Leenwoorde en afkortings in die Afrikaanse vaktaal

s .A . Tydskrif virNatuurwetenskap en Tegnologie 3, no. 3 1984 125 Vaktaalrubriek Leenwoorde en afkortings in die Afrikaanse vaktaal D.F. Louw Inlig...
Author: Donald Gilbert
42 downloads 5 Views 292KB Size
s .A . Tydskrif virNatuurwetenskap en Tegnologie 3, no. 3 1984

125

Vaktaalrubriek Leenwoorde en afkortings in die Afrikaanse vaktaal D.F. Louw Inligtings- en Navorsingsdienste, WNNR, Pretoria Vergun my enkele opmerkings oor twee belangrike aspekte wat prof H.G. Denkhaus aangeroer het in sy onlangs gepubliseerde lesenswaardige bydrae' oor die Afrikaanse vaktaal vir meganiese ingenieurswese. 1. In die eerste plek verwys ek na prof Denkhaus se opmerkings oor wat hy noem ,,internasionale uniformiteit” by vakterminologie. Prof Denkhaus noem self twee alternatiewe by die skep van tegniese term e, naam lik die skep van ’n beskrywende term wat volkome by die taal se karakter pas, en daarteenoor die oorneem van ’n term uit ’n vreemde taal, met wysigings in ooreenstemming met die eie taal se spelreels. Die oorneem van vreemde woorde kan die voordeel he dat vakterme in ’n verskeidenheid tale minstens herkenbaar gaan wees. Daar bestaan egter twyfel oor werklik omvattende (internasionale) herkenbaarheid in die bree sin. Die betiteling ,,internasionaal” in verband met die eenvormigheid (of blote herkenbaarheid) van vakterme is miskien ’n bietjie oordrewe omdat daar meestal aan ’n beperkte verskeidenheid Wes-Europese tale (gewoonlik veral Engels, Frans en Duits) gedink word. Die gedagte van prof Denkhaus dat Afrikaanse artikels, referate en dies meer deur buitelanders begryp kan word as daar by die A frik a a n se term in o lo g ie m eer van die oorneemstelsel gebruik gemaak word, is waarskynlik te idealisties. ’n Beperkte begrip van die grafiese materiaal baat die wetenskaplike ge­ woonlik maar min as hy nie die teks self redelik goed kan volg nie. Is dit dan die moeite werd om ter wille van so ’n beperkte voordeel die taal se eie aard geweld aan te doen? Dit moet beslis as verarmend beskou word as ons Afrikaans sy kenmerkende beskrywendheid ontneem. Dieselfde beswaar sou trouens ook in hoe mate vir Duits geld, in teenstelling met byvoorbeeld Engels wat nie juis beskrywendheid as kenmerk het nie. Neem hier maar as voorbeeld hefskroefvliegtuig (teenoor helicopter en naas Hubschrauber) op die gebied van die meganiese in g en ieu rsw ese, o f ’n chem ieterm soos mieresuur/formic acid/Ameisensdure. Veral op die gebied van die geneeskunde het ons in Afrikaans pragtige beskrywende terme soos slukdermkanker, nierskrompeling, longontsteking, milt- en lewervergroting en seninghegting naas die ,,internasionaal herkenbare” ekwivalente esofagiale karsinoom, nefrosirrose, pneumonitis, splenohepatomegalie en tenorafie. Natuurlik

