GOD BOER MET GENADE. In this, Tuinroete Agri s 80th year of existence, we are grateful when we consider the blessings that we receive so abundantly

NUUSBRIEF NEWS LETTER van / of TUINROETE AGRI June / Junie 2012 GOD BOER MET GENADE " My cup runneth over. My beker loop oor. . ." (Psalm 23). In t...
Author: Ashlyn Gardner
21 downloads 2 Views 1MB Size
NUUSBRIEF

NEWS LETTER van / of TUINROETE AGRI

June / Junie 2012

GOD BOER MET GENADE " My cup runneth over. My beker loop oor. . ." (Psalm 23). In this, Tuinroete Agri’s 80th year of existence, we are grateful when we consider the blessings that we receive so abundantly. Ons streek is waarlik God se spens. Ons het onlangs by ‘n paar boere gaan kers opsteek oor ons vrugbare streek en haal hulle hieronder direk aan: Niel Robertson van Uitkyk, distrik Jonkersberg sê: “Outeniqua – man belaai met heuning. Dit is glo die Khoi vertaling van die woord “Outeniqua”. Wat ‘n voorreg om in so ‘n mooi omgewing te kan woon en werk. Ons dank die Skepper daagliks daarvoor”. Adohan van den Berg van die plaas Langkloof in Riversdal distrik sê: "Aan die binnekant van ons kerk staan die volgende woorde "hoe lieflijk zyn uwe woningen". As klein seuntjie is die mooi betekenis aan my verduidelik, maar ek kon dit steeds nie verstaan nie. Lang, luidrugtige, swaar en intense preke en dan moes ek nog stil sit ook, wel hoe lieflik was u woning nou eintlik? Na 'n lang tyd in die buiteland, terug op eie bodem en volstoom aan die werk om die boerdery se ratte te laat draai sit ek weer eendag in die einste kerk. My gedagtes het bly maal om die droogte wat knel,maar toe vang my oog weer die woorde. Vir die eerste keer was dit lieflik in U woning, want ek het nie diere gesien wat honger is of weidings wat water vra nie, net afgesonder tussen mure. Nou maande later sit ek weer op die einste klip wat uitkyk oor die plaas. Dieselfde klip waar ek soms gaan sit het om eers die droogte en toe die oorvloed water te verstaan. Met die groen lande voor my en die asemrowende uitsig oor Riversdal omgewing verstaan ek vir die eerste keer dat U woning nie mure het nie,maar alles is wat ek elke dag sien. Wat 'n ongelooflike voorreg om hier te kan woon! "Hoe lieflijk zyn uwe woningen." Donald Strydom van Kloofplase in die Langkloof sê: “Gedurende die afgelope dekade het die Langkloofprodusente moeilike jare beleef, a.g.v. verskillende natuurrampe soos droogtes, vloede, verwoestende veldbrande en opeenvolgende jare van haelskade.Ten spyte daarvan, gaan dit relatief goed met die sagtevrugteprodusente al beleef hulle ook soms moeilike bemarkingsjare. Die redes vir die sukses van die produsente kan toegeskryf word aan die volgende faktore: • die meeste produsente bedryf hul ondernemings in afhanklikheid van die Here • produsente reik 'n helpende hand na mekaar uit in tye van nood • elke seisoen word met nuwe hoop en verwagtinge aangepak • goeie finansiële bestuur • doeltreffende kommunikasie tussen produsent en bemarker • mooi verhoudings tussen werkgewer en werknemer • die feit dat die produsente uitstekende boere is. Pieter van Wyk van Vetkragga, distrik Riversdal sê: "Die vraag is aan my gevra hoekom is ons distrik so geseënd? Die antwoord is slegs "Genade". Ongelukkige lewens kan nie geseënd wees nie. Moet nooit moed verloor nie,weerstaan mismoedigheid want met 'n hart vol wanhoop verloor ons die stryd. Twyfel, vrees en kommer sluit die deur van ons gebed, en geen seën kan verwag word as ons geen geloof het nie. Wanneer ons deur Gods oë al ons moeilikheid aanskou sien ons sommer alles anders. Sterkte aan almal vir 'n wonderlike landboujaar!" Andre de Wit van Fairview Landgoed, Misgund sê: “Die Portugese seevaarders het in die 1700’s na die Langkloof verwys as ”die land van donderweer”. Dis waar ek die afgelope 40 jaar boer en as ek terugkyk, ten spyte van natuurrampe, kan ek onomwonde sê dat die Langkloof ‘n geseënde streek is”. Artho Saayman van Platkop, distrik Riversdal sê: “Waaraan meet ons God se goedheid en genade? Ek moet bieg - dikwels aan reën en 'n goeie landboujaar. Ek het 'n bietjie gaan stilsit en dink aan die groot genade van God en wat dit in my lewe beteken. Ek besef dat God se reddende genade in Jesus Christus die belangrikste is en dat daarsonder niks die moeite werd is nie. God het ons in sy groot genade deur 'n klompie baie moeilike jare gedra en verlede jaar kom seën met 'n baie wonderlike landboujaar. Al sê baie manse "so 'n jaar kom net 1 keer in 75 jaar" wil ek dit weerspreek en vertrou dat hierdie jaar met sy pragtige saaityd net so geseënd sal wees. Hoe wonderlik is dit om die nat grond te ruik as die planter daaroor gaan en na 'n paar dae te sien hoe elke pit gelyk opkom en groen plantjies in afgemete rytjies staan. Ek het saam met my pa geboer en boer nou saam met my seun en die feit dat ons in harmonie en eensgesindheid kan saam boer, beskou ek as groot genade en seën uit God se hand. As ek na die nuus kyk en die veiligheidsituasie in ander dele van ons land sien, dan loof ek God vir die vrede en veiligheid wat ons op die plaas ervaar. Ook vir die feit dat ons en ons werkers een span is wat sonder aarseling enige tyd van die dag of nag mekaar se hulp kan vra om 'n krisis op te los. As ek soggens staan en kyk hoe die son opkom en die wereld is doodstil, dan is dit vir my of die hele skepping asem ophou en in afwagting is vir Sy wederkoms. Ek loof God vir Sy genade dat ek deel mag wees van sy skepping".

