Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa

Platinum Bankdienste Platinum e-Tydskrif Uitgawe #69 Mei 2016 Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa In Hierdie Uitgawe Nog 'n hobbe...
Author: May Sims
30 downloads 0 Views 838KB Size
Platinum Bankdienste

Platinum e-Tydskrif Uitgawe #69

Mei 2016

Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa In Hierdie Uitgawe Nog 'n hobbelrige rit lê vir beleggers voor

Spesiale aanbod van The Oyster Box

Nasionale gesondheidsversekering pasop vir die gaping!

Gebruik van sonkrag neem toe

Oorleef strawwe ekonomiese tye

Waarom jou volgende motor 'n hibried moet wees

Vlug vir twee met warmlugballon en vonkelwyn

Kaapstad - helikoptervlug en wynproe-middagete vir twee

Gaan na Platinum Bankdienste

Kontak Ons

Meer Platinum Nuus

Nog 'n hobbelrige rit lê vir beleggers voor Volgens Craig Pheiffer: Hoof, Private Kliënte Batebestuur, Absa Welvaart- en Beleggingsbestuur, was 2015 'n strawwe jaar vir beleggers, en 2016 hou nie veel beter in nie. Volatiliteit van die binnelandse mark is teen die einde van 2015 vererger deur die skerp daling in die waarde van die rand. Teen die einde van die jaar het aandele op 5,1% ’n swakker opbrengs behaal as die 6,5% van kontantbeleggings. Dit is ’n swak vertoning, veral as in ag geneem word dat aandele ’n hoërisiko-beleggingsopsie is vergeleke met kontantbeleggings wat risikovry is, maar veronderstel is om ’n kleiner beloning te lewer. Genoteerde eiendom (8,0%) “Batetoewysing dryf die verwesenliking van was die toppresteerder op plaaslike finansiële markte vir beleggingsdoelwitte op die langer termyn, en die jaar, maar hoër daar moenie daaraan gepeuter word nie, veral rentekoerse het beteken dat wanneer onsekerhede aan die toeneem is,” die opbrengs wat behaal is grootliks inkomste, eerder as kapitaalwins, was. Voorkeuraandele het geringe groei van 2,6% behaal, en inkomsteopbrengs het die kapitaalverliese in ’n geringe mate oortref. In die effektemark (-3,9%) was kapitaalverliese groter as die renteopbrengs vir die jaar. Pheiffer verduidelik dat belegging in die aandelemark in 2015 alles oor momentum gegaan het. Groeiaandele (+17,7%) het weer eens beter gevaar as waardeaandele (-13,9). Grootkapitalisasieaandele, soos deur die Top 40-indeks verteenwoordig (+7,5%), het middelkapitalisasie-aandele (-7,5%) en kleinkapitalisasie-aandele (-3,9%) oortref, met opbrengste in die nywerheidsektor (+15,3%) wat finansiële aandele (+3,9%) en die erg bedrukte hulpbronnesektor (-37,0%) oortref het. Onder die ekonomiese groepsektore in die mark het verbruikersgoedere (+31,3%) en verbruikersdienste (+27,1%) die weg opwaarts aangewys, terwyl gesondheidsorg (-10,4%), basiese materiaal (-20,7%) en telekoms (-28,2%) die meeste veld verloor het. Met die skerp waardevermindering van die rand deur die jaar (-25,2% teenoor die VS-dollar), het sektore met randverskansingstatus dié met plaaslike en kommoditeitsblootstelling verreweg oortref. Onder kommoditeite het nikkel (-41,8%0, olie (-30,5%), palladium (-29,4%), platinum (-26,2%), koper (-26,1%), aluminium (-17,9%) en goud (-10,4%) prysdalings ondergaan. Bosbou en papier (+64,2%), drank (+57,4%), tabak (+43,8%), media (+40,2%), vaste eiendom (+36,8%) en huishoudelike goedere (+34,8%) het die sektorale pas aangegee, met aandele soos Mondi plc (+66,8%), New Europe Property (+62,0%), Sappi (+54,6%), SABMiller (+58,7%), Rockcastle (49,5%), British American Tobacco (+44,6%), Naspers (+40,3%) en Woolworths (+33,3%), wat daardie sektore hoër gedryf het. Brait (+113,9%), Curro (+104,8%) en Fortress B (+103,3%) was drie aandele wat gedurende die jaar verdubbel het. Nywerheidsmetale (-76,9%), platinum (-61,8%), konstruksie (-41,3%), algemene mynbou (-36,7%) en mobiele telekoms (-29,4%) was sektore wat laer gedryf is deur swak prestasies van die aandele Kumba Iron Ore (-82,1%), Impala Platinum (-67,0%), Anglo American (-65,7%), African Rainbow (-61,1%), Assore (-56,2%), Exxaro (-56,0%), Angloplat (-45,7%) en MTN (-35,9%). Pheiffer sê dat, hoewel verbruikers uiters veerkragtig in ’n strawwe ekonomiese omgewing geblyk het, die produksiekant van die ekonomie (mynbou, vervaardiging en landbou) swaar gekry het. Met inflasie wat gaan versnel namate voedselpryse skerp styg, en rentekoerse wat gedurende die jaar volgens konsensus met 100 basispunte gaan styg, sal druk op binnelandse groei voortduur. Barclays Capital voorspel groei van 0,9% in BBP vir 2016, met ’n bedrukte vooruitsig vir daardie genoteerde maatskappye met ’n swaar fokus op Suid-Afrikaanse verdienste. “Ons strategie bly op die langer termyn om oorgewig te wees wat randverskansingsaandele betref. Grootliks as gevolg van die rand se prestasie staar ons vanjaar ’n tekort in die lopende rekening in die gesig, soortgelyk aan dié van laasjaar (4,6% van BBP), met voorspelde nasionale begrotingstekorte van meer as 3% vir die komende jare. ’n Uiters waarskynlike soewereine afwaartse gradering tot subbeleggingsgraad mettertyd en ’n baie wye inflasiedifferensiaal met ons handelsvennote, dui ook op ’n algehele swakheid van die geldeenheid,” sê Pheiffer. Hy voeg by dat Absa Welvaart- en Beleggingsbestuur sy sterk ondergewigposisie in die hulpbronnesektor gaan behou tot tyd en wyl ’n katalisator wat kommoditeitspryse hoër sal dryf, duidelik raak. Met Barclays Capital wat groei van 5,8% in die Chinese BBP vir 2016 voorspel, en met daardie ekonomie wat steeds verlangsaam en kommoditeitsvoorraad en produksie in die algemeen steeds hoog, lyk dit onwaarskynlik dat kommoditeitspryse in die afsienbare toekoms sterk groei sal toon. Wat batetoewysing betref, leun Pheiffer tot ondergewig vir aandelebeleggings. “Ons sal takties oorgewig wees in geldmark/kontant, en paraat vir enige geleenthede wat in die ander bateklasse mag opduik. Die markte sal nog vir ’n geruime tyd onder volatiliteit en onsekerheid gebuk gaan en dit is belangrik om nie enige groot aanpassing te doen aan strategiese batetoewysing nie. Batetoewysing dryf die verwesenliking van beleggingsdoelwitte op die langer termyn, en daar moenie daaraan gepeuter word nie, veral wanneer onsekerhede aan die toeneem is,” sluit Pheiffer af.

