Sommige mense hou n skaap

OP BESOEK ... Christo sê altyd as hy met ’n sak wol of ’n karkas langs die grootpad moes staan, hy beslis makliker ’n koper sou kry vir die vleis. V...
Author: Junior Foster
24 downloads 0 Views 1MB Size
OP BESOEK ...

Christo sê altyd as hy met ’n sak wol of ’n karkas langs die grootpad moes staan, hy beslis makliker ’n koper sou kry vir die vleis. Vandaar sy belangstelling in dié dubbeldoel Dormerras.

'n Dormer-man in murg en been Deur Heleen van As

S

ommige mense hou ’n skaap aan, en ander bóér met hom. Christo Groenewald van Riviersonderend is só ’n man. Ontmoet die president van die Dormer Telersgenootskap, bestuurslid van die Wes-Kaapse Rooivleisprodusenteorganisasie en gesinsman. SA Stoetteler het by hom en sy vrou, Beppie, op sy plaas, Alexanderskloof, digby Rietpoel gaan kuier. Dit is op die buurplaas, Welgegund, waar hy as klein seuntjie lief geraak het vir boerdery. Na sy twee jaar in die Lugmag het hy in 1986 saam met sy twee boers, Willie en Hannes, kom boer na die skielike afsterwe van hul pa, Boy. “Naas my grond en eie gesin, is my broers – wat altyd vir my instaan as ek op die pad is – my twee grootste bates,” sê Christo trots. Die driemanskap het saamgeboer en grond bygekoop totdat hulle in 1992 verdeel het. Hulle is steeds buurmanne in die streek wat alombekend as saai- en skaapwêreld is.

Bewaringsboerdery Saaiery maak sowat 50% van Christo se boerdery uit. Hy is ’n groot voorstander van bewaringsboerdery en sedert hyself dit vyf jaar gelede begin toepas het, kan hy ’n duidelike verskil in opbrengste, wateropvangs en kunsmistoediening sien. “Minimumbewerking het ’n omwenteling in die vee- en saaibedryf meegebring. Skielik

Issue 35 ▪ July 2013

Christo Groenewald se gesin is hoog op sy prioriteitslys. Hier is Herman, Chris, Betro, Christo en Beppie.

het ek minder water in my gronddamme omdat die vog op my lande bewaar word. Ek sê altyd ’n ou moet saam met die natuur boer – jy moet dit oppas, want dis al wat jy het.” Christo maak op presisie-ontledings staat om regstellings in die grond te doen. Verder doen hy ook voortdurend proewe om seker te maak dat dit wat hy doen, in sy omstandighede werk. “Aan die einde van die dag meet jy jou aan jouself. Die grootte van jou boerdery maak nie saak nie, solank jy net die beste maak van dit wat jy het!” Hy gebruik ’n wisselboustelsel van koring, gars en lupiene. Die medics- en

lusernfases, wat dien as weiding vir die skape, speel ’n kardinale rol in die stelsel om die saaigrond ’n ruskans te gee. Hy het onlangs ’n besproeiingsplaas bygekoop om verder te diversifiseer. “Die beplanning is om mielies en lusern onder spilpunt te plant en sodoende méér voer te hê vir die diere. Vervoer van proteïene uit die noorde is peperduur en onnodig as jy dit self kan produseer,” sê hy.

Dorwald Dormers In die streek, wat gemiddeld 450mm winterreën per jaar kry, probeer hy sy bes om met natuurlike weidings oor die weg

23

OP BESOEK ...

te kom. Dit is iets waarvoor dié geharde ras uitgeknip is. “Dormers omskep jou weidings gou in kontant. Hulle is nie seisoengebonde nie en paar en lam net wanneer jy wil.” Diere op stoppellande kry ’n lekaanvulling, en vanaf twee weke voor dektyd totdat die ram weg is, gee hy sowat 300 gram lupiene per ooi per dag as byvoeding in droë tye. Hy handhaaf ’n drakrag van twee ooie per hektaar en tot vyf op ’n hektaar medics- of lusernweiding. Hoewel die ras dubbeldoelig is, erken Christo dat daar ’n groot verlies in terme van opbrengs en gehalte van die wol is. “Dit is egter nie vir my so belangrik nie. Tog dek my woltjek al die insetkoste wat dosering, enting, veeartsenykunde en skandering aanbetref,” verduidelik hy. Wanneer hy in Februarie en Augustus skeer, haal hy gemiddeld 2,5kg wol met ‘n mikron van 27 per ooi af. Die sponsagtige wol skep ook nie probleme met uitwendige parasiete nie. “Met uitsondering kry ons een keer in vyf jaar klam, warm weer en sukkel ons met wurms. Maar dit is nie algemeen vir waar ons woon nie,” sê hy. Die Dormerras, hoewel nie onbekend nie, is steeds besig om teen ’n vinnige tempo te groei. Sedert Christo in 2007 as president van die genootskap oorgevat het, het die aantal telers van 75 tot 119 gestyg. Hoewel die Vrystaat die hoogste aantal telers het (58), word sowat 6 457 van die 19 471 geregistreerde diere deur die 18 Wes-Kaapse telers besit. Christo self hou wag oor 1 022 van hierdie diere.

