KYK OOK BY PT 10 (HERHALINGS):

Jaar 12 - Uitgawe 31 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za 19 September 2014 Beste Vrypossers Julle kan seker nie meer wag vir Wo...
Author: Valerie Edwards
23 downloads 3 Views 1MB Size
Jaar 12 - Uitgawe 31 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za 19 September 2014 Beste Vrypossers

Julle kan seker nie meer wag vir Woensdag 24 September 2014, nadat julle hierdie foto’s gesien het nie? (as jou verbeelding goed is, kan jy amper die rook- en vleisgeure ruik!) Dit is dan amptelik Erfenisdag, maar getrou aan die Suid-Afrikaanse kultuur, het hierdie dag ontaard in ‘n heerlike kuier om die braaivleisvuur, saam met familie en vriende! Aangesien dit dan ‘n openbare vakansiedag is, word lesers versoek om asseblief enige berigte wat in volgende week se uitgawe van Vrypos moet verskyn, teen Maandagmiddag 14:00 aan my te stuur, sodat die Vrypos Donderdagoggend gereed kan wees vir versending. Die skole sluit ook binnekort en derhalwe sal die laaste uitgawe vir hierdie kwartaal op 2 Oktober 2014 versend word.

1.

GEMEENTES BIED AAN:

KYK OOK BY PT 10 (HERHALINGS): Daar gebeur steeds ‘n klomp dinge by gemeentes in ons streek – loer gerus wat in jou omgewing aangaan! NG PELLISSIER – KARNAVAL VAN DIE VLEISVRETERS:

1

NG LANGENHOVENPARK – MANNE WAT GLO:

Dié musiekgeleentheid vind op Dinsdag 30 September 2014 om 19:00 by die kerkgebou,h/v Boerneef- en Etienne le Rouxstraat, Langenhovenpark plaas – toegang is gratis.

NG WEPENER: Dié gemeente beplan die volgende fondsinsamelingprojekte: 

4 & 5 OKTOBER 2014 – VISVANGKOMPETISIE: Kontak asseblief vir Johan Botha by 051 583 1339 indien julle meer inligting oor dié kompetisie verlang.



11 OKTOBER 2014 – GHOLFDAG: Dié geleentheid vind by die Dewetsdorp Gholfklub plaas - die gemeente benodig dringend borge vir hierdie dag. Vir meer inligting, kontak vir Jossie Bekker op 083 415 7449, of vir Hendrika van Tonder op 082 959 1880.

NG NOORDHOEK: Hou basaar op Saterdag 4 Oktober 2014 langs die Naval Hill SPAR, Raymond Mlhabastraat (voorheen Andries Pretorius) en dit begin reeds om 08:30. Hulle nooi almal uit om heerlike basaar-eetgoed soos braaivleis, skou-hamburgers, worsrolletjies, kerrie en rys, asook pannekoek, koeke, kleinkoekies, beskuit, koeksisters, poeding en nog meer te kom geniet. Kuier ook saam by hulle restaurant met koffie, tee en iets lekkers daarmee saam. Daar is ook ‘n Wit Olifant-afdeling met iets vir elkeen, onder andere oudhede en goeie boeke, lekker vermaak vir die kinders, genoeg parkeerplek, alles teen billike pryse. Gaan ondersteun gerus dié fondsinsamelingsgeleentheid! NG BERG EN DAL – KERMIS / PRETSTAP / FIETSRY:

Hierdie altyd gewilde kermis, vind op Vrydag 17 Oktober 2014 vanaf 15:00 op die kerkterrein, h/v Albrecht- en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar plaas (oorkant Willem Postma Laerskool). Hier kan jy die heerlikste eetgoed soos, braaivleis, potjiekos, koeke, beskuit, kerrie en rys, basaarpoeding, “slap-tjips”, en vele meer kom koop en geniet! Kuier saam in hul teetuin terwyl die kinders met allerlei speletjies vermaak gaan word. NB! Normaalweg vorm die jaarlikse pretstap/fietsry (5 en 10 km) ook deel van die kermis, maar dit is vervroeg na Woensdag 15 Oktober vanaf die kerkterrein om 17:30 vir fietsryers en vanaf 18:00 vir drawwers en stappers. Registrasie vind ook hier plaas en heelwat pryse kan gewen word. Eet- en drinkgoed word ook by dié 2

geleentheid te koop aangebied.

2.

