van 1947 N-AR 1083

GEBRUIKSAANWYSINGS INGESLUIT Date formulated: VERWYS NA BESONDERHEDE Formuleringsdatum: GEDRUK OP HOUER/SAK DIRECTIONS FOR USE ENCLOSED Batch number: ...
Author: Vincent Dalton
78 downloads 0 Views 308KB Size
GEBRUIKSAANWYSINGS INGESLUIT Date formulated: VERWYS NA BESONDERHEDE Formuleringsdatum: GEDRUK OP HOUER/SAK DIRECTIONS FOR USE ENCLOSED Batch number: REFER TO DETAILS PRINTED Lotnommer: ON CONTAINER/BAG

SHAKE THE BOTTLE WELL BEFORE USE. SKUD DIE BOTTEL GOED VOOR GEBRUIK. 3:1/6/2015-July2015

IMIDOR 350 SC Reg. No. L 8019 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1083

A systemic suspension concentrate insecticide for the control of agricultural as well as house & garden pests as indicated. ‘n Sistemiese suspensie konsentraat insekdoder vir die beheer van landboukundige asook huis & tuin plae soos aangedui. ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL imidacloprid (chloro-nicotinyl) 350 g/l imidakloprid (chloro-nikotiniel)

IRAC INSECTICIDE GROUP CODE 4A IRAC INSEKDODER GROEPKODE

l Registration holder / Registrasiehouer: Villa Crop Protection (Pty) Ltd. Co. Reg. No. 1992/002474/07 Mpy. Reg. Nr. PO Box / Posbus 10413, Aston Manor, 1630 Tel. (011) 396-2233 Website / Webblad: www.villacrop.co.za

UN Number: 2902

Willow Set & Print 011 394-4486

HARMFUL SKADELIK

3: 1/6/2015 – July2015

IMIDOR 350 SC Reg. No. L 8019 / N-AR 1083 Act/Wet No. 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE / IRAC INSEKDODER GROEPKODE: 4A ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: imidacloprid (chloro-nicotinyl) / imidakloprid (chloro-nikotiniel)…........................................................ 350 g/l Registration holder / Registrasiehouer: VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD. Co. Reg. No. 1992/002474/07 Mpy. Reg. Nr. PO Box / Posbus 10413, ASTON MANOR, 1630 Tel. (011) 396 2233

HARMFUL

SKADELIK

WAARSKUWINGS Onthoudingsperiodes: Minimum tydsverloop tussen die laaste toediening en oes: Aartappels 120 dae Druiwe 112 dae Kool 93 dae Koring & Gars 28 dae Sitrus 212 dae Tamaties 23 dae NOTA Die maksimum residu vlakke (MRL’s) sal nie oorskry word nie, mits bespuitings toegedien word soos voorgeskryf. Indien produksie vir die uitvoermark bestem is, moet die betrokke uitvoer agentskap gekontak word, alvorens IMIDOR 350 SC in ‘n bespuitingsprogram gebruik word. • • • • • • • •

Hanteer versigtig. Mag vel- en oogirritasie veroorsaak. Giftig wanneer ingesluk, ingeasem en deur velkontak. Giftig vir visse, bye en wild. Berg agter slot en grendel in ‘n koel, droë plek weg van voedsel, voer, saad en kunsmis. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Herbetreding: Moet nie behandelde gebied betree binne 1 dag na die bespuiting nie, tensy beskermende oorklere gedra word. In die geval van vergiftiging, neem die pasiënt onmiddellik na ‘n dokter en maak hierdie etiket aan hom/haar bekend. Alhoewel hierdie middel omvattend onder 'n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grond-, klimaats- en bergingstoestande, gehalte van verdunningswater, verenigbaarheid met ander produkte wat nie op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die plaag teen die betrokke middel, sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effekte op mens of dier of vir 'n gebrek aan doeltreffendheid, as gevolg van die versuim van die gebruiker om die etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in geval van enige onsekerheid.

VOORSORGMAATREËLS • Vermy inaseming van die spuitnewel of damp. • Vermy kontak met oë en vel. • Dra beskermende oorklere, 'n gesigskerm, rubberhandskoene en -stewels wanneer die konsentraat hanteer word asook tydens vermenging. • Was met seep en water na gebruik en na toevallige velkontak. • Was besoedelde klere na gebruik.

