BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE VOLEINDING

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE VOLEINDING ’n Seisoen wat eweneens met eskatologiese verwagting gelaai is. Inleiding Die laaste Sondae van die ...
Author: Ada Evans
0 downloads 3 Views 320KB Size
BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE VOLEINDING ’n Seisoen wat eweneens met eskatologiese verwagting gelaai is.

Inleiding Die laaste Sondae van die kerklike jaar word tradisioneel gewy aan die eindtyd en sluit op ’n hoogtepunt af met die viering van Christus se koningskap oor alles. Nadat ons die siklus van die kerklike jaar voltooi het, hou ons ons op die laaste paar Sondae besig met die verwagting van die wederkoms van Jesus ons Koning. In die laaste hoofstukke van die Lukasevangelie word ons by Jesus se gesprekke oor die oordeel en die laaste dinge betrek. Ons hoor dat Jesus die verlosser is wat mense hoop gee om deur moeilike tye te volhard en na sy wederkoms uit te sien. Die koninkryk van God is naby en gelowiges kan volhard omdat hulle reeds deel het aan die nuwe ryk van God. Die liturgie moet hierdie verwagting verwoord. Die diens van die tafel word op hierdie Sondae ʼn viering van ons toekomsverwagting. Die erediens roep die gemeente op om na die voleindig wat God beloof, uit te sien.

Tydseie kenmerke Kleur As deel van Koninkrykstyd bly die liturgiese kleur groen. Die feestelike wit van Sondag van Christus die Koning kan geleidelik ingebring word om tydens die feesdiens ten volle aangewend te word. Goud word ook op dié feesdag gebruik. Simboliek Die Alfa en Omega, as aanduiding van die begin en die einde, kan op ’n verskeidenheid maniere as simbool aangewend word. Brandende lampe simboliseer waaksaamheid en verwagting. ’n Weegskaal dien as simbool van die finale oordeel. ’n Kombinasie van die kruis en kroon kan ewe gepas benut word.

In die daaglikse handel en wandel, is dit ook die tyd wat die jaar reeds tol geëis het. Die uitsien na die wederkoms van Christus reik bokant hierdie omstandighede uit en gee aan die voorganger kans om deur die liturgie mense by die gewone moegheid aan die einde van die jaar verby te laat kyk.

Feesdae Slegs een groot kerklike fees word gedurende hierdie seisoen gevier, naamlik die fees van Christus die Koning (van die heelal) waarmee die kerkjaar afsluit. Dit word as groot en belangrike feesdag geag waartydens die betekenis van Christus se heerskappy oordink en gevier word.

Die Seisoen van die Voleinding sluit direk by die begin van die volgende siklus in die kerklike jaar, Advent aan.

Tekste Datum 3 November 2013 Vier en twintigste Sondag van Koninkrykstyd

10 November 2013 Vyf en twintigste Sondag van Koninkrykstyd

17 November 2013 Ses en twintigste Sondag van Koninkrykstyd

Tekste Habakuk 1:1-4; 2:1-4

Tema/Opskrif van elke teks Wag geduldig op die Here. Hy sal sy beloftes waar maak, al lyk dit nie so nie.

Psalm 119:137-144

Hy wat ag slaan op die bevele van die Here, vrees nie die Here se regverdige oordeel nie.

2 Tessalonisense 1:1-4, 11-12

Deur die krag van God kan die gemeente volhard en word God verheerlik.

Lukas 19:1-10

ʼn Ontmoeting met die Here lei tot redding en vergifnis.

Haggai 1:15b-2:9

Die mens kan moed skep en voortgaan want die Here die Almagtige is by hom.

Psalm 145:1-5, 17-21

Loof die Here want Hy is magtig en goed. Hy help elkeen wat na Hom soek.

2 Tessalonisense 2:1-5, 13-17

Moenie mislei word deur allerhande vals profete nie. Hou vas aan die goeie leer waarin jy groot geword het.

Lukas 20:27-38

Sien uit na die opstanding wanneer die koninkryk van God aanbreek en alles anders sal wees as wat ons nou ken.

Jesaja 65:17-25

Wees bly want die Here skep ʼn nuwe toekoms waarin ellende en verdriet nie plek het nie en waar vrede sal heers.

Jesaja 12

Sing tot eer van die Here sodat almal kan hoor van sy goedheid en redding.

2 Tessalonisense 3:6-13

Werk hard en neem verantwoordelikheid vir jou lewe. Hou aan om goed te doen.

Lukas 21:5-19

Aan die einde van die tyd sal gelowiges swaarkry, maar hulle kan op die Here vertrou. Hy sal hulle help. 1

24 November 2013 Sewe en twintigste Sondag van Koninkrykstyd Sondag van Christus die Koning

Jeremia 23:1-6

Die Here waarsku die swak herders dat Hy hulle gaan straf, maar hy beloof om sy volk weer op te bou.