3RD INTERNATIONAL MISSIOLOGICAL CONFERENCE: Hierdie geleentheid vind op Vrydag 26

September 2014 in kamer 120 van die Teologiese gebou, by die Universiteit van die Vrystaat plaas. Klik hier vir die volledige program – alle inligting rakende hierdie konferensie is by prof Pieter Verster beskikbaar, kontak hom per e-pos by [email protected], of skakel 082 375 6793.

3.

VBO-GELEENTHEDE:

KATEGESE - DIE SMARTIEBOKSIE VAN DIE KERK: Dié geleentheid vind op Maandag 22 September 2014 vanaf 09:00 – 13:00 by Kamer 120, Teologiese Fakulteit – UV, plaas. Die aanbieders is ds Jan Lubbe, drr Lyzette Hoffman en Gideon van der Watt. Die aanbieding is gratis en alle belangstellendes word uitgenooi om dit by te woon – leraars verdien 5 x VBO-punte hiermee. Registrasie: SMS D57282 en u naam @ Vrydag 19 September 2014, na 31029. TIR-WERKSWINKEL: Vir die eerste maal in al die jare se berading het ek `n “tool” om mense met seer werklik te kan help. Vinnig. Effektief. Permanent. Dit is wat ds Pieter Jordaan, een van meer as 300 terapeute, maatskaplike werkers en predikante in Suid Afrika, wat TIR (Traumatic Incident Reduction) Werkswinkels bygewoon het, getuig. Die effek hiervan is dat nuwe TIR Fasiliteerders onmiddelik hierdie nuwe “tools” wat hulle in die werkswinkels gekry het, begin toepas. Sodra hulle die effektiwiteit daarvan begin beleef (kliënte wat so vinnig, soveel beter voel) verklaar hulle sonder meer: “Ek is verslaaf!” Kom woon die volgende TIR Werkswinkel in Bloemfontein by en sluit by hierdie geïnspireerde groep TIR fasiliteerders aan. Verdien ook `n internasionaal erkende sertifikaat en 20 CPD- en VBO punte. Die aanbieder van hierdie werkswinkel is Yvonne Retief, ‘n bekende Traumaberader en dit vind vanaf 27 tot 30 Oktober 2014 plaas (lokaal sal nog bevestig word). Klik hier vir meer besonderhede (koste, betaling, ens).

4.

JAARKONSERT – cantando@bloem:

Klik ook hier vir ‘n mediaverklaring wat meer inligting oor hierdie musikale geleentheid verstrek.

3

5.

RREETTRREEAATTEE VVIIRR VVRRYYSSTTAAAATT PPRREEDDIIKKAANNTTSSVVRRO OUUEE:: Daar is nog enkele plekke beskikbaar vir hierdie geleentheid wat vanaf 3 tot 5 Oktober 2014 by Menuha (buite Bloemfontein op die Brandfortpad), gaan plaasvind. Vroue meld vanaf 16:00 op die 3de aan en die amptelike program begin die aand om 18:00 – almal vertrek weer Sondagoggend die 5de, na koffie en beskuit. Die spreker by die retreate is dr Johan Nel en die koste beloop R300pp (jy betaal slegs vir verblyf en eie vervoer, die res is ‘n lekker bederf!). Die rondawels is volledig toegerus met beddegoed, bring slegs jou eie handdoek saam. Bespreek asseblief jou plek vóór of op Donderdag 25 September 2014 by Joanie Theron, 051 406 6732 (k), of stuur e-pos aan [email protected]. Gemeentes word ook versoek om hierdie inligting onder hul predikantsvroue se aandag te bring!

6.

AKTUEEL - GODSDIENS IN SKOLE: In Beeld van 10 September 2014, het ‘n artikel deur ds Reggie Nel, hoof van Missiologie en mede-professor by UNISA, asook leraar (deeltyds) van die VGKSA gemeente te Riverlea, oor hierdie aktuele onderwerp verskyn – klik hier vir die berig. 7.

NUWE VRYSTELLINGS:

  

GESTUUR – Kerk-wees tussen gister en môre NUWE BOEK UIT DIE PEN VAN JAAP DURAND – hierin praat hy oor eenheid, versoening en geregtigheid WONDERWêRELD, ‘N OMVATTENDE BYBELSTUDIE VIR DIE KONINKRYKSTYD – Jesus se woorde in Matteus oor die koninkryk van God

Klik hier vir meer volledige besonderhede oor hierdie publikasies - vir ander inligting, onderhoudsgeleenthede, of media navrae, skakel vir Amanda van der Westhuizen by 021 864 8231, of 082 568 2768.

