GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE FEBRUARIE/MAART 2013 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye. Kopi...
Author: Carmel Thornton
22 downloads 0 Views 914KB Size
GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

EKONOMIE FEBRUARIE/MAART 2013

PUNTE: 300 TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

Ekonomie

2 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.

Beantwoord SES vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae. AFDELING C: Beantwoord enige TWEE van die vier vrae.

2.

Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste DRIE vrae nagesien word en in AFDELING C slegs die eerste TWEE.

3.

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.

4.

Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.

Lees AL die vrae aandagtig deur.

6.

Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.

Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.

Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde met die kognitiewe vereistes van die vrae ooreenstem.

9.

Gebruik slegs swart of blou ink.

10.

Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.

Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

Ekonomie

3 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1

50 PUNTE – 25 MINUTE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.12) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1

Die studie van individuele huishoudings in 'n ekonomie, staan as ... ekonomie bekend. A B C

1.1.2

Beleidmakers wat neigings dophou en beleide verander wanneer die ekonomie nie bevredigend presteer nie, gebruik ... stabiliseerders. A B C

1.1.3

gereguleerde ongereguleerde arbeids-

Die goedere van 'n monopolistiese mededinger is ... A B C

Kopiereg voorbehou

grens- (marginale) addisionele gemiddelde

'n Mark waarin die staat nie inmeng nie, word as 'n ... mark beskou. A B C

1.1.6

Lorenz Laffer Gini

Die inkomste verkry uit die verkoop van 'n addisionele eenheid is ... inkomste. A B C

1.1.5

outomatiese kunsmatige diskresionêre

Die kurwe wat die graad van ongelykheid in die verdeling van inkomste in Suid-Afrika illustreer, staan as die ...-kurwe bekend. A B C

1.1.4

makromikrointernasionale

eenders. gedifferensieerd. uniek.

Blaai om asseblief

Ekonomie

4 NSS

1.1.7

Baie ontwikkelende lande het nie die ... om grootskaalse vervaardigingsbedrywe volhoubaar te bedryf nie. A B C

1.1.8

privaat voordeel. sosiale voordeel. privaat koste.

Suid-Afrika se omgewingsuniekheid word deur ... geïllustreer. A B C

Kopiereg voorbehou

1–6%. 6–12%. 3–6%.

'n Firma sal minder geld bestee aan toerusting wat besoedeling verminder as gevolg van die lae marginale ... A B C

1.1.12

Oos-Kaap Gauteng Mpumalanga

Die huidige inflasieteiken, soos deur die Suid-Afrikaanse regering vasgestel, is ... A B C

1.1.11

vrye handel globalisering industrialisasie

Die Maputo-korridor word in die …-provinsie aangetref. A B C

1.1.10

kapitaal lone nywerheidsbeleide

Samewerking en interaksie van ekonomieë, met handel as 'n sleutelelement, staan as … bekend. A B C

1.1.9

DBE/Feb.–Mrt. 2013

uShaka Marine World die Addo-olifantpark die Kaapse Fynbosstreek

(12 x 2)

Blaai om asseblief

(24)

Ekonomie

1.2

1.3

5 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

Gee die ekonomiese term/begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term/begrip langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1

Die groep ekonome wat glo dat markte inherent onstabiel is

1.2.2

Geld wat uit die ekonomie geneem word, byvoorbeeld spaargeld, belasting en invoere

1.2.3

Die tegniek wat gebruik word om die totale sosiale koste en totale sosiale voordeel wat met 'n bepaalde projek geassosieer word, te evalueer

1.2.4

Die effek wat ontstaan uit die hitte wat in die atmosfeer vasgevang word

1.2.5

Betalings deur die staat sonder dat 'n produktiewe diens in ruil daarvoor gelewer word (5 x 2)

(10)

Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1

KOLOM A Residuele item

1.3.2

Reële vloei

1.3.3

Paretodoeltreffendheid

A

KOLOM B vloei van goedere en dienste tussen huishoudings en besighede

B

verhouding van uitvoerpryse en invoerpryse

C

'n balanserende syfer in die berekenig van die bruto binnelandse produk – BBP(E)

1.3.4

Ekonomie van skaal

1.3.5

Ruilvoet

D

lae groei, hoë werkloosheid en hoë pryse

1.3.6

Tariewe

E

olie, goud en steenkool

1.3.7

Stagflasie

F

'n styging in produksie wat lei tot 'n daling in langtermyn gemiddelde koste

1.3.8

Niehernubare hulpbronne

G

ad valorem of spesifieke belasting op ingevoerde goedere

H

dit is onmoontlik om iemand se posisie te verbeter sonder om iemand anders se posisie te verswak

I

die vloei van inkomste en besteding (8 x 2) TOTAAL AFDELING A:

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(16) 50

Ekonomie

6 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

AFDELING B Beantwoord enige DRIE ANTWOORDEBOEK.

van

die

vyf

vrae

uit

hierdie

VRAAG 2: MAKROEKONOMIE 2.1

afdeling

in

die

50 PUNTE – 25 MINUTE

Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1

Die koers waarteen een geldeenheid vir 'n ander geldeenheid verruil word, word die (belegging/wissel)-koers genoem.

