NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
LEWENSWETENSKAPPE V2 NOVEMBER 2007
PUNTE: 150 TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
2 NSS
DoE/November 2007
INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word: 1.
Beantwoord AL die vrae.
2.
Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.
3.
Begin die antwoord van elke vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4.
Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
5.
Skryf netjies en leesbaar.
6.
Indien antwoorde NIE volgens die instruksies by elke vraag aangebied word nie, sal kandidate punte verbeur.
7.
ALLE tekeninge moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink.
8.
Teken diagramme of vloeikaarte SLEGS indien jy versoek word om dit te doen.
9.
Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie.
10.
Grafiekpapier mag NIE gebruik word nie.
11.
Nie-programmeerbare sakrekenaars, gradeboë en passers MAG gebruik word.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
3 NSS
DoE/November 2007
AFDELING A VRAAG 1 1.1
Verskeie moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.5) in die antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1
Aardverwarming as gevolg van hitte wat in die atmosfeer vasgevang word, word ... genoem. A B C D
1.1.2
1.1.3
Watter EEN van die volgende sal 'n toename in die grootte van 'n bevolking veroorsaak? (i) (ii) (iii) (iv)
Immigrasie Mortaliteit Emigrasie Nataliteit
A B C D
(i) en (iv) (i), (ii) en (iv) (i), (iii) en (iv) (ii) en (iii)
'n Organisme wat 'n patogeen tussen gashere oordra, word 'n ... genoem. A B C D
1.1.4
vektor ontbinder produseerder verbruiker
Watter EEN van die volgende beskryf die dravermoë van 'n habitat die beste? A B C D
Kopiereg voorbehou
ontbossing denitrifisering die kweekhuiseffek ontginning
Produksie van kleintjies 'n Toename in die aantal herbivore 'n Metode om die teelruimte in 'n gebied te beskerm Die maksimum, stabiele bevolkingsgrootte wat 'n spesifieke gebied oor 'n lang tydperk kan onderhou
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
1.1.5
4 NSS
DoE/November 2007
Die onderstaande tabel toon die geskatte blouwalvisbevolking in Antarktika vir die tydperk 1900 tot 2000. Bestudeer die tabel en beantwoord die daaropvolgende vraag: JAAR 1900 1930 1960 1985 1995 2000
GESKATTE GETAL BLOUWALVISSE 50 000 35 000 10 000 1 000 5 000 13 000
Tydens watter tydperk het die blouwalvisbevolking die vinnigste gedaal, volgens die tabel? A B C D 1.2
Tussen 1900 en 1930 Tussen 1930 en 1960 Tussen 1960 en 1985 Tussen 1985 en 1995
(5 x 2)
(10)
Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 - 1.2.6) in die antwoordeboek neer. 1.2.1
Die massa van alle lewende organismes in 'n ekostelsel
1.2.2
'n Gas, normaalweg in die atmosfeer geproduseer, wat nodig is om die aarde teen ultraviolet lig te beskerm
1.2.3
Materiaal wat nie deur lewende organismes, soos bakterieë en fungi, ontbind kan word nie
1.2.4
Die wyse en versigtige gebruik van ons hulpbronne sodat dit vir huidige sowel as toekomstige geslagte beskikbaar sal wees
1.2.5
Die gedrag van organismes wat op leer uit hulle interaksies met ander organismes, gebaseer is
1.2.6
Diere merk 'n gebied af en verdedig dit teen indringers
Kopiereg voorbehou
(6)
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
1.3
DoE/November 2007
5 NSS
Kies 'n item uit KOLOM B om by 'n beskrywing in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A - I) langs die vraagnommer (1.3.1 - 1.3.5) in die antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.3.6 J. KOLOM A 1.3.1
KOLOM B A
predasie
B
gemeenskap
Periodieke wegtrek uit, en terugkeer na, 'n habitat
C
ontbinder
1.3.3
Voed op dooie diere en plante
D
piramide
1.3.4
'n Groep organismes van dieselfde spesie in dieselfde habitat
E
migrasie
F
produseerder
1.3.5
Gebruik natuurlike predatore om peste te beheer
G
biologiese beheer
H
bevolking
I
voedselweb
1.3.2
Kopiereg voorbehou
'n Aantal onderling-verwante voedselkettings
(5)
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
1.4
6 NSS
DoE/November 2007
By 'n wêreldberaad het verskeie lande hulle statistiek met betrekking tot die volgende ingedien: • Die hoeveelheid hulpbronne wat hulle het • Die bevolkingsgrootte van hulle land • Die besoedelingsvlak in hulle land Hierdie inligting is gebruik om 'n grafiek te trek en voorspellings vir die toekoms te maak. Die verhouding tussen die menslike bevolking, natuurlike hulpbronne en besoedeling
Aantal/Hoeveelheid
Natuurlike hulpbronne
Bevolking Besoedeling
1920 1940 1960 1960 1980 2000 2020 2080 2100 2120 2020 2040 2060 2080 2040 2060 1920 1980 2000 Jare
Beskryf die verwantskap tussen die menslike bevolking, natuurlike hulpbronne en besoedeling in die tydperk 1920 tot 2020.
