Inhoudsopgawe AFDELING 1 AFDELING 2 AFDELING 3 AFDELING 4

Inhoudsopgawe AFDELING 1 1.1 Agtergrond 1.2 Oorsig 1.3 Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum 1.4 Tydstoedeling 1.4.1 Grondslagfase 1....
84 downloads 3 Views 749KB Size
Inhoudsopgawe AFDELING 1 1.1 Agtergrond 1.2 Oorsig 1.3 Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum 1.4 Tydstoedeling 1.4.1 Grondslagfase 1.4.2 Intermediêre fase 1.4.3 Seniorfase 1.4.4 Grade 10 – 12 AFDELING 2 2.1 Die doelwitte en doel van Tegniese Wetenskappe 2.2 Oorsig van onderwerpe 2.3 Oorsig van praktiese werk 2.4 Gewig van onderwerpe [40 week program] 2.5 Oorsig van formele assessering en aanbevole informele eksperimente AFDELING 3 3 Tegniese Wetenskappe inhoud (Graad 10) AFDELING 4 4 Assessering 4.1 Inleiding 4.2 Informele of daaglikse assessering 4.3 Formele assessering 4.3.1 Kontroletoetse & eksamens 4.3.2 Praktiese ondersoeke & eksperimente 4.3.3 Projekte 4.4 Program vir assessering 4.4.1 Program vir formele assessering vir Grade 10 en 11 4.4.2 Program vir formele assessering vir Graad 12 4.4.3 Jaareindeksamens 4.4.3.1 Grade 10 en 11 (interne assessering) 4.4.3.2 Graad 12 (eksterne assessering) 4.4.3.3 Inhoud van jaareindeksamens vir vraestel 1 en vraestel 2 4.4.3.4 Gewig van onderwerpe in vraestel 1 en vraestel 2 4.5 Optekening en rapportering 4.5.1 Optekening en rapportering in die eerste, tweede en derde kwartaal 4.5.2 Optekening en rapportering van die assesseringstake en SGA in die program van assessering 4.5.3 Optekening en rapportering aan die einde van die akademiese jaar 4.6 Moderering van assessering 4.7 Algemeen

1 1 2 4 4 5 5 6 7 8 11 14 14 15 70 70 70 71 72 72 72 74 74 76 77 77 77 78 79 80 80 81 81 81 82

AFDELING 1 INLEIDING tot die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring vir Tegniese Wetenskappe Grade 10 – 12 1.1 Agtergrond Die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 bepaal die beleid van die kurrikulum en assessering in die skoolsektor. Om die implementering daarvan te verbeter, was die Nasionale Kurrikulumverklaring aangepas, met die aanpassings wat in Januarie 2012 in werking getree het. ’n Enkele omvattende Kurrikulum- en Assesseringsbeleiddokument was ontwikkel vir elke vakgebied om vakverklarings, leerprogramriglyne en vakassesseringsriglyne vir Grade R – 12 te vervang. 1.2 Oorsig (a) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 (Januarie 2012) verteenwoordig ’n beleidsverklaring vir die leer en onderrig in Suid-Afrikaanse skole en behels die volgende:

(i)

(ii)

Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring vir elke goedgekeurde skoolvak; Die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulmverklaring Grade R – 12; en

(iii) Die beleidsdokument, Nasionale Protokol vir Assessering Grade R – 12 (Januarie 2012). (b)

Die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 (Januarie 2012) vervang die twee huidige nasionale kurrikulumverklarings, naamlik die:

(i)

Hersiende Nasionale Kurrikulmverklaring Grade R – 9, Staatskoerant No. 23406 van 31 Mei 2002, en

(ii)

Nasionale Kurrikulumverklaring Grade 10 – 12, Staatskoerante No. 25545 van 6 Oktober 2003 en No. 27594 van 17 Mei 2005.

(c)

Die Nasionale Kurrikulumverklaring, soos vervat in subparagrawe b(i) en (ii), wat uit die volgende beleidsverklarings bestaan, wat toenemend in die tydperk 2012 – 2014 deur die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 (Januarie 2012) herroep sal word:

(i)

Die Leerarea-/Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne vir Grade R – 9 en Grade 10 – 12;

(ii)

Die beleidsdokument, Nasionale Beleid oor assessering en kwalifikasies vir skole in die Algemene Onderwys- en Opleidingsfase, uitgevaardig in die Staatskennisgewing No. 124 in die Staatskoerant No. 29626 van Februarie 2007;

(iii)

Die beleidsverklaring, die Nasionale Seniorsertifikaat: ’n kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), uitgevaardig in die Staatskoerant No. 27819 van 20 Julie 2005;

(iv)

Die beleidsdokument, ’n addendum op die beleidsdokument, die Nasionale Seniorsertifikaat: ’n kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), rakende leerders met spesiale behoeftes, gepubliseer in die Staatskoerant, No. 29466 van 11 Desember 2006, is in die beleidsdokument ingekorporeer, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12; en

(v) Die beleidsdokument, ’n addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior sertifikaat: ’n kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), aangaande die Nasionale Protokol vir Assessering (Grade R – 12), uitgevaardig in die Staatskennisgewing No. 1267 in die Staatskoerant No. 29467 van 11 Desember 2006. (d)

Die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12, en die afdelings van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleid soos vervat in Hoofstukke 2, 3 en 4 van die dokument stel die norme en standaarde van die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12. Daarom sal dit, in terme van die afdeling 6A van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No. 84 van 1996), die basis vir die Minister van Basiese Onderwys vorm om die minimum uitkomste en standaarde, asook die prosesse en prosedures vir die assessering van leerderprestasie soos van toepassing op publieke en onafhanklike skole, te bepaal.

1.3

Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum

(a)

Die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 gee uiting aan die kennis, vaardighede en waardes wat in Suid-Afrikaanse skole geleer word. Die kurrikulum poog om te verseker dat kinders kennis en vaardighede opdoen en toepas in hulle lewens op waardevolle maniere. In hierdie verband bevorder die kurrikulum kennis in die plaaslike konteks, terwyl dit steeds sensitief bly vir globale vereistes.

(b)

Die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 het die volgende doelwitte:

● Om leerders toe te rus, ongeag hulle sosio-ekonomiese agtergrond, ras, geslag, fisiese of intellektuele vermoëns, met die nodige kennis, vaardighede en waardes vir selfvervulling, en die betekenisvolle deelname in die samelewing as burgers van ’n vrye land.



Om toegang tot hoër onderrig te verskaf.



Om leerders in die oorgang vanaf onderwysinstellings na die werkplek te fasiliteer.





Om aan werkgewers ’n voldoende profiel van ’n leerder se vermoëns te verskaf.

(c) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 word op die volgende beginsels gebaseer: ●

Sosiale transformasie: dit verseker dat die onderwysongelykhede van die verlede aangespreek word en dat gelyke onderwysgeleenthede vir elke afdeling van die bevolking daargestel word.



Aktiewe en kritiese onderrig: dit moedig ’n aktiewe en kritiese aanslag tot onderrig aan, eerder as masjinale en nie-kritiese onderrig van gegewe waarhede.



Hoë vlakke van kennis en vaardighede: die minimum standaarde van kennis en vaardighede wat per graad bereik moet word gespesifiseer en hoog gestel, bereikbare standaarde in alle vakke.

● Progressie: inhoud en die konteks van elke graad wys die progressie van eenvoudig tot kompleks. ●

Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid: die infasering van beginsels en praktyke van sosiale en omgewingsgeregtigheid asook menseregte soos uiteengesit in die Wetgewing van die Republiek van Suid-Afrika. Die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 is sensitief vir die kwessies oor diversiteit soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, gebreke en ander faktore.



Waardering vir inheemse kennissisteme: erkenning aan die ryk geskiedenis en erfenis van hierdie land as belangrike bydraers tot die kweek van waardes soos in die Grondwet vervat.



Geloofwaardigheid, kwaliteit en effektiwiteit: verskaf onderrig wat in kwaliteit, breedte en diepte vergelykbaar is met die van ander lande.

(d)

Die Nasionale Kurrikulumverklaring Grade R – 12 beoog om leerders daar te stel wat in staat is om:



probleme te identifiseer en op te los asook besluite te neem deur gebruik te maak van kritiese en kreatiewe denke;



effektief as individue te werk, maar ook saam met ander as lede van ’n span;



● hulself en hul aktiwiteite op ’n verantwoordelike en effektiewe manier te bestuur en te organiseer;



inligting in te samel, te analiseer, organiseer en krities te evalueer;



effektief en op verskeie metodes te kan kommunikeer deur gebruik te maak van visuele, simboliese en/of taalvaardighede;

● ●

wetenskap en tegnologie effektief en krities te gebruik en so verantwoordelikheid te toon teenoor die omgewing en ander se gesondheid; en ’n begrip van die wêreld as ’n stel verwante stelsels te demonstreer deur te erken dat probleemoplossingskontekste nie in isolasie bestaan nie.