Foto's - iStock

Spesiale aanbod van The Oyster Box Ondervind gulhartige KwaZulu-Natalse gasvryheid en passievolle diens by die juweel van Umhlanga - teen 'n spesiale tarief vir Absa Platinum-kliënte. The Oyster Box, ’n lid van die Red Carnation Hotel Collection, wat direk op die strand trots op Umhlanga se seekant pryk, met ’n uitsig oor die Indiese Oseaan, is een van Suid-Afrika se mees gesogte hotelle. The Oyster Box kombineer die sjarme en nostalgie van ’n vergange era met moderne geriewe en bekoring. Fasiliteite sluit in ’n manjifieke spa, twee swembaddens, aanloklike tuine en rolprentteater met 24 sitplekke. Met 86 weelderige slaapkamers, suites en villas om uit te kies, kan The Oyster Box in elke besoeker se individuele behoeftes voorsien. Elke kamer is keurig ontwerp om die uiterste gemak en styl te bied, terwyl die oorspronklike sjarme liefdevol behou en bewaar is met smaakvolle teëls, muurskilderwerk, skilderye en antieke meublement. Die dekor maak ook uitstekend gebruik van natuurlike klip en hout, wat afgerond word met kalmerende kleure wat die strelende skakerings van die omliggende oseaan en tropiese plantegroei weerspieël. The Oyster Box se spyskaarte pas elke restaurantganger se smaak – van fynproewersetes tot eenvoudige, ontspanne maaltye. Deur gebruik te maak van omgewingsvolhoubare, vars seisoensbestanddele wat by plaaslike verskaffers verkry word, bied die kos by The Oyster Box aan gaste die wydste verskeidenheid plaaslike smake en globale tendense. Vir ’n verskeidenheid kookkunsondervindings kan gaste kies uit die bekroonde Grill Room Restaurant, die pragtige Ocean Terrace, die bekoorlike Palm Court, die informele en stylvolle Oyster Bar, die gewilde Lighthouse Bar of sportliefhebbers se gunsteling, die Chukka Bar, die hotel se enigste rookplek. Besiel deur die hotel se oorspronklike argitektuur en glansryk met kandelare wat by die Savoy Hotel in Londen gekoop is, is High Tea in die Palm Court by The Oyster Box legendaries. Vir ’n vroeë aandtraktasie sluit die Evening Indulgence ’n koppie koffie of tee in saam met ’n verskeidenheid handgemaakte pasteitjies, soetgoed en botterbroodjies. Die uiterste bederfpakket Waarom vir ’n spesiale geleentheid wag om jouself tot in die grond te bederf? By The Oyster Box kan jy jouself enige tyd aan die genot en weelde oorgee! Met asemrowende uitsigte, vyfsterfasiliteite, wêreldklaskookkuns en verblyf van puik gehalte, is hierdie ’n onoortreflike pakket. Vandat jy arriveer tot jou vertrek word jy omring deur weelde in een van die wêreld se voorste hotelle. Dié pakket, vanaf R7 199 per persoon wat deel, sluit in: • Drie nagte verblyf in ’n klassieke kamer met ’n see-uitsig • Heen-en-weer-vervoer van en na die lughawe • Verwelkomingskanapees en ’n glas Moët & Chandon wanneer jy arriveer • Een R750-spabewys per persoon om tydens jou verblyf te geniet • `n Seekosbord vir twee in die Grill Room • Roosblare romanties op jou bed gestrooi Waardetoevoeging vir Absa Platinum-rekeninghouers: • Komplimentêre opgradering tot ’n luukse kamer met see-uitsig, onderworpe aan beskikbaarheid wanneer jy bespreek. Bel asseblief Besprekings by 031 514 5000 of stuur `n e-pos na [email protected] en verstrek “Absa Platinum-kaarthouer” om jou verblyf te bespreek. Bepalings en voorwaardes • • • • • • • • •

Geldig tot 15 Desember 2016 Onderhewig aan beskikbaarheid van die tipe kamer wat gekwoteer word Tariewe wat gekwoteer word, is per persoon wat deel Tariewe vir enkelkamers is op versoek beskikbaar Naweektariewe geld In Suid-Afrikaanse rand (ZAR) gekwoteer, met 14% BTW ingesluit Insluitings word nie geruil of terugbetaal indien nie gebruik nie Pakkette mag nie saam met ‘betaal as jy bly’-aanbiedings en promosies gebruik word nie `n 50%-deposito word verlang binne 72 uur nadat akkommodasie bespreek is, en die res moet betaal word 14 dae voor jy arriveer

