HOE GROOT IS GOD SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE IN DIE BYBEL MET TEMA ONS BEGRIP VAN GOD (REEKS 16) SAAMGESTEL VIR N LUX MUNDI GROEIGROEP

HOE GROOT IS GOD SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE IN DIE BYBEL MET TEMA ONS BEGRIP VAN GOD (REEKS 16) SAAMGESTEL VIR ’N LUX MUNDI GROEIGROEP PAUL LE RO...
Author: Owen Boyd
19 downloads 4 Views 142KB Size
HOE GROOT IS GOD SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE IN DIE BYBEL MET TEMA ONS BEGRIP VAN GOD (REEKS 16)

SAAMGESTEL VIR ’N LUX MUNDI GROEIGROEP PAUL LE ROUX

2008

1

Hersiening 14/08//2008

Voorwoord Die Woord van God is die “lig” vir die lewenspad, die “kompas” vir die lewensreis waartydens gelowiges God se unieke droom vir sy of haar lewe self ontdek. Die verlossing wat Jesus Christus vir ons gelowiges gegee het bied die beste boodskap van hoop wat mense kan kry. Wat kan jy doen om die passie wat Jesus vir verlore mense het, na vandag se verlore mense uit te dra? Wat doen jy om die blye boodskap van hoop met ander mense te deel? Ons bid en vertrou dat hierdie bybelstudie vir jou ook sal help om die ware hoop met ander mense, wat dit nodig het, te deel. Ef. 1:18 18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop Sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 1 In hierdie reeks kyk ons spesifiek na gelowiges se Godsbegrip en verstaan wie God is. Beskrywing van die beginsels en proses vir die ontwikkeling van die Leer en Groei Saam Reeks: a) Die reeks is ’n integrale deel van die geloofservaring van ons eie gemeenskap van gelowiges. b) Die beginsel is dat gelowiges, gelei deur die Heilige Gees, mekaar aanmoedig en stimuleer tot groei in geloof en kennis. c) Die materiaal word saamgestel vanuit verskillende Bybel vertalings, bestaande erkende kommentare en literatuur met duidelike verwysings. Persoonlike kommentaar en opinies word duidelik as sulks uitgewys. d) Die ontwikkelingsproses sluit ook die kwaliteitsbeginsel van voortdurende verbetering in. Hersienings word aan datums uitgeken. e) Alhoewel erkenning gegee word aan die oorspronklike samesteller en die insette van elke medewerker is die produk die eiendom van die gemeente. ’n Hersieningspan is verantwoordelik vir die instandhouding, opdatering en verspreiding van die dokumente. f) Die produkte/dokumente is voorwaardelik beskikbaar aan alle medegelowiges binne en buite die gemeente. Voorwaardes vir gebruik van die materiaal: a) Jesus Christus moet die eer kry. Verheerlik Sy Naam. b) Gee terugvoering en kommentaar om die reeks kontinu te verbeter. Stuur kommentaar na [email protected] c) Materiaal mag nie verkoop word nie. Moet verkieslik elektronies versprei word. Slegs koste van afdrukke kan verhaal word.

1

Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Eph 1:18 2 Hersiening 14/08//2008