(e)

Inklusiwiteit behoort ’n sentrale deel van die organisering, beplanning en onderrig by ’n skool te vorm. Dit kan slegs gebeur as al die onderwysers ’n deeglike begrip toon oor hoe om struikelblokke in onderrig te herken en aan te spreek, asook hoe om vir diversiteit voor te berei.

Die geheim om inklusiwiteit te bestuur lê daarin om te verseker dat struikelblokke geïdentifiseer en aangespreek word deur al die relevante ondersteuningsisteme in die skoolgemeenskap, insluitend onderwysers, distrikgebaseerde ondersteuningspanne, ondersteuningspanne op institusionele vlak, ouers en spesiale skole as hulpbronsentrums. Om struikelblokke in die klaskamer aan te spreek moet onderwysers die verskeie kurrikulêre strategieë vir differensiëring gebruik soos in die Departement van Basiese Onderwys se Riglyne vir Inklusiewe Onderrig (2010) vervat. 1.4 Tydstoedeling 1.4.1 Grondslagfase (a)

Die onderrigtyd vir elke vak in die Grondslagfase word in die tabel hieronder aangedui: Vak Tydstoedeling per week (ure) Tale (EAT en HT) 10 (11) ii. Wiskunde 7 iii. Lewensvaardighede 6 (7) ● Aanvangskennis 1 (2) ● Kreatiewe Kunste 2 ● Liggaamlike Opvoeding 2 ● Persoonlike en Sosiale Welsyn 1

(b)

Totale onderrigure vir Grade R, 1 en 2 is 23 ure, en vir Graad 3 is 25 ure.

(c)

Daar is 10 ure aan tale geallokeer vir Grade R – 2, en 11 ure in Graad 3. ’n Maksimum van 8 ure en ’n minimum van 7 ure is geallokeer aan Huistaal, en ’n minimum van 2 ure en ’n maksimum van 3 ure aan Eerste Addisionele Taal in Graad R – 2. In Graad 3 word ’n maksimum van 8 ure en ’n minimum van 7 ure aan Huistaal geallokeer, en ’n minimum van 3 ure en ’n maksimum van 4 ure aan Eerste Addisionele Taal.

(d)

Vir Lewensvaardighede se Aanvangskennis word een uur geallokeer in Grade R – 2, en twee ure word geallokeer vir Graad 3 soos aangedui deur die ure in hakies.

1.4.2 Intermediêre fase (a) Die tabel hieronder dui die onderrigtyd aan soos geallokeer vir elke vak in die Intermediêre fase: Vak Tydstoedeling per week (ure) i. Huistaal 6 ii. Eerste Addisionele Taal 5 iii. Wiskunde 6 iv. Wetenskap en Tegnologie 3.5 v. Sosiale Wetenskappe 3 vi. Lewensvaardighede 4 vii. Kreatiewe Kunste 1.5 viii. Fisiese Onderrig 1.5 ix. Geloofstudies 1 1.4.3 Seniorfase (a)

Die onderrigtyd vir elke vak in die Seniorfase word geallokeer as volg: Vak Tydstoedeling per week (ure) i. Huistaal 5 ii. Eerste Addisionele Taal 4 iii. Wiskunde 4.5 iv. Natuurwetenskappe 3 v. Sosiale Wetenskappe 3 vi. Tegnologie 2 vii. Ekonomiese Bestuurswetenskappe 2 viii. Lewensoriëntering 2 ix. Kuns en Kultuur 2

1.4.4 Grade 10 – 12 (a)

Die onderrigtyd vir elke vak in Grade 10 – 12 is geallokeer as volg: Vak Tydstoedeling per week (ure) i. Huistaal 4.5 ii. Eerste Addisionele Taal 4.5 iii. Wiskunde (Tegniese Wiskunde) 4.5 iv. Wiskunde Geletterdheid 4.5 v. Lewensoriëntering 2 vi. Drie keusevakke 12 (3 × 4h)

Die tydstoedeling per week mag slegs gebruik word vir die vereiste minimum hoeveelheid NKV-vakke soos hierbo gespesifiseer, en dit mag nie gebruik word vir enige addisionele wat toegevoeg word tot die lys van minimum vakke nie. Sou die leerder verkies om addisionele vakke te neem, moet addisionele tyd geallokeer word waarin die vakke aangebied word.

AFDELING 2 2.1 DIE DOEL EN DOELWITTE VAN TEGNIESE WETENSKAPPE Die hoofdoel van Tegniese Wetenskappe is om leerders in Meganiese Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Siviele Tegnologie en Ingenieursgrafika en Ontwerp te ondersteun. Leerders sal ’n NKR Vlak 4 bevoegdheid in Tegniese Wetenskappe hê. Leerders by tegniese hoërskole sal in staat wees om hulle wetenskaplike kennis op ’n meer informatiewe wyse in hulle tegnologiese vakaanbiedings te integreer. Wetenskaplike konsepte en vaardighede sal meer toeganklik wees vir leerders wat ’n tegnologiese oriëntasie op skoolvlak het. Tegniese Wetenskappe sal die behoeftes van die industrie en tegnologievakke aanspreek deur ’n bemagtigende vak te wees wat tegnologiese studies in skole bevorder. Vaardighede wat leerders sal aanleer sluit om te kan klassifiseer, te kommunikeer, te meet, die ontwerp van ondersoeke, die optrek en evaluering van gevolgtrekkings, om modelle te formuleer, die stel van hipoteses, veranderlikes te identifiseer en beheer, observering en vergelyking, te interpreteer, te voorspel, probleemoplossing en weerspieëling in. Die hoofvaardighede sal praktiese toepassings en die waarneming van simulasies wees. Tegniese Wetenskappe sal leerders vir verdere onderrig en opleiding, indiensneming, burgerskap, holistiese ontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling voorberei. Leerders wat Tegniese Wetenskappe as vak kies in Grade 10 – 12, kan verbeterde toegang tot toegepaste tegnologiekursusse, professionele loopbane en entrepreneuriese geleenthede verkry. Tegniese Wetenskappe sal ook die ontwikkeling van vaardighede in die tegnologieveld bevorder, en sodoende die ekonomiese groei en sosiale welstand van die burgers van ons land bevorder. Die ses hoofkennisareas waaruit Tegniese Wetenskappe bestaan, is: • Meganika •

Materie en materiale



Elektrisiteit en magnetisme



Golwe, klank en lig



Hitte en termodinamika



Chemiese veranderinge

2.2

OORSIG VAN ONDERWERPE

ONDERWERP Meganika

Graad 10

Graad 11

Graad 12

INHOUD Eenhede en metings, wetenskaplike notasie, werk met formules, tempo, vektore en skalare (vektore, skalare, grafiese voorstelling van vektore), beweging in een dimensie (posisie, verplasing, afstand, spoed, snelheid, versnelling), inleiding tot krag (definisie van krag, kontakkrag, nie-kontakkrag), tipes kragte (spanning, normaalkrag, gravitasiekrag, wrywingskrag), kragtediagram en vryliggaamdiagram, resultant en ekwilibrant, ewewig van kragte in een dimensie, moment van ’n krag (wringkrag) (wette van momente) balke (balke, kantelbalk, eenvoudig-ondersteunde balke, skuifkrag, buigmomente, voorwaarde vir ewewig), eenvoudige masjiene (hefboom, spilpunt, tipes hefbome, meganiese voordeel), energie (gravitasiepotensiële energie, kinetiese energie, meganiese energie) (56 ure) Inleiding tot meganika (tekenkonvensies, grafieke, stelling van Pythagoras,kolineêre vektore, koplanêre vektore), resultant van kragte in twee dimensies (kop-by-stertmetode, stelling van Pythagoras, parallelogramwet van kragte), ontbinding van kragte in komponente, wrywingskragte (statiese wrywingskragte, kinetiese wrywingskragte) (28 ure) Newton se wette van beweging (Newton se eerste wet, traagheid, massa, versnelling, Newton se tweede wet van beweging, Newton se derde wet van beweging), momentum (impuls en verandering in momentum), arbeid, energie en krag (arbeid, energie, behoud van meganiese energie, drywing, drywing en snelheid), elastisiteit (vervormende krag, herstellende krag, elastisiteit, volkome elastiese liggaam, elastiese limiet, spanning, vervorming, Hooke se wet), viskositeit (effek van temperatuur op viskositeit, viskositeitsgrade van motorolie), hidrolika (dryfkrag, druk, praktiese eenheid van druk, vloeistofdruk, Pascal se wet, hidroliese hyser) (46 ure)