IMIDOR 350 SC

PAGE 2 OF 8

3: 1/6/2015 – July2015

• • • •

• • •

Moet nie eet, drink of rook tydens meng en toediening of voordat hande en gesig gewas is en skoon klere aangetrek is nie. Verhoed wegdrywing van die spuitnewel na ander gewasse, weiding, riviere, damme en areas wat nie onder behandeling is nie of na naasliggende waterbronne. Maak toedieningsapparaat deeglik skoon na gebruik en gooi spoelwater uit waar dit nie voedsel, weiding, boorgate, riviere of damme sal besoedel nie. Leë houers moet DRIEKEER UITGESPOEL word soos volg: Keer die leë houer om oor die spuittenk of mengbak en dreineer vir minstens 30 sekondes nadat die vloei tot 'n gedrup verminder het. Spoel die houer daarna driekeer uit met 'n volume water gelykstaande aan 'n minimum van 10 % van die inhoud van die houer. Gooi die spoelwater by die inhoud van die spuittenk voordat die houer op die voorgeskrewe wyse vernietig word. Vernietig die leë houer deur gate daarin te kap en plat te slaan en doen weg daarmee op ‘n veilige manier. Moet nooit die leë houer vir enige ander doel hergebruik nie. Voorkom besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei.

SIMPTOME VAN VERGIFTIGING In ernstige gevalle van vergiftiging: bewing, spierkrampe.

apatiese toestand, verswakte spierfunksie, asemhaling versteurings,

NOODHULPBEHANDELING • Indien vergiftiging vermoed word: Verwyder die pasiënt van die oorsaak van vergiftiging na ‘n goed geventileerde area en hou hom/haar gerus en kalm. Ontbied onmiddellik ‘n geneesheer. Hou die lugweg oop om asemhaling te onderhou, veral indien die persoon bewusteloos is of gevomeer het. Moet nie direkte mond-tot-mond asemhaling toepas nie. • Velkontak: Verwyder besoedelde klere en spoel die besmette liggaamsdele met baie seep en koue water af. Moet nie die vel vryf nie. Verkry mediese hulp indien nodig. • Oogkontak: Spoel onmiddellik besmette oë vir 15 minute met skoon koue water uit, terwyl die bo- en onder ooglede gereeld opgelig word. Indien irritasie voortduur, ontbied mediese hulp. • Ingeasem: Indien asemhalingsprobleme, of irritasie voorkom en voortduur, ontbied mediese hulp. Moet nie direkte mond-tot-mond asemhaling toepas nie. • Ingesluk: Ontbied onmiddellik mediese hulp. Laat pasiënt mond deeglik uitspoel met skoon water. Moet nooit iets per mond aan ‘n bewustelose persoon toedien nie. Behandel asemhalingsprobleme met kunsmatige asemhaling en suurstof. Toediening van suurstof en maagspoeling moet deur ‘n gekwalifiseerde mediese persoon uitgevoer word. NOTA AAN GENEESHEER Daar is geen teenmiddel beskikbaar nie. Behandel simptomaties. Monitor bloeddruk en polsslag aangesien hartvertraging en hipotonia kan voorkom. Voorsien ondersteunende maatreëls vir respiratoriese en kardiale aksie. Verskaf kunsmatige asemhaling indien tekens van verlamming voorkom Addisionele maatreëls soos die eliminering van die produk deur maagspoeling en soutpurgasie om die gif uit die liggaam te verwyder kan gebruik word. WEERSTANDSWAARSKUWING IMIDOR 350 SC is ‘n groepkode 4A insekdoder. Enige populasie van ‘n spesifieke insek mag individue insluit wat ‘n natuurlike weerstand teen IMIDOR 350 SC of enige ander 4A insekdoders het. Indien hierdie insekdoder herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die insekpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende insekte sal waarskynlik nie deur IMIDOR 350 SC of enige ander groepkode 4A insekdoder beheer word nie. Om weerstand teen insekdoders te vertraag: • vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van insekdoders met dieselfde groepkode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende insekdodergroepkodes, • integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in insekdoderprogramme. Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk. GEBRUIKSBEPERKINGS HEUNINGBYE: Moet nie as ‘n blaarbespuiting op gewasse toedien wanneer Heuningbye teenwoordig is nie. Voorkom wegdrywing na aangrensende gewasse/area’s waar Heuningbye plante in blom mag besoek.

