GEBRUIKSAANWYSINGS INGESLUIT Date formulated: VERWYS NA BESONDERHEDE Formuleringsdatum: GEDRUK OP HOUER/SAK DIRECTIONS FOR USE ENCLOSED Batch number: REFER TO DETAILS PRINTED ON CONTAINER/BAG Lotnommer:

1: 13/05/09–Feb2016

COUNTER FC 15G® Reg. No. L 5571 Act/Wet No. 36 of/van 1947 N-AR 1082

A granular soil applied contact and systemic insecticide and nematicide for the control of agricultural pests as listed. ’n Grondtoegediende kontak- en sistemiese insekmiddel en aalwurmdoder in korrelvorm, vir die beheer van landboukundige plae soos aangedui. ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL terbufos (organophosphate) 150 g/kg terbufos (organofosfaat) IRAC INSECTICIDE GROUP CODE

1B

IRAC INSEKDODER GROEPKODE

kg Registration holder / Registrasiehouer: Villa Crop Protection (Pty) Ltd. Co. Reg. No. 1992/002474/07 Mpy. Reg. Nr. PO Box / Posbus 10413, Aston Manor, 1630 Tel. (011) 396-2233 Website / Webblad: www.villacrop.co.za

UN Number: 2783

Willow Set & Print 011 394-4486

TOXIC GIFTIG

1:13/05/09 – Feb2016

COUNTER FC 15G

®

Reg. No. L 5571 Act/Wet No. 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE / IRAC INSEKDODER GROEPKODE: 1B ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: terbufos (organophosphate) / terbufos (organofosfaat)

150 g/kg

Registration holder / Registrasiehouer: VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD. Co. Reg. No.: 1992/002474/07 Mpy. Reg. Nr. PO Box / Posbus 10413, ASTON MANOR, 1630, Tel. (011) 396 2233

TOXIC

GIFTIG

WAARSKUWINGS Onthoudingsperiodes: Minimum aantal dae wat moet verloop tussen laaste toediening en oes, baal of beweiding: Bone 60 dae Sitrus 30 dae Grondbone 90 dae Mielies 60 dae Aartappels 90 dae Sorghum 80 dae Sonneblom 90 dae BELANGRIKE NOTA’S RAKENDE MRL VLAKKE: INDIEN VRUGTE BESTEM IS VIR UITVOER, BEVESTIG EERS DIE VOOR-OES INTERVAL MET DIE BETROKKE UITVOERLIGGAAM. INDIEN DIE PRODUK TOEGEDIEN WORD VOLGENS DIE AANBEVELINGS SOOS OP HIERDIE ETIKET AANGEDUI, SAL DIE PLAASLIKE RESIDU LIMIETE (“MRL’S”) NIE OORSKRY WORD NIE. UNIVERSAL CROP PROTECTION (PTY) LTD. KAN EGTER NIE VERANTWOORDELIKHEID AANVAAR VIR UITVOERGEWASSE WAT DIE INVOERTOELATINGS VAN ANDER LANDE OORSKRY NIE. • • • • • • • • • • • •

Hanteer uiters versigtig. Moet nie per hand toedien nie. Moet nooit behandelde gewasse laat bewei nie. Hoogs giftig indien ingeneem en na korttermyn velkontak en inaseming. Herhaaldelike blootstelling mag cholienesterase aktiwiteit inhibeer. COUNTER FC 15G® is ‘n vel- en oogirritant en velsensitiseerder. COUNTER FC 15G® word vinnig deur die vel geabsorbeer. Herhaaldelike inaseming of velkontak kan, sonder enige simptome, vatbaarheid vir COUNTER FC 15G® vergiftiging toenemend verhoog. Giftig vir voëls, visse en wilde diere. Bêre agter slot en grendel, weg van voedsel en voer. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Herbetreding: Moet nie behandelde gebied betree vir 2 dae na die bespuiting nie, tensy beskermende oorklere gedra word. Indien vergiftiging voorkom, ontbied ‘n geneesheer en toon hierdie etiket aan hom/haar.

COUNTER FC 15G®

PAGE 2 OF 5

1:13/05/09 – Feb2016

Alhoewel hierdie middel omvattend onder 'n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grond klimaats- en bergingstoestande, kwaliteit van verdunningswater, verenigbaarheid met ander produkte wat nie op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die plae teen die betrokke middel sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effek op mens of dier of vir 'n gebrek aan prestasie, as gevolg van die versuim van die gebruiker om die etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in geval van enige onsekerheid.