Lukas 1:68-79

Die Here stuur ʼn verlosser wat, volgens sy beloftes, sy volk weer op die regte pad sal lei.

Kolossense 1:11-20

God het ons gered en ons onder die heerskappy van sy Seun gestel wat die Heerser en Koning van alles is.

Lukas 23:33-43

Die Here word gekruisig en word so Koning van God se nuwe ryk, waar daar plek vir sondaars is. Moet nooit by iemand in die skuld wees nie – betaal alles. Die enigste skuld wat ons nooit afbetaal nie is die liefde wat ons aan mekaar verskuldig is. As iemand ander mense liefhet, dan doen hy wat die wet van God wil hê. Die wet sê: Jy mag die huwelik nie verbreek nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie lieg nie, jy mag nie iets van iemand anders begeer nie. Daar is mag nog baie ander wette ook wees, maar hulle almal saam word uitgedruk in een wet wat sê: Jy moet ander mense net so liefhê as vir jouself. Iemand wat sy medemens liefhet sal hom nie iets verkeerds aandoen nie. As ’n mens dan ander mense liefhet, doen jy wat die wet wil hê.

Diensorde GOD VERSAMEL ONS VOOR HOM Gebruik deurlopend Lied 176 “Halleluja! U is Koning”, wat die koningskap van die Here besing. Aanvangswoord Gebruik Lukas 1:68-70 as aanvangswoord. Seëngroet Ek groet julle in die Naam van die Koning van die Konings, Jesus, die Here. Hy ontvang julle met vreugde en onverdiende goedheid. Lofsang Lied 201:1,3 “Lofsing die Heer, buig voor Hom neer”

Verootmoediging Lied 239:1, 3 “Jesus, rots vir my geslaan”

Loflitanie Voorganger: Kyk, die Koning kom. Loof die Here! Gemeente: Laat ons neerbuig en Hom dien.

DIENS VAN DIE WOORD Skriflesing Lees die Lukasteks.

Voorganger: Juig en wees bly, want Christus is jou Koning. Gemeente: Aan Hom behoort die eer en die heerlikheid en die aanbidding.

Gebed om die opening van die Woord Skriflesing Fokusteks

Voorganger: Lofwaardig is U, Here, Koning van die konings, want U het ons van sonde en die dood verlos. Gemeente: Deur u bloed is ons deel gemaak van u Koninkryk.

Preek

Voorganger: Daarom het die Almagtige God, Hom tot die hoogste eer verhef, Hom die Naam gegee wat bo elke naam is sodat in die Naam van Jesus elke knie sal buig en elke tong sal erken: Jesus Christus is Here! Gemeente: Buig voor die Here. Loof en prys sy ewige Naam. Lied 223:1,2 “Aan Jesus, Koning, al die eer”

Instelling Geliefdes, die nagmaal wat ons vier is ’n bewys van die grootheid van God se liefde vir ons. Dit wat geen mens in homself kon doen nie het God gedoen deur sy Seun in die gestalte van ’n sondige mens te stuur as ’n offer vir ons sonde. Die nagmaal bevestig aan ons dat daar geen ander Verlosser as Jesus Christus, die Seun van God is nie en dat ons volkome vergewing van ons sondes kan kry op grond van sy enige offer aan die kruis. In die nagmaal verwerp ons alle eie pogings om ons self te red en plaas ons ons volle vertroue op die soenverdienste van ons Here Jesus Christus aan die kruis, waarvan die tekens van brood en wyn getuig.

Gebed vir die kerk en die wêreld DIENS VAN DIE TAFEL Dankoffer

Sang Lied 345:3,4 “Kom alle getroues” Flam 15 “Kom ons loof en dank nou die Heer

So is die nagmaal ’n openbare belydenis van jou geloof in Jesus Christus, die Seun van God as jou enigste Verlosser. Met die neem en gebruik van die tekens verklaar jy dat jy die verlossing deelagtig geword het net soos die brood en die wyn deel van jou word.

Wet Die Koning wat ons so loof vra dat ons liefde sal gaan leef as burgers van sy koninkryk. Gebruik Romeine 13:8-10 uit die Boodskap as wet:

2

Voordat ons dan die tekens van genade kan ontvang en gebruik moet ons onsself ondersoek en seker maak dat ons steeds uit die geloof lewe dat Jesus Christus ons enigste verlosser en saligmaker is.

die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ’n ewige lewe. Geliefdes in die Here, kom, want alles is nou gereed. Die Here het sy tafel berei vir die wat in Hom glo en Hom liefhet.

Antwoord dan opreg op die volgende vrae voor God en sy gemeente: Ten eerste: Glo jy dat die Ou en Nuwe Testament die ware Woord van God is wat ons die enigste weg tot redding leer soos dit ook vervat is in die artikels van die Christelike geloof en in die kerk hier geleer word?

Daarom nooi Hy ons uit met hierdie woorde: Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie . . . Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank.