MENS SE BEGRIP EN BEELD VAN GOD God is per definisie ’n misterie. Ons kan Hom nie sien nie, nie beskryf nie, nog minder sal ons Hom ooit kan verstaan. Al waaroor ons kan praat, is hoe die Bybel Hom (dikwels met groot skroom) teken. Maar juis in hierdie tekening van God skiet mensewoorde tekort. Daarom gebruik die Bybel menslike beelde om in terme van ons eie verstaanshorison iets van God aan ons deur te gee. Hierdie verduideliking is dus onder meer beperk deur die metaforiese beskrywings van God en deur die ruimte tot ons beskikking. Beskryf die eerste gedagtebeeld of “prentjie” wat by jou op kom wanneer jy aan God dink. ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Ons gaan voort om na ’n paar Bybelse beelde van God te kyk om ons Godsbegrip te bevestig. 1. Die Skeppergod Die Bybel lê besondere klem op die feit dat God die Skepper is van alles op die aarde en in die ruimte. Die verste sterre-newels, die kragte wat in die heelal werksaam is, dit alles is sy maaksel. Mens en dier, berge en seë, wind en reën, alles in en op die aarde kom van God af. Dit word in die skeppingsverhaal van Genesis 1 saamgevat, in die Psalms (bv. Ps. 103; 104) besing en in die profeteboeke (bv Jes 40:12–18, 21–31) beklemtoon. God skep sonder enige hulp en sonder enige inspanning. Hy spreek net ’n woord en dit gebeur (Gen 1:3, 6, 9, ens). Die omvang, die grootsheid, die orde en die detail tot op basiese molekulêre of sel vlak in die skepping vertel vir ons iets van die oorweldigende vermoë en almag van God. Kyk gerus na die DVD’s van Louie Giglio “Indescribable” en “How Great is our God”. Van Canus Majorus, die grootste ster wat ons as mense tans van bewus is tot die kruisvormige Lamisil, die basiese protein wat die menslike selle aanmekaar bind, wys op die onuitspreeklike grootsheid van die skepping van God. As die grootsheid van die skepping so oorweldigend is, hoe groot is die Vader as Skepper vir jou? Ons is wel na die beeld van God geskep maar besef jy hoe groot die sprong was vir Jesus om mens te word? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Hoekom het so almagtige God eenvoudige mense geskep? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Lees Gen. 1:26-27 26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as Ons verteenwoordiger, Ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” 27God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.2 Omdat God die Skepper is, word gebed sinvol. As Skepper is Hy in staat om gebede te verhoor. Daarom kan Hy red. Dit is onderliggend aan die verlossingsprofesieë van baie profete. As voorbeeld geld die aankondiging van die herstel van Jerusalem en Juda in Jesaja 44. Eers word God geteken as die onvergelykbare Skeppergod: … Ek is die Here, Ek het alles geskep … (Jes 44:24). Vanuit hierdie magsposisie kan God dan verder belowe: … Ek sê van Jerusalem: Hy moet weer bewoon word … (Jes 44:25). Omdat Hy alles gemaak het, kan Hy die nasies oordeel (bv Jer 46:1–51:58), die reën terughou (bv 1 Kon 17:1) en dit gee (bv 1 Kon 18:1). Die effek strek nog verder. Omdat Hy die mens gemaak het, kan Hy 2

Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Ge 1:26 3 Hersiening 14/08//2008

genees (bv Ps 41:4; 2 Kon 20:1–11), beskerm (bv Ps 91), mense se gedagtes en gesindhede verander (bv Eseg 36:26) en selfs uit die dood opwek (bv Dan 12:2). Hy is die Almagtige wat die onmoontlike in ons lewe kan bewerk (bv Jer 32:27. Daarom kan ons met vertroue ons behoeftes aan Hom stel. Hoe nader jy tot hierdie oorweldigende groot en almagtige God in gebed? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... 2. Koning, Herder en Regter God word ook as ’n koning beskryf. Hy regeer oor Israel (bv Ps 47:6–8; Jes 52:7) deur hulle te verlos, te beskerm en te seën. Kragtens die verbond met Israel moet hulle Hom dien en aan Hom gehoorsaam wees. Toe die volk begin vra vir ’n eie menslike koning (bv 1 Sam 8) was dit juis op grond van hierdie oortuiging dat Samuel teen hierdie versoek gekant was (bv 1 Sam 8:6). God is egter ook koning oor alle volke en nasies. Al erken hulle Hom nie as sodanig nie (bv Ps 47:9), sal die tyd kom dat hulle dit moet doen (Ps 22:28–29). Daarbenewens is God ook koning oor die natuur (Ps 29:10) en alle magte (Ps 95:3–6). Dit is waarom die Bybel, en met name die Psalms, gelowiges oproep om God te loof en in aanbidding voor Hom neer te buig (bv Ps 99:5; 132:7). Erken jy God se koninklike magsposisie in jou lewe? Wat beteken dit in die praktyk? Hoe nader jy tot ’n koning? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... God word op baie plekke beskryf as ’n Herder (bv Ps 80:2). Hierdie titel hou verband met die koningskap. Daarmee word die besondere verhouding tussen God en sy gelowiges uitgebeeld. Soos iemand wat skape oppas, lei Hy sy gelowiges (bv Ps 23:1–4), versorg en beskerm Hy hulle (bv Jes 40:11) as sy “kudde”. Daarmee sê die Bybel dat God nie gevoelloos staan teenoor die sorge en leed van sy gelowiges nie. Hy is persoonlik betrokke in die bevordering van die welwese van sy “kudde”. Wanneer ’n aardse koning sy mense versorgend en met wysheid lei dwing hy respek af en is die mense gewoonlik lief vir hom. Wat se respek dwing God as ons hemelse Koning by jou af en is jy lief vir Hom? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... God is ook Regter. Hy het die laaste sê oor wat reg is en op Hom kan die gelowiges hulle beroep (Ps 4:2; 7:7). Hy is die Een wat die uiteindelike beslissing vel (2 Tim 4:8; Heb 12:23). Daarom kan Hy mense en volke tot verantwoording roep en hulle oordeel (Gen 18:25; Op 11:18). Wat is jou verwagting van die eindoordeel? Hoe raak hierdie beeld jou verhouding met God? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... 3. Vader (en Moeder) Deur na God as “Vader” te verwys, wil die Bybel die besondere verhouding tussen God en sy mense uitbeeld. Die uitspraak Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien (Ps 103:13) sê dat God omgee, medelye het met en simpatie betoon aan mense. Die moederbeeld word ook gebruik: Kan ’n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in 4