16, 17 en 18 Augustus 2012 Die Outeniqua Skougenootskap bied hul jaarlikse Landbouskou aan vanaf 16 tot 18 Augustus 2012 op die George Skougronde. Groot beplanning is reeds aan die gang en die skou beloof ‘n belewenis vir elke inwoner van George en die omgewing te wees. Die Skougenootskap glo dat die verskuiwing van die datum gaan bydra tot beter bywoning en groter sukses. Belangstellendes en veral diegene wat uitstallings en bydraes wil lewer kan gerus met die skouraad in verbinding tree. Die President van die Outeniqua Skougenootskap, mnr Gert Pretorius nooi almal uit om deel te wees aan wat beloof om, ‘n skou van uitnemendheid te wees! Gert kan gekontak word by 0828523879. ‘n Damestee, waartydens ‘n baie interessante spreker sal optree, vind plaas op Donderdag 09 Augustus 2012. Inligting oor beeste, skape, perde en pluimvee programme verskyn binnekort op die webblad. Daar word ook kompetisies beplan waarvoor u kan inskryf en groot pryse kan wen. Die George Landbouskou het ook ‘n nuwe webtuiste en belangstellendes kan gerus gaan inloer by www.georgelandbouskou.com

IT'S LUNCH TIME! In the Kgalagadi Transfrontier National Park, photographer Piet Heymans came across a cobra slowly forcing a puff adder down its throat. The tail of the puff adder disappeared in the cobra's mouth 52 minutes later. The cobra sailed away as if it had swallowed nothing.