word daar nie daarvoor gepleit dat daar in Afrikaans uitsluitlik termskeppend opgetree moet word nie, maar daar moet tog asseblief nie ’n leenbeleid as doelwit vooropgestel word nie. Dit is trouens interessant om naas prof Denkhaus se pleidooi vir die oorneem van internasionale terme op te merk dat hy nie aan die leen­ woorde helikopter en outogiro in Afrikaans voorkeur gee nie, maar wel hefskroewer en draskroewer (as beskrywende terme) voorstel. Hierdie twee voorgestelde terme laat egter ’n te sterk Germanistiese invloed blyk. Daar word dikwels ’n neiging teengekom om in Afrikaans (asook in Nederlands en Duits) terme uit Engels oor te neem met die argument dat dit internasionale eenvormigheid as gesogte doelwit bevorder. Laat ons ons gerus afvra of dieselfde verskynsel kom in ewe groot mate in Engels sal voordoen indien nuwe begrippe die eerste keer ’n naam in Afrikaans of Duits gekry het. Daar is natuurlik terme soos zwitterioon in zwitter ion in Engels, asook dolos in Engels, maar die Britte is meestal baie gesteld op hul taal se eie aard en op hul skeppingsvernuf. Ons moet as Afrikaanssprekendes nie in die slagyster trap dat ons ons taal se wese geweld aandoen net omdat ons in SuidAfrika, naas Afrikaans, die wereldtaal Engels as amptelike taal erken nie. 2. Dieselfde slagyster het op ’n ander gebied reeds vele slagoffers geeis. Dit word weer geopenbaar waar prof Denkhaus ’n pleidooi lewer vir die gebruik van ,,internasionale” (Engelse!) afkor­ tings vir vakterme. Tot hoe ver sal prof £)enkhaus bereid wees om sy argument uit te brei? Moet die beginsel wat hy bepleit net vir afkortings van vakterme geld? Moet dit op alle vakterme van toepassing gemaak word? Indien nie, hoe moet bepaal word watter afkortings ,,internasionaal” is en watter nie? Tereg kan ’n mens hier praat van die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. Prof. Denkhaus het skynbaar geen beswaar daarteen dat root mean square in Afrikaans met wortei van die gemiddelde kwadraat (waarde) vertaal word nie, maar hy pleit vir ’n gemeenskaplike afkorting r.m.s. Ter ondersteuning van sy pleidooi verwys hy dan daarna dat laser (wat ’n akroniem is) net so uit Engels in Afrikaans (en Duits) oorgeneem is. Daar is inderdaad afkortings e n /o f simbole wat werklik as internasionaal beskou kan word. Voorbeelde is die Sl-eenhede (soos m vir meter.

126

S.A. Tydskrif virNatuurwetenskap en Tegnologie 3, no. 3 1984

K V vir kilovolt en GHz vir gigaherz), die simbole vir chemiese elemente (byvoorbeeld Fe vir yster, Bi vir bismut en H vir waterstof), die afkortings vir aminosure en allerlei ander biochemiese verbindings (byvoorbeeld A la vir alanien, Cys vir sistien, DNA vir deoksiribonukleienesuur en D D T vir dichloordifenieltrichlooretaan), en wiskundige groothede (soos sec vir secans). Hierteenoor het ons in Afrikaans op natuurwetenskaplike vakgebiede reeds baie terme wat naas hul Engelse ekwivalente bestaan met eie afkor­ tings in albei tale. Voorbeelde is: EKG (vir elektrokardiogram naas ECO (vir electrocar­ diogram)-, KM R (vir kernmagnetiese resonansie) naas N M R (vir nuclear magnetic resonance); OS (vir gelykstroom) naas A C (vir alternating cur­ rent)-, K G V (vir kleinste gemene veelvoud) naas L C M (vir lowest common multiple)-, en BSB (vir biologiese suurstofbehoefte) naas BOD (vir biological oxygen demand). Hierdie voorbeelde kan trouens vergelyk word met die tendens in die algemene spreektaal soos dit voorkom by SAU K /SABC , W NNR/C SIR, O A E /O A U en O PU L/O PEC waar ons met letterafkortings en akronieme te doen het. In die lig van die voorgaande kan ’n mens jou wel afvra waarom vloeibare petroleumgas liewer tot LPG (van liquid petroleum gas) as tot VPG afgekort behoort te word. Ook kan tog liewer EM K as afkorting vir elektromotoriese krag gebruik word as EM F (van electromotive force). Net so behoort WGK (en nie w.g.k. nie) bo RM S (en nie r.m.s. nie) verkies te word as afkorting vir wortel van die gemiddelde kwadraat. Afrikaanssprekende natuurwetenskapHkes moet onthou dat hul moedertaal in Suid-Afrika nog steeds - miskien in toenemende mate op die vakgebied, en derhalwe as taal tussen ander tale - enersyds in ’n oorlewingstryd (teen ’n wereldtaal, Engels) gewikkel is. Andersyds moet daar onverpoosd aan Afrikaans