(3)
1.4.2
In watter jaar sal besoedeling moontlik sy hoogtepunt bereik?
(1)
1.4.3
Watter direkte tegniek sou die lande gebruik om die grootte van hulle menslike bevolking te bepaal?
(1)
Daar word voorspel dat die wêreldbevolking vanaf 2070 weer sal toeneem. Verduidelik waarom dit moontlik kan gebeur.
(2)
1.4.1
1.4.4
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
1.5
7 NSS
DoE/November 2007
In 'n ondersoek om die getal kewers in 'n gebied te bepaal, is 50 kewers gevang en 'n kolletjie verf is op elkeen aangebring. 'n Paar dae later is 'n monster bestaande uit 90 kewers in dieselfde veld gevang. In die tweede vangs was daar 5 kewers met verfkolletjies. 1.5.1
Bepaal die grootte van die bevolking deur die volgende formule te gebruik: A = BxC T A B C T
1.5.2
1.6
= = = =
Grootte van die bevolking Getal gevang en gemerk tydens die eerste vangs Getal gevang tydens die tweede vangs Getal met verfkolletjies tydens die tweede vangs
Toon ALLE berekeninge.
(3)
Gee TWEE redes waarom die geskatte bevolkingsgrootte dalk van die werklike bevolkingsgrootte kan verskil.
(2)
Onderskei tussen elk van die volgende: 1.6.1
Digtheidsafhanklike faktore en digtheidsonafhanklike faktore
(4)
1.6.2
Interspesifieke kompetisie en intraspesifieke kompetisie
(2)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
1.7
8 NSS
DoE/November 2007
'n Ondersoek is gedoen om die hoeveelheid rook in die lug in en om 'n stad te bepaal. Bestudeer die onderstaande tabel wat die resultate van hierdie ondersoek toon en beantwoord die daaropvolgende vrae: Afstand vanaf middestad in kilometer 0 3 6 9 12 1.7.1
1.7.2
Kopiereg voorbehou
Mikrogram rook per kubieke meter lug 120 90 60 50 20
Wat is die verhouding tussen die hoeveelheid rook in die lug en die afstand vanaf die middestad?
(2)
Brongitis is 'n siekte wat inflammasie/ontsteking van enige deel van die brongi en brongiolibuisies veroorsaak. Rook en die inasem van rook is die hoofoorsake van brongitis. Hoe sal die getal brongitispasiënte in en om die middestad verskil van dié wat 12 kilometer vanaf die middestad woon?
(1)
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
1.8
DoE/November 2007
9 NSS
Bestudeer die volgende grafiek oor bevolkingsgroei en beantwoord die daaropvolgende vrae: Grafiek wat bevolkingsgroei toon
Q
R
S
Bevolkings-grootte
P
Tyd
1.8.1
Noem die groeivorm wat in die grafiek getoon word.
(1)
1.8.2
Identifiseer fases P en Q.
(2)
1.8.3
Gee TWEE redes waarom fase P stadig begin.