2.1.2

Die (amplitude/tendenslyn) meet die intensiteit van opswaaie en afswaaie in ekonomiese aktiwiteit.

2.1.3

Die verkoop van openbare bates en besighede aan die privaat sektor staan as (nasionalisering/privatisering) bekend.

2.1.4

Die aankoop van ekwiteite of verbande waar die belegger slegs in die verwagte finansiële opbrengs geïnteresseerd is, staan as (direkte/portefeulje-) beleggings bekend. (4 x 2)

2.2

Noem die DRIE deelnemers in 'n geslote ekonomie.

2.3

Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

JAAR

(3 x 2)

SUID-AFRIKA IN DIE PROSES VAN VERANDERING % VERANDERING % % IN BRUTO VERANDERING IN VERSKIL BINNELANDSE PRIVAAT TUSSEN BBP PRODUK EN PVB VERBRUIKS(BBP) BESTEDING (PVB)

(8) (6)

SALDO OP DIE LOPENDE REKENING R (MILJOEN)

2006

5,5

3,0

+2,5

-5 000

2008

7,0

7,5

-0,5

-15 000

2010

4,5

7,8

-3,3

-28 000

[Bron: Aangepas uit US Business School, 2011]

2.3.1

Definieer die betalingsbalans.

(2)

2.3.2

Noem 'n instelling in Suid-Afrika wat gereeld gedetailleerde data oor die belangrikste ekonomiese aanwysers publiseer.

(2)

Watter impak het die verskil tussen produksie en verbruik in 2010 op invoere gehad?

(2)

Wat is die korrelasie tussen die syfers in die laaste twee kolomme?

(4)

2.3.3 2.3.4

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

Ekonomie

2.4

7 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Prys van dollar in terme van die rand ($/R)

VRAAG EN AANBOD VAN BUITELANDSE VALUTA V

A A1

14

e

12

e1

A 0

A1

V 100

120

Hoeveelheid VSA dollar [Bron: Ekonomie vir Almal, 2007]

2.4.1

Identifiseer die oorspronklike ewewigspunt.

(2)

2.4.2

Wat gebeur met die hoeveelheid dollar wanneer die aanbodkurwe van AA na A 1 A 1 verskuif? Gee 'n moontlike rede vir hierdie verskuiwing.

(4)

Wat gebeur met die waarde van die rand in terme van die VSA dollar wanneer AA na A 1 A 1 verskuif? Motiveer jou antwoord.

(4)

Verduidelik hoe die bruto binnelandse produk (BBP) teen markpryse afgelei word deur die bestedingsmetode – BBP(E) te gebruik. (4 x 2)

(8)

2.4.3

2.5

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

Ekonomie

2.6

8 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

Bestudeer die Laffer-kurwe hieronder en verduidelik die verwantskap tussen die belastingkoers en belastinginkome. Belastinginkome R

R1

0

t1

t Belastingkoers

t2

100% (4 x 2)

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(8) [50]

Ekonomie

9 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

VRAAG 3: MIKROEKONOMIE 3.1

50 PUNTE – 25 MINUTE

Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 3.1.1

Wanneer inkomste gelyk is aan totale koste onder volmaakte marktoestande, staan dit as (normale/ekonomiese) wins bekend.

3.1.2

Die koste van insette wat deur die entrepreneur besit word en in die produksieproses gebruik word, staan as (eksplisiete/ implisiete) koste bekend.

3.1.3

Gemeenskapsgoedere, byvoorbeeld straatligte, is (nie-uitsluitbaar/ mededingend) van aard.

3.1.4

Onder volmaakte marktoestande word die prys deur die (mark/individuele) vraag- en aanbodkurwes bepaal. (4 x 2)

3.2

Noem enige DRIE voorwaardes/eienskappe van 'n volmaakte mark.

3.3

Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

(3 x 2)

(8) (6)

EKONOMIESE WINS VAN DIE MONOPOLIS Prys

V MK c

R20

b

R16

f

R11 R9

a GI 0

500

V 800

Hoeveelheid

3.3.1

By watter punt word maksimum wins gemaak?

