MURE ERIGO INHOUDSOPGAWE BRIEF AAN BIDDERS ALGEMEEN. Middelblad 70 DAG-TOT-DAG GEBEDSGIDS BELANGRIKE GEBEURE & AANLYN INLIGTING. Maar God

INHOUDSOPGAWE ERIGO BRIEF AAN BIDDERS 3 Maar God... ALGEMEEN Middelblad 70 Visie, Inskrywing en Donasies Gebedsgids per e-pos BELANGRIKE GEBEURE...
Author: Kory Phillips
135 downloads 3 Views 5MB Size
INHOUDSOPGAWE

ERIGO

BRIEF AAN BIDDERS 3

Maar God...

ALGEMEEN Middelblad 70

Visie, Inskrywing en Donasies Gebedsgids per e-pos

BELANGRIKE GEBEURE & AANLYN INLIGTING Wat, waar en wanneer 4 26-30 Julie 2016: United Prayer Rising: Wêreld Jeug Gebedsbyeenkoms 4 Wat is aanlyn? 5

DAG-TOT-DAG GEBEDSGIDS Maandelikse Gebedsfokusse: Junie - September 2016 Gebedsfokusse: Junie Kinders in Nood: 4 – 5 Junie Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie – 5 Julie Jeugdag: 16 Junie – Sing ‘n Nuwe Lied Wêreld Vlugtelinge Dag: 20 Junie Die VN Internasionale Dag ter Ondersteuning Van Martelingslagoffers: 26 Junie

5 9 10 18 20 24

Gebedsfokusse: Julie Ramadaan: 6 Junie – 5 Julie Nag van Krag: 2 Julie Die Fees van Eid al-Fitr: 5 – 7 Julie

10 27 29

Gebedsfokusse: Augustus 15 Grootste Terroriste Organisasies Wêreldwyd Olimpiese Spele in Rio de Janeiro: 5 – 21 Augustus Nasionale Vrouedag: 9 Augustus KwaMhlanga Gebedskonferensie: 12 – 14 Augustus 7 Dae vir 7 Weke van Gebed: 28 Aug – 16 Okt

41 46 48 52 63

Gebedsfokus: September 28 Aug – 16 Okt: 7 Dae vir 7 Weke van Gebed

69

1

MURE

Hoe om die Gebedsgids te gebruik Die hoofdoel van die Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk kwartaallikse Gebedsgids is om inligting aan bidders en gelowiges te voorsien sodat hulle meer effektief kan bid vir herlewing en redding van verlore mense. Inligting word voorsien vir elke dag om bidders te help om gefokus saam met ongeveer 200 000 ander mense te bid vir sake in hulle land en/of volksgroepe in daardie land, asook in ander lande van die wêreld. Mense van verskillende tydsones in die wêreld gebruik ook hierdie Gebedsgids. Dit beteken dat alhoewel jy op jou eie of saam met 'n vriend of gebedsgroep bid, jy deel vorm van 'n wêreldwye gebedsweermag wat voordurend voor die troon van die Here staan in voorbidding! Die inligting in die Gebedsgids word in die vorm van gebedsversoeke in verskillende formate deurgee. Sommige versoeke noem statistieke en vra van die bidder om oor sekere sake te bid. Ander versoeke word as gebedsinligting gegee, met gebede wat in die eerste persoon geskryf word, asof jy persoonlik met die Here praat. Dan weer word Skrifgedeeltes gebid. Verder word jy voorsien van opgedateerde inligting oor gebed, nasionale en internasionale gebedsinisiatiewe, asook enige ander opleidingsgeleenthede soos seminare, gebedskole, ens. word ook van tyd tot tyd geplaas. Soos ons terugvoer ontvang van gebeure, plaas ons ook sommige van die deurbrake wat gekom het as gevolg van onvermoeide gebed van individuele persone. Bidders is welkom om gebedsinligting in te stuur om in die Gebedsgids te plaas. Doen dit asseblief 4 maande voor die eerste dag van die maand waarop die volgende Gebedsgids verskyn. Laastens: • Gebruik hierdie inligting om te bid in jou persoonlike gebedstye. • Moedig ander mense aan om hierdie Gebedsgids te gebruik. • Oorweeg dit om 'n klein gebedsgroep te begin en gebruik dan van hierdie gebedspunte. • Jy is welkom om enige van hierdie gebedspunte in jou gemeente se gebedsbulletin te plaas, of by ander gebedsgeleenthede te gebruik. Vrywaring Jerigo Mure strewe na die hoogs moontlike kwaliteit in die hulpbronne wat hier aangebied word. Ons neem egter geen verantwoordelikheid vir die geldigheid of akkkuraatheid van die inligting wat in ons publikasie of op ons webruimte verstrek word nie, tensy anders aangetoon. Daar word geen aanspraak gemaak rakende die akkuraatheid of egtheid van die inhoud van die publikasie nie. U moet dus nie aanvaar dat ons publikasie foutvry is nie.

Telefriend is 'n omgeetelefoonlyn wat emosionele ondersteuning verleen aan stukkende mense en hulle tot volledige genesing begelei deur die liefde en genade van Jesus Christus. Indien jy self berading nodig het, of op soek is na iemand om 'n vriend te help of beraad, skakel: Telefriend by 0861 106310 of besoek die webwerf: www.ellel.org/africa of e-pos: [email protected] of skryf gerus na Posbus 74266, Lynnwoodrif, 0040.

Die redaksie van Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk doen sy bes om sy publikasie in stand te hou, maar neem nie verantwoordelikheid vir die gevolge van enige gebreke wat in enige van ons publikasies mag bestaan nie. Die inligting in die Gebedsgids word voorsien op die grondslag dat alle persone wat dit lees, self ook die materiaal sal beoordeel vir die relevansie en akkuraatheid van die inhoud. Ons aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir enige inligting of diense wat op enige gekoppelde publikasie of webruimte verskyn nie, aangesien dit slegs vir inligtingsdoeleindes verskaf word.

2

Maar God ... Liewe Bidders Laat ons vasstaan in ons verhouding met die Here in hierdie baie uitdagende tyd in ons land se geskiedenis. So was dit baie kere vir die kerk oor die eeue. Die kerk het egter nog altyd voortgegaan om net baie prakties en eenvoudig te bly doen wat die kerk moes doen en keer op keer die oorwinning behaal. Gebed moet geanker wees in God as Vader Baie mense bid, maar hulle gebede kom uit kliniese, koue en ongelowige harte. Sommige gebede word gebore uit harte vol vrees vir God. Daar is baie redes daarvoor. Vir baie mense is God ‘n kosmiese polisieman wat rondkyk vir iemand om te straf. Sulke mense sien God nie as iemand wat hulle liefhet en goedgesind is nie, maar daar is ‘n vrees vir straf. Baie het ‘n beeld van God wat tot gevolg het dat hulle nie weet wat om van God te verwag nie. Ander wonder of God hulle sal hoor en of Hy beskikbaar is om na hulle te luister. Hulle wonder: sal God nie net “ja” sê en nie doen wat Hy beloof het nie? Kan ‘n mens op Hom staatmaak? Sal Hy nie ‘n woede uitbarsting kry as hulle iets verkeerds gedoen het en hulle straf nie? Vir nog ander is God ver, onbereikbaar, net ‘n groot stilte en hulle glo hy sal in elk geval nie antwoord nie. Hulle is nie eers seker óf Hy gehoor het nie. In Eksodus 34:6-7 openbaar God Homself: Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Wat hier gebeur het dikwels te doen met die feit dat mense nie vir God as Vader ken nie. Mense beleef God dikwels op dieselfde wyse as wat hulle hul aardse vaders beleef: vaders wat onbetroubaar is, wat belowe en nie doen nie, nooit praat nie en net nie beskikbaar is nie, wispelturig, onvoorspelbaar of gewelddadig, iemand wat vrees inboesem i.p.v. ‘n gevoel van veiligheid skep. Vir baie is hierdie vrae en emosies ‘n realiteit. Wanneer mense op hierdie wyse oor God dink, word dit baie moeilik om te bid en word hulle verwagting dat God hulle sal hoor baie skraal. Hierdie verwronge tipe denke oor God maak geloof dood en neem alle begeerte en vrymoedigheid om te bid weg. Baie mense ken God as God, maar nie as Vader nie. Wanneer ons God as ons Vader leer ken, kom ons in ‘n diep intimiteit met God en begin daar ‘n vaste wete ontwikkel dat ek Hom kan vertrou omdat hy betroubaar is en my onvoorwaardelik lief het. Dit is vanuit hierdie Vader-kind verhouding dat ons gebedslewe groei, ons Hom meer en meer vertrou, Sy beloftes glo en ons lewens aan Hom toevertrou. Sonder hierdie intimiteit met God as Vader sal ons gebedslewe droog en onbevredigend wees.

3

Die volgende 3 maande In die volgende 3 maande is daar ‘n hele paar nasionale en internasionale “dae van gebed.” Daar is bv. weer die 30 Dae gebedsfokus op Islam gedurende Ramadaan. Dit is gewoonlik ‘n intense tyd van gebed. Laat ons met groot toewyding in hierdie maand bid en God vertrou vir duidelike antwoorde. In die artikel “Maandelikse gebedsfokusse” sal jy die fokusse vir die volgende 3 maande lees. Kyk asb. daarna voordat jy jouself opnuut toewy om vir die volgende 3 maande te bid.

Efesiërs 3:20 Bennie Mostert Besturende Direkteur: Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk

Wat, waar en wanneer NASIONAAL 3-7 Oktober 2016: Watchman’s School of Prayer Sluit by ons aan waar ons vir 5 dae die aangesig van God soek vir geestelike deurbrake in ons gemeenskappe en stede met die tema “Heilige lewe – Oorwinnende stryd”. Jy sal meer leer oor persoonlike herlewing en hoe om ‘n dieper gebedslewe te hê. Ons fokus hierdie jaar is praktiese werkswinkels en opleiding soos bv. hoe om 24-7 gebed te vestig in jou plaaslike gemeente of gemeenskap. Baie tyd word spandeer in aanbidding (ook op ‘n persoonlike vlak) en voorbidding. Getuienisse van diegene in geslote lande, leer deelnemers hoe om te bid en te volhard in moeilike omstandighede. Die Watchman’s School of Prayer vind plaas in ‘n pragtige afgesonderde omgewing, dit is ‘n 5 dag voltydse kursus. Ons kan net 150 mense akkommodeer. Die koste beloop R1,750.00 per persoon, ingesluit is die akkommodasie, etes en die kursusmateriaal. Vir navrae, kontak Lizette van Rooyen by [email protected] of www.globalprayerwatch.org of 021 919 7988 en 021 919 3954 (faks). INTERNASIONAAL 26-30 Julie 2016 - United Prayer Rising: Wêreld Jeug Gebedsbyeenkoms United Prayer Rising is ‘n jeug gebedsinisiatief wat plaasvind in Seoel, Suid-Korea. Die globale krisis en aanslag op jongmense het daartoe gelei om die jeug op te roep om bymekaar te kom en te bid. Hierdie oproep is vir die saamkom van die verskillende generasies vir gemeenskaplike gebed. Ons glo dit het die potensiaal om die huidige gebeure wêreldwyd te verander en geboorte te gee aan nuwe gebeds- en sendingbewegings. Op 29 Julie, sal daar ‘n tyd wees van voorbidding en aanbidding by die DMZ Peace Plaza (op die grens van Noord- en Suid-Korea) om saam met ons Koreaanse broers en susters te bid vir die eenwording van Korea. www.unitedprayerrising.com of www.ipcprayer.org/news/1124

4

Wat is aanlyn? www.writeaprayer.com Writeaprayer is ‘n inisiatief om mense te help om hulle gebede neer te skryf. Wanneer jy die webruimte besoek sal jy baie verskillende onderwerpe vind waarvoor daar gebed nodig is en waaraan jy kan deelneem. Party mense vind dit baie sinvol om op hierdie manier te bid. www.pray30days.org Gebedsriglyne oor hoe om vir Moslems te bid tydens hul jaarlikse vastyd, bekend as Ramadaan, kan op hierdie webruimte bestel word.

Maandelikse gebedsfokusse: Junie 2016 - September 2016 Die gebedsfokusse op hierdie bladsy is daarop gemik om diegene wat betrokke is by 24-7 gebedshuise aan te moedig om gelyktydig op dieselfde gebedsonderwerpe te fokus. Hierdie is slegs riglyne vir koördineerders van gebedswagte. Gebedswagte kan egter ook hulle eie fokusse hierby voeg soos die Heilige Gees hulle lei. Dink daaraan om hierdie gebedsversoeke op kreatiewe maniere in jou gebedskamer te plaas of gebruik dit in jou stiltetyd. Sê ook vir ander daarvan en moedig hulle aan om oor hierdie sake te bid tydens elkeen van die maandelikse fokusse. Meer inligting is gratis beskikbaar op ons webruimte by: www.jwipn.com. Onthou om ook vir ons weeklikse “Global Prayer Alert” wat aktuele sake dek, in te skryf deur ‘n e-pos te stuur aan [email protected]. GEBEDSFOKUS: JUNIE 2016 Kinders in Nood: 4-5 Junie. Daar is verskeie baie belangrike sake waarop ons fokus gedurende Junie. Eerstens is daar die fokus op gebed vir Kinders in Nood. Die 4de Junie is dit Internasionale Dag van Onskuldige Kinderslagoffers van Aggressie en die 4de-5de Junie is dit Wêreld Naweek van Gebed vir Kinders in Nood. Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016. Tydens hierdie 30 dae vas Moslems wêreldwyd van sonsopkoms tot sonsondergang. Hierdie 30 dae van vas is een van die 5 Pilare van Islam. Die doel van hierdie vas is om nader aan hulle god te kom, dat hy homself sal openbaar en om hom te vra om hierdie daad van vas te aanvaar as ‘n offerande om meriete te verkry om hemel toe te gaan. (Dit is belangrik om te verstaan dat die god wat Moslems aanbid, nie dieselfde God is wat deur Christene aanbid word nie).

5

Jeugdag: 16 Junie. Dit word gevier weens die opstand van die kinders in 1976 wat ‘n baie groot invloed op die politieke situasie in die land gehad het. Daarteenoor krap herinneringe aan hierdie dag dikwels ou wonde van die verlede oop, wat maklik tot ‘n hernude oplewing van rassisme kan lei. Dit is belangrik dat ons baie gefokus vir hierdie dag sal bid en vir die byeenkomste wat op 16 Junie sal plaasvind. Bid dat God, in sy genade, mense gewillig sal maak om te vergewe en aan te beweeg sodat die pyn van die verlede nie sal aanhou om ons lewens te vernietig nie. ‘n Spesiale Christen versoeningsbyeenkoms vind vanjaar plaas in Soweto by die stadion. Lees meer daaroor by 16 Junie. Wêreld Vlugtelinge Dag: 20 Junie. Met 60 miljoen vlugtelinge in ons wêreld vandag, is dit nodig dat ons sal bid vir God se ingryping en dat die kerk sal weet hoe om hierdie saak te hanteer en dit te gebruik om die evangelie met mense te deel en om verantwoordelikheid te neem om uit te reik na die nood van die vlugtelinge. Die VN se Internasionale Dag ter Ondersteuning van Martelingslagoffers: 26 Junie. Daar is miljoene wat lei onder verskillende vorme van marteling. Die grootste gedeelte van vervolging vind tans plaas in Moslem-beheerde gebiede, maar dit gebeur ook in Indië, Latyns-Amerika en Noord-Korea. Laat ons op hierdie dag stil raak en uitroep na die Here vir Sy ingryping. GEBEDSFOKUS: JULIE 2016 Ramadaan 2016: 6 Junie - 5 Julie. Die 30 dae vas begin op 6 Junie begin en maak 5 Julie klaar. Moslems is in hierdie tyd oop vir drome en visioene. Laat ons bid dat God homself kragtig aan hulle sal openbaar. Nag van krag (Laylat al-Qadr): 2 Julie is dag 27 van Ramadaan. Moslems glo dat tydens hierdie nag die moontlikheid vir drome en visioene groter is as enige ander nag gedurende Ramadaan. Die fees van Eid al-Fitr: 5-7 Julie. Dit is wanneer Moslems die vas breek. Gedurende Julie fokus ons ook op verskeie basiese sake wat die land negatief beïnvloed. Daar is baie menslike pogings om die land te verander, maar uiteindelik is dit net God wat dit deur die kragtige werking van die Heilige Gees kan verander. GEBEDSFOKUS: AUGUSTUS 2016 In Augustus fokus ons op 15 van die grootste terroriste organisasies wêreldwyd. Hierdie groepe veroorsaak baie hartseer en vernietig die lewens van miljoene individue en gesinne. Maak seker dat jy die gebedsriglyne lees en bid met ‘n verwagting dat God die situasie sal verander.

6

Olimpiese Spele in Rio de Janeiro: 5-21 Augustus. Bid asb. vir alle Christene wat by uitreike betrokke is. Bid dat die Here hulle na mense toe sal lei wie se harte ontvanklik is vir die evangelie. Nasionale Vrouedag: 9 Augustus. Op hierdie dag is daar ‘n sterk fokus op die lot van vroue wêreldwyd. Bid dat die waardigheid van vroue weer herstel sal word. KwaMhlanga Gebedskonferensie: 12-14 Augustus. Dit is ‘n geleentheid vir Christene, veral in Mpumalanga en ander provinsies in die noordelike dele van die land, om opleiding te kry oor hoe om 24-7 gebedswagte te vestig. 7 Dae vir 7 Weke van Gebed: 28 Augustus-16 Oktober. Dit is ‘n tyd van groot gebedsmobilisering, waar kerke regoor die land tydens hierdie 7 weke vir ten minste 7 dae sal bid. Maak seker om jou kerk te vra om deel te neem daaraan. GEBEDSFOKUS: SEPTEMBER 2016 28 Augustus-16 Oktober: Die 7 Dae vir 7 Weke van Gebed is steeds die hoof gebedsaktiwiteit tydens September en Oktober. Sien meer volledige inligting by 28 Augustus 2016 in hierdie uitgawe.

Junie 2016 Woensdag

1 Junie 2016

Operasie Mobilisasie (OM) by Tanganjika-meer OM se Tanganjika-meer Afrika kerkplanters in Zambië raak betrokke by plaaslike vissergemeenskappe deur saam met hulle vis te vang. Bid dat die plaaslike vissermanne op God sal vertrou en nie heksery rituele sal gebruik nie. Vra vir geestelike deurbrake in die plaaslike gemeenskappe: dat hulle God se krag sal sien en beleef en bevry sal word van die bande van heksery. Bid vir meer plaaslike onderwysers, asook sendelinge wat kan kom as onderwysers om by die “Good News II”, skool vir die weeskinders, betrokke te raak. Bid vir die 160 weeskinders in grade 0-6 om ‘n ontmoeting met Jesus te hê en dat hulle Geesvervulde getuies sal wees in hulle huise en gemeenskappe. Bid dat opgeleide finansiële en kommunikasie personeel by die OM Tanganjika-meer span in Zambië sal aansluit, om die skool vir weeskinders, die mediese kliniek en kerkplantingsbediening te kan ondersteun. Vra dat God die regte mense sal stuur, wat vir minstens 3 jaar sal aanbly in Mpulungu. OM Tanganjika-meer, [email protected]

7

Fokus op vaders en kinders: Vaders maak reg Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik. (Matteus 19:26). Alhoewel aardse pa’s menslik en nie volmaak is nie, word vaders meesal deur kinders gesien as iemand wat enige iets kan doen of regmaak. Bid dat vaders by hulle kinders betrokke sal raak en hulle fisies, emosioneel en geestelik sal versorg en beskerm. Bid dat kinders hulle hemelse Vader a.g.v. hulle eie vaders se optrede kan sien.

Donderdag

2 Junie 2016

Vestiging van 24-7 huise van gebed Die Basin Gebedsnetwerk is bedrywig in die Somerset-Wes kom. Passievolle voorbidders vergader gereeld om uit te roep tot die Here vir plaaslike sake asook vir die res van die land. Bid vir die beskerming van die taakspan. Vra dat nog mense betrokke sal raak en getroue voorbidders sal word. Bid dat meer mense en gemeentes van die gebedsnetwerk sal hoor en betrokke sal raak. Carel Smith, [email protected] of 072 278 9225. Fokus op vaders en kinders: Vaders glo in hulle kinders En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. (Matteus 3:17). Vra dat pa’s hulle kinders met groot deernis en liefde sal help om hulle waarde en belangrikheid as individue te verstaan, om hulle regmatige plek in hulle gesinne in te neem en hoe om in ‘n regte verhouding met hulle vriende te leef. Bid veral dat pa’s hulle kinders sal leer hoe om in ‘n betekenisvolle verhouding met die Here Jesus te leef.