Hersiening 14/08//2008

die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie (Jes 49:15). Geen aardse vader of moeder sal ooit die deernis hê waarmee God Sy gelowiges omvou nie. As kinders van gelowige ouers is ons eerste beeld van God waarskynlik die van ’n liefdevolle en beskermende en versorgende vader. Hoe lyk jou verhouding met jou aardse vader? Hoe lyk jou verhouding met jou kinders? Kan hulle ’n gesonde vader beeld van God vorm weens jou gedrag? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Daarom ly God wanneer Sy mensheid nie aan hulle doel beantwoord nie (Gen 6:5–7). Die woorde wat in hierdie verse gebruik word, is in Hebreeus dieselfde as die pyn waarmee die vrou kinders in die wêreld bring en die swaarkry waarmee die man ’n lewensbestaan moet verdien. Deur dit so te stel, assosieer God Hom met die pyn en swaarkry van die mensdom. Dit word sý pyn en swaarkry (1 Sam 15:10; Jer 31:20; Hos 1:2). Die hoogtepunt van God se lyding is wanneer Hy mens word. Jesus se kruisdood het God se smart sigbaar gemaak, veral met die uitroep: … My God, my God, waarom het U my verlaat? (Matt 27:46). Kinders kan baie hartseer en pyn in ouers se lewens veroorsaak. Wat doen jy wat hartseer en pyn veroorsaak? Wat kan jy daaraan doen? Wat doen God? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Omdat God ook Vader is, het Hy lief met ’n onbegryplike liefde wat geen einde ken nie (Ps 136:1–26). Hy wil bekendstaan as die barmhartige en genadige God, lankmoedig en vol liefde en trou (Eks 34:6). Dis ’n liefde wat geen grense ken nie (Ps 36:6), wat liefhet ten spyte van opstand (Jes 54:9–10) en wat eerder red as om te oordeel (Hos 11:8–9). Daarom sê die Nuwe Testament reguit: … God is liefde (1 Joh 4:8). Omdat Hy liefde is, het Hy sy Seun gestuur om dit te bewys en ons met God te versoen (1 Joh 4:9–10). Omdat Hy Vader is, kan Hy ook vergewe, selfs die opstandigheid van mense (Jes 43:25; Jer 33:8). Trouens, Hy staan daarvoor bekend dat Hy vergewe (Neh 9:17; Ps 78:38). Daarom verwag Hy van ons om net so ook ander mense wat teen óns oortree van harte te vergewe (Matt 18:21–35, Ef 4:32; Kol 3:13). God word so die rolmodel waarvolgens ons ons lewe moet inrig. Wat ’n wonderlike God! Dis die moeite werd om Hom te dien en te eer. Hy beskik oor al die mag, maar ook oor al die liefde. Aan Sy liefde is daar geen einde nie (Ps 118:2). 4. Drie Persone maar een God. Kol 1:15 – 20: Paulus gee ’n perspektief op die Godheid van die Seun. 15 Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. 16God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. 17Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. 18Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem. 19God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon 20en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.3 Hand. 2:14 – 17 en 32-33. Petrus gee ’n perspektief op die koms van die Heilige Gees. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: 17Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense:4 16

