Sy vertel van n sukkelende huwelik, veral wat die lyflike liefde betref. Van beraders wat vergeefs probeer help

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00 Kyk ook: - NG Kerk sê nee vir gay vrou as predikant Wie ...
Author: Charleen Morton
1 downloads 3 Views 403KB Size
Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

Kyk ook: -

NG Kerk sê nee vir gay vrou as predikant Wie is Neels Jackson? Dit is boos, Jackson , deur Slabbert Le Cornu Die Bybel oor Homoseksualiteit

Van Beeld gekopieer.

**************

Gays: Die kerke moet weer dink

2011-12-07 23:00

Neels Jackson

’N Paar jaar gelede sit ek en gesels met ’n vrou wie se man ná meer as 20 jaar van getroude lewe besef het hy is gay. Dit was een van talle gesprekke wat ek gehad het met gay mense en diegene om hulle.

Sy vertel van ’n sukkelende huwelik, veral wat die lyflike liefde betref. Van beraders wat vergeefs probeer help.

Ek hoor van die nuwe krisis in hul huwelik toe die deksel van ontkenning en onderdrukking van sy seksualiteit nie langer op die drukpot in hom kon bly nie en hy sy gaywees vir die eerste keer

1 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

begin herken en erken.

Dit lei na ’n nuwe ronde van besoeke aan beraders en mense wat moet help. ’n Christelike berader sê aan haar man hy is “ ’n bliksem wat dié nonsens net moet los”. ’n Dominee praat van die kansel af van die gays wat aan hul kleintoontjies opgehang moet word.

En deur dit alles sien sy hoedat die man vir wie sy steeds lief is, inmekaar krimp en kwyn.

Ek vra haar wat dit gedoen het aan die manier waarop sy God beleef het. Toe vertel sy dat sy elke oggend wanneer sy wakker geword het in die tuin gaan stap het. Hul vyeboom het juis toe gedra en dan het sy ’n vy gepluk en geëet. Daar, in die smaak van die ryp vy, was die enigste plekkie waar daar nog vir haar iets van God oorgebly het.

Haar verhaal was een van talle wat ek eerstehands gehoor het van mense wie se geloof deur diep water gaan weens hul ervaring van hoe gay mense deur kerke behandel is. Dis verhale wat my oortuig het van die diep pyn waardeur mense gaan wat gaywees en Christenskap met mekaar probeer versoen. Dit het my ook oortuig dat dit nie ’n keuse is om gay te wees nie en dit het my gehelp om by die punt te kom dat ek gay-verhoudings nie langer as sonde kon sien nie. Maar dááragter lê nog ’n verhaal.

As jong verslaggewer wat destyds skielik met uiteenlopende kerke te doen gekry het, was ek ’n bietjie verward. Soveel verskillende sienings van Jesus? Wie is Hy regtig, het ek gewonder.

Ek het my Bybel opgetel, weer die evangelies gelees en is getref deur sy botsings met die godsdiensleiers van sy dag.

Hulle was mense wat regtig ernstig was oor hul godsdiens. Gehoorsaamheid aan die wet was van opperbelang.

En tog verskil Jesus radikaal van hulle. Keer op keer vlam die konflik op oor hul siening van

2 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

veral die sabbat en Jesus se oortredings van die wet.

Tog sê Jesus hy kom nie om die wet weg te neem nie. Hy kom om dit sy ware betekenis te gee. En hy waarsku mense ook dat hul gehoorsaamheid aan die wet meer moet inhou as dié van die gods­diens­tige leiers.

Hy vat die wet saam in liefdesterme.

Hy sê die sabbat is vir die mens gemaak en ek begin verstaan dat God dit gegee het omdat Hy weet dat ons rus nodig het. Dis sy liefdevolle manier om ons te versorg, nie ’n reël waarmee Hy ons wil uitvang en straf nie.

En ek besef as ons begrip en toepassing van God se wet nie ’n kanaal van liefde is wat mense opbou nie, verstaan ons dit verkeerd, soos die Fariseërs van ouds.

Wat gays betref, beteken dit dat die kerk nie van hulle moet verwag om hul seksualiteit te ontken of onderdruk nie. Dís ’n manier om lewens te verwoes.