Vrydag

3 Junie 2016

Die International Sport Leadership School (ISLS) Die International Sports Leadership School (ISLS) vind plaas 8 Julie-30 September in Stellenbosch. Leiers van verskillende lande wat d.m.v. sport die evangelie uitdra ontvang opleiding in die verstaan van die Skrif, evangelisasie, dissipelskap en sportbediening. Bid asb. vir elke leier se intieme verhouding met die Here, spaneenheid, hantering van kultuurverskille en hul ontwikkeling as leiers in sportbediening. International Sports Leadership School Tel: 021-886 7335, e-pos: [email protected] Aborsie in die VSA Minstens 21 aborsie fasiliteite het toegemaak in 2015 in die VSA. Operation Rescue sê dat die hoeveelheid aborsies drasties afgeneem het in elke staat waar die aborsie klinieke toegemaak het. Gee dank aan die Here vir hierdie tendens. Bid dat dit sal lei tot die hersiening van pro-aborsie wette. Bid dat swanger mammas nie meer van hulle ongebore babas ontslae sal raak nie, maar die ongebore lewe in hulle sal versorg. Baie aborsies binne en buite die VSA is a.g.v. “professionele

8

dienste” wat swanger vroue aanraai om aborsies te laat doen, maar nooit vir hulle verduidelik wat die fisiese, emosionele en sielkundige gevolge van aborsie is nie. http://tinyurl.com/zqes22b Fokus op vaders en kinders: Vaders wys hulle kinders die wêreld Ek skryf aan julle, vaders omdat julle Hom ken wat van die begin af is. (1 Johannes 2:13a). Gewoonlik leer kinders die beginsels van die lewe van hulle vaders. Bid dat pa’s op sinvolle wyse tyd met hulle kinders sal spandeer. Bid dat vaders vir hulle geestelike beginsels sal leer. Bid dat hulle beskikbaar sal wees om hulle kinders se baie vrae oor lewe te antwoord, (selfs al het hulle nie noodwendig antwoorde op al die vrae nie).

Saterdag

4 Junie 2016

Wêreld Naweek van Gebed vir Kinders in Nood: 4–5 Junie 2016 Die eerste naweek van Junie word toegewy aan gebed vir kinders in nood (crisis) regoor die wêreld. Bid vandag vir die kerk van Jesus Christus wêreldwyd, om hulle verantwoordelikheid ten opsigte van kinders te verstaan. Bid dat die kerk betrokke sal raak by die bou van weeshuise, aanneming van kinders, gesondheidsorg en ook maniere sal vind om kinders van die strate af te kry. Bid vir personeel wat die Here Jesus ken en fondse vir bestaande kinderbedienings. Bid dat kinders sal opgroei met kennis van Jesus en dat dit hulle sal lei tot ‘n persoonlike verhouding met Jesus. Jesus wil homself aan kinders openbaar. (Matteus 11:25). Gratis bronne by www.viva.org/wwp

Vir bronne oor die Wêreldwye Naweek van Gebed vir Kinders in Nood, besoek: www.worldweekendofprayer.com of www.viva.org

Internasionale dag vir Onskuldige Kinderslagoffers van Aggressie Daar is nou ongeveer 60 miljoen vlugtelinge wêreldwyd. Daar sterf ongeveer 30 000 kinders elke dag van die newe-effekte van geweld, armoede, honger en behandelbare siektes. Daar word tans omgesien na ongeveer 10 miljoen kindervlugtelinge deur die VN-vlugteling-agentskap (UNHCR). In Latyns-Amerika en die Karibiese streek sterf daar ongeveer 80 000 kinders jaarliks weens geweld in gesinne. In ‘n moderne land soos Japan is daar bv. toenemende geweld teen kinders. Hou aan om te bid vir die lot van kinders wêreldwyd wat slagoffers is van fisiese, geestelike en emosionele mishandeling. Bid dat daar geleenthede sal wees vir hulle om die evangelie te hoor en te reageer. http://tinyurl.crom/pyb6n9e

9

Fokus op vaders en kinders: Vaders help kinders om te ontdek waarvoor hulle lief is Verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. (Psalm 37:4). Hoe ons die lewe beleef en die probleme en geleenthede van die lewe benader, leer ons van ons vaders. Bid vir vaders en kinders om na mekaar uit te reik en om hulle ondervindinge, hoop en drome met mekaar te deel. Bid vir vaders wat sal luister na hulle kinders en die belangrikheid daarvan, om te luister, by hulle kinders sal tuisbring. Vra ook dat vaders hulle kinders op dieselfde manier sal leer om met hulle hemelse Vader te kommunikeer.

Sondag

5 Junie 2016

Fokus op die jeug: Ken God In die begin het God die hemel en die aarde geskape. (Genesis 1:1). U o God is die Skepper van die hemel en aarde. Ons verklaar dat ons kinders U sal ken as die Skepper en dat hulle deur U Heilige Gees geleer sal word in die publieke skole, kampusse en universiteite van Suid-Afrika. Fokus op vaders en kinders: Vaders wys hulle kinders hoe om hulle vroue lief te hê Manne, julle moet julle eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself oorgegee het. (Efesiërs 5:25). Die manier waarop ‘n pa kommunikeer met sy vrou voor die kinders, konflik hanteer en liefde uitdra in hulle verhouding, leer kinders hoe om teenoor hulle lewensmaats op te tree wanneer hulle groot is.

Luister Sondae om 08:00 na ‘Die Gebedswag’ op Radio Tygerberg 104FM, of op die Internet by http://tinyurl.com/nhdu962 op jou selfoon en luister na getuienisse en antwoorde op vrae oor gebed in gemeentes en die werksplek.

Maandag

6 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 1

Algerië, Noord Afrika

Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. (Psalm 91:1-2). Algeriese Christene vra dat ons Psalm 91:1-2 vir hulle sal bid. Bid vir stabiliteit en hoop vir die jongmense. Bid vir die baie kerkleiers wat 10

moeg en oorlaai is. Bid vir moed, krag en wysheid sodat hulle sal weet hoe om die baie uitdagings te hanteer waarteen hulle te staan kom. Die Algeriese kerk het onlangs stappe gedoen om sendelinge en kerkplanters na ander dele in Algerië te stuur, maar ook na ander Arabies-sprekende groepe wêreldwyd. Bid dat die Algeriese kerk God se stem sal hoor en gehoorsaam sal wees aan die Woord te midde van intense vervolging van Christene. Bid dat hulle bediening vrug sal dra, wanneer hulle uitreik na die duisende Chinese immigrante in Algerië. (Matteus 28:18-20). http://tinyurl.com/httawf9

30 Dae van Gebed vir die Moslem-wêreld: 6 Junie-5 Julie 2016 Sedert 1992 het miljoene Christene saam gebid gedurende die maand van Ramadaan vir deurbrake vir die evangelie onder Moslems wêreldwyd. Soos miljoene ander Christene wêreldwyd, gebruik ons die 30 Dae van Gebed vir die Moslem-wêreld Gebedsgids. Van 6 Junie tot 5 Julie is daar gebedsriglyne om jou in staat te stel om op ‘n effektiewe en gefokusde manier te bid vir Moslems gedurende Ramadaan. Deur te bid raak ons betrokke by ‘n aksie van liefde vir die Moslems - ons deel hulle laste, verstaan hulle bekommernisse en bid in die naam van Jesus dat die Vader Sy liefde en verlossingsplan in Jesus vir hulle sal wys. Vra dat hulle sal besef dat Jesus met Sy bloed vir hulle verlossing betaal het, dat hulle deur Sy bloed skoongewas kan word van sonde en sekerheid kan hê dat God hulle Sy kinders wil maak en met Hom wil versoen. Die Jerigo Mure Gebedsgids inkorporeer gebedsinligting wat fokus op 24 nasies in Noord-Afrika en die Midde-Ooste. Daar is ook ‘n ander gebedsgids in Engels beskikbaar: 30 Days of Prayer wat bestel kan word by http://pray30days.org. Dit is in ‘n hele aantal verskillende tale beskikbaar en ons wil mense sterk aanmoedig om dit te gebruik.

Dinsdag

7 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 2

Bahrein, Arabiese Skiereiland

Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red die wat verlore was. (Lukas 19:10). Mense wat werksaam is in Bahrein vra dat ons saam met hulle Lukas 19:10 sal bid. Bid vir die boeke kiosk, geleë in ‘n plaaslike winkelsentrum, waar Bybels verkoop word. Christenwerkers is dankbaar vir die betrokkenheid van plaaslike gemeentes en oor die hoeveelheid Bybels wat versprei word. Vra dat gelowiges met ‘n Islamitiese agtergrond, sterk Christelike gemeenskappe sal vind

11

en dat verswakte kerke deur die Heilige Gees versterk sal word om Jesus met groter krag en motivering te verkondig. Bid dat Christelike werkers ‘n balans sal vind tussen werk, gesinslewe, bediening en studies. Daar is ook toenemende spanning tussen die Soenitiese regering in Bahrein en die meerderheid Sjiïet bevolking. Bid vir die regte mense in die regering wat in staat sal wees om te onderhandel en wat ‘n vreedsame pad vorentoe in Bahrein kan help bewerkstellig. Bid dat die onderdrukte Sjiïet-gemeenskap sal wegdraai van Islam en tot kennis sal kom van verlossing in die Here Jesus Christus. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Maart 2015).

Woensdag

8 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 3

Egipte, Noord-Afrika

Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat ‘n mens kan weet wat die Here van die Leërskare oor Egipte besluit het. (Jesaja 19:12). Christene in Egipte vra dat ons Jesaja 19:12 saam met hulle sal bid. Dit is die nuut verkose parlement se taak om ‘n stel nuwe wette te ontwikkel om die nuwe konstitusie in die praktyk te vestig. Christene het ‘n gewaarborgde 24 plekke in die nuwe parlement. Vra dat die Egiptiese kerk ‘n kerk van gebed sal wees en sal uitreik na die Moslems in die land. Bid vir eenheid tussen die verskillende denominasies, veral vir die Protestante en Ortodokse kerke. Die meeste van die verslae uit Egipte fokus op negatiewe nuus. God is egter besig om die jeug/jongmense d.m.v. konferensies op te roep om Jesus met hulle hele lewe te dien en getuies van die genade van God te wees. (Deuteronomium 30:9). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

Donderdag

9 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 4

Gazastrook, Midde-Ooste

Toe het Abraham tot God gebid en God het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar. Want die Here het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham. (Genesis 20:17-18). Bid Genesis 20:17-18 vir Christene in die Gazastrook. Bid vir behuising vir almal in nood en dat die fondse

12

wat vir herbouing geallokeer is, beskikbaar gemaak sal word en oordeelkundig aangewend word. Die kerk beleef toenemende vervolging sedert Hamas beheer geneem het oor die Gazastrook. Vra dat die kerk staande sal bly en sal groei, ongeag die vervolging, en dat baie lede van Hamas Jesus Christus sal leer ken. Vra vir geopende deure vir sendelinge om veiliger in Gaza in te gaan om te bedien. Dank Hom vir berigte van nuwe gelowiges in Gaza. Bid dat hierdie gelowiges sal groei in geloof en dat God hulle kragtig sal gebruik in hulle eie dorpe en stede. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

Vrydag

10 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 5

Irak, Midde-Ooste

Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle. (2 Tessalonisense 3:1). Christene in die Midde-Ooste vra dat ons 2 Tessalonisense 3:1 sal bid oor Irak. Bid vir leiers in die regering wat God vrees, wat nie net hulle eie etniese groep sal versorg nie maar alle mense. Baie van Irak se gelowiges verlaat die land. Baie kerke staan egter op en reik uit om mense wat ontwortel is te help. Bid vir ‘n visie vir die kerk oor hoe God hulle wil gebruik te midde van hierdie onseker en gevaarlike tyd. Bid vir die Christene wat nog steeds in Irak is om vas te staan en vrede te vind in Hom selfs terwyl hulle vervolging ervaar. Bid dat hulle helder ligte sal wees te midde van die toenemende duisternis rondom hulle. (Johannes 1:5). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

Saterdag

11 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 6

Israel, Midde-Ooste

En die Here het aan Abram gesê: “Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. En Ek sal diegene seën wat jou seën en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” (Genesis 12:1-3). Bid dat Arabiese Moslems Jesus sal leer ken en dat Christene dieper sal groei in hulle persoonlike verhouding met Hom. Bid dat die baie klein onbereikte Moslem-dorpies in Israel met die evangelie bereik sal word. Bid vir die baie Moslems in Israel wat deur die jare Bybels en literatuur ontvang het. Vra dat hulle die Woord sal lees en dat daar ‘n begeerte na verlossing 13

van hulle sonde sal kom. Bid vir die groot onbereikte Bedoeïene en Druze gemeenskappe in Israel. Bid vir meer werkers vir hierdie areas asook vir wysheid hoe om hulle te bereik. Bron: Christene in Israel.

Sondag

12 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 7

Jordanië, Midde-Ooste

En vir my, sodat ‘n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak. (Efesiërs 6:19). Dank God dat Jordanië relatief stabiel is terwyl baie nasies rondom hulle in chaos gedompel is. Die kerk is toenemend besig om te help en uit te reik na die Siriese en Irakese vlugtelinge. Omdat Jordanië volhard met oorlog teen Daesh (ISIS), het dit ‘n relatief veilige plek geword vir vervolgde Christene. Bid dat Jordanië sal kan volhou om ruimte vir Christene te maak en hulle met respek te behandel. Bid dat Jordanië ‘n plek van veiligheid sal wees vir Christene en nie-Christene. (Psalm 46:2-4). Tans oorskadu Jordanië se aantal vlugtelinge sy 90 000 inwoners, almal benodig voedsel, skuiling, onderwys en die liefde van die kerk. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte.

Die Vyf Pilare van Islam 1. Shahada: ‘n Verklaring van geloof in die een ware God. Die uitroep is gewoonlik, “Daar is geen god behalwe God (Allah) nie en Mohammed is sy profeet en dienskneg”. 2. Salat: Bid vyf keer ‘n dag met die gesig na Mekka. Moslems moet hulleself reinig voordat hulle bid. 3. Zakat: Die gee van aalmoese vir die armes en behoeftiges. 4. Sawm: Vas gedurende die maand van Ramadaan. 5. Hajj: ‘n Pelgrimstog na Mekka, wat elke Moslem minstens een keer in sy leeftyd moet maak. http://tinyurl.com/louhbpm

14

Maandag

13 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 8

Koeweit, Arabiese Skiereiland

En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur... (Lukas 9:1-2a). Koeweit is ‘n baie verdeelde gemeenskap. Die groot konserwatiewe (en somtyds gewelddadige) Salafiste-bevolking, het die verkose parlement ‘n aantal jare beheer maar is polities gemarginaliseer in die afgelope paar jare. Bid vir rekonsiliasie en die oplos van baie verskille wat tans onenigheid veroorsaak tussen die verskillende kerke en plaaslike gelowiges. Koeweit beleef baie van die tipe geweld wat in Daesh (ISIS) sigbaar is. Toe 21 Egiptiese Christene doodgemaak is in Libië, het Koeweit begin vrae vra oor die geweld wat in die naam van Islam gedoen word. Bid vir Koeweities en Iraniërs om aan te hou om Islam te bevraagteken, en dat hulle sal kom tot kennis van verlossing in die Here Jesus Christus. Bid dat hulle op die Christelike TV kanale, wat die evangelie verkondig, sal inskakel. Bid vir meer Bybels en werkers om te getuig van die Here Jesus. (Romeine 10:14-15). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

Dinsdag

14 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 9

Libanon, Midde-Ooste

Die regverdige sal groei soos ‘n palmboom; hy sal opgroei soos ‘n seder op die Libanon. Geplant in die huis van die Here, sal hulle groei in die voorhowe van onse God. (Psalm 92:13-14). Libanon is konstant besig om groot uitdagings te hanteer sonder ‘n sentrale wettige regering. Daar is uiters dringende kwessies in die land. Die toenemende getalle Siriese vlugtelinge het ‘n groot ekonomiese las in die land geword. Te midde hiervan probeer die Christene om ondersteuning en fisiese versorging te gee. Bid vir ons Christen-broers en -susters terwyl hulle dié bedien wat ly. Libanon het nog steeds nie ‘n president nie. Bid vir ‘n sterk, godvresende en regverdige leier. Bron: Christene in Libanon. Wanneer jy voor die Here is, laat daar min woorde wees, maar jou hart brandend vir Hom. - Charles H. Spurgeon

15

Woensdag

15 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 10

Libië, Noord-Afrika

STAAN op, word verlig; want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. (Jesaja 60:1). Bid vir vrede en ‘n einde aan al die konflik en bloedvergieting. Bid vir die vestiging van ‘n Regering van Nasionale Eenheid, wat sal bestaan uit sterk en eerlike leiers wat deur alle Libiërs gerespekteer sal word. Daar is ‘n toenemende getal Libiërs wat tot bekering kom. Bid dat nog duisende tot redding sal kom d.m.v. satelliet TV en media uitsendings. Bid dat nuwe gelowiges voldoende dissipelskap sal ontvang. Bid vir die veiligheid en beskerming van Christene in Libië, in konfliksituasies sowel as teen diefstal, ontvoering en IS aanvalle. Bid vir volharding ten spyte van die tekorte aan basiese lewensmiddele, probleme en spanning, vir die leiding van die Heilige Gees en wysheid vir elke dag se besluite en aktiwiteite. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

SING ‘N NUWE LIED ‘n Nasionale Kerklike Inisiatief 16 Junie 2016 Die 16de Junie op ons nasionale kalender is ‘n dag wat die onderdrukking van die verlede, die verdeeldheid, konflik, geweld, wantroue en angs simboliseer en verpersoonlik. As Kerk moet ons hierdie realiteit erken, maar ook konfronteer en help transformeer om gebroke verhoudings te herstel; nuwe gemeenskaplike brûe te bou; ooreenkom om die toekoms te deel; en strewe om mekaar te dien en te bekwaam, en veral die jonger geslag in berekening te bring en te betrek. In die lig hiervan word ’n byeenkoms beplan vir 16 Junie 2016 in Soweto. Ons visie is: Om nederig en gebroke voor God te staan, ons sonde en mislukkings te erken, nie net van die verlede nie, maar ook van die hede; Om hande te vat met medegelowiges en ander Suid-Afrikaners; Om te bely en te vergewe sodat die skuld van die verlede gedelg kan word; Om te onderneem om ons Jeug te ondersteun. Ons Jeug smag na hulp en ‘n teken van hoop vir vandag; Om te onderneem om saam probleme op te los sonder om geweld en bloedvergieting te gebruik; Om die mure wat ons skei en die houding van “ons” en “hulle” te vernietig en ’n ons-gesindheid te vestig; Om ’n vasberade verbintenis te maak

16

om saam te werk vir ’n Suid-Afrika waarvan ons droom, vry van diskriminasie, vooroordeel, en met geleenthede vir almal; Om ons vorige weermagte (SAW, SAP, MK, APLA, ens.) en ander van alle sektore van die samelewing, wat steeds sukkel met vorme van trauma of onverwerkte belewenisse wat uit die verlede voortspruit, by te staan; Om ’n vasberade verbintenis te maak deur almal wat oor vaardighede en die middele, kapasitiet en vermoë beskik om te help met opleiding, werkverskaffing en bemagtiging sodat al ons mense kan eet, leef en werk op ’n waardige wyse. Dit behels praktiese maniere om genesing en herstel te bevorder; Om aan al ons mense ’n teken van hoop te gee – veral ons kinders en jeug, aangesien dit Jeugdag is – dat vergifnis en versoening moontlik is. Bid saam met ons vir versoening op alle vlakke van ons samelewing in Suid Afrika. (SARK, TEASA, WENSA, SANW, SAW Veterane).