IMIDOR 350 SC

PAGE 3 OF 8

3: 1/6/2015 – July2015

GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui. Verenigbaarheid: • IMIDOR 350 SC is verenigbaar met Fenamiphos 400 EC, Nemacur® 400 EC, Procap 15 GR en Mocap® 150 GR. • Die verenigbaarheid van IMIDOR 350 SC met ander produkte kan deur verskeie faktore beïnvloed word. Omdat hierdie faktore kan varieer moet ‘n fisiese verenigbaarheidstoets altyd uitgevoer word, voordat ‘n tenkmengsel gespuit word. Ingeval van onsekerheid, kontak die verskaffer of registrasiehouer. • Indien IMIDOR 350 SC in kombinasie met enige ander landboumiddel gebruik word, moet alle WAARSKUWINGS, VOORSORGMAATREËLS en GEBRUIKSAANWYSINGS soos aangedui op daardie etiket, gehoorsaam word. Menginstruksies: • Vul die spuittenk halfvol met skoon water. • Voeg die aanbevole hoeveelheid IMIDOR 350 SC by die water, terwyl geroer word. • Vul die spuittenk met water tot by die verlangde vlak, terwyl roering gehandhaaf word om deeglike vermenging te verseker. • Handhaaf roering gedurende toediening. • Aangemaakte spuitmengsel moet nie in die spuittenk gelaat word vir 'n onbepaalde tyd, bv. oornag, nie. • Moet nie brakwater gebruik nie. TOEDIENING IMIDOR 350 SC moet slegs deur ‘n korrek gekalibreerde spuitapparaat, wat in ‘n goeie werkende toestand is, toegedien word, om te verseker dat die korrekte dosis eweredig oor die teikenarea versprei word. TOEDIENINGSHOEVEELHEDE LANDBOUKUNDIG, HUIS & TUIN Gewas / Plaag Aartappels Plantluise (Myzus persicae)

Dosis

Gronddrenk behandeling tydens plant: Dien mengsel toe van rif tot rif in die plantvoor in 3 tot 4 liter 4.0 ml / 100 m rywater per 100 m rylengte. Dien toe voordat die moere lengte geplant word. Die gebruik van 8006 of 8008 platwaaier spuitneuse word aanbeveel. IMIDOR 350 SC kan ook oor die OF ry toegedien word na plant, maar voor opkoms. Besproei onmiddellik daarna (± 15 mm water). 1 ml / 25 m rylengte Vir gelyktige beheer van Plantluise en Aalwurms kan IMIDOR (huistuin / kleinskaal 350 SC ook gebruik word in tenkmengsel met Fenamiphos aanplanting) 400 EC of Nemacur® 400 EC.

3.0 ml / 100 m rylengte

4.5 ml / 100 m rylengte PLUS Procap 15 GR 35 kg / ha

IMIDOR 350 SC

Opmerkings

Wanneer IMIDOR 350 SC in tenkmengsel met Fenamiphos 400 EC of Nemacur® 400 EC gebruik word, kan die IMIDOR 350 SC dosis verlaag word tot 3.0 ml per 100 m rylengte. NOTA Verseker dat die moere nie bedek word deur die spuitmengsel, wat IMIDOR 350 SC bevat, wanneer bogenoemde mengsels toegedien word. Dien toe in die oop plantvoor voordat die moere geplant word. Dien eers Procap 15 GR of Mocap® 150 GR toe as breedwerpige toediening voor plant, of die vorming van die riwwe en beddings. Inkorporeer die korrels tot ‘n diepte van 150 tot 250 mm in die grond. Plant die moere kort na toediening, maar nie later nie as 7 dae na toediening. Dien IMIDOR 350 SC toe soos hierbo aangedui.

PAGE 4 OF 8

3: 1/6/2015 – July2015

Gewas / Plaag Konifere Plantluise

Dosis Bome < 2 m hoog 2 ml / 1 l water / boom Bome 2 tot 2.5 m hoog 4 ml / 2 l water / boom Bome 2.5 tot 3 m hoog 8 ml / 4 l water / boom Bome > 3 m hoog 16 ml / 8 l water / boom

Koring & Gars Groen- en Bruinplantluise (Schizaphis graminum, Sitobion avenae, (Rhopalosiphum padi) Russiese koringluis (Diuraphis noxia) Vals stinkbesies Kool Koolplantluis (Brevicoryne brassicae).