VOORSORGMAATREËLS • Verhoed inaseming van stof en dampe. • Dra 'n masker van 'n tipe wat vir COUNTER FC 15G® (terbufos) beskerming geskik is. • Dra skoon rubberhandskoene, 'n gesigskerm en skoon waterdigte of skoongewaste, beskermende klere (oorpak, rubberstewels, hoed, rubberhandskoene). • Vernietig en vervang handskoene dikwels. • Was deeglik met seep en water na toevallige velkontak en onmiddellik nadat met COUNTER FC 15G® gewerk is. • Moet nie eet, drink of rook terwyl toegedien word alvorens hande en gesig nie eers gewas is nie. • Trek skoon klere aan nadat met COUNTER FC 15G® gewerk is. • Was alle klere wat tydens toediening gedra is deeglik met seep en warm water voor dit weer gebruik word. • Indien binnenshuis hanteer word, voorsien meganiese uitlaatventilasie. • Vernietig leë houers en moet nie hergebruik vir enige ander doel nie. • Was toedieningstoerusting deeglik na gebruik en raak ontslae van die spoelwater waar dit nie gewasse, weiding, riviere en damme sal besoedel nie. • Indien leë houers verbrand word maak seker dat hulle absoluut leeg is voor verbranding en moet nie toelaat dat mens of dier in kontak kom met die rook of gasse nie. • Begrawe oorblyfsels van houers en verseker dat waterbronne nie besoedel word nie, en dat dit begrawe word waar daar nie ‘n residu gevaar sal wees vir gewasse of weiding nie. • Begrawe vermorste produk en was besmette area deeglik met 'n oplossing van 500 g soda-as in 5 liter water, waarby 'n oplosbare benattingsmiddel gevoeg is. • Voorkom besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei. SIMPTOME VAN VERGIFTIGING Hoofpyn, moegheid, flouheid, duiseligheid, oormatige sweet, naarheid, braking, diarree, buikpyn, borsbeklemming, angstigheid, versteurde sig, spiertrillings wat in ooglede en tong begin, nie-reagerende pupille, asemnood, stuiptrekkings en koma. NOODHULPBEHANDELING • Raadpleeg ‘n geneesheer onmiddellik in alle gevalle indien vergiftiging vermoed word. • Indien ingesluk: Drink 1 of 2 glase water en veroorsaak braking deur die agterste gedeelte van die keel met die vinger te prikkel. Herhaal totdat vomeersel helder is. Moet nie braking induseer of enigiets per mond aan ‘n bewustelose persoon gee nie. Verkry mediese hulp. • Indien ingeasem: Verwyder persoon na goed geventileerde omgewing. Indien persoon nie asemhaal nie, pas kunsmatige asemhaling toe, verkieslik nie direkte mond-tot-mond nie, maar eerder indirek/meganies. Indien asemhaling moeisaam is moet suurstof toegedien word. Slegs gekwalifiseerde mediese personeel behoort suurstof toe te dien. Verkry mediese hulp. • Oogkontak: Spoel oë onmiddellik met voldoende hoeveelheid skoon water uit. Verkry mediese hulp. • Velkontak: Was deeglik met seep en water. Verwyder besoedelde klere en skoene. Was besoedelde klere en reinig skoene voor hergebruik. Verkry mediese hulp. NOTA AAN GENEESHEER Dien Atropien binne-aars of binnespiers (1 tot 4 mg) toe, elke 5 tot 10 minute tot ten volle ge-atropiniseerd, soos aangedui deur verkleinde pupille, droë gloeiende vel en tachycardia. Twintig tot 30 mg of meer mag benodig word gedurende die eerste 24 uur. Moet nooit opiaat of fenotiasien verdowingsmiddels toedien nie. Posturale dreinasie word aanbeveel vir longstuwing. Kunsmatige asemhaling of suurstoftoediening mag nodig wees. Pasiënt moet vir ten minste 48 uur onder konstante observasie bly. Geen verdere blootstelling COUNTER FC 15G®

