1

GENERAL EDUCATION AND TRAINING

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 JUNIE 2012 EKSAMEN

PUNTE: 100 TYDSUUR: 2 URE AANTAL BLADSYE: 16

2 INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings. Beantwoord al die vrae in elke afdeling. AFDELING A: AFDELING B: AFDELING C: AFDELING D:

Begrip Taalleer en opsomming Visuele geletterdheid en poësie Kreatiewe skryfwerk

(20) (40) (20) (20)

2. Nommer al jou antwoorde presies soos op die vraestel. 3. Skryf netjies en leesbaar. 4. Sterkte en lekker skryf.

AFDELING A: BEGRIP VRAAG 1: Begripslees Lees die onderstaande artikel (Om ’n ster te wees) soos geneem uit die SARIE van November 2010 en beantwoord die daaropvolgende vrae. 1)Sy naam was Elvis.Elvis Blaauw. Ons almal het geweet hy het nie meer lank om te lewe nie. Jan was vir hom 'n vriend.Jan en Elvis. Onafskeidbaar soos broers, al was hulle uit twee wêrelde. En hulle twee kón kuier.Een 'n musikant en een 'n dromer. 2)Ja, Elvis het gedroom. Oor hoe dit moet wees om uit 'n bed te kan opstaan. En oor hoe hy nog eendag sou speel soos ander kinders. Oor skool toe gaan en lees en skryf. 3)Selfs net oor buite kom en vir 'n uur in sy rystoel die wind en die son voel. 4)Elke week het Jan ons vertel hoe dit met Elvis gaan. Van kinderlyfie moedig probeer veg teen die vigs-aanslag en hoe Elvis nog voluit leef, meer as baie mense wat gesond is.Hoe Elvis dit geniet as Jan sy kitaar vat en sing. En as Jan sing, is 'n mens in vervoering. Gehore van duisende verkrummel voor die aanslag van fluweel in klank wanneer Jan agter 'n mikrofoon inskuif.Maar die duisende kon wag. Geen gehoor was belangriker as Jan se vriend, Elvis Blaauw,nie. 5)Elvis het groot gedroom. Wanneer hy vertel het hoe hy eendag 'n ster sou wees met die wêreld aan sy voete, kon jy sien dit was in hom. As die kaarte vir hom anders uitgedeel was, sou hy kon. Daar was vuur in sy stem. Vuur in sy hart.Ja, hy sou sowaar eendag 'n kitaar kon speel soos sy held wat week na week ure langs sy bed deurgebring het. Hy sou kon.Want die vuur was daar. Maar

hoe sy

3 nie die krag nie.Hy kon droom en glo.Maar eet kon hy skaars. Ons het geweet dit sou net 'n droom bly. 6)Een oggend het Jan kom sê Elvis het gebid. Nie vir die dinge waarvoor ek en jy bid nie. Nie vir begrotings en skedules nie.Nie vir die een of ander projek nie. Elvis se gebed het ons almal skaam gemaak oor ons eie: "Here, maak my asem. Amen," het Jan vertel met bewende lippe. Maak my asem . . . 7)Ons het daardie Sondag die gemeente opgeroep om te help dat ons die apparaat kon koop wat dit vir Elvis moontlik sou maak om sy laaste weke te voel, die Here het gehoor.Almal het gegee.Maar die volgende middag is Elvis vir ewig verlos van rystoele en hospitaalbeddens. Die Here het vir hom asem gemaak in 'n plek waar hy nooit weer benoud sou wees nie. Ons geld het skielik so onbeduidend en waardeloos gelyk. Dit kon darem help met die begrafnis. 8)Dit was 'n paar maande later. Drieuur die oggend spring Jan in sy beskeie motor. Hy weet hy moet gaan.Hy moet vir iemand 'n droom gaan jaag.Elvis sou wou hê hy moet. Honderde kilometers verder kom hy aan en wag 'n hele dag.Wag om te vertel. Van Elvis en ander kindertjies soos hy. Van Elvis se maatjies wat nie eens so gelukkig was om in 'n hospitaalbed te sterf nie. Van ander maatjies wat droom.Van sy musieklesse in plakkerskampe. Want daar brand 'n vuur in hom. Om 'n verskil te maak, al is dit net vir 'n paar arm kinders. 9)En dan sing Jan. Hy sê sy naam is Elvis Blue. Want hy het 'n vriend gehad. Mara huil. Gareth sê daar is iets in Elvis, hy weet nie wat dit is nie, maar dis anders. Ek sou vir hom kon sê wat dit is. Elvis Blue is 'n ster. Een wat wil skyn. 10)Nie net wanneer daar duisende in die gehoor sit en die geld instroom nie, want dan sal enigiemand wil skyn. Elvis Blue het lankal geskyn en gewen, toe hy nog net Jan was. Lank voor hy ingeskryf het vir Idols. Want Jan het gesing toe daar 'n beoordelaar was wat gedroom het van opstaan. En gebid het vir asem. 11)Die lewe is baie soos Idols. En elkeen van ons kan dit wen. As ons net weet dat die Groot Beoordelaar reeds luister hoe ons sing.En vir wie. En dat daar elke nou en dan iemand langs ons pad kom wat ons lied so nodig het.Soos asem. 12)En vriendskap. SARIE November 2010