(2)
1.8.4
Teen watter fase sal: (a)
Die geboortesyfer aan die sterftesyfer gelyk wees
(1)
(b)
Omgewingsweerstand in werking tree
(1)
(c)
Die geboortesyfer die sterftesyfer ver oortref?
(1)
TOTAAL AFDELING A:
Kopiereg voorbehou
50
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
DoE/November 2007
10 NSS
AFDELING B VRAAG 2 2.1
Voedselkettings kan as getalpiramides, biomassa of energie voorgestel word. 2.1.1
Maak 'n tekening van 'n getalpiramide deur die volgende inligting te gebruik:
2.1.2 2.1
5 waterlelieplante; 20 plantetende visse; 10 vleisetende visse; 5 visarende
(3)
Verduidelik waarom 'n getalpiramide nie die beste manier is om trofiese verwantskappe in 'n ekostelsel voor te stel nie.
(2)
Die grafiek en sleutel hieronder verwys na die ekonomie en bestuur van 'n dennebos in Suid-Afrika. Ekonomie en bestuur van 'n dennebos in Suid-Afrika Economics and management of a pine forest in South Africa VB
10 9 Koste (Miljoene rande)
8 7
koste betrokke by onderhoud van die bos
BU
6
TV SW PB
5
SW
OU
4
opbrengste (inkomste uit verkoop van neweprodukte)
PB SW
3 2 1 0 0
10
20
30
40
50
60
Tyd (Jare)
Sleutel tot bestuurspraktyke TV PB SW OU BU VB Kopiereg voorbehou
= = = =
terreinverbetering plaagdoderbespuiting skoffelwerk/verwydering van onkruid onbemarkbare uitdunning verwyder (sommige bome wat nie verkoop kan word nie, is verwyder) = bemarkbare uitdunning geneem en verkoop (sommige bome is verwyder en verkoop ) = volwasse bos afgekap en verkoop Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
11 NSS
DoE/November 2007
2.2.1
Hoeveel keer is die bome met plaagdoder bespuit?
(1)
2.2.2
Hoeveel verskillende tipes bestuurspraktyke is in die eerste 25 jaar-groeitydperk op die bos toegepas?
(1)
Beskryf die verwantskap wat tussen koste en opbrengs in die gegewe tydperk bestaan.
(2)
2.2.4
Na hoeveel jaar was die koste gelyk aan opbrengs?
(1)
2.2.5
Gee TWEE redes waarom die gebruik van plaagdoders skadelik vir die omgewing kan wees.
(2)
Stel voor waarom skoffelwerk en uitdunning (verwydering van swakker bome) in die toekoms die gehalte van die oorblywende bome sal verbeter.
(2)
2.2.3
2.2.6
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
2.3
DoE/November 2007
12 NSS
Bestudeer onderstaande diagram wat die vloei van 'n rivier deur 'n gebied en die aktiwiteite naby die rivieroewer aantoon:
A
Kragstasie
Rioolbehandelingsaanleg Chemiese fabriek
Plase
C
B
Vloeirigting van die rivier Drainage ditch
Denneplantasie
D
2.3.1
Waarom sal vissermanne waarskynlik meer vis by punt A as by punt D vang?
(2)
Baie bome in die denneplantasie is besig om dood te gaan. Stel TWEE redes voor waarom dit gebeur.
(2)
Indien die rioolbehandelingsaanleg onklaar sou raak, sal onbehandelde riool in die rivier beland. Wat sal waarskynlik met die hoeveelheid suurstof in die water by punt B gebeur?
(1)
2.3.4
Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.3.
(2)
2.3.5
Verduidelik hoe kunsmis wat deur die boer op sy gewasse gebruik word, die groei van waterplante by D kon beïnvloed.
(2)
2.3.6
Noem en verduidelik EEN voordeel van plaagdoders wat op gewasse gespuit word.
(2)
2.3.2
2.3.3
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
2.4
13 NSS
DoE/November 2007
Lees die volgende paragraaf en beantwoord die daaropvolgende vrae:
Armoede en Woestynvorming: Die Bose Kringloop Ekonomiese druk kan tot die oorontginning van grond lei en dit tref gewoonlik die armste mense die swaarste. Gedwing om soveel as moontlik uit die grond te haal vir voedsel, energie, behuising en as inkomstebron, word hierdie mense die slagoffers sowel as die oorsake van woestynvorming. Armoede lei tot woestynvorming, wat weer op sy beurt tot groter armoede lei.
