Hoofstuk 12: Openbaring van Jesus Christus die toekoms ons eindbestemming!

Hoofstuk 12: Openbaring van Jesus Christus – die toekoms – ons eindbestemming! Jan Roos 1 2 Hoofstuk 12: Openbaring van Jesus Christus – die toek...
Author: Francis Simmons
86 downloads 0 Views 1MB Size
Hoofstuk 12: Openbaring van Jesus Christus – die toekoms – ons eindbestemming!

Jan Roos 1

2

Hoofstuk 12: Openbaring van Jesus Christus – die toekoms – ons eindbestemming! My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos 'n verborge skat. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. (Spr. 2:1-5)

Jan Roos

Posbus 43792 Heuwelsig Bloemfontein 9332 3

“Baie Suid-Afrikaners is op pad na die hel! – Wat moet ek doen?” deur dr. J.C. Roos. Eerste uitgawe 2013. Geen kopiereg word op hierdie boek voorbehou nie. Die materiaal kan gebruik, gedupliseer en versprei word met die voorwaarde dat erkenning aan die outeur verleen word en geen veranderings aan die teks aangebring word nie. Tensy anders aangedui is skrifaanhalings in die publikasie geneem uit die Bybel in Afrikaans (1983-vertaling): Bybelgenootskap van Suid-Afrika © 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Met dank aan die Bybelgenootskap – http://www.bybel.co.za/home/. Asook skrifaanhalings uit die 1953-vertaling (OV); ‘Die Boodskap’ – Die Bybel in hedendaagse Afrikaans (2002), uit die “King James Version” (KJV) Bybel (e-Sword) en die New King James Version (NKJV). Hierdie boek (elektroniese weergawe, PDF) kan gratis op die Webblad gelees en afgelaai word by: www.hemelofhel.co.za

Dankbetuigings: Aan my vrou (Bertie) vir geduld, kommentaar en liefde. Aan al my broers en susters in die geloof. In besonder vir boeta Martin Taljaard, Johan du Toit en Andrew de Wet wat tegniese en taalversorging gedoen het. Aan God die Heilige Gees vir my entoesiasme, wysheid, insig, kennis, raad, sterkte en eerbied vir die Here. E-pos: [email protected] Faks: 086 695 6850 Jan Roos Mei 2013

4

Voorwoord Hierdie boek het op my hart kom lê nadat God Sy lig op my hart laat skyn het en my verlig het met Sy kennis. Ek moet dringend, maar uit liefde, vir my medemens waarsku dat die meeste nie op die regte pad is nie. Ek weet dit want ek was self daar. Baie Suid-Afrikaners dwaal en is mislei, hul prioriteite is nie reg nie en het nie ‘n idee wat hulle in die geestelike sfeer (realm) doen nie. Baie verstaan nie hulle geestelike roeping nie, is verblind, lou, en is op ‘n pad van vernietiging (na die hel), maar baie besef dit nie! Die mense sê: “Ons het niks van iemand nodig nie, want kyk net wat het ons alles!” Ai, al hierdie gespog maak dat julle heeltemal blind is vir hoe pateties dit regtig met julle gaan. ‘n Mens wil eintlik sommer oor julle aan die huil gaan. Kyk net hoe lyk julle: julle is geestelik brandarm en bankrot. Boonop besef julle dit nie eens nie, want julle is soos blindes.” (Openb. 3:17, Die Boodskap). En ons weet wat word van hulle – word uitgespoeg! Let wel, ek sê op pad na die hel – so, daar is nog kans om ‘n rigtingverandering te doen – bekeer! Daarom wil ek, namens God sê: ‘Mense word wakker – draai weg van die sonde na God!’ Kyk wat sê die Woord: “Word wakker, word wakker, ruk jou reg, Sion (voeg jou naam hierin).” (Jes. 52:1). “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” (Ef. 5:14). En die kerk vertroos ons met woorde soos ‘ons is maar net nietige sondaars en almal oortree, maar as jy net probeer is dit genoeg solank jy net gedoop (baba besprinkeling), voorgestel en aangeneem is!’ Onthou, jy word nie as ‘n Christen gebore nie, jy word nie ‘n Christen met jou babadoop nie, jy is nie ‘n Christen omdat jy kerk toe gaan nie. As iemand sê hy is ‘n Christen, maak dit hom nie ‘n Christen nie! Ek is nie ‘n filosoof, teoloog, of sielkundige nie, maar ‘n wedergebore Christen wat kan lees en skryf! Ek het ‘n doktorsgraad in die natuurwetenskappe gedoen, maar genadiglik tot die besef gekom ek het nie die ewige LEWE nie! God het Sy goedheid aan my betoon en my uit die duisternis na die lig gebring en ek prys my God wat my gered het. Na wedergeboorte en eenwording met Christus (nuwe lewe), is jy geroepe as gesant (ambassadeur) van Christus en is dit ‘n voorreg en eer om in Sy plek te handel. (2 Kor. 5:20).