WENKE BY DIE OPRIGTING VAN ‘N HEINING

16, 17 en 18 Augustus 2012

‘n Heining moet altyd in ‘n reguit lyn opgerig word, van een hoekpaal/ankerpaal na die volgende een, met die tussenpale en sparre ook presies in lyn. Hoekpale/hekpale moet stewig in die Die Outeniqua Skougenootskap bied hul jaarlikse Landbouskou aan vanaf grond geanker wees en tussenpale en sparre moet dieselfde hoogte handhaaf. Hoe nader die tussenpale en sparre aan 18 Augustus 2012 op die George Skougronde. Groot beplanning is 16 tot mekaar, hoe stewiger gaan die heining wees. Maak seker dat die reeds lyndrade, maak nie saak hoeveel vir ‘n heining gespan word nie,aan die gang en die skou beloof ‘n belewenis vir elke inwoner van elkeen ‘n spesifieke hoogte van die grond gespan word en en die omgewing te wees. Die skougenootskap glo dat die George ordentlik met dieselfde spasieëring aan die tussenpale verskuiwing van die datum gaan bydra tot beter bywoning en groter vasgemaak word. Onthou: ‘n ordentlike heining kan nie met minderwaardige materiaal opgerig word nie. sukses. Belangstellendes en veral diegene wat uitstallings en bydraes wil

lewer • Draad word beïnvloed deur temperatuur wisseling. Draad salkan gerus met die skouraad in verbinding tree. Die president van die inkrimp wanneer die temperatuur daal, wat die spanning op die Outeniqua Skougenootskap, mnr Gert Pretorius nooi almal uit om deel te draad verhoog, en sal uitsit wanneer die temperatuur verhoog, weesinvan wat beloof word, ‘n skou van uitnemendheid te wees ! Hy kan wat die spanning op die draad verlaag. Dit is die verhoging spanning, agv koue temperature, wat probleme veroorsaak in ‘n gekontak word by 0828523879. Daar vind ‘n damestee, waartydens ‘n baie heining. Wanneer die spanning verhoog op die draad, verhoog interessante spreker sal optree, plaas op Donderdag 09 Augustus 2012. dit ook op die trekpale, wat kan veroorsaak dat die trekpale skuif Cape Gate het onlangs aan 30 Graad 10 leerders van Oakdale Landbouskool op as dit nie ordentlik geplant en geanker is nie. Verskeie afdelings soos die van die verskaf beeste, skape, perde en pluimvee bied Riversdal opleiding in die oprigting van heinings.

• Alle omheiningsdraad van Cape Gate word verskaf metafsonderlik ‘n sink programme aan en inligting in verband daarmee verskyn laag wat as galvinisering bekend staan. Sink is baie beter bestand teen roes as staal. Die sink laag is ook ‘n “sacrificial layer”, wat beteken dat die binnekort webblad. Daar word ook kompetisies beplan laag sink eerste geaffekteer word en heeltemal oorval moet word deurop diedie roes, voordat die staal enigsins geaffekteer word. Die waarvoor lewensduuruvan die draad kan dus in twee aparte dele verdeel word; die lewensduur van die sink en dan die lewensduur van die staal. kan inskryf en groot pryse kan wen. • Cape Gate verskaf omheiningsdraad in twee tipes galviniserings kwaliteite: Ligversink Volversink. kan gebruik word in Die George Landbouskou hetenook ‘n nuweLigversinkte webtuiste draad en belangstellendes areas waar die eksterne faktore soos humiditeit, wind, see, grond, nie so groot rol speel nie en waar ‘n meer droë klimaat voorkom. Daarenteen kan gerus gaan inloer by www.georgelandbouskou.com word volversinkte draad gebruik in areas met nat klimaat toestande, hoë vlakke van humiditeit, see, wind, m.a.w. enige plek langs die kus. Die rede hiervoor is dat volversinkte draad vier keer die lewensduur het van ligversinkte draad.opdateer en hier kan al die interessante Die webtuiste word gereeld Wihan Walters Cape Gate

uitstallings en gebeure sowel as vermaak vir die hele gesin besigtig word.