Donderdag

16 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 11

Mauritanië, Noord-Afrika

En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! En as daar ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan. (Lukas 10:5-7). Die aard van die werk in Mauritanië maak dit moeilik vir Christene om ware vriende te hê. Die plaaslike mense neem buitelanders lank waar, voordat hulle vertrou word. Bid dat alle werkers dit maklik sal vind om ware vriende te maak en dat die verhoudings sal hou. Om uit te reik na bure is anders hier as in ander dele van die Moslem-wêreld. Bid vir Christenwerkers vir guns wanneer hulle die plaaslike taal aanleer en die kultuur probeer verstaan. Vra vir ‘n groter mate van openheid en aanvaarding van buitelanders deur die plaaslike mense. Bid vir meer werkers, spesifiek gesinne en mense met ‘n langtermyn toewyding, om by die bestaande werk in Mauritanië betrokke te raak. (Matteus 9:35-38). Bron: Christene in Mauritanië en Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015). Soweto Rekonsiliasie Geleentheid: Die herstel van ons nasie Dit is vanjaar 40 jaar sedert die 1976 studente optogte in Soweto. In die denke van talle SuidAfrikaners, verteenwoordig hierdie dag steeds onderdrukking, verdeeldheid, oorlog, geweld en 17

pyn. In Maart 2015, na ‘n tydperk van 40 dae van vas en gebed vir ‘n deurbraak in Soweto, het ‘n gebedsleier onverwags ‘n oproep van ‘n kapelaan in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ontvang. Die kapelaan was oorweldig om al die hartseer stories van baie Suid-Afrikaners te hoor. Die Here het ook met hom gepraat oor die behoefte aan verootmoediging, belydenis en rekonsiliasie by the Hector Pieterson Gedenkteken op 16 Junie 2016. God het hierdie man gebruik om ‘n pad vir ‘n verenigde samekoms vir belydenis en rekonsiliasie voor te berei vir vandag. Bid saam met ons wanneer ons opnuut ons harte voor ons Here en Redder uitstort vir die herstel van ons nasie. Pieter Bezuidenhout; [email protected] of Anneke Rabe; [email protected] Jeugdag: Jeug met hoop As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. (Spreuke 11:14). Vandag se jongmense sal binnekort die leiers van die land wees. Bid dat hulle die verantwoordelikheid sal opneem om te werk vir ‘n nie-rassistiese, nie-seksistiese en demokratiese eenheid. Terwyl Suid-Afrikaners Junie vier as jeugmaand, laat ons uitroep tot God om die jeug van ons land in te bring in Sy koninkryk. Vra vir bevryding van alle magte van die duisternis en dat mense ingebring sal word in die lig van die waarheid van Christus. Bid vandag vir baie Christen-jongmense om met vrymoedigheid die evangelie na hulle eie generasie te neem.

Vrydag

17 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie2016 Dag 12

Marokko, Noord-Afrika

Kyk, die dae kom, spreek die Here, dat die ploeër die maaier inhaal en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees. (Amos 9:13). Werkers oor die hele Marokko ervaar ‘n groter openheid by hulle plaaslike vriende oor die laaste 12-18 maande. Baie is meer oop om oor hulle geloof te gesels in die lig van onlangse wêreldgebeure. Meer mense is oop om na die evangelie te luister. Vra dat God ‘n groot oes sal bring in Marokko. Bid dat God die grense tussen Algerië en Marokko sal oopmaak sodat meer Algeriese gelowiges toegang kan verkry om die evangelie na Marokko te neem. Marokkaanse gelowiges worstel met vrees dat hulle gevang sal word. Vra God vir beskerming en dat hulle dapper en vrymoedig sal wees, vol wysheid en volwassenheid sodat die kerk versterk en uitgebou kan word. Gee dank aan God vir dié wat met vrymoedigheid uitreik na ander Marokkane, veral deur elektroniese media. Bron: Christene in Marokko. 18

Saterdag

18 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 13

Oman, Arabiese Skiereiland

Die Naam van die Here is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. (Spreuke 18:10). Die Sultan van Oman (Sultan Qaboos) is baie siek. Niemand weet wie die Sultan amptelik gaan opvolg nie en dit kan onrus veroorsaak. Die stam se regeringstelsel, en die baie oorloë as gevolg daarvan, was baie onstabiel voor Sultan Qaboos se tyd. Wanneer politieke probleme begin en daar sosiale onsekerheid plaasvind, is dit glad nie meer veilig nie. Bid asseblief vir God se ingryping in hierdie spesifieke saak en dat dit gou opgelos word. Daar is plaaslike kerke in meeste stede en dorpe in Oman. Bid dat die Here vir die gelowiges maniere sal wys om met ander gelowiges kontak te maak sodat hulle bemoedig kan word en in hulle geloof sal groei. Bid dat diegene wat aangeraak word deur die uitreike, toegang sal hê tot Christelike TV of Internet asook met ander gelowiges. Bid vir nuwe bekeerlinge vir ‘n dieper verstaan van wie Jesus werklik is. (Matteus 10:7-8). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Mei 2015).

Sondag

19 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 14

Katar, Arabiese Skiereiland

‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. (Johannes 13:34-35). En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U my gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. (Johannes 17:22-23). Katar is polities ‘n relatief stabiele land. Bid vir die regering wat dikwels sterk beïnvloed word deur Islamitiese fundamentaliste. Bid dat die regering die regte van alle mense sal beskerm, veral die regte van buitelandse werkers (expatriats). Bid dat internasionale arbeidswette en basiese menseregte gehandhaaf sal word. Ons dank God dat Katar eiendom toegestaan het vir die bou van kerke. Die realiteit is dat daar eenvoudig nie genoeg plek in die areas is waar Christene woon om die groot hoeveelheid Jesus-volgelinge te akkommodeer nie. Bid dat die regering toestemming sal gee aan groepe om buite hierdie areas te vergader in plekke soos restaurante, hotelle, ens. Bid vir die verskeie Christelike genootskappe, dat God toenemende 19

eenheid sal bring onder hulle. Bid dat God die bestaande Christelike genootskappe sal gebruik om aan die groeiende behoeftes van die baie arm immigrant-gemeenskappe te voorsien veral die wat in arbeidskampe bly en dat hulle met vrymoedigheid die evangelie sal verkondig aan hierdie mense. Bid dat Katar alle befondsing van radikale Islamitiese groepe sal staak en dat die greep wat Islamitiese terrorisme op hulle het, vervang sal word met vryheid in Christus. Bid dat die klein hoeveelheid Katarese Christene in hulle geloof sal groei en kragtige getuies van die genade van God sal wees. (Efesiërs 3:14-21). Bron: Die 10/40 Venster gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

Maandag

20 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 15

Saoedi-Arabië, Arabiese Skiereiland

Here, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! Here, roep U werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn dink aan ontferming. (Habakkuk 3:2). Bid vir die duisende Christene wat in Saoedi-Arabië woon om te verstaan dat hulle rol in die koninkryk meer is as om net geld te maak in Saoedi, maar ook om aktief die evangelie te verkondig. SaoediArabië is nog in ‘n oorgangs-periode van Koning Abdullah na Koning Salman. Voordat Salman koning was, het hy die koninklike familie gepolisieer en die opstandige prinse in die tronk gesit. Baie glo dat die 79 jarige Koning Salman ernstige gesondheidsprobleme het. Bid vir sy gesondheid en dat hy die vermoë sal hê om reg te lei. Bid vir die probleme wat hy moet hanteer: die prys van olie, konflik met Daesh (ISIS) en die gespanne verhoudings met Iran en Jemen. Bid dat Koning Salman homself sal omring met eerlike manne wat goeie raad sal gee en sal help om die nasie sinvol te regeer. (Spreuke 15:22). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015). Wêreld Vlugtelinge Dag Dink net hoe radikaal jou wêreld sou verander as jy skielik geforseer word om jou huis te verlaat en al jou besittings agter te laat, verskuif word na ‘n gebied waar jy niemand ken en geen idee het waar jou volgende maaltyd vandaan gaan kom nie. Daar is baie lande en streke waar daar vir jare reeds dae en selfs weke van gebed vir vlugtelinge gehou word. Afrika het die meeste vlugtelinge. Maak vandag spesiaal tyd om saam met Christene wêreldwyd te bid vir vlugtelinge regoor die wêreld. Bid ook vir mense uit Zimbabwe, Lesotho, Swaziland en ander Afrika lande wat nou in Suid-Afrika woon, dat hulle geleentheid sal hê om die evangelie van Jesus Christus te hoor. www.timeanddate.com/holidays/un/world-refugee-day

20

Dinsdag

21 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 16

Somalië, Afrika

Toe sê Jesus vir hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook ‘n seun van Abraham is. Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was. (Lukas 19:9-10). Bid vir vrede in Somalië. Baie Somaliërs in Kenia word geteister a.g.v. etniese spanning. Bid vir hulle asook die vlugtelinge wat wegvlug uit areas waar daar gevegte is en hulle deur hongersnood geteister word. Dank die Here vir die toenemende getalle Somaliërs wat tot bekering kom en vir die talle klein groepies gelowiges wat in die geheim bymekaar kom. Bid vir beskerming en wysheid om die evangelie in hierdie gevaarlike land te verkondig. Bid vir meer en volwasse geestelike leiers in die kerk. Bid vir eenheid. Gee dank aan die Here vir die onlangse voltooiing van die Nuwe Testament en die gedrukte weergawe in die Somaliese taal. Vra dat hierdie nuwe vertaling van die Nuwe Testament vir Somaliërs ‘n effektiewe hulpmiddel sal wees in dissipelskap en evangelisasie. (Handelinge 14:22-23). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

Woensdag

22 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 17

Suid-Soedan, Afrika

En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het - my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het. (Joël 2:25). Bid vir vrede in Suid-Soedan en vir godsmanne om deel te word van die regering in die opkomende verkiesing van 2017. Vra dat kerkleiers nie beïnvloed sal word deur die politici nie, maar dat die kerk die politici sal beïnvloed. Bid vir eenheid tussen die kerke in Suid-Soedan. Suid-Soedannese leiers is op soek na ‘n vredesooreenkoms om die 14 maande lange geweld te beëindig waarin reeds meer as 50 000 mense doodgemaak is. Daar is 2,5 miljoen mense wat hongersnood en groot armoede in die gesig staar. Bid vir ‘n einde aan die geweld wat die land uitmekaar skeur. Vra dat mense aan beide kante hulleself sal verootmoedig om ‘n einde te maak aan die geweld. Bid vir blywende vrede. Baie van die mense sê hulle is Christene; bid dat die Heilige Gees hulle sal oortuig van sonde, veral die wat weier om mekaar lief te hê. (Johannes 13:34-35). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015). 21

Donderdag

23 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 18

Soedan, Afrika

Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitstrek na God. (Psalm 68:32). Soedan word in die Bybel Kus genoem. Sedert 1989 is meer as 2 miljoen mense doodgemaak in Soedan. Soedan is opgedeel in twee lande en vandag is daar oorlog in drie verskillende dele: Die Nuba Berge, Darfoer en die omgewing van die Blou Nyl. Bid dat beide Soedan en Suid-Soedan se gewelddadige optrede sal stop. Aan die einde van 2012 het die regering van Soedan ‘n geraamde 200 sendelinge gevra om die land te verlaat. Die plaaslike kerke gaan voort om die evangelie te verkondig al word baie kerke gesluit. Die oorblywende plaaslike werkers leef in vyf verskillende gebiede as tentmakers en is gefokus op kerkplanting. Bid dat God hulle sal gebruik om meer plaaslike mense te mobiliseer vir die uitreik na onbereikte mensegroepe. Bid vir die beskerming van Christene wat uitreik na die ongereddes. Baie het in die laaste jare met hulle lewens betaal. Bid dat God sy lig sal laat skyn op die gruwels van korrupsie en verdeeldheid van die huidige regering. Bid dat die Soedannese vry sal kom van die slawerny van korrupsie. (2 Petrus 2:19). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Mei 2015).

Vrydag

24 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 19

Sirië, Midde-Ooste

Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is. (Efesiërs 3:16-17). Bid dat Godvresende leiers sal opstaan om die land na vrede te lei. Vra dat die kerk in Sirië sterk sal bly staan onder die geweldige druk. Die krisis in Sirië hou nou al vir meer as vyf jaar aan. Die oorlog en die invloed van Daesh (ISIS) en verskeie ander terroriste groepe het onbeskryflike menslike lyding tot gevolg. Meer as 300 000 mense het reeds gesterf (uitgesluit die wat vermis word) en meer as een miljoen Siriërs is gewond. Die helfte van die Siriese bevolking is reeds uit hulle huise geforseer. Meer as die helfte van alle Siriërs woon op ander plekke, sommige steeds in Sirië, en ander in buurlande en in Europa. Bid dat daar ‘n einde sal kom aan die boosheid en geweld wat soveel lyding veroorsaak. Bid vir die Christenwerkers wat betrokke is by die Siriese vlugtelinge, dat hulle fisiese, emosionele, geestelike krag en wysheid sal hê om die werk te doen. Bid ook vir die vlugtelinge se oorweldigende fisiese, emosionele en geestelike behoeftes en nood. Bid dat die Goeie Nuus met blydskap deur die vlugtelinge ontvang sal word. (Lukas 4:18). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015). 22

Saterdag

25 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 20

Tunisië, Noord-Afrika

En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. (Jesaja 64:6). Baie Tunisiërs is nie baie ernstig oor Ramadaan nie. Dis meer ‘n godsdienstige ritueel en nie noodwendig ‘n ernstige soeke na God nie. Vra dat die Heilige Gees die Here Jesus aan hulle sal openbaar. Bid vir die Here se beskerming oor Tunisië teen die opkoms van Islamitiese radikalisme of ekstremisme. Bid vir diegene wat die land moet beskerm, die polisie en die weermag. Bid vir die krag van die Heilige Gees vir die Tunisiese Christene om hulle te help om veral hulle gesinslede te help om die evangelie te verstaan en vir hulle bekering. (Josua 24:15). Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

Sondag

26 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie - 5 Julie 2016 Dag 21

Verenigde Arabiese Emirate (VAE), Arabiese Skiereiland

Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. (Openbaring 3:8 & 1 Timotheus 6:10). Bid dat die leiers van die VAE wysheid en verdraagsaamheid sal hê en selfs sal toelaat dat burgers van geloof mag verander. Bid dat die regering in staat sal wees om die land veilig te hou van oproerige/terroriste groepe en om ‘n beleid daar te stel wat jongmense sal motiveer om hard te werk tot voordeel van hulle land. Bid vir die inheemse Arabiere in die VAE: dat hulle die ware gesig van Islam sal sien en dat radikale groepe afstand sal doen van geweld en die waarheid van Christus sal ontdek wat hulle sal vrymaak. Die belangrikste gebed is vir gebrokenheid en eenheid, eenheid onder die kerke waar buitelandse gelowiges (expatriates) aanbid. Bid dat hulle vennootskappe sal vorm ter wille van die evangelie. Vra dat God meer volwasse en bekwame leiers sal oprig, om van die menigte nuwe buitelandse gelowiges dissipels te maak en dat hulle betroubare Bybelse lering sal ontvang. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015). 23

VN Internasionale Dag ter Ondersteuning van Martelingslagoffers Vandag is die Verenigde Nasies se Internasionale Dag ter Ondersteuning van Martelingslagoffers. Bid vandag vir alle persone in die wêreld wat aan een of ander vorm van marteling blootgestel is. Bid dat daar ‘n einde sal kom aan elke vorm van marteling, asook ander wrede, onmenslike, vernietigende behandeling of straf. Onder die Internasionale Wet is marteling ‘n misdaad wat nie geregverdig mag word nie. Suid-Afrika het ook hierdie beslissing aanvaar. Bid in Jesus naam vir die verlossing van beide oortreders en slagoffers van geweld. Bid vir oortreders vir ‘n oorweldigende sondebesef. http://tinyurl.com/psj2soo

Maandag

27 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 22

Wes-Bank, Midde-Ooste

En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. (Matteus 24:12-14). Bid vir die klein en jong kerke (meeste van Arabiese agtergrond) in die Wes-bank wat dikwels vervolg word deur Moslem-faksies. Vra dat die kerk sal staande bly en groei ongeag die vervolging. Bid vir die kerk in Ramallah wat ook dien as ‘n tehuis vir seuns. Vra dat die Here ‘n stabiele en betroubare regering sal vestig. Ongeveer 20% van die Wes-Bank se bevolking bestaan uit Jode wat hulle eie nedersettings het. Bid vir die verkondiging van die evangelie aan hierdie Joodse inwoners en vir ontvanklike harte. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015). Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk Bid asseblief vandag vir elkeen wat in die kantore van Jerigo Mure Gebedsnetwerk werk. Bid vir diegene wat werk met webruimtes, databasisse, finansies, die materiaal skryf, seminare aanbied, briewe, e-posse en telefoon oproepe beantwoord, deelneem aan gebedsreise, ens. Vra dat God hulle sal beskerm en versorg (gees, siel en liggaam). Bid dat die drukwerk en verspreidingsproses van die volgende uitgawe van Jerigo Mure Daaglikse Gebedsgids glad sal verloop. Bid vir die ontwikkeling van nuwe gebedsmateriaal en die vertaling van daardie materiaal in ander tale. Bid dat God nuwe deure sal oopmaak om gebed as ‘n leefstyl onder Christene te help vestig. www.jwipn.com of [email protected] en 012 365 3213 of 086 594 0565.

24

Dinsdag

28 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie -5 Julie 2016 Dag 23

Wes-Sahara, Noord-Afrika

En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! En as daar ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie. (Lukas 10:5-7). Christene naby Wes-Sahara vra dat ons saam met hulle Lukas 10:5-7 sal bid. Die lang betwiste gebied wat wag op onafhanklikheid en word tans nog deur Marokko regeer. Wes-Sahara sukkel met groot vlugtelingkampe en mense wat geen heenkome het nie. Vra God vir ‘n oplossing vir die polities onmoontlike situasie. (Spreuke 2:10-11). Daar is baie min werkers in die streek wat fokus op die Saharawi. Diegene wat dit doen word gewoonlik gekonfronteer met isolasie en gebrek aan Christelike gemeenskap. Bid dat God sy seën en teenwoordigheid sal uitgiet in die Christelike gemeenskappe in die gebied. (Filippense 4:13). Bid dat God meer werkers sal oprig, veral families en mense met ‘n langtermyn visie om in Wes-Sahara te werk. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

Woensdag

29 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 24

Jemen, Arabiese Skiereiland

Sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is hy nie ver van elkeen van ons nie; al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer en al die geslagte van die nasies sal voor U aangesig aanbid. (Handelinge 17:27 & Psalm 22:27). Daar is vier hoof-faksies wat teen mekaar baklei in Jemen, asook buitelandse magte wat deelneem aan die oproer en geweld. Bid vir stabiliteit en wet en orde regoor die land. Bid dat plaaslike gelowiges met vergifnis in hulle harte sal leef. Bid vir die werkers binne-in Jemen dat hulle ‘n voorbeeld sal stel deur ‘n koninkryk lewenstyl te moduleer, dat hulle wysheid sal hê om te weet wanneer om in die land te bly en wanneer om die land te verlaat. Bid dat hulle die liefde van Christus vir ander werkers sal hê. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

25

Donderdag

30 Junie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 25

Media regoor die Arabiese Wêreld

Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê: Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege-en-negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? (Lukas 15:3-4). In baie Arabiese lande is dit steeds moeilik, indien nie onmoontlik, om ‘n Bybel te koop of om ‘n Christen te vind om oor die Bybel uit te vra. Gedurende die laaste dekade het nuwe Arabiese Christelike TV programme geweldig toegeneem op satelliet TV. Hierdie programme het miljoene Moslem-kykers. Bid vir nóg meer Moslems om in te skakel. Terwyl daar baie reaksie is op Christelike Arabiese programme, is dit ‘n uitdaging om belangstellendes op te volg en die hartseer daarvan is dat dit nie altyd deel van die media se strategie is nie. Bid vir ‘n sinvolle vennootskap en koördinasie met die opvolg van mense wat belangstel of tot bekering gekom het. Elke Moslem wat kontak maak moet aandag kry en hulle vrae moet beantwoord word. Soos wat vertroue vrees vervang, is sommige gereed om ‘n Christen van aangesig tot aangesig te ontmoet. Bid dat meer mense die begeerte sal hê om ‘n gelowige te ontmoet en so deel te word van ‘n gemeenskap van gelowiges. Bron: Die 10/40 Venster, Gebedspunte vir Elke Nasie. (Julie 2015).