5

Toe ek uit die duisternis na lig gebring is, was ek verbaas en hartseer om al die dooie bene om my te sien (familie, vriende, mede-kerkgangers wat morsdood is; net soos ek was) – soos die volk Israel in Esegiël (Eseg. 37). Maar die goeie nuus is dat God deur Sy Gees weer hieruit ‘n weermag kan bou! Dis eintlik die opdrag wat God ons gee om te doen. Daarom bid ek vir ‘n herlewing in elkeen se hart – herlewing vir ons land, Suid-Afrika. Baie Suid-Afrikaners sê en dink hulle is ware Christene; maar is dit in werklikheid nie! Hulle is wêreldse (vleeslike) Christene (‘carnal Christians’) wat oppervlakkig in die siel en nie in die gees funksioneer nie. Hulle is nie met Christus verenig nie. Wat bedoel ek? Dit beteken dat ‘n persoon is nog nie wedergebore nie (‘n nuwe mens). Jy is nog ‘n sondaar voor God, jy is sonder die Heilige Gees en jy is sonder hoop – want die Bybel sê die ongeredde sondaar se toekoms is verdelging. Die satan het geweldige beheer op aarde (Joh. 12:31 & 14:30) en dit sien ons in al die sfere van die samelewing. Daar is baie valse profete (dwaalleraars) en antichriste vandag (2 Pet. 2:1; 1 Joh. 4:1 & 1 Joh. 2:22), mense leef in ‘n leuen, en die wêreld is in vyandskap teen God! Mense leef in vrees, het baie bekommernisse en baie probleme. Mense is opsoek na geluk en wonder oor die geheim van die lewe? Maar Psalm 111:10 in Die Boodskap sê dit mooi: “Om gelukkig te wees moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim van die lewe.” Hoeveel Suid-Afrikaners doen dit? Daar is baie gelowe/godsdienste (‘religions’) en basies probeer hul almal om die gaping tussen God en die mens te oorbrug. Maar daar is net een, die Evangelie (‘gospel’) van Christus, waarin God na die mens uitreik. Godsdiens gaan jou nie red nie; om ’n goeie lewe te leef, red jou nie – jy het ’n Verlosser (Jesus) nodig. Min Christene verstaan bv. die verlossings proses en wedergeboorte. Jy kan nie verlossing verdien nie, jy kan dit nie koop nie, jy kan dit net deur geloof as ’n geskenk van God ontvang. Met dié boek wil ek my ervaring deel en die groter prentjie te wys. Baie mense se ken-en-verstaan van die Bybel is piering vlak en dit lei tot hul eie vals redenasies, bv. hul sal sê: “Jesus het vir almal se sonde gesterf en sal ons uiteindelik almal weer in ‘n regte verhouding met God gestel word.” Maar nee, dis ‘n vals redenasie – dis nie wat die Bybel sê nie. Dis waar dat Christus vir almal se sondes gesterf het, maar as jy nie bekeer en Hom nie as jou persoonlike Verlosser aanvaar nie, dan is die vergifnis van sonde nie op jou van toepassing nie en gaan jy in die verderf beland! “Die HERE staan gereed om my (jou) te verlos.” (Jes. 38:20 OV). 6