4

VRAE 1.1 Verklaar die betekenis van die uitdrukking in (par. 1) “al was hulle uit twee wêrelde”?

(1)

1.2 Hoe weet ons dat klein Elvis glad nie ’n normale kinderlewe gehad het nie? (1) 1.3 Sê telkens of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of ONWAAR neer. 1.3.1 Jan se verhoognaam is Elvis, omdat hy baie van Elvis Presley gehou het. 1.3.2 Mara het baie van Elvis gehou tydens die oudisies vir Idols.

(2)

1.4 Haal ’n gedeelte aan om te bewys dat vriendskap vir Jan belangriker was as enige iets anders.

(1)

1.5 Waarom het Elvis se gebed (paragraaf 6) hulle skaam gemaak oor hul eie gebede? 1.6 Watter woord in (par. 8) dui aan dat Jan nie baie ryk was nie?

(1) (1)

1.7 Sou jy sê dat die verhoognaam wat Jan vir homself gekies het, gepas is? Gee ’n rede vir jou antwoord.

(2)

1.8 In (par.12) maak die skrywer van alleenplasing gebruik. Sou jy sê dit is effektief? Motiveer jou antwoord?

(1) (10)

5 VRAAG 2: Koerantknipsel Bestudeer die onderstaande koerantknipsel en beantwoord die vrae.

1.

2.

3.

4.

5.

6.

(Uit: BEELD, Maandag 20 Februarie 2012)

2.1 Wanneer verjaar Joost van der Westhuizen?

(1)

2.2 Behalwe dat Joost van der Westhuizen en Odwa Ndungane op dieselfde dag verjaar, watter ander ooreenkoms bestaan tussen hulle?

(1)

6 2.3 Wie van dié drie persone (par.1) is vroulik? Hoe weet jy dit?

(2)

2.4 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die nommer neer. 2.4.1

“bekroonde”in (par.6) beteken: 2.4.1.1

Kroon op die hoof.

2.4.1.2

Prys toegeken.

2.4.1.3

’n Bekende persoon.

2.4.1.4

’n Sieklike persoon. (1) (5)

VRAAG 3: Advertensie Lees die advertensies en beantwoord die vrae. 1.

2.

5. 6. 3.

4.

7 3.1 Waarna verwys die stelling:“top plaaslike en internasionale kunstenaars?” (1) 3.2 Gee die naam van die vertoning waarna jy kan gaan kyk as jy hou van raaiselagtige en geheimsinnige vertonings.

(1)

3.3 Die vertoning, Andre the Hilarious Hypnotist, is “terug op groot aanvraag”. Wat verstaan jy onder hierdie uitdrukking?