3 4

Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Col 1:15 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Ac 2:16 5 Hersiening 14/08//2008

32

God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies. 33Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort. Dit is wat julle nou sien en hoor.5 Staan die werking van elk van die drie Persone van God los van mekaar? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Deur te sê dat die Vader die Oorsprong is uit Wie en die Seun deur Wie alles tot stand gekom het, en die Heilige Gees in Wie alles voltooi word, word die intieme verband van die werk van die drie Persone duidelik aangedui. Die verlossingswerk van Jesus Christus en die voleindigingswerk van die Heilige Gees staan nie los van die skeppingswerk van die Vader nie.6 Sien ook Reeks 14 waar die perspektief op die heilige Gees val. Verwysings in die Bybel na die Drie-Eenheid van God: Mat.3:16-17 16 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ’n duif sien neerdaal en op Hom kom. 17Daar was ook ’n stem uit die hemel (Vader) wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” 7 Mat. 28:19. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, 8 Joh. 15:26 26 “Wanneer die Voorspraak (Gees) kom wat Ek (Jesus) vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My (Jesus) getuig. 9 2 Kor. 13:13. 13 Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.10 1 Pet 1:2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.11

2

1 Joh. 4:2 Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.12 2

Die woord drie-eenheid is ’n aanduiding van die openbaring van God, dat Hy één enige HERE is, Deut. 6:4, en nogtans Vader, Seun en Heilige Gees, Mat. 28:19; 2 Kor. 13:13. Dié openbaring is in die O.T. versluier. Die meervoud in Gen. 1:26; 3:22; 11:5, 7, wys op ’n veelvoud, maar nie op ’n drieheid nie. In die O.T. word die duidelikste gewys na ’n drieheid in Jes. 63:9 e.v. Sodra die werk v.d. verlossing in die N.T. tot vervulling kom, word ook die openbaring van die drie-eenheid duidelik, Luk. 1:35; 3:21. En wanneer die werk voltooi is, moet die ontwyfelbare waarheid daarvan bevestig word deur die doop in die naam v.d. Vader, die Seun en die Heilige Gees, volgensMat. 28:19, sodat die gelowiges mag rus in die genade v.d. Here Jesus Christus, die liefde van God die Vader en die gemeenskap v.d. Heilige Gees, volgens 2 Kor. 13:13 en Opb. 1:4.

5

Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Ac 2:32 Heyns, J.A.: Dogmatiek. Pretoria : NG Kerkboekhandel, 1999, c1978, S. 99 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Mt 3:16 8 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Mt 28:19 9 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Jn 15:26 10 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. 2 Co 13:13 11 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. 1 Pe 1:2 12 Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. 1 Jn 4:2 6 Hersiening 14/08//2008 6 7

Beleef jy God as Eenheid? Kommunikeer jy met Hom as Eenheid? Sê in jou eie woorde hoe jy God sien en beleef. ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Die openbaring van God is hierin duidelik. dat God één enige HERE is én dat Vader, Seun en Heilige Gees, dié drie, gelyktydig waaragtig God is.13 God is so groot en magtig dat die mens God nie kan sien en bly leef nie. Ons menslike verstand kan nie God se grootheid regtig begryp nie. Ons kan nie die lig en energie wat vanuit God straal aanskou nie. Ons het nie op aarde die vermoë om tydloos te dink nie. Ons het nie die vermoë om eers te kan beweeg na ’n fraks van die heelal wat God geskep het nie. Ons het nie die vermoë om lewe te skep nie. Omdat ons menslike verstaan van God te beperk is, het God Homself uit liefde op ’n verstaanbare wyse aan die mens kom openbaar. Die wonder van God se genade is dat God, terwille van die mens, Homself eers openbaar in Jesus as mens en later in die Heilige Gees as ’n onsigbare maar bewustelike teenwoordigheid by ons sodat ons God kan beleef. Daar is geen ander soos Hy nie. Hoe groot is God!!!! Hoekom kan mens God nie sien nie? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... 5. Rolle van die persone van die Drie-Eenheid. Ef. 1:3-14 3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. 9Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak 10en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. 11Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem. Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. 12Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. 13Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.14 Wat leer ons van die rolle van die Drie Eenheid in hierdie stuk? Rol van die Vader? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Vader – God die Vader van ons Here Jesus Christus het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. Die Vader het ons voor die skepping van die wêreld reeds in Christus tot Sy kinders uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Die Vader het ons verkies. 13 14