Foto's - Oyster Box

Nasionale gesondheidsversekering - pasop vir die gaping! Die tweede konsepregulasies oor die hervorming van die nasionale gesondheidsorgstelsel wat deur die Nasionale Tesourie uitgegee is, was ietwat van 'n omkeer van die voorgestelde regulasies wat in 2012 uitgegee is, wat sou beteken dat gapingdekkings- en hospitaalkontantplanne verban word. Die vorige konsepregulasies was daarop toegespits om ’n balans te skep tussen die rol wat sekere gesondheidsversekeringsprodukte speel en die nodigheid om sleutelbeginsels wat mediese skemas onderstut, te beskerm. Die Nasionale Tesourie het gesê dat dit nodig is om toe te sien dat gesondheidsversekeringsprodukte, insluitende gapingdekking, nie die Wet op Mediese Skemas (WMS) oortree nie, en dat mense moet besef dat daar ’n verskil is tussen mediese skemas en gesondheidsversekeringsprodukte. Die uitgangspunt van die “Die onbedoelde gevolge van hierdie verandering regulasies was dat kan moontlik ’n styging in die koste van hierdie versekeraars die koste verhoog om aan ’n mediese tipes produkte wees,” skema te behoort deur alternatiewe gesondheidsversekeringsdekking te bied aan jong, gesonde mense wat andersins die koste van ouer en minder gesonde lede sou subsidieer. Die Departement van Gesondheid glo dat mediese skemas belangrik is om toegang tot private gesondheidsorg moontlik te maak, en dat die risikopoel en kruissubsidiëring wat deur mediese skemas bereik word, help met die verspreiding van gesondheidsorgkoste tussen die jonges/gesondes en die oues/sieklikes. Voorts word premies vir mediese skemas gemeenskaplik beoordeel, terwyl versekeringspremies deur ’n individu se risikoprofiel en eisgeskiedenis bepaal word. “Gemeenskaplik beoordeel” beteken dat ’n versekeraar alle persone wat deur dieselfde tipe gesondheidsversekeringspolis gedek word, dieselfde premie hef, ongeag ouderdom, geslag, gesondheidstatus, beroep of ander faktore. Die versekeraar bepaal die premie op grond van die gesondheid en demografiese profiel van die geografiese streek of die totale populasie wat kragtens ’n bepaalde polis gedek word. Die volgende versekeringsprodukte, wat oor die afgelope vier jaar beduidende groei getoon het, was in gedrang na die oorspronklike konsepregulasies: • Gapingdekking — dek die verskil tussen medieseskema-dekking en die fooie wat privaat spesialiste hef. • Aanvullende dekking — dek betalings nadat medieseskema-voordele uitgeput is. • Hospitaalkontantplanne — dekking wat ’n vaste bedrag uitbetaal vir elke dag wat die versekerde in die hospitaal is. Volgens die eerste konsep sou jy, indien jy reeds enige van hierdie polisse besit het, dit nie kon hernu sodra die termyn verstryk het nie, en die enigste gesondheidsversekeringsprodukte wat wel bemark sou kon word, sou inkomstebeskermingspolisse wees wat tot 70% van jou daaglikse inkomste dek vir die tyd wat in die hospitaal deurgebring word. Die nuwe regulasies wat die Tesourie vrygestel het, laat versekeraars toe om voort te gaan om gapingdekkings- en hospitaalkontantplanne te verkoop. Hierdie verandering van plan is ’n slag vir die Raad op Mediese Skemas, wat mediese skemas reguleer en van die standpunt uitgegaan het dat hulle hierdie soort gesondheidsversekeringsprodukte verban wil hê aangesien dit die volhoubaarheid van mediese skemas bedreig. Die nuwe stel regulasies is egter ook deur bedryfsdeskundiges gekritiseer, wat glo dat dit n poging deur die Tesourie is om alle belanghebbers tevrede te stel deur ’n kompromis aan te gaan. Die nuwe regulasies bemagtig byvoorbeeld die Raad op Mediese Skemas om gesondheidsversekeringsprodukte te verwerk en goed te keur, ondanks sy oortuiging dat hierdie produkte skadelik is vir sy lede. Dit verlaag ook makelaars se kommissie van 20% tot 3%, en verkort die wagtydperk wat op gapingdekkingsprodukte van toepassing is tot 6 maande. Die hersiene regulasies stel voorts gemeenskaplike tariefbepaling vir gesondheidsversekeringsprodukte in, wat beteken dat ’n individuele polishouer se premie nie meer deur sy risikoprofiel en eisgeskiedenis bepaal sal word nie. Die onbedoelde gevolge van hierdie verandering kan moontlik ’n styging in die koste van hierdie tipes produkte wees, aangesien gesonder/jonger polishouers nou sieker/ouer polishouers sal moet subsidieer. Die hersiening beperk ook gapingdekkingsvoordele tot R50 000. Die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging (SAIA), ’n bedryfsliggaam wat 60 lidmaatskappye in die korttermynversekeringsbedryf verteenwoordig, sê hulle verwelkom die insluiting van gapingdekking in die tweede konsepregulasies, maar dink die plafon van R50 000 op hierdie voordeel moet geskrap word om nie die koste vir die dekking van duur prosedures soos gewrigsvervangings uit te sluit nie. Sommige bedryfsrolspelers glo dat die konsepregulasies ’n skending van die Grondwet is aangesien dit Suid-Afrikaners die reg ontsê op toegang tot gesondheidsorgdienste deur gesondheidsorgprodukte wat toegang tot primêre gesondheidsorg bied, te verbied. Kragtens die voorgestelde regulasies sal gesondheidsversekeringsprodukte wat oënskynlik die besigheid van ’n mediese skema doen, soos voorsiening vir besoeke aan huisdokters of tandheelkundige sorg, onder die WMS val en aan die bepalings daarvan moet voldoen.