Die kerk kan wel van hulle, soos van heteroseksuele mense, verwag om hul seksualiteit op verantwoordelike wyse uit te leef: nie losbandig nie, maar in vaste verhoudings van liefde en trou.

Dit alles het weer deur my gemoed gespoel tydens die jongste herrie oor die NG Kerk wat nie die gay teologiestudent Lulani Vermeulen wou legitimeer nie.

Ek weet dit vat tyd vir ’n kerk om nuwe standpunte in te neem, maar hoe langer dit gaan duur, hoe meer sulke herries gaan daar wees.

3 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

En dit dra nie ’n getuienis uit van ’n liefdevolle en genadige God nie.

Briewe in Beeld in reaksie op hierdie artikel: - Mense moet vra: Wat sou Jesus doen? (deur Ds André Muller van die Reformerende Kerk, 'n gay kerk. Kyk ook Wat van gay kerke? ) - Beeld dapper om artikel te publiseer (deur Danie Hamman van Garsfontein. Progay) - Dít betrap kerk altyd onverhoeds (deur Koos Botha van Arcadia. Antigay) - Hoekom voel gays onwelkom in kerk? (deur Ds. Gawie Snyman van Delmas. Progay) - Sommige kerke sal val, ander sal staan (deur Gawie Wolmarans van Pietersburg. Antigay)

Artikel deur Slabbert Le Cornu: Gekopieer van sy blog .

Dit ís boos, Jackson

8 Desember 2011

Neels Jackson in die Beeld oor die bosoorlog (19 Oktober 2011): “ Dit wàs boos, generaal “

Neels Jackson in die Beeld oor gays (8 November 2011): “ Die kerke moet weer dink : ‘Dit het my ook oortuig dat dit nie ’n keuse is om gay te wees nie en dit het my gehelp om by die punt te kom dat ek gay-verhoudings nie langer as sonde kon sien nie.’ “

Die HERE oor gay wees (Lev.18:22; 1 Tim.1:10,11): “Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel (d.w.s. boos – slc). … hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.”

4 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

Jackson se skrywe is nie verbasend nie, hy neem net die volgende logiese stap van sy kerkverband, as 1 Tim.2:11,12 nie meer geld nie, hoekom nog Lev.18:22 en 1 Tim.1:10,11 ? As ‘geslag’ nie saak maak in gesin en kerk nie, ook nie wie in die besondere dienste van predikant, ouderling en diaken mag dien nie (wat voorstaanders van VIDA in die GKSA ook tans propageer), dan is die volgende stap dat ‘geslag’ ook nie saak maak in enige verhoudings, ook nie die huwelik nie.

(Sien ook die volgende artikel wat hierdie wesentlik marcionistiese dwaling ‘geslag is onbelangrik/’ongeestelik” bespreek: Marcion, VIDA en Marcionisme vandag )

By die vorige inskrywing, Die rol van vroue in die kerk , maak dr. Knight die volgende belangrike opmerking (met verwysing na 1 Tim.2:13),

“Hier doen Paulus ‘n beroep op die skeppingsverhaal as die basis waarom in die kerk vroue verbied word om te leer of gesag oor mans uit te oefen. Dus, die een wat hierdie hoofskap van die man in die kerk omkeer is op die glybaan wat lei tot die omkeer van die hoofskap van die man in die huwelik, en andersom. Beide hoofskappe is gebou op dieselfde uitgangspunt, dieselfde waarheid, dieselfde gedeelte, hulle staan of val saam.”

As die HERE nie die gesinshuis en kerkhuis bou nie, dan is alles tevergeefs, daarom dat alles nou inmekaar tuimel (Ps.127:1; 11:3), ook in die samelewing.