JULIE 2016 Vrydag

1 Julie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 26

Vlugtelinge regoor die Arabiese wêreld

Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat HY in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep. (Efesiërs 2:14-15). In die vierde jaar van die Siriese konflik, is daar meer as 4 miljoen Siriese vlugtelinge in ander lande in die streek. In Sirië self is daar ‘n addisionele 11 miljoen mense wat humanitêre ondersteuning nodig het. Die veiligheidsituasie bly onstabiel en humanitêre toegang is ‘n uitdaging. Libanon, Jordanië en Turkye huisves so baie vlugtelinge dat daar groot druk op hulle basiese bronne is: basiese dienste is onder druk, toenemende werkloosheid, dalende beleggings en wrokke van gasheer gemeenskappe. Bid vir politieke en etniese oplossings vir die konflik, dat dit God eer sal bring en vir blywende vrede. Bid vir die lande wat hulp verleen en vir meer hulp van 26

buite om die miljoene mense wat trauma beleef by te staan. Bid vir die gelowiges wat agtergebly het in die oorlog sones om dié wat in nood is te bedien en ‘n getuie te wees van die evangelie. Vra vir nuwe Christen-leiers wat kan volhard met die bedienings, selfs wanneer sommige die land verlaat. Bron: Christene wat in die Arabiese wêreld woon.

Saterdag

2 Julie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 27

Laylat al Qadr [Nag van Krag]

Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar nie om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou god sprake gesien tot bedrog en verstoting. Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. (Klaagliedere 2:14 & Kolossense 1:13-14). Moslems glo dat God die eerste verse van die Qur’an gedurende hierdie nag geopenbaar het en daarom is dit die heiligste nag van die jaar. Baie spandeer die hele nag in gebed en in moskees of by die huis en lees die Qur’an met die hoop dat hulle versoeke toegestaan sal word, spesifiek vir vergifnis van sonde. Bid dat Moslems geestelike ontnugtering sal ervaar met die beloftes van Islam. Baie ervaar drome, visioene en ander bonatuurlike gebeure gedurende die Nag van Krag. Bid dat hulle spesifiek drome en gesigte van Jesus sal hê gedurende hierdie nag en die volheid van die Lewende God in Jesus sal ervaar. Bron: Christene wat in die Arabiese wêreld woon.

Sondag

3 Julie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 28

Menseregte

Betoon reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook ‘n Here in die hemele het. Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ‘n liggaam het. (Kolossense 4:1 & Hebreërs 13:3). Eers in 1960 het Saoedi-Arabië formeel slawerny in die koninkryk afgeskaf. Tot vandag toe (o.a. in plekke soos die Golf-streek en Libië), is daar steeds ‘n mate van slawerny waar werkers van sekere lande offisiële regte het maar in praktyk soos slawe behandel word. Onlangse stories wat van die streek kom, vertel van huisbediendes wat mishandel word en wanneer hulle hulself verdedig, word hulle in die tronk 27

gegooi, gedeporteer of selfs tereggestel. In sommige gevalle probeer plaaslike kerke hierdie werkers bewus maak van hulle wettige regte. Bid dat die regering werkomstandighede sal verbeter. Bid dat die kerke wat probeer om materiaal na die werkers te kry suksesvol sal wees. Die Universal Islamic Declaration of Human Rights (UIDHR) definieer dat vryheid ‘n wettige reg is, maar die Arabiese weergawe gebruik die woord sharia, afgelei vanuit die Qur’an vir die wet en volgens die sharia wet is dit nie wettig vir ‘n Moslem om sy of haar godsdiens te verander nie. Bid dat Moslems wat Christene word en hulle godsdiens wil verander die reg sal hê om dit te doen en standvastig sal bly in hulle geloof. Hy laat Hom vind deur deur die wat nie na Hom soek nie. (Romeine 10:20). Bron: Christene wat in die Arabiese wêreld woon.

Maandag

4 Julie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie - 5 Julie 2016 Dag 29

Soenitiese/Sjiïtiese konflikte

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Johannes 3:16). Die Soenitiese versus Sjiïtiese konflik bestaan reeds vanaf die ontstaan van Islam. Daar het ‘n stryd onstaan oor wie die opvolger van Mohammad sou wees: Mohammad se metgeselle Abu Baker en Omar of sy naaste familielede, Ali sy neef en skoonseun Fatima. Spanning het begin toeneem toe Ali finaal Kalief of opvolger van die profeet geword het. Dit is teengestaan deur Abu Baker se dogter Aisha. Sy was Mohammad se jongste en bekendste vrou. Ali se gevaarlikste vyande was die Moslems van Mekka. Hulle het hom doodgemaak en uiteindelik ook sy seuns. Deur die eeue heen het die onreg teen Ali se familie, die Sjiïete, intense woede ontlok. Bid dat God se barmhartigheid beide die Soeniete en Sjiïete na die Here Jesus sal trek. Bid dat baie Soeniete en Sjiïete waarheid en liefde sal vind in die Here Jesus. Bid vir die basiese behoeftes van mense: kos, skuiling, opvoeding en werk. Bid vir ontvanklikheid vir die getuienis van hoop deur Christenorganisasies. Bron: Christene wat in die Arabiese wêreld woon.

Die mans wat die meeste vir God gedoen het, is die wat vroegoggend al op hulle knieë was. Hy wat die vroeë oggendure verspil, met sy geleenthede en varsheid, in ‘n strewe na ander goed en nie nie ‘n soeke na God nie, sal swak vordering maak in sy soeke na Hom die res van die dag. – E. M Bounds

28

Dinsdag

5 Julie 2016

Ramadaan Gebedsfokus: 6 Junie-5 Julie 2016 Dag 30

Saul van Tarsus (Fanatici Kom na Christus)

...”Saul, Saul, waarom vervolg jy my?” En hy sê: “Wie is U, Here?” En die Here antwoord: “Ek is Jesus wat jy vervolg.” (Handelinge 9:4b-5a). Stefanus was die eerste martelaar van die Christelike geloof. Die meeste mense voel dat Saul van Tarsus toegekyk en goedkeuring gegee het vir die moord op Stefanus. (Handelinge 8:1). Saulus het waarskynlik reeds die boodskap van Jesus gehoor en wat sy volgelinge oor Hom gesê het. Saulus wou die kerk vernietig. Stefanus het so pas een van die langste preke gegee wat in die Skrif opgeneem is en Saulus het dit gehoor. Toe het Jesus vanuit die hemel uitgereik en Saulus na Homself geroep. Die gevolg was dat Saulus van toe af Paulus geword het, óók ‘n kragtige boodskapper van die evangelie. Bid dat God leiers van ISIS en ander radikale Islamitiese groepe na Homself sal roep. Bron: Christene wat in die Arabiese wêreld woon.

Wat nou? Waar jy nou deur Ramadaan gebid het, dink daaraan om op die Moslem wêreld te fokus in jou gebede tot volgende jaar. Hoe wil jy hê dat God in die komende jaar moet werk in die lewe van ‘n Moslem wat jy ken, of die gemeenskap waarvoor jy gebid het? Skryf dit neer.

Eid al-Fitr: 5-7 Julie 2016 Eid is ‘n Arabiese woord wat ‘feestelikheid’ beteken. Fitr beteken ‘om die vas te breek’. Eid al-Fitr begin op die eerste dag van Shawwal, die maand wat volg op Ramadaan. Rys, gars en dadels word aan mense in nood geskenk sodat elkeen ‘n feesmaaltyd kan geniet. Die donasie staan bekend as “sadaqah al-fitr” (breek van vas met liefdadigheid). In die oggend kom Moslems buite of binne Moskees bymekaar om die Eid gebed te bid. Vir drie dae lank besoek hulle familie en vriende vir die uitruil van geskenke. Hulle bel ook verlangse familie om hulle geluk en voorspoed toe te wens en hou fees. In die Moslemlande is die 3 dae periode publieke vakansiedae. Bid dat Moslems gedurende hierdie drie dae van Eid al-Fitr gered sal word. http://tinyurl.com/yanyq9g

29

Woensdag

6 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Daar is tans baie negatiewe tendense in ons land. Die tipiese #RhodesMustFall, #FeesMustFall, en verskeie ander veldtogte veroorsaak baie onsekerheid en onstabiliteit in die nasie. Dit skep nie hoop nie en is ook baie selde oplossing-georiënteerd. Alhoewel baie dit vreedsame betogings noem, is daar gewoonlik definitiewe vorme van geweld en saakbeskadiging. Bid vir nie-gewelddadige en positiewe maniere om die groot problem en onrus in ons land te hanteer. Vestiging van 24-7 huise van gebed Daar is baie mense wat bid vir deurbrake in Mitchell’s Plein op die Kaapse Vlakte, maar daar is nie ‘n definitiewe gebedsbeweging of netwerk vir hierdie gebied nie. Bid asb. dat die Here die regte leiers sal oprig wat in staat sal wees om ander kerkleiers te betrek om hulle verantwoordelikheid op te neem om in eenheid te bid vir Mitchell’s Plein. Daniël Brink, 083 321 6909 of [email protected]

Donderdag

7 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Werkloosheid is ‘n wesentlike probleem in ons land. Wanneer mense werkloos is en daar ‘n tekort aan voedsel is, kan dit deur politici gebruik word om die armes en werkloses te misbruik om stemme te wen deur beloftes te maak wat radikaal en somtyds onrealisties is. Dit word tans deur verskeie politieke partye gedoen. Bid dat die leuens aan die lig sal kom en dat daar betekenisvolle oplossings gevind sal word om meer werk te skep en werkloosheid te verminder.

Vrydag

8 Julie 2016

Fokus op kinders: Childline Suid-Afrika Childline Suid-Afrika mik daarna om toepaslike sosiale dienste te ontwikkel vir kinders en gesinne wat slagoffers is van geweld. Daar is ‘n 24 uur tolvrye hulplyn en ondersteunende terapeutiese sosiale dienste, wat in elke provinsie aan ‘n plaaslike Childline kantoor gekoppel is. Bid asb. vir die werk van Childline Suid-Afrika: dat die werk sal uitbrei en meer kinders en families gehelp sal word. Vra dat meer kerke betrokke sal raak om kinders in hulle gemeenskappe te help en te bedien met goddelike wysheid en Christelike waardes. www.childlinesa.org.za of [email protected] en die nasionale tolvrye nommer is 08 000 55 555.

30

Vlugtelingkinders keer terug na die klaskamer Na meer as vyf jaar se konflik in Sirië, is toegang tot onderrig ‘n toenemende krisis vir die 2,1 miljoen vlugtelingkinders. In Libanon is meer as die helfte van Siriese kinders vlugtelinge en nie in die skool nie. Die wat wel ingeskryf is, sukkel om by te bly en ander gee heeltemal moed op. ‘n Gebrek aan opvoeding maak Siriese kinders meer kwesbaar vir misbruik, kinderarbeid en vroeë huwelike. Bid vir hierdie tragiese situasie. Bid dat God sal ingryp in die lewens van letterlik honderde duisende kinders en wonderwerk op wonderwerk vir hulle sal doen. http://tinyurl.com/jjopk9y

Saterdag

9 Julie 2016

Misdaad fokus: SMS-wenk inisiatief Die Crime Line inisiatief wat ten doel het om misdadigers van die straat af te kry, kan gebruik word om anonieme wenke (tipoffs) te stuur. Die inisiatief is in Junie 2007 begin. Gee dank aan die Here vir baie antwoorde op gebed oor die jare. Bid dat baie meer mense bewus sal word van die Crime Line inisiatief en dat misdadigers aan die pen sal ry. Bid dat onskuldige mense nie beskuldig sal word nie. Gebruik die volgende SMS nommer of webruimte om ‘n anonieme wenk te stuur rakende enige misdaad of agterdogwekkende aktiwiteit: SMS 32211 of besoek www.crimeline.co.za.

Sondag

10 Julie 2016

Doel van God vir die jeug U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. (Psalm 139:16). U het ‘n boek geskrywe oor al ons dae voordat ons gebore was. Hoe wonderlik is U o Vader. U het ‘n doel vir elke kind en ‘n plan om deur hulle verheerlik te word. Ons bid dat die jeug van ons land hulle Godgegewe roeping sal vervul. Ons bid dat die aborsiewette wat U vloek op die nasie bring, omgekeer sal word sodat die kinders wat deur U gemaak is, om u te verheerlik, nie deur die bose vernietig sal word nie.

Luister Sondae om 8:00 na ‘Die Gebedswag’ op Radio Tygerberg 104FM, of op die Internet by http://tinyurl.com/nhdu962 op jou selfoon en luister na getuienisse en antwoorde op vrae oor gebed in gemeentes en die werkplek!

31

Maandag

11 Julie 2016

Fokus op redding: Kinderbedelaars Die tong van die suigeling kleef aan sy verhemelte van dors, kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie. (Klaagliedere 4:4). Daar is duisende mense in Suid-Afrika wat bedel op straathoeke. Baie volwassenes gebruik kinders om namens hulle te bedel en vat weer die geld van hulle af. Bid vir verlossing van bedelaars, kinders sowel as volwassenes. Vra dat hulle in voltydse werke gevestig word. Baie is onwillig om behoorlike werk te soek of van die straat verwyder te word. Bid dat hulle nie ander sal beroof wat op die straat leef en dat hulle moeg sal word vir hulle sinnelose bestaan.

Registreer vir ‘n spesifieke dag of week, wanneer jou gemeente of bediening sal bid vir herlewing in Suid-Afrika by: [email protected] of 021 919 7988 (09:0013:00) of 012 365 3213 (09:00-17:00).

Dinsdag

12 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Die #Fall en ander soortgelyke veldtogte sal aanhou en toeneem in omvang en intensiteit omdat miljoene Suid-Afrikaners ongelukkig is met die huidige politieke situasie, die ekonomie, werkloosheid en die toestand van die onderrigstelsel in die land. Soos miljoene burgers by een of ander #Fall-veldtog inval, word meer kwaad gestook en die gevaar van ‘n uitbarsting van geweld op ‘n nasionale vlak verhoog. Bid dat die Heilige Gees die kerk maniere sal gee om tussenbeide te tree en te help om sinvolle oplossings vir die land te bied. Ghirath Hindoes van Indië Die Ghirath verwys na die tradisionele beroep van landbou en veeteelt, waarvoor hierdie gemeenskap bekend is. Huweliksrituele word gedoen deur ‘n Brahmin volgens die Vediese rituele. Die bruid en die bruidegom omsirkel die heilige vuur, ‘n granaat- of vyeboom. Die Ghirath gemeenskap praat ‘n verskeidendheid tale wat nie algemeen bekend is nie en dit skep uitdagings vir sendingwerk. Aparte kerkplantingsprojekte is gewoonlik nodig vir die verskeie taalgroepe. Bid vir werkers om ongeletterdes sinvol te kan bedien. Baie het geen Bybel in hulle eie taal beskikbaar nie. Vra asb. vir die Here om gewillige langtermynwerkers op te rig om die Bybel te vertaal in die verskillende tale van die Ghirath. http://joshuaproject.net/ of [email protected]

32

Woensdag

13 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Die kerk mag nooit die leefwyse van die wêreld volg nie. Die tipiese #Fall-veldtogte in die land is ‘n onwaarskynlike pad waarin die Heilige Gees die kerk sal lei om ‘n positiewe invloed in die land te hê. Vra die Here om vir ons nuwe, kreatiewe en eenvoudige maniere te wys om die behoeftes en uitdagings aan te spreek in die nasie. Vra dat elke Christen sal bid vir die vervulling van die Godgegewe roeping van ons land en om nie deel te neem aan negatiewe en vernietigende veldtogte nie. Sjina beëindig die een-kind beleid Volgens die offisiële Xinhua nuusagentskap, het Sjina op 29 Oktober 2015 die uiters omstrede een-kind beleid laat vaar. Alle paartjies sal in die toekoms toegelaat word om twee kinders te hê. Na jare van streng (soms wrede) handhawing en toepassing deur ‘n toegewyde regerings kommissie, is Sjina se bevolking (die grootste ter wêreld), nou besig om vinnig te verouder. Die gender-wanbalans is baie groot en sy werksmag is besig om te krimp. Gee dank aan die Here vir hierdie nuwe beleid. Bid dat die onreg teenoor ongebore babas tot ‘n einde sal kom. Hou aan om te bid dat die bejaardes nog steeds geleentheid sal hê om van Jesus Christus se liefde vir hulle te hoor. http://tinyurl.com/q35mxfz

Donderdag

14 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar ons sal roem op die Naam van die Here onse God. Hulle het inmekaargesak en geval, maar ons het opgestaan en ons weer opgerig. (Psalm 20:7-8). Geregtigheid hef ‘n nasie op. Daar is genoeg regverdige mense in Suid-Afrika om ‘n noemenswaardige verskil te maak in die land. Bid dat die kerk sal uitstyg bo negatiewe houdings wat ander blameer vir selfverryking, korrupsie en wan-administrasie. Vra dat die kerk nie betrokke sal raak by negatiewe veldtogte en gesprekke oor die land en sy leiers nie, maar ons verantwoordelikheid sal opneem om te volhard in voorbidding. Ons moet tot God roep dat hy sal ingryp. As Christene moet ons heilig leef in ‘n gebroke samelewing.

Onuitspreeklike versugting, woorde wat nie uitgespreek kan word nie, is baie keer gebede wat nie geweier kan word nie. – Charles H. Spurgeon

33

Vrydag

15 Julie 2016

Webruimte teen kinderpornografie Die Film- en Publikasieraad (FPR) het die Pro-Child webruimte geloods, wat gemik is op die uitskakeling van kinderpornografie in Suid-Afrika. Die Pro-Child webruimte verskaf deur middel van ‘n Internetblitslyn ‘n geleentheid vir lede van die publiek om voorvalle te rapporteer of die publikasie van foto’s oor seksuele misbruik van kinders op die Internet. Gee dank aan die Here vir hierdie inisiatief. Bid dat dit suksesvol sal wees. Bid dat dit toenemend gebruik sal word om misdrywe te rapporteer en dat veral pedofiele en kindermolesteerders vervolg sal word. Bid vir die geestelike genesing van kinders wat deur so ‘n traumatiese proses is. Bid dat kwaadwillige mense ander nie valslik sal beskulkig en hulle lewens daardeur verwoes sal word nie. http://www.fpbprochild.org.za/ Kerkplanting in Indië Die Evangelical Church of India het meer as 10 000 kerke, waarvan 5 500 huiskerke is en 13 Bybelskole in verskillende dele van Indië. Daar is ‘n visie om meer as 100 000 kerke te plant en ‘n oes van 10 miljoen gelowiges te sien. Tans is daar elke dag honderde bekerings en daar word daagliks nuwe kerke geplant. Loof die Here vir die insameling van die oes regoor Indië. Vra dat nuwe gelowiges sal groei in gebed en Bybelstudie en dat meer mense met die evangelie bereik sal word. Evangelical Church of India (ECI), www.ecionline.org of [email protected]

Saterdag

16 Julie 2016

Tuberkulose (TB) onder kinders in SA Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het die 2015 Wêreldwye TBverslag vrygestel wat bevind dat daar in 2014 wêreldwyd 1 miljoen gevalle van TB onder kinders was. Gedurende 2014 is 140 000 kinders dood aan TB. Suid-Afrikaanse kinders maak 10% uit van TB-gevalle wêreldwyd. Baie TB-gevalle in Suid-Afrika word nie aangemeld nie en dit lei tot die dood of meer ernstige vorme van TB en TB meningitis (TBM). Bid vir deurbrake, want SA is ook een van min lande wat op die voorpunt is van kritieke studies, om veilige kindervriendelike TB-medikasie te ontwikkel en om die tydperk van behandeling te verkort tot vier maande. http://tinyurl.com/q6pjfq4

Dit was deur die magtige krag van die Heilige Gees, wat inwonend in Jesus was, waardeur Hy die wêreld oorwin het. Dit is wanneer daardie selfde stil krag deur geloof in ons werk, dat ons oorwinning sal beleef. – Charles H. Spurgeon

34

Sondag

17 Julie 2016

Jeug om te verskil van die wêreld En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie. (Daniël 1:8). Te midde van morele verval is God besig om jongmense met brandende harte vir Hom op te rig om sy koninkryk uit te brei. Ons verklaar in die naam van Jesus oor die lewens van die jeug, dat hulle met hart en verstand na die Here Jesus draai en sal staan vir waarheid en heiligheid sonder kompromie.

