee?/Why should Obaro offer you this opportunity? ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________

Direkteure / Directors: NJ Bronkhorst (Besturende Direkteur / Managing Director); TF de Lange; FJJ du Rand; JHD Hurter; WM Knoetze Obaro Handel (Edms.) Bpk. / Obaro Retail (Pty) Ltd - Reg No: 1998/001675/07

Suggest Documents