gebou word om dit as ’n volwaardige Westerse taal naas ander wereldtale te laat pryk en dit nie te laat verskraal tot ’n taaltjie waarin net oor koeitjies en kalfies gesels kan word nie. Afrikaans, ons perel van groot waarde, moet nie in sy ontplooiing as ’n wetenskapstaal deur Afrikaanssprekende wetenskaplikes se laksheid, of deur hul oortoeskietlikheid teenoor ander tale, van sy glans beroof word nie. Wanneer die Afrikanerwetenskaplike met andertalige kollegas wil kommunikeer, kan en sal hy hom dikwels van Engels bedien (veral indien vertaale n /o f tolkgeriewe nie beskikbaar is nie). As hy egter mondelings of skriftelik met taalgenote wil kom­ munikeer, is daar nie regverdiging vir die gebruik van terme of afkortings in ander tale nie. Dan moet sy skeppingsvernuf tot uiting kom en behoort sy taaltrots hom tot taalsuiwerheid te motiveer. In ons poging om ons taal edel en suiwer te hou, behoort ons onder andere die beginsels^ te erken dat ons (a) verkieslik Afrikaanse terme skep in ooreenstemming met ons taal se aard en (b) verkieslik die Afrikaanse terme as uitgangspunt neem by die aflei van afkortings.^ Op hierdie terrein sal ons graag staatmaak op die ondersteuning van verafrikaanste immigrante uit ons Dietse stamlande, want juis hulle kan ons moedertaal uit die taalskatte van ons voorvaders help versterk.

VERWYSINGS 1. Denkhaus, H.G. (1984). Gedagtes oor die Afrikaanse Vaktaal vir Meganiese Ingerueurswese, S. A fr. Tydskr. Natuurwet. en Tegnol., 3, 6-8. 2. Hierdie sentimente word onderskryf in die ongepubliseerde aanbevelings van ’n werkkomitee wat deur die SABS saamgestel is. Die komitee se aanbevelings onder die opskrif ..Rasionalisasie van die afkortpraktyk in Afrikaans” is reeds vir oorweging aan die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns voorgele. Kyk ook opmerkings in SABS-Bulletin, 3, 18-19 (1984). 3. Nelson, H.D. (1982). Afrikaanse terminologie - probleme van en ’n uitdaging vir die analitiese chemikus, S. A fr. Tydskr. Natuurwet. en Tegnol., 1, 112-113.

Fisikaterme Nicoline Basson Nasionale Fisiese Navorsingslaboratorium, WNNR, Pretoria Sedert die verskyning van die tweetalige Fisikawoordeboek wat deur die Vaktaalburo in 1977 uitgegee is, het die Fisikawoordelys-medewerkerskomitee talle aanvullende terme versamel. Sommige bestaande terme is uitgebrei en ander is van alternatiewe of beter vertalings voorsien. Hieronder verskyn ’n lys van aanvullende of gewysigde terme waaroor die komitee tot dusver (Julie 1984) ooreenstemming bereik het en wat mettertyd aan die Vaktaalburo voorgele sal word om in ’n volgende uitgawe van die woordeboek opgeneem te word. Intussen kan hierdie lys as ’n tentatiewe aan­ vullende lys tot die Fisikawoordeboek gebruik word. LET WEL: 1) Die lys is nog nie-amptelik en lesers word versoek om konstruktiewe kommentaar asook waar

m oontlik verdere aanvullende fisikaterme aan die skrywer te stuur. 2) Die + -teken voor ’n term beteken dat die woord reeds in die woorde­ boek vervat is, maar dat ’n toevoeging gemaak word. 3) Die - -teken voor ’n term beteken ook dat die woord reeds in die woordeboek is, maar dat die term self of die vertaling daarvan vervang word. 4) Drukfoute wat in die Fisikawoor­ deboek voorkom, word nie in hier­ die lys aangegee nie.

S./l. Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 3, no. 3 1984 abrasivity n. absolute convergence + accrete v.

127

skuurvermoe absolute konvergensie . aangroei, aanset . saamgroei aangroeiing, aansetting aansetproses aansettempo 3. werking (bv. chem. en meganikd) aksiehoek-veranderlike, werkingshoek-veranderlike aksie-reaksiepaar werklike hefvoordeel (by masjiene) . byvoeging, toevoeging (alt.) aerodinamika, lugdinamika (alt.) affiene verband affiene meetkunde aggregasie, saambondeling, saampakking (alt.) hellingshoek, inklinasiehoek sighoek draaimomentum, hoekmomentum (alt.) anti-analoogtoestand antinode, buikpunt anti-unitere operator apoluun, vermaanpunt (sterrekunde) skynbare uitsettingskoeffisient boogatmosfeer boogkamer boogklim boogkolom boogval booggaping, boogstrek (alt.) boogdwaal astenosfeer atoomstrooifaktor (nie atoomverstrooifaktor) hegenergie middel middeling austenietstaal (nie oustenietstaal) hulpontlading hulpplasmagas hulpvonkstrek 1