Foto's - iStock

Gebruik van sonkrag neem toe Met die stygende koste van elektrisiteit en die bedreiging van 'n ontwrigting in elektrisiteitsvoorsiening immerteenwoordig, besef baie mense die voordele van 'n belegging in sonkragoplossings om in hul energiebehoeftes te voorsien. Volgens ’n onlangse artikel in die Daily News kan sowat 99 miljoen huishoudings wêreldwyd se kragvereistes teen 2020 deur sonpanele aangedryf word. Plaaslike bedryfsdeskundiges is dit eens dat die hoofrede waarom huiseienaars energiedoeltreffende en omgewingsvriendelike rugsteun-, fotovoltaïese (VF) kragopwekkingstelsels en termiese sonkraggeisers installeer, is om elektriese koste te besnoei eerder as om beurtkrag te vermy. Die “Absa het die behoefte aan bekostigbare jaarlikse tariefverhogings deur Eskom sal na verwagting tot sonkragoplossings vir sy kliënte besef...” minstens 2022 voortgaan om inflasie te oortref. Deskundiges voorspel dat die deursnee Suid-Afrikaanse huishouding se elektrisiteitsrekening oor die volgende agt jaar met 93% sal styg. In die algemeen is toestelle wat verwarming, verkoeling of pomping aandryf die hoofverbruikers van elektrisiteit. Dit sluit in geisers, verwarmers, lugversorgers, oonde, stowe en swembadpompe. Hoewel dit tegnies moontlik is om genoeg huishoudelike krag bloot met PV-sonpanele op te wek, is dit steeds ’n duur belegging wat buite die bereik van die meeste verbruikers is. Selfs al het die koste van sonpanele en batterye in dollarwaarde verminder, het die swakheid van die rand beteken dat pryse nie wesenlik vir Suid-Afrikaanse verbruikers verander het nie. Dit geld ook vir plaaslik vervaardigde produkte aangesien die meeste van die komponente ingevoer word. Aanlynnuuswebwerf Cape Business News berig dat studies deur sontegnologieverskaffers toon dat die optimale oplossing is om 40% tot 50% van ’n huishouding se kragbehoeftes met sonpanele en batterye te verskaf, en die res op ’n gekontroleerde wyse van die munisipaliteit of Eskom te kry. Deur slim ladingsbestuur kan ’n huishouding sy energiegebruik dwarsdeur die dag versprei om die beste gebruik te maak van sy sonkraginstallasie. Volgens Cape Business News sal ’n middelinkomstehuishouding met ’n hoër verbruik en elektrisiteitsrekening van R2 000 oor die volgende 20 jaar meer as R1 miljoen aan elektrisiteit bestee. ’n Sonpaneel- en battery-installasie, gepaard met energiebesparingstegnologieë soos hittepompe, kan dit met die helfte besnoei. Hierdie stelsels kan gebruikhuur of gekoop word met ’n multijaar-finansieringspakket om voorafkoste te minimaliseer. ’n Artikel deur Fin24 in 2015 berig dat Netshield SA ’n basiese formule toepas wanneer kliënte oor die koste van generering van 95% van ’n huishouding of besigheid se energiebehoeftes geadviseer word. Die eerste stap is om jou gemiddelde maandelikse energierekening met 12 te vermenigvuldig en dan 7 jaar, met 15% rente vir elke jaar bygevoeg. Volgens hierdie formule sal dit vir ’n maandelikse rekening van R400 jou R53 000 kos om jou huis selfonderhoudend te maak. Vir ’n rekening van R800, sal jy R106 000 nodig hê. ’n Rekening van R1 000 sal jou R132 000 uit die sak jaag, en ’n rekening van R2 000 sal R266 000 kos. Absa het die behoefte aan bekostigbare sonkragoplossings vir sy kliënte besef en bied aan kliënte die geleentheid om ’n ten volle maatgemaakte hernubare energie-oplossing te kies wat by hul leefstyl en finansiële omstandighede pas en hulle in staat sal stel om die eerste stap te neem om in beheer te wees van hul huishouding se daaglikse elektrisiteitsbehoeftes. Gedagtig hieraan, het Absa ’n vennootskap aangegaan met Eco Navitas (www.eco-navitas.com), ’n spesialisverskaffer van bestuurde oplossings in die alternatiewe energiesektor, vir die lewering van ’n verskeidenheid maatgemaakte groen-energie-oplossings vir sy kliënte. “Ongeag of jy ’n intreevlakoplossing benodig om ’n paar proppe tydens kragonderbrekings te gebruik, of die behoefte het om geheel en al selfonderhoudend te wees deur op ’n volhoubare wyse onafhanklik van die kragnetwerk te wees, het Eco Navitas die nommerpasoplossing vir jou,” sê Anna CravenSutton, Senior Programbestuurder by Eco Navitas. Absa bied aan sy kliënte wat van dié proposisie gebruik wil maak ’n voorafkorting van 10% op enige (of ’n kombinasie) van Eco Navitas se batteryrugsteun-, PV-sonkrag- en waterverwarmingstelsels. Kliënte wat gretig is om hierdie geleentheid te ondersoek, kan meer inligting deur die volgende bykomende kanale verkry: • Kontak die Eco Navitas-hulplessenaar (met ’n lewende webgeselsfasiliteit) by www.productsupport.eco-navitas.com. • SMS die kortkode “Eco” en jou naam en van (bv Eco Sonja Swart) na 35644. ’n Inbelsentrumagent sal jou kontak in reaksie op jou SMS. Daarna sal ’n geakkrediteerde Eco Navitasinstalleerder jou kontak om ’n terreininspeksie te reël wat kosteloos en sonder verpligting is, voordat ’n kwotasie uitgereik word. • Besoek die Absa-webwerf (www.absa.co.za/Absacoza/Offers/Promotions/Eco-Navitas) vir meer gedetailleerde inligting en om die toepaslike bepalings en voorwaardes na te gaan.