GEE OM VIR JOU OMGEWING MET DIE TRA GROENREEKS

Is die toestand van die natuurlike omgewing ‘n saak na aan jou hart? Tuinroete Agri het in 2009 met groot sukses, ons chemiese reeks, die Ultra Reeks skoonmaakprodukte geloods. Hierdie reeks het gegroei omdat u, die verbruiker, gevra het vir meer produkte. Na 18 maande se navorsing het TRA besluit om ook ‘n Groen Reeks te loods in November 2011, om sodoende ons verantwoordelike deel te doen vir die omgewing. Biologiese afbreekbaarheid en die samestelling van ‘n hernubare bron (plant gebaseerd) is die twee hoof kriteria wat ‘n produk groen maak. Ons produkte is sterk genoeg om jou huis, kantoor en selfs die kampterrein te reinig sonder om troeteldiere, visse en insekte te benadeel. Dis met trots dat ons hierdie reeks top gehalte produkte aan u verskaf teen bekostigbare pryse. Die produkte is selfs veilig om te gebruik in ‘n sensitiewe omgewing soos jou septiese tenk. Doen jou deel vir die omgewing deur jou alledaagse huishoudelike skoonmaakprodukte te vervang met die TRA Groen Reeks.

GROEN MEERDOELIGE VETVERWYDERAAR

GROEN SKOONMAAK & ONTSMETMIDDEL

Geformuleer om vinnig en effektief die meeste huishoudelike olie en vet te penetreer en af te breek. Vir gebruik op meeste harde, wasbare huishoudelike oppervlaktes,insluitende glas en metaal met ‘n vars sitrus reuk. Veilig om selfs kolle en merke uit klere te verwyder. (Nadat vir kleurvastheid getoets is).

Vir gebruik in kombuise, badkamers en vullis dromme. Op enige harde oppervlakte in jou huis wat skoonmaak of reiniging benodig. Ontsmet terwyl u skoonmaak.

GROEN OPWASMIDDEL

GROEN VERSAGMIDDEL

Hoogs gekonsentreerde produk wat sag op jou hande is, maar hardwerkend op vet. Laat skottelgoed vlekvry en sonder strepe. Selfs jou plante kan die water benut as die skottelgoed klaar gewas is.

Wasgoed ervaar ‘n natuurlike sagtheid en vars sitrus geur en jou vel word sagkuns behandel deur die plant gebaseerde bestanddele. Lei gerus die grasperk nat met die wasgoedwater.

Kom ons doen ons deel vir die omgewing: GAAN GROEN! Die Groen Reeks is by die volgende TRA takke beskikbaar: Aberdeen, Albertinia, George, Jeffreysbaai, Knysna, Mosselbaai, Plettenbergbaai, Riversdal en Stilbaai. Skakel Andre du Plessis by 044 601 1200 vir navrae.

Twee Riviere Post Office Excerpt from The Encyclopedia of South African Post Offices and Postal Agencies by Ralph F. Putzel

Early travel journals reveal that the region known as “De Lange Cloof” was known and recognized already as early as 1752. References to the historic village of Twee Riviere appear already in 1765, when the V.O.C. issued the original loan farm of “Twee Rivieren, Lange Cloof” to a certain Mr Scheepers. The presence of water, combined with the tight, valley geography soon gave rise to a notable concentration of dwellings and households, which in time assumed the arrangement of a village... Today, the historic village constitutes about one hundred households, and has retained its distinctly agricultural character and many markers of its earlier history. Before the mid-1800's, it was common practice in these parts and others for mail to be carried and distributed by Field Cornets, who were subjects of the Drostdy holding jurisdiction over that district. Runners and mounted carriers also played a role in places and at various times. In any event, the latter part of the 1800's brought further formalization with the gradual introduction of postal wagons and horse drawn coaches. In this manner, Twee Riviere’s first official post office was established in 1879, serviced by a postal coach route opened between Humansdorp and Avontuur, and onwards to Uniondale. As was common at the time, the post office was located in the town’s best positioned general dealership store. In Twee Riviere’s case, this store was owned by “Meester” Denis Samson Schreiber, who conducted meaningful trade between 1879 - 1821. Mr Schreiber was also a farmer, the father of ten children, and served the town in a number of other capacities - most notably as schoolmaster. Yet, his role as early postmaster was maintained for 40 years, and this became his enduring legacy. On his death certificate, issued in 1821, Meester Schreiber’s profession is stated simply as: “Post Master”... 1953 – The R62 opened, bypassing Twee Riviere to service nearby Joubertina