(2)

3.3.2

Identifiseer die kurwe gemerk f.

(2)

3.3.3

Watter eenheidsprys sal die monopolis vra om maksimum wins te maak?

(2)

Bereken die ekonomiese wins wat hierdie monopolis maak. Toon ALLE berekeninge.

(4)

3.3.4

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

Ekonomie

3.4

10 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wanneer ek die When I increase rentekoers met price 2% 5% by verhoog, you alsojulle do. dit doen Right! ook! … Reg so?

VIER GROOT BANKE …

Moenie bekommerd Don’t nie, worry wees ekI’ve hetgot alles this under control... onder beheer! …

word fatter vetter. Getting

Reg! Right!

Sekerlik! Sure!

… ...enand so word ooreenkoms bereik so the'n agreement is found [Bron: The Star, Augustus 2011]

3.4.1

Watter tipe markstruktuur word deur die spotprent voorgestel?

(2)

3.4.2

Watter ekonomiese term beskryf die mans om die tafel se optrede die beste?

(2)

Gee 'n voorbeeld van 'n nieprysstrategie wat deur hierdie tipe markstruktuur gebruik word.

(2)

Trek 'n tipiese vraagkurwe vir die markstruktuur hierbo.

(4)

3.4.3

3.4.4 3.5

3.6

Noem en bespreek die rol van enige TWEE instellings wat by Suid-Afrika se mededingingsbeleid betrokke is. (Enige 2 x 4) Tref 'n vergelyking tussen 'n volmaakte mark en 'n monopolie met betrekking tot pryse, wins, hoeveelheid en koste.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(8)

(8) [50]

Ekonomie

11 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

VRAAG 4: EKONOMIESE STREWES 4.1

50 PUNTE – 25 MINUTE

Kies die korrekte woord(e) tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.1.1

Die instelling wat monetêre beleid in Suid-Afrika bepaal, is die (Suid-Afrikaanse Reserwebank/JSE Sekuriteitebeurs Bpk.).

4.1.2

Owerheidsbeleid ten opsigte van vervaardiging word dikwels (nywerheids/ontwikkelings)-beleid genoem.

4.1.3

'n Voordeel van invoervervanging is dat die binnelandse ekonomie meer (gespesialiseerd/gediversifiseerd) raak.

4.1.4

Die internasionale organisasie wat standaardisering van aanwysers deur ledelande vereis, is die (Wêreldhandelsorganisasie/Internasionale Monetêre Fonds). (4 x 2)

4.2

Noem enige DRIE voordele van uitvoerbevordering.

4.3

Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

(3 x 2)

(8) (6)

SUID-AFRIKA – BBP-GROEIKOERS 'n Persentasieverandering per kwartaal (2005 = 100)

2007

2008

2009

2010

2011

4.3.1

Uit watter bron is die data hierbo verkry?

(2)

4.3.2

Watter jaar word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank as basisjaar gebruik?

(2)

4.3.3

Gee 'n rede vir die negatiewe groeikoers in 2009.

(2)

4.3.4

Gee TWEE redes vir die positiewe groeikoers in 2010.

(4)

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

Ekonomie

4.4

12 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIEP INGEDAGTE Suid-Afrika is een van die wêreld, en Afrika, se belangrikste mynboulande in terme van die verskeidenheid minerale wat ontgin word. Dit het die wêreld se grootste reserwes van chroom, goud, vanadium en magnesium. Saam verteenwoordig dit 6,5% van die land se BBP. Die goudmynbedryf bly die grootste werkgewer, verantwoordelik vir meer as 50% van totale indiensneming in hierdie sektor. Die verskuiwing na swart ekonomiese bemagtiging in hierdie bedryf vorder, maar nie vinnig genoeg nie. Daar is ook 'n verskuiwing in die regering na die akkommodering van klein mynmaatskappye wat geleenthede skep vir jonger besighede om aan die gang te kom. [Bron: Aangepas uit Skyways, 2012]

4.4.1

Definieer die term ekonomiese groei.

(2)

4.4.2

Gee redes waarom die goudmynbedryf van ekonomiese belang vir Suid-Afrika is. (2 x 2)

(4)

Waarom is swart ekonomiese bemagtiging nodig in Suid-Afrika se mynbedryf?

(4)

Bespreek indiensneming as 'n ekonomiese aanwyser en stel oplossings voor vir die werkloosheidsprobleem in Suid-Afrika. (4 x 2)

(8)

4.4.3

4.5

4.6

Tabuleer die belangrikste verskille tussen ontwikkelde lande in die noorde en ontwikkelende lande in die suide (Noord-Suid-verdeling). (2 x 4)

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(8) [50]

Ekonomie

13 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

VRAAG 5: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 50 PUNTE – 25 MINUTE 5.1

Kies die korrekte woord(e) tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 5.1.1

Ruilhandel kan plaasvind waar gemeenskappe (hiperinflasie/ stagflasie) ondervind.

