WINDOWS 2000 TOT WINDOWS XP

WINDOWS 2000 TOT WINDOWS XP Stap 1: Klik in volgorde op Start/Control Panel/Regional and Language Options). Stap 2: Klik bo in die middel op Language...
33 downloads 8 Views 731KB Size
WINDOWS 2000 TOT WINDOWS XP Stap 1: Klik in volgorde op Start/Control Panel/Regional and Language Options).

Stap 2: Klik bo in die middel op Languages en daarna op Details. Kies English (U.S.) as u voorkeurtaal as u meeste tikwerk in Afrikaans gaan geskied, want dit is die taal waarin u Afrikaans foutloos kan tik. Dit verskyn dan in die wit blok teenoor EN. U kies daarna English (South Africa) as die tweede taal, as dit nie reeds gekies is nie, deur op Add te klik. Die US-toetsbord moet vir albei tale gekies word.

Stap 3: Klik nou op Advanced en plaas ’n merkie in die blokkie wat aandui dat Advanced Text Services geaktiveer is. Stap 4: Klik op Apply. Stap 5: Klik nou onder op die Language Bar en maak ’n regmerkie teenoor Show the Language Bar on the Desktop en ’n regmerkie teenoor Show additional Language Bar icons in the taskbar. Die derde regmerkie kan ook behou word. Klik nou op Apply en op OK totdat u uit is. As Apply nie in reliëf is nie, sal dit nie reageer nie. Gaan nou uit deur onder in elke venster op Apply (indien in reliëf) en daarna op OK te klik. Gaan voort by die Microsoft Word wat op u rekenaar geïnstalleer is.

WINDOWS VISTA EN WINDOWS 7 (Gebruik die skermkiekies hieronder wat op u weergawe van toepassing is). Stap 1: Klik in volgorde op Start/Control Panel/Clock, Language and Region). (As u meer as 8 ikone in u Control Panel het, kies u Regional options.)

Stap 2: Klik bo in die middel op Languages en daarna op Details of op Keyboards and Languages en dan Change Keyboards

Stap 3: Kies English (U.S.) as u voorkeurtaal (default) as u meeste tikwerk in Afrikaans gaan geskied, want dit is die taal waarin u Afrikaans foutloos kan tik. Dit verskyn dan in die wit blok teenoor EN. U kies daarna English (South Africa) as die tweede taal, as dit nie reeds gekies is nie, deur op Add te klik.

Klik nou op Apply en op OK totdat u uit is. As Apply nie in reliëf is nie, sal dit nie reageer nie. Gaan nou uit deur onder in elke venster op Apply (indien in reliëf) en daarna op OK te klik.

MS Word 2000/2003 Stap 1: Open ’n skoon Word-dokument. Verander onmiddellik die taal in Word se laaste statusbalk na English (U.S.) (Klik in die dokument met die muis indien die taal nie verander het nie. Klik nou op die English (U.S.) in Word se statusbalk en in die beeld wat verskyn) Stap 2: Verwyder die merkie teenoor Detect Language automatically (Beeld hieronder) Albei blokkies moet skoon wees. Klik daarna op OK.

Stap 3: Druk Alt + T en druk daarna O. Die venster Word Options verskyn. Klik op Spelling and Grammar. Plaas regmerkies soos hier onder aangedui word:

Klik op Custom Dictionaries. Verhelder die Custom.Dic (Default) en verander die All Languages heel onder in die venster na English (U.S.). Klik nou op Add. In die UProof-venster verhelder (selekteer) die Afr Woordeboek.dic en klik onder op Open. Verhelder weer die Afr Woordeboek.dic in die Custom Dictionary List en verander die All Languages heel onder in die venster na English (U.S.). Plaas regmerkies in die blokkies teenoor die twee woordeboeke. Indien nodig verhelder die Custom .Dic en klik links op Change Default om dit die default te maak. Klik nou op OK.

Microsoft Office 2007 Stap 1: Klik op Popular en dan regs onder op Language Settings. Aan die regterkant verskyn Enabled Editing Languages. Die twee Engelse tale sal daar verskyn en soms ook Afrikaans (Limited support) wat u moet selekteer en dan op Remove, klik. Onder in die venster in die middel verskyn die Primary Editing Language. Dit moet English (U.S.) wees ongeag of English (South Africa) u voorkeurtaal is. Verander dit daarna indien nodig. Klik op OK. Klik nou op Proofing. Microsoft Office 2010/13 Stap 1: Klik op Language aan die linkerkant. Die twee Engelse tale sal aangedui word as Enabled Editing Languages. Indien nodig verhelder English (U.S.) en klik op Set as default, ongeag of English (South Africa) u voorkeur taal is. Moenie op OK klik nie. Klik op Proofing.

Finale Stap alle weergawes (Proofing): Terug in die vorige venster klik die gebruikers van albei hierdie weergawes nou op AutoCorrect Options heel regs bo in die venster.

. Moenie die merkie teenoor Capitalize first letter of sentences verwyder nie, al was dit voorheen ’n aanbeveling. Klik op Exceptions en dan op First Letter. Hier vind u die afkortings bv., ens., asb. en Rom. Dit is nie nodig om al daardie afkortings met die punte tussenin, soos m.a.w., a.g.v. en vele ander, daarin te plaas nie, want dit word nie as afkortings deur Word gesien nie. Daar moet beslis nie ’n regmerkie teenoor Automatically add words to list wees nie. Tik daarna op Other Corrections. Verwyder ook hier die merkie teenoor Automatically add words to list. Klik nou onder op OK in die een venster na die ander tot u terug is in die Word-dokument. Tik nou: Dit het vanmôre gereën en die wêreld is nat. U gebruik nie meer die alt plus syferkodes nie.