God het ons ‘n vrye will/keuse gegee: jy kies vir Hom en dan kies jy die ewige lewe (hemel) of jy kies teen Hom en gaan die dood (hel) tegemoet (Deut. 30:19). Dit is ‘n eenvoudig keuse, maar ‘n moeilike besluit! Hoekom? Omdat die satan en al sy demone (die magte van duisternis) jou wil verhoed om die lewe te kies. As jy dus hel toe gaan is dit omdat jy daarvoor gekies het (Jesus verwerp). Jou keuse sal deur God gerespekteer word en jy kry die loon vir die sonde wat die dood is (Rom. 6:23). Die Bybel is een van die grootste geskenke van God aan die mens. Die Bybel is ‘n groot en komplekse boek (66 boeke deur 40 skrywers oor meer as duisend jaar), en dit is ‘n groot uitdaging wat baie tyd en wysheid vereis om dit reg te verstaan. Maar min mense wat ek ken, ken die kern waarhede en begrippe van die Bybel en baie mites word geglo. Algemeen word gesê: “Eva het ‘n appel in die tuin van Eden geëet”, maar die Bybel sê nie dit was ‘n appel nie – dit sê net ‘n ‘vrug’. Of daar word gepraat van ‘een paar van elke dier in Noag se ark’, maar daar staan ‘sewe pare van die rein diere en voëls’ (Gen. 7:2-3). Nog ‘n voorbeeld is dat ‘Noag 40 dae in die ark was.’ Nee, dit het 40 dae gereën; hulle was meer as ‘n jaar lank in die ark (377 dae). Baie Suid-Afrikaners is op ‘n pad van vernietiging – die breë weg! (Matt. 7:13). Ons leef volgens die wêreld se valse reëls. My oproep en hartewens is daarom: moet nie verder tyd mors deur om doelloos op die leë, selfsugtige breë weg van die vleeslike lewe te wandel nie, want dit lei na die verderf! “Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn!” (Amos 4:12). Die eindtyd waarin ons leef, sal gekenmerk word aan bandeloosheid, geweld, chaos; net soos dit vandag alreeds is en dit sal net erger word, want terwyl die gelowiges al hoe meer die heerlikheid van Christus deelagtig sal word, sal diegene wat sonder Hom leef, al meer en meer aan die satan gelykvormig word! Daar is ‘n groot verantwoordelikheid op elke persoon om vas te stel waar hy of sy met die Here staan. Ondersoek opnuut jouself of jy werklik in die geloof is, in liefde leef, en of jy deur ‘n lewe van heiligmaking (transformasie) en geestelike groei, ‘n bruikbare getuie (‘n dissipel) vir Jesus Christus is. Is die Heilige Gees jou leidsman? Jou ewige lewe hang hiervan af! Lees die res van die boek. Moet nie dat die godsdienste gees (van die duiwel) jou verhinder om verder te gaan nie. Leer die Waarheid ken, en die Waarheid sal jou vrymaak! (Joh. 8:32). 7

Ons as Christene het krag en glorie (heerlikheid) op ‘n manier wat nie beskikbaar was voor die Kerk op Pinksterdag begin het nie. Die Heilige Gees, God self, is nou binne ons! Christene is nie net “volgelinge van Christus” nie. Ons is deur die Gees met Christus verenig, ons het ‘n identiteit met Hom. Hy het ons sondigheid en swakheid verruil vir Sy sterkte en krag – ons is vrygemaak! “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.” (Rom. 8:2). En nou as individuele lede van Sy Liggaam (kerk), as mense met Christus in ons, as Sy verteenwoordiger, laat ons ons opnuut verbind om Christus in die wêreld in te bring deur ons. Die wederkoms is baie naby, die oes is groot, maar die arbeiders is min, laat ons inspring en werk. Die wêreld het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei. Ek hoop, vertrou en bid dat hierdie boek jou sal help om werklik in ‘n geestelik eenheid en harmonie met die Drie-enige God; Vader, Seun en Heilige Gees te kom en in vrede en vreugde te lewe. Liefde in Jesus Christus die Here, Jan Roos