5.1.2

Die belangrikste oorsaak van koste-druk-inflasie is die toename in (salarisse en lone/vrye tyd).

5.1.3

Uitgaande toeriste het 'n (positiewe/negatiewe) impak op die betalingsbalans.

5.1.4

Elektrisiteit maak infrastruktuur.

deel

uit

van

(energie-/kommunikasie-) (4 x 2)

(8)

(3 x 2)

(6)

5.2

Noem enige DRIE oorsake van vraag-trek-inflasie.

5.3

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. IETS OM OOR NA TE DINK Die wêreldwye voedselstelsel faal 1 biljoen mense. Twintig jaar na die eerste wêreldkonferensie oor omgewingsvolhoubaarheid het ongeveer 'n kwart van die wêreld se bevolking steeds nie genoeg om te eet nie. Daar word ook verwag dat klimaatsverandering hulle situasie baie sal vererger as gevolg van 'n ernstige tekort aan voedselproduksie. Arm gemeenskappe word die ergste hierdeur geraak as gevolg van hulle beperkte vermoëns. Ernstige tekorte aan landbougrond en water sal mededinging om hulpbronne vererger. Dit sal tot onbeplande verstedeliking en meer probleme vir die regering lei. Klimaatsverandering vererger die hongersnoodrisiko. Daar is slegs een oplossing vir hierdie probleem: voedselsekuriteit, wat verhoogde produksie en die beskikbaarheid van voedsame kos beteken. Nuwe strategieë moet ingestel word sodat lande in staat is om genoeg gesonde kos vir die hele gemeenskap te produseer en om boere te help om dit baas te raak. [Bron: Aangepas uit Skyways, Februarie 2012]

5.3.1

Definieer die begrip omgewingsvolhoubaarheid.

(2)

5.3.2

Noem enige faktor wat omgewingsvolhoubaarheid bedreig.

(2)

5.3.3

Hoe sal klimaatsverandering die hongersnoodrisiko vererger?

(4)

5.3.4

Wat kan die regering doen om voedselsekuriteit te verseker?

(2)

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

Ekonomie

5.4

14 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

INFLASIE AS GEVOLG VAN PETROLPRYSVERHOGING Jammer meneer, ek het geen beheer oor hierdie prys nie ... eish!

ALWEER?!

[Bron: Mail & Guardian, Januarie, 2012]

5.4.1

Definieer die begrip inflasie.

(2)

5.4.2

Wie reguleer die petrolprys in Suid-Afrika?

(2)

5.4.3

Gee die ekonomiese term vir pryse van goedere en dienste wat deur die staat vasgestel word.

(2)

Verduidelik die effek van 'n ongunstige rand/dollar-wisselkoers op die petrolprys.

(4)

5.4.4

5.5

5.6

Bespreek regeringsbeleid met betrekking tot die bewaring van die omgewing. (4 x 2) Onderskei tussen verbruikersprysindeks (VPI) en produsenteprysindeks (PPI). (2 x 4)

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(8)

(8) [50]

Ekonomie

15 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

VRAAG 6: MAKROEKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 50 PUNTE – 25 MINUTE 6.1

Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (6.1.1–6.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 6.1.1

Die beleid wat ekonomiese aktiwiteit stimuleer deur die geldvoorraad te vergroot, is 'n (beperkende/uitbreidende) monetêre beleid.

6.1.2

Groot ondernemings wat in staatsbesit is en wat op dieselfde sakebeginsels as besighede in die privaat sektor bedryf word, word (parastatale/vennootskappe) genoem.

6.1.3

Buitelandse geld wat deur toeriste die land ingebring word, is soortgelyk aan (invoere/uitvoere).

6.1.4

Nuwe produksietegnieke, soos (fossielbrandstof/biodiesel), sal 'n skoner omgewing tot gevolg hê. (4 x 2)

6.2

Gee DRIE redes vir die noodsaaklikheid van die openbare sektor.

6.3

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

(3 x 2)

(8) (6)

VERMENIGVULDIGER Aanvaar dat 'n ekonomie aanvanklik in ewewig is waar inkome (Y) gelyk is aan R100 000m, besparing (S) R40 000m en verbruik (C) R60 000m. [Bron: Geniet Ekonomie, 2010]

6.3.1

Definieer die makroekonomiese vermenigvuldiger.