Materie en materiale

Golwe en klank

Elektrisiteit en magnetisme

Graad 10 Klassifikasie van materie (suiwer stowwe, elemente, verbindings, benaming van verbindings, katioon- en anioontabel, molekulêre formules, balansering van vergelykings) metale, mataloïede en nie-metale, elektriese geleiers, halfgeleiers en isolators, termiese geleiers en isolators, magnetiese en nie-magnetiese materiale, atoomstruktuur (atoomgetal, massagetal, isotope, Periodieke Tabel, elektronkonfigurasie) (31 ure) Graad 12 Elektroniese eienskappe van materie (halfgeleier, intrinsieke halfgeleier, doping, n-tipe halfgeleier, p-tipe halfgeleier, p-n-voegvlakdiode) (4 ure) Organiese chemie (organiese molekules, molekulêre en struktuurformules, funksionele groepe, homoloë reeks, versadigde koolwaterstowwe, onversadigde koolwaterstowwe, isomere, IUPAC-benaming en formules, fisiese eienskappe van organiese verbindings, reaksies van organiese verbindings, plastieke en polimere) (12 ure) Graad 11 Pulse (transversale puls, longitudinale puls), golwe (transversale golf, longitudinale golf), golfterminologie (amplitude, kruin, trog, punte in fase, golflengte, periode, frekwensie, golfspoed) superposisie van golwe (konstruktiewe interferensie, destruktiewe interferensie), klankgolwe (spoed van klank in verskillende mediums, refleksie van klank, eggo, toonhoogte, hardheid, verskeidenheid van klankfrekwensies) (32 ure) Graad 12 Lig (refleksie van lig, refraksie, kritiese hoek, totale interne refleksie, dispersie, lense), elektromagnetiese straling (aard van elektromagnetiese bestraling, eienskappe van elektromagnetiese bestraling, elektromagnetiese spektrum, gebruike van elektromagnetiese bestraling, fotone, energie van ’n foton) (12 ure) Graad 10 Elektrostatika (twee tipes ladings, bewaring van lading), elektriese stroombane (komponente van ’n stroombaan, stroom, potensiaalverskil, EMK, meting van spanning en stroom, weerstand, resistors in serie, resistors in parallel) (25 ure)

Elektrisiteit en magnetisme

Hitte en termodinamika

Chemiese verandering

Magnetisme (magnete, die magnetiese veld, pole van permanente magnete, rigting van magnetiese veld, magnetiese veld of staafmagneet, krag van ’n magneet, eienskappe van magnetiese veldlyne, aarde se magneetveld) (6 ure) Elektrostatika (Coulomb se wet, elektriese veldlyne, elektriese veld tussen parallelle plate, toepassing van elektrostatika) (10 ure) Elektriese stroombane (Ohm se wet, ohmiese en nie-ohmiese geleiers, stroombaanberekeninge, EMK, interne weerstand) (17 ure) Graad 12 Elektrostatika (kapasitor, kapasitansie, faktore wat kapasitansie beïnvloed), elektriese stroombane (krag, hitte-effek van elektriese stroom), elektromagnetisme (magnetiese effek van ’n stroomdraende geleier, elektromagnetiese induksie, Faraday se wet, magnetiese fluks, magnetiese fluksdigtheid, Lenz se wet, transformator, generators, motor) (28 ure) Graad 10 Hitte en temperatuur (hitte, temperatuur, verskillende tipes termometers, Celsius-skaal, skaal, Kelvin-skaal) (6 ure) Graad 11 Hitte (spesifieke hittekapasiteit, praktiese toepassing van hittekapasiteit, wet oor die behoud van hitte) Termodinamika (terminologie, termodinamikasisteem, omringde, oop sisteem, geslote sisteem, geïsoleerde sisteem, veranderlikes of koördinate in termodinamika, interne energie van ’n termodinamiese sisteem, eerste wet van termodinamika, werkstof, hitte-enjin, effektiwiteit van hitte-enjin, tweede wet van termodinamika, yskaste) (13 ure) Graad 11 Oksidasie en reduksie (oksidasie, reduksie, oksiderende medium, reduserende middel, toeken van oksidasiegetalle), elektrolise (elektroliet, katode, anode) (14 ure) Graad 12 Elektrochemiese selle (elektrolitiese selle, galvaniese selle, komponente van galvaniese selle, halfreaksies, netto reaksies, standaardtoestande, ioniese beweging, standaard selnotasie, EMK van ’n sel) Alternatiewe energie (biodiesel, brandstofselle, fotovoltaïese selle) (10 ure) Graad 11

2.3

OORSIG VAN PRAKTIESE WERK

Praktiese werk moet geïntigreer word met die teorie om die konsepte wat geleer word te versterk. Dit mag in die vorm van ’n eenvoudige praktiese demonstrasie of selfs ’n eksperiment of praktiese ondersoek wees. Daar is verskeie praktiese aktiwiteite wat in die onderwerp-, inhoud-, konsepteen vaardighede-tabelle in Afdeling 3 gegee word. Sommige van hierdie praktiese aktiwiteite sal gedoen word as deel van die formele assessering en ander sal gedoen word as deel van die informele assessering. Onderaan is ’n tabel wat al die voorgeskrewe praktiese aktiwiteite vir formele assessering sowel as die voorgestelde praktiese aktiwiteite vir informele assessering van Graad 10 – 12 lys. Graad Kwartaal Voorgeskrewe praktiese akti- Voorgestelde praktiese aktiwiteite witeite (informele assessering) (formele assessering) Graad 10 Kwartaal 1 Eksperiment: Eksperiment: Gebruik trekskale om die Bepaal die snelheid van ’n trollie. resultant en ekwilibrant te Eksperiment: demonstreer. Bepaal die gewig van verskillende voorwerpe met ’n trekskaal. Kwartaal 2 Eksperiment: Eksperiment: Gebruik ’n maatstok en massa- Bepaal die meganiese voordeel van stukke om die wette van ’n vlak 1 hefboom. momente te bewys. Eksperiment: Bepaal die potensiële energie van ’n voorwerp op verskillende hoogtes. Eksperiment: Om ondersoek in te Kwartaal 3 Projek: Doen navorsing oor ’n projek in stel oor die insulasievermoëns van ’n polistireenkoppie. verband met Tegnologie. Eksperiment: Voorbeeld: Die gebruik van Om vas te stel of ’n gegewe materiaal hefbome in Tegnologie magneties of nie-magneties is. Eksperiment: Eksperiment: Bepaal die elektriese geleiOm ondersoek in te stel oor twee dingsvermoë van verskillende tipes ladings. materiale. Eksperiment: Stel ’n stroombaan op om die stroom deur ’n resistor en die spanning oor die resistor te meet. Kwartaal 4 Eksperiment: Ondersoek die faktore wat ’n effek sal hê op die weerstand van ’n geleier. Eksperiment: Stel ’n stroombaan op om te wys dat ’n seriestroombaan ’n spanningverdeler is, terwyl die stroom dieselfde bly. Eksperiment: Stel ’n stroombaan op om te wys dat ’n parallelle stroombaan ’n stroomverdeler is, terwyl die potensiaalverskil dieselfde bly. Eksperiment: Bepaal die smeltpunt van was.

Graad

Kwartaal

Graad 11 Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

Voorgeskrewe praktiese aktiwiteite (formele assessering) Eksperiment: Gebruik die parallelogram van kragte om: a) die resultant van twee kragte wat op ’n punt inwerk te bepaal; b) die gewig van enige gegewe liggaam te bepaal.

Eksperiment: • Bepaal die spoed van klank in lug. • Wys dat klank slegs in ’n materiële medium kan voortplant. Eksperiment: Bepaal die verskil tussen toonhoogte en hardheid deur ’n ossilloskoop te gebruik. Eksperiment: Bepaal die weerstand van ’n onbekende resistor. Projek: Doen ’n navorsingsprojek in verband met Tegnologie. Voorbeeld: Gebruik van elektrostatika in Tegnologie.

Voorgestelde praktiese aktiwiteite (informele assessering) Eksperiment: a) Bepaal die verband tussen die krag van beperkte wrywing en die normale krag. b) Bepaal die koëffisiënt van wrywing tussen ’n blok en ’n horisontale oppervlakte. Eksperiment: Bepaal die Noordpool van die aarde deur gebruik te maak van ’n staafmagneet. Eksperiment: a) Bepaal of ’n materiaal ’n magnetiese materiaal of magneet is. b) Bepaal die polariteit van die magnete. Eksperiment: Kartering van ’n magnetiese veld. Eksperiment: Gebruik ’n golftenk om konstruktiewe en destruktiewe interferensie tussen twee pulse te demonstreer.

Eksperiment: Versamel stroom- en spanningsdata van ’n stuk koperdraad en ’n halfgeleier, en bepaal watter een Ohm se wet gehoorsaam. Eksperiment: Bepaal die interne weerstand van ’n battery. Eksperiment: Bepaal die hittekapasiteit van ’n vastestof. Eksperiment: Elektrolise van ’n soutoplossing.

Graad

Kwartaal

Graad 12 Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Voorgeskrewe praktiese aktiwiteite (formele assessering) Eksperiment: Bepaal die verhouding tussen versnelling en die krag van ’n konstante massa.

Voorgestelde praktiese aktiwiteite (informele assessering)

Eksperiment: Bepaal die pad van ’n ligstraal deur ’n glasblad met verskillende invalshoeke. Eksperiment: Om die elektrodepotensiaal van ’n Cu-Zn-elektrochemiese sel te bepaal.