8.

BEROEPENUUS: 

Ds Dougy Bubb van die NG Gemeente Bethlehem-Efrata, het die beroep wat hy na die NG Gemeente Bainsvlei aanvaar het, teruggetrek en dus word die vakature weer geadverteer (pt 9).



Ds Stéphen Heyns, medeleraar van die NG Gemeente Bethlehem-Eureka, ontvang aan die einde van September 2014, emiritaat – sy afskeidspreek vind op Sondag 21 September 2014 plaas. Hy sal vanaf 1 Oktober 2014 in ‘n vastetermyn leraarspos (1jr kontrak) by dieselfde gemeente diens doen.

9.

VAKATURES: 

Kyk by pt 10 (Herhalings) vir leraar- en ander poste wat reeds vantevore geadverteer is – let op die sluitingsdatum vir die leraarspos te NG Steynsrus (19/9).



LERAAR – NG BAINSVLEI: Klik hier vir al die besonderhede. Aansoeke vir hierdie pos sluit reeds op Dinsdag 30 September 2014.



LERAAR VASTETERMYN (3JR KONTRAK) - NG VIERFONTEIN: Aansoeke word vir hierdie pos ingewag – klik hier vir meer inligting. Daar bestaan ‘n opsie om ná die drie jaar kontraktydperk, die kontrak te verleng - sluitingsdatum is Vrydag 17 Oktober 2014.



Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Amptelik - Vakatures. 4

10.

NB! HERHALINGS VAN BERIGTE: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van

Vrypos verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis! Algemeen: Psalmfees 2014 – NG Noordhoek, Bfn: 26/10 vanaf 15:30

Gemeentes bied aan: Klipkerk – Basaar: 19/9 vanaf 16:30-21:00 NG Bedelia, Welkom – aand met Gretha Wiid: 19/9 vanaf 18:00 NG Langenhovenpark – Tarentaalfees: 24/9 vanaf 08:00-13:00 NG Bainsvlei – Boere Lentedans: 27/9 vanaf 17:30 NG Dewetsdorp – Vicky Fourie: 1/10 vanaf 18:00 Klipkerk – Kersmark: 20-23/11

Kursusse / seminare / opleiding: Relevante teologies studie vir leraars/lidmate – UV: aansoeke sluit 30/9 Meestersgraad in Christelike Spirualiteit – UV: 2015 en 2016 Jeugseminaar, Tieners verhoudings en trauma – NG Langenhovenpark: 1/11 Pastorale Berading – Verliese, hartseer en rouproses by kinders – Potchefstroom: 1/11

Vakatures: Leraar, Vastetermyn (1jr) – NG Steynsrus: sluit 19/9 Orrelis – NG Kroonheuwel-Nrd: aansoeke sluit 30/9

11.

VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week,

hul verjaarsdae vier - mooi wense vir ‘n geseënde en vreugdevolle nuwe lewensjaar: 20 September: Ds George Whitehead - HOSPITAALPARK - 051 522 5146, 082 303 4098, [email protected] 21 September: Ds Stéphen Heyns - BETHLEHEM-EUREKA - 058 303 9899, 083 231 7556, [email protected] Ds George Deysel - WINBURG - 051 881 0215, 082 925 7440, [email protected] 22 September: Ds Adele Strauss - PELLISSIER - 082 934 8106, [email protected]

12.

TEN SLOTTE: Steeds in die gees van Nasionale Braaidag, kyk gerus na ‘n video-clip van Aartsbiskop Desmond Tutu wat ‘n groot ondersteuner van hierdie geleentheid is – klik hier. Dalk het iemand ‘n bietjie aanmoediging nodig! (Dankie aan Marieta Visagie van die Wes-Kaap Sinode vir hierdie brokkie)

5

Groetnis, tot volgende keer.

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821 INDIEN U OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp) AS U VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!) Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na hierdie adres

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

3RD INTERNATIONAL CONFERENCE OF MISSIOLOGY ESCHATOLOGY: LIFE AFTER DEATH PROGRAM Friday 26 September 2014 09:00 Welcome Keynote speaker: Prof Dr Siga Arles: Christian perspectives of life after death among perspectives from Islam and Hinduism 10:00 Prof Dr C Sauer: Is martyrdom the end? : How the perception of discrimination, persecution and martyrdom influences our expectations of the future 10:45 Tea 11:00 Mariana Nesbitt: The Christian perspective on the after-life in Japan 11:45 Dr A Odendaal: Perspectives from the Old Testament on Life after death 12:30 Dr G van der Watt: The Bahaï Faith: eskatological view of an emerging global religion, spiritual evolution and a new world order 13:10 Lunch 14:00 Prof Dr D Mashau: Re-imagining a church without the end: The dawn of the victorious city of God in the eschaton and its implications for city missions today 14:35 Prof Dr D Mashau and Rev Themba E Ngcobo: Christian mission in creative tension with African cosmology: A post-colonial engagement regarding life after death 15:10 Leomile Mangoedi and Dumisani Methula: Eschatology from below: From a Black and Bosadi Theological Perspective 15:45 Tea 16:00 Prof JNJ (Klippies) Krizinger: Leaving Sodom before daybreak: Apocalyptic and the dawn of Christian mission 16:35 Prof Dr Pieter Verster: Abode in heaven: Paul and life after death in 2 Corinthians 17:00 End of Conference 18:00 Dinner

TERUG NA INHOUD

TIR (TRAUMATIC INCIDENT REDUCTION) WERKSWINKEL: FOOI: R4 500 - ten volle betaalde inskrywings, teen 30 September 2014, verdien R250 afslag. R1 000 deposito word vereis en is betaalbaar teen 30 September 2014. Reëlings vir afbetaling kan getref word. 6

PLEK: Bloemfontein – spesifieke lokaal sal bevestig word. BANKBESONDERHEDE: Rek naam: Y Retief Bank: Absa Spaarrekening Rek nommer: 608 165 673 Tak: Monumentpark (NB) Verwysing: TIR Bft en u naam Vir meer inligting, kontak Karin by [email protected] of skakel 071 484 0652.

TERUG NA INHOUD

JAARKONSERT cantando@bloem: Op 30 September 2014 vind die jaarkonsert van cantando@bloem, ʼn vierstemmige koor vir volwassenes wat in 2009 deur Bouwer van Rooyen gestig is en steeds onder sy leiding staan, in die Odeion op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat plaas. Die koor tree gereeld in kerke op, maar bied juis daarom ʼn ligter program, wat hoofsaaklik uit sekulêre werke uit sy repertorium saamgestel is, vir sy jaarkonsert aan. Dit beloof om ʼn aand van ligte vermaak met ʼn groot verskeidenheid koormusiek te wees, met ondermeer Gabriella’s Song van Nilsson uit die rolprent As it is in Heaven, Halleluja van Leonard Cohen, Cent mille chansons van Frida Boccara, Java Jive van Ben Oakland, Guantanamera van Jose Fernandez Dias, Vir ʼn pepermossie van Laurinda Hofmeyer en Liedjie vir jou van Jannie du Toit. Corneil Muller en Erika Pretorius tree as gassoliste by die geleentheid op en Maretha Steyn behartig die begeleiding. Die koor sal in Junie 2015 ʼn reis na Italië en Oostenryk onderneem vir verskeie optredes in dié twee lande, maar hoofsaaklik vir deelname aan die 18de jaarlikse Alta Pusteria-koorfees in Italië se SuidTiroolgebied. Die jaarkonsert word gevolglik ter voorbereiding en as fondsinsameling vir die koor se voorgenome internasionale toer aangebied. Kaartjies is reeds beskikbaar by koorlede. Skakel 082 565 5932 vir verdere inligting en besprekings. Die konsert vind plaas by die Odeion - Universiteit van die Vrystaat, op 30 September 2014 om 19:30 @R100pp.

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – LERAARSPOS, NG GEMEENTE BAINSVLEI BLOEMFONTEIN: Die droom van die gemeente is dat almal tot bekering moet kom (Rom 10:1) Die bedieningsmodel is gebaseer op dissipelskap. Die fokus is om ‘n biddende gemeente te wees.

GEMEENTEPROFIEL: Die NG Gemeente Bainsvlei is ‘n voorstedelike gemeente aan die westekant van Bloemfontein geleë - nog plaas, nog stad. ‘n Unieke gemeente, met ‘n eiesoortige karakter wat op pad is met kerkvernuwing, maar tog ook konserwatief bly. Saam met die voltydse leraar, is ‘n volle Tentmakerleraar tans aan die gemeente gekoppel. Daar is 878 lidmate woonagtig op hoewes met 339 besoekpunte. Die ouderdomsprofiel van die lidmate is, 27% =