200 ml / ha

Dien toe as voorkomende en kuratiewe behandeling. Ten einde terugsterwing van bome te voorkom, as gevolg van infestasies van Konifer plantluise, word jaarlikse voorkomende behandelings aanbeveel. Voorkomende behandeling: Om infestasies te voorkom, begin met behandeling vanaf April tot Mei. Dien mengsel toe as ‘n gronddrenkbehandeling rondom die basis van koniferbome. Dien ‘n tweede behandeling toe 2 maande na die eerste toediening. Kuratiewe behandeling: Dien mengsel toe as ‘n gronddrenkbehandeling rondom die basis van koniferbome met die eerste tekens van infestasie. Dien ‘n tweede behandeling toe 2 maande na die eerste toediening.

Dien toe wanneer plaag opgemerk word. Beste resultate word verkry wanneer die gewas aktief groei. Plantluise op plante wat onder strestoestande verkeer (bv. droogte of vloedtoestande), sal nie effektief beheer word nie.

Dien toe as ‘n drenkbehandeling bo oor die plante teen 600 ml IMIDOR 350 SC suspensie per polistireen saailinglaai (standaard buite-omtrek van 673 x 342 mm). 380 ml / 100 l water OF 40 ml / 10 l water

IMIDOR 350 SC

Opmerkings

NOTA 1. Moet nie meer as 24 uur voor uitplanting toedien nie. 2. Die toedieningshoeveelheid word aanbeveel vir polistireen saalinglaai met 200 saailinge. 3. Verminder die toedieningshoeveelheid proporsioneel vir kleiner saailinglaaie wat minder as 200 saailinge bevat. 4. Roer die mengsel deeglik voor en tydens toediening om eweredige toediening van die aktiewe bestanddeel te verseker.

PAGE 5 OF 8

3: 1/6/2015 – July2015

Gewas / Plaag Rose Plantluise

Dosis

Opmerkings

2 ml / 1 l water / roosbos

Dien mengsel toe as gronddrenkbehandeling rondom die stam van roosbosse sodra eerste tekens van infestasie waargeneem word. Herhaal behandeling met 60 dae intervalle.

Sitrus Draende bome: (nie ouer as 15 Gronddeurdrenking behandeling: jaar) Dien toe gedurende Augustus & September tydens groen- tot Uitsluitend witblomknop groeistadia van bome. Verdun die aanbevole Koemkwats dosis IMIDOR 350 SC in 1 liter water en dien rondom die Plantluise 9 ml per boom stambasis toe met ‘n beker. Besproei binne 24 uur na (Toxoptera toediening. citricidus), NOTA Rooi dopluis Vir gebruik op suurlemoenbome: (Aonidiella Dien SLEGS toe nadat alle vrugte eers verwyder is, aurantii) & (insluitend onvolwasse klein vrugte). Beheer kan slegs Psilla (Bladvlooi) verwag word op die eerste vrugset na toediening in geval (Trioza erythreae) van suurlemoene. Plantluise 6 ml per boom (Toxoptera citricidus) NOTA 1. Dien slegs toe op gesonde bome, vry van stremming. 2. Besproei gereeld voor en na toediening. 3. Moet nie die gronddeurdrenking deur die besproeiingsstelsel toedien nie. 4. Moet nie pas gesnoeide bome behandel nie. Tamaties NOTA Witvlieg (nimfe) Slegs vir gebruik op tamaties in geslote areas (bv. glashuise, (Trialeurodes tonnels, ens.). Dien toe as ‘n gronddeurdrenk behandeling vaporariorum) 24 uur na uitplanting. 0.05 ml per plant Meng 10 ml IMIDOR 350 SC met 20 liter water en dien 100 ml van hierdie mengsel toe op die grond om die stambasis van elke plant. Besproei binne 24 uur na toediening en herhaal behandeling 4 weke later.

IMIDOR 350 SC

PAGE 6 OF 8

3: 1/6/2015 – July2015

Gewas / Plaag Tuine en Grasperke Molkrieke (Onvolwasse stadia)

Dosis

Opmerkings

Groot area’s: Dien toe as 'n algehele bespuiting in ten minste 250 tot 300 liter water per hektaar by die eerste tekens van infestasie. Klein area’s: Dien 300 ml van die mengsel per 10 m² toe. Bepaal eers die grootte van die Molkrieke deur 'n gebied op die grasperk te deurdrenk met 'n skottelgoedseep oplossing (50 ml skottelgoedseep per 10 liter water), waar Molkriek aktiwiteit sigbaar is. Molkrieke groter as 15 mm sal nie effektief beheer word nie.