(1)

3.4 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die nommer neer. 3.4.1

Een van die vertonings kan nie deur kinders,onder die ouderdom van 16 jaar, bygewoon word nie. Dié betrokke vertoning is: 3.4.1.1

Tattoo

3.4.1.2

ABBA

3.4.1.3

Body Language

3.1.4.4

Phantom of the Opera (1)

3.5 Watter van hierdie bostaande advertensies sal jou oorreed om die vertoning by te woon? Verduidelik jou keuse.

(1) (5) TOTAAL AFDELING A: 20

8

AFDELING B: TAALLEER EN OPSOMMING VRAAG 4: Opsomming *Lees die teks oor sportmanskap aandagtig deur en maak ’n opsomming van nie meer as 80 woorde nie. *Skryf jou opsomming in EEN paragraaf. *Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 80 woorde skryf.

(Uit: Almal verstaan, Afrikaans Huistaal Graad 10 – R. Hattingh, G. Pieterse)

(10)

9 VRAAG 5: Elvis Blaauw (Leesstuk) Bestudeer weer die artikel van Elvis Blaauw (Om ’n ster te wees) LEESSTUK 1 soos geneem uit die SARIE van November 2010 en beantwoord die daaropvolgende taalvrae. 5.1 Gee die korrekte trappe van vergelyking van die woorde tussen hakies: 5.1.1 Klein Elvis was (braaf) as enige iemand van sy ouderdom. 5.1.2 Dit was die (snaaks) vriendskap.

(2)

5.2 Voltooi die volgende vaste uitdrukkings: 5.2.1 ’n Vriend in nood is ’n vriend tot die ___________.

(1)

5.3 Skryf die volgende sin in die direkte rede: 5.3.1 Jan sê Elvis het altyd vertel hoe hy eendag ’n ster gaan wees met die wêreld aan sy voete.

(1)

5.4 Dui aan of die volgende woorde basisse, samestellings, afleidings of samestellende afleidings is: 5.4.1 kinderlyfie(par. 4) 5.4.2 motor (par. 8) 5.4.3 gedroom(par.10)

(3)

5.5 Watter klankverskynsel vind plaas wanneer die woord duisende as dysende uitgespreek word?

(1)

5.6 Verduidelik die gebruik van die koppelteken in die woord “vigs-aanslag”(par. 4)

(1)

5.7 Gee die teenoorgestelde geslag van die volgende woorde: 5.7.1 broers (par.1) 5.7.2 beoordelaar (par.10)

(2)

5.8 Die woord “hospitaalbed’ (par.8) is van toepassing: 5.8.1

Dui die bepaler en die kern in die woord aan.

5.8.2

Gebruikdie kern van die bogenoemde woord (5.9.1) as ’n bepaler in ’n nuwe samestelling.

(1) (1)

10 5.9

Gee die afkortings vir:

5.9.1

Sondag (par.7)

5.9.2

kilometer(par.8)

(2) (15)

VRAAG 6: Bekruipershoekie

6.1 Skryf die werkwoord wat in die eerste reël voorkom neer.

(1)

6.2 Benoem die volgende werkwoorde: sê dus of dit ’n hulpwerkwoord, koppelwerkwoord of selfstandige werkwoord is. 6.2.1

het (reël 2)

6.2.2

skryf (reël 4)

(2)

6.3 Benoem die lees- en skryftekens in die volgende sin: 6.3.1 “Die konsert was in die woestyn en ons het dit ongelooflik geniet!”

(2)

6.4 Gee die meervoudsvorm van die volgende woorde: 6.4.1

konsert (reël 3

6.4.2

woestyn (reël 3)

6.5 Skryf 2 voorbeelde van ’n voornaamwoord uit die bostaande teks neer. 6.6 Gee die verkleining van:

(2) (2)

11 6.6.1

ma (reël 4)

6.6.2

musikant (reël 6)

(2)

6.7 Skryf ’n voorbeeld van ’n eienaam in reël 8 neer.

(1)

6.8 Gee die intensiewe vorm van die onderstreepte woord. Die woestyn, waarin Gerhard Steyn opgetree het, was droog. (1) 6.9 In die volgende sin word selfstandige en byvoeglike naamwoorde gebruik. Hoekom is mense jaloers en is dit ’n goeie eienskap om só te wees? 6.9.1 6.10

Skryf ’n byvoeglike naamwoord neer.