2.4.1
Verduidelik hoe ekonomiese druk tot woestynvorming kan lei.
2.4.2
Die mense van Afrika sal die hulpbronne van Afrika ontgin. Noem DRIE gebruike van die hulpbronne wat die mense van Afrika waarskynlik uit die land sal haal.
Kopiereg voorbehou
(2)
(3) [30]
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
DoE/November 2007
14 NSS
VRAAG 3 3.1
Bestudeer die grafiek hieronder wat 'n predator-prooi-verwantskap in 'n spesifieke habitat aandui en beantwoord die daaropvolgende vrae:
Bevolkingsgrootte
aantal individue) Bevolkingsgrootte
'n Predator-prooi-verwantskap 800 700 600 500 400 300 200 100 0
Prooi Predator
0
10
20
30
40
Tyd in jare
3.1.1
Hoeveel prooi was daar aan die begin van die ondersoek?
(1)
3.1.2
Watter maksimumgrootte het die predatorbevolking bereik?
(1)
3.1.3
Wat gebeur met die predatorbevolking kort na 'n afname in die prooibevolking?
(1)
3.1.4
Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.3.
(1)
3.1.5
Gee TWEE redes waarom sommige diere in 'n prooibevolking meer waarskynlik deur predatore as ander diere gevang sal word. (2)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
3.2
15 NSS
DoE/November 2007
'n Leerder het 'n ondersoek gedoen om die bevolkingsgroei van bakterieë te bepaal. Sy het gevind dat die bakteriebevolking onder optimum toestande elke twintig minute verdubbel. Sy het gevolglik die getal bakterieë elke twintig minute in 'n twee-uur-tydperk getel. 3.2.1
3.2.2
Noem TWEE voorbeelde van optimum toestande vir bakteriële groei.
(2)
Trek die volgende tabel in die antwoordeboek oor en voltooi die TWEEDE kolom om die resultate wat sy verkry het, te toon. Die getal bakterieë in 'n twee-uur-tydperk Tyd (minute) 0 20 40 60 80 100 120
Getal bakterieë 1
(4) 3.2.3
3.2.4
Kopiereg voorbehou
Waarom sal dit vir die leerder nodig wees om die bakterieë elke 20 minute meer as een keer te tel?
(1)
As gevolg van die bevolkingsgrootte wat na 120 minute bereik is, hoe lank sal dit die bakteriebevolking neem om 'n bevolkingsgrootte van 512 te bereik?
(2)
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
3.3
DoE/November 2007
16 NSS
Natuurrampe is gebeurtenisse wat op natuurlike wyse onder, op of bokant die aarde se oppervlak plaasvind en wat betekenisvolle verlies aan lewens of eiendom of die beskadiging van die omgewing veroorsaak. Bestudeer die onderstaande sirkelgrafiek wat die gemiddelde persentasie mense toon wat tussen 1969 en 1995 in natuurrampe gesterf het en beantwoord die daaropvolgende vrae: Gemiddelde persentasie mense wat tussen 1969 en 1995 in natuurrampe gesterf het aardverskuiwings 1%
vulkane 1%
vloede 9%
aardbewings 15,5% droogte en hongersnood 53% tornado's 20,5%
3.3.1
3.3.2
3.3.3
Kopiereg voorbehou
Noem TWEE van die bogenoemde rampe wat as gevolg van strawwe klimaatstoestande plaasvind.
(2)
Watter tipe ramp het die tweede hoogste persentasie sterftes tot gevolg gehad?
(1)
Noem DRIE wyses waarop aardverskuiwings die ekostelsel waarin hulle voorkom, kan beïnvloed.