After 1921, the general dealership continued for a further eighteen years under the ownership of Mr Harold Strimling. The Strimling family had arrived in South Africa some twelve years earlier, among a notable number of Jewish Lithuanian immigrants whom at the time sought to escape an unfavourable political climate in their home country. It is said that – even today - South Africa remains home to the largest, single community of persons of Lithuanian lineage, outside of Lithuania itself! On these far soils, the so-called Litvak citizenry readily rose to prominence, and continues to make very notable contributions within South African society even today. With the change of ownership at the general dealership, Isaac Schreiber - eldest son of the original post master - took charge of the (then) postal agency, and for many years subsequently it operated from a portion of the Schreiber family home. In later years, the post office would move at least twice more, before finally closing its doors in 1989, when the S.A. Post Office suspended its postal services to Twee Riviere. Following two centuries of service and a bustling community life, how may this unexpected decline be understood? In the early years of the 1900's, a well-funded civic and church initiative gave rise to the comparatively overnight emergence of the nearby, larger Joubertina, about 5km west of Twee Riviere. The rising fortunes of Joubertina consigned Twee Riviere to a gradual decline, as banking and strategic services began to abandon the little town. Regrettably, Twee Riviere’s school also closed in due course, as Joubertina’s larger, more contemporary facilities soon gained the advantage. Also, the R62 road was built in the 1950's, passing one kilometer north of Twee Riviere. This orphaned the town from the Valley’s central transport vein, leaving its formerly busy “Hoofstraat” high and dry. Despite this - and to its honour - the South African Post Office dignified its own history in this town by permitting the postal agency to continue serving the dwindling community for an additional 36 years. Inevitably though, even its doors would finally shut, yielding to Joubertina’s fully-fledged post office. This loss of mail services simultaneously suspended Twee Riviere’s passenger bus service (a shared transport which accompanied the postal routes), thereby also bringing an end to public transport to and from the town. Perhaps even more crucially, the closure discontinued Twee Riviere’s postal code - and along with it, severed an important link to the town’s long service as a postal node to the immediate district. This final fracture with the past permitted the little pioneering town’s long and undaunted history to fade from memory - all the more so as the presence of living witnesses dwindled... Today, Twee Riviere displays a hopeful outlook and a renewed vision - tellingly also adopted by many among its younger generation. The current revival and reinstatement of this historic postal agency follow these budding signs, and rekindle the essence of Twee Riviere’s crucial, early role in opening and servicing the Langkloof district. In particular, it calls to mind the town’s sustained and noble contribution during the 1800's - a century during which post offices like its own, and that of nearby Krakeelrivier, carried the torch for much of the district. The original building, which had housed Twee Riviere’s post office in 1879, has now been restored by The South African Institute for Objects Conservation. On this day, it rings in the return of postal services to this community, following a long absence of 23 years. In the spirit of the early post offices, this post office also shares its premises with the newly minted The Belfry Kitchen lunch café. In this manner, the Institute celebrates the tradition of Meester Schreiber and Mr Harold Strimling’s former general dealership store, home to the very first post office in this town. It is intended that the revival of the post office agency in the original building should complete the circle, re-establishing continuity with Twee Riviere’s near forgotten past. Fittingly, the commemorative first day cover features the signatures, respectively, of Mr Schreiber’s great-grandson and of the surviving son of the premises’ last store keeper, Mr Harold Strimling. Reflecting on the past 140 years then, it is striking to note just how essential the presence of a postal service is to the well-being and dignity of a community or town, and how influential its arrival or departure proves to be.