Foto's iStock

Oorleef strawwe ekonomiese tye Met rentekoerse, inflasie, elektrisiteitskoste en voedselpryse wat almal die hoogte inskiet, is dit geen wonder dat die kantoor van die Kredietombud 'n waarskuwing gerig het dat verbruikers dringende stappe moet neem om hulself teen die potensiële finansiële afswaai te beveilig nie. “Wat ons van verbruikers hoor, is dat baie nie begroot en beplan het vir moontlike stygings in pryse en rentekoerse nie en, soos sake staan, worstel hulle reeds om kop bo water te hou,” waarsku Nicky Lala-Mohan, die Kredietombud. Volgens Lala-Mohan, beloof die gevolge van die verswakking van die rand tot ’n rekordlaagtepunt teenoor die dollar en ander groot geldeenhede, met die hewige droogtetoestande “Maak seker dat jou finansiële wat Suid-Afrika boonop getref het, nie veel vir Jan Alleman opgedateer word om in jou en nie.

plan gereeld jou gesin se veranderende finansiële behoeftes te voorsien.”

Volgens Absa Voertuig- en Batefinansiering, bly huishoudelike finansies op ’n mespunt gebalanseer, met skuldvlakke steeds hoog en die persentasie krediet-aktiewe verbruikers met verswakte kredietrekords toon ’n geleidelik stygende tendens. Die eerste stap om seker te maak dat strawwe finansiële toestande wat voorlê jou nie in ’n wurggreep vasvang nie, is om ’n finansiële plan te hê en daarby te hou. Die basiese grondslag van ’n finansiële plan is om ’n huishoudelike begroting op te stel. Die maklikste manier om jou begroting op te stel, is deur vorige maande se bankstate te druk en sorgvuldig deur al die inkomste-en-uitgawe-items te gaan. Stel ’n spreitabel saam met opskrifte soos Terugbetaling van Huislening, Motorpaaiement, Korttermynversekering, Skoolfonds, Kruideniersware, Vermaak, ens. Maak seker dat alle uitgawes op jou bankstate (kredietkaarte ingesluit) by die lys ingesluit word. Sorg dat enige jaarlikse of kwartaallikse betalings, soos lidmaatskapsfooie, voertuiglisensies, dienskoste, ens. in jou maandelikse begroting in ag geneem word. As jy kontantonttrekkings en betalings doen, hou die strokies en dokumenteer die uitgawes. In die huidige siklus van stygende rentekoerse is dit noodsaaklik om seker te maak jou maandelikse begrote kredietterugbetalings weerspieël die hoër paaiemente wat van toepassing is. As jy tans beplan om ’n huis of motor te koop, is dit belangrik om die bekostigbaarheid van die finansiering te oorweeg terwyl die drie rentekoersverhogings wat vir die res van die jaar voorspel word, in gedagte gehou word. Die volgende stap van jou finansiële plan is om al die uitgawes wat jy neergestip het, van jou maandelikse inkomste af te trek. Jy sal nou ’n duidelike idee hê van hoeveel geld aan die einde van die maand oor is of met hoeveel jy tans oorbestee. Die volgende belangrike stap behels kategorisering van jou uitgawes in dié wat noodsaaklik is, soos verbandpaaiemente, en dié wat blote luukses of “lekker om te hê” is, soos uiteet of intekening op tydskrifte. In strawwe ekonomiese tye is dit belangrik om onnodige besteding op te offer ten gunste van die afbetaling van skuld of vermeerdering van jou spaargeld. As jy byvoorbeeld middagete by die werk koop, sal jy verbaas wees oor hoeveel jy kan spaar deur middagete van die huis af te bring. Die geld wat jy spaar deur luukshede uit te skakel, kan gebruik word om skuld af te betaal. Begin met die kleinste rekening wat jy het, soos ’n kleinhandelswinkelkaart, en werk hoër op deur die lys. Die paaiement wat jy nie meer betaal op skuld wat jy vereffen het nie, kan bygevoeg word om die volgende skulditem te vereffen. Konsolidasie van jou skuld, byvoorbeeld gebruik van die beskikbare geld in jou huislening om kleiner skuld met hoër rentekoerse af te betaal, soos persoonlike lenings, winkel- of kredietkaarte, is nog ’n manier om kontant los te maak om ander skuld te betaal of jou spaargeld te vermeerder. Die risiko met skuldkonsolidasie is dat, indien jy nie jou spandeergewoontes verander nie, jy sal eindig met hoër skuld wat betaal moet word sonder enige bykomende maniere om die skuld te delg. Jy moet ook, in afwagting van die moontlike rentekoersverhogings later vanjaar, die moontlike voordele oorweeg om van ’n veranderlike na ’n vaste rentekoers op ooreenkomste soos jou verbandlening en voertuigfinansiering te verander. Die finale stap van ’n finansiële plan is om advies in te win by ’n geregistreerde finansiële beplanner om seker te maak jou maandelikse begroting maak voldoende voorsiening vir jou finansiële welstand wanneer jy aftree. Maak seker dat jou finansiële plan gereeld opgedateer word om in jou en jou gesin se veranderende finansiële behoeftes te voorsien.

Foto's - iStock

Waarom jou volgende motor 'n hibried moet wees Hibriedmotors bied die beste van albei wêrelde, en is 'n volhoubare opsie vir verbruikers met 'n omgewingsgewete. Met vervaardigers wat elke jaar meer modelle by hul stal voeg, raak dit makliker om die regte ding te doen. Volgens Toyota Suid-Afrika kombineer ’n hibriedstelsel verskillende kragbronne om die unieke sterktes van elke enjin te maksimaliseer terwyl dit vir ander tekortkominge kompenseer. ’n Petrolelektriese-hibriedstelsel kombineer byvoorbeeld ’n interne verbrandingsenjin se hoëspoedkrag met die skoon doeltreffendheid en laespoedwringkrag van ’n elektriese motor wat nooit ingeprop hoef te word nie.