Ten Tweede: Bely jy dat jy as ’n sondaar gebore is en die oordeel van God verdien, dat Jesus Christus in jou plek die straf vir jou sonde gedra het en dat jy op grond van sy soenverdienste aan die kruis die ewige lewe het.

Lied 514:1,2 “Ek weet verseker” (Liturg en lidmate neem plek in aan die tafel)

Ten Derde: Beloof jou dat jy uit dankbaarheid die Here met jou hele lewe sal dien en eer en sy naam sal verheerlik. Gemeente: Ja

Gebed met of sonder die “Ons Vader” Uitdeling

Bely dan nou saam met die kerk van alle eeue jou geloof in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.

Kommunie UITSENDING

Geloofsbelydenis Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; Wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die Almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ’n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;

Aankondigings Gaan leef as gemeente in die koninkryk van God. Voorbidding Gepaste lied wat die boodskap van die dag dra Seën Die Koning van die konings sê: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Na aanleiding van Matteus 28:18-20)

3

3 NOVEMBER 2013

VIER EN TWINTIGSTE SONDAG VAN KONINKRYKSTYD LITURGIESE VOORSTEL Leesroostertekste Sleutelteks: Ander tekste:

Inleiding Die Seisoen van die Voleinding staan in die teken van volharding tot op die dag waarop die Here Jesus weer kom. Dit is ons geloof wat ons laat vasstaan, volhard tot op die dag dat die Here Jesus ons kom haal. In hierdie tyd neem ons geloof en liefde steeds toe. Op ons geloofsreis sal ons maklik vrae kan vra oor die onreg en geweld wat deel van die lewe is. Volharding vra dat ons op die Here wag. God se geregtigheid staan vas. Ons moet op die uitkyk bly vir waar ons die Here sien werk, aktief deelneem aan die koms van sy koninkryk, en bly volhard met hoop.

2 Tessalonisense 1:1-4, 11-12 Habakuk 1:1-4; 2:1-4; Psalm 119:137-144; Lukas 19:1-10

God versamel ons voor Hom

Diens van die tafel Nagmaalsherinnering Die tekens van brood en wyn herinner ons daaraan dat Jesus by die nagmaal gesê het dat Hy nie weer wyn sal drink totdat Hy dit saam met ons in God se nuwe ryk sal drink nie. Daarom laat dit ons vooruit kyk na sy wederkoms sodat ons ons uitstrek na die dag wanneer Christus in heerlikheid sal verskyn en alles tot volheid sal bring, die dag waarop Hy die hemel en aarde nuut sal maak (uit die nagmaalsformulier).

Gebruik die loflitanie soos voorgestel in die basisliturgie

Diens van die Woord

Uitsending

Kindertyd Bou ʼn tent van komberse en besemstokke. Vra vir die kinders of hulle ook soms sulke tente in hulle huise bou. Gesels met hulle oor hoe hulle dit bou en wat hulle daarin doen. Die tent is vir jou ʼn huis, maar dit is ʼn huis binne in jou regte huis. Terwyl ons hier op aarde woon, is dit ook soos ʼn tent. Dit is ons huis, maar dit is ’n tydelike woonplek. Al dreig hierdie lewe soms om in mekaar te val, moet ons in Jesus bly glo en volhard in ons geloof tot op die dag dat Jesus weer kom.

U is regverdig, Here, wat U bepaal, is reg. U woord is baie suiwer, ons het dit lief. Ons sal u bevele nie verontagsaam nie. U is altyd getrou en regverdig, u wet staan altyd vas. Ons bly ons verlustig in u gebooie U verordeninge is altyd regverdig; Help ons om dit reg te verstaan Dan sal ons volhardend lewe (uit Ps 119:137-144).

Musiek en sang

Verootmoediging Lied 475:2 “Allerhoogste Hemelvader”

Aanvangslied Lied 203:3,4 “Loof die “Here, al wat lewe”

Nagmaalsherinnering Lied 602:1, 4 “Ek sien ʼn nuwe hemel kom”

Lof Lied 451:1-3 “Hemelse Vader, ons bring U eer”; Flam 18 “Ek kyk op”

Slotlied Lied 571:1,4 “Here, hoeveel blye dae”; Lied 489:1, 3 “Waak, Christen, staan in die geloof”

Toewyding Flam 22 “Ek soek U o God”

4

PREEKSTUDIE – 2 TESSALONISENSE 1:1-4, 11-12 uitdrukking van hulle eenheid en gemeenskaplike kindskap van God (vgl Janse van Rensburg).

Teks Die afbakening van die sleutelteks met die oog op die prediking vir dié Sondag, lê klem op twee onderdele van die eerste hoofstuk van 2 Tessalonisense. In hierdie afdeling van die studie gee ek aandag aan die inhoud van die ses verse wat uitgesonder is. Later sal die ander ses verse ook ter sprake kom in die besinning oor die literêre konteks van die sleutelteks.