LANDBOUVETERANE KOM TOT HUL REG OP HEIDELBERG Toe die Wes-Kaapse Veterane-ekspo in 2008 vir die eerste keer op Heidelberg gehou is, was dit vir baie mense ‘n splinternuwe ervaring – om plaasgereedskap te restoureer, was vreemd, laat staan nog om ‘n ekspo daarmee te hou. Maar diegene wat Heidelberg besoek het, was aangenaam verras oor die verskeidenheid uitgestal, en die baie demonstrasies. Vanjaar, op 24 en 25 Augustus, word wéér so ‘n ekspo op Heidelberg gehou. En wéér sal die beste gerestoureerde veteraan-trekkers, -enjins, -voertuie, plaasgereedskap, sowel as huishoudelike toerusting – in die bewaringsgemeenskap klein erfstukke genoem – uitgestal en gedemonstreer word. Baie mense weet dit dalk nie, maar die beste trekkerrestoureerder in die land woon en werk op Stilbaai – Kobus Groenewald. Op die laaste vyf nasionale skoue van die SuidAfrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs (SAVTEK) is Kobus se werk as die beste in die land aangewys. En talle van Kobus se pragstukke uit sy groot versameling sal op die ekspo te sien wees. Verder sal die restourasiewerk van Dieter Sederer van Swellendam en Herman en Louru Giliomee van Heidelberg ook saam met dié van ander Wes-Kaapse restoureerders vertoon word. Maar dan moet belangstellendes ook weet dat ‘n skou soos hierdie nie net oor gerestoureerde plaaswerktuie gaan nie, want om ‘n karaktervolle en goed opgepaste stilstaande enjin of trekker van meer as ‘n halfeeu oud of nog ouer te sien en te hoor, is ‘n gewaarborgde nostalgiese ervaring van ‘n veteraneskou.

Kobus Groenewald van Stilbaai lei die wennersoptog in Pretoria op sy Massey-Harris Pacemaker – 2011 se kampioen gerestoureerde trekker. Hierdie trekker met sy bypassende ploeg sal op Heidelberg te sien wees.

In die laaste klompie jare het die uitstal van klein erfstukke – versamelings huishoudelike toerusting, gereedskap, modelletjies, en dies meer – baie veld gewen. Op Heidelberg word baie sulke versamelings verwag. Versamelaars word genooi om hul erfstukke te bring en uit te stal. Nieklublede wat uitstal, kry gratis toegang tot die terrein. Hoewel met dié tipe uitstalling oorspronklik beoog is om vrouens te betrek, is daar tog baie mans wat ook deelneem. In die saal wat hierdie uitstallings huisves, is daar ‘n heerlike gesels tussen bekend en onbekend soos herinneringe en ervarings uitgeruil word. Vir baie is so ‘n besoek ‘n intense “memory trip”. Spesiale tema-uitstallings vir vanjaar se ekspo is die volgende: plaasmasjinerie: omslagploeëns, die oesproses van dors tot broodbak; stilstaande enjins: alles te doen met water pomp; suiwel: botter maak en suiwel in die huis soos in toeka se dae. En dan is dit die organiseerders se ideaal om behalwe vir die statiese uitstallings ook so veel as moontlik demonstrasies en ‘n rondryery te reël. Besoekers moet dus ‘n lewendige arenaprogram sowel as ‘n optog of twee in die dorp en distrik verwag. Dit sal belangstellendes baat om vanjaar se skoudatum – 24 en 25 Augustus – aan te teken. Vir navrae: Herman Giliomee, Heidelberg (028 722 1869 of 082 635 9605) Die volledige program vir die twee skoudae is by [email protected] te kry.

‘n Ry Moline trekkers In 2008 op Heidelberg. So ‘n foto is vandag op min plekke in Suid-Afrika moontlik. Hierdie klomp Minneapolis-Molines is die “nalatenskap” van wyle oom Bossie (Pieter) Boshoff van die koöperasie op Riversdal wat in die vyftiger- en sestigerjare van die vorige eeu baie Molines en Hanomags aan die boere van Riversdal en Albertinia verkoop het.

SNOEITYD IS HIER! Temperature daal en die winter is op hande. Die noodsaak om plante te snoei vir hersteldoeleindes, asook om vorm te behou en/of te verseker is bepalend vir sukses in die daaropvolgende groeiseisoen. Moenie vergeet dat verjonging ook met die snoeiskêr teweeggebring word nie. Die taak word vergemaklik met kwaliteit gereedskap en toebehore soos handskoene, snoeiskêre, snoeisae, kalkswael, oleum / “trea seal” en relevante spuitkanne. Effektiewe groei en ontwikkeling in die lente word aangewakker met bemestingstowwe soos beenmeel en 3.1.5 SR. Onthou om al die harde werk suksesvol af te rond deur tydige en effektiewe besproeiing toe te dien. Onthou die deklaag!