Maandag

18 Julie 2016

Fokus op redding: Kinders wat uitblink in sport En al jou kinders sal deur die Here geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees. (Jesaja 54:13). Wanneer kinders begin om uit te blink in sport, kan dit maklik gebeur dat hulle mettertyd hulle self sien as beter as ander. Dit kan ‘n hindernis in hulle verhouding met die Here word. Bid asb. vir ouers om hulle kinders wat uitblink te lei in die weë van die Here, en hulle altyd aan te spoor om op die Here te vertrou en hulle afhanklikheid van hom te erken. Bid vir kinders wat uitblink om dit as geleenthede te gebruik om nederige getuies vir Christus te wees.

Registreer vir ‘n spesifieke dag of week, wanneer jou gemeente of bediening sal bid vir herlewing in Suid-Afrika by: [email protected] of 021 919 7988 (09:0013:00) of 012 365 3213 (09:00-17:00).

Dinsdag

19 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Ek en jy mag ook bygedra het tot die huidige situasie in ons nasie deur dit wat ons gesê het of dalk deur ons stilswye. Waar ons skuldig is, moet ons dit bely. Die Skrif is duidelik oor die negatiewe effek van kritiek en God se oordeel oor ‘n kritiese en veroordelende ingesteldheid. Bid dat Christene sal praat met harte wat vol is van geloof en hoop in God. Bid dat Christene nie hulle hoop sal plaas in omstandighede en mense nie, maar in God by wie niks onmoontlik is nie. Hy het ook vir hulle gesê: “Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word. (Markus 4:24).

35

Die “4/14 Movement” wat op kinders fokus Byna 80% van alle mense wat tot bekering kom, is kinders. Die 4/14 Movement is ‘n globale sendingbeweging wat werk om kinders tussen die ouderdomme van 4 en 14 te bereik, die tydperk waarin dit vir die meeste van hulle “makliker” is om in ‘n persoonlike verhouding met Jesus te kom. Bid dat daar vrug op die werk van hierdie beweging sal wees. Bid vir kerke en families om strategieë te ontwikkel om die volgende generasie Christen-leiers toe te rus. Vra vir meer vrywilligers om hulle tyd en energie te gee om met die evangelie uit te reik na kinders en dissipels van hulle te maak. www.4to14window.com

Woensdag

20 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Baie politici, regeringsleiers, mense in regeringsposte, sowel as mense in die privaat sektor is betrokke by swendelary, selfverryking, familie-bevoordeling, sindikate, omkopery, ens. Bid dat die planne en aktiwiteite van hierdie mense aan die lig sal kom. Vra dat God vir ons godvresende mense sal gee wat die nasie sal lei in weë wat Sy naam sal verheerlik en ook alle landsburgers sal bevoordeel. Vestiging van 24-7 huise van gebed Soos in ander gebiede, is daar ook baie gelowiges wat bid vir deurbrake in die gemeenskap van Ravensmead in Kaapstad. Bid dat God ‘n sterk groep van toegewyde leiers sal oprig om kerkleiers byeen te bring in hierdie gebied om eendragtig te bid vir die moeilike sake in hulle gemeenskap. Willem Valentyn; [email protected] of 082 370 6049.

Donderdag

21 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Bid dat God nederige, gebroke en godvresende leiers sal oprig met ‘n visie vir die herstel van ons land en dat hierdie visie binne Sy wil sal wees. Daar is mense in die land wie se aksies die land vernietig. Bid dat hierdie mense gestop sal word deur die land se regstelsel en die werking van die Heilige Gees.

Geen man kan in genade vorder as hy nalaat om te bid nie. – Charles H. Spurgeon

36

Vrydag

22 Julie 2016

Prostitute in stede In Pretoria kompeteer ongeveer 1 152 prostitute vir “kliënte” by 30 verskillende staanplekke. Dit is die bevinding van ‘n studie deur die Universiteit van Pretoria en Unisa. Van die 416 sekswerkers wat getoets is vir MIV en TB sedert Oktober verlede jaar, is 187 MIV-positief en van hulle is daar 177 met beduidende simptome van TB. Roep asb. uit na die Here vir die redding van prostitute en radikale bevryding uit hulle situasie. Die meeste prostitute het nie ‘n begeerte om in hierdie “beroep” te wees nie. Bid dat dit moontlik sal wees om van hulle “pimps” los te kom en vrygemaak te word van hierdie besigheid in Jesus naam! http://tinyurl.com/opklhb3 JESUS Film Na ‘n paar dekades van TV, Internet en verskeie vorme van sosiale media, is die JESUS Film nog steeds een van die mees effektiewe middels om mense met die evangelie te bereik. Twee ouerige dames oor 70, het 5 000 JESUS Film DVD’s binne twee maande in ‘n spesifieke streek in die Midde-Ooste versprei. Hulle het die Here gevra vir 2 bekeerlinge elke dag. ‘n Tyd gelede het hulle getuig: “Oor die laaste 40 dae het God ons 7 bekeerlinge per dag gegee!” Prys die Here vir hulle getrouheid en die vrug op hulle handewerk. Bid dat meer JESUS Film DVD’s effektief versprei sal word in die Midde-Ooste, Noord-Afrika, aan vlugtelinge in Europa asook Pakistan en Afghanistan. Bid vir effektiewe maniere om die bekeerlinge op te volg en ook vir die ontwikkeling van meer dissipelskapmateriaal in die onderskeie tale. Bid vir kerkplanters en mense wat kan help om klein “fellowships” te stig. M5 Group, www.jwipn.com of [email protected]

Saterdag

23 Julie 2016

‘n Nuwe foon-toepassing vir prokureurs teen korrupsie Expose It is ‘n JASA (Justice Alliance of South Africa) projek. Hierdie nie-regeringsorganisasie is heeltemal onafhanklik van die regering en bestaan uit prokureurs wat werk om die regstelsel in Suid-Afrika gesond te hou. Dit is afhanklik van mense se rapportering van omkopery, korrupsie, onreg en belangrike misdaad “hotspots”. Die rapporteringsproses is gratis en toeganklik vir alle Suid-Afrikaners. Hoe meer insidente van korrupsie rapporteer word, hoe beter sal die regsspanne weet hoe om aksie te neem. Prys die Here vir hierdie nuwe inisiatief. Bid dat mense nie hierdie diens sal misbruik nie, maar dat misdadigers gevang en voor die reg gebring sal word. Om ‘n insident te rapporteer, skakel *134*1105# of besoek www.ExposeIt.org.za.

37

Sondag

24 Julie 2016

Passievolle jeug wat opstaan Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm en bestormers gryp dit met geweld. (Matteus 11:12). Hierdie generasie Christenjongmense word gemerk deur hulle hantering van die uitdagings van geestelike geweld, uiterste passie, opoffering en toewyding. Ons verklaar in die naam van die Here Jesus, dat hierdie generasie die Bose sal oorwin en hulle rol in hierdie generasie sal vervul in die uitbreiding van die koninkryk van God en dat baie harte sal terugdraai na God toe.

Maandag

25 Julie 2016

Fokus op redding: Kinders wat alleen sit tydens pouse Hulle sal Ek bring na my heilige berg en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al volke. (Jesaja 56:7). Daar is altyd kinders wat alleen is tydens pouse. Dit mag nuwe kinders in die skool wees of ‘n kind wat om een of ander rede nie inpas of gemaklik kommunikeer nie. Soms voel sulke kinders soos uitgeworpenes a.g.v. dinge wat met hulle gebeur het of hulle fisiese voorkoms. Bid asb. dat Christen-kinders nie skaam of bang sal wees om met hulle geassosieer te word nie. Vra dat hulle sal uitreik na die uitgeworpenes, deur met hulle vriende te raak en hulle lief sal hê en hulle sal respekteer.

Registreer vir ‘n spesifieke dag of week, wanneer jou gemeente of bediening sal bid vir herlewing in Suid-Afrika by: [email protected] of 021 919 7988 (09:0013:00) of 012 365 3213 (09:00-17:00).

Dinsdag

26 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Daar is ‘n nuwe generasie van jongmense wat die Here volg met groot toewyding en liefde. Bid vir hulle dat hulle sal weet wat God van hulle verwag in hierdie tyd. Vra dat hulle gevul sal word met die Heilige Gees en dat hulle tyd sal maak om uit te vind wat God se wil vir hulle lewens is. Bid dat hulle nie sal wegskram van die uitdagings in die land nie. Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk. (Spreuke 16:3). Die Zaramo van Tanzanië Die Zaramo mense van Tanzanië ly a.g.v. bygelowe, die invloed van heksery praktyke en bose 38

geeste. Bid vir die vrymaking van geestelike bindinge en demoniese aanvalle op die Zaramo. Vra dat die Here hulle oë sal oopmaak om te sien dat hulle alleen deur Jesus Christus bevryding sal kry. Bid vir die onderwysers vir beskerming, krag en moed wanneer hulle mense bedien in Mzenga, (Tanzanië). http://prayafrica.org of [email protected]

Woensdag

27 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Daar is ‘n groeiende honger na God in die kerke in ons land en ‘n nuwe begeerte na gebed en baie roep uit tot God vir herlewing. Bid vir ‘n toename in die hoeveelheid geestelike leiers en gemeentelede wat volhardend sal uitroep tot die Here vir geestelike herlewing. Sonder geestelike herlewing is daar basies geen hoop vir verandering in die land nie. Vra vir ‘n nasionale hartsverandering en dat die Heilige Gees deur mense sal werk sodat daar verandering sal kom. Die Guiqiong mense van Sjina ‘n Geraamde 12 000 Guiqiong woon in die westelike Sichuan provinsie van Sjina. Die Guiqiong is Tibettaanse Boeddhiste, alhoewel hulle sekere aspekte behou het van animisme en sjamanisme in hulle godsdienstige oortuigings. Die Guiqiong het geen begrip van die evangelie of die naam van Jesus Christus nie, het ook geen agtergrond van geloof of ondervinding wat hulle kan help om die goeie nuus van Jesus te verstaan wanneer dit na hulle toe kom nie. Bid vir die Han Sjinese Christene wat daar naby is, om die evangelie na die Guiqiong te neem. Sover bekend is daar geen Christene onder die Guiqiong nie. Bid dat hulle sal verstaan dat Jesus die Seun van God is en gekom het om hulle van hulle sonde te verlos. (Maleagi 1:11). Bid dat hulle spoedig ‘n Bybel en JESUS Film in hulle eie taal sal hê asook traktate in hulle eie taal. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. (Lukas 2:10). http://joshuaproject.net/ of [email protected]

Donderdag

28 Julie 2016

Tendense in Suid-Afrika Oor die laaste paar jaar het die Suid-Afrikaanse polisie baie gely onder korrupsie en wangedrag. Dit is besig om te verander. Bid dat polisiemanne hulle werk met integriteit sal doen. Bid vir die veiligheid van lede van die polisie. Bid dat mense wat betrokke is by korrupsie, wangedrag en omkopery, blootgestel sal word en uit hulle poste verwyder sal word. 39

Vrydag

29 Julie 2016

Sogenaamde ‘Christelike’ kerke onder die soeklig In die laaste 18 maande is daar artikels in die nasionale media geplaas oor Christelike kerke wat hulle lidmate onmenslike dinge laat doen het. Sulke artikels bring die waarheid aan die lig, maar dit verheerlik nie die Here Jesus in die oë van ongelowiges nie. Bid asb. vir diegene wat hierdie praktyke op hulle lede afforseer. Bid vir hierdie kerkleiers se redding, dieper insig in die Woord en vir verlossing van elke vorm van misleiding. http://tinyurl.com/zt6jump Amfetamien vuur die Siriese siviele oorlog aan Onfhanklike ondersoeke het bevind dat daar ‘n groeiende handel is in die Siries-vervaardigde Captagon, ‘n dwelm wat in die Midde-Ooste gebruik word. Dit genereer groot bedrae geld waarvan sommige ongetwyfeld gebruik word om wapens te befonds. Baie van die vegters, ongeag die groep vir wie hulle veg, gebruik hierdie stimulant om hulle te help om aan te hou veg. Bid dat soldate self sal besef watter negatiewe effek hierdie delmmiddel op hulle lewe het en ook op die mense rondom hulle. Vra in Jesus naam dat die vervaardiging en gebruik van hierdie dwelm gestaak sal word. Bid dat die roetes waardeur hierdie dwelm in Sirië inkom en uitgaan, gesluit sal word en dat sindikate wat in hierdie middel handeldryf se mag gebreek sal word. http://tinyurl.com/lx2dbar

Saterdag

30 Julie 2016

Fokus op SA: Onderwys Die werkloosheidsyfer vir volwassenes wat nie matriek het nie is 29%, maar dit neem af na 27% vir die wat matriek het. Vir diegene wat tersiêre opvoeding het, is die werkloosheidsyfer 11%. Hou aan om te bid vir goddelike kreatiwiteit in die harte en gedagtes van mense in SA en hoe om klein volhoubare besighede te begin en werk te skep. Bid ook vir die wat werk het om hulle werk te waardeer en goeie rentmeesters te wees van die werk wat aan hulle toevertrou is. www.eighty20.co.za of [email protected]

Sondag

31 Julie 2016

Jeug om hoop en doel te hê Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek-dit is Jakob. (Psalm 24:6). Jongmense is op soek na ‘n doel vir hulle lewens. As hulle nie gelei word in goddelike weë nie, sal hulle dit definitief vind in die euwels van die dag. Dit wat die wêreld kan bied, bevredig nie ons diepste behoeftes nie. Vader ons bid in Jesus Naam vir hierdie jong generasie: dat hulle U aangesig sal opsoek totdat U uself aan hulle openbaar te midde van die donkerte van ons tyd en dat hulle nie sal opgee of ingee nie totdat hulle U van aangesig tot aangesig sien nie. 40

AUGUSTUS 2016 Maandag

1 Augustus 2016

Fokus op redding: Skoonmakers Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. (Psalm 18:3). Duisende Suid-Afrikaners het werk in die skoonmaakbedryf: huishoudelike werkers, industriële, munisipale of hotel skoonmakers. Dit is nie hoogs betaalde werk nie, maar vervul ‘n belangrike rol in die onderhouding van basiese higiëne en ‘n gesonde omgewing en is een van die fundamentele onderhoud sisteme in die land. Bid dat God hom sal openbaar aan hierdie mense. Vra dat hulle getrou sal wees in die uitvoer van hulle pligte en dit met uitnemendheid sal doen. Bid ook dat Christen-skoonmakers oor Jesus se liefde sal praat met ander skoonmakers in plekke waar hulle werk en ander werkers met respek sal behandel. Bid dat hulle billik en regverdig vergoed sal word.

Registreer vir ‘n spesifieke dag of week, wanneer jou gemeente of bediening sal bid vir herlewing in Suid-Afrika by: [email protected] of 021 919 7988 (09:0013:00) of 012 365 3213 (09:00-17:00).

DIE 15 VERNAAMSTE TERRORISTE ORGANISASIES En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. (Matteus 10:28). Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. (Johannes 10:10). Sedert die jaar 2000 was daar ‘n vyfvoudige toename in mense wat doodgemaak is deur terrorisme. Daar is tans 58 groepe wat geïdentifiseer is deur die Intel Centre Database (ICD) en opgeneem is in die Group Threat Index (GTI), wat hulle dus kwalifiseer as terroriste of rebellegroepe. Gedurende Augustus bid ons vir hierdie groepe en vertrou ons die Here om hulle bonatuurlik te bring tot kennis van redding in Jesus. Die een duidelike waarneming en goue draad in meeste van die groot terroriste organisasies in die wêreld vandag is die feit dat hulle almal ‘n Islamitiese agenda deel. Slegs twee van die top 15 het nie ‘n godsdienstige agenda nie.

41

Die spanning binne-in meeste Islamitiese terreurgroepe is die feit dat hulle visie gebou word op dieselfde ideologie maar dat hulle nie almal dieselfde interpretasie van die ideologie het nie en dit lei dikwels tot ‘n magstryd. Binne Islam is daar net soos in alle ander godsdienste uiteenlopende vertolkings van hulle geskrifte en in baie gevalle sluit die vertolking van hulle geskrifte geweld ook in. Dit is waar dat nie alle Moslems radikaal is nie en dat nie alle radikales terroriste is nie, maar dit bly ‘n feit dat meeste terreur organisasies tans verbind is aan Islam. Die feit dat ISIS en ander terreurgroepe moontlik nie “Ware Moslems” is soos baie Westerse leiers en geestelikes, insluitend die V.S.A. se President Barack Obama en David Cameron van Brittanje, dikwels sê nie, kan tot ‘n sekere mate waar wees, maar die feit dat Islam ‘n platform skep vir amper al die terreurgroepe in die wêreld is kommerwekkend. Ideologieë en teologie is altyd deel van die fondament van terrorisme en die regverdiging vir brutaliteit. Wanneer die ideologie korrup en boos is, is die dade wat voortvloei dááruit ook boos. Dit was dus waar vir Nazisme en Kommunisme. Wat jy glo, bepaal jou gedrag. Dit sal ‘n doellose oefening wees, om terreurgroepe te probeer klassifiseer. Hierdie lys is daarom nie geklassifiseer in enige orde nie, maar eerder i.t.v. hulle blootstelling in die media en die publieke opinie. Die lys is gebaseer op terroriste en rebelle-aktiwiteite oor die afgelope jare tot en met Januarie 2016. Die lys is gedeeltelik gebaseer op die “Intel Centre’s Group Threat Index (GTI)” wat die volume van terroriste en rebelle waarskuwings ondersoek, boodskappe wat gestuur word, video’s, foto’s, insidente en die hoeveelheid wat doodgemaak is deur ‘n spesifieke groep. Die GTI is nie die enigste bron wat gebruik is nie. Dit is baie belangrik om kennis te neem dat name aansienlik verskil en so ook die spelling. Die Islamitiese Staat is ‘n goeie voorbeeld. Dit staan bekend as IS, ISIS (The Islamic State of Iraq and Syria), ISIL (The Islamic State of Iraq and the Levant) en of Daesh (die Arabiese akroniem wat nou amptelik aanvaar is as die term wat gebruik word deur Europese en Amerikaanse regerings). As jy belangstel is om meer relevante inligting te ontvang oor gebeure in die MiddeOoste, besoek www.incontextministries.org en teken in om ‘n e-pos te ontvang, of kontak hulle by [email protected] of 021 976 1465.

42

Dinsdag

2 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: Al-KAÏDA Al-Kaïda is ‘n globale militante Soeni-Islamitiese organisasie wat gestig is deur Osama bin Laden, Abdullah Azzam en verskeie ander Moslems tussen Augustus 1988 en laat 1989. Dit word as ‘n terroriste groep beskou deur die United Nations Security Council, North Atlantic Treaty Organization (NATO), Europese Unie, Verenigde State, Rusland, Indië en verskeie ander lande. Hulle was verantwoordelik vir die bomaanvalle in 1998 by die VSA Ambassade, die 11de September 2001 aanval en 2002 Bali bomaanvalle. Sommige leiers in AlKaïda is oortuig dat ‘n Christen-Joodse alliansie besig is om saam te sweer om Islam te vernietig. Al-Kaïda opponeer ook dit wat hulle sien as mensgemaakte wette en wil dit vervang met ‘n streng vorm van sharia wette. Gebedspunte: 1. B aie van die top 15 terroriste organisasies word op een of ander manier gekoppel aan AlKaïda en kan gesien word as die moeder organisasie van terreur wat gekoppel is aan Islam. Bid vir Al-Kaïda-leiers. Vra dat elkeen van hulle ‘n ontmoeting met die Here Jesus sal hê deur drome en visioene. Vra ook dat onheilige ooreenkomste en sameswerings tussen Al-Kaïda en ander terroriste organisasies gebreek sal word en samewerking gestop sal word. 2. Al-Kaïda het reeds baie aanvalle uitgevoer op mense wat hulle glo ongelowiges (infidels) is. Bid vir hulle soldate wat op sendings gestuur word om medelye te hê met die mense wat hulle moet doodmaak, hulle opdragte sal ignoreer en volgelinge van die Here Jesus sal word. 3. Al-Kaïda het direkte affiliasies in die Islamitiese Maghreb (die Arabiese naam vir die Noordwestelike deel van Afrika), Somalië, Arabiese Skiereiland, Sirië, die Indiese subkontinent, die Maleise argipel, Koerdiese bataljonne (die Koerdiese tak van Al-Kaïda, aktief op die noordelike grens van Irak-Iran), Bosnië en Herzegowina. Bid dat die Al-Kaïda-leierskap in elkeen van hiedie lande ‘n baie persoonlike onmoeting met Jesus sal hê. 4. Hou aan om te bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid vir verwarring van kommunikasie tussen die leiers en dat alle goddelose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 5. Bid dat demoniese magte wat die gedagtes van die Al-Kaïda groep verdonker en hulle gevange hou, vernietig sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens, (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8).