Daarom is dit nie verbasend dat gay wees genormaliseer word in die nuwe SA kerke nie, want reeds vanaf die ou SA se dae af is die ander sondes op die ‘sondelys’ van 1 Kor.6:10 genormaliseer in beide kerk en samelewing in die nuwe SA:

“Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.” – 1 Kor.6:10

Sodomie/homoseksualisme/gay wees is net een van vele sondes wat ‘n gruwel/boosheid in God se oë is en wat jou verlore sal laat gaan as jy jou nie daarvan bekeer en vlug na Christus

5 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

as enigste Verlosser daarvan nie:

“En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” – 1 Kor. 6:11

Daarom is dit eintlik vreemd dat soveel wat hul neuse optrek vir ‘gay regte’ in kerk en samelewing, geen probleme het met van hierdie ander sondes nie, bv. ‘skei regte’ (terwyl God sê: ek haat egskeiding, Mal.2:16) of ‘porno regte’ (baie films op TV, terwyl Jesus sê: elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, pleeg egbreek, Matt.5:28) of ‘buite die eg saambly regte’ (terwyl Paulus leer dat geen hoereerder die koninkryk sal be-erwe nie, Ef.5:5) nie. Ons kan lekker saamlag vir ‘vuilgrappe’ en baie mans geniet die stories van rondslapery wat by die werk vertel word of op TV gewys word (dink aan al die ‘onskuldige’ sepies en ‘romantiese stories’ wat ons mense elke aand kyk?), maar as die onderwerp van gays op die tafel kom dan is ons skielik verontwaardig en heiliger as moeder Theresa?

Die gay geslag is net die gevolg van ons heteroseksuele geslag wat ontrou geword het aan die vroue van ons verbond, dit is die gevolg van ‘n sepie geslag wat dink ons is beter en heiliger as daardie ‘homo’s’ wat so vulgêr is, maar ons heteroseksueles is net so vulgêr en boos in die HERE se oë as ons ons seksualiteit buite God se wil om beoefen, naamlik buite die huweliksverbond tussen een man en een vrou:

“En boonop doen julle dít: julle bedek die altaar van die HERE met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie. En julle vra: Waarom? Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond. Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.” – Mal. 2:13-16

Nie net die ontrou van die sogenaamde ‘homoseksuele gemeenskap’ nie, maar ook die ontrou van die ‘heteroseksuele gemeenskap’ is ‘n gruwel in God se oë wat Hy sal oordeel:

6 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

“Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.” – Heb. 13:4

Wat dus gebeur het ons samelewing, in beide kerk en staat, is dat die morele verval in huwelik en gesin nou net nog erger gevolge het, en is die gay kultuur en aanvaarding daarvan net ‘n verdere simptoom van ‘n samelewing wat sy rug op die Here gedraai het en onder sy oordeel is:

“Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. 24

Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer 25

hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26

Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; 27

en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. 28

En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: 29

hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; 30

nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; 31

onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, 32

mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” – Romeine 1

Vervolgens gaan ek Jackson se skrywe hier onder volledig plaas en tussen-in antwoord met my

7 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

opmerkings, gemerk met my voorletters, slc.

______________________________

Neels Jackson skryf:

” ’n Paar jaar gelede sit ek en gesels met ’n vrou wie se man ná meer as 20 jaar van getroude lewe besef het hy is gay. Dit was een van talle gesprekke wat ek gehad het met gay mense en diegene om hulle. Sy vertel van ’n sukkelende huwelik, veral wat die lyflike liefde betref. Van beraders wat vergeefs probeer help. Ek hoor van die nuwe krisis in hul huwelik toe die deksel van ontkenning en onderdrukking van sy seksualiteit nie langer op die drukpot in hom kon bly nie en hy sy gaywees vir die eerste keer begin herken en erken. Dit lei na ’n nuwe ronde van besoeke aan beraders en mense wat moet help. ’n Christelike berader sê aan haar man hy is “ ’n bliksem wat dié nonsens net moet los”. ’n Dominee praat van die kansel af van die gays wat aan hul kleintoontjies opgehang moet word. En deur dit alles sien sy hoedat die man vir wie sy steeds lief is, inmekaar krimp en kwyn. Ek vra haar wat dit gedoen het aan die manier waarop sy God beleef het. Toe vertel sy dat sy elke oggend wanneer sy wakker geword het in die tuin gaan stap het. Hul vyeboom het juis toe gedra en dan het sy ’n vy gepluk en geëet. Daar, in die smaak van die ryp vy, was die enigste plekkie waar daar nog vir haar iets van God oorgebly het. Haar verhaal was een van talle wat ek eerstehands gehoor het van mense wie se geloof deur diep water gaan weens hul ervaring van hoe gay mense deur kerke behandel is. Dis verhale wat my oortuig het van die diep pyn waardeur mense gaan wat gaywees en Christenskap met mekaar probeer versoen. “

