Hier in die Oos-Kaap is die Heer vir ons die bron van roem en eer. Hy t ons in hierdie streek laat woon om Hom as Koning hier te kroon

Hier in die Oos-Kaap is die Heer vir ons die bron van roem en eer. Hy’t ons in hierdie streek laat woon om Hom as Koning hier te kroon. Hier tussen b...
Author: Barbara Willis
50 downloads 3 Views 3MB Size
Hier in die Oos-Kaap is die Heer vir ons die bron van roem en eer. Hy’t ons in hierdie streek laat woon om Hom as Koning hier te kroon. Hier tussen berg, Karoo en see, neem God ons in Sy liefde mee.

Die Heer skep ons tot eenheid saam as heiliges in Jesus Naam. Ons gee ons gawes vir mekaar en maak dan so Sy liefde waar. Hier tussen berg, Karoo en see, neem God ons in Sy liefde mee.

O Here Jesus maak ons vry om alle mense lief te kry. Ons dien U as ‘n priesterdom wat offers bring totdat U kom. Hier tussen berg, Karoo en see, neem God ons in Sy liefde mee. neem God ons in triomftog mee.

• Ons glo aan een kerk as spieëlbeeld van ons een God: Vader, Seun en Heilige Gees Daarom verbind ons ons aan eenheid onder mekaar, in ons kerkfamilie en met ander Christene oor die wêreld.

• Ons glo aan ‘n heilige kerk wat deur wet en belydenis ‘n ligdraer in die wêreld is • Daarom verbind ons ons om as Geesvervulde mense prakties aan die evangelie gestalte te gee.

• Ons glo aan ‘n algemene kerk wat weens Christus se koningskap oor tyd en ruimte heen bestaan Daarom verbind ons ons om die boodskap van Christus oor die wêreld heen te dra.

Ons glo aan ‘n Christelike kerk wat as barmhartigheidsgemeenskap in Christus gesalf is Daarom verbind ons ons om met dade lief te hê en blymoedige offers te bring.

• Ons glo aan die gemeenskap van die heiliges wat hulle gawes met vreugde tot nut van mekaar gee Daarom verbind ons ons om na mekaar om te sien en die ander se belang eerste te soek.

Laat, Heer, u vrede deur my vloei waar haat is, laat ek daar u liefde bring Laat ek in pyn en smart vertroostend wees en krag gee deur geloof in U, o Heer.

O Heer, help my om altyd so te leef om ander hoër as myself te ag. Ja, om lief te hê - ander bo myself en ook eerder te gee as te verwag.

Laat, Heer, u vrede deur my vloei en laat ek hoop gee waar daar twyfel is. Ek wil u lig in duisternis laat skyn. Laat ware vreugde altyd uit my straal.

O Heer, help my om altyd so te leef om ander hoër as myself te ag. Ja, om lief te hê - ander bo myself en ook eerder te gee as te verwag.

Laat, Heer, u vrede deur my vloei leer my om ook soos U te kan vergeef. Maak my bereid om aan myself te sterf, dat ander U al meer in my kan sien.

Hemelse Vader, ons bring U eer U wat u skepping met wysheid regeer. Groot is u almag, liefde en trou. Ons eer u goedheid; op U kan ons bou Ons eer u goedheid; op U kan ons bou

Christus, Verlosser, ons bring U eer U daal uit liefde as Middelaar neer. U gee u lewe; U maak ons vry. Dankbaar kom ons nou onsself aan U wy Dankbaar kom ons nou onsself aan U wy

Heilige Gees, aan U al die eer U wat gelowiges lei en wil leer. Rig ons gedagtes, heers oor ons hart. Gee ons u vrede en troos ons in smart Gee ons u vrede en troos ons in smart

U liefde kleur die blou-blou helder hemel U goedheid ruis die dagbreek oor die see U almag blink in maanlig oor die berge Die skoonheid van U skepping leer my meer

U glorie sprei in vlerke van ’n arend Genade sweef in wolke, hoog en vry Die skepping sing vir my gewone sterfling Die Skeppergod se liefdeslied weerklink in my

Ek sien die kruis, ek volg die spoor na Golgota Ek sien die kroon, die dorings wat u dra Ek kniel hier neer, om nederig en dankbaar Vergifnis vir my sondeskuld te vra

Ek ken die kruis, ek ken die Man van smarte Ek voel die pyn, U liefdesbloed bevry En van die kruishoutkoppie styg die note Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my

Wat is die mens, dat U oor hom sou glimlag En wie is ek dat U vir my sou kom? Hoe groot U liefde, grenslose genade Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my

Hoe groot U liefde, grenslose genade Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my

Van krip tot kruis weerklink U liefdeslied vir my

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek spreek en wind en golwe bedaar, Ek sal ook jou getrou bewaar.