“Motors is wêreldwyd die grootste algehele

Edmunds.com verduidelik dat besoedelaars wat gasse soos koolstofdioksied, hibriedmotors soms stikstofoksied, koolstofmonoksied en swaeloksied verkeerdelik verwar word met in oorvloedige hoeveelhede in die atmosfeer elektriese voertuie. Hibriede is meestal vrylaat.” petrolverbrandingsmasjiene wat elektriese komponente benut om energie te versamel en te hergebruik wat gewoonlik in standaardmotors vermors word. Teoreties sal diesel-elektriese-hibriede selfs nog meer brandstofdoeltreffend wees, maar hibriedstelsels en dieselenjins behels albei ekstra koste; installasie van albei in dieselfde voertuig is nie ekonomies lewensvatbaar nie. Alhoewel hibriedvoertuie meer brandstofdoeltreffend is as hul petrolaangedrewe eweknieë, kos hulle meer weens ekstra batterye en elektronika, en die premie op die koopprys word tans nie noodwendig deur brandstofbesparings verhaal nie. Die verkoop van hibriedmotors in Suid-Afrika is nog steeds beduidend agter die kromme vergeleke met internasionale markte, hoofsaaklik omdat plaaslike kopers nie tans die finansiële kortings geniet wat in ontwikkelde lande vir die koop van hibriedmotors beskikbaar is nie. Motorvoertuigvervaardigers het egter baie in die stryd gewerp om hierdie voertuie meer bekostigbaar te maak. Volgens Toyota SA het beleidsmakers in Suid-Afrika in hierdie verband nog ’n lang pad om te gaan om in te haal by die ontwikkelde wêreld. “Met verwysing na plaaslike verkope, erken ons dat hibriede nie die soort kleinhandelsyfers behaal het as elders nie. Die mees opsigtelike rede daarvoor is dat finansiële kortings wat alle Eerstewêreldlande aanbied, nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Hibriedtegnologie is nie goedkoop nie, maar die finansiële beloning wat kopers in Europa en die VSA van die staat ontvang, maak dit ’n veel meer lewensvatbare proposisie. Padgebruikvergunnings vir hibriede is nog ’n faktor wat in kopers se guns swaai. In Los Angeles is daar byvoorbeeld op die meeste hoofweë ’n toegewyde laan vir hibried- en batteryvoertuie,” sê die maatskappy. Motors is wêreldwyd die grootste algehele besoedelaars wat gasse soos koolstofdioksied, stikstofoksied, koolstofmonoksied en swaeloksied in oorvloedige hoeveelhede in die atmosfeer vrylaat. Alhoewel navorsing toon dat hibriedmotors meer energie nodig het om te produseer as konvensionele motors, toon intensiewe studies deur die VS se Departement van Energie dat, indien ’n konvensionele en hibriedmotor albei vir 257 495 kilometer bestuur word, die konvensionele voertuig veel meer energie benodig om te werk en veel groter hoeveelhede kweekhuisgasse uitlaat. Die gasse wat uitgelaat word terwyl bestuur word, kanselleer enige wanbalans wat gedurende die produksieproses voorkom. Volgens Supergroup (www.supergroupdealerships.co.za), ’n groot plaaslike motorhandelaarsgroep, was die volgende die mees brandstofdoeltreffende hibriedvoertuie in Suid-Afrika in 2014/2015: Toyota Yaris HSD Dié hibriedmodel laat jou brandstofverbruik afneem tot so laag as 3,8 liter/100 km, wat dit die perfekte motortjie maak om in rond te rits. Met ’n intreeprys van R276 000 is die Yaris HSD een van die mees bekostigbare hibriede wat in Suid-Afrika te koop is. Toyota Auris Hibried Die Toyota Auris Hibried is ’n opgradering van die oorspronklike Auris. Die Auris Hibried begin op R356 500 en lewer 3,9 liter/100 km. Lexus CT200h Met ’n gemiddelde verbruik van 4,1 liter/100 km en ’n prys van R408 500, wissel die Lexus naatloos tussen petrol- en elektriese modus en het ’n topsnelheid van 180 km/uur. Toyota Prius HSD Die Prius, wat ook 4,1 liter/100 km lewer, is teen ’n intreeprys van R430 200 een van die eerste massavervaardigde, kommersieel beskikbare hibriede en word steeds as een van die mees brandstofdoeltreffende motors tans op die pad beskou. Die Prius, soos die Nissan Leaf, maak op ’n regeneratiewe remstelsel staat wat energie van die remstelsel herwin om die elektriese motor se battery te herlaai. Honda Insight Hibried Standaard met leersitplekke, 6 luidsprekers, outomatiese lugversorger met ’n stof-enstuifmeelfilter, 8 koppiehouers, elektriese vensteroopmakers en ’n werkverrigting van 4,3 liter/100 km. Teen ’n intreeprys van R305 000 sal dit moeilik wees om dieselfde waarde vir geld elders te vind. Honda Jazz Hibried Met die meeste van dieselfde eienskappe as die Honda Insight Hibried, is die Honda Jazz Hibried ietwat meer kompak en net effens minder brandstofdoeltreffend op 4,5 liter/100 km. Pryse begin op R269 700.