(1)

Vul die korrekte voorsetsel in in die onderstaande sin. Bv. Ons gaan met vakansie. Sy het ternouernood _________die dood ontkom. (1) (15) TOTAAL AFDELING B: 40

12

AFDELING C: VISUELE GELETTERDHEID EN POËSIE VRAAG 7: Weerkaart Bestudeer die weerkaart en voer die opdragte uit.

(Uit: Beeld, 25 November 2011)

7.1

Kwêla-sterre wil ’n konsert reël, maar hulle wil bepaal wat die geskikste dorp ten opsigte van klimaat en weerstoestande sal wees. Help hulle deur die volgende vrae te beantwoord:

7.1.1

Windspoed word in knope gemeet. Die wind in Durban gaan vandag ______ knope Noord waai.

(1)

7.1.2

13 Watter dorp of stad se maksimum sowel minimum temperatuur sal die laagste wees?

(1)

7.1.3 In watter opsig stem Durban en Kaapstad se weerstoestande ooreen? 7.1.4

(1)

As jy dié konsert moes reël, in watter dorp sou jy dit gereël het?Verskaf ’n sinvolle motivering vir jou keuse.

(2) (5)

VRAAG 8: Spotprent Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat daarop volg:

8.1 ’n Spotprent lewer bykans altyd sosiale kommentaar. Wat wil die spotprenttekenaar met hierdie spotprent vir ons sê?

(2)

8.2 Wat wil die spotprenttekenaar vir ons sê deur vroue van verskillende ouderdomme te gebruik?

(1)

8.3 Watter visuele leidraad is daar dat die vrouens nie net Steve se CD koop omdat hy mooi sing nie?

(1)

8.4 Dink jy dat dit ’n goeie spotprent is? Gee in jou antwoord veral aandag aan die komiese (snaaksheid).

(1) (5)

14 VRAAG 9: Poësie Die Kampioen (Riette Hugo) 1.

die

2.

skoot

3.

KNAL

4.

sy lyf is ’n plat lem

5.

water insny

6.

onderwaterasemophou

7.

mensvis

8.

vismens

9.

tot sy bors wil

10.

BARS

11.

uit die water

12.

arms soos wielende wieke

13.

alle teenstand

14.

weggeskop met

15.

vinnende voete

16.

hap

17.

LUG

18.

Blaas borrels,

19.

lug… blaas… lug… blaas

20.

draai

21.

in een beweging

22.

die terugtog vaartbelyn

23.

aangepak met nat, blink spiere

24.

EERSTE

25.

geraak

26.

aan die rand

27.

met gestrekte webbers

28.

stralend afgebuig vir olyfkrans en goud: die

29.

swenner.

15 9.1 Voltooi: Strofe 1 bestaan uit twee ___________ ?

(1)

9.2 Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?

(1)

9.3.1

Waarmee word die swemmer vergelyk net nadat die skoot geknal het?

(1)

9.3.2

Haal ’n woord aan wat jou antwoord in vraag 9.3.1 ondersteun.

(1)

9.3.3

Wat word hierdié tipe beeldspraak in vraag 9.3.1genoem?

(1)

9.4 Beskou die tipografie van reël 6. Waarom dink jy word die woord juis só geskryf?

(1)

9.5 Skryf die hoofgedagte van r.17 – 23 neer.

(1)

9.6 Haal ’n frase van drie opeenvolgende woorde aan, wat aandui watter “pryse” die kampioen wen.

(1)

9.7.1

Wat beteken die woord “swenner” wat in reël 29 voorkom?

(1)

9.7.2

Dink jy dié woordkeuse (naamlik: “swenner”) geslaagd is?Motiveer jou antwoord volledig.