(2)

6.3.2

Waarna verwys die term ewewig in hierdie uittreksel?

(2)

6.3.3

Bereken die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg).

(2)

6.3.4

Bereken die waarde van die vermenigvuldiger. Toon ALLE berekeninge.

(4)

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

Ekonomie

6.4

16 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

Bestudeer die data hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

VERGELYKING TUSSEN STEDELIKE EN LANDELIKE GEBIEDE PRODUK LANDELIKE STEDELIKE PRYSVERSKILLE VOEDSELPRYSE VOEDSELPRYSE JULIE 2011 (R) JULIE 2011 (R) JULIE 2011 (R) Volroom-langlewe-melk 1 ℓ 11,03 9,68 1,35 Bruinbrood 700 g 8,04 7,99 0,05 Witbrood 700 g 9,04 8,90 0,14 Mieliemeel 5 kg 25,78 23,95 1,83 Margarien 500 g 17,56 16,24 1,32 Rys 2 kg 24,87 20,35 4,52 Vyf Rose-teesakkies 8,95 7,32 1,63 Witsuiker 2,5 kg 24,04 20,75 3,29 TOTAAL R129,31 R115,18 R14,13 [Bron: Aangepas uit Business Report, 2011]

6.4.1

Gemeet aan al die produkte hierbo toon rys die grootste verskil in prys. Noem EEN plaasvervanger vir rys in die lys hierbo.

(2)

Waarom, dink jy, verskil voedselpryse in landelike gebiede van dié in stedelike gebiede?

(4)

Watter EEN van die gebiede hierbo word meer negatief deur prysverandering geaffekteer? Motiveer jou antwoord.

(4)

Bespreek kortliks sloerende aanwysers as 'n kenmerk onderliggend aan vooruitskatting. (4 x 2)

(8)

6.4.2

6.4.3

6.5

6.6

Verduidelik monetêre maatreëls wat gebruik kan word om inflasie te beveg. (4 x 2)

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(8) [50]

Ekonomie

17 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

AFDELING C Beantwoord enige TWEE ANTWOORDEBOEK.

van

die

vier

vrae

uit

hierdie

PUNTETOEKENNING VIR OPSTELVRAE STRUKTUUR VAN OPSTEL Inleiding Inhoud: • Hoofdeel:



Addisionele deel:

Byvoorbeeld bespreek/onderskei/ differensieer/verduidelik/ontleed/evalueer/ assesseer Byvoorbeeld teken 'n grafiek of diagram/ lei af/gee 'n oorsig/verduidelik kortliks/ brei uit op/jou eie opinie/ondersteun

Gevolgtrekking Interpretasie TOTAAL

VRAAG 7: MAKROEKONOMIE

afdeling

in

die

PUNTETOEKENNING Maks 3

Maks 30

Maks 10 Maks 2 Maks 5 50

50 PUNTE – 40 MINUTE

Die openbare sektor in Suid-Afrika is die afgelope aantal jare deur groot uitdagings gekonfronteer. • •

Evalueer die probleme ten opsigte van openbaresektor-voorsiening in Suid-Afrika. Beskryf voorbeelde van probleme wat jy in jou eie gemeenskap en elders in SuidAfrika waargeneem het.

VRAAG 8: MIKROEKONOMIE

(30) (10) [50]

50 PUNTE – 40 MINUTE

Markmislukkings kom algemeen in 'n vryemarkstelsel voor. • •

Bespreek die oorsake van markmislukkings. Gebruik 'n grafiek om te illustreer hoe 'n negatiewe eksternaliteit prys en hoeveelheid beїnvloed.

VRAAG 9: EKONOMIESE STREWES

(30) (10) [50]

50 PUNTE – 40 MINUTE

Dit is noodsaaklik vir ontwikkelende lande om hulle plaaslike nywerhede teen onregverdige buitelandse mededinging te beskerm. • •

Bespreek die argumente ten gunste van beskerming. Verduidelik hoe suksesvol Suid-Afrika is in die beskerming van die plaaslike tekstielbedryf teen buitelandse mededinging.

Kopiereg voorbehou

Blaai om asseblief

(30) (10) [50]

Ekonomie

18 NSS

DBE/Feb.–Mrt. 2013

VRAAG 10: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 50 PUNTE – 40 MINUTE Suid-Afrika se toeristebedryf het die afgelope aantal jare geweldig gegroei. • •

Bespreek die voordele van toerisme. Verduidelik kortliks hoe bemarking, as 'n beleid, tot groei in toerisme kan bydra. TOTAAL AFDELING C: GROOTTOTAAL:

Kopiereg voorbehou

(30 (10) [50] 100 300