2

accretion n. - accretion process - accretion rate + action n. action-angle variable action-reaction pair actual mechanical advantage + addition n. + aerodynamics n. affine connection affine geometry + aggregation n. angle of inclination angle of sight + angular momentum anti-analogue state antinode n. anti-unitary operator apolune n. apparent coefficient of expansion arc atmosphere (spectroscopy) arc chamber arc climbing arc column - arc fall i.p.v. arc-drop loss + arc gap arc wandering asthenosphere n. (geol.) - atomic scattering factor attachment energy average v. averaging - austenitic steel auxiliary discharge auxiliary plasma gas auxiliary spark gap + bcc (body-centred cubic) basal metabolic rate back bending background correction background suppression back-stress effect barostat n. baryon number base frequency - beam splitter (opt.) becquerel (Bq) beta-delayed transition + bin biomechanics n. (kinesiology) black hole (astron.) bleed v. (spectroscopy) + blooming n. (metall.) bond chain boronise v.

1

bsk, binnesentries kubies; rsk, ruimsentries kubies (alt.) basaalmetabolismesnelheid, basaalmetabolismetempo terugbuiging (kernfis.) agtergrondkorreksie agtergrondonderdrukking truspanningseffek barostaat bariongetal grondfrekwensie bundeldeler, straledeler (nie bundelsplitser) becquerel, Bq betavertraagde oorgang 3. vak biomeganika (kinesiologie) swartgat (sterrekunde) lek (spektroskopie) 3. blomming (metaii.) bindingsketting borecr

128 breadboard n. broken bond buffer n. 3. (buffer memory) buffered arc {spectroscopy) + bulk density (volume density) bulk relative density buoyant force burning spot burning voltage (potential difference) calibrator n.

S./4. Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologiei, no. 3 1984 poogbord verbreekte binding buffergeheue, tussengeheue gebufferde boog . hoopdigtheid 2. volumedigtheid relatiewe hoopdigtheid vlotkrag brandkol brandspanning (potensiaalverskil) 1

. kalibrator (apparaat) . yker (persoon) kanoniese ruilreel kapasitiefgekoppelde plasma kaskadehiperon, sigma-deeltjie momentummiddelpunt ladingskoppeltoestel sjarme {deeltjiefis.) sjarmonium {deeltjiefis.) verchroom verchroming digbydubbelster {sterrekunde) gesloteskil-kern newelkamer, wolkkamer (alt.) wolkbestrooiing CNO-siklus samevloeiing (dun lagies) . afloop {reaktor) 2. vryloop glywrywingkoeffisient, kinetiesewrywing-koeffisient volume-uitsetkoeffisient koersiewe krag (nie dwingkrag) koersiwiteit (nie dwingbaarheid) kollektorversterker gemeenskaplike modusverwerpverhouding versoenbare veranderlikes volkome onelastiese botsing . drukvervorming . drukvervormingsgraad . trekvervorming . trekvervormingsgraad . vloeivervorming . vioeivervormingsgraad druksterkte Compton-kant geleibandkant vektorstroombehoud-hipotese (CVC-hipotese) versterkende interfensie kontakhoek (alt.), raakhoek kontakkrag kontaktransformasie kontinue groei vou . vouing (handeling) . vouproduk (resultaat) vastelanddryf (nie drif) korrosielaag riffel korund kosmologiese konstante aftelling 1

2

canonical commutation rule capacitively coupled plasma cascade hyperon centre of momentum charge coupling device charm n. {particle phys.) charmonium n. {particle phys.) chromise v. chromising close binary {astron.) closed-shell nucleus + cloud chamber cloud seeding CNO cycle coalescence n. {thin film s) coast V. + coefficient of kinetic friction coefficient of volume expansion - coercive force - coercivity n. collector amplifier common-mode rejection ratio compatible variables completely inelastic collision + compressive strain

1

1

2

tensile strain

1

2

yield strain

1

2

compressive strength Compton edge conduction band edge conserved vector current hypothesis (CVC hypothesis) constructive interference + contact angle contact force contact transformation continuous growth convolute/convolve v. convolution n.