Eksperiment: Wys dat die aksie-reaksiepaar mekaar uitkanselleer. Eksperiment: Om die behoud van momentum gedurende ’n botsing te bepaal. Eksperiment: Bepaal die drywingsuitset van ’n individu. Eksperiment: Bepaal die posisie van ’n beeld in ’n plat spieël. Eksperiment: Bepaal die verkwiste krag in lampe wat in serie of parallel of beide in serie en beide in parallel geskakel is. Eksperiment: Bepaal die stroomgraad van ’n sekering. Eksperiment: Bepaal die effek van die verandering in magnetiese veld of magnetiese fluks in ’n spoel. Eksperiment: Bestudeer die eienskappe van ’n p-n-voegvlakdiode.

Kwartaal 4 2.4

GEWIG VAN ONDERWERPE [40 WEEK PROGRAM] ONDERWERPE Meganika Golwe, klank en lig Elektrisiteit en magnetisme Materie en materiale Chemiese verandering Hitte en termodinamika

GRAAD 10 % 46 0 22 27 0 5

GRAAD 11 % 25 26 28 0 11 10

GRAAD 12 % 47 13 18 13 10 0

2.5 OORSIG VAN FORMELE ASSESSERING EN VOORGESTELDE INFORMELE EKSPERIMENTE Vir Grade 10 en 11 word VIER voorgeskrewe eksperimente per jaar as formele assessering gedoen. Vir Graad 12 word DRIE voorgeskrewe eksperimente per jaar as formele assessering gedoen (een eksperiment per kwartaal vir kwartaal 1, 2 en 3). TWEE kontroletoetse en TWEE eksamens word in Grade 10 en 11 as formele assessering geskryf. EEN kontroletoets, EEN halfjaareksamen, EEN voorbereidende eksamen en EEN eindeksamen word as formele assessering in Graad 12 geskryf. Daar word SLEGS in Grade 10 en 11 EEN projek per jaar as formele assessering of as geïntegreerde chemie/fisika projek (wat in kwartaal 1 begin en in kwartaal 3 geassesseer word) gedoen. Enige EEN van die voorgestelde projekte kan gedoen word of enige EEN van die eksperimente kan gedoen word as ’n praktiese ondersoek of enige ander gekose onderwerp kan as projek gebruik word. Daar word voorgestel dat die projekonderwerp vroeg in die eerste kwartaal aan die leerders gegee word sodat die leerders met die projek kan begin. Die finale assessering van die projek word in die derde kwartaal gedoen en aangeteken. Daar word GEEN projekte in Graad 12 gedoen nie. Daar is elf informele eksperimente vir Graad 10, nege voorgestelde informele eksperimente vir Graad 11 en agt voorgestelde informele eksperimente vir Graad 12.

AFDELING 3 TEGNIESE WETENSKAPPE INHOUD (GRAAD 10)

Tyd 3 ure

Onderwerp Graad 10 Eenhede en afmetings

KWARTAAL 1 GRAAD 10 MEGANIKA Inhoud, konsepte & vaardighede • CGS-eenhede • Lys sewe fundamentele eenhede van die SI-stelsel. • Afgeleide eenhede

Riglyne vir onderwysers Fokus op die omskakeling binne die metrieke stelsel na basiese SI-eenhede. Fokus op die omskakeling van km na m en van h na s.

• Voorvoegsels • Omskakeling van eenhede: CGS-eenhede na SI-eenhede en andersom.

2 ure

Wetenskaplike notasie

• Fokus op die omskakeling van eenhede met betrekking tot tegnologie. • Gebruik wetenskaplike notasie om ’n getal as ’n krag uit te druk. • Fokus op voorbeelde wat gebruikmaak van wetenskaplike notasie met betrekking tot tegnologie.

2 ure

Werk met formules

• Identifiseer die regte formule. • Vervang die gegewe waardes in die formule. • Los die onbekende hoeveelheid op. • Ontwikkel voorbeelde om probleme op te los deur gebruik te maak van vergelykings in Tegnologie.

Versterk die betekenis van simbole in die formule, bv. P – druk, p – momentum, V – volume, v – snelheid

Tyd 2 ure

6 ure

Onderwerp Graad 10 Tempo

Inhoud, konsepte & vaardighede • Tempo is die verandering in ’n fisiese hoeveelheid in eenheidtyd.

Vektore en skalare

• Gee voorbeelde wat verband hou met die konsep van tempo in Tegnologie. • Definieer ’n vektorhoeveelheid.

Vektore

• Definieer ’n skalaarhoeveelheid.

Skalare

• Gee voorbeelde van vektore en skalare.

Riglyne vir onderwysers Gee addisionele voorbeelde wat verband hou met Tegnologie.

Toets die leerder se kennis deur die identifisering van vektore en skalare. Gee voorbeelde van Tegnologie en IKS.

• Onderskei tussen vektor- en skalaarhoeveelhede.

Grafiese voorstelling van • Stel vektore grafies voor. vektore • Identifiseer die eienskappe van vektore: gelyke vektore, negatiewe vektore, addisionele vektore, addisie en aftrek van vektore. N.B. Gebruik slegs eendimensionele toepassings. • Definieer die resultante vektor as: Die resultant van twee of meer vektore is dat ’n enkele vektor dieselfde effek as twee of meer vektore kan hê. • Vind die resultant van twee of meer vektore in verskillende rigtings: • grafies deur die stert-by-kopmetode te gebruik; • deur ’n berekening.

Maksimum van vier vektore

Tyd 6 ure

Onderwerp Graad 10 Beweging in een dimensie

Inhoud, konsepte & vaardighede • Definieer eendimensionele beweging as voorwaartse of terugwaartse beweging in ’n lyn.

Posisie

• Definieer posisie as die plek van ’n voorwerp relatief tot die oorsprong.

Afstand

• Definieer afstand as die werklike padlengte tussen twee punte. SI-eenheid: m

Verplasing

• Definieer verplasing as die kortste pad tussen twee punte in ’n spesifieke rigting. SI-eenheid: m • Tref onderskeid tussen verplasing en afstand.

Spoed

• Definieer spoed as die tempo van veradering van afstand. afstand spoed = tyd SI-eenheid = m.s-1

Snelheid

• Definieer snelheid as die tempo van verandering van verplasing. verplasing snelheid = tyd SI-eenheid: m.s-1

Versnelling

• Definieer versnelling as die tempo van verandering in snelheid. verandering in snelheid versnelling = tyd SI-eenheid: m.s-2 • Doen berekeninge deur die konsepte hierbo te gebruik.

Eksperiment 1

Bepaal die snelheid van ’n trollie. (Apparaat: tydtikker, tydtikkerlint, kragbron, trollie, liniaal, ens.)

Riglyne vir onderwysers Gebruik konseptuele voorbeelde om te wys dat afstand ’n skalaar en verplasing ’n vektor is.

Tyd 2 ure

2 ure

Onderwerp Graad 10 Inleiding tot krag

Inhoud, konsepte & vaardighede

Definisie van krag

• Definieer krag as ’n trek- of stootaksie. SI-eenheid vir krag is newton (N).

Kontakkrag

• In kontakkragte moet die betrokke voorwerpe in kontak met mekaar wees.

Nie-kontakkrag

• In nie-kontakkragte werk die krag in op ’n afstand sonder enige ware kontak.

Tipes kragte Spanning Normale krag Gravitasiekrag

Riglyne vir onderwysers

Identifiseer sommige kontak- en nie-kontakkragte.

• Definieer spanning as ’n krag in ’n snaar of tou. • Definieer normale krag, FN, as die loodregte krag wat die oppervlakte op ’n voorwerp uitoefen wat op die oppervlakte rus.

Demonstreer die rigtings van elkeen van die verskillende kragte.

• Definieer gravitasiekrag, Fg, as die krag wat die aarde op ’n voorwerp uitoefen. Gravitasiekrag staan ook bekend as gewig. Fg = mg. Dit word vertikaal afwaarts uitgeoefen. • Onderskei tussen massa en gewig.

Wrywingskrag

Eksperiment 2

• Definieer wrywingskrag, Ff , as die krag parallel tot die oppervlakte wat teen die beweging van ’n voorwerp en in die teenoorgestelde rigting as die beweging inwerk. • Meet die gewig van verskillende voorwerpe deur gebruik te maak van ’n trekskaal. (Apparaat: trekskaal, massastukke, ens.)

Bespreek verskillende maniere waarop wrywing verminder kan word deur voorbeelde in Tegnologie te gebruik.