(3)
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
3.4
DoE/November 2007
17 NSS
Lees die volgende paragraaf en beantwoord die daaropvolgende vrae:
Mense gebruik reeds vir duisende jare plante om medisyne te maak. Die grootste deel van Suid-Afrika se bevolking gebruik tradisionele medisyne. Tradisionele genesers gebruik ongeveer 700 verskillende tipes plante. Baie van die kruie, wortels, blare en tipes boombas wat deur tradisionele genesers gebruik word, is nou baie skaars.
3.4.1
3.4.2
3.4.3
3.4.4
Gee TWEE redes waarom baie pasiënte, veral in die landelike gebiede, tradisionele genesers besoek.
(2)
Verduidelik waarom tradisionele genesers nie toegelaat behoort te word om so baie plante soos hulle wil, te gebruik nie.
(3)
Stel TWEE moontlike oplossings vir die probleem dat sommige plante baie skaars begin raak, voor.
(2)
Plante, soos wilde gemmer, word tradisioneel vir die behandeling van hoesbuie gebruik. Watter moderne medisyne gebruik mense vir verkoues en griep?
TOTAAL AFDELING B:
Kopiereg voorbehou
(2) [30] 60
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
DoE/November 2007
18 NSS
AFDELING C VRAAG 4 4.1
Die volgende data verteenwoordig onlangse metings van die gemiddelde globale CO2-konsentrasie in die atmosfeer:
4.1.1
Jaar
CO2-konsentrasie (dele per miljoen)
1960
200
1965
320
1970
330
1975
335
1980
340
1985
350
1990
355
1995
365
2000
380
2005
390
Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat wetenskaplikes moet tref wanneer hulle data insamel om 'n gemiddelde globale konsentrasie van CO2 weer te gee.
(2)
4.1.2
Trek 'n lyngrafiek van die data in die tabel gegee.
4.1.3
Vergelyk die neiging in die CO2-vlak in die tydperk 1960 tot 1965 met die tydperk 1965 tot 2005 wat in die grafiek wat jy getrek het, getoon word.
(2)
4.1.4
Gebruik jou grafiek om die moontlike CO2-vlak in 2010 te voorspel.
(2)
4.1.5
Noem en verduidelik DRIE faktore wat kan bydra tot die neiging wat tussen 1960 en 2005 in die tabel getoon word.
(6)
Noem TWEE uitwerkings op ekostelsels indien die koolstofdioksiedkonsentrasies aanhou om te verander, soos in die tabel getoon.
(2)
4.1.6
Kopiereg voorbehou
(11)
Blaai om asseblief
Lewenswetenskappe/V2
4.2
DoE/November 2007
19 NSS
Lees die artikel hieronder oor 'n land se 'een-kind-per-getroude-paar'-beleid en beantwoord die daaropvolgende vrae: In 1980 was die bevolking van 'n sekere land ongeveer 20% van die totale menslike bevolking. Die regering het 'n 'een-kind-per-getroude-paar'beleid ingestel om groot toenames in die bevolkingsgrootte te verminder. Die gevolg van hierdie beleid was dat die gemiddelde aantal kinders per vrou van 5,01 in 1980 tot 1,84 in 2005 gedaal het. Skryf 'n opstel wat die negatiewe gevolge wat oorbevolking op die omgewing kan hê, verduidelik. Indien die 'een-kind-per-getroude-paar'-beleid in SuidAfrika ingestel sou word, noem en verduidelik ten minste DRIE redes waarom jy dit sou of nie sou ondersteun nie. LET WEL:
GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeikaarte of diagramme nie.
Die volgende assesseringskaal sal gebruik word om jou opstel te assesseer: Kriteria
Punte
Negatiewe uitwerking op die omgewing
3 uitwerkings teen 1 punt elk
(3)
Rede waarom jy die beleid sal / (nie) sal ondersteun (nie)
Drie redes teen 1 punt elk
(3)
Verduideliking van rede
Drie verduidelikings teen 2 punte elk
(6)
1 Sintese
Poging aangewend, maar met betekenisvolle gapings in die logika en vloei van die antwoord
2
3
Klein gapings in die logika en vloei van die antwoord
Goed gestruktureerd, demonstreer insig en begrip van die vraag
(15)
Kopiereg voorbehou
TOTAAL AFDELING C:
40
GROOTTOTAAL:
150