slc: Ek glo daar is miljoene huweliksmaats, predikante, ouderlinge, vriende, mede-lidmate, beraders, ens. deur die afgelope 2000 jaar wat kan getuig van al die hartseer, pyn, trane, stryd en worstelinge wat daar was (en nog steeds is!) vir gelowiges om hulself nie totaal oor te gee (na aanleiding van die sondelys in 1 Kor.6:10) aan ‘n lewe van hoereerdery, afgodery, egbrekery, wellus, diewery, gierigheid, dronkheid, kwaadsprekery en rowery nie !

En daardie goeie stryd teen hierdie sondes (en meer!) moet elke dag voortgaan deur gebed, Woordstudie en leiding deur die Heilige Gees … en nie deur in onsself, die natuur of bome antwoorde te gaan probeer soek nie.

8 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

Hoekom moet die sonde van sodomie nou voorgang geniet en skielik nie meer die ‘sondelys’ haal nie ? Het God sodomie en ander sondes van 1 Kor.6:10 self opgehef ?

Is gay mense en gay profete soos Jackson dalk beter as ons ander swak skuldige sondaars wat elke dag teen ons eie (heteroseksuele) sondes moet stry ?

Word hul soos die godsdienstige leiers van Jesus se dag wat hul eie sondes weggeredeneer of bedek het vir ander sake wat sogenaamd belangriker is ?

NJ skryf:

“Dit het my ook oortuig dat dit nie ’n keuse is om gay te wees nie en dit het my gehelp om by die punt te kom dat ek gay-verhoudings nie langer as sonde kon sien nie.”

slc: Dus, as ek egbreek pleeg, as ek roof, as ek hoereer, as ek kwaadspreek, dan moet ek my nie daarvan bekeer en my hele lewe daarteen stry nie … die oplossing volgens Jackson is dat ek dit moet herdefinieer/klassifiseer as nie meer sonde nie. Hy is inderdaad ‘n ‘leraar volgens (die mens se) eie begeerlikhede’ (2 Tim.4:3). Hoe wonderlik sal dit nie ook vir ons heteroseksuele sondaars wees om aan te hoor (en dalk hoor ons dit reeds?), in Jackson se woorde:

“Dit het my ook oortuig dat dit nie ’n keuse is om ‘n ‘hoereerder, afgodedienaar, egbreker, wellusteling, dief, gierigaard, dronkaard, kwaadspreker of rower” te wees nie en dit het my gehelp om by die punt te kom dat ek buite-egtelike en hoererende verhoudings nie langer as sonde kon sien nie.”

Wonderlik, ‘n egbreek verhouding met die sekretaresse, ‘n hoereerdery met die buurvrou, ‘n wellus verhouding met Miss March op die Internet, is nie ‘n keuse nie en daarom is al hierdie verhoudings nie sonde nie … ?

9 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

NJ skryf:

“Maar dááragter lê nog ’n verhaal. As jong verslaggewer wat destyds skielik met uiteenlopende kerke te doen gekry het, was ek ’n bietjie verward. Soveel verskillende sienings van Jesus? Wie is Hy regtig, het ek gewonder. Ek het my Bybel opgetel, weer die evangelies gelees en is getref deur sy botsings met die godsdiensleiers van sy dag. Hulle was mense wat regtig ernstig was oor hul godsdiens. Gehoorsaamheid aan die wet was van opperbelang. En tog verskil Jesus radikaal van hulle. Keer op keer vlam die konflik op oor hul siening van veral die sabbat en Jesus se oortredings van die wet. Tog sê Jesus hy kom nie om die wet weg te neem nie. Hy kom om dit sy ware betekenis te gee. En hy waarsku mense ook dat hul gehoorsaamheid aan die wet meer moet inhou as dié van die gods­diens­tige leiers. Hy vat die wet saam in liefdesterme. Hy sê die sabbat is vir die mens gemaak en ek begin verstaan dat God dit gegee het omdat Hy weet dat ons rus nodig het. Dis sy liefdevolle manier om ons te versorg, nie ’n reël waarmee Hy ons wil uitvang en straf nie. En ek besef as ons begrip en toepassing van God se wet nie ’n kanaal van liefde is wat mense opbou nie, verstaan ons dit verkeerd, soos die Fariseërs van ouds.”