In vers 3 word die gemeente aangespreek as “broers” (adelphoi). Dit beklemtoon hulle eenheid en kwaliteit van die verhouding, asook hulle gemeenskaplike oorsprong. Dit bevat danksegging (eucharistein) aan God vir die adelphoi in Tessalonika. Die motivering vir danksegging word met die Griekse uitdrukking kathós axion estin beskryf. Dit beteken “fitting” of “proper” (Zerwick & Grosvenor). Die NAV gebruik die uitdrukking “dit is ook reg” en die 1933-vertaling, “soos dit billik is”. Die NLV vertaal (ook Zerwick en Grosvenor) met “dit is gepas”. Dit is gepas om God te dank vir wat met hulle gebeur. Dit is immers uitdrukking van sy genade en seën in die gemeente van die Tessalonisense.

Die Nuwe Afrikaanse Vertaling van die Bybel (NAV) verdeel die eerste hoofstuk van 2 Tessalonisense in twee; vers 1-2 bevat tipiese elemente van ’n Pauliniese brief, terwyl vers 3-12 die tema van Christus se wederkoms aan die orde stel. Die opskrif by dié verse is: “Die oordeel met die wederkoms van Christus” (ook Good News Bible – GNB). The New King James Version (NKJV) het al twaalf verse onder die opskrif: God’s Final Judgment and Glory, terwyl die New International Version (NIV) by vers 3-12 as opskrif het: Thanksgiving and Prayer. Die 1933-vertaling van die Afrikaanse Bybel het twee opskrifte: vers 1-2: “Opskrif en seëngroet”; vers 3-12: “Die vooruitgang en standvastigheid van die gemeente in geloof en liefde nieteenstaande die vervolginge.” Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) het ook twee opskrifte: vers: 1-2, “Paulus en sy kollegas skryf aan die gemeente in Tessalonika en stuur ’n seën”; vers 3-12, “Julle moet onder vervolging volhard.”

Paulus-hulle dank God vir twee dinge by die adelphoi: “julle geloof neem sterk toe” en “julle liefde vir mekaar (word) altyd meer” (NAV).Die Griekseteks gebruik byvoeglike naamwoorde (huperauxanó – flourish] en pleonazó – increase – Zerwick & Grosvenor) wat groei en toename beklemtoon. Dit dui op die buitengewone aard daarvan. Daar is rede om die Here te eer vir die gemeente se voorbeeld in geloof en liefde. Die onderlinge verbondenheid aan mekaar is ’n besondere kenmerk van dié gemeente. Hul verbondenheid kom tot uitdrukking in liefde vir mekaar. Dit vertoon ’n besondere kwaliteit. Die Griekseteks het ’n formulering wat letterlik beteken: “die liefde een van elkeen van almal van julle aan/vir mekaar”. Die NIV vertaal: “the love every one of you has for each other”.

Die opskrifte van die vertalings gee reeds aanduiding van waaroor dit in die sleutelteks gaan. Daar is sprake van oordeel en Christus se wederkoms; danksegging, gebed en seëngroet; standvastige volharding en vervolging. Dit dek die tafel vir lesers en skep ’n bepaalde verwagting van wat die inhoud gaan wees. Die NAV beskryf die tema van vers 1-12 in sy hooftrekke as “Die finale oordeel oor sondaars”.

Vers 4 beskryf die reaksie van Paulus-hulle op hulle waarneming aangaande die gemeente. Hulle “praat met trots van hierdie gemeente in al die gemeentes van God”. Wat hulle van die gelowiges oorvertel is “julle volharding (hupomonés) en geloof (pistis) onder al die vervolginge (diókó) en lyding (thlipsis – “pressure”)”. Vandaar die NLV opskrif (“Julle moet onder vervolging volhard”). Dit beklemtoon dat die gemeente in moeilike omstandighede lewe en uitgedaag word om geloofsgetrou te bly in ’n onvriendelike konteks.

Die aanhef dui die skrywers aan as Paulus, Silvanus en Timoteus. Paulus en Silas het saam vir Timoteus leer ken en hom op hulle reis saamgeneem (Hand 16:1-3). Afgesien van die twee Tessalonisensebriewe vermeld Paulus hom ook as mede-outeur van 2 Korintiërs, Filippense, Kolossense en Filemon. Paulus het ook twee briewe aan hom geskryf (1 en 2 Tim) (F Janse van Rensburg). Hulle skryf aan die gemeente van die Tessalonisense en identifiseer hulle as eiendom van God. Hulle behoort (NLV – “verbonde”)aan God (1933vertaling – “in God”)ons Vader en die Here Jesus Christus (“source of grace and peace” – I H Marshall; “enhancing the theme of divine patronage of the congregation” – R K Jewett) (1). R Koudougueret wys ook op dié uitbreiding: “This addition may underline his desire to reorient his readers towards what is essential. This letter is, in effect, a fine-tuning of the theology he taught in his previous letter.”