Christo Lubbe en Sharon van Vught van Tuinroete Agri, George, Tuinbou-afdeling

‘n Opwindende en praktiese snoeidemonstrasie word gratis aangebied op Donderdag, 5 Julie 2012 te Tuinroete Agri, Yorkstraat, George. Navrae kan gerig word aan Christo Lubbe (Mgraad Tuinboukundige Tegnologie) en Sharon van Vught.

ONDERHOUD VAN BESPROEIINGSTELSELS Gereelde onderhoud op stelsels is nie net in die langtermyn kostebesparend nie maar ook krities vir doeltreffende en effektiewe werking. Sprinkelstelsel • Gaan sprinkelaars na vir slytasie en vervang onderdele waar nodig. • Maak krane wat lek reg • Spoel hooflyn ten minste een keer per seisoen • Vervang rubbers by goukoppelpype Mikrostelsel • Maak filters gereeld skoon • Spoel die lyne by die spuite minstens twee keer per seisoen • Identifiseer gereeld spuite wat verstop of stukkend is en vervang Tuinroete Agri,George se besproeiings-afdeling • Spoel stelsel aan die einde van die seisoen met gefiltreerde water Verseker dat die stelsel teen die regte werksdruk besproei om egalige verspreiding van water te verseker. Moenie n drip wees nie, onderhou u besproeiingstelsel! Kontak gerus u naaste Tuinroete Agri tak vir navrae en benodighede. Pieter Jansen (Tuinroete Agri George)

TUINBOU OPLEIDING / PRAATJIES Tuinroete Agri George (Yorkstraat) beplan om op ‘n weeklikse basis ‘n informele gesprek / opleidings praatjie in die winkel aan te bied rakende verkillende aspekte van tuinbou. Die aanbiedinge sal deur Christo Lubbe (M-graad Tuinboukundige Tegnologie, 30 jaar ondervinding) en Sharon van Vught (12 jaar ondervinding) gefasiliteer word. U word vriendelik uitgenooi om hierdie aanbiedinge gratis by te woon. Koffie en vars gebakte beskuit sal bedien word. Kom luister na spesialis kennis en kundigheid en deel ook u ondervinding en ervarings met die ander groen entoesiaste. Datum 20 Jun 2012 27 Jun 2012 04 Jul 2012 11 Jul 2012 18 Jul 2012 25 Jul 2012 01 Aug 2012 08 Aug 2012 15 Aug 2012 22 Aug 2012 29 Aug 2012 5 Sept 2012

Onderwerp Huisplante – soorte, vereistes en uitdagings Kweekhuise vir die tuin – tipes, konstruksie en klimaatbestuur Groeimedia – komponente, vereistes en samestellings Bemesting – tipes en gebruike, plantvoeding Water en besproeiing – rol in plante, stelsels (ook hidrokultuur) en onderhoud Tuin ontwerp – basiese beginsels en neigings t.o.v harde en sagte landskap Bolplante – kenmerke, vereistes en onderhoud Plaag- en pesbeheer – algemene bespreking Kruie – kruietuine, soorte en vereistes Tuin onderhoud – Tuin onderhoud – harde en sagte landskappe, toerusting Plantvermeerdering – algemene oorsig, steggies Groente – aanplant en onderhoud vir die huistuin

Kontak gerus vir Christo of Sharon met enige verdere navrae en besprekings. Tel no:(044) 801 4500

AANDELE – SHARES Aandele het tydens die jongste verhandeling verkoop teen ’n hoogste prys van R2.40 per aandeel. Die gemiddelde prys in die verhandelingstydperk was R2.368 per aandeel. Die netto batewaarde verklaar op 30 Junie 2011 was R4.56 per aandeel. Shares were sold during the latest trading at R2.40 per share. The average price over the same trading period was R2.368 per share. The net asset value was declared at R4.56 on 30 June 2011. Awaiting buyers' offers, we have 2,899,183 shares available in the market at an average price of R2.822 per share. Aandeelhouers word ook daaraan herinner om Tuinroete Agri Bpk in kennis te stel van adresveranderings. Navrae - Enquiries: Louis Fivaz Tel 044 601 1200 of besoek ons webtuiste by www.tagri.co.za vir meer inligting. Visit our webpage for more information.