Tyd 2 ure

Onderwerp Graad 10 Kragtediagram en vryliggaamdiagram Kragtediagram Vryliggaamdiagram

2 ure

Resultant Ekwilibrant

Eksperiment 3 (formeel)

1 uur

Ewewig van kragte in een dimensie

Inhoud, konsepte & vaardighede

Riglyne vir onderwysers

Gee verskeie situasies waar die leerders • ’n Kragtediagram is die voorstelling van al die kragte wat op kragtediagramme en vryliggaamdia’n voorwerp inwerk deur pyle te teken. gramme moet teken. • In ’n vryliggaamdiagram word die voorwerp vervang deur ’n kol, en al die kragte wat daarop inwerk word voorgestel deur pyle. • Definieer die resultant van twee of meer kragte as die enkele krag wat dieselfde effek as twee of meer kragte kan hê. Gee verskeie situasies waar leerders die resultant en die ekwilibrant van ’n hele aantal kragte moet bereken. • Definieer die ekwilibrant as die krag wat dieselfde grootte as die resultant het, maar in die teenoorgestelde rigting uitgeoefen word. • Gebruik trekskale om te demonstreer dat die resultant en die ekwilibrant gelyk is. (Apparaat: Drie trekskale, tou, ens.) • ’n Voorwerp is in ewewig as die resultante krag nul is.

Tyd 3 ure

Onderwerp Graad 10 Moment van ’n krag (wringkrag)

KWARTAAL 2 GRAAD 10 Inhoud, konsepte & vaardighede • Moment van ’n krag by ’n punt word gedefinieer as die draai-effek of die krag van daardie punt. • Dit word gemeet as die produk van die krag en die loodregte afstand vanaf die punt na die werkslyn van die krag. Wringkrag = F × r┴. SI-eenheid: N.m • Gebruik die formule om wringkrag te bereken.

5 ure

Wette van momente

Eksperiment 4 (formeel)

• Vir ’n voorwerp in ewewig moet die som van die kloks gewyse moment rondom ’n punt gelyk wees aan die som van die antikloksgewyse moment rondom daardie selfde punt. • Doen berekeninge om te wys dat die kloksgewyse moment gelyk is aan die antikloksgewyse moment. • Gebruik ’n maatstok en massastukke om die wette van momente te bewys (Apparaat: maatstok, massastukke, retortstaander, ens.)

Riglyne vir onderwysers Maak leerders vertroud met die konsep van wringkrag in die Tegnologieveld.

Tyd

Onderwerp Graad 10 Balke Balke

Inhoud, konsepte & vaardighede

Kantelbalk

• Definieer ’n kantelbalk as ’n balk waarvan die een kant vas is, en die ander kant is vry om te beweeg.

Riglyne vir onderwysers

• Definieer ’n balk as ’n enkele, stewige lengte van ’n materiaal wat horisontaal ondersteun word om vertikale vragte te dra.

Eenvoudig ondersteunde • Definieer ’n eenvoudig ondersteunde balk as ’n balk wat op balke twee stutte rus en vry is om te buig wanneer kragte daarop inwerk.

4 ure

Skeerkrag

• Skeerkrag is die algebraïese som van al die eksterne kragte wat loodreg en aan een kant van die balk op die balk inwerk.

Buigmomente

• Buigmomente is die algebraïese som van al die momente van die kragte wat op een kant van die balk inwerk.

Voorwaardes vir ewewig

• ’n Balk is in ewewig as dit in rus is en die eenvoudige voor waardes van ewewig gehoorsaam.

Eenvoudige masjiene Hefboom

• Definieer ’n hefboom as ’n eenvoudige masjien. • Verstaan dat masjiene gebruik word om werk te vergemaklik.

Draaipunt

• Draaipunt is die punt waar ’n hefboom draai. (Die hefboom roteer op hierdie punt.)

Gebruik IKS om te demonstreer hoe eenvoudige masjiene gemaak of in die alledaagse lewe gebruik word.

Tyd

Onderwerp Graad 10 Tipes hefbome Meganiese voordeel

Inhoud, konsepte & vaardighede • Bespreek tipe 1, tipe 2 en tipe 3 hefbome. Identifiseer verskillende tipes hefbome wat alledaags gebruik word. • Definieer meganiese voordeel as die verhouding tussen las tot die mag. L m MV = M = ℓ • Doen berekeninge deur die bostaande formule te gebruik. • Meganiese voordeel het geen eenheid nie.

Eksperiment 5 7 ure

Energie Gravitasie-potensiële energie

• Bepaal die meganiese voordeel van ’n tipe 1 hefboom. (Apparaat: Stok, massastukke, mespunt, ens.) • Definieer die gravitasie-potensiële energie van ’n voorwerp as die energie wat dit besit a.g.v. die posisie wat dit bo die gravitasieveld het. EP = mgh of (U = mgh) • Doen berekeninge deur die bostaande vergelyking te gebruik.

Eksperiment 6

• Bepaal die potensiële energie van ’n voorwerp op verskillende hoogtes. (Apparaat: 1 kg massastuk, maatstok, retortstaander, ens.)

Riglyne vir onderwysers Toets leerders se kennis oor hefbome.

Tyd

Onderwerp Graad 10 Kinetiese energie

Inhoud, konsepte & vaardighede • Definieer kinetiese energie as die energie wat ’n voorwerp het a.g.v. beweging. EK = ½mv2 of (K= ½mv2) • Doen berekeninge deur die bostaande vergelyking te gebruik.

Meganiese energie

20 ure

Klassifisering van materie

• Definieer meganiese energie as die som van die gravitasie-potensiële energie en kinetiese energie. EM = EK + EP • Doen berekening deur die bostaande vergelyking te gebruik. Materie en Materiale • Doen hersiening oor die verskillende eienskappe van materiale: sterkte, termiese en elektriese geleiding, bros, smeebaar of rekbaar, magneties of nie-magneties, digtheid (lood/ aluminium), smeltpunte en kookpunte.

Suiwer stof

• Definieer ’n suiwer stof as ’n enkele tipe materiaal (element of verbinding).

Elemente

• Definieer ’n element as die eenvoudigste tipe van ’n suiwer stof.

Verbindings

• Definieer ’n verbinding as ’n stof wat saamgestel is uit twee of meer elemente in ’n spesifieke verhouding. • Klassifiseer stowwe as suiwer, as verbindings of elemente.

Riglyne vir onderwysers

Tyd

Onderwerp Graad 10 Benaming van verbindings

Inhoud, konsepte & vaardighede • Benoem verbindings deur gebruik te maak van die name van die elemente waaruit dit bestaan.

Katioon- en anioontabel

• Ontwikkel die katioon- en anioontabel. • Gebruik katione en anione om formules te skryf.

Molekulêre formules

• Skryf die name van ’n verbinding neer wanneer die molekulêre formule gegee word. • Skryf die molekulêre formule neer wanneer die name van die verbindings gegee word. • Gebruik die Stock-notasie om formules soos yster(II)oksied neer te skryf. • Skryf formules vir binêre verbindings soos magnesiumoksied. • Gebruik agtervoegsels soos –ied, -iet en –aat om verbindings te benoem. • Gebruik voorvoegsels soos di-, tri-, ens. om verbindings te benoem.

Balansering van vergelykings

• Stel reaksies in vergelykings en die balansering van reaksies voor. • Gebruik gepaste voorbeelde uit die tegnologie soos die reaksie in ’n katalitiese omsetter.

Riglyne vir onderwysers

Tyd 7 ure

KWARTAAL 3 GRAAD 10 Onderwerp Graad 10 Inhoud, konsepte & vaardighede Metale, metalloïedes en • Klassifiseer die stowwe as metale, metalloïedes en nienie-metale metale deur gebruik te maak van hul eienskappe. • Identifiseer die stowwe se posisie op die Periodieke Tabel. • Beskryf metalloïedes as dat dit meestal nie-metaal eienskappe het. • Hersien die klassifisering van materiale as elektriese geleiers, halfgeleiers of isolators. Elektriese geleiers, halfgeleiers en isolators

• Gee voorbeelde van elektriese geleiers, halfgeleiers of isolators.

Eksperiment 7 (formeel)

• Bepaal die elektriese geleidingsvermoë van verskillende materiale. (Apparaat: battery, ammeter, geleidingsdrade, ens.)

Termiese geleiers en isolators

• Klassifiseer materiale as termiese geleiers en isolators.

Eksperiment 8 (formeel)

• Toets die isolasievermoëns van ’n polistireenkoppie. (Apparaat: vier polistireenkoppies, skêr, 500 ml beker, 2 termometers, bunsenbrander, stophorlosie, ens.)

• Identifiseer die stowwe as die “toestelle of voorwerpe” wat in algemeen en daagliks gebruik word in huise en kantore, wat spesifiek gekies word vir die elektriese eienskappe wat dit bied (geleiers, isolators, en halfgeleiers).

• Gee voorbeelde van materiale wat termiese geleiers en isolators is.

Riglyne vir onderwysers

Tyd

Onderwerp Graad 10 Magnetiese en nie-magnetiese materiale

Inhoud, konsepte & vaardighede • Klassifiseer materiale as magneties of nie-magneties. • Gee voorbeelde van materiale wat magneties en nie-magneties is. • Gee voorbeelde van die gebruik van magnete in ons daaglikse lewe.