Die afbakening slaan vers 5-10 oor en sluit weer by vers 11 aan. Volgens Marshall is vers 5-10 ’n afwyking van Paulus se gebedsverslag aan die gemeente. “The digression serves to indicate the motivation for Paul’s petitions to God about the readers.” Vers 11 bring die tema van gebed (proseuxomai) ter sprake. Dit sluit eintlik heel logies aan by vers 3 se danksegging en wat vers 4 beskryf ten opsigte van die gemeente se omstandighede. Paulus en sy medewerkers sê dus dat hulle vir die gemeente bid, omdat hulle vervolging en lyding verduur. Paulus gebruik weer ’n sterk woord om die aard van hulle gebede te beskryf. Dit is ’n voortdurende gebed (pantote). Hulle bid altyd vir hierdie gemeente. Die inhoud van die gebed is die volgende: dat God hulle waardig (axioó) sal maak vir die lewe waartoe Hy hulle geroep (klésis) het; dat God hulle liefde vir die

Nog ’n element in die aanhef is die seëngroet wat genade (charis) en vrede (eiréné) hulle toebid. Dit kom van God ons Vader en die Here Jesus Christus. Die verwysing na God in die eerstepersoon meervoud, “ons Vader”, is 5

goeie volkome (“fulfil”) sal maak, en; dat God die werk van die geloof (Eng lett: “every good pleasure of goodness and work of faith”) sal vervul (“vol maak”). Die klem is daarop dat God deur sy krag (en dunamei) hierdie dinge sal doen. Dit gaan oor God se werking in hulle, nie hulle eie krag nie.

gedeelte sluit met die versekering aan die gemeente dat hulle op daardie dag (van verheerliking) ook daar sal wees. Hulle het Paulus en sy medewerkers se getuienis geglo. Hulle geloof in dié getuienis is die basis vir Paulus se gebed in vers 11 en 12. Janse Van Rensburg se indeling van hoofstuk 1 is nuttig: Briefaanhef (1:1-2); Eers die kommunikasie oopmaak (1:3-12); Ek dank God vir julle (1:3-4); Jesus se terugkeer maak ’n einde aan die swaarkry (1:5-10); Ek bid vir julle (1:11-12). Die skrywer kom eers hierna by die eintlike saak waaroor hy wil skryf: oor die terugkeer van Jesus Christus.

Vers 12 formuleer vervolgens wat sal voortvloei indien God in sy krag ag gee op die gebed. Zerwick en Grosvenor vertaal die konstruksie as doelsin: “in order that” (sodat). Die Naam van die Here Jesus sal deur hulle verheerlik (endoxasthé) word, en; hulle sal deur God verheerlik word. Dit sal alleen gebeur uit genade, die genade van God en die Here Jesus Christus. Die genadetema sluit aan by die seëngroet van die aanhef. Van genade tot genade deur God en die Here Jesus Christus.

Konteks Die NAV verdeel die hooftrekke van die brief in vier dele: Die finale oordeel oor sondaars (1:1-12); Die wederkoms van die Here (2:1-17); Oproep om (vir Paulus-hulle) te bid en te werk (3:1-15), en; Seën (3:1618). Hierdie brief is slegs enkele maande na die eerste brief geskryf (NAV). Paulus het die gemeente van Tessalonika in 50 nC op sy tweede sendingreis besoek. Hulle moes vinnig padgee omdat die Jode daar nie van hulle gehou het nie. Na skaars drie weke daar moes hy vlug (vgl Hand 17). Dit is moontlik dat Paulus kort daarna, die twee briewe aan die gemeente geskryf het. Dit kon ook wees dat die tweede brief eers heelwat later geskryf is. Die gemeente in Tessalonika was enkele maande oud toe hulle die tweede brief van Paulus uit Korinte ontvang het. Paulus herinner die gemeente daaraan dat die toekoms soms nie te rooskleurig is nie, maar dat hulle moet volhard (Janse van Rensburg).

In die sleutelverse hoor ons verskillende gebedselemente. Paulus se hoë Christologie word uitgedruk in die gebedswense van sy brief-groete. “He prays that believers will experience grace and peace from God the Father and the Lord Jesus Christ” (T R Schreiner). Jewett noem vers 3-10 “the thanksgiving” en vers 11-12 “intercessory prayer”. Dit verteenwoordig “the apocalyptic tension that Paul apparently shares with his churches, which he now rehearses as the basis for the subsequent argument” (Jewett). Paulus en sy medewerkers groet die gemeente met die “seëngroet” van God se genade en vrede. Hulle “dank”God vir die gemeente se geloof in Hom en hulle onderlinge liefde vir mekaar. Hulle “vertel”(getuig) oraloor van die gemeente se volhardende geloof te midde van lyding. Hulle “bid altyd” vir die gemeente. Dat hulle “waardig sal lewe” volgens die roeping van God vir hulle lewe. Hulle bid ook dat God die gemeente se “liefde en geloofswerke” volkome sal maak, en beklemtoon dat God se Naam op dié manier “verheerlik” word. Paulus en sy medewerkers bid vir die gelowiges in Tessalonika dat God hulle in staat sal stel om te lewe soos Hy wil hê. Paulus bid volgens Jewett nie vir “happy endings” nie, maar vir “divine power to strengthen ‘every good resolve and work of faith’.”