Miswurms (Larwes van verskeie Scarabaeidae kewer spesies)

Groot area’s: 500 ml / ha (10 000 m²) OF Klein area’s: 17 ml / 10 l water

Herhaal die behandeling wanneer nodig. Vir die beste resultate kan 'n voorkomende behandeling toegedien word aan die einde van Oktober. Herhaal dan twee (2) maande later om die uitbraak van Molkrieke te voorkom. BELANGRIK Slegs die eerste en tweede instar larwes word effektief beheer. Dien toe as ‘n voorkomende en korrektiewe behandeling, as volg: Voorkomend: Behandelings kan gedoen word begin November, Januarie en Maart (elke 60 dae), om seisoenale beskerming te verkry, in areas waar Miswurms bekend is as‘n plaag. Korrektief: Let op vir tekens van infestasie van November tot April. Dien toe as 'n algehele bespuiting sodra die eerste tekens van infestasie voorkom.

Besproei binne 24 uur na toediening. besproeiing of reën plaasgevind het nie.

Moet nie die grasperk sny tot nadat

Herhaal wanneer nodig.

IMIDOR 350 SC

PAGE 7 OF 8

3: 1/6/2015 – July2015

Gewas / Plaag Tafel- en Wyndruiwe Witluis

Dosis

Opmerkings

1.5 ml / wingerdstok in 500 ml water per stok

Dien toe teen bot as gronddrenkbehandeling rondom die basis van die stam. Volg op onmiddelik daarna met nog 2 liter skoon water per stok. Voorkom afloop deur ‘n klein kom te maak. Besproei binne 24 uur na die behandeling.

(Planococcus ficus) BELANGRIKE NOTAS Die volgende is verpligtend vir die toediening van IMIDOR 350 SC in wingerde: • Die gronddrenk IMIDOR 350 SC toediening moet voorafgegaan word met ‘n winter/dormansie behandeling vir Witluise. • Moet nie IMIDOR 350 SC onder droëland toestande toedien nie. Wingerde moet gesond, vry van stres wees en gereeld na toediening besproei word. • Moet nie IMIDOR 350 SC deur besproeiingstelsels toedien nie. • Verseker dat die grond klam is ten tye van toediening. Verwyder blare, onkruide en ander organiese materiaal wat die loging van die mengsel in die grond in sal beperk. • Monitor behandelde wingerde gereeld gedurende die groeiseisoen volgens protokol riglyne. Indien nodig, dien Dichlorvos 1000 EC as ‘n korrektiewe behandeling toe. • Dit is belangrik om te verseker dat Miere onder beheer is om natuurlike predatore en parasiete toe te laat om by te dra tot die beheer van Witluise.

Raadpleeg die Fenamiphos 400 EC, Nemacur® 400 EC, Procap 15 GR, Mocap® 150 GR en Dichlorvos 1000 EC etikette vir WAARSKUWINGS, VOORSORGMAATREËLS en GEBRUIKSAANWYSINGS. Die volgende produkte, vermeld in hierdie etiket, kan vervang word met die ekwivalente produkte hieronder gelys: • FENAMIPHOS 400EC (L 7647) = BONFIRE 400 EC (L 7646 / N-AR 1100) = FENAMIPHOS 400 EC (L 8345) = NEMACUR® 400 EC (L 0367 / N-AR 0057). • DICHLORVOS 1000 EC (L 4640 / N-AR 0990) = DICHLORVOS EC (L 8479) en • PROCAP 15 GR (L 9118) = PHOSCAP 15 GR (L 9119) = MOCAP® 150 GR (L 6985 / N-AR 0776). FENAMIPHOS 400 EC and/en DICHLORVOS EC are registered products of / is geregistreerde produkte van CROPASURE (PTY) LTD. BONFIRE 400 EC and/en PROCAP 15 GR are registered products of / is geregistreerde produkte van VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD. DICHLORVOS 1000 EC, PHOSCAP 15 GR and/en FENAMIPHOS 400 EC are registered products of / is geregistreerde produkte van UNIVERSAL CROP PROTECTION (PTY) LTD. MOCAP® 150 GR and/en NEMACUR® 400 EC are registered trademarks of / is geregistreerde handelsmerke van AMVAC CHEMICAL CORPORATION USA.

IMIDOR 350 SC

PAGE 8 OF 8