1

2

- continental drift {geol.) corrosion layer corrugation n. corimdum n. cosmological constant count down

S.y4. Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologiei, no. 3 1984 CPT conservation CP violation critical nucleus crosswire (graticule) (reticule) ± cusp

129

CPT-behoud CP-verbreking kritieke kern (kristalgroei) kruisdraad . spits (nie boogspits) . kelk imagnetosfeer) poolkelk keeplobbe (haelsteeri) aansny aansnywaarde siaan siaanbande, molekulere siaanbande 1

2

polar cusp cusped lobes {hail stone) cut on cut-on value cyan cyanogen molecular bands dangling bonds decant v. decimet, decuplet deconvolution n. de-emphasis (acoust.) deep inelastic scattering degeneracy pressure + degradation n.

loshangende bindings afgiet, afskink, dekanteer dekuplet ontvouing ontskerping dieponelastiese strooiing ontaardingsdruk degradering (alg.) . afbreking (bv. van molekule) . verlaging (bv. van eienskappe) 3. vermindering (bv. van energie) . afbreek (bv. van molekule) . verlaag (bv. van eienskappe) 3. verminder (bv. van energie) deltaskakeling toestanddigtheid sperlaagdikte verswakkende interferensie differensiae termiese analise (DTA) diffraksiekontras versyfer versyferaar dimensionele analise dimensionele verandering, maatverondering (alt.) diproton ontwrigtingsdekorasie ontwrigtingsdubbelbeeld ontwrigtingskant onvolledige ontwrigting ontwrigtingslynspanning ontwrigtingsknoop (nie knooppunt) volledige ontwrigting ontwrigtingskroef ontwrigtingsbron ontwrigtingspanningsveld dispersievlak 3. wegkwyn (van ’n stormsel) verkwistend (alt. in alle gevalle) dissonansie verdelingskonstante . deel . verdeel 3. skei skeivlak tweeboggelwal valstroom sleurvermindering ontvanger (by veldeffektransistor) . dryf (geleidingselektrone, geol.) 1

2

degrade v.

1

2

delta connection density of state depletion layer thickness destructive interference differential thermal analysis (DTA) diffraction contrast digitise v. digitiser n. dimensional analysis + dimensional change diproton dislocation decoration dislocation double image dislocation edge dislocation (incomplete) dislocation line tension - dislocation node dislocation (perfect) dislocation screw dislocation source dislocation stress field dispersion surface + dissipate v. dissipative adj. dissonance n. distribution constant + divide v. . . (partition) 3. (separate) dividing surface doulbe-hump barrier downdraught (meteorol.) drag reduction drain n. -t- drift n. ( ) 1

2

1

1

2

2

130

doubly-closed shell ejectile n. electric conductivity electrodeposition electroless deposition emerge v. emergency shutdown (scram) ensemble n. end-on energy dispersive analysis -I- energy dispersive spectrometer + engine n. equilibrant n. equilibration n.

S./l. Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologiei, no. 3 1984 3. dwaal (bv. frekwensie) dubbelgeslote skil uitskietdeeltjie elektriese geleivermoe elektroneerslag nie-elektriese neerslag uittree blussing, noodafsluiting ensemble, versameling entaansig energiedispersie-analise energiedispersiespektrometer (alt.) enjin, masjien ekwilibrant, ewewigsvektor . ewewigbereiking . ewewigbewerkstelliging ewewigsvorm ekwimolekulere vlak foutstreep opdragfout versuimfout etameson etanol eksajoule, EJ oordruk, oormaatdruk (alt.) eksimeer opwekkop uitsetvoeg uitdoofkontras uiters relatiwistiese limiet 1

2

equilibrium form equimolecular surface error bar error o f commission error o f omission eta meson ethanol n. exajoule (EJ) + excess pressure (in surface tension) excimer n. exciting head expansion joint extinction contrast extreme relativistic limit + Fermi golden rule fill gas (carrier gas) first forbidden transition ± fitting n. (lamp/light fitting) flash evaporator flash evaporation floating frequency float-zone melting technique force constant forward bias (as opposed to reverse bias) forward biased free electron theory freely suspended gain switching (lasers) gamma camera garnet n. gauge block (slip gauge) gauge field Gaussian unit geochronology n. gettering n. gimbal(s)/gymbal(s) n. (horol.) gimbal mount (instrum.) + glaze n. gluon n. G-parity