Die twee Tessalonisensebriewe is Paulus se eskatologiese briewe. In albei skryf hy oor hoe gelowiges moet dink oor die terugkeer van Jesus en hulle lewe tot dan (Janse van Rensburg). Jewett noem die verskil in toonaard enersyds en ooreenstemmende inhoud tussen die twee briewe andersyds. Hy dink dit is verstaanbaar omdat die eerste brief misverstaan is. “2 Thess 2:2 refers explicitly to a falce announcement supported by a ‘letter, as though from us,’ and 3:17 refers to Paul’s authenticating signature in the final lines, as if there were some doubt in the mind that some other letter may have come to Thessalonica in his name.” Volgens L T Johnson is die toonaard van 2 Tessalonisense skerper as in die eerste brief. “The persecution is spoken of in more explicit terms (1:3-5). The judgment awaiting the persecutors is more dramatic (1:6-9). People in the community who have left their normal occupations are severely rebuked (3:10). The letter indeed appears to respond to a crisis.” Johnson noem drie dinge wat meegewerk het tot die krisis: “the immaturity of the community; Paul’s instruction in 1 Thessalonians, and; the classic apocalyptic scenario of the end time . . . added an intensification of the church’s suffering through persecution.”

Die weggelate vers 5-10 brei uit op die kwessie van volharding wat in vers 4 genoem word. Marshall skryf dat Paulus by vers 5 “digresses further from his prayerreport to comment on the significance of the situation. God’s righteous judgment in the present time is seen in the twofold outcome of persecution. The two results are intertwined in vs 5-10. On the one hand, God’s judgment is seen in the fate of those who persecute his people (vs 6, 8, 9). . . . On the other hand, there is vindication of God’s people (5, 7, 10).” Die gemeente se volharding in lyding bewys God se regverdige oordeel en die gemeente se aandeel aan God se koninkryk. Vers 6 handel oor God se regverdigheid en dat Hy besluit oor die mense wat die gemeente laat ly. Vers 7-8 bevat ’n belofte dat die Here ’n einde sal maak aan hulle lyding met die koms van Christus. Hy sal die mense straf wat nie vir God ken nie en ongehoorsaam is aan die evangelie van die Here Jesus. Vers 9 beskryf hulle straf as ewige verdoemenis. Vers 10 sê wanneer dit sal gebeur; “in daardie dag” (en té hémera ekeiné). Dié

Die misverstande oor die wederkoms van die Here het die gelowiges in Tessalonika verwar. Hulle het die wederkoms in hulle eie tyd verwag. Daar is selfs beweer dat die Here reeds weer gekom het (2:1-2). Paulus verduidelik dat sekere dinge voor dié terugkeer moet gebeur (2:3-12) (Janse van Rensburg). Die brief wys 6

onder andere daarop dat “die wettelose mens” (2:3) wat hom teen God sal verset en sal voorgee dat hy self God is, eers moet verskyn. “Die wettelose mens” sal die goddeloosheid in die wêreld tot ’n hoogtepunt voer voor die wederkoms. In die lig hiervan moet die gelowiges standvastig bly, voortgaan met hulle werk en nie moeg word om goed te doen nie (3:12-13) (NAV). Paulus vra voorbidding vir homself en sy medewerkers (3:1-5). Die gelowiges moet werk en geld verdien om hulleself te versorg (3:6-13) (Janse van Rensburg; Sien Botha en Preller se preekstudies vir volgende Sondae). “This second letter has a strong tone of reproof and correction” (Jewett). Cousar skryf: “The basic thrust of the letter is to engage the community’s understanding of apocalyptic.”

wat die terugkeer van Jesus verwag wanneer jy tot op die laaste jou roeping vervul. Ons moet vashou aan Christus en tot God bid dat sy Gees ons lei sodat ons self die leuen sal raaksien en dit nie glo nie. God versterk die gelowiges en bewaar hulle van die Bose. So sal ons by die terugkeer van Jesus deel in sy heerlikheid (Janse van Rensburg). Marshall skryf oor die boodskap van die twee Tessalonisensebriewe: “Christians today may too easily assume the permanence and independence of their own collective existence in a secure universe and fail to realize that at every moment they depend upon the Lord’s mercy and live in the light of his coming. ...Rather, they must prepare for his coming by showing the qualities of Christian living, faith, love and hope.” Paulus gebruik die gemeente se voorbeeld ter bemoediging van ander gemeentes in soortgelyke omstandighede. Vir Jewett is Paulus se houding oor vervolging in hierdie teks “rather stunning”. Die verwysing daarna om Christene waardig te ag vir die koninkryk van God impliseer dat “courageous responses to persecution help to refine and deepen the character of believers. This argument stands as a bulwark against the escapist ideology promoted by the atakoi. It also addresses the most excruciating aspect of persecution, the ascription of dishonor by the society.”