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek ken jou pyn, jou donkerste nag. Ek is by jou, Ek gee jou krag

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Kom bring na My jou kommer en vrees. Ek sal vir jou ‘n toevlug wees.

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Bly waak en bid; volhard in geloof. Ek is by jou soos Ek beloof.

Let your living waters flow over my soul Let your Holy Spirit come and take control Every situation that has troubled my mind All my cares and burdens unto you I roll

Jesus (3x) Father (3x) Spirit (3x)

Come now Holy Spirit and take control Hold me in your loving arms and make me whole Wipe away all doubt and fear and take my pride Draw me to your love and keep my by your side

Jesus (3x) Father (3x) Spirit (3x)

Give your life to Jesus and lift your soul Let him take you in his arms and make you whole As you give your life to Him He’ll set you free You will live and reign with Him eternally

Jesus (3x) Father (3x) Spirit (3x)

Vader, Seun, Heil'ge Gees, hoe sal ons u heerlikheid kan verwoord, u lof besing met ‘n aardse stem?

Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer. Eer ons God as Majesteit, loof Hom tot in ewigheid.

Woord uit Woord, Lig uit Lig, kom as mens op aarde. Bo begrip, bo ons verstand is u grootheid, Heer.

Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer. Eer ons God as Majesteit, loof Hom tot in ewigheid.

Ek bring U my lof, o Heilige God My lof is ‘n offer aan U (2x) En ek sing, want ek weet My Verlosser, U leef Ek besing u grootheid tot in ewigheid.

Ek bring U my lof, o Heilige God My lof is ‘n offer aan U (2x) Ja, ek kniel voor U neer U die ewige Heer En ek hef my hart en hande op tot U

Ons Vader, neem ons hande en maak ons een. Versterk u self die bande gee ons u seën. Bind ons in u genade aan U, o Heer, en leer ons om met dade u Naam te eer.

Heer, wees vir ons ‘n Vader wat sorg en sien. Trek ons in Christus nader om U te dien. Laat, Heer, u Gees ons voorgaan, laat Hy ons lei, dat ons u Woord gehoorsaam, ons aan U wy.

Leer ons mekaar vergewe, mekaar vertrou. Laat ons die hele lewe op liefde bou. Laat heers oor ons u vrede, en bind ons saam. Verhoor tog ons gebede in Jesus Naam.

Bly volhard soos atlete – dis God wat ons wedloop bepaal. Daar ‘n skaar verlostes wat wag om die baan dat ons almal die wenstreep sal haal.

Elke las moet ons afgooi – die sonde wat maklik verstrik – dat ons God se pad met volharding kan loop; dis die pad na die ware geluk.

Hou die oë op Jesus – ons Vriend, ons Verlosser, ons Hoof. Vir die vreug daarná het Hy smarte verdra; Hy begin en versterk ons geloof.

My hande hef ek op na U Ek loof U naam en buig voor U Want U is Heer Die Koning van my hart En ek dien geen afgod nie En niks is meer belangrik nie As dat U in my hart regeer Daar is geen plek vir ander nie Voor U o Heer lê ek nou my lewe neer

O Koning Heer ek wil U eer U naam besing U hulde bring Want U o Heer bly altyd in beheer U wil ek my lewe wy Gehoorsaam my in u verbly Laat my lied ‘n loflied wees Aan U o Vader, Seun en Gees Ek wil U roem, Vader noem My God en Heer

Hou oor my vannag u hande, grote God, wat altyd waak. Laat my rus in u beskerming as dit donker om my raak.

Heer, vergeef my al my sondes; maak my hart opnuut weer skoon: Dan sal ek geen onheil vrees nie dan sal vrede in my woon.

Neem ons huis, ons vriende, almal, in bewaring deur die nag. Môre dank ons U vir goedheid gawe van ‘n nuwe dag.

Suggest Documents