HOOFSTUK 1. ORleNTERING

HOOFSTUK 1 ORleNTERING 1.1 PROBLEEMSTELLING Kenners soos onder andere Gold en Ro!h (1993), Cherniss (1984), Farber (1983) en Kyriacou (1987), sien ui...
Author: Wilfrid Clark
11 downloads 3 Views 166KB Size
HOOFSTUK 1

ORleNTERING 1.1 PROBLEEMSTELLING Kenners soos onder andere Gold en Ro!h (1993), Cherniss (1984), Farber (1983) en Kyriacou (1987), sien uitbranding as verwan! aan 'n onderwyser se belewing van fisiese uitputting, hulpeloosheid, depressie en ontnugtering, Die onderwyseres

met uitbranding is nie in staat om nonnaat produktief haar werk le kan verrig nie en daarorn kan sy moontlik die beroep verlaat. So raak van die mees kreatiewe en ralentvolle onderwyseresse verlore vir die onderwysberoep (Gold & Roth, 1992: I 7; Piechowski, 1992: 137), W ~re1dwyd bestaan daar kommer oor onderwysers met uitbranding soos gereflekteer deur studies in onder andere die Verenigde Koninkryk (Kyriacou & Pratt, 1985: Mcintyre, 1984). in die VSA (Faber, 1984; Mcintyre, 1984), in Auslralie (Sarros & Sarros, 1992), in Kanada (Burke

&

Greenglass, 1993) asook in die RSA (De Wilt, 1987; De Jager, 1988; Heine, 1992). Enkele van die resullate van stresvolle aspekte war deor mans en dames in die onderwys ondervind word, is afname in werkprestaste (lae moreel, selfsugtigheict, verlating van die beroep), negatiewe toestand (depressie, fmslrasie, woooe-uitbarstings) en fisiese toestande (hoofpyne, psigosomatiese simptome, rnaagsere (Burke & Greenglass, 1993:371). Greyvenstein (1989) se lileratuurstudie wys op !aile inlrinsieke en ekstrinsieke hin-

dernisse wat 'n invloed uitoefen op die vrou se beroepsvooruitgang en professionele selfverwesenliking (De Win, in Vander Wesrhuizen. 1995:560). Volgens Piechowski (1992:135) is die gesamenllike uirwerking van omstandighede wat die vrou in haar beroep beieef, selde ondersoek,

maa~:

sy maak die stelling dat dames

sulke omstandighede meer intens beleef as mans. Baruch I:!Jll. (1987: 130) waarsku dat bevindings van navorsjng op mans dikwels verkeerde!ik aanvaar word om

-1.

ook geldig te woes vir dames, Marais (1992:307) hetdeur middel van 'n stresprofiel bevind dat mans en dames in die onderwys deur verskillende stresfaktore be'in-

vloed word.

Uitbranding, as resulmat

van

langdurige stres waaraan onderwysers blootgestel

word, is internasionaal en nasionaal reeds nagevors by skoolhoofde (Daresh, 1986; Williamson & Campbell, 1987; Biggs, !989; De Witt, 1992) en by onderwysers (Blase, 1982; Kyriacou, 1987; Russell, Altmaier & Van Velzen, 1987; Sarros &

Sarros, 1992; Torelli & Gmelch, 1992), maar nog rtie spesifiek by die onderwyseres nie. Vo!gens Burke en Greenglass (1989:622) het navorsing getoon dat getroude dames in a!Ie beroepe, in vergelyking met mans, addisionele stressors beleef, soos groter gesins- en huisverantwoordelikhede, meer rolkonOik tussen huis en beroep, sowel as geslagsdiskriminasie - alles wa< bydra tot die uitbrandingsindroom,

'n Verdere punt wat uilgelig behoort te word, is besmurstrategiee. Die doel van bestuurstrategiee deur dle skoolhoof vir die hantcrlng van uitbranding, moet wees om maksimum werksgeiuk vir aile onderwyseresse te verseker deurdal onnodige kroniese stres venr;,y moet word. Waar dit periodiek wel voorkom, rnoet dit

on~

middellik uitgeskake1 word (De Witt, 1987:269).