slc: Eerstens, die godsdienstige leiers het juis nié God se goeie regverdige wet waarlik geken en onderhou nie, en nog minder werklik daaraan geglo, daarom moes Christus al hul verkeerde verklarings en toepassings regstel en verduidelik in die bergrede (Matt.5-7). Hulle was wetverbrekers en wetsverdraaiers, soos ons ook maar baiemaal is:

“Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?” – Matt.15:3

“Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.” – Matt.22:29

“Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het, julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!” – Hand.7:53

Tweedens, noem Jackson nie die volgende belangrike woorde van Jesus aan die begin van die

10 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

bergrede nie:

“Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.” – Matt.5:19

Deel van daardie gebooie wat Jesus handhaaf en leer, is die 7de en 10de gebod, waar Jesus ons almal oor waarsku (Matt.5):

“ 27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. 28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. 29

As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. 30

En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. 31

Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee. 32

Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.”

Maar, belangrik, nog ‘n deel van daardie ‘minste van gebooie’ is wat ons lees in Lev.18:22, 20:13,

“En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.”

en wat in die Nuwe Testament herbevestig en gehandhaaf word as God se gebod wat in Christus (Matt.5:17) nog geld vandag, sien Rom.1:26,27; 1 Kor.6:10; Judas 7 en veral 1 Tim.1:10,11:

11 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

“… hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is .” (beklemtoning bygevoeg)

In Rom.13:8-10 leer Paulus deur die Gees ook dat die (ware) liefde die volle uitvoering van die wet is, en hier in 1 Tim.1:10,11 wys hy daarop dat enigiemand wat sonder ‘n lewe van bekering wil volhard in ‘n sondige lewenswyse van bv hoereerdery of sodomie, dat dit in stryd is met die gesonde leer en die Evangelie self.

Jackson se skrywe is in stryd met die ware Evangelie.

Hy verkondig ‘n valse evangelie en ‘n valse liefde vir mense wat vasgevang is in hierdie bose sonde en wat alleen bevryding in die Evangelie van Christus moet en kan ontvang (Matt.11:28-30; 1 Kor.10:13).

Hy sus mense in ‘n valse gerustheid, soos ander dit doen as hul mense toelaat om in losbandigheid en goddeloosheid voort te lewe (Rom.3:31; 6:1,2; Hebr.12:14; 2 Tim.4:3).

Aan Jackson en ons almal kom die waarskuwende woorde van ons Here Jesus en van Paulus, moenie dwaal nie !:

“Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele” – Matt.5:19

“… maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.” – Matt.18:6

12 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

“… mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” – Rom.1:32

NJ skryf:

“Wat gays betref, beteken dit dat die kerk nie van hulle moet verwag om hul seksualiteit te ontken of onderdruk nie. Dís ’n manier om lewens te verwoes. Die kerk kan wel van hulle, soos van heteroseksuele mense, verwag om hul seksualiteit op verantwoordelike wyse uit te leef: nie losbandig nie, maar in vaste verhoudings van liefde en trou.”

slc: Op grond waarvan ‘pick and choose’ Jackson wat die kerk kan verwag en nie verwag nie ? Laat ek raai: volgens die land se grondwet en die huidige tydsgees, waarvolgens en waardeur hy ook sy bybel lees ?

Hoekom raak hy nou skielik ‘wetties’ (soos die godsdienstige leiers van Jesus se tyd?) en eis dat mense in ‘vaste verhoudings’ moet lewe ? Hy diskrimineer mos nou lelik teen hulle wat meen om ‘n egbreker of hoereerder te wees is nie ‘n keuse nie en daarom behoort dit ook nie ‘n sonde te wees nie ?