Bybelse ensiklopedie. electronic ed. Kaapstad : Verenigde Protestantse Uitg., 1998, c1977 (Logos Library System; 2de hers. uitg) Die Bybel : Nuwe Vertaling. electronic ed. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Eph 1:3 7 Hersiening 14/08//2008

Rol van die seun? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Seun – Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. Die Seun het ons verlos. Rol van die Heilige Gees? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... Heilige Gees – In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Die Gees het ons as eiendom van God verseël. Ons kan dan weer herhaal dat die Vader die Oorsprong is uit Wie en die Seun deur Wie alles tot stand gekom het, en die Heilige Gees in Wie alles voltooi word. Die name van die Drie Eenheid help ons om ook die rolle te verstaan: Eerste Persoon: God (Kurios), Here (Jahwe), Vader (Abba) – Almagtige, Skepper, Versorger, Heerser.(Lig) Tweede Persoon: Here Jesus Christus, Seun van God – Verlosser, Saligmaker, Middelaar, Redder.(Mens) Derde Persoon: Gees van God, Heilige Gees – Trooster, Leidsman, Krag van God. (Duif) Hoekom openbaar God hierdie verskillende rolle? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... God Drie Enig herstel die verhouding met die die mens, as kroon van die skepping, om as gelowiges weer in harmonie met God en Sy skepping ewig te leef tot Sy eer. Hoe lyk jou prentjie van God nou? Hoe nader jy nou in gebed na Hom? ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... ........................................................................................................................................................................... ...........................................................................................................................................................................

8

Hersiening 14/08//2008

6. Name van God in die Nuwe Testament (Addisionele leesstof) Die Nuwe Testament het die name van God soos wat dit in die Ou Testament gebruik is, in Grieks vertaal, meestal in aansluiting by hoe dit in die Septuaginta* gebeur het. Die Nuwe Testament het nie “Jahweh” direk uit die Hebreeus uit oorgeklank, sodat ons oral in die Nuwe Testament “Jahweh” in Griekse letters lees nie. Hierdie naam, soos ook die ander name van God, is in die Nuwe Testament verinheems en vertaal. En die woorde wat gebruik is, is die tipiese woorde wat in die algemene Spreektaalgrieks van daardie tyd gebruik is. Op voetspoor hiervan is dit volledig aanvaarbaar dat ons, soos wat die Nuwe Testament dit reeds met die Griekse name gedoen het, die name van God met geskikte Afrikaanse woorde vertaal. Dit is opvallend dat daar minder name vir God in die Nuwe Testament is. Daar is eintlik maar net drie name, naamlik “Theos” (God), “Kurios” (Here), en “Pater” (Vader). Daar is dus geen eienaam in die ware sin van die woord nie; al drie hierdie name is soortname. Die Griekse woord “theos” (god) word gebruik vir al die vorms wat afgelei is van die Hebreeuse “El” en “Elohim”, en val in dieselfde betekenisveld, naamlik die een hoogste bonatuurlike Wese wat die skepper en onderhouer van die heelal is. Dit is opmerklik dat in die Nuwe Testament dieselfde woord (theos) vir die enige ware God sowel as vir ander vermeende gode gebruik. Die Griekse naam “kurios” (Here) word soos “Theos” vir ten minste twee Hebreeuse Godsname gebruik, naamlik “Adonai” en “Jahweh”. Die woord “kurios” het dan ook al die betekenisskakerings van die twee Hebreeuse name. Hieruit is af te lei dat ’n mens nie te veel moet maak van die onderskeid tussen Adonai en Jahwe nie, want die Nuwe Testament doen dit nie. In die Nuwe Testament is “kurios” ’n titel wat vir sowel God die Vader as vir Christus gebruik word. Dit dui dié twee Persone van die Drie-eenheid aan as Persone wat bonatuurlike oppergesag oor die mensdom voer. Opnuut is dit opmerklik dat die woord “kurios” nie ’n nuutskepping is nie; dit is nie ’n woord wat spesiaal gemaak is om God aan te dui nie. Die woord het in die Griekse samelewings bestaan en was die tipiese titel van elke mens wat in ’n gesagsposisie bokant iemand anders verkeer. Dit was gevolglik in baie kringe ook niks anders nie as ’n beleefde aanspreekvorm vir ’n meerdere. Elke gesagsdraer, van ’n pa tot ’n slaaf se baas tot die goewerneur of keiser is aangespreek as “(my) heer”, soos ons “meneer” vandag. Dit blyk dus uit die Nuwe Testament dat die uniekheid van God nie soseer in die naam opgesluit lê nie. In 1 Korintiërs 8:4–6 staan: … ons weet dat daar … geen God is nie, behalwe Een. En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat “God” en “Here” genoem word, is daar … vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. Dit is duidelik: die uniekheid lê nie in die “Here” of “God” opgesluit nie, maar in die toevoegings wat daartoe gemaak word, naamlik in die geval van God: “die Vader uit wie alles is;” en in die geval van Here: “Jesus Christus, deur wie alles bestaan.” Die derde Godsnaam is “Vader”. Ten opsigte van die name van God is dit sekerlik die mees besondere ontwikkeling wat daar in die Nuwe Testament ten opsigte van die name van God kom. In die Ou Testament is daar selde na God as Vader verwys. God is wel die “Vader van die volk Israel” genoem, en daar is enkele psalms waar Hy ook as die Vader van individue aangedui word (Ps 68:5, 103:13). Jesus self het as werklike “Seun van God” hierdie aanspreekvorm geyk, en dit ook as navolgingseisende voorbeeld gestel. Met die naam “Vader” val die fokus op die feit dat God nie net die Almagtige met oppergesag is nie, maar ook die Een wat vir sy kinders sorg. Op soveel plekke in die Bybel is dit opvallend dat daar spesifiek op die verband tussen God se versorging van die gelowiges en ’n menslike ouer se versorging van sy kind klem gelê word.