Eksperiment 9

4 ure

Struktuur van die atoom Atoomgetal

• Om vas te stel of ’n gegewe materiaal magneties of nie-magneties is. (Apparaat: staafmagneet, verskillende tipes metale en niemetale, ens.) • Definieer die atoomgetal van ’n element as die getal protone wat die atoom besit.

Massagetal

• Definieer die massagetal as die aantal protone en neutrone in die atoom.

Isotope

• Definieer ’n isotoop as atome met dieselfde atoomgetalle, maar verskillende massagetalle.

Periodieke Tabel

• Stel die Periodieke Tabel voor. Gebruik die Periodieke Tabel om die aantal: a) protone b) elektrone c) neutrone in verskillende elemente vas te stel. • Noem die lading van ’n proton, ’n neutron en ’n elektron.

Riglyne vir onderwysers

Tyd

Onderwerp Graad 10 Elektronkonfigurasie

Inhoud, konsepte & vaardighede • Gee die elektroniese formaat van die eerste 20 elemente op die Periodieke Tabel deur gebruik te maak van die Aufbau-beginsel asook die (↑↓) notasie. • Orde waarin die verskillende energievlakke ingevul moet word. • Tref onderskeid tussen kernelektrone en valenselektrone. • Gee die spektroskopiese elektronkonfigurasie van die eerste 20 elemente op die Periodieke Tabel deur die volgende notasie te gebruik (1s2,2s2, 2p6, 3s2, 3p6, 4s2). • Bepaal die kernsamestelling van sommige van die elemente wat in die tegnologiese veld gevind word.

3 ure

Twee tipes ladings

Elektrisiteit Elektrostatika • Verduidelik dat alle materiale positiewe ladings (protone) en negatiewe ladings (elektrone) bevat. • Verduidelik dat ’n voorwerp wat dieselfde getal elektrone en protone het, neutraal (geen netto lading) is. • Verduidelik dat positiefgelaaide voorwerpe minder elektrone het, en dat negatiefgelaaide voorwerpe ’n oormaat elektrone het. • Beskryf hoe voorwerpe (isolators) deur kontak (of ’n gevryf) gelaai kan word.

Riglyne vir onderwysers

Tyd

Onderwerp Graad 10 Eksperiment 10

Inhoud, konsepte & vaardighede • Ondersoek die twee tipes ladings.

Riglyne vir onderwysers

• Gebruik enige van die volgende: 1. ’n Perspeksstaaf, ’n politeenstaaf, ’n wollap, klein stukkies papier 2. Van der Graaf opwekker 3. Goue blad elektroskoop 4 ure

Ladingbehoud

• Die beginsel van behoud van lading verklaar dat die netto lading van ’n geïsoleerde sisteem bly konstant gedurende ’n fisiese proses.

Behoud van lading

• Pas die beginsel van die behoud van lading toe. • Bepaal die lading van twee voorwerpe nadat dit aanmekaar Skep verskeie situasies waar lading bereken moet word nadat twee ladings geraak en toe weer geskei is, met die volgende: aanmekaar geraak en weer geskei het. Q1 + Q2 Q= 2 • Gebruik die bostaande formule om probleme op te los waarin lading betrokke is.

4 ure

Elektriese stroombane Komponente van ’n stroombaan

NOTA: Hierdie vergelyking is slegs waar vir identiese geleiers. • Teken die komponente van ’n stroombaan deur gepaste stroombaansimbole te gebruik. • Gee die betekenis van al die simbole wat gebruik word.

Oefen om stroombane te teken deur stroombaansimbole te gebruik.

Tyd

Onderwerp Graad 10 Stroom

Inhoud, konsepte & vaardighede Riglyne vir onderwysers • Definieer stroom, I, as die tempo waarteen stroom vloei. Dit word gemeet in ampère (A), wat dieselfde is as coulomb per sekonde. • Bereken die stroom wat vloei met die volgende vergelyking: Q I = Δt • Dui die rigting van die stroom in die stroombaandiagramme aan (konvensioneel).

Potensiaalverskil (terminaal pd)

• Definieer potensiaalverskil in terme van lading en arbeid verrig. V = W/Q

EMK

• EMK is die potensiaalverskil oor ’n sel wanneer daar geen stroom deur die stroombaan vloei nie (oop stroombaan). • Gee die verskil tussen EMK en potensiaalverskil. • EMK en pv word gemeet in volt (V).

3 ure

Meet van spanning (pv) en stroom Eksperiment 11

• Doen berekeninge deur die bostaande vergelykings te gebruik. • Teken diagramme om te wys hoe spanning en stroom in ’n stroombaan gemeet word. • Bou ’n elektriese stroombaan om die stroom deur ’n resistor en die spanning oor ’n resistor te meet. (Apparaat: geleidingsdraad, selle, voltmeter, ammeter, skakelaar, ens.)

Bepaal die EMK en die potensiaalverskil van ’n sel.

Tyd 3 ure

Onderwerp Graad 10 Weerstand

KWARTAAL 4 Elektrisiteit Inhoud, konsepte & vaardighede • Weerstand word gedefinieer as ’n teenstand teen die vloei van elektriese stroom. • 1 Ω = 1 V.A-1 • Gee ’n mikroskopiese beskrywing van weerstand in terme van elektrone wat deur ’n geleier beweeg en bots teen die deeltjies waaruit die geleier (metaal) gemaak is en kinetiese energie oordra.

Eksperiment 12

4 ure

Resistors in serie

• Stel en veruidelik faktore wat die weerstand van ’n stof beïnvloed. • Ondersoek die volgende faktore wat die weerstand van ’n geleier beïnvloed: • Temperatuur • Dikte • Lengte • Tipe materiaal (Apparaat: Koper- en nichroomdraad van verskillende diktes, selle, voltmeter, ammeter, skakelaar, ens.) • Resistors is in serie wanneer dit van end tot end gekoppel is sodat die stroom net een pad deur die resistor het. Rs = R1 + R2 + R3 • Dieselfde stroom vloei deur elke resistor. IT = I1 = I2 = I3 • Seriestroombane word potensiaalverdelers genoem. VT = V1 + V2 + V3

Riglyne vir onderwysers

Tyd

Onderwerp Graad 10 Eksperiment 13

4 ure

Resistors in parallel

Inhoud, konsepte & vaardighede • Stel ’n stroombaan op om te wys dat seriestroombane spanningverdelers is, terwyl die stroom konstant bly. (Apparaat: gloeilampe of resistors, batterye, skakelaars, verbindingsdrade, ammeters, voltmeters, ens.) • Resistors is in parallel wanneer dit aan dieselfde punt verbind is sodat die stroom verskillende paaie het waardeur dit deur die resistor kan vloei. 1 1 1 1 = + + R1 R2 R3 RP

Riglyne vir onderwysers Herinner leerders dat weerstand toeneem soos wat meer resistors in serie geskakel word.

• Ons kan die alternatiewe formule gebruik wanneer ons twee resistors in parallel het: RR RP = 1 2 R1 + R2

Herinner leerders dat as hoe meer resistors jy in parallel skakel, hoe kleiner is die weerstand.

• Spanning is konstant oor elke resistor wat in parallel geskakel is. VT = V1 = V2 = V3 • Resistors in parallel geskakel is stroomverdelers. IT = I1 + I2 + I3 Eksperiment 14 (formeel)

• Stel ’n stroombaan op om te wys dat parallelle stroombane stroomverdelers is, terwyl potensiaalverskil dieselfde bly. (Apparaat: gloeilampe of resistors, batterye, skakelaars, verbindingsdrade, ammeters, voltmeters, ens.)

Tyd 1 uur

Onderwerp Graad 10 Hitte en temperatuur Hitte

Hitte en termodinamika Inhoud, konsepte & vaardighede

Riglyne vir onderwysers

• Definieer hitte as ’n vorm van energie. Die SI-eenheid van hitte is joule (J). • Temperatuur is ’n aanduiding van hoe warm of koud ’n liggaam is. Die SI-eenheid van temperatuur is kelvin (K).

Temperatuur 2 ure

Verskillende tipes termometers

• Temperatuur word met ’n termometer in grade Celsius (°C) gemeet. • Alkoholtermometer, kwiktermometer, termo-elektriese termometer • Gee voorbeelde van toepassings van termometers in tegnologie.

3 ure

Celsius-skaal

• Celsius-skaal word gebruik om temperatuur vir algemene doeleindes te meet.

Kelvin-skaal

• Die kelvin-skaal word vir termodinamiese berekeninge gebruik. T = t + 273 T is die temperatuur in kelvin. t is die temperatuur in grade Celsius • Gebruik die bostaande formule om die temperatuur van Celsius na kelvin om te skakel.

Eksperiment 15

• Bepaal die smeltpunt van was. (Apparaat: paraffienwas, bunsenbrander, termometer, 500 ml beker, kookbuis, klemme, ens.)