Fermi se goue reel, Fermi-reel (alt.) draergas enkelverbode oorgang . passtuk (attachment, auxiliary) 3. paswerk 4. toebehoorsel (mv. toebehore, toebehoorsels) blitsverdamper blitsverdamping drywende frekwensie vlotsone-smelttegniek kragkonstante positiewe voorspanning (teenoor negatiewe voorspanning) positief voorgespanne vry-elektronteorie vryswewend 2

winsskakeling (lasers) gammakamera granaat entmaat, ykblok ykveld Gauss-eenheid geochronologie gasbinding beuel(s) beuelmontasie, beuelmontering . glasys (hael) gluon (deeltjiefis.), mv. gluone G-pariteit 2

131

s .A . Tydskrif virNatuurwetenskap en Tegnologiei, no. 3 1984 - grand canonical ensemble gravimeter n. + gravitational collapse gravitational contraction + gravitational mass gravitational radiation gravitational radius (Schwarzschild radius) gravitational wave gravitino n. + gravity (gravitation) grazing angle ground-based radar ground truth {remote sensing) growth form growth hill growth rate guest phase

groot kanoniese versameling gravimeter gravitasie-ineenstorting, swaartestorting (alt.) gravitasiekrimping, swaartekrimping gravitasiemassa, swaartemassa gravitasiestraling, swaartestraling gravitasiestraal, swaartestraal (Schwarzschild-straal) gravitasiegolf, swaartegolf gravitino gravitasie, swaartekrag skramhoek grondradar terplaatsemeting(s), terplaatsewaarde(s), terplaatsewaarneming(s) groeipatroon, groeivorm groeiheuwel groeitempo kuierfase

hard sphere scattering hard vacuum hardwired logic hormonic sequence - head-on collision hearing acuity + heat engine + heat sink heavy ion physics hexad ion (axis) hole concentration {solid state) hole state host phase hydrophilic (part of a detergent) hydrophobic (part of a detergent) hydrothermal growth hypernucleus n.

hardepitstrooiing hoogvakuum vasbedrade logika harmoniese ry tromp-op-botsing (nie kop-aan-kop botsing) gehoorskerpte hitte-enjin, hittemasjien (alt.) 3. hittesink (termodinamika) swaarioonfisika heksade holtekonsentrasie {vaste toestand) holtetoestand gasheerfase hidrofiel, hidrofilies, watersoekend hidrofoob, hidrofobies, waterwykend hidrotermiese groei hiperkern

icicle lobe identity operator + ignite + illuminant

keellob (haelsteen) identiteitsoperator . ontbrand (alt.), ontsteek illuminant (sinoniem vir verligtingsbron en verligtingsmiddel) impedans(aan)passing impedanswanpas induksieduur induktiefgekoppelde plasma traagheidstelsel infrasonies binne-potensiaal instanton wisselwerkende interferensieband (alt.), interferensierand tussenboson binnebrandmasjien intervlakspasiering (alt.), tussenvlakspasiering snyhouring (kernfis.) viskositeitsloos ioonpomp onreduseerbare tensor isochories isochroonproses isoformasie

impedance matching impedance mismatch induction time inductively coupled plasma inertial frame infrasonic adj. inner potential instanton n. interacting adj./pres. part. + interference fringe intermediate boson (intermediate vector meson) internal combustion engine + interplanar spacing intersecting storage ring in viscid ion pump irreducible tensor isochoric adj. isochronic process isoformation n.

2

1

2

132 isopropanol n. isospin impurity jet technique (in nucleation) + jig junction diode {electronics) knurled knob {micrometer screw)

+ +

spuittegniek (in kernvorming) 3. setraam sperlaagdiode kartelkop

low angle boundary lowering operator lubricating fluid macrostate magnitute of a vector main sequence measure n. measure theory mechanical advantage (advantage factor) melt growth metabolic rate metrologist n. microstate midocean ridge miniaturise v, mode of vibration Monte Carlo method morphological stability muffin tin potential multi-flash photograph

makrotoestand vektorgrootte hoofreeks {astrofis.) 2 . maatreel maatteorie hefvoordeel smeltgroei mataboliese tempo metroloog mikrotoestand midseerif (nie midseerant) miniatureer vibrasiemodus, vibrasiewyse (alt.) dobbelmetode (alt.), Monte Carlo-metode morfologiese stabiliteit kolwynpanpotensiaal meerflitsfoto

logging n.