Verder, dit gaan nie oor wat ‘die kerk’ wil hê of nie wil hê nie, want kerke is feilbaar en is nie die bron van reg en verkeerd nie (behalwe as jy glo in Rome?), dit gaan oor wat Christus deur sy Woord in ware liefde vir ons vra om te doen, o.a. om teen die sonde tot eer van Sy Naam ons hele lewe lank te stry (Rom.7:19-26), al is dit hoe moeilik en al val en struikel ons dikwels in ons heiligmaking (Spr.24:16; Gal.6:1,2). Kyk wat wys Jesus ons wat ware liefde tot Hom is:

“As julle My liefhet, bewaar My gebooie.” – Joh.14:15

Nie, as julle my liefhet, breek My gebooie en leer ander (soos Jackson, Matt.5:19) om dit ook te doen nie.

13 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

Soos ‘n man verkeerdelik ‘n ander se vrou begeer en hom daarvan moet bekeer en daarteen moet stry in woord, daad en gedagte, netso moet daardie mans dit doen wat verkeerdelik ‘n ander man in woord, daad of gedagte begeer.

NJ skryf:

“Dit alles het weer deur my gemoed gespoel tydens die jongste herrie oor die NG Kerk wat nie die gay teologiestudent Lulani Vermeulen wou legitimeer nie. Ek weet dit vat tyd vir ’n kerk om nuwe standpunte in te neem, maar hoe langer dit gaan duur, hoe meer sulke herries gaan daar wees. En dit dra nie ’n getuienis uit van ’n liefdevolle en genadige God nie. “

slc: Ja, die NGK het reeds met die vrou in die amp saak bely hul glo God se skeppingsordening van man en vrou se onderskeid in geslag en taak, maak nie meer saak nie, hulle het dit met die daad al verwerp in die 1980’s en daarna. Die logiese gevolg is die goedkeuring van homoseksuele lidmate en ampsdraers, so ek stem saam met Neels, hul moet hul nuwe standpunt oor die verwerping van God se skeppingsorde oor geslagte nou voluit deurvoer.

Dit maak dit nie reg voor God en sy Woord nie, maar dit is die gevolg as jy jou geloof, teologie en belydenis begin bou op die natuur (vye en bome en humanisties-sielkundige studies) en nie op die Skrif wat ons leer om die natuur, veral ons eie sondige natuur, HK v/a vyf en agt reg te leer ken nie: sien die verband tussen die verwerping van God se ware liefdevolle Evangelie (Rom.1:16), sy getuienis in die natuur (1:18-23) en die gevolglike morele verval as Hy verwerp word (1:24-32).

Die ‘liefdevolle en genadige God’ waarop Jackson hom beroep is nie die ware liefdevolle en genadige God van die Heilige Skrif nie. Die ware liefdevolle genadige God is ook ‘n regverdige heilige God (sien HK 4), wat die sonde haat en daarom sy kinders daarvan bevry in Jesus Christus, en deur sy Gees en Woord hul lei om te stry en te groei in heiligmaking (Ef.1:4; 2:8-10; 2 Kor.7:1; 1 Petrus 1:16).

In Christus se tyd het baie van die godsdienstige leiers gedink, geglo en verkondig hulle het nie sonde nie, hulle het daarom nie ‘n Geneesheer nodig nie (Matt.9:11,12).

14 / 15

Gays: Die kerke moet weer dink Geskryf deur Neels Jackson Donderdag, 08 Desember 2011 18:00

Vandag is daar weer sulke leiers wat dink die oplossing vir mense se pyn en worsteling met die sonde is nie die Evangelie nie, maar om te maak asof die sonde nie daar is nie, en daarom het hul ook nie ‘n Geneesheer nodig om hul van hul bose egbreek, hoereerdery, homoseksuele neigings of enige ander sondes te bevry en te reinig nie.

Mag die Here sy kinders van hulle bewaar.

Mag die Here weer profete stuur wat in ware liefde die genadige bevrydende Evangelie van ons Here Jesus Christus verkondig en mense help met die stryd teen die bose sonde:

“En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” – 1 Kor.6:11

Amen.

ns. ek wil in ‘n volgende skrywe aandag gee aan ons stryd in die heiligmaking, ook konkreet, vir ons wat ons bose sondes ken, na Christus vlug en teen ons sondes ons hele lewe lank moet stry, soos ek saam met julle in hierdie baie moeilike maar heilige stryd is (1 Tim.1:15,16):

“Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is. Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om ‘n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.”

15 / 15

Suggest Documents