Die gemeente in Tessalonika het Paulus verkeerd verstaan oor die terugkeer van Jesus. Hulle het gedink die terugkeer is op hande, dat hulle alles moet los en wag dat Jesus kom. Paulus wil met hierdie brief dié fout regstel. Hy begin egter nie daarmee nie. Dit kon dalk die Tessalonisense moedeloos maak en die indruk wek dat Paulus foutsoekerig is. Paulus wil eers verseker die kommunikasielyne tussen hom en die gelowiges in Tessalonika is oop. Hy begin die brief positief. Ons kan net God se gawe van verlossing aanvaar. Deur dié proses wat God begin het, kry ons deel aan die heerlikheid van ons Here Jesus Christus (Janse van Rensburg).

Paulus het die Tessalonisense se gebed nodig om die woord van die Here vinnig te versprei (Janse van Rensburg). Volgens Jewett is dit duidelik dat Paulus se belangrikste strategie in respons op die bose was om die Christen sending uit te brei deur die skepping van “cells of love and responsibility in the midst of a violent and corrupt world. These fragments of a transformed world glorify the name of ‘the Lord Jesus’ (1:12) and simultaniously demonstrate for all to see that believers are recovering the glory lost in the fall of the human race.”

Die Tessalonisense se geloof oortuig hulle te midde van lyding en beproewing dat die Here al die swaarkry tot hulle beswil en tot sy eer gebruik. Dié loutering lei tot volharding. Hulle laat hulle nie afskrik deur swaarkry wat mense veroorsaak nie. Hulle word nie moeg om goed te doen nie (Janse van Rensburg). “Both faith and love are growing in the congregation, indicating the presence of divine power (1:3). So the transformation already visible in the congregation is a direct result of ‘the grace of God and the Lord Jesus Christ’ (v 12; cf. Also v 2), giving hope of future participation in the glory of the kingdom of God (vv 10-12)” (Jewett). Die Tessalonisense was nie hulpelose slagoffers in reaksie op openbare druk nie. “They were responding with moral resolve, with deliberate decisions about how to react” (Jewett). In die konteks van die kerklike jaar is ons in Koninkrykstyd. Die klem is op onderrig en lering. Die doel daarvan is getroue navolging en dissipelskap. Die simbool van die skip met die kruis daarin op die waters van die see, herinner ons in hierdie seisoen aan die roeping van die kerk van Christus in die wêreld. Daar is ná hierdie Sondag slegs drie Sondae oor voor die einde van die kerkjaar. Dan begin Advent met sy fokus op die verwagting en uitsien na Christus se wederkoms. Beide “toekomsverwagting” (eskatologie) en “geloofsgetroue navolging” moet in die prediking aandag kry.

E. Schnabel skryf in sy Paul the Missionary oor die apostel se sendingdoelwitte. Die eerste en belangrikste hiervan is die prediking/verkondiging van die evangelie. “This primary goal of his missionary calling” word in 2 Tessalonisense 1:8 geformuleer: “die evangelie van ons Here Jesus.” Schnabel noem nog ’n sending-doelwit van Paulus; opleiding van nuwe sendelinge. Hy verwys na 2 Tessalonisense 1:1, Paulus se medewerkers: “Timothy from Lystra (Lycaonia), who accompanied Paul in Macedonia, Achaia, Thessalonica, Ephesus and Corinth. Silas/Silvanus from Jerusalem, who was active in Macedonia and in Achaia.” Die maak van dissipels en toerusting van gelowiges om binne die uitdagende omstandighede van ons tyd getuies te wees van God se koninkryk wat aangebreek het en komende is, moet voortgaan. Ons kan nie wag vir die wederkoms nie. Ons moet aktief daaraan meewerk.

Dit bring die sosiaal-politieke en ekonomiese konteks van die hedendaagse gemeente en gelowiges in spel. Sedert Paulus sy brief geskryf het, het al byna 2000 jaar verloop. Soos vir die Tessalonisense geld dit ook vir ons dat ons verwagting van ’n spoedige terugkeer van Jesus en ons uitsien daarna nie mag veroorsaak dat ons ons pligte in die hede versuim nie. Jy wys dat jy iemand is

In hoofstuk vyf van sy boek gee Schnabel aandag aan sendingmetodes van die apostel. Hy noem onder andere die kwessie van sendingsuksesse en verwys na 2 Tessalonisense 1:11 en 2:13. Hy skryf: “Paul asserts repeatedly that the gospel is ultimately accepted and believed by the listeners because God himself is effectively present in the proclamation of the gospel. 7

Paul knows that God is the primary ‘communicator’ while the apostles are God’s envoys, messengers who have been sent.”

teenkanting. Lig die motiverende grondslag hiervoor uit soos die teks dit beskryf en die bespreking hierbo uitlig. Dit is belangrik om Jewett se gedagte oor Paulus se belangrikste strategie in respons op die bose ter sprake te bring en daarop uit te brei. Paulus het die Christensending uitgebrei deur die skepping van “cells of love and responsibility in the midst of a violent and corrupt world. These fragments of a transformed world glorify the name of ‘the Lord Jesus’ (1:12) and simultaniously demonstrate for all to see that believers are recovering the glory lost in the fall of the human race” (Jewett).