Foto's - iStock

Vlug vir twee met warmlugballon en vonkelwyn Maak 'n droom 'n werklikheid en trakteer iemand met die ongelooflike ervaring van 'n warmlugballonvlug oor die Wieg van die Mensdom. Styg uit bo die bome en geniet die asemrowende prag van die aarde onder jou. Die opwinding begin wanneer julle net voor sonop by die aangewese lanseerplek bymekaarkom. Hier geniet julle verversings en kry die geleentheid om met medepassasiers te meng, of julle bloot in die oggendstilte te verlustig. Gedurende hierdie tyd is die bemanning besig om die ballonne voor te berei, waarna julle veiligheidsinstruksies kry en aan boord verwelkom word. Dit duur nie lank voordat julle in die lug is om die skoonheid te bewonder en saggies deur die hemelruim te sweef nie. Hier kry julle die geleentheid om skouspelagtige tonele op kamera vas te lê. Nadat julle geland het, laai voertuie julle op en neem julle na ’n skilderagtige plek, waar julle vonkelwyn geniet om ’n glasie op die asemrowende vlug te klink. Neem asseblief kennis dat paartjies van mekaar geskei kan word en in aangrensende afdelings van die mandjie geplaas kan word indien die gewig in die mandjie verdeel moet word om die volmaakte ewewig vir veiligheidsdoeleindes te skep. Dit berus by die vlieënier se goeddunke, wat probeer om paartjies saam te hou. ’n Pakket met oornagverblyf vir twee kan ook gereël word. Doen asseblief navraag as jy dit verkies. Absa Platinum-kliënte betaal slegs R3 544* vir hierdie avontuur, met die vriendelike vergunning van Absa Rewards-vennoot Celestial Gifts (www.celestialgifts.co.za). Stuur asseblief ’n e-pos aan [email protected] om jou vlug te bespreek. Besonderhede van aanbod: • Ligging: Glenburn Lodge, Wieg van die Mensdom, Gauteng • Vlugte word net met sonsopkoms gedoen • Trek gemaklik aan — dra ’n langbroek/jeans en plat, toe skoene • Los waardevolle artikels, insluitende handsakke, by die huis • Neem jou kamera en ’n hoed om jou kop teen die hitte van die oorhoofse branders te beskerm • Bespreek asseblief enige liggaamlike beperkings wanneer jy bespreek • Dit spyt ons, maar geen swanger dames of persone met brosbeensiekte nie • Kinders moet 1,2 meter lank wees (om oor die mandjie te sien), en moet deur ’n wettige voog vergesel word • Hierdie ondervinding is vir 2 persone, en is ’n groepaktiwiteit. Jy het jou eie kompartement gedurende die vlug. • Hierdie ondervinding hang van die weer af • Die vlug duur sowat 60 minute • Daar is ’n streng maksimum gesamentlike gewig van 170 kg vir beide passasiers Bykomende inligting: • Vlugte wat weens weersomstandighede gekanselleer word, sal uitgestel word • Kliënte neem geheel en al op eie risiko deel en moet voor vertrek ’n vrywaringsvorm teken • Vir hierdie opsie moet jy jouself bestuur na die ontmoetingsplek • Operateurs van warmlugballonne is ten volle gelisensieer en het aanspreeklikheidsversekering • Vlugte word deur ten volle gekwalifiseerde vlieëniers gedoen wat deskundiges op die gebied van omgewingsinterpretasie is • Aanbod geldig tot 30 Junie 2016 *Spesiale tarief geld slegs vir EFO-betalings.

Foto's - iStock

Kaapstad - helikoptervlug en wynproe-middagete vir twee Geniet die stralerjakkerleefstyl met die middagete-ondervinding wat jou nuwe hoogtes laat bereik! Begin jou avontuur by die V&A Waterkant, vanwaar jou vlieënier jou en ’n gas op ’n skilderagtige helikoptervlug oor die Atlantiese Oseaan sal neem, met ’n ongelooflike uitsig oor Robbeneiland, Leeukop, Kampsbaai en Clifton. Sodra die Twaalf Apostels-bergreeks in sig is, land jy by Kaapstad se nommer een stadshotel en spa, waar jy ’n verruklike spyskaart in die bekroonde Azure Restaurant geniet, insluitende die Vlug van Wyneondervinding met ’n sommelier. Jy keer na middagete terug na die V&A Waterkant met die hotel se heen-en-weer-diens, of kan oornagverblyf by jou avontuur voeg. Absa Platinum-kliënte betaal net R3 100* vir hierdie ongelooflike ondervinding met die vriendelike vergunning van Absa Rewards-vennoot Celestial Gifts (www.celestialgifts.co.za). Stuur asseblief ’n e-pos aan [email protected] om jou plek te bespreek. Besonderhede van aanbod: • Ligging: V&A Waterkant, Kaapstad • Daagliks om 12:00 of 14:00 beskikbaar en onderhewig aan beskikbaarheid • ’n Minimum van twee gaste geld • Vlugte hang van die weer af Bykomende inligting • Die Vlug van Wyne-ondervinding sluit drie wynproeglase in. • Seisoenstariewe en bepalings en voorwaardes geld. • Bykomende drankies, fooie en ander bykoste word uitgesluit. • Aanbod geldig tot 30 Junie 2016. LW: Die helikopterlandingsplek by die Twaalf Apostels Hotel ondergaan tans instandhoudingswerk. Vlugte sal by die Waterkant opstyg en land – ’n ietwat langer vlugtyd – en retoervervoer is met die hotel se heen-en-weer-busdiens tussen die Waterkant en die hotel beskikbaar. *Spesiale tarief geld net vir EFO-betalings.

Foto's - iStock

Platinum Nuus

Spesiale reisaanbiedinge van Kulula Holidays Ons bied jou graag 'n versameling uitstekende reisaanbiedings van Absa Rewards-vennoot, Kulula Holidays. Park Hotel Newlands (nie gegradeer nie) - Newlands, Kaapstad • Prys vanaf R1 178 per persoon wat deel – beskikbaar 7 dae per week • Geldig: 2 Mei – 30 September 2016 Pakket sluit in: • 2 nagte se akkommodasie in ’n standaard gastekamer • Bed & Ontbyt Komplimentêre ekstras: • Komplimentêre geskenkbewys vir aandete ter waarde van R200 per persoon • Gratis toegangskaartjies vir twee na óf die Suid-Afrikaanse Brouery of Kirstenbosch Tuine Pakket sluit uit: • Retoervlugte en motorhuur/vervoer tussen lughawe en hotel • Drankies en maaltye wat nie gespesifiseer is nie • Reisversekering Besprekingsvoorwaardes: • Bykomende koste kan gedurende spitsreistye geld Bepalings en voorwaardes: • Slegs geldig vir Suid-Afrikaanse inwoners • Pryse sluit enige maaltye, drankies, fooitjies, bobelasting en ander koste uit wat nie onder insluitings genoem word nie • Pryse is vanaf ’n beginprys per volwassene wat deel, onderhewig aan verandering en beskikbaarheid • Reisversekering is nie by die geadverteerde prys ingesluit nie, maar ons beveel dit sterk aan • Standaard kulula.com regsbepalings en -voorwaardes geld. BFW. Alle pryse was korrek teen druktyd Gaan asseblief na www.kulula.com of skakel 0861 102 137 om jou vakansie te bespreek. Protea Hotel The Ranch-vakansieoord 4-ster – Polokwane, Noordwes Provinsie • Prys vanaf R1 741 per persoon wat deel – beskikbaar 7 dae per week • Geldig: 1 Mei – 30 September 2016 Pakket sluit in: • 2 nagte se akkommodasie in ’n luukse kamer • Bed & Ontbyt Komplimentêre ekstras: • Draf- en bergvoetslaanpaadjies • Gratis WiFi • Sentrum vir kinders Pakket sluit uit: • • • •