-

isopropanol isospinonsuiwerheid

gemerkte isotoop klimoperator laas laasdrumpel latente verdampingswarmte kleinste verdeling leptongetal ligand lynstruktuur lynskandering lysting (rekenaar) litosfeer 1. opname maak 2 . aanteken, opteken 3. sondeer 1. opname 2 . optekening 3. peiling, sondering kleinhoekgrens afklimoperator smeervloeistof

labelled isotope ladder operator lase V . lasing threshold latent heat o f evaporation least count (of eg. a micrometer screw) lepton number ligand n. lineament line scan listing n. lithosphere n. + log V .

+

S.A. Tydskrif virNatuurwetenskap en Tegnologie 3, no. 3 1984

narcissus effect {optics) neutral current neutronisation n. + node n. non-ferrous non-particulate activity non-peripheral collision nuclear decay ocean floor spreading (geol.) open sector cyclotron operation o f observation operational definition

byrefleksie, narcissus-effek neutrale stroom (deeitjie/isika) neutronisering knooppunt, node (alt.) nie-ferro-, nie-ysterhoudend nie-stofgedrae aktiwiteit nie-rand-botsing kernverval seevloerverbreiding oopsektorsiklotron waarnemingshandeling operasionele definisie

S.v4. Tydskrif virNatuurwetenskap en Tegnologie 3, no. 3 1984 optical pumping orbiting satellite orientation contrast osmolality n. + output n. (acoust.) + (lasers) overstability n.

optiese pomping wentelsatelliet orientasiekontras osmolaliteit 4. uitstraling (bv. klankgeraas) 5. opbrengs oorstabiliteit

PN-boundary parastatistics n. + particle . particle . elementary particle particle 3. dust particle particle beam - particulate activity pattern noise payload n. (rock, balloon) pedestal growth technique pelletron n. pendulum bob perilune n. peripheral collision petagram (Pg) phasor n. phoswich n. photochromic adj. photochromic glass - plane strain plane stress PN junction PNP transistor practicability practicality precompound process prespark curve propanol n. psychophysics pulley n. pulley system, tackle

PN-grens parastatistiek . deeltjie (alg.) . deeltjie, elementere deeltjie, kerndeeltjie 3. stofdeeltjie deeltjiebundel stofgedrae aktiwiteit (nie stofdeeltjieaktiwiteit) patroonruis drag (vuurpyl, ballon) voetstukgroeitegniek pelletron slingerbol periluun, nabymaanpunt (sterrekunde) randbotsing petagram, Pg fasor, rotor foslaag fotochromies fotochroomglas vlakvervorming (nie vlakkige vervorming) vlakspanning PN-sperlaag PNP-transistor uitvoerbaarheid praktiese uitvoerbaarheid voortussenkernproses voorvonkkromme propanol psigofisika katrol takel

1

2

1

2

Q-switch n. (lasers) quantum chromodynamics (QCD) quantum electrodynamics (QED) quark flavour

Q-skakelaar kwantumchromodinamika (QCD) kwantumelektrodinamika (QED) kwarkgeur

radappertisation (biophys.) radicidation (biophys.) radurisation (biophys.) raising operator rake angle ramp n.

radappertisering radisidering radurisering opklimoperator helhoek . afrit . oprit 3. oploop (reaktor) 4. stygfunksie (elektronika) stygfunksiegenerator, saagtandgenerator ewekansig maak ratsheid (deeltjlefts.) tempokonstante terugspring verwysingslyn kaatsreaktor reggeiseer (deeltjiefis.) Regge-baan 1

2

ramp generator randomise v. rapidity n. rate constant rebound v. reference line reflected reactor reggeise Regge trajectory