43

Woensdag

3 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: ISLAMIC STATE (IS) IS groep is in 1999 gestig deur Abu Bakr al-Baghdadi en groot dele van Irak en Sirië is onder hulle beheer. IS is ook bekend as die Islamic State in Sirië en die Levant (ISIL), of onder Daesh. Op 29 Junie 2014 het die groep hulle self geproklameer as ‘n wêreldwye kalifaat onder die naam Islamic State en Abu Bakr al-Baghdadi is benoem as ‘kalief’. Die doel van ‘n kalifaat is om eerstens beheer te neem oor godsdienstige, politieke en militêre aspekte van alle Moslems wêreldwyd. Gebedspunte: 1. D ie CIA (Central Intelligence Agency) beraam dat IS ‘n groep van 31 000 vegters het. Bid vir die soldate wat betrokke is in gevegte, vir medelye in hulle harte en dat hulle gewetens beïnvloed sal word deur die Heilige Gees. Vra dat die skille van hulle oë sal afval en die waarheid van die Here Jesus hulle oë sal oopmaak en dat hulle tussen waarheid en leuen/ misleiding sal kan onderskei. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei... (Johannes 16:13a). 2. ‘n Groot verskil tussen IS en ander Islamitiese terreur organisasies wat kompeteer vir fondsinsameling en rekrute, is dat IS daarin slaag om grondgebied te verkry, dit te behou en sodoende in staat is om ‘n kalifaat uit te roep. Dit is iets wat Al-Kaïda nie kon regkry nie. Bid dat die vrees van die Here in die harte en gedagtes van elke IS-vegter sal kom. En ‘n skrik vir die Here het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Josafat oorlog gevoer het nie. (2 Kronieke 17:10). 3. IS se uitbreiding gaan gepaard met ondenkbare wreedheid: die bymekaarmaak en teregstelling van enige een wat die geringste weerstand bied teen sy oorheersing. Ten minste vier gevalle van massamoord deur ISIL terroriste is aangeteken, insluitend die teregstelling van 250 Siriese troepe in Augustus 2015. Op ‘n weeklikse basis vind daar gruwelmoorde en geweld teen vroue en kinders plaas. Roep uit tot God vir elke vegter wat betrokke is by hierdie soort gruweldade. Bid dat die Heilige Gees hulle gewetens sal vernuwe. Bid dat hulle sal luister na die stem van die Heilige Gees en hulle aan Hom sal onderwerp. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. (Jesaja 55:7). 4. IS word gesien as die rykste terroriste organisasie in die wêreld met ‘n inkomste van $1 miljoen per dag uit ru-olie. Vra dat die Here sal ingryp en bonatuurlik die vloei van geld na IS en ander terroriste organisasies sal stop. Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood. (Spreuke 11:4). 5. Hou aan om te bid vir die verlossing van die leiers van die IS groep. Bid vir verwarring van kommunikasie tussen die leiers en dat alle goddelose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 44

6. B id dat demoniese magte wat die gedagtes van die IS groep verdonker en hulle gevange hou, vernietig sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8).

Donderdag

4 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: TALIBAN Die Afghaanse Taliban is in 1994 gestig onder die leierskap van Mullah Mohammed Omar. Hy is steeds die bevelvoerder en geestelike leier. Die organisasie se hoofdoel is om ‘n Islamitiese staat te vorm in Afghanistan. Die Taliban bestaan hoofsaaklik uit verskeie Pashtun stamme en word verder ondersteun deur Islamitiese groepe soos die Tsjetsjene, Arabiere, Punjabis, Oezbeke en Tadjiks. Die Taliban het vanaf 1996 tot 2001 regeer waarna die VSA hulle beheer oor die land verbreek het. Oor die laaste paar jaar is die Taliban egter besig om grondgebied te herwin en sy invloed groei weer. Gebedspunte: 1. B id vir elke stam en Islamitiese groep wat deel vorm van die Taliban. Bid vir ‘n honger na ware reg en geregtigheid wat die fondasie is van God se troon. ...geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon. (Psalm 97:2). 2. Die Taliban veroorsaak die meeste burgerlike sterftes in Afghanistan. Bid asb. dat die harte en gedagtes van die vegters aangeraak sal word deur die liefde en goedheid van God die Vader. Bid dat hulle respek sal hê vir hulle eie mense deur hulle te beskerm eerder as om hulle dood te maak. Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp. (Miga 7:19). 3. Sekere bronne bereken dat die ledetal van die Taliban byna 35 000 is. Bid vandag vir die verlossing van elke lid van die Taliban. Verklaar oor hulle: In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade. (Efesiërs 1:7). 4. Hou aan om te bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid vir verwarring van kommunikasie tussen die leiers en dat alle goddelose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 5. Bid dat demoniese magte wat die gedagtes van die Taliban groep verdonker en hulle gevange hou, vernietig sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8). 45

Vrydag

5 Augustus 2016

Moorde neem toe Gewelddadige plaasmoorde hou aan om die nasie te skud. Die meeste boere wat doodgemaak word is wit boere. Meesal word hulle wreed gemartel/aangerand voordat hulle doodgemaak word en baie dikwels is dit ouerige boere wat die slagoffers is. Laat ons uitroep tot God dat die demoniese magte wat hierdie moorde aanvuur se mag gebreek sal word. Bid vir die beskerming van die boere en dat oortreders regverdig gestraf sal word. In een maand in 2015 was daar 29 moorde. Daar word ook gereeld werkers en kinders van werkers vermoor. Net God kan ‘n einde aan hierdie wreedheid bring. Bid o.a. ook dat boere se optrede nie aanleiding sal gee tot weerwraak nie. www.ditsem.net of [email protected] of 051 436 0552. Olimpiese Spele: 5-21 Augustus 2016 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit sekerlik kan behaal. (1 Korintiërs 9:24). Bid vir alle aktiwiteite en die atlete by die Olimpiese Spele wat vandag in Rio de Janeiro begin. Bid vir al die Christen uitreikspanne dat hulle elke dag baie tyd in gebed sal spandeer en groot deurbrake sal sien a.g.v. die uitreike. Vra dat atlete sal verstaan dat niemand deur sy eie pogings gered kan word nie, maar slegs deur totale oorgawe aan die Here Jesus en sodoende ‘n onverwelklike kroon sal ontvang. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Saterdag

6 Augustus 2016

Hoop te midde van hopeloosheid Die implikasies van die droogte en oorstromings op ‘n nasionale vlak het steeds ‘n groot negatiewe effek op die ekonomie. Daar is o.a. boere wat oor dekades hulle boerderye opgebou het en nou alles of byna alles verloor het. In een geval het ‘n druiweboer in die Stellenbosch omgewing sy wingerde verloor deur brandstigting. In baie ander dele van die land moes boere bv. beeste skiet omdat daar nie genoeg kos en water was nie. Bid asb. dat God vir die boere uitkoms sal gee, dat hulle nie moed sal verloor nie en steeds op God sal bly vertrou.

Niks leer ons meer van die kosbaarheid van die Skepper as wanneer ons dit leer vanuit ‘n leegheid van alle ander goed nie. - Charles H. Spurgeon

46

Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 En verder, as iemand aan ‘n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie. (2 Timoteus 2:5). Mobiliseer asseblief spesiale tye van gebed oor die volgende paar dae vir die honderde duisende wat saamkom in Rio de Janeiro. Bid dat duisende ‘n geleentheid sal kry om ‘n ontmoeting met die Here Jesus Christus te hê. Bid dat atlete en toeskouers hulle lewens aan Hom sal oorgee. Atlete weet dat hulle volgens die reëls moet kompeteer. Bid vir hulle vir ‘n duidelike openbaring van dit wat God van ons verwag, hoe Hy wil hê dat ons moet lewe en vir gehoorsaamheid aan die goddelike beginsels wat in die Bybel geopenbaar word. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Sondag

7 Augustus 2016

Jeug om te LEWE en nie te sterf En toe Elisa in die huis kom, was die seun dood, neergelê op sy bed! En hy het ingegaan en die deur agter hulle twee toegesluit en tot die Here gebid. (2 Konings 4:32-33). Daar is duisende jongmense wat daagliks sterf in Suid-Afrika a.g.v. aborsies, siekte, ongelukke of geweld. Bid dat ons jongmense sal lewe en nie sterwe nie - dat die bose nie jongmense se lewens sal kom steel nie. Vra dat ten spyte van traumatiese omstandighede, elke kind sal opgroei tot volwassenheid, God sal ken en hulle doel bereik op aarde. Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Vra dat die Heilige Gees jou sal lei om te bid vir die verlossing van individue soos wat jy na verskillende items by die Olimpiese Spele kyk op TV. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Luister Sondae om 08:00 na ‘Die Gebedswag’ op Radio Tygerberg 104FM, of op die Internet by http://tinyurl.com/nhdu962 op jou selfoon en luister na getuienisse en antwoorde op vrae oor gebed in gemeentes en die werkplek.

47

Maandag

8 Augustus 2016

Fokus op redding: Ongehude moeders Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. (Filippense 4:6). Daar is honderde vroue wat nie kan swanger raak nie, terwyl ander hulle swangerskappe as ongeleë, verontrieftend of ongewens sien (bv. in die geval van verkragting). Bid vandag vir vrouens wat swanger is. Bid dat hulle ‘n persoonlike lewende verhouding met die Here Jesus sal hê. Bid dat hulle ongeag hulle omstandighede, nie hulle babas se lewens sal neem nie. Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Onthou om uit te roep tot die Here dat Hy homself in wonderlike maniere sal openbaar aan individue regoor die wêreld terwyl hulle na die Olimpiese Spele op die televisie kyk of oor die radio daarna luister. Vra dat baie die evangelie sal hoor en dat Christene nie skaam sal wees om met vrymoedigheid oor Jesus Christus te praat nie. Bid vandag vir elke Christen wat op ‘n uitreik in Rio is. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Registreer vir ‘n spesifieke dag of week, wanneer jou gemeente of bediening sal bid vir herlewing in Suid-Afrika by: [email protected] of 021 919 7988 (09:0013:00) of 012 365 3213 (09:00-17:00).

Dinsdag

9 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: HEZBOLLAH Hezbollah, ook bekend as the Party of God is ‘n magtige politieke en militêre organisasie in Libanon. Hierdie groep bestaan hoofsaaklik uit Sjiïet Moslems. Dit het in die vroeë 1980’s tot stand gekom met finansiële ondersteuning van Iran. Die ontstaan van hierdie groep kan teruggevoer word na ‘n stryd wat ontstaan het om Israeli troepe uit Libanon te dryf. Vyandigheid met Israel bly die basis vir die bestaan van Hezbollah. Hezbollah se sukses deur Israeli troepe uit Libanon te dryf, gee hulle groot aansien in die Moslem-wêreld. Wanneer ‘n Heilige God tot ons nader in ‘n ware herlewing, kom mense onder ‘n geweldige oortuiging van sonde. Die uitstaande kenmerke van geestelike ontwaking is die diepgaande bewustheid van die teenwoordigheid en heiligheid van God. - Henry Blackaby.

48

Gebedspunte: 1. T erroriste groepe word gewoonlik gevorm deur klein groepies mense wat dieselfde dryfveer en oortuiginge oor ‘n saak het. Die Libanese groep Hezbollah het 41% van Libanon se bevolking ingetrek. Bid dat die oë van alle Hezbollah-vegters oopgemaak sal word en dat die lig van Christus in hulle harte sal inskyn. Vra dat waarheid, vergifnis en die redding wat in Jesus is, hulle sal vrymaak van alle bindinge. Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons en die trou van die Here is tot in ewigheid. Halleluja! (Psalm 117:2). 2. Libanon is die grootste Soeni Arabiese land wat teen Israel veg. Hezbollah in Libanon word ondersteun deur Iran en Sirië, wat dit een van die magtigste terroriste groepe ter wêreld maak. Sommige beweer dit kan min of meer net so sterk wees as Al-Kaïda. Godsdienstige eenheid en fokus van hierdie groep is wat hulle ‘n gevaarlike en sterk vyand maak. Bid dat Hezbollah-lede se gedagtes vernuwe sal word sodat hulle wysheid kan verkry en die gesindheid van Christus sal hê en Hom alleen sal kies as enigste Verlosser. Ek, Ek alleen is die Here, en daar is geen Heiland buiten My nie. (Jesaja 43:11). 3. Vir vreedsame verhoudings tussen Hezbollah en Israel. 4. Dank die Here dat Saoedi-Arabië Hezbollah as ‘n terroriste organisasie erken het en sy befondsing vir militêre operasies in Libanon onttrek het. 5. Hou aan om te bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid vir verwarring van kommunikasie tussen die leiers en dat alle goddelose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 6. Bid dat demoniese magte wat die gedagtes van die Hezbollah groep verdonker en hulle gevange hou, vernietig sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens, (geestelik en fisiese) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8). Nasionale Vrouedag Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God. (1 Petrus 3:3-4). Bid asb. vir die Nasionale Vrouedag feesvieringe vandag. Vra dat God die eer sal kry vir Sy invloed in vrouens se lewens wanneer daar erkenning gegee word vir hulle prestasies. Bid dat vrouens hulle geloof en vertroue in die Here sal plaas. Vra vir deurbrake in gender-kwessies, veral situasies waar vrouens aan baie negatiewe invloede blootgestel word. Bid vir vrouens wat mishandel, verneder of onregverdig behandel word. Bid vir vryheid wat hulle in staat sal stel om hulle Godgegewe rolle op te neem in hulle huise en die samelewing. www.christianaction.org.za of [email protected] of 021 689 4481.

49

Woensdag

10 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: BOKO HARAM Boko Haram poog om ‘n ekstreme vorm van Islamitiese wette in Nigerië af te dwing. Hierdie groep word gelei deur Abubakar Shekau. Na sy ontstaan in 2002, het Boko Haram se toenemende radikale optrede gelei tot ‘n gewelddadige opstand in Julie 2009 toe sy leier tereggestel is. Boko Haram beteken ‘Western education is sinful’. Die groep verbied Moslems om enige iets te doen te hê met Westerse opvoeding of Westerse invloed soos byvoorbeeld o.a. om in verkiesings te stem, hemde en broeke te dra of om sekulêre onderrig te ontvang. Boko Haram het reeds meer as 20 000 mense doodgemaak, meer as enige ander terroriste groep. Gebedspunte: 1. H ierdie groep in die noordooste van Nigerië het reeds duisende mense doodgemaak, waarvan die meerderheid Christene is. Hulle het onder die aandag van die internasionale media gekom toe hulle een nag in Chibok sowat 300 meisies ontvoer het. Boko Haram militantes dwing hierdie meisies in huwelike en forseer hulle om Moslems te word. Bid vir die redding van hierdie militante, sowel as vir die kinders wat hulle as gevangenes weggevoer het. Dank die Here vir die onlangse vrylating van drie ontvoerde meisies. Vra dat die Heilige Gees hulle sal wys op die geestelike duisternis in hulle harte en aan hulle die onmenslikheid van hulle optrede sal openbaar. Mag alle aardse en menslike wysheid (Jakobus 3:11-17) openbaar en uitgeskakel word; sy krag verdryf en sy duisternis weggegooi word. Julle sal die lig in hulle duisternis wees. (Jesaja 50:10). 2. Boko Haram het hele dorpies tot die grond vernietig. In baie gevalle word al die inwoners doodgemaak d.m.v. teregstelling of deur hulle lewendig te verbrand. Roep uit na die Here vir genade vir hierdie gewelddadige mense. Bid dat die mag van haat en woede gebreek sal word en dat hulle die vryheid wat daar in Christus is sal ontdek. Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my grootgemaak. (Psalm 18:36). 3. Sedert middel 2014 het Boko Haram beheer verkry oor beduidende stukke grondgebied in hulle tuisstaat Borno, maar het nog nie die hoofstad Maiduguri (waar hulle basis oorspronklik was), in besit geneem nie. Bid dat die uitbreiding van Boko Haram na nuwe areas verhinder sal word en dat hulle op militêre vlak invloed sal verloor. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. (Psalm 37:1-2). 4. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal ineenstort en dat alle bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 5. Bid dat alle krag van demoniese magte wat die gedagtes van die Boko Haram groep verdonker en hulle gevange hou, vernietig sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam 50

en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8). Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Bid vir die beskerming van atlete teen enige vorm van ekstremisme, geweld of aanvalle. Vra dat Christene wat in Rio en by ander populêre plekke, waar die Olimpiese Spele gekyk word regoor die wêreld, elke moontlike geleentheid sal soek om van die liefde van Jesus Christus te getuig. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Donderdag

11 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: AL-SHABAAB Harakat al-Shabaab al-Mujahideen beteken letterlik ‘Mujahideen Youth Movement’ of ‘Movement of Striving Youth’. Dis meer algemeen bekend as Al-Shabaab, ‘n Jihadistiese terroriste groep wat gebaseer is in Oos-Afrika. In 2012 het hulle trou belowe aan die militante Islamitiese organisasie Al-Kaïda. In Februarie 2012, was daar konflik met Al-Kaïda en daarna het hulle vining grondgebied verloor. Die getal vegters in 2014 was ‘n geraamde 7 000 tot 9 000. Terwyl Al-Shabaab sy invloed begin verloor het en hulle getalle gekrimp het sedert die begin van die gekoördineerde operasie deur die Somaliese en die Keniaanse weermagte, gaan die groep voort om rekrute te werf en groter grondgebied te probeer beset. Gebedspunte: 1. D ie groep handhaaf opleidingskampe in die suidelike deel van Somalië. Bid vir elkeen wat verantwoordelik is vir die opleiding van jongmanne as terroriste by die opleidingskampe. Vra dat beide leiers en rekrute toegang sal kry tot Skrifgedeeltes. Bid vir ‘n gewilligheid om die Woord te ontvang en harte wat geestelik voorberei sal wees om die Skrif te ondersoek en te verstaan. (Handelinge 17:11). Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. (Romeine 8:5). 2. Die wreedheid van Al-Shabaab word geïllustreer deur die aanval in April 2015 toe meer as 147 mense, (meestal studente), doodgemaak is by die Universiteit van Garissa in NoordoosKenia. Dit is die dodelikste aanval nog deur Al-Shabaab. Hulle is ook aktief in Somalië en ander lande. Bid asb. vir hulle vir diep sondeoortuiging, om groter insig te hê van wat ‘reg’ en ‘verkeerd’ is, geestelike begrip te hê oor die waarde van menselewens en om die redes te heroorweeg hoekom hulle by die terroriste groep aangesluit het. Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil. (Spreuke 21:1). 3. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal verbrokkel en dat alle bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 51

4. B id dat alle krag van demoniese magte wat die gedagtes van die Al-Shabaab groep verdonker en hulle gevange hou, vernietig sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8). Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. (Matteus 6:33). Bid vir diegene wat betrokke is by die Olimpiese Spele se sekuriteit om onderskeiding te hê en met outoriteit te reageer op moeilikheidmakers en hulle betyds te identifiseer en te arresteer. Bid dat atlete hulle doel in die lewe sal oordink, ‘n openbaring van die Here Jesus sal hê - dat die lewe meer is as om ‘n goue medalje te ontvang, maar om Christus bo alles te verkry. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Vrydag

12 Augustus 2016

KwaMhlanga Gebedskonferensie: 12-14 Augustus 2016 My huis moet ‘n huis van gebed wees. (Matteus 11:13). Vra vir die veilige en stiptelike aankoms van die konferensiegangers en sprekers. Bid vir God se voorsiening vir die kostes van die konferensie en dat ‘n gees van gebed die konferensie sal deurdrenk. Bid dat die Heilige Gees vir alle afgevaardigdes ‘n strategie sal gee oor hoe om meer individue te mobiliseer om betrokke te raak by 24-7 gebed. Solomon Buhali, [email protected] of 083 504 4145. Die Ndengereko van Tanzanië Dank God dat daar nou reeds drie plaaslike kerke betrokke is by die Ndengereko in ‘n dorpie in Tanzanië. Bid vir hulle evangelisasie uitreike, dat mense op die boodskap van verlossing sal reageer en die aangesig van die Here sal soek. Bid vir eenheid in die nuwe kerke, dat al die interne konflikte uitgesorteer word en vir baie nuwe gelowiges om bygevoeg te word by die nuwe kerke. http://prayafrica.org of [email protected]

Alle herlewings begin en hou aan in die gebedsbyeenkoms. Party noem gebed die groot vrug van herlewing. Gedurende herlewing sal jy duisende vir ure aaneen op hulle knieë vind waar hulle met opregte danksegging tot God roep. - Henry Blackaby

52

Saterdag

13 Augustus 2016

KwaMhlanga Gebedskonferensie: 12-14 Augustus 2016 Laat die Gees julle vervul. (Efesiërs 5:18b). Vra die Here om die harte van die mense aan te raak wat die konferensie bywoon, sodat daar op meer plekke in die land dag en nag gebed gevestig sal word in die plaaslike kerke, gemeenskappe en streke. Bid vir die vervulling met en salwing van die Heilige Gees, sodat hulle toegerus sal wees vir die praktiese sowel as geestelike werk wat op hulle wag. Solomon Buhali, [email protected] of 083 504 4145. Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. (1 Korintiërs 9:26). Vandag se Olimpiese atlete dissiplineer hulle liggame deur oefeninge vir ‘n tydelike kroon (of medalje). Die belonings wat hulle ontvang het, sal na ‘n paar jaar nie eers meer onthou word nie. Vra dat atlete die aangesig van die Here sal soek en ook oor die realiteit van die ewigheid sal besin. Bid vir blywende vrug op die werk van Christen bedienings wat uitreik na diegene wat die Olimpiese Spele bywoon in Rio de Janeiro. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Sondag

14 Augustus 2016

KwaMhlanga Gebedskonferensie: 12-14 Augustus 2016 Vandag is die laaste dag van die KwaMhlanga Gebedskonferensie. Bid vir God se salwing op deelnemers wat terugkeer huis toe, sodat hulle suksesvol sal wees in die plant huise van gebed. Vra dat meer jongmense betrokke sal word by 24-7 gebed in baie meer plekke in Suid-Afrika. Bid vir God se salwing op elke persoon sodat hulle ander kan mobiliseer om betrokke te raak by gebed. Solomon Buhali, [email protected] of 083 504 4145.