Gebruik ’n kwiktermometer om die temperatuur van die volgende stowwe te meet: (a) yswater (b) kraanwater (c) kookwater Fahrenheit (nie vir assessering, slegs vir verryking)

AFDELING 4 4. ASSESSERING 4.1 INLEIDING Assessering is ’n aanhoudende, beplande proses van identifisering, versameling en interpretering van inligting rakende die prestasie van leerders, deur gebruik te maak van verskillende vorme van assessering. Dit sluit vier stappe in: generering en versameling van bewyse van prestasie; evalueer hierdie bewyse; teken die bevindinge aan en gebruik die inligting om te verstaan en sodoende die leerder by te staan in die leerder se ontwikkeling om sodoende die proses van leer en onderrig te verbeter. Assessering moet beide informeel (assessering vir leer) en formeel (assessering van leer) wees. In beide gevalle moet gereelde terugvoering aan die leerders gegee word om die leerervaring te verbeter. Assessering is ’n proses wat die individuele leerder se verkryging van kennis (inhoud, konsepte en vaardighede) in ’n vak meet deur die versameling, analisering en interpretering van data en inligting wat verkry is in die proses om: • die onderwyser in staat te stel om betroubare uitsprake oor die leerder se progressie te maak; •

die leerder in te lig oor sy/haar sterkpunte, swakpunte en progressie;



die onderwysers, ouers en ander belanghebbendes te help om besluite rakende die leerproses en progressie van die leerders te maak.

Assessering moet teen die inoud, konsepte en vaardighede en die doelwitte wat vir Tegniese Wetenskappe gespesifiseer is in beide die informele en formele assessering gekarteer word. Dit is belangrik om te verseker dat daar deur die loop van die skooljaar: •

al die inhoud van die vak behandel word;



die volle reeks vaardighede ingesluit word;



’n verskeidenheid van assesseringsmetodes gebruik word.

4.2

Informele of daaglikse assessering

Assessering vir leer het die doel om aanhoudend inligting in te samel oor ’n leerder se prestasie wat gebruik kan word om hulle leerproses te verbeter. Met informele assessering word leerders se progressie daagliks gemonitor. Dit word gedoen deur observasies, besprekings, praktiese demonstrasies, leerder-onderwyserkonferensies, informele klaskamerinteraksies, ens. Informele assessering kan so eenvoudig wees soos om gedurende lesaanbiedings te stop en leerders te observeer, of met leerders te bespreek hoe leerprogressie is. Informele assessering moet gebruik word om terugvoering te verskaf aan die leerders en om hulle in te lig oor die beplanning van onderrig, maar dit hoef nie aangeteken te word nie. Dit moet nie as losstaande van die leeraktiwiteite in die klas gesien word nie. Leerders of onderwysers kan die assesseringsopdragte merk.

Selfassessering en assessering deur medeleerders laat leerders aktief betrokke raak by assessering. Dit is belangrik dat dit leerders toelaat om te leer uit en te reflekteer oor hulle eie prestasies. Die resultate van die informele daaglikse assesseringsopdragte word nie formeel aangeteken nie, tensy die onderwyser dit verkies. Die resultate van die daaglikse assesseringstake word nie in ag geneem vir bevordering en sertifisering nie. Informele, aanhoudende assessering moet gebruik word om struktuur aan die verkryging van kennis en vaardighede te verskaf en moet die voorloper van formele opdragte in die Assesseringsprogram wees. ASSESSERINGSPROGRAM Skoolgebaseerde Assessering – SBA Praktiese Assesseringstaak – PAT Jaareindeksamen 25% 25% 50% Alle assesseringsopdragte wat deel van die formele program vir assessering vir die jaar vorm word gesien as die formele assessering. Formele assesseringsopdragte word gemerk en formeel aangeteken deur die onderwyser vir progressie- en sertifiseringdoeleindes. Alle formele assesseringsopdragte is onderhewig aan moderering vir gehalteversekeringdoeleindes en om te verseker dat gepaste standaarde gehandhaaf word. Formele assessering voorsien onderwysers van ’n sistematiese manier om te evalueer hoe goed leerders in ’n graad en spesifieke vak vorder. Voorbeelde van formele assessering sluit toetse, eksamens, praktiese opdragte, projekte, mondelingse aanbiedings, demonstrasies, prestasies, ens. in. Formele assesseringsopdragte vorm deel van ’n jaarlange formele assesseringsprogram in elke graad en vak. 4.3.1 Kontroletoetse & eksamens Kontroletoetse en eksamens word geskryf onder beheerde omstandighede binne ’n gespesifiseerde typeriode. Vrae in toetse en eksamens moet prestasie assesseer op verskillende kognitiewe vlakke, met die klem op prosesvaardighede, kritiese denke, wetenskaplike beredenering en strategieë om te ondersoek en probleme op te los in ’n verskeidenheid van wetenskaplike, tegnologiese, omgewings- en alledaagse kontekste. 4.3.2 Praktiese ondersoeke & eksperimente Praktiese ondersoeke en eksperimente moet fokus op die praktiese aspekte en die prosesvaardighede wat vir wetenskaplike ondersoeke en probleemoplossing vereis word. Assesseringsaktiwiteite moet ontwerp word sodat leerders geassesseer word op hulle gebruik van wetenskaplike ondersoekvaardighede, soos beplanning, waarneming en insameling van inligting, begrip, sintetisering, veralgemening, hipotesering en kommunikasie van resultate en gevolgtrekkings. Praktiese ondersoeke moet prestasie assesseer op verskillende kognitiewe vlakke en moet fokus op prosesvaardighede, kritiese denke, wetenskaplike beredenering en strategieë om te ondersoek en probleme op te los in ’n verskeidenheid van wetenskaplike, tegnologiese, omgewings- en alledaagse kontekste. Die verskil tussen ’n praktiese ondersoek en ’n eksperiment is dat ’n eksperiment saamgestel is om ’n bekende teorie te verifieer of te toets, waar ’n ondersoek ’n eksperiment is wat saamgestel is om ’n hipotese te toets, m.a.w. die resultate of uitslag is nie vooraf bekend nie.

4.3.3 Projekte ’n Projek is ’n geïntigreerde assesseringsopdrag wat fokus op prosesvaardighede, kritiese denke en wetenskaplike beredenering asook strategieë om te ondersoek en probleme op te los in ’n verskeidenheid van wetenskaplike, tegnologiese, omgewings- en alledaagse kontekste. Dit vereis van die leerder om die wetenskaplike metode te volg om óf ’n toestel óf ’n model te vervaardig, of om ’n praktiese ondersoek saam te stel. ’n Projek sal uit een van die volgende bestaan: (i)

Bou van ’n toestel, bv. ’n elektriese motor.

(ii)

Bou van ’n fisiese model sodat ’n uitdaging opgelos kan word wat jy geïdentifiseer het deur konsepte in die FET Tegniese Wetenskappe-kurrikulum te gebruik.

(iii)

Praktiese ondersoek

Nota: Die leerder het die opsie om ’n plakkaat as deel van sy/haar aanbieding van die projek in te sluit. Die assesseringsgereedskap wat gebruik word, wat die assesseringskriteria vir elke taak spesifiseer, sal bepaal word deur die aard van die opdrag en die fokus van die assessering. Assesseringsgereedskap kan een of ’n kombinasie wees van rubrieke, kontrolelyste, observasieskedules en memorandums. VEREISTES VIR GRADE 10, 11 EN 12 PRAKTIESE WERK In Grade 10 en 11 sal leerders VIER voorgeskrewe eksperimente vir formele assessering en EEN projek doen. Dit gee ’n totaal van VYF formele assesserings in praktiese werk in Tegniese Wetenskappe in beide Grade 10 en 11. In Graad 10 word dit aanbeveel dat leerders ELF eksperimente vir informele assessering doen en in Graad 11 word dit aanbeveel dat leerders NEGE eksperimente vir informele assessering doen. Dit gee ’n totaal van SESTIEN informele assesserings in praktiese werk in Tegniese Wetenskappe in Graad 10, en ’n totaal van VEERTIEN informele assesserings in praktiese werk in Tegniese Wetenskappe in Graad 11. In Graad 12 sal leerders DRIE voorgeskrewe eksperimente vir formele assessering doen. Dit gee ’n totaal van DRIE formele assesserings in praktiese werk in Tegniese Wetenskappe in Graad 12. In Graad 12 word dit aanbeveel dat leerders AGT eksperimente vir informele assessering doen. Dit geen ’n totaal van AGT informele assesserings vir praktiese werk in Tegniese Wetenskappe in Graad 12.