T U U N Tyd: 11h00

OU GESIGTE IN NUWE POSTE BY TRA Johan le Roux (regs), ons nuwe Assistent Hoofbestuurder: Handel, is oorspronklik van Bloemfontein in die Vrystaat. Hy is in Mei 2000 by Tuinroete Agri aangestel as Takbestuurder van die Mosselbaai tak. In Julie 2007 word hy na George verplaas waar hy tot onlangs verantwoordelik was vir die bestuur van hierdie tak. Johan is baie opgewonde oor die nuwe uitdaging maar besef ook dat daar ‘n groot verantwoordelikheid op sy skouers rus. Kern-waardes soos integriteit, dissipline, professionele verhoudings en ‘n passie vir wat jy doen, is vir hom baie belangrik. Hy sien daarna uit om in sy nuwe pos saam met die gemotiveerde span handelspersoneel te werk ten einde vir ons kliënte professionele diens en ‘n aangename koopervaring te lewer. Daniel van Schalkwyk (heel regs bo) is aangestel as Takbestuurder by Tuinroete Agri, George. Hy is opgewonde oor die nuwe uitdagings en sien uit om die George gemeenskap van diens te wees. Hy nooi alle kliente en verskaffers om by hom in te loer vir 'n koppie koffie en vars gebakte beskuit.

Johan le Roux Assistent Hoofbestuurder

Daniel van Schalkwyk Takbestuurder George

ANDER AANSTELLINGS: Pieter Vollgraaff: Verkoopsbestuurder (landbou) Andre du Plessis: Aankoper (Nie-Landbou) Heinie Geldenhuys: Aankoper (Landbou)

Pieter Vollgraaff

Heinie Geldenhuys

Andre du Plessis

Walliese Bergponies Presteer En Versamel Toekennings Eienaars, Adrienne van Blerk en Ronnie Campbell, het hulle Walliese Poniestoet by die Walliese Ponie en Cob Genootskap van Suid-Afrika in 2004 geregistreer. In dieselfde jaar begin hulle ook met ‘n teel-program. Sommer uit die staanspoor het hulle merries aangeskaf wat direkte afstammelinge van ingevoerde teelperde was. Twee goedgeteelde hingste is ook aangekoop—hingste wat ervare wenners in inhandvertonings asook onder saal en in toom was. Hierdie hingse het reeds in beide Nasionale en Provinsiele Kampioenskappe presteer. Daarbenewens was hulle ook uitstaande teelhingste. Sedert 2009, toe Paddock Hill-stoetery vir die eerste keer begin skou het, het hulle reeds die vrugte van hulle teelprogram gepluk. Tot dusver, in die bestek van 10 skoue tussen die jare 2009 en 2012, het Paddock Hill-stoetery reeds 9 Opperste Kampioenskappe en/of Reserwekampioenskappe gewen. Hierdie prestasies is in beide Nasionale en Provinsiale Kampioenskappe in die Wes- asook die Oos-Kaap behaal. Hierbenewens het Paddock Hillstoetery ook op ‘n deurlopende grondslag die Junior Merrie-kampioenskap sowel as die Senior Merrie- en Hings-kampioenskappe gewen. Ons wil graag Tuinroete Agri bedank vir hulle ondersteuning oor die laaste twee jaar. So ook aan Equifeeds vir hulle borgskap. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan Me Lizl Steinberg wat hierdie borgskap vir ons gereël het. ADRIENNE VAN BLERK & RONNIE CAMPBELL

Redaksie: Annelie van Wyk | Tel: 044 601 1200 | [email protected] Website: www.tagri.co.za Renaissance Design & Print Studio 044 691 3764

Suggest Documents