(1) (10) TOTAAL AFDELING C: 20

AFDELING D: FUNKSIONELE SKRYFWERK VRAAG 10: E-pos Jou skool het ’n fondsinsameling en jy is die organiseerder van die geleentheid. Die bekende sanger, Steve Hofmeyr, is die gaskunstenaar vir die aand. OPDRAG: Gebruik die onderstaande formaat en skryf ’n e-pos waarin jy die finale reëlings met Steve bevestig. Die inhoud van jou skryfstuk moet 100-120 woorde wees.Gee veral aandag aan die volgende aspekte: - Datum en tyd van optrede en hoe lank dit duur - Plek (adres) - Verblyfreëlings - Spesiale versoeke van die kunstenaar * Onthou om die kunstenaar te bedank en jou kontankbesonderhede in te sluit.

16

TOTAAL AFDELING D: 20 GROOTTOTAAL: 100

1

GENERAL EDUCATION AND TRAINING

AFRIKAANS HUISTAAL

MEMO

GRAAD 9

2 AFDELING A VRAAG 1: Elvis Blaauw 1.1 Die twee vriende se omstandighede was heeltemal verskillend en ten spyte daarvan was hul steeds goeie vriende / Die een se wêreld het bestaan uit musiek en die ander sin uit drome.

(1)

1.2 ’n Mens assosieer kinders met speel en in die leesstuk sê hulle dat klein Elvis gedroom het om eendag soos ander kinders te speel, wat insinueer dat hy nog nooit eintlik gespeel het nie.

(1)

1.3.1 onwaar 1.3.2 waar

(2)

1.4 “Geen gehoor was belangriker as sy vriend Elvis Blaauw nie.”

(1)

1.5 Elvis het gebid vir asem. Iets wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Dit het dit waarvoor ons bid (baie keer materialistiese dinge) so waardeloos en onbelangrik laat lyk.

(1)

1.6 “beskeie”

(1)

1.7 Ja. Elvis Blaauw was sy inspirasie in die lewe. Hy was Jan se eerste “aanhanger”; hy het hom laat besef om met sy talente te woeker, aangesien Elvis nooit die voorreg sou hê nie. (Enige soortgelyke sinvolle antwoord)

(2)

1.8 Die woord “vriendskap” vat in ‘groot mate die belangrikste konsep in die verhaal saam. Vriendskap is waar alles begin het.(Enige soortgelyk antwoord) (1)

(10)

3 VRAAG 2: Koerantknipsel 2.1 20 Februarie

(1)

2.2 Albei was/is Springbokke (rugby).

(1)

2.3 Cindy Crawford – sy is ‘n model. / sy het nie rugby gespeel nie.

(2)

2.4.1.2

(1) (5)

VRAAG 3: Advertensie 3.1 Na kunstenaars wat toekennings gewen het./gewild is. Enige soortgelyke sinvolle antwoord

(1)

3.2 Agatha Christie se The Mousetrap.

(1)

3.3 Die publiek/gehoor/mense het só daarvan gehou, dat die vertoning nou weer aangebied word. (Enige sinvolle antwoord)

(1)

3.4.1.3

(1)

3.5 Enige sinvolle antwoord.Grammatikaal korrek.

(1) (5)

TOTAAL AFDELING A: 20

4

AFDELING B VRAAG 4: Opsomming FEITE: 1. Goeie sportmangees moet aangeleer word. 2. Goeie rolmodelle kan jou inspireer om goeie sportmangees te openbaar. 3. Sportmangees het betrekking op almal, nie net op sportmanne nie. 4. Iemand met sportmangees sal aanhou totdat hy in sy doel slaag. 5. Vir iemand met goeie sportmangees is spanbelange belangriker as eiebelang. 6. Goeie sportmangees dwing onder alle omstandighede respek af, ook as jy verloor. 7. Goeie sportmangees laat jou jou tekortkominge besef en dit hou jou nederig.