133

134

S.^. Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 3, no. 3 1984

relay lens remotely coupled remote sensing + resolution n. reverse bias voltage revolution paraboloid return beam rhombohedral adj. rime riming rotating head (of a micrometer screw)

oordraglens afstand-gekoppel afstandswaameming 3. oplosvermoe truvoorspanning omwentelingsparaboloied terugkeerbundel romboedraal rym {haelsteen) ryming (haelsteen) draaikop

seeding signature (meteorol.) scale of equal temperament scaling law + scan n. + scan V. + scanning electron microscope (SEM

bestrooistempel (weerkunde) skaal van gelykswewende tempering skaalwet aftasbeeld, skandeerbeeld (alt.) aftas, skandeer (alt.) aftaselektronmikroskoop, skandeerelektronmikroskoop, SEM verstrooivektor seevloerverbreiding (soos vir ground truth) dubbelverbode oorgang tweedeorde-oorgang skeikoeffisient, segregasiekoeffisient selftoegevoegde kern selfgelykvormigheid syaansig nw. sifelektrode seingenerator kenteken skuifvonk slankveer sagtepionlimiet soliton klankgrensknal sorbeer vonkstrek (voorkeur alt.) spektraalradiansie bolkapmodel soutingsoplossing sproei-ontlading sterskudding stereo-optika kleefkans (alt.), kleefwaarskynlikheid houring (kernfis.) spanningsdubbelbreking subsisteem supertoegelate oorgang superswaartekrag superswaarelement supernova superponeer supersimmetrie superswak wisselwerking oppervlakdelta-wisselwerking oppervlakdiffusie oppervlakkrag . oppervlakrofmaking . oppervlakrofwording oppervlakvonk oppervlakspanning (nie oppervlakspankrag)

scattering vector (crystallogr.) sea floor spreading sea truth second-forbidden transition second order transition segregation coefficient self-conjugated nucleus self-similarity side-on adj. sifter electrode signal generator signature n. sliding spark slinky spring soft pion limit soliton n. sonic boom sorb V . - spark gap spectral radiance spherical cap model spiking solution spray discharge starquake stereo-optics n. + sticking probability storage ring stress birefringence subsystem n. superallowed transition supergravity n. superheavy element supernova n. superpose (superimpose) v. supersymmetry n. superweak interaction surface-delta interaction surface diffusion surface force surface roughening

1

2

surface spark (see sliding spark) - surface tension

s .A . Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologiei, no. 3 1984 + surge n. 3 + surveyor

135

stuvlam (son) 1. landmeter . opmeter

2

tandem gap + tangent screw + tension (in state of force/tensive force + terminal n.

. .) (not pressure)/tensile

tandemstrek kruipskroef (alt.), raaklynskroef . spankrag,/reArArrag (alt.) 1

1. aansluiter (e/eA:/r.) . eindpunt (alg.) 3. pool, terminaal, (versneller) tetrade termogram termografie tetaknyp (nie tetaknypstuk) dunlagie dunlaagoptika tydrekking (nie tyduitrekking) 2

tetrad n. (axis) thermogram n. thermography n. - theta pinch thin film thin film optics - time dilatation + torque n. . n. . moment of rotation, turning moment V . 1. . torque-tighten + transient n. 1

2

2

- transient solution + transient state transport rate

1 2

. wringing, wringkrag . draaimoment

. wring . wringdraai onbestendigheidsverskynsel (alt.), oorgangsverskynsel, verbygaande verskynsel (alt.), wegsterfverskynsel (alt.) wegstefoplossing (kernfis.) (nie vebygaande oplossing) onbestendigheidstoestand (alt.), verbygaande toestand, wegsterftoestand (alt.) . transporttempo . vervoertempo triade ontlaaibare stasionere strek trigonaal ware volume-uitsetkoeffisient stel-en-heftabel, waarheidstabel 1

2

1

2

triad (axis) triggerable stationary gap trigonal true coefficient of volume expansion truth table umbilical chord (space travel) + uncertainty principle + uncertainty relation unconstrained adj. (past part.) updraught n.

ruimstring (ruimtevaart) onbepaaldheidsbeginsel (alt.), onsekerheidsbeginsel, onskerpheidsbeginsel (alt.) onsekerheidsverband, onskerpheidsverband (alt.) onbeperk stygstroom

vacuum cup electrode valence band edge Veroboard n. (electronics) viscous drag voltage gain voltage stabiliser voltametry n, volume diffusion

kapilleredop-elektrode valensbandkant Verobord (elektronika) viskeuse sleur(ing) spanningswins spanningstabiliseerder voltametrie volumediffusie

waterproof adj. wheel and axle (windlass) wick electrode working substance

waterdig windas lintelektrode werkstof

zonal development zone levelling zone melting technique

sone-ontwikkeling sonenivellering sonesmelttegniek

Suggest Documents