Maandag

15 Augustus 2016

Fokus op redding: Onvrugbare vroue My siel smag na u heil; op u woord wag ek. My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos? Want ek het geword soos ‘n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie. (Psalm 119:81-83). Om nie in staat te wees om ‘n kind te hê of swanger te kan word a.g.v. ‘n aborsie, verkragting of ongeluk nie, is gewoonlik ‘n hartverskeurende ondervinding wat ‘n vrou of ‘n paartjie in die gesig staar. Dikwels bevraagteken sulke mense God se liefde vir hulle. Bid vir ‘n 53

dieper persoonlike verhouding met Jesus en dat hulle vanuit hierdie verhouding oorwinning oor hierdie situasie kan behaal. Bid dat hulle God se hart sal hoor vir hulle situasie en vrede sal vind, om in God se plan vir hulle lewens te glo en om nie weg te draai van die Hom af nie. Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 ...Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar toewyding aan God (eerbied vir God) is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. (1 Timoteus 4:8). Die beste aardse skool is die skool van toewyding aan God (godsaligheid). Dit het waarde vir beide hierdie lewe en ook die ewige lewe. Dit hou ons aanspreeklik vir die manier hoe ons vandag lewe. Liggaamlike oefening is voordelig; maar oefening in geregtigheid en ‘n heilige lewe is beter. Vra dat diegene wat die evangelie deel by die Olimpiese Spele, ten volle sal verduidelik wat die prys is om Jesus te volg en Sy evangelie te aanvaar. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Dinsdag

16 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: HAMAS Hamas staan vir Harakat Al-Muqawama Al-Islamia en is gevorm as ‘n subgroep van die Moslem-Broederskap om Palestina te bevry van Israel se besetting van hulle grondgebied. Hierdie groep is in 1987 gestig en is ‘n baie effektiewe teenstander van Israel. Hulle is dikwels betrokke by gewapende aanvalle teen Israel se weermag en burgerlikes. Hamas se handelsmerk is selfmoord-bomaanvalle wat uitgevoer word om Palestina vry te maak van Israel. Hamas word deur Hezbollah ondersteun en dit gebeur dikwels dat onskuldige Israelies en Palestyne doodgemaak word. Die situasie tussen Israel en Palestina is histories ‘n baie moeilike een en elkeen het sy eie siening oor wat reg of verkeerd is en waar die haat vandaan kom. Gebedspunte: 1. V olgens een bron is die meeste mense wat deur Hamas doodgemaak word manlike vegters tussen die ouderdom van (15-40). Die media veral, plaas baie klem op die doodmaak van kinders en oumense. Bid vir diegene wat geteiken word met spesifieke opdragte en aanvalle van Hamas. Bid dat hulle vooraf gewaarsku sal word deur die Heilige Gees en vra dat lede van Hamas drome en visioene sal hê waar Jesus aan hulle geopenbaar sal word en dat hulle sal wegdraai van hulle verkeerde weë en na Christus toe kom. En hy het ‘n goddelike waarskuwing in ‘n droom ontvang en na die streke van Galilea teruggekeer. (Matteus 2:22). 2. Bid vir elke persoon wat kom aanmeld om ‘n selfmoord-bomaanvaller te wees. Vra dat die Heilige Gees elke persoon wat uitgestuur word om ‘n selfmoord-bom te laat afgaan, sal aanraak. Om ‘n opdrag nie uit te voer nie is ‘n groot skande en die vernedering is so groot 54

dat jy jouself net sowel kan doodmaak. Vra dat diegene wat opdragte nie uitvoer nie, ‘n geleentheid sal hê om van die Here Jesus Christus te hoor en hulle lewens oor te gee aan Hom, selfs om deur Christene weggesteek te word en aktief betrokke te word in die prediking van die evangelie. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; sy hart is gerus, vol vertroue op die Here. (Psalm 112:7). 3. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal ineenstort en dat alle bose planne en goddelose ooreenkomste vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 4. Bid dat demoniese magte wat die gedagtes van die Hamas groep verduister en gevange hou, verbreek sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8). Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Bid vir jongmense wat atlete bewonder, dat elkeen van hulle die Here Jesus sal leer ken en hulleself geheel en al aan Hom sal oorgee en die Vader en die Seun sal verheerlik. Bid dat hulle in kontak sal kom met Christene wat met hulle kan praat en literatuur vir hulle kan gee. Bid vir die beskikbaarheid van materiaal in elektroniese formaat. Bid dat Christene regoor die wêreld hulle verantwoordelikheid sal opneem om te bid vir almal wat die Olimpiese Spele bywoon. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Woensdag

17 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: MOSLEM-BROEDERSKAP Die Vereniging van die Moslem-broers (in kort die MoslemBroederskap), is ‘n transnasionale Soeni Islamitiese organisasie wat in 1928 gestig is in Egipte deur ‘n Islamitiese geleerde en ‘n onderwyser met die naam Hassan al-Banna. Alhoewel die MoslemBroederskap meer ‘n beweging as ‘n organisasie is, is dit verklaar as ‘n terroriste organisasie deur ‘n aantal Arabiese lande a.g.v. sy betrokkenheid by terreuraanvalle en die ondersteuning van ander terreur-organisasies. Die organisasie het baie ondersteuners verkry regdeur die Arabiese wêreld en in 2012 het hulle die verkose politieke party befonds na die Rewolusie in Januarie 2011.

55

Gebedspunte: 1. D ie Moslem-Broederskap word sedert 2015 gereken as ‘n terroriste organisasie deur die regerings van Bahrein, Egipte, Rusland, Sirië, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate. Bid dat die Heilige Gees die Waarheid, dat Jesus alleen die Verlosser is, aan hulle sal openbaar en dat hulle sal verstaan wat reg en verkeerd is. Bid vir Sy verdere ingryping in die leierskap van die Moslem-Broederskap, sodat elkeen ‘n waarskuwing en oproep van die Here Jesus sal kry om weg te draai van hulle bose weë en hulleself sal oorgee aan Hom. En hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? (Handelinge 9:4). 2. Die Moslem-Broederskap se uitgesproke doel is om die Qur’an en Sunnah as die enigste bron te gebruik om die lewe van die Moslem-gesin, individu, gemeenskap en die staat te reguleer. Bid vir ‘n bonatuurlike nuuskierigheid in die harte van die lede van die organisasie om na die waarheid te soek, die Bybel te lees, te bestudeer en self uit te vind wat dit is wat hulle so heftig ‘teenstaan’. Bid dat die waarheid van die Woord hulle harte sal aanraak en dat hulle na die Here Jesus sal roep om Homself aan hulle te openbaar. Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. (Psalm 19:8). 3. Die Moslem-Broederskap word gefinansier deur sy lede. Daar word vereis dat ‘n sekere deel van hulle inkomste aan die beweging geallokeer moet word. Vir baie jare is dit deur SaoediArabië gefinansier omdat hulle sekere gesamentlike vyande en leerstellings gedeel het. Vra dat lede hulle lidmaatskap en lidmaatskapfooie sal heroorweeg. Bid dat hierdie groep se mag in die Midde-Ooste gebreek sal word in die volgende paar jaar. Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid... Hulle is begeerliker as goud.... (Psalm 19:10-11a). 4. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal verbrokkel en dat alle bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 5. Bid dat demoniese magte wat die gedagtes van die Moslem-Broederskap groep verduister en gevange hou, vernietig sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8). Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle die die Here Christus. (Kolossense 3:23-24). Bid vandag vir atlete wat nie gekwalifiseer het vir die finaal nie. Vra dat hulle hul vertroosting in God sal soek en nie sal draai na die wêreld se vertroosting of selfmoord nie. Bid dat hulle sal besef dat ons nie vir onsself lewe nie, maar vir die Here wat ons gemaak het. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics 56

Donderdag

18 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: AL-HOUTHI REBELS Die al-Houthi Rebel beweging in Jemen se wortels gaan so ver terug as die 1990’s toe ‘n politieke en parlementêre groep met die naam Believing Youth gestig is. Die leier was Hussein Badr al-Din alHouthi. Die Believing Youth in alliansie met die pro-regering al Huqq party, het probeer om Zaydism te laat herleef, ‘n Sjiïetiese sekte wat glo dat slegs afstammelinge van die profeet Mohammad wettige Moslem-leiers kan wees. Nadat Jemen se President Ali Abdullah Saleh homself verbind het met die VSA in 2001, het Hussein alHouthi homself toenemend uitgespreek teen die regering. Die groep het met massa-optredes begin wat anti-regering en anti-Amerikaans was. Die al-Houthi beweging werf hulle ondersteuners van die Zaydi Sjiïete bevolking van Noord-Jemen en is primêr aktief in die Sa’ada en Amran provinsies en word tans gelei deur Abdulmalek al-Houthi. Gebedspunte: 1. B id vandag vir die leiers van die al-Houthi rebellegroep in Jemen: dat die oë van hulle harte oopgemaak sal word oor dit wat hulle besig is om te doen en dat die Heilige Gees hulle sal oortuig van dit wat reg en verkeerd is in die oë van die Here. Verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping... (Efesiërs 1:18). 2. Bid vir elke plek waar hulle aktief is en bid dat hulle aktiwiteite in hierdie areas tot ‘n einde sal kom, dat vrede sal terugkeer na die land en gemeenskappe weer voorspoed sal beleef. Vra ook dat Christene in hierdie areas geestelik sal groei en toenemend tyd in gebed sal spandeer vir hulle land en al sy verskillende leiers. In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. (1 Timoteus 2:1-2). 3. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal verbrokkel en dat bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 4. Bid dat die krag van demoniese magte wat die gedagtes van die al-Houthi rebellegroep verduister en gevange hou, verbreek sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8).

57

Vrydag

19 Augustus 2016

R1,4 miljard tender toegeken om skip te bou Suid-Afrika se skeepsbou vennootskap “SMIT Amandla Marine and Damen Shipyards Cape Town” het ‘n tender verkry van R1,4 miljard wat 500 werkgeleenthede sal skep en die plaaslike industrie sal bevorder. Loof die Here vir hierdie werkskeppings geleentheid. Die vennootskap sal twee vaartuie bou om ondersteuningswerk te doen by die De Beers Group diamond operations in Port Nolloth in die Noord-Kaap. Die verkryging van sleepbote sal ‘n groot bydrae lewer vir beleggingsgeleenthede vir SA. Bid vir getrouheid en integriteit van almal wat betrokke is sodat plaaslike gemeenskappe werklik hieruit voordeel sal trek. http://tinyurl.com/omynz4t Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie. (1 Korintiërs 9:27). Gee dank aan die Here vir antwoorde op duisende gebede! Vra dat nuwe gelowiges gevul sal word met die Heilige Gees, sterk getuies sal word en getrou sal bly aan Jesus Christus wanneer hulle terugkeer huis toe. Bid vir die bedieninge om effektief opvolgwerk te doen en dat dit moontlik sal wees om Bybels en die nodige materiaal te voorsien aan die nuwe gelowiges. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Saterdag

20 Augustus 2016

Wêreld-Mededingingsverslag Volgens die 2015/2016 Wêreld-Mededingingsverslag, is die stand van Suid-Afrika; 140ste uit 140 lande i.t.v. die kwaliteit van wiskunde en wetenskap onderwys. Mosambiek is 133ste en Nigerië 132ste. In Afrika is Ivoorkus in die 17de plek wat hoër is as Kanada (18de) en Australië (27ste). Laat ons volhardend uitroep na die Here vir deurbrake in die onderwys in ons land. Bid daagliks vir diegene in posisies van outoriteit, vir wysheid en insig, om te weet hoe om die standaard van onderwys te verhoog. www.eighty20.co.za of [email protected] Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Bid vir veiligheid, die polisie en verkeersbeheer soos mense begin om huiswaarts te keer vanaf die Olimpiese Spele. Vra dat die wat medaljes gewen het eer aan die Here Jesus sal gee en dat die wat in hierdie tyd Jesus as Verlosser ontmoet het, lewende getuies sal wees en tot volwasse dissipels sal groei. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

58

Sondag

21 Augustus 2016

Jesus die een en enigste passie vir die jeug Dra my soos ‘n seëlring op u hart, soos ‘n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ‘n gloed van vuur, ‘n vlam van die Here. (Hooglied 8:6). Jesus, liefhebber van ons siele, laat U passie brand in die hart van die jeug van Suid-Afrika. Laat U passievolle liefde jongmense verlos van alle wêreldse bekoring en begeertes. Spesiale gebedsfokus: Olimpiese Spele 2016 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. (Filippense 4:13). Vandag is die einde van die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Bid asb. vir diegene wat hulle lewens vir God gegee het en/of buitengewone genesing, tekens en wonders, beleef het om geestelik te groei soos wat hulle terugkeer huis toe en dat hulle sal getuig teenoor hulle vriende en gesinne oor dit wat God vir hulle gedoen het. www.olympic.org/rio-2016-summer-olympics

Maandag

22 Augustus 2016

Fokus op redding: Kanker pasiënte Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. (Matteus 6:32-33). Hy het … die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. (Matteus 4:23). Om te hoor dat jy kanker het, of dit aan die begin of ‘n meer gevorderde stadium is, skok enige persoon, beide die pasiënt, gesin of vriende. As dit jyself is, mag jy baie alleen voel. Dit is immers JOU liggaam, JOU lewe. Maak nie saak hoe lief ander jou het nie; jy is alleen met God in so ‘n situasie. Bid vandag vir mense wat gediagnoseer is met kanker. Vra dat die Here hulle elkeen sal ontmoet in hulle situasie. Bid dat hulle Sy aangesig sal soek, vrede in Hom vind en dat hulle sal bid vir genesing en lewende getuies sal word tot die heerlikheid van die Here Jesus. Bid ook dat persone wat nie ‘n verhouding met Jesus het nie, tot bekering sal kom. Verwelkom die heerlikheid van die Vader: 22-25 Augustus 2016 ‘n Gebedsinisiatief bekend as die Diepsee Kano Projek, het 30 jaar gelede in die Eilande in die Stille Oseaan tot stand gekom en intussen gegroei tot op wêreldskaal, nou bekend as die All Peoples Prayer Assembly. Hierdie inisiatief bid vir die profetiese vervulling van die heerlikheid van die Vader wat die ganse aarde oordek. Vanjaar vanaf 22-25 Augustus besoek ‘n span vanaf die Eilande in die Stille Oseaan, Suid-Afrika met die tema: Verwelkom die heerlikheid van die Vader by die Suidelike Poort van Afrika. Bid asseblief dat ons Hemelse Vader op hierdie uitroep sal reageer vanuit Afrika, en dat sy heerlikheid hierdie kontinent sal oordek en al Sy planne en doelwitte vir Afrika vervul sal word. www.jwipn.com of [email protected] en 012 365 3213. 59

Dinsdag

23 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: Jemaah Islamiyah (JI) and splinter groups Die Jemaah Islamiyah (JI) is ‘n Al-Kaïda tak in Suidoos-Asië en is verantwoordelik vir die 2002 Bali-bomaanval waar 202 mense dood is. Hulle basis is in Indonesië en die groep is gestig in die vroeë 1990’s met die doel om ‘n kalifaat in die streek te vestig. Meeste van sy sleutelfigure, insluitend die geestelike hoof Abu Bakar Bashir en die Bali bommaker Umar Patek is gevang. JI is ‘n transnasionale organisasie met selle in Thailand, Singapoer, Maleisië en die Filippyne. Benewens Al-Kaïda, word daar vermoed dat die groep verbind kan word met die Moro Islamic Liberation Front. Gebedspunte: 1. B id dat meer van die sleutelleiers gevang sal word sodat die groep uiteindelik heeltemal uitmekaar sal val, ook die splintergroepe. Vra dat al die transnasionale selle in Thailand, Singapoer, Maleisië en die Filippyne sowel as die verbindings met Al-Kaïda tot niet sal gaan. 2. Bid vir die opbreek van kommunikasie onder die verskillende groepe. Vra dat enige belangstelling om aan te sluit by die groep sal verdwyn en dat die bestaande lede hulle van mekaar sal distansieer. Bid vir die verlossing van elke individu. Want daar is een God en een middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het vir almal as losprys... (1 Timoteus 2:5-6). 3. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal verbrokkel en alle bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 4. Bid dat die krag van demoniese magte wat die gedagtes van die JI groep verduister en gevange hou, verbreek sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8).

Woensdag

24 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: ABU SAYYAF Abu Sayyaf, ‘n kriminele groep wat in Sulu, die Filippyne opereer, is verantwoordelik vir gereelde ontvoerings vir lospryse. Hulle opereer in die Sulu See aangrensend aan Borneo, asook die eilande van die Sulu Eilandegroep. Hul het in 1991 tot stand gekom met behulp van geld van Al-Kaïda en is gesetel op die eilande Basilan en Jolo. Die groep het steeds ‘n verbintenis met Al-Kaïda en het onlangs ook trou gesweer aan IS. Abu Sayyaf word blameer vir terreuraanvalle in die Filippyne, bomaanvalle en ontvoerings van Christene en buitelanders. 60

Gebedspunte: 1. L aat ons uitroep na die Here dat ontvoerings sal misluk. Vra dat wanneer lospryse betaal moet word, misdadigers onkant betrap en gevang sal word. Bid dat die invloei van alle finansies wat die Abu Sayyaf terroriste groep aan die gang hou, sal opdroog. Bid ook dat die Here weerstand sal opwek in die harte van almal wat uitgenooi word om by IS aan te sluit; dat hulle oë oopgemaak sal word vir die waarheid agter die ‘droom’ wat aan hulle voorgehou word. 2. Bid vir die verlossing van elke lid van die Abu Sayyaf groep. Verklaar dan die volgende woorde oor hulle lewens uit 2 Samuel 22:3 God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos. 3. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal verbrokkel en dat alle bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 4. Bid dat die krag van demoniese magte wat die gedagtes van die Abu Sayyaf groep verduister en gevange hou, verbreek sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8). Verwelkom die heerlikheid van die Vader: 22-25 Augustus 2016 ‘n Gebedsinisiatief bekend as die Diepsee Kano Projek, het 30 jaar gelede in die Eilande in die Stille Oseaan tot stand gekom en intussen gegroei tot op wêreldskaal, nou bekend as die All Peoples Prayer Assembly. Hierdie inisiatief bid vir die profetiese vervulling van die heerlikheid van die Vader wat die ganse aarde oordek. Vanjaar vanaf 22-25 Augustus besoek ‘n span vanaf die Eilande in die Stille Oseaan, Suid-Afrika met die tema: Verwelkom die heerlikheid van die Vader by die Suidelike Poort van Afrika. Bid dat die Kerk in Afrika sal reageer en opnuut die Evangelie sal preek in die krag van die Heilige Gees wat sal lei tot die verootmoediging en redding van miljoene mense. Vra dat die visie om die heerlikheid van die Vader te sien oor Afrika die kerk sal vrymaak van die vangstrik van voorspoedsteologie, en die bou van jou eie koninkryk. Bid dat daar ‘n fokus sal wees op die vooruitgang van die koninkryk van God in al Sy veelsydige beginsels van liefde, heiligheid en ‘n gewilligheid om gemaksug en rykdom op te offer om die Evangelie te verkondig. www.jwipn.com of [email protected] en 012 365 3213.