*

Septuaginta: Dit is die bekendste vertaling van die Hebreeuse Ou Testament in Grieks. Dele is reeds in die derde eeu vC vertaal. Jode wat nie meer Hebreeus magtig was nie, het dit as hulle Bybel in die diaspora* gebruik. Dit was ook in die beginjare die Christelike kerk se Bybel. Die meeste aanhalings uit en toespelings op die Ou Testament wat in die Nuwe Testament voorkom, is hieruit geneem of sinspeel hierop. 9 Hersiening 14/08//2008

Lukas 11:11 en 13 wys dit duidelik: Is daar ’n pa onder julle wat as sy seun vir hom ’n vis vra, vir hom ’n slang sal gee in plaas van die vis? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee— die Vader in die hemel nog baie meer! Wanneer ’n mens só nadink oor die name van God, moet jy die “metaforiese aard van godsdienstige taal” in gedagte hou. Die “metaforiese aard van godsdienstige taal” hou in dat die mens, wanneer hy oor God en die eienskappe van God en dus ook oor sy titels praat, dit nie anders kan doen as om dit in terme van sy bekende leefwêreld te doen nie. En dit nie net wanneer die mens óór God praat nie, maar dit blyk dat dit ook die geval is wanneer God Hom aan die mens openbaar. Noodwendig word dit in terme van beelde gedoen. Veral ten opsigte van die Godsname “Here” en “Vader” geld hierdie stelling. In die geval van “Here” word deur die gebruik van hierdie naam baie fasette van die aardse baas by die gebruiker wakker en net so by die gebruik van die naam “Vader”. Dit sou gevolglik verkeerd wees om, al is dit gemotiveer uit ’n piëteit en ’n hoogagting vir die heiligheid en hoogheid van God, hierdie name te wil losmaak van die assosiasies wat dit by die moedertaalspreker oproep. ’n Manier om dit so los te maak sal byvoorbeeld wees deur (sê nou maar) Latynse of Hebreeuse of die oorspronklike Griekse terme net so te behou. Dit sou verarmend inwerk op die Godsbeeld by baie mense, aangesien dit dan ’n betekenislose term is wat nuut met betekenis gevul moet word, iets wat ’n mens in elk geval nie anders as met beelde sal kan doen nie.15

15 Vosloo, W. ; van Rensburg, F. J.: Die Bybellennium Eenvolumekommentaar Die Bybel Uitgele Vir Eietydse Toepassing. Vereeniging : Christelike Uitgewersmaatskappy, 2000, c1999, S. Re 21:1 10 Hersiening 14/08//2008

Suggest Documents