Retoervlugte en motorhuur/vervoer tussen lughawe en hotel Drankies en maaltye wat nie gespesifiseer is nie Reisversekering Alle items van ’n persoonlike aard

Besprekingsvoorwaardes: • Bykomende koste kan gedurende spitsreistye geld Bepalings en voorwaardes: • Slegs geldig vir Suid-Afrikaanse inwoners • Pryse sluit enige maaltye, drankies, fooitjies, bobelasting en ander koste uit wat nie onder insluitings genoem word nie • Pryse is vanaf ’n beginprys per volwassene wat deel, onderhewig aan verandering en beskikbaarheid • Reisversekering is nie by die geadverteerde prys ingesluit nie, maar ons beveel dit sterk aan • Standaard kulula.com regsbepalings en -voorwaardes geld. BFW. Alle pryse was korrek teen druktyd Gaan asseblief na www.kulula.com of skakel 0861 102 137 om jou vakansie te bespreek. Hermanus Lodge on the Green 4-ster – Hermanus, Wes-Kaap • Prys vanaf R1 142 per persoon wat deel – beskikbaar 7 dae per week • Geldig: 1 Mei – 30 September 2016 Pakket sluit in: • 2 nagte se akkommodasie in ’n standaard gastekamer • Bed & Ontbyt Komplimentêre ekstras: • Gratis WiFi • Daaglikse staptogte langs die unieke 12-kilometerrotswandpad met geleenthede om gedurende die wintermaande walvisse te besigtig Pakket sluit uit: • • • •

Retoervlugte en motorhuur/vervoer tussen lughawe en hotel Drankies en maaltye wat nie gespesifiseer is nie Reisversekering Alle items van ’n persoonlike aard

Besprekingsvoorwaardes: • Bykomende koste kan gedurende spitsreistye geld Bepalings en voorwaardes: • Slegs geldig vir Suid-Afrikaanse inwoners • Pryse sluit enige maaltye, drankies, fooitjies, bobelasting en ander koste uit wat nie onder insluitings genoem word nie • Pryse is vanaf ’n beginprys per volwassene wat deel, onderhewig aan verandering en beskikbaarheid • Reisversekering is nie by die geadverteerde prys ingesluit nie, maar ons beveel dit sterk aan • Standaard kulula.com regsbepalings en -voorwaardes geld. BFW. Alle pryse was korrek teen druktyd Gaan asseblief na www.kulula.com of skakel 0861 102 137 om jou vakansie te bespreek. Clifftop Exclusive Safari Hideaway 5-ster, Welgevonden Wildreservaat, Limpopo • Prys vanaf R4 634 per persoon wat deel – beskikbaar 7 dae per week • Geldig: 4 Mei – 30 September 2016 Pakket sluit in: • 2 nagte se akkommodasie in ’n luukse suite • Alle maaltye Komplimentêre ekstras: • 2 wildritte • Wildbesigtiging vanuit die privaatheid van jou eie dek Pakket sluit uit: • • • • •

Retoervlugte en motorhuur/vervoer tussen lughawe en hotel Drankies en maaltye wat nie gespesifiseer is nie Reisversekering Alle items van ’n persoonlike aard Toegang tot die wildreservaat/Bewaringsfooi(e)

Besprekingsvoorwaardes: • Bykomende koste kan gedurende spitsreistye geld Bepalings en voorwaardes: • Slegs geldig vir Suid-Afrikaanse inwoners • Pryse sluit enige maaltye, drankies, fooitjies, bobelasting en ander koste uit wat nie onder insluitings genoem word nie • Pryse is vanaf ’n beginprys per volwassene wat deel, onderhewig aan verandering en beskikbaarheid • Reisversekering is nie by die geadverteerde prys ingesluit nie, maar ons beveel dit sterk aan • Standaard kulula.com regsbepalings en -voorwaardes geld. BFW. Alle pryse was korrek teen druktyd Gaan asseblief na www.kulula.com of skakel 0861 102 137 om jou vakansie te bespreek.

Foto's - Kulula.com

Skakel oor na eState Want papier kan vir iets beters gebruik word kry jou state per e-pos met Absa-eState. As bank het ons ’n verantwoordelikheid teenoor ons kliënte om hul bankondervinding veiliger en moeitevry te maak. Wanneer jy na eState oorskakel sal jy ’n veilige, gerieflike en omgewingsvriendelike manier hê om toegang tot jou maandelikse state te kry. Voordele van oorskakeling Laai jou state af en stoor dit sodat jy dit kan besigtig wanneer dit vir jou gerieflik is. Veiliger as papier ’n eStaat kan nie uit jou posbus gesteel word, by die verkeerde huis afgelewer word of uit jou asblik geneem word nie. Boonop gebruik jy jou veilige Online Banking manier van aanteken om toegang tot jou state te kry. Goed vir die aarde. Goed vir jou. Wanneer jy na eState verander, verleng jy die lewe van ons natuurlike hulpbronne. Dis boonop ’n gratis manier om jou te help om jou tjek- en spaarrekeningstate vinniger en makliker te bestuur. Dis nou vir jou groen. Vir meer inligting of om te registreer, besoek jou naaste Absa-tak of www.absa.co.za. Of skakel ons by 08600 08600.

Foto's - iStock

Suggest Documents