Herlewing is nie net ‘n emosionele aanraking nie; dit is ‘n totale oorname! - Nancy DeMoss

61

Donderdag

25 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: KURDISTAN WORKERS PARTY Die groep wie se Koerdiese naam, Partiya Karkerên Kurdist (PKK) is, is in 1978 gestig en sedertdien het hulle verskeie terreuraanvalle uitgevoer in Sirië, Irak en Turkye ter wille van ‘n onafhanklike Koerdiese staat. In 1984 het die PKK begin met ‘n gewapende stryd vir onafhanklikheid teen Turkye. Baie van die gevegte het plaasgevind in Suidoos-Turkye en Anatolia. Die hoeveelheid sterftes wat toegeskryf word aan die gevegte staan ongeveer op 40 000, ingesluit is die Turkse magte, PKK vegters en burgerlikes. Die gevegte het bedaar na die arrestasie van die PKK leier en mede-stigter Abdullah Ocalan in 1999. Daar is ‘n beraamde getal van 3 500 PKK vegters in Turkye. Die PKK is as ‘n terroriste organisasie gelys deur die Verenigde Nasies (VN), North Atlantic Treaty Organization (NATO), Verenigde State van Amerika, Australië, Oostenryk, Azerbaidjan, Kanada, Irak, Iran, Frankryk, Duitsland, Nederland, Kazakstan, Moldowa, Nieu-Seeland, Filippyne, Sirië, Turkye en Brittanje. Gebedspunte: 1. H ou aan om te bid vir die ontbinding van hierdie terroriste groep. Bid dat sy momentum, visie en leierskap sal verbrokkel. Bid vir elke lid van die groep, proklameer dat die naam van die Here Jesus sal heers oor hulle harte en verstand en oor elke leuen wat hulle glo. 2. Verklaar oor hulle Psalm 18:3-4: Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God my my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. Ek roep die Here aan wat lofwaardig is en van my vyande word ek verlos. 3. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal verbrokkel en dat alle bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 4. Bid dat die krag van demoniese magte wat die gedagtes van die Abu Sayyaf groep verduister en gevange hou, verbreek sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8).

Vrydag

26 Augustus 2016

MIV/VIGS voorkoming Volgens Statistiek Suid-Afrika se Mid-jaar bevolkingsberaming vir 2015 het die hoeveelheid mense in Suid-Afrika wat leef met MIV toegeneem van ‘n beraamde 4,02 miljoen in 2002 tot 6,19 miljoen in 2015. In 2015 was ‘n beraamde 11,2% van die totale bevolking MIV+, maar die persentasie van vroue in hulle reproduktiewe ouderdom (15-49) wat MIV/VIGS positief is, is 19% hoër. Bid 62

asb. vir diegene wat met MIV/VIGS leef dat hulle geleentheid sal hê om die evangelie op ‘n baie direkte manier te hoor, dat hulle oop en ontvanklik sal wees en om hulle lewens vir die Here Jesus te gee. Bid dat hulle sal voortgaan om sinvolle lewens te leef, na hulle gesinne te kyk en dat hulle lewens God sal verheerlik. www.eighty20.co.za of [email protected] Gebed vir Libië: Kufrah Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. (Jesaja 43:19). Die suidooste van Libië bestaan hoofsaaklik uit die Sahara Woestyn. In die middel van hierdie groot woestyn is die klein Kufrah kom. As gevolg van sy posisie is Kufrah ‘n middelpunt vir handel, wettig en onwettig. Die area is bekend vir smokkelary, dwelms, mensehandel, swerwers en onwettige oorsteek van grense. Hierdie gebied word regeer deur etnies gebaseerde kartelle wat regerings en elke vorm van wetgewing minag en dikwels voortgaan met hulle handel en selfbestuur deur ‘n gedeelte van hulle wins te deel met die regering. Bid vir geestelike deurbrake in die Kufrah kom en dat die mense die Here Jesus sal leer ken deur bonatuurlike ontmoetings. Bid vir hulle vanuit Jesaja 35:4-8.

Saterdag

27 Augustus 2016

Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk Bid vandag vir al Jerigo Mure Gebedsnetwerk se personeel en hulle gesinne: vir hulle fisiese gesondheid, veiligheid en beskerming teen geestelike aanslae. Bid dat God nuwe deure sal oopmaak om gebed as ‘n lewenstyl te promoveer in hulle verskillende lewensterreine. Hou aan bid saam met ons dat gebedsmateriaal wat ons uitstuur hulle bestemming sal bereik. Ons ervaar dat o.a. die Jerigo Mure Gebedsgids en pakkies wat gepos word nie altyd by hulle bestemmings uitkom nie. www.jwipn.com of [email protected] en 012 365 3213 of 086 594 0565.

Sondag

28 Augustus 2016

7 Dae vir 7 Weke Gebedsinisiatief: 28 Augustus-16 Oktober 2016 Vandag is die begin van Jerigo Mure se 7 Dae vir 7 Weke Gebedsinisiatief. Gemeentes regoor die land het geregistreer om minstens een week vir 7 Dae te bid gedurende hierdie tydperk. As ‘n land kom ons voor die Here staan om te bid vir herlewing, die ongereddes en sosiale geregtigheid. Om jou gemeente, Bybelstudiegroep, skool of besigheid te registreer, kontak asb. [email protected] of 021 919 7988, Maan-Vry, 09:00-13:00, of registreer op die webruimte by www.jwipn.com.

63

7 Dae vir 7 Weke Gebedsinisiatief: 28 Augustus-16 Oktober 2016 God se wil vir sy kinders is om te volhard in gebed vir die geestelike ontwaking van die kerk, die redding van siele en sosiale geregtigheid. (2 Korintiërs 1:11). Die buitengewone seën van die Here op hierdie projek in 2014 en 2015 gee ons moed om vol te hou daarmee in 2016. Dink net wat die impak kan wees as die 900 stede en dorpe in Suid-Afrika betrokke kan wees in hierdie 7 Dae x 7 Weke gebedsinisiatief en almal bid vir die geestelike ontwaking van die kerk, bekering van die ongereddes en sosiale geregtigheid. Wat is 7 Days on the Wall? 7 Days on the Wall is ‘n dag en nag gebedsinisiatief wat ‘n oproep op alle Christene in Suid-Afrika maak om ernstig na God te soek: om te bid vir geestelike ontwaking, sosiale geregtigheid en redding van die nasie. Dit is ‘n dringende oproep aan duisende plaaslike kerke, gebedswake en organisasies regoor die nasie om 7 dae (168 Ure) letterlik dag en nag te bid vir herlewing in Suid-Afrika. Gemeentes is vry om betrokke te raak op enige manier soos hulle gelei voel. Hoekom wil ons 24-7 bid? Dit is God se wil dat Sy huis ‘n huis van gebed sal wees en dat Sy kinders nie slapend sal wees wanneer daar moeilikheid is nie. Mense regoor die nasie word al hoe meer ontmoedig oor die toekoms soos hulle persoonlike omstandighede toenemend uitdagend word en hulle kommer oor die regering groei. Die ekonomie groei nie vinnig genoeg sodat daar meer werksgeleenthede geskep kan word nie. Die morele verval van ons jonger generasie is sigbaar deur tiener swangerskappe en die toename in dwelmmisbruik en alkoholisme. Daar is kommerwekkende statistiek wat bewys dat kerkbesoek afneem regoor alle denominasies. Minder as 20% van ons bevolking getuig van ‘n lewende verhouding met Jesus Christus (dit is so 10 miljoen uit ons land se 50 miljoen mense). Okkultisme, spiritisme, skeptisisme, ateïsme en voorvaderaanbidding is besig om toenemend te vermeerder. Die Belofte In Jesaja 62:6-7 roep God gebedswagte om dag en nag te bid vir vrede en restourasie. Jesus sê in Lukas 18:7 dat as ons dag en nag bid, sal ons Vader regmaak wat verkeerd is. Gebedsfokusse Geestelike ontwaking (herlewing) van die kerk. (Jesaja 62:6-7). Sosiale geregtigheid. (Lukas 18:7-8). Redding van die ongereddes. (Handelinge 15:16-17).

64

Eenvoudige strategie/Voorstelle Dink daaraan om ‘n kreatiewe 24-7 gebedskamer op te sit by jou kerk, of ‘n neutrale lokaal in jou gemeenskap. Maak ‘n 24-7 “gebedsmuur” sodat gelowiges elke uur van die week kan vul om te bid. Moedig verskillende groepe in jou kerk aan om van die 168 ure te neem vir korporatiewe gebed. (Bybelstudiegroepe, selgroepe ens.). Organiseer korporatiewe gebed/aanbiddingsbyeenkomste vir die oggende en aande. Doen gebedswandelinge in verskillende dele van jou gemeenskap. Preek oor gebed en herlewing ‘n paar Sondae voor die gemeente se 7 Days on the Wall. Voorsien ‘n plek vir die jeug om hulle eie gebedsbyeenkoms te hou, ‘n gedeelte van ‘n aand of selfs ‘n deurnag van gebed op ‘n Vrydag of Saterdag. Sluit verskillende tipes van gebed soos aanbidding en getuienisse as deel van jou korporatiewe byeenkoms in. Registreer nou! Dit vat net 24 individue wat elkeen vir ‘n uur bid om vir een volle dag te bid. Indien elkeen van die 24 individue dit doen vir 7 dae, is die week gevul. Registreer asb. jou 7 Days on the Wall en ontvang meer gebedsinligting en praktiese riglyne. Kontak Jerigo Mure se kantoor by: 021 919 7988 (09:00-13:00) of 012 365 3213, www.globalprayerwatch. org/7days of [email protected] of Facebook: #7DaysOnTheWall en Twitter: @7daysonthewall

Wêreld Water Week: 28 Augustus-2 September 2016 Die jaarlikse wêreldwye vergadering vir Wêreld Water Week met die tema, Water vir Mense, vind vandeesweek in Stockhölm plaas. Bid asb. vir wysheid in die harte van Christen verteenwoordigers tydens die besprekings wat handel oor kapasiteit en die bou van vennootskappe asook die opvolg van vroeëre besluite oor die implementering van internasionale prosesse en programme i.t.v. water en ontwikkeling. Vra dat die Here baie meer Christene sal oprig om betrokke te wees by sake rakende die beskikbaarheid, suiwering en verspreiding van water wêreldwyd. http://programme.worldwaterweek.org/event/4533

’n Lewe wat groei in suiwerheid en toewyding sal ‘n meer biddende lewe wees. - EM Bounds

65

Maandag

29 Augustus 2016

Fokus op redding: Kinderlose egpare Maar die Here Here help my; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan. (Jesaja 50:7). Bid vir paartjies vir wie dit menslik gesproke onmoontlik is om kinders van hulle eie te hê, veral diegene wat al verskeie opsies en behandeling gehad het in ‘n poging om swanger te raak. Bid dat hulle die stem van die Here sal hoor en Sy doel sal verstaan vir hulle lewens. Dank die Here vir paartjies wat gewillig is om kinders aan te neem en ‘n huis te gee vir kinders sonder ouers. Bid dat hierdie pare werklik ‘n persoonlike ontmoeting met die liefde van die Vader sal hê te midde van hulle omstandighede. Bid vir meer ouers om kinders aan te neem.

Dinsdag

30 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: ARMED ISLAMIC GROUP OF ALGERIA (GIA) In Julie 1992 is die GIA, ook bekend as die Armed Islamic Group of Algeria in Algerië gevestig nadat die militêre regering van Algerië ‘n omstrede besluit geneem het om die politieke invloed van die bestaande Islamic Salvation Front te vernietig. Hierdie groep is gestig met die uitsluitlike doel om die Algerynse regering oor te neem en ‘n Islamitiese staat te vestig in Algerië. Dit is hierdie terroriste organisasie wat Air France se Vlug 8969 destyds in Desember 1994 gekaap het. Hulle probeer hulle mag en invloed demonstreer deur onskuldige mense dood te maak, bomaanvalle, toeriste te ontvoer, verkragting van onskuldige vroue en selfs kinders. Hulle ideologie is: “political pluralism is equivalent to sedition/treason.” Gebedspunte: 1. B id dat die wegkruipplekke van die sleutelfigure in die GIA gevind en vernietig sal word en dat die leiers gevang sal word. Bid vir vegters om tot insig te kom oor die sinneloosheid van dit wat hulle van plan is om te doen en dat dit gewoonlik onskuldige mense is wie se lewens verwoes word. Bid dat alle bomaanvalle, ontvoerings en verkragting sal stop. 2. Vra dat hulle persoonlike ontmoetings en drome van die Here Jesus sal hê en Sy naam sal aanroep. Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom. (Psalm 18:7). 3. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal ineenstort en dat alle planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9).

66

4. B id dat die krag van demoniese magte wat die gedagtes van die GIA groep verduister en gevange hou, verbreek sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8).

Woensdag

31 Augustus 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: ISLAMIC REVOLUTIONARY GUARD CORPS-QUDS FORCE (Iran) Die geheime en ekstreme vleuel van die elite Revolutionary Guard in Iran is nie aangewys as ‘n buitelandse terroriste organisasie deur die Verenigde State se regering nie. Hierdie hoogs geheime tak van die Islamitiese Republiek is egter uiters effektief in wat hulle doen: hulle is in kontak met, onderhou en ondersteun terroriste groepe in die gebied om Iran se politieke posisie te verbeter en om sy vyande se invloed te vernietig. Dit is hoekom die Quds Force so gevaarlik is. Onder leiding van die geheimsinnige bevelvoerder, Qassem Suleimani (genoem The Shadow Commander), is die Quds Force een van die waardevolste bates van Iran in sy missie om sy teenwoordigheid uit te brei in die Arabiese MiddeOoste. Hulle word ook gebruik om ‘n mag te vorm wat Iran in staat stel om dikwels voorskriftelik te wees t.o.v. die streek se voortdurende konflikte. Qassem Suleimani is die persoon wat agter die skerms die toutjies trek. Suleimani word deur sommige in die CIA beskou as die enkele mees kragtige operateur in die Midde-Ooste vandag. Gebedspunte: 1. B id vandag vir Qassem Suleimani. Vra vir sy verlossing en vir die vernietiging van sy planne. Bid dat sy werke aan die lig sal kom en sy mag gebreek sal word. Bid dat die name, alliansies en verbintenisse met ander sleutel-terroriste organisasies ook aan die lig sal kom en stopgesit word. 2. Vra die Here om die invloei van finansies na die groep te stop sodat hulle hul bedrywighede sal moet staak. Bid spesifiek dat beplande aanvalle sal misluk, planne voor die tyd ontbloot sal word en die krag van die organisasie sal begin verkrummel. 3. Verklaar oor die inwoners van die Midde-Ooste Psalm 37:1-2. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. 4. Bid vir die verlossing van die leiers van die groep. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal ineenstort en dat bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9).

67

5. B id dat die krag van demoniese magte wat die gedagtes van die Quds Force groep verduister en gevange hou, verbreek sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8).

SEPTEMBER 2016 Donderdag

1 September 2016

Fokus op Internasionale Terreurgroepe: Forças Armadas Revolucionárias da Colômbia (FARC) and Shiv Sena (Indië) Die enigste twee organisasies wat deur gesaghebbendes beskou word as terroriste organisasies, wat nie deur ‘n Islamitiese agenda gedryf word nie, is FARC & Shiv Sena. Die FARC is ‘n MarxistiesLeninistiese groep wat gereken word as die hoofbron van onwettige dwelmhandel wêreldwyd. Hulle vervaardig en verkoop dwelms en vernietig so miljoene mense se lewens deur verslawing. Dit het meer as 12 000 lede en ‘n onbepaalbare aantal ondersteuners, al is daar oor die hele Colombia weerstand teen die groep se aktiwiteite. Hulle sien hulself as ‘n moderne tipe weergawe van “Robin-Hood” omdat internasionale maatskappye en ryk mense afgepers word om oënskynlik ‘n beter lewe vir die armes te bewerkstellig. Daar is konstant dreigemente, afpersing, ontvoerings en moorde. Shiv Sena is op 19 Junie 1966 in Indië gestig deur Hinduhrudaysamrat Shri Balasaheb Thackeray. Die Shiv Sena groep staan krities teenoor Indiër Moslems en daar word geglo dat hulle betrokke is by ‘n terreur-komplot teen Moslems in Indië en Pakistan. Gebedspunte: 1. B id vir die redding van die leierskap van FARC & Shiv Sena. Vra dat hulle op een of ander manier hulle hand sal oorspeel en dat die armes die boosheid agter die planne van die dwelmkartel sal sien. Vra dat hulle wegkruipplekke en produksiefasiliteite ontbloot en effektief vernietig sal word. Bid dat leiers uit die veskillende bestuursvlakke van die hele dwelmnetwerk gevang sal word. Vra dat kerke met vrymoedigheid die liefde van Jesus sal bedien aan die armes in Colombia maar ook aan terroriste leiers sodat hulle verlos kan word. 2. Verklaar oor die operasies van FARC en Shiv Sena: Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die Here soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn. (Psalm 37:20). 3. Bid vir die verlossing van die leiers van die twee groepe. Bid dat kommunikasie tussen die leiers sal ineenstort en dat bose planne en verbonde vernietig sal word. Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad. (Psalm 55:9). 68

4. B id dat die krag van demoniese magte wat die gedagtes van die FARC en Shiv Sena groepe verduister en gevange hou, verbreek sal word. Weerstaan hierdie magte in Jesus naam en vra dat Hy die wat deur Satan gebind is, vry sal maak. En die God van vrede sal die satan spoedig onder julle voete verbrysel. (Romeine 16:20). Bid dat God die wapens (geestelik en fisies) nutteloos sal maak in hulle hande. Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (Psalm 58:8). 7 Dae vir 7 Weke: Besinning oor herlewing O Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele. (Psalm 8:2). Here ons roep uit na U as die hoop van ons verlossing. Ons vertrou op U om vir ons herlewing te stuur. Herstel ons en verlos ons van die bose en al ons baie sondes. Vergewe ons ons oortredings en ongeregtigheid. Wees ons genadig. [email protected] of 021 919 7988, 083 321 6909.

Vrydag

2 September 2016

Kinders met kanker bewustheid maand Bid vir kinders met kanker. Vra vir hulle redding en dat God hulle en hulle gesinne sal versterk. Bid vir finansiële voorsiening en dat die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, tasbaar sal wees in hulle lewens. Baie ouers verloor hulle werk en besighede weens hoë mediese kostes. Bid dat Christene sal bid en siekes gesond sal word orals waar hulle gaan. Bid dat hulle nie huiwerig sal wees om vir die siekes te bid nie en dat hulle God sal vertrou vir wonderwerke.

Gebedsgids per e-pos Digitale weergawe van Die Jerigo Mure Gebedsgids Jy kan die Jerigo Mure Gebedsgids ook per e-pos ontvang. Besoek ons webruimte by www.jwipn.com en teken in op die elektroniese weergawe. Die koste is R100 per jaar. Die Global Prayer Alert Die Global Prayer Alert is ‘n weeklikse gebedsgids om individue, kerke, gebedsgroepe en 24 uur gebedswake te help om op ‘n ingeligte manier te bid. Die Global Prayer Alert fokus op persoonlike, stadswye, landswye en internasionale sake. Om die Global Prayer Alert in Engels te ontvang, stuur ‘n e-pos na [email protected]. Vir die Afrikaanse weergawe, stuur e-pos aan [email protected]

69

NOTAS:

70

NOTAS:

71

NOTAS:

72