Grade 10 en 11 Tabel 2: Praktiese werk vir Grade 10 en 11 Praktiese werk Voorgeskrewe eksperimente (formele assessering) Projek (formele assessering) Eksperimente (informele assessering) TOTAAL

Aantal opdragte 4 1 10 15 praktiese aktiwiteite

Graad 12 Tabel 3: Praktiese werk vir Graad 12 Praktiese werk Voorgeskrewe eksperimente (formele assessering) Projek (formele assessering) Eksperimente (informele assessering) TOTAAL

Aantal opdragte 3 1 5 9 praktiese aktiwiteite

4.4 Assesseringsprogram Die Assesseringsprogram is ontwerp om al die formele assesseringsopdragte in al die vakke in ’n skool deur die kwartaal te versprei. 4.4.1 Formele assesseringsprogram vir Grade 10, 11 en 12 Assessering bestaan uit drie komponente: SBA (25%), PAT (25%) en die finale eksamen wat die oorblywende 50% opmaak. Die volgende tabel illustreer die assesseringsplan en gewig van take in die assesseringsprogram vir Tegniese Wetenskappe Grade 10, 11 en 12: ASSESSERINGSPROGRAM VIR GRADE 10 EN 11 ASSESSERINGSTAKE (25%) KWARTAAL 1 Tipe Punt Eksperi20 ment (SBA) 20 Kontroletoets (SBA)

JAAREINDASSESSERING (75%) KWARTAAL 4

KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 Tipe Punt Tipe Punt Finale 30 Eksperimente 100 Eksperieksaminering (PAT) ment (2 × 150 (SBA) punte gee ’n totaal Halfjaar40 Proefeksamen 40 van 300 punte (Graad 12) eksamen vir vraestelle 1 (SBA) Kontroletoets en 2) (Grade 10 en 11) Projek 50 (SBA) (PAT) Totaal: 40 punte Totaal: 120 punte Totaal: 140 punte Totaal: 300 punte Totaal = 600 punte FINALE PUNT = 25% (ASSESSERINGSTAKE), 25% (PAT) + 50% (FINALE EKSAMEN) = 100%

4.4.2 JAAREINDEKSAMEN 4.4.2.1 Grade 10 en 11 (interne assessering) Die jaareindeksamenvraestelle vir Grade 10 en 11 sal intern opgestel, gemerk en gemodereer word, tensy andersins bepaal deur die Provinsiale Onderwysdepartement. Die interne opgestelde, gemerkte en gemodereerde eksamen sal uit twee vraestelle bestaan. 4.4.2.2

Graad 12 (eksterne assessering)

Die eksterne eksamens word ekstern opgestel, by skole geadministreer onder die voorwaardes soos dit in die Nasionale beleid oor die beheer, administrasie en bestuur van die Nasionale Seniorsertifikaat: ’n kwalifikasie op vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) gespesifiseer word, en dit word ekstern gemerk. Die kerninhoud soos uiteengesit in die Tegniese Wetenskappe Kurrikulum- en Assesseringsbeleiddokument (KABV) is verpligtend en sal in Vraestelle 1 en 2 geëksamineer word. Let op dat al die onderwerpe in die Graad 12-kurrikulum in die jaareindeksamen eksamineerbaar is. Meervoudige keusevrae mag in eksamenvraestelle gevra word. Hoewel, hierdie vrae moet ’n maksimum gewig van 10% in die totale eksamenpunt opmaak. Die eksamenvraestel mag ook uit konseptuele tipe vrae bestaan. Die finale jaareindeksamen word nasionaal opgestel, gemerk en gemodereer. Die nasionaal opgestelde, gemerkte en gemodereerde eksamen sal uit twee vraestelle bestaan: • Vraestel 1: (3 ure, 150 punte) • Vraestel 2: (3 ure, 150 punte) • Al die vrae sal fokus op die inhoud soos in die Nasionale Kurrikulumverklaring gestel. 4.4.2.3

Jaareindeksamens se inhoud vir Vraestel 1 en 2: Tegniese Wetenskappe Graad 10

Vraestel 1 Meganika en elektrostatika

11

Meganika, magnetisme en elektrisiteit

12

Meganika, magnetisme en elektrisiteit

Vraestel 2 Materie en materiale, chemiese verandering, hitte en elektrodinamika Chemiese verandering, hitte en termodinamika, golwe en klank Organiese chemie, chemiese verandering, golwe, klank en lig

4.4.2.4

Gewig van onderwerpe in vraestel 1 en 2

Vraestel

Inhoud

Vraestel 1

Meganika Elektrisiteit en magnetisme Materie en materiale Chemiese verandering Hitte en termodinamika Golwe, klank en lig

Vraestel 2

Vraestel

Inhoud

Vraestel 1

Meganika Elektrisiteit en magnetisme Chemiese verandering Hitte en termodinamika Golwe, klank en lig

Vraestel 2

Vraestel

Inhoud

Vraestel 1

Meganika Elektrisiteit en magnetisme Organiese chemie Chemiese verandering Golwe, klank en lig

Vraestel 2

Graad 10 Persentasie 68 32 84

Totale punte/ vraestel 150

150

Tydsduur (ure) 3

3

0 16 0

Graad 11 Persentasie 47 53 23

Totale punte/ vraestel 150

150

Tydsduur (ure) 3

3

21 56

Graad 12 Persentasie 72 28 36 28 36

Totale punte/ vraestel 150

150

Tydsduur (ure) 3

3

4.5

Aantekening en rapportering

Aantekening is ’n proses waar die onderwyser die vlak van ’n leerder se prestasie in ’n spesifieke assesseringstaak dokumenteer. Dit dui die leerder se vordering en bereiking van kennis en vaardighede aan soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring voorgeskryf. Rekords van leerderprestasie behoort bewys te lewer van die leerder se konseptuele vordering in ’n graad en sy/haar gereedheid om na die volgende graad te vorder of bevorder te word. Rekords van leerderprestasies behoort ook gebruik te word om die vordering te verifieer wat onderwysers en leerders in die onderrig- en leerproses maak. Rapportering is die proses van kommunikasie van die leerder se prestasies aan die leerder, ouers, skole en ander belanghebbendes. Leerderprestasies kan op verskeie maniere gerapporteer word. Dit sluit rapporte, ouervergaderings, besoekdae by skole, ouer-onderwyserkonferensies, telefoonoproepe, briewe, klas- of skoolnuusbriewe, ens. in. Onderwysers in alle grade lewer persentasiesverslag oor die vak in. 4.5.1 Aantekening en rapportering in die eerste, tweede en derde kwartale Daar word van skole vereis om kwartaalliks terugvoering aan ouers te gee oor die assesseringsprogram deur van ’n formele rapporteringsinstrument soos ’n rapport gebruik te maak. Die skedule en die rapport moet die algehele vlak van prestasie van die leerder aandui. Skole moet die volgende gewig vir slegs rapporteringsdoeleindes, en slegs in die eerste, tweede en derde kwartale van Grade 10, 11 en 12 gebruik:

Gewig

Praktiese werk 25%

Kontroletoets/halfjaareksamen 75%

4.5.2 Aantekening en rapportering van die assesseringsopdragte en SGA in die assesseringsprogram Daar word ook van skole vereis om kwartaalliks terugvoer te gee aan ouers en leerders oor die punte wat leerders gekry het vir die assesseringsopdragte wat gegee is. 4.5.3 Aantekening en rapportering aan die einde van die akademiese jaar Die gewig van opdragte moet streng voldoen aan die assesseringsprogram wanneer die finale punt van die leerder vir promosiedoeleindes aan die einde van die akademiese jaar vir Grade 10, 11 en 12 bereken word. 4.6 Moderering van assessering 4.6.1 SBA Moderering verwys na die proses wat verseker dat die assesseringsopdragte regverdig, geldig en betroubaar is. Moderering moet op skool-, distriks-, provinsiale en nasionale vlak geïmplementeer word. Omvattende en gepaste modereringspraktyke moet vir die kwaliteitsversekering van alle vakassesserings in plek wees. Alle Graad 10- en 11-opdragte word intern gemodereer. Die vakhoof of departementshoof vir Tegniese Wetenskappe by die skool sal oor die algemeen hierdie proses bestuur. Alle Graad 12-opdragte moet ekstern gemodereer word. Die vakhoof of departementshoof vir Tegniese Wetenskappe by die skool sal oor die algemeen hierdie proses bestuur.

4.6.2 PAT Die finale fase van die PAT (beide projek en eksperimente) sal geassesseer word deur die onderwyser en ekstern gemodereer word deur die Provinsiale vakspesialis, slegs vir Graad 12. Elke provinsie sal datums beskikbaar stel vir eksterne moderering. Leerders sal willekeurig gekies word om vaardighede te demonstreer van PAT (beide projek en eksperimente). 4.7 ALGEMEEN Die dokument moet saam met die volgende gelees word: 4.7.1 [Nasionale Protokol van Assessering] ’n addendum tot die beleidsverklaring, die Nasionale Seniorsertifikaat: ’n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasie raamwerk (NKR), m.b.t. die Nasionale Protokol vir Assessering (Grade R – 12) 4.7.2 Progressie en Promosievereistes Grade 1 – 12 4.7.3 Vakspesifiek eksamenriglyne soos vervat in die konsepbeleidsdokument: Nasionale beleid rakende die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring, Grade R – 12.

Suggest Documents