Teling en seleksie Buiten rasstandaarde klas Christo streng volgens vrugbaarheid en moedereienskappe. “ ’n Funksioneel doeltreffende ooi is die heel belangrikste – sy moet ’n lam kan grootmaak. Een ooi kan nie byvoorbeeld na vyf lamseisoene vir my twaalf lammers grootmaak en ’n ander net sewe nie, hulle vreet tog dieselfde kos. Daarom is ek streng op skandering en die uitklas van nie-dragtige diere – hulle ry lorrie.” Christo gebruik ’n twaalf-maande ekstensiewe lamstelsel en het twee groepe wat onderskeidelik in Maart en Augustus lam. Jong ooitjies kom die eerste keer op elf maande by die ram. “Ek glo maar nog

Issue 35 ▪ July 2013

Buiten vir die Dormers is die pragtige trop Nguni-beeste een van Christo se ander gunsteling boerdery-vertakkings. Hulle is as’t ware die stofsuiers op sy plaas wat die laer potensiaal gronde benut en die bulle met lang horings is ook uitstekende skaapwagters.

in mannetjies en wyfies. Met kunsmatige inseminasie vorder jy geneties baie vinnig, maar maak ook maklik ’n fout.” Hoewel die aantal lammers gebore uit ’n agt-maande stelsel hoër is, het hy gevind dat sy speengewig (52,98kg) laer is as op ’n twaalf-maande stelsel (62,82kg). Sy gevolgtrekking is dat ooie nie die lammers volhoubaar grootmaak nie. Hy het ook probeer om lammers op die agt-maande stelsel na speen te voer, maar geleer dat dit die beste is om ooie self as “voerkraal” vir die lammers te gebruik. Op 100 dae word sowat 40% van die lammers direk van die ma’s gespeen en bemark. Teen hierdie tyd word die ooie se uiers weer deurgevoel en dié wat droog is uitgeklas en verkoop. “Aan die begin het die hoë seleksiedruk my ooigetalle taamlik laat sak, totdat die ding begin loop het. Nou is ’n speenpersentasie van tot 156% vir my niks. Wanneer ek ’n skaap sou koop, is die melkfaktor vir my belangriker as die meerlingstatus van die ram.”

Die teler is die bemarker Eerlike en betroubare rekordhouding van sy kudde is een van sy belangrikste bemarkingshulpmiddels. Rekenaars en programmatuur van SA Stamboek maak dit baie eenvoudig om altyd op datum

te bly. Lammers word binne drie dae van geboorte gemerk en in al sy jare het daar dalk tien deurgeglip wat hyself nie gemerk het nie. “Dit is my behoud om dit self te doen. Ek is haastig om die inligting in te tik, die indekse te kry en te kyk hoe ek geteel het. Ek het ’n passie hiervoor,” sê hy. Al sy ramme is geregistreer en ondergaan ’n volledige prestasietoets voordat hulle op veiling aangebied word. Naas die nasionale veiling in Bloemfontein, neem hy ook deel aan die Oos-Kaapse bul- en ramveiling in Humansdorp, die Suid-Kaap produksieveiling in Bredasdorp en die gesamentlike plaaslike veiling met Blydskap Dohne’s in Februarie, wat vir hom ’n persoonlike hoogtepunt is. Sy teenwoordigheid by boeredae, inligtingsdae en kursusse, saam met puik naverkoopdiens, is vir hom ’n puik bemarkingsgeleentheid van sy boerdery. Hy het al ’n paar skaapkursusse aangebied en is die eerste Dormer-teler wat skape uitgevoer het na Namibië. “Ons het al twee keer daar gaan kuier om seker te maak dat die diere aangepas het. Ek wil weet waar al die diere wat ek verkoop het is en hoe dit met hulle gaan. My vrou, wat onder andere ’n junior keurder is, help ook graag om ooie te klas.” SB

25

Inspiration for the game industry By Du Preez de Villiers



I came to a crossroad when my husband died in 2007. I had to decide within a very short time whether I wanted to continue with the hunting and wildlife ranching enterprise that we had built up over so many years. I opted to take control and pick up the reins as I didn’t want to lose any momentum. Today I am very glad that I have made this exciting choice,” is Tania Kaiser’s inspiring words. The news of Christo’s death spread like a veld fire through hunting and game circles across the world. Tania had to send out a statement to visiting hunters who were to arrive the next morning, to assure them that they were still welcome on the farm. Since then most of her clients from the USA and Spain have returned every year to experience another exceptional Unico hunting experience.