Dit is reeds afdoende deur verskeie Amerikaanse wetenskaplikes (Walsh, 1979; Cherniss, 1983; Gold & Roth, 1993), Britse wetenskaplikes soos Dunham (1986) en Suid·Afrikaanse navorsers (De Witt, 1987; Greeff & Calitz, 1991; Marais,

1992) uitgewys dat sekere werksopsette besonder bevorderlik is vir professionc!e uitbranding. In dle literatuur word daar egter nerens aan die skoolhoof Ieiding

gegee oor bestuurstrategiee wat op die onderwyseres wat aan uitbranding ly, toegepas kan word nie, terwyl vroue in die RSA juis die grootste groep posbekleers op posviakke I en 2 verteenwoordig (Zaaiman, 1993 :34), Kyriacou (1987: 150) noem

- 2-

net dat die skooUmof in die posisie is om die onderwyseres wat uitbranding ervaar, te kan help deur bestuurkundige en organisatoriese praktyke te implementeer wat ultbranding kan teenwerk.

Waar uitbranding by die skoolhoof reeds deeglik nagevors is (Burke & Greenglass,

1989; Heine, 1992; Torelli & Gmelch, 1992) is die probleem wat in hierdie navorsing onder die loep kern die volgende: Waner bestuurstrategiee word deur die skoolboof gebruik ten einde die onderwyseres wat a an uitbranding ly, te kan

han~

teer?

1.2

DOEL VAN DIE NA VORSING

Bogenoemde probleemvraag is geoperasionaliseer in die volgende

navorsingsdoel~

witte:

Navorsingsdoelwit 1: Om uit die Eteratuur vas rc stel wat die aard van uitbranding by die onderwyseres

is, en hoe om die oorsakende faktore, simptome en gevolge van uitbranding by die onderwyseres te bepaaJ.

Navorsingsdoelwit 2: Om uit die literatuur strategiee na te vors wa( gebruik kan word vir die hantering

van die onderwyseres wat aan uitbranding ty.

Navorsingsdoelwit 3:

Om empiries vas te stel:

* in watter mate die onderwyseres aan uitbranding !y; * of persone wat velskil m bepaalde biografiese en demografiese veranderlikes ook verskH ten opsigte van die mate van uirbranding;

3-

* hoe skoolhoofde die ondervlyseres wat aan uitbranding ly, hanteer. Navorsingsdon,.lwit 4: Om riglyne neer te 1@: aan die hand waarvan die skoothoof persoorUike en groepsbegeleiding aan onderwyseresse met uitbranding kan verskaL

1.3

METODES VA."' ONDERSOEK

1.3.1

Uteratuurstudie

Die doel met die literaruursrudte is om bestaande inligting uit primere en sekondEre brorule, wat verband hou met die gestelde doelwitte, re bekom, Om die resente inligting te ontsluit, is 'n DIALOG- en ERIC-soektog onderneem.

Die vo]gende

trefwoorde is gebruik:

11

adminlslrator; burnout; coping; education; educational stress; educational manage-

ment; employed women; job stress; management: role strain; principals; stress; stress management; stress variables; supportive supervision; teacher burnout; women".

1.3.2

Empiriese ondersoek

1.3.2.1

Vraelyste

Drie vraelyste Js as meetinstrumcnte aangewend om inHgtlng vir hierdte studie te versarneL VanuH die lileratuurstudie is 'n vraetys ontwikkel wat aan hoofdc gestuur is ten einde te bepaal op watter wyse hulle die onderwyseres wat aan uitbranding ly, hanteec Verdere vraeiyste is aan onderwyseresse gesruur om deur middel van die "Maslach Burnout inventory" en dle "Pines Tedium Measure" vas

te stel in watter mate uitbranding by hulle voorkorn.

1.3.2.2

Studiepopulasle en trossteckproef

Die teikenpopulasie was al die hoofde (308), asook onderwyseresse op posvlakke I en 2 met drie jaar of Ianger onderwyservaring (4343), van aldie sekondere skole verbonde aan die Departement van On.derwys, Noordwes.

Daar is van 'n beskikbaarheidsteekproef gebruik gemaak waartydens die hoofde van 40 toeganklike sekondCre skole en al die betrokke onderwyseresse verbonde

aan die skool, naamlik die op posvlakke l en 2 met drie jaar en Ianger onderwyservaring (560), deel gevorm het van die steekproef.

1.3.2.3

Statistiese tegnieke

ToepasHke suuistiese tegnieke ls in oorleg met die StatJstiese Konsuftasicdiens van die PU vir CHO bepaal.

1.4

HOOFSTUKINDELING

Hoofstuk l:

Orientering

Hoofstuk 2:

Aard van uitbranding by die onderwyseres

Hoofstuk 3:

Strategiee vir die hantering van die onderwyseres wat aan citbranding ly

Hoofsruk 4:

Empiriese ondersoek

Hoofsh•k 5:

Resultate en bespreking

Hoofstuk 6:

Besruurstraregiee vir dje hantering van uitbranding

Hoofstuk 7:

Sarnevatting, bevindings en aanbevelings

-5-

Suggest Documents