PAGE 3 OF 5

1:13/05/09 – Feb2016

aan enige cholienesterase-onderdrukkers moet toegelaat word nie, totdat cholienesterase regenerasie plaasgevind het soos bepaal deur bloedtoetse. Pralidoksiemchloried (2-PAM: PROTOPAM chloried) mag effektief as byvoegmiddel tot atropien wees. Gebruik volgens etiketaanwysings. WEERSTANDSWAARSKUWING COUNTER FC 15G® is ‘n groepkode 1B insekdoder. Enige populasie van ‘n spesifieke insek mag individue insluit wat ‘n natuurlike weerstand teen COUNTER FC 15G® of enige ander groepkode 1B insekdoders het. Indien hierdie insekdoder herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die insekpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende insekte sal waarskynlik nie deur COUNTER FC 15G® of enige ander groepkode 1B insekdoder beheer word nie. Om weerstand teen insekdoders te vertraag: • vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van insekdoders met dieselfde groepkode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende insekdodergroepkodes, • integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in insekdoder programme. Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk. GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui. • Vir die tydperk wat toegelaat moet word vanaf laaste toediening tot oes, sien “WAARSKUWINGS” hierbo. • Dien slegs toe met planttyd en verseker dat die korrels met grond bedek word. TOEDIENINGSHOEVEELHEDE Gewas

Plaag

Dosis

Opmerkings

Aartappels

Swartmieliekewer

66 g / 100 m plantry

Mielies, Droëbone (Phaseolus spp.), Grondbone, Sorghum & Sonneblom

Swartmieliekewer

33 g / 100 m plantry

Mielies, Droëbone (Phaseolus spp.), Grondbone, Sonneblom

Aalwurms, Astylus kewer larwes, Draadwurm, Vals draadwurm, Wortelwurm

66 g / 100 m plantry

Die knolle moet met ongeveer 5 tot 7 cm grond bedek word voordat die korrels in die plantvoor geplaas word. Plaas die korrels in 'n band van ongeveer 15 cm. Beste resultate word in klam grond verkry. Toediening gedurende planttyd sal Swartmieliekewer vir slegs 'n beperkte tydperk beheer. Verdere beheer met behulp van geskikte spuitmiddels mag nodig wees gedurende die latere groeistadium van die aartappels. Plaas die korrels met behulp van 'n korreltoediener wat op die planter gemonteer is direk voor die planter drukwiel, in 'n band van nie meer as 5 cm nie. Bedek die korrels deur middel van 'n sleepyster wat agter aan die planter of korreltoediener gemonteer is. Voorkom dat korrels in direkte kontak met die saad kom. Gebruik 'n pyp sonder 'n visstert om die korrels toe te dien. Beste resultate sal in klam grond verkry word. Hierdie behandeling sal ook vals draadwurms, Astylus larwes, wortelwurm en draadwurms tot 70 % onderdruk. Plaas die korrels met behulp van 'n korreltoediener wat op die planter gemonteer is direk voor die planter drukwiel, in 'n band van nie meer as 5 cm nie. Bedek die korrels deur middel van 'n sleepyster wat agter aan die planter of korreltoediener gemonteer is. Voorkom dat korrels in direkte kontak met die saad kom. Gebruik 'n pyp sonder 'n visstert om die korrels toe te dien. Beste resultate sal in klam grond verkry word.

COUNTER FC 15G®

PAGE 4 OF 5

1:13/05/09 – Feb2016

Gewas Sitrus

Plaag Aalwurms

Dosis 27 g / m

Opmerkings 2

OF 13.5

Splittoediening : Eerste toediening geskied in die lente teen 13.5 g / m2. Volg op met tweede toediening midsomer teen 7 g / m2 *. Verwys na “TOEDIENINGSRIGLYNE” hieronder.

PLUS 7g/m

Enkeltoediening : Dien in die lente toe na die vrugte geoes is. Verwys na “TOEDIENINGSRIGLYNE” hieronder.

2

Herfstoediening: Dien in die herfs toe **. Verwys na “TOEDIENINGSRIGLYNE” hieronder. *

Opsionele Ekstra = MOET NIE die midsomertoediening na 15 Toediening : Desember toedien nie. ** 2 13.5 g / m = MOET NIE die herfstoediening voor 1 April toedien nie. TOEDIENINGSRIGLYNE: vir Sitrus • Dien slegs toe aan draende bome. • Dien die korrels met 'n toepaslike toediener toe, verkieslik 'n trekkergemonteerde korreltoediener (kontak u Villa Crop Protection (Pty) Ltd. verteenwoordiger). • Dien eweredig binne die drupsone van die bome toe en besproei na toediening. • Raadpleeg u Villa Crop Protection (Pty) Ltd. verteenwoordiger indien nodig. COUNTER® is a registered trademark of / is ‘n geregistreerde handelsmerk van AMVAC CHEMICAL CORPORATION USA.

COUNTER FC 15G®

PAGE 5 OF 5