Preekvoorstel My voorstel vir prediking oor die afgebakende ses verse, neem as uitgangspunt die klem van Koninkrykstyd op lering, toerusting, dissipelskap en die gestuurde roeping van die kerk in die wêreld. Predikers kan aansluit by verskillende elemente van Paulus se boodskap in hierdie hoofstuk van die brief. Die tema van gebed is prominent en sluit heelwat teologiese en bedieningsaspekte in. Die Tessalonisensebriewe verteenwoordig waarskynlik die begin van Christelike literatuur. Dit bevat kenmerkende eienskappe van Paulus se sending en kommunikasie. Sy oorheersende klem is die identiteit en integriteit van die gemeenskap. Ons sien in die jong geloofsgemeenskap “that an enthusiastic reception of his message did not necessarily mean a thorough grasp of it” (Johnson).

Hier is sprake van geloofsgemeenskappe wat toegerus word en groei, transformasie van beide geloofsgemeenskap en groter samelewing. Hier moet voorbeelde van verwording in ons samelewing genoem word, met konkrete voorstelle van hoe Paulus se boodskap vandag toegepas kan word; gebed vir mekaar, bemoediging met positiewe getuienisse, perspektief op die reeds aangebroke koninkryk van God en die invloed van die hoop op Christus se wederkoms vir die lewe hier en nou. Marshall se gedagtes is hier ter sprake: “Christians today . . . must prepare for his coming by showing the qualities of Christian living, faith, love and hope.” Schreiner noem dat die menslike respons van geloof vir Paulus fundamenteel is. Daarom dank Paulus God ook in hierdie brief vir die gemeente se geloof, hoop en liefde.

Die preek kan moontlik aansluit by Janse van Rensburg se gedagte dat Paulus in dié hoofstuk eers die kommunikasielyne wil oopmaak, voor hy die werklike teologiese kwessie van die wederkoms hanteer. Die gemeente moet verstaan dat Paulus later in sy brief oor die teologiese kwessie wil praat. Moenie hier ’n preek daaroor afsteek nie (Oor die volgende twee Sondae kom die res van die brief aan die orde).

Hoe help ons mekaar hiermee?

Die aansluiting by die kommunikasietema bring Schnabel se bespreking van die apostel se sending doelwitte ter sprake. Sy strategiese aanpak van die kommunikasie met die gemeente in 2 Tessalonisense bied belangrike riglyne vir evangelisering en die manier waarop ons ander kan (behoort) benader indien ons hulle wil bedien met die “evangelie van ons Here Jesus”. Johnson dui aan dat Paulus in drie stappe op die krisis in die gemeente reageer: “First, he reaffirms a basic understanding that he shares with the community’s members . . . Second, Paul corrects the narrowness of the Thessalonians’ vision . . . Third, Paul tries to direct their attention away from apocalyptic scenarios to their own life.”

Bibliografie Cousar, C B 1996. The Letters of Paul. Abingdon Press; Janse van Rensburg, F 2003. 2 Tessalonisense, in J Van der Watt (red). Die Bybel A-Z. CUM; Jewett, R K 2003. 2 Thessalonians, in J D G Dunn(genl ed). Commentary on the Bible. Eerdmans; Johnson, L T 1986. The Writings of the New Testament. An Interpretation. SCM Press Ltd;Kougougueret, R 2006. 2 Thessalonians, in Adeyemo, T. (genl Ed) Africa Bible Commentary. Zondervan; Marshall, I H 1994. 2 Thessalonians, in Carson, D A, France R T, Motyer,J A & Wenham,G J (eds). New Bibe Commentary. 21st Century Edition. Inter-Varsity Press; Schnabel, E J 2008. Paul the Missionary. Realities, Strategies and Methods. IVP Academic; Schreiner, T R 2008. New Testament Theology. Magnifying God in Christ. Apollos.

Sluit aan by Paulus se positiewe benadering en beklemtoon die gelowiges se identiteit en roeping in Christus. Brei uit op die inligting wat Paulus gee aangaande die volhardende geloof van die Tessalonisense te midde van ontbering, vervolging en

Uit:

2012 – 2013 Woord en Fees Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar Bybel-Media Communitas

8

9

Suggest Documents