8

Hoofstuk 12: Openbaring van Jesus Christus – die toekoms – ons eindbestemming! 1.1 Inleiding: Die boek Openbaring, is die ‘Wow’ boek van die Bybel. Mense wil altyd weet wat gaan môre, of volgende jaar of in die toekoms gebeur; hul sê: ‘ek wens ek het geweet’ – en berus dan maar by die idee dat ons nie weet wat die toekoms inhou nie. En tog vertel God in Sy Woord, soms in fyn besonderhede, vir ons wat die toekoms inhou en dit raak elkeen direk en persoonlik. God, die opperheerser van die heelal, het persoonlik die openbaring van die toekoms (wat binnekort moet gebeur), aan Jesus Christus geopenbaar wat dit weer via die engele aan Johannes gewys het, sodat ons as dienaars dit sal weet. (Openb. 1:1). Hierdie ‘detail’ profesieë oor die toekoms wat in die boek Openbaring opgeteken is, is juis wat die Bybel uniek en anders maak as enige ander ‘bybel’ of godsdienstige geskrif. Ander godsdienste het nie profesieë nie en die wat het, kan hul nie hieroor uitspreek nie, want hul ‘god’ beheer of bepaal nie die toekoms nie. Natuurlik is daar allerhande valse geskrifte met ‘voorspellings’ wat meestal baie vaag is, soos byvoorbeeld Nostradamus, maar dit bly net raaiskote wat nie van God is nie. Jesus Christus het die toekoms in Sy hand en in Christus sal nie een van Sy beloftes of waarskuwings onvervuld verbygaan nie: o “Die “ja” op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê.” (2 Kor. 1:20).

Die boek Openbaring gee ons baie van die sleutels wat die profesieë oopsluit omdat dit getrou die beginsel, dat die Bybel homself interpreteer, volg. Derhalwe, slegs dié wat glo dat die Bybel deur God geïnspireer is, en vertrou wat dit sê, sal die vermoë hê om die betekenis van wat in die boek Openbaring onthul word, te verstaan. Pawson (2007) sê ook: “The Book of Revelation yields its treasures to those who read it with a simple faith, an open mind and a tender heart”. Baie mense vind die boek moeilik en verwarrend en dan lees hulle dit nie. Maar dit is baie noodsaaklik vir Christene om die boek te lees en te verstaan, want Openbaring is die enigste boek in die Bybel wat sê ‘as jy my lees en dit glo’, sal jy geseën word (Openb. 1:3) – dit word in Openb. 22:7 herhaal. 9

o “Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.” (Openb. 1:3).

Hierdie boek het mense vir meer as 2 000 jaar laat wonder en soms verwar. Ongelukkig beskou baie mense Openbaring as ‘n geslote, simboliese boek en doen daarom nie moeite om dit te bestudeer en te verstaan nie. Deur die eeue heen was dit een van die wêreld se mees misverstane en verkeerd geïnterpreteerde boeke. Maar dit hoef nie so te wees nie. Wanneer die struktuur en samestelling van Openbaring in ag geneem word, is die profesieë van hierdie boek verstaanbaar en logies. Dit is nie ‘n verborgenheid nie, maar ‘n openbaring. Trouens, as jy eers die boodskap van Openbaring begryp, sal jy ook sien dat dit bevat die mees besondere boodskap van hoop wat ooit geskryf is. Die fundamentele boodskap is eenvoudig en die gevolgtrekkings is verseker. Ons wêreld is verward en mislei, maar dit sal nie vir altyd so bly nie. Jesus Christus gee vir ons die boek van Openbaring om vertroue te bring, hoop te gee en ‘n duidelike doel in lewe vir almal wat glo en die lewende God dien. Openbaring is spesifiek vir God se dienaars, die kerk