Tania and her three daughters, Lane ,Talya and Christi.

Versatile and full of plans Tania farms outside Ellisras (Lephalale) on the farm Grootfontein, under the name Unico Safaris. She completed her professional hunter’s course within five weeks of Christo’s death, because she wanted to become a qualified hunting entrepreneur and the person responsible for the enterprise as soon as possible. On the farm she breeds, amongst others, with buffalo, sables, golden wildebeest and nyala. She applies a strong ecotourism approach throughout. She also runs a film studio which is managed by Johan Wiid. Johan can accompany a hunter or hunting party to capture the hunt on film and make a DVD of it. There is also a small gift shop and salon at the lodge for her clients. Tania is a strong supporter of exposing women and children to hunting. She started a youth hunting club two years ago with the aim of promoting a hunting culture among children. She has also been the vice-chairperson of the Wildlife Ranching (WRSA) Lephalale Business Chamber for two years, is a motivational speaker and serves on the governing body of the local primary school. Her three daughters are all in local schools and although she is involved with many activities, she always makes time to be an unconditional mother and parent to them.

Diversify from the start “When we arrived in the Bushveld from Gauteng, Christo was adamant that one has to spread risk in business. He consequently purchased some more farms and shares in other game farms,” says Tania. During that time there was a huge demand for buffalo and Christo decided to also invest in the breed. In 2005 he bought 20 “clean” buffalo as part of a partnership from a breeding project in the Lowveld. The growth in the breeding project was excellent and they also traded some of the animals to establish

26

an excellent herd. Later on they divided the extended breeding group. Nowadays Tania farms the buffaloes together with her neighbours, Frik and Yvette Malan. She also farms with golden wildebeest, of which two outstanding bulls were born on the farm in the time when the golden wildebeest market was exploding and bulls were trading for R800 000. “Four years ago I added sables, probably one of the most beautiful animals, to my breeding programme in partnership with Johan Slabbert. I am also thankful to Piet Warren, a leading sable breeder, who shared his knowledge with me on how to breed top quality sables. Our bulls are of pure Zambian descent,” says Tania.

Game farmer of the year Tania was crowned as the game farmer of the year for 2012 at this year’s WRSA congress in April. “The selection process was very strict, and WRSA investigated and judged every facet of my business. My prospects for economical sustainability are excellent. I ensured that my investments deliver above average growth with my hand-picked breeding animals, precise feeding, recordkeeping and management,” she says.

AT HOME WITH ...

Inside Johan Wiid’s studio, where films of the safaris are compiled. Here are Kobie Kitching (Tania’s personal assistant who makes sure that the administration is in place), Tania and Johan.

Tania at the giraffes’ elevated trough. In the background is a viewpoint for bow hunters. In front of the shelter is a watering hole which is accessible for all animals, even tortoises.

Kabelo is one of Unico’s beautiful golden wildebeest bulls.

Parasite analysis Tania recently purchased a Zeiss microscope for the game ranch. This allows her to personally monitor her animals’ parasite counts. “Dr Louis Greeff, our local veterinarian in Thabazimbi, and his laboratory staff, recently presented a lecture at one of our WRSA business chamber gatherings in Lephalale. They gave us practical training on how to do parasite analysis with our microscopes. Although it is really not a nice thing to see, it is definitely worthwhile to do your own analysis and to be hands-on about it. This is of course a brand new but very exciting field,” she says excitedly.

Hunting is essential

Tania and Jan Warren, the farm manager, at Unico’s very clean slaughtering room.

Tania implemented a precision operational management plan for the farm to support the veld management. She feels it is of great importance to determine a farm’s carrying capacity in respect of different feeding groups and game breeds, especially with the unpredictable rainfall that characterises the Bushveld.

Issue 35 ▪ July 2013

“Many organisations are positively influenced by trophy hunters from overseas. In addition, the amount of job opportunities that are created means a lot for the country’s economy. It is also of crucial importance that we have to start marketing South African game meat to consumers because it is a truly healthy foodstuff,” she says. “I am very excited about wildlife ranching in South Africa, and I am really glad that I did not sell the farm and retired in my sea cottage years ago. I succeeded because of the grace of God and a passion for what I am doing,” says Tania. SB

27