7 feite is 7 punte Taal: 1 – 3 foute is 3 punte 4 – 6 foute is -1 7 – 9 foute is -2 Meer as 9 foute is 0 punte. Let wel: 3 taalpunte kan net verdien word as daar 6-7 feite reg is, 2 taalpunte kan net verdien word as daar 3-5 feite is 1 taalpunt as daar net 2 feite korrek is. Trek 1 punt af van die total indien woorde nie korrek is nie/ nie onderaan geskryf is nie. (mag 3 woorde oorgaan) VRAAG 5: Elvis Blaauw 5.1.1

brawer

5.1.2

snaaksste

(2)

5.2.1

dood

(1)

5 5.3.1 Jan sê: “Elvis het altyd vertel hoe hy eendag ‘n ster gaan wees met die wêreld aan sy voete.”

(1)

5.4.1

Samestellende Afleiding

5.4.2

Basis

5.4.3

Afleiding

(3)

5.5 Ontronding

(1)

5.6 Verbinding met ‘n afkorting.

(1)

5.7.1 susters 5.7.2 beoordelares

(2)

5.8.1 Bed = kern, Hospitaal = bepaler

(1)

5.8.2 Bedlamp (kyk na die leerders se antwoorde) 5.9.1

So. (LEESTEKEN BELANGRIK)

5.9.2

km

(1)

(2) (15)

VRAAG 6: Bekruipershoekie 6.1 woon 6.2.1

hulpwerkwoord

6.2.2

selfstandige werkwoord

6.3.1 “

“ - aanhalingstekens

6.4.1

konserte

6.4.2

woestyne

6.5 haar / jou / ons (Kies 2)

(1)

(2) en ! – uitroepteken

(2)

(2) (2)

6 6.6.1

ma’tjie

6.6.2

musikantjie

(2)

6.7 Huisgenoot/Sandton (Kies een)

(1)

6.8 kurkdroog / horingdroog

(1)

6.9.1

(1)

6.10

jaloers / goeie aan

(1) (15) TOTAAL AFDELING B: 40

AFDELING C VRAAG 7: Weerkaart 7.1.1 20

(1)

7.1.2 George

(1)

7.1.3 Albei se maksimum is 20˚C OF Albei het ‘n noordelike wind wat gaan waai. (1) 7.1.4 Enige sinvolle antwoord (Hul motivering oor hoekom hulle dié spesifieke dorp of stad sou kies.)

(2) (5)

VRAAG 8: Spotprent 8.1 Steve het in sy nuwe cd-omslag sy meisie gevra om te trou, maar Steve is alombekend vir sy liefde vir verskillende vroue/verhoudings./ Dit sinspeel daarop dat die huweliksaansoek nie net vir een vrou bedoel is nie./Baie vrouens sal met Steve wil trou.(Enige soortgelyke antwoord) 8.2 Steve se aanhangers is vrouens van verskillende ouderdomme.

(2) (1)

7 8.3 Die hartjies bo die vrouens se koppe.

(1)

8.4 LEERDERS SE EIE SINVOLLE MENINGS

(1) (5)

VRAAG 9: Poësie 9.1 versreëls

(1)

9.2 vyf

(1)

9.3.1

met ń plat lem

(1)

9.3.2

“insny”

(1)

9.3.3

Metafoor

(1)

9.4 Word so geskryf om die tydperk onder die water te weerspieël./ Hy probeer so lank moontlik onder die water bly omdat dit bewys is dat hy dan vinniger beweeg./ Visuele voorstelling van hoe hy onder die water swem.

(1)

(enige soortgelyke sinvolle antwoord) 9.5 HOOFGEDAGTE: Lug (dit handel oor lug)

(1)

9.6 “olyfkrans en goud”

(1)

9.7.1

Beteken die swemmer is ook ‘n wenner./ Kombineer wenner en swemmer. (1)

9.7.2

Ja / Nee (KYK NA LEERDERS SE MOTIVERING)

(1) (10)

8 VRAAG 10: Funksionele Skryfstuk ASSESSERINGSRUBRIEK VIR SKRYFSTUK