KERKBLAD. VAN DIE VRYE GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-MARANATA 19 de jaargang nr 2

KERKBLAD VAN DIE VRYE GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-MARANATA 19 de jaargang – nr 2 EREDIENSTE 31 Januarie 2016 PRETORIA-MARANATA – KERKGEBOU KOEKOEK...
Author: Charity Bridges
50 downloads 28 Views 2MB Size
KERKBLAD

VAN DIE VRYE GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-MARANATA 19 de jaargang – nr 2

EREDIENSTE

31 Januarie 2016

PRETORIA-MARANATA – KERKGEBOU KOEKOEKWEG, WAVERLEY: Sondag 31 Januarie 2016 10:15 17:30 Eerste Kollekte: Tweede Kollekte: Oppasdiens: Terreindiens: Poortwagters: Sondag 7 Februarie 2016 10:15 17:30 Eerste Kollekte: Tweede Kollekte: Oppasdiens: Terreindiens: Poortwagters: Sondag 14 Februarie 2016 10:15 17:30 Eerste Kollekte: Tweede Kollekte: Oppasdiens: Terreindiens: Poortwagters:

Kerkblad 31 Januarie 2016

Preeklees Ds Boon Diens van Barmhartigheid Ouer Vereniging Heilèèn vd Bout, Danelle vd Meer Reserwe: Marieke Kerkhoff Oggend: Rinus de Jager, Johan Kampman (Lize) Aand: Freek vd Berg, Jako vd Berg Oggend: Br Roelof en Sr Ronèl de Jong Aand: Br Jean en Sr Lientjie Goodey Preeklees Ds PG Boon Sending Teologiese Opleiding Anneke vd Bout, Lanadene Bron Reserwe: Marise Kampman Oggend: Johan de Vries, Johan de Vente Aand: Arnoud vd Bout, Corneel Hagg Oggend: Br Corneel en Sr Alieske Hagg Aand: Br Cobus en Sr Leani Kampman VOORBEREIDING VIR DIE HEILIGE NAGMAAL Preeklees Ds Boon Hulpbehoewende Studente Kinderfees komitee Anita Kamphuis, Elizmari vd Poel Reserwe: Anè vd Vinne Oggend: Ad Smit, Bernard vd Berg Aand: Roelof vd Berg, Jan Trollip Oggend: Br Gerard en Sr Cora Hagg Aand: Br Johan en Julia Kampman

1

Die volgende uitgawe van die Kerkblad Verskyn DV op

Sondag 14 Februarie 2016 Alle artikels, advertensies en ander inligting moet asseblief vóór of op

Maandag 8 Februarie om 19:00 by ondergetekendes ingehandig word. Sr J van de Wetering

Sr J Kampman

 082 782 8091

 012 332 1492 / 072 407 4713

[email protected]

[email protected]

Eindredakteur Julia Kampman [email protected]  012 332 1492 / 072 407 4713 Administrasie Jessica van de Wetering [email protected]  082 782 8091

KERKLIKE BURO

(Sien handboek bladsy 6)

Mededelings betreffende:  geboorte, 

aanvra vir attestate,



doopsbediening en



huweliksbevestiging asook



afkondigings

moet asb by die skriba ingedien word.

Br W Miske, Sel: 082 684 9633, [email protected] Slegs kennisgewings met betrekking tot verhuising, telefoonaansluiting en e-pos adresse kan direk aan sr Jessica van de Wetering deurgegee word. Tel: 082 782 8091 E-pos: [email protected]

2 Kerkblad 31 Januarie 2016

KERKLIKE STAND  Bevestiging van ouderling – Br Hordijk – 17 Januarie 2016

UIT DIE WOORD Tatoeëer?? “Wy jouself toe, met liggaam en siel, aan die HERE en sy groep”

Levitikus 19:28

Afgelope somervakansie op die strand het dit my opgeval hoeveel mense tatoeëermerke het. In Levitikus 19:28 lees mens: Julle mag geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Die 1983-vertaling gebruik die bekende woord tatoeëermerke. Tatoes is ‘n gewoonte wat mens vroeër veral by die heidene gesien het, maar ‘n gebruik wat deesdae hand oor hand toeneem, selfs onder mense wat hulleself Christene noem. Levitikus 19 handel oor lewensheiliging. Die refrein is: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig. God het sy volk bevry uit hulle slawebestaan in Egipte. En nou, op pad na die beloofde land, maak Hy aan hulle bekend hoe hulle nuwe lewe in die beloofde land behoort te lyk. God se volk was op pad na ‘n heidense land toe. Hulle sal nie in die nuwe land gewoontes klakkeloos kan oorneem nie. Tatoeëermerke was een van vele rougebruike wat onder die heidene voorgekom het. Hierdeur het mense die gode tevrede probeer stel. Hierdeur het hulle geprobeer om hulleself veilig te stel. Met ‘n tatoeëermerk op jou lyf was jy beskerm teen die bose geeste. So sou hulle jou nie so gou kom haal om jou saam te vat na die doderyk nie. Dit was dus ‘n soort afweermeganisme teen bose geeste. Maar die HERE is baie nugter. ‘n Tatoeëermerk bied jou geen beskerming nie, juis die omgekeerde. Jy maak daarmee jou liggaam stukkend. Ek beskerm soos geen ander. Ja God se plan was toe al gereed. Om deur die eeue heen te werk na die volkome oorwinning op die dood deur ons Here Jesus Christus. Daarom hoef sy kinders, uit angs vir die dood, hulleself nie toe te getakel het soos die heidene met hulle liggame gedoen het nie. Dit het algemeen voorgekom dat hulle by ‘n sterfgeval insnydings in hulle eie liggaam gemaak het.

3 Kerkblad 31 Januarie 2016

Ook in die tyd van die Nuwe Testament was tatoeëermerke onder die heidene gebruiklik. So het vereerders van die god Dionisius byvoorbeeld ‘n tattoo van ‘n klimopblaar (ivy-blaar) gehad. As ons in die boek Openbaring lees oor die merkteken van die bees, op hulle regterhand en voorkoppe (Openb 13:16), dan bedoel Johannes ook so iets. ‘n Tatoeëermerk of ‘n brandmerk. Daarteenoor staan dat God se kinders op hulle voorhoofde ‘n onsigbare teken van God ontvang het, waarop die naam van die Drie-enige God gegrif staan. Ons mag hier aan die doop dink. Jy is van My, sê God. En niemand ruk jou uit my hand nie! Nou die vraag: wel of geen tatoes vandag? In die Bybelse tyd het tatoeëermerke onder die heidene ten doel gehad het om te dien as ‘n afweermeganisme teen bose geeste. ‘n Soort teken wat aangedui het dat jy by ‘n bepaalde groep, kultus of afgod behoort het. Ook vandag sien mens dat tatoeëergebruike dikwels voorkom in okkulte kringe. Okkulte simbole en motiewe is baie algemeen as tatoes. En dan dink ons dus aan die 1e en 2e gebod. Hierdie tweede gebooie eis dat ons ons aandag op die HERE alleen rig. Maar nie net dit nie. As ons oor die aanbring van tatoeëermerke praat, kom ook die 6de gebod aan die orde. Jy mag nie doodslaan nie. Of positief verwoord: jy moet die lewe beskerm. As uitvloeisel daarvan leer die Skrif dat ons suinig moet wees met ons gesondheid, met ons liggaam. Permanente skade mag jy nie aanbring nie. Letterlik is jou liggaam van die HERE. Jou liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees. Die belangrikste rede hoekom mense deesdae ‘n tatoe wil hê, lê in die wens om deel te wees van ‘n groep - groepsdruk. By watter groep wil jy behoort? In hierdie hoofstuk vind ons die refrein: Ek is die HERE, julle God. Wees heilig, want Ek is heilig. Julle behoort by My, sê die HERE. Julle het my teken ontvang. Dit bepaal jou lewe. Dit gee jou identiteit. Daarvoor is ‘n tatoeëermerk nie nodig nie. Die onsigbare teken van die doop word sigbaar in jou woorde en dade. Leef vir Christus. Bly by Hom en sy gemeente, en moenie met elke wind van mode saamwaai nie. ds Pieter Boon

4 Kerkblad 31 Januarie 2016

GEMEENTENUUS Baie geluk aan Pieter & Cornelia Botha met die geboorte van julle seun Pieter Cornelis. Hy mog ook al die teken en seël van die verbond ontvang toe sy ouers hom kerk toe gevat het om gedoop te word. Ons bid die ouers God se onmisbare seën toe by die opvoeding! Ad Smit se pa is einde verlede jaar oorlede. Ons bid vir vertroosting! Nog ‘n terugslag was toe daar twee weke gelede by fam Ad & Lienette Smit ingebreek is, terwyl hulle kerk toe was. Dat sommige booswigte misbruik maak van mens se gewoonte om op Sondag trou kerk toe te gaan, is dubbel so erg. Sterkte! Dit is al ‘n rukkie gelede, maar ons wil graag alle matrieks in besonder gelukwens met julle uitslae! Ons bid julle sterkte toe vir die nuwe jaar en wat daar nou alles op julle gaan afkom. In die vorige Kerkblad het daar twee foutjies ingesluip, waarvoor ek verskoning vra. Cora Hagg en Jelte de Vries het nie in Januarie verjaar nie, maar verjaar eers in Junie. Op DV Sondag 31 Januarie word Bertha Kerkhoff 62 jaar oud. Mag dit vir u ‘n mooi dag wees. Ons bid u gesondheid en seën toe vir die nuwe lewensjaar. Op DV 1 Februarie word Trijnie van den Berg 84 jaar oud. Saam met u dank ons die HERE vir hierdie ryke leeftyd. Mag Hy u krag, geloof en gesondheid skenk ook in die toekoms! Op DV 8 Februarie word Lina van der Sluis 77 jaar. Al vele jare het die HERE u gedra in voor- en teëspoed. Mag Hy u ook in die nuwe lewensjaar beskerm en seën. Ook op DV 8 Februarie word Jellie de Jager 66 jaar. Ons dank God vir alles wat Hy geskenk het in die vorige lewensjaar, waaronder die 45ste huweliksherdenking van u en u man. Ons wens u krag en gesondheid toe vir die nuwe lewensjaar, waarin daar ‘n groot verhuising gaan plaasvind. Ek sluit af met die volgende spreuk: Wie dinge in orde maak vóór hy gaan slaap, word met ‘n glimlag wakker.

“Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie” Efesiërs 4:26 ds Pieter Boon

5 Kerkblad 31 Januarie 2016

NUUS UIT ONS SUSTERKERKE PRETORIA

Br Roelof en sr Marieta Middeljans vertrek na ons suster gemeente Maranata. Ons bid God se seën toe dat julle ook daar vrugbaar in Sy diens mag wees. Die katkisasie en bybelstudieverenigings vir die jeug het weer begin. Mag julle hierdeur die rykdom van Sy woord ontdek en toepassing vind in julle lewens. Ons dank God dat Ds Breytenbach die beroep wat ons op hom uitgebring het aangeneem het. Ds. Breytenbach is beroep met ‘n spesiale opdrag vir Teologiese opleiding en vir ampsdraers bekwaming spesiaal in ons sendings gemeentes. Br Bence Coetzer is geopereer aan sy skouer asook aan sy been. Dit is sportbeserings wat nie self wou herstel nie. Ons wens hom en Karin alle sterkte toe in die tyd van herstel na die operasie. Kobus en Heila Potgieter ondervind tans moeite en spanning in hul huwelik. Hulle is nou uit mekaar. Vir hoe lank weet ons nie, die Here alleen weet. Broeders en susters laat ons om hulle staan en hulle ook steeds aan die Here se sorg opdra. Ons het ook verneem van die afsterwe van een van br Hilko Lubbinge se ouer susters, Alie Kuiper. Sy mog die ouderdom van 80 jaar bereik. Die begrafnis het reeds in Durban plaasgevind. Ons wens br Hilko, sr Janet en die familie die Here se vertroosting toe. Ons wens br Hilko Lubbinge (1 Februarie) en sr Tineke Visée (9 Februarie) geluk met hulle verjaarsdae. Mag die Here u seën in die komende jaar met gesondheid en lewensvreugde. Ons hoop u geniet die dag saam met u familie en vriende. Nms die Kerkraad

AFSTERWE

KAAPSTAD

Dit het die HERE behaag om op Maandag 7 Desember 2015 sr Tini Meijering tot Hom te neem op die geseënde ouderdom van 93 jaar. Sy was gedurende 52 jaar ‘n lidmaat van ons gemeente. Sy het in volle vrede heengegaan. Mag die God van alle vertroosting sr Truus en die ander kinders, kleinkinders en verdere familie naby wees en omring met sy troue troos en liefde. 6 Kerkblad 31 Januarie 2016

SIEKES Sr Janetta Boessenkool is op Sondag 22 November 2015 in die hospitaal opgeneem weens akute kolonontsteking. Sy het die Maandag daarop ‘n ‘CT scan’ ondergaan. Daarna kon sy weer huistoe gaan. Br Pieter van der Lugt was in November 2015 ook ʼn paar dae in die hospitaal vir observasie, weens die eienaardige sensasie in sy bene en ook ander vreemde verskynsels in sy liggaam. Die toetse het uitgewys dat dit waarskynlik veroorsaak word deur te hoë ystervlakke in die bloed. Daar word probeer om dit onder beheer te kry. Sr Jose van der Merwe moes opnuut in die hospitaal opgeneem word weens chroniese blaasontsteking wat ook elke keer haar suiker deurmekaar maak. Sy is baie swak en beweging is vir haar beperk. Ons dra haar en br Ben van der Hout op aan ons hemelse Vader vir die herstel van tannie Jose en dat oom Ben op sy hoe ouderdom die kragte mag ontvang vir die bystand. Annemarie Antuma is op Sondag 22 November 2015 aan haar voet geopereer vir twee gebreekte tone. Die operasie was voorspoedig en die gips kon weer afkom. Dit was egter ‘n lelike ongemak tydens die vakansie. Sr Jannie Buenk is op Woensdag 2 Desember in die Durbanville-hospitaal opgeneem. Daar is eerder hartversaking en nierversaking by haar gediagnoseer. Sy het ook koors gehad a.g.v. ‘n nierinfeksie en daarom het die dokter dit goedgedink as sy ‘n paar dae opgeneem word vir die nodige toetse en behandeling. Gelukkig het ons haar later weer in die kerk opgemerk. Ons dra hierdie senior suster aan die sorg van ons hemelse Vader op. Sr Diny Mulder het, reeds gou nadat sy in haar nuwe woonplek in Huis Boland ingetrek het, haar bobeen gebreek. Sy is daaraan geopereer en is daarna in die siekeboeg van haar blyplek opgeneem. Ongelukkig het ‘n swelling op die been ontstaan en sy moes toe weer hospitaal toe gaan. Ons wil hierdie suster aan die Here opdra en bid dat sy gou mag herstel en weer uit die hospitaal ontslaan kan word. Sr Helga van Vondel het geval en haar pols gebreek. As gevolg daarvan moes sy ‘n operasie ondergaan. Ons dra ook vir haar op aan die sorg van ons hemelse Vader en bid vir herstel.

VEELS GELUK Gedurende die afgelope vakansie het br Bert Mars en sr Christine Lubbinge asook br Guido van den Bout en sr Anika Miske verloof geraak. Veels geluk en ons wens julle die Here se seën toe op pad na die huwelik. 7 Kerkblad 31 Januarie 2016

Dan ook nog hartlike gelukwense aan br Leonard en sr Carike Heydenrych (Byker) wat in Desember in die huwelik getree het. Mag die Here julle gesamentlike pad vorentoe seën.

DOOPSBEDIENING Owen Robert, seuntjie van br Dean en sr Marjanie McConnell mog op Sondag 29 November 2015 die teken en seël van God se Verbond met ons ontvang. Wat ‘n voorreg om ‘n kind van God te mag wees! Sterkte met die opvoeding van Owen tot eer van sy Naam.

SIMPATIE Op Donderdag 3 Desember 2015 het die Here sr Redi Antonides se skoonmoeder tot Hom geneem op die geseënde ouderdom van 99 jaar. Mag Hy sr Antonides, haar kinders en verdere familie ryklik vertroos.

WELKOM Welkom terug aan srs Alieke Hoving en Nadia Mulder, wat vir ’n jaar oorsee was vir au pair-werk in Nederland en Amerika onderskeidelik. Mag julle gou weer jul plek vind in die gemeente.

TOT SIENS Ons moet ongelukkig tot siens se aan ‘n hele paar lidmate: Br Oane en sr Hermien Visser het, na 48 jaar in ons gemeente, vertrek na Centurion waar hulle by hul dogter Ellen en haar gesin gaan woon. Br Leonard en sr Carike Heydenrych het na Engeland vertrek waar hulle vir ongeveer twee jaar gaan werk en studeer. Br Henk Bouwman is weer terug na die Pretoria-Maranata-gemeente, waar hy weer ingeval het by hul familie se besigheid. Sr Jolanda Hoving het ook vertrek na die gemeente Pretoria-Maranata; sy gaan haar studies in Pretoria voortsit. Br Gerrit van Renssen het ‘n tydelike werk gekry op ’n plaas by Naboomspruit. Ons hoop dat dit met almal goed mag gaan; ons dra almal op aan die sorg van die Here en wens hulle sy seën toe.

EKSAMENUITSLAE Veels geluk aan al ons matrikulante van 2015 sowel as die ander jongmense wat studeer en nou klaar studeer het, met goeie uitslae wat behaal is! Ons wens hulle sukses en die seën van die Here toe op julle pad vorentoe. Alle lof en dank aan Hom wat ons ryklik geseën het met soveel talente! 8 Kerkblad 31 Januarie 2016

JOHANNESBURG Na die heerlike Desember vakansie is almal weer uitgerus en veilig terug by die huis. Ons kan weer inval by ons gewone roetines. Skole het weer begin en mense gaan weer werk toe. Die kerklike aktiwiteite het ook weer begin met katkisasie en Sondagskool vir die kinders en bybelstudie-groepe vir die volwassenes Afgelope Sondag het ons in die oggenddiens gehoor dat die Here gewone mense gebruik om sy boodskap uit te dra toe Jesus die Samaritaanse vrou betrek het om die evangelie in Samaria te bring. In die aanddiens het ons gehoor dat God vrugte van die geloof by sy kinders wil sien maar dat God self ons instaat stel om goeie werke te doen en dat Hy boonop ons goeie werke wil beloon met geloof sekerheid en 'n belofte van ‘n ewige lewe Die gemeente groei! Br en sr Wolter en Annamarie is ryklik geseën met twee gesonde dogtertjies, Elise en Lydia – baie geluk! Annamarie se ma het spesiaal ingevlieg om hulle te ondersteun. Hierdie maand fokus ons op ons studente (#StudentsMustStudy). Arno Snijder gaan Bsc. Mediese wetenskappe studeer, met die oog om eendag dokter te word. Ruan Snijder sit sy studies voort in aktuariele wetenskappe en begin hierdie jaar met sy honeurs. Gerda Hamming sit haar derde jaar in verpleging voort. Marlien Boessenkool sit haar tweede jaar in dieëtkunde voort by Tukkies. Willemien Postma voltooi haar laaste jaar by CTU. Baie sterkte toegewens aan die studente en mag julle goeie resultate ontvang op julle harde werk Br en sr Cobus en Marlies se jaar het vol verassings begin nl. ‘n baie hoë kragrekening (#FeesMustFall), baie hoë water rekening, en baie hoë motor instandhoudingsrekening! Ons dink aan Sr Gé Hoogers wat ‘n paar weke nie in die kerk kon wees nie vanweë ‘n maag probleem; asook aan Sr Marjan Bijker wat baie pyn die afgelope tyd verduur het.

9 Kerkblad 31 Januarie 2016

NUUS VANAF GKSA SINODE TERUGVOER – SINODE GKSA Terugvoer oor die Buitengewone Algemene Sinode van die GKSA op DV 31 Januarie 2016. Julle is welkom om dit by te woon. Plek: GK Oos-Moot. Tyd: vanaf 19:45. Opening 1. Oorsigtelike inleiding van die aanloop tot die sinode en wat op die sinode hanteer is 2. Die onontvanklikheid van ‘n appèl en beswaarskrifte wat ingedien is 3. Die taalkwessie 4. Die hantering van die beswaarskrifte rondom die Spesiale Sinode 5. Die hantering van die beswaarskrif teen vroue as diakens 6. Die hantering van die bewaarskrifte vir vroue in die amp van ouderling en predikant 6.1. Die wyse waarop die beswaarskrifte hanteer is – onderskeie kommissies met ‘n kommissie wat sinchroniseer het 6.2. Kommissie rondom praktiese uitvoerbaarheid 6.3. Kommissie rondom openbarings-historiese sake 6.4. Kommissie rondom eksegese van 1 Kor 14 6.5. Kommissie rondom eksegese van 1 Tim 2 6.6. Kommissie rondom kerkregtelike aspekte 7. Die uitkoms van die sinode se uitspraak en die betekenis daarvan vir die kerklike lewe, ook wat ons bande ekumenies betref Afsluiting

10 Kerkblad 31 Januarie 2016

ADVERTENSIES

Vacancy: Chief Executive Officer A vacancy has arisen within Khothatsong Aids Committee for the position of Chief Executive Officer. Khothatsong is a well-established, though small faith-based organisation, engaged in caring for people infected or affected by HIV/AIDS in Pretoria, South Africa. Capacity: Location: Responsible to:

Part Time Soshanguve, New Eersterus and Pretoria Khothatsong Board

Key functions As Head of Khothatsong the Chief Executive Officer will:  Be fully responsible for the efficient running of Khothatsong and exercise the necessary leadership to ensure the achievement of targets and objectives as set out by the Board  Together with the Board, contribute to the development and implementation of strategic direction of Khothatsong  Build on Khothatsong’s good standing in the community  Maintain good corporate governance Key Responsibilities  Strategic management  Human resource management  Fundraising  Public relations management  Financial management  Operational management Essential Qualities  Committed and active Christian  Enthusiasm for and commitment to the aims of Khothatsong Aids Committee 11 Kerkblad 31 Januarie 2016

 Effective communicator in English and preferably one or more other South African languages  Self-driven  A leader, who can represent Khothatsong effectively with donors and partner organisations  Ability to teach and train  Administratively strong  Driver’s licence Qualifications/experience  Degree in social work, nursing or related field  Managed a team/department for at least 3 years  Fundraising/marketing experience  Knowledge and work involvement with HIV/AIDS would be beneficial Persons interested in this position can request a full job description from [email protected] or email their application with a copy of their CV and copies of their educational certificates, as well as a covering letter of motivation. Closing Date: 31 March 2016

Khothatsong Aids Committee reserves the right not to fill this vacancy. An application will not in itself entitle the applicant to an interview or appointment.

 Die Thusano Beursfonds bied aan: ‘n Kursus oor Leermetodes Datum : Tyd : Plek : Spreker :

13 Februarie 2016 08h45 vir 09h00 Pretoria Kerksaal Saskia Meyer

Indien u belangstel, kontak asseblief vir Christien Agema by 076 6432 808 of stuur ‘n e-pos aan [email protected] NS. Alle persone wat ‘n beurs van die fonds ontvang, moet hierdie lesing bywoon.

12 Kerkblad 31 Januarie 2016



Wanneer gaste van vêr die RSS besoek, slaap hulle oor in die gastehuis wat op die studiesentrum se grond geleë is. Hierdie gaste is dikwels dominees/sendelinge wat vir ‘n sekere periode vrywillig vir die RSS kom werk. Om die gastehuis onafhanklik te laat funksioneer, benodig die studiesentrum heelwat items vir die inrigting van die gastehuis. Die RSS is afhanklik van skenkings en, indien u hiertoe geroepe voel, sal ons dit waardeer as u met die volgende skenkings kan help. U is welkom om die item self aan ons te gee (tweedehandse items is ook welkom) of ‘n kontantbydrae te maak. Benodighede vir die kombuisie en badkamer:                 

tweeplaatstofie potte en panne (slegs een pan is voldoende) eierspaan, opskeplepels, kaasrasper, skerp messies, broodplank, skêr eetgerei (‘n stelletjie wat aan ‘n staander hang is baie handig) teelepeltjies en koekvurkies afdroogdoeke, vatlappies, lappe besem servethouer staander vir kombuishanddoekpapier broodrooster ketel klein yskas (verkieslik met ‘n vriesgedeelte) matjie vir die ingang van die gastehuisie (verkieslik van donker kleur) 6 kort glase 1 mengbak enige mandjies waarin items maklik gestoor kan word toiletrolhouer/staander

Benodighede vir die leefarea (hier slaap gaste en word ook aandete geniet):      

4 slaapkussings “duvet covers” (die kleurtema vir die leefarea is rooi en bruin) 2 bedlampies 2 bedlampies wat kan vasknyp aan die kant van ‘n bed (daar is ‘n stapelbed waarin ons dit wil kan vasheg) 4 eetkamerstoele (tuinstoele is ook welkom) ‘n hangkas

Benodighede vir die RSS self:   

3 gemakstoele 1 mat (verkieslik van donker kleur) enige huisplante en potplante om die RSS gesellig te maak is meer as welkom

Baie dankie vir u hulp in hierdie verband. Elke skenking maak dit vir ons makliker om die Evangelie van Christus aan die wêreld te bring. Indien u graag ‘n skenking wil maak, kan u Helga de Vente kontak:  084 563 9002  [email protected] 13 Kerkblad 31 Januarie 2016

14 Kerkblad 31 Januarie 2016

Vir enige inligting en die inskrywingsvorm, kontak Magdel van Wyk by [email protected] 15 Kerkblad 31 Januarie 2016

Die Emmaϋskursus begin weer! Die Emmaus kursus vir 2016 sal binnekort begin. Dit is ’n basiese kursus oor die Christelike geloof. Dit kan wees dat jy iemand ken wat graag meer wil leer, of dalk wil jy self weer teruggaan na die ‘basics’ van die Christelike geloof en leer hoe om met ander mense daaroor te praat. Hierdie kursus sal dan nuttig wees!

Program: DATUM (Maandagaande) 8 Feb (opening) 15 Feb 22 Feb 29 Feb 7 Maart 14 Maart WOENSDAG. 16 Maart 21 & 28 Maart 4 April 11 April 18 April 25 April 2 Mei 9 Mei 16 Mei 23 Mei 30 Mei

ONDERWERP 1. God bestaan en Hy is belangrik 2. Ons het God nodig in ons lewe 3. Jesus: sy lewe 4. Jesus: sy sterwe 5. Jesus: sy opstanding 6. Die Heilige Gees 7. Christen word Geen kursus 8. Leer bid 9. Bybel lees 10. Lid wees van ‘n kerk 11. Lewe volgens God se wil Geen kursus 12. God dien 13. Jou geld of jou lewe 14. Leer om lief te hê 15. Geloof deel

Belangrike inligting: -

Die Emmauskursus OPPAD bestaan uit 15 byeenkomste, verdeel oor 3 modules.

-

Die eerste 5 aande begin ons met ’n gesamentlike maaltyd. Die maaltyd begin om 18:30 en die kursus begin steeds om 19:30.

-

Die aande duur tot so 21:00. Na die tyd is daar geleentheid om nog iets te drink.

“As gevolg van die kursus het ek en my sussie gedagtes gevorm oor ons God. Sy bestaan, Sy Seun Jesus Christus -ons Verlosser- en die Heilige Geeswat in ons woon. Aand na aand en week na week was ons emosies gevul met verwondering van hoe geseënd ons is om Christene te wees, en om onsself verbondskinders te kan noem.” (deelnemer aan Emmaüs) 16 Kerkblad 31 Januarie 2016

As jy belangstel, meld jouself aan by een van die medewerkers: Adriaan Aartsma ([email protected]), Pieter Boon ([email protected]), Hilde Kamphuis ([email protected]), Cornelia Kerkhoff ([email protected]), Saskia Snijder ([email protected])

BEDANKING

17 Kerkblad 31 Januarie 2016

KOTHUISMARK 2015 Die afgelope mark was weereens ‘n reuse sukses!!! ‘n Donasie is gedoen aan Sungardens Hospice. Die mark het R19 660.00 oorbetaal en die kombuis van R12 700.00 = Fantastiese bedrag van R32 360.00!! Sonder u medewerking en ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het nie, daarom wil ons ALMAL bedank. ‘n Besondere dankie aan Tineke Kerkhoff wat die kombuis oorgeneem het. Julle het BAIE goed gedoen!!! Weereens dankie aan Gerrit Bouwmeester vir die leen van die tafels, en natuurlik aan al ons uitstallers en getroue klante. As die Here wil, hoop ons om weer aan die einde van die jaar ‘n mark te reël. Ons is gevra om die jaar vir Khothatsong te ondersteun. Nogmaals BAIE DANKIE Julia Kampman en Gonnie Agema



18 Kerkblad 31 Januarie 2016

Gesamentlike diens op Kersdag: Die opbrengs van die kollekte vir Khothatsong Pleegsorg was: R 3798.30. Ons dank ons Hemelse Vader, dat ons mag verder gaan in die uitreiking na behoeftige kinders. Ons 2de Pleegsorghuis is op 23 November 2015 vir 2 baba-seuntjies geopen. Kinders, wat geen agtergrond of familie het nie. Is dit nie ryk nie, dat ons hulle kan leer dat God hulle nooit verlaat nie? Liefde en sorg sal oorvloedig wees. Hulle mag hul tuiste vind in die Kerkfamilie. Dankie vir U ondersteuning. Nms Khothatsong Pleegsorg T. Visée

 Wie sal `n bietjie van sy tyd wil gee vir Khothatsong Pleegsorg? Wat behels dit? 1. Instaan vir die projekleier in geval van vakansie of siekte I. Die huismoeders word weekliks besoek vir ondersteuning 2. Tydens die periode telefonies bereikbaar wees 3. Bywoning van Pleegsorg vergaderinge en maak van notules II. Vergaderinge word in die aand gehou. Word by een van die lede gereël. 4. Kommunikasie wees vir die Jeugsentrale om aktiwiteite te reël tydens die skoolvakansies. By enige navrae, kontak: T. Visée Tel: 012 335 9867 Sel: 078 333 2446

19 Kerkblad 31 Januarie 2016

Verjaarsdae… Baie baie geluk!!

31 Januarie

Lynette Bouwman

31 Januarie

Sr Bertha Kerkhoff

Februarie

Lamè Snippe

1 Februarie

Sr Trijnie vd Berg

3 Februarie

Sr Lynette de Jager

3 Februarie

Lourens Postma

6 Februarie

Sunè de Jager

7 Februarie

Br Andrè vd Veen

8 Februarie

Jonatan Boon

8 Februarie

Sr Jellie de Jager

8 Februarie

Sr Lina vd Sluis

9 Februarie

Sr Marlise Bouwman

10 Februarie

Br Fanie Bosman

10 Februarie

Br Wolter Miske

11 Februarie

Sr Marian de Jager

11 Februarie

Herman Lemke

20 Kerkblad 31 Januarie 2016

ROOSTERS Oppasdiens

21 Feb

Heilèèn vd Bout, Zandri Bron,

Reserwe: Renette Miske ,

Talitha Miske

Christa Miske

28 Feb

Marietjie Bouwman, Marillie Pouwels

Reserwe: Marlouise vd Meer

6 Maart

Anneke vd Bout, Marlise Bouwman

Reserwe: Lydia Boon

Nagmaal

Baie dankie vir almal wat help met kinders oppas. Let wel: As jy nie die betrokke datum kan oppas nie – moet asb. nie met die reserwe ruil nie. Die reserwe oppasser is op die rooster vir ingeval daar te veel kinders is wat opgepas moet word. Indien daar iemand is wat van die lys afgehaal wil word, kontak my gerus. Meisies word op die lys gesit in die jaar waarin hulle 12 word. As daar nog vroue of meisies is wat wil help, laat weet my asseblief. Anita Kamphuis

Terreindiens Verander aan name weens nagmaal die 21ste Februarie!!! DATUM 21 Feb Nagmaal 28 Feb 6 Maart

OGGEND Armandt Lemke Jaco vd Meer Jans Kampman Eppie Kampman Arnold vd Bout Louw Kampman

AAND Stefan Pouwels Marko Lemke Dian Conradie Hanno Kampman Gerrit Bouwmeester Francois van Ginhoven

KAROPPASSERS: Ons wil net alle karoppassers inlig dat Cor de Geus vir die volgende paar maande waarneem. Tel: 073 292 2062 21 Kerkblad 31 Januarie 2016

Poortwagtersrooster Oggend

Aand

21 Feb

Br Wim en Sr Harriët Hofsink

Br Ferdie en Sr Bertha Kerkhoff

28 Feb

Br Marko en Sr Janneke Lemke

Br Kor en Sr Michelle Miske

6 Maart Br Wolter en Sr Anita Miske

Br Harry en Sr Wilma Pouwels

Die Kosprojekrooster 17 Februarie A. Roose A. van Houwelingen C. Ros

16 Maart F. Luijk C. Hagg M. Smit

Indien u nie die betrokke dag beskikbaar is nie, ruil asseblief met iemand uit die volgende groep!

Kosprojekgroete

KOFFIE EN TEE: Sondag 31 Januarie GROEP 2 Julia Kampman, Marian de Jager, Janneke Moes, Mandie Bouwmeester, Machteld Bouwmeester, Sonja van den Bout, Linel van der Veen, Lize Kampman, Mya Kampman, Annelie van der Vinne. Sondag 14 Februarie GROEP 3 Bertha Kerkhoff, Lienette Smit, Elaine van der Poel, Jenny Sterk, Hermien de Jager, Janneke Lemke, Margriet de Jager, Jeanne Smit, Leoni Smit, Cora Hagg, Hendriët Pouwels, Eugenie Smit. 22 Kerkblad 31 Januarie 2016

VOORBIDDINGSROOSTER Week 31Januarie tot 14 Februarie 2016

Rampe en wêreldgebeure

Huwelik en gesin

     

Aardbewings en ander natuurrampe Oorloë Midde Ooste Hulpverlening by rampe (bv Rooi Kruis) Onderdrukte volke Wêreldpolitiek

      

Liefdestroue Verhouding met God Gesinsvorming Kinderlose egpare Huweliksprobleme Kinders in gebroke huwelike Die wat nie getroud is nie

KALENDER

13 Februarie 5 Maart 8 Feb – 30 Mei

Kursus oor Leermetodes GKSA Sustersaamtrek - Bronkhorstspruit Emmaϋskursus

23 Kerkblad 31 Januarie 2016

BYBELSTUDIE VERENIGINGS Kleinjeugvereniging “In Gods Hand” 31 Januarie 7 Februarie 14 Februarie

1 Konings 2 1 Konings 3- Les 3 1 Konings 5 en 6 – Les 4

Danelle vd Meer Andrè Visser Iwan de Jong

Kleinjeugvereniging “Ligdraers” 31 Januarie 7 Februarie 14 Februarie

1 Konings 2 1 Konings 3- Les 3 1 Konings 5 en 6 – Les 4

Marise Kampman Herman Lemke Jean Visser

Vrouevereniging “Rondom die Woord” 3 Februarie 17 Februarie 2 Maart

2 Kor 3:1 – 4:6 2 Kor 4:7 – 5:8 2 Kor 5:9 – 6:10

Lienette Smit Irene vd Meer Jenny Boon

Mannevereniging “Sola Scriptura” 10 Februarie

1 Kor 9 (afsluiting)

Br Rein vd Berg

Bybelkring 3 Februarie 17 Februarie 2 Maart

Daniel 10 Hfst. 5 art. 5-8 Saam met V.D.5 art .3 en 4 Daniël 11

Hennie & Jeanne Oom Rein & Tannie Trynie Menno & Marjanne

Bybelstudiekring “Maranata” 4 Februarie 18 Februarie 3 Maart

1 Kor 15 1 Kor 16 2 Kor 1

Anja van Renssen Lize Kampman Michelle Miske

24 Kerkblad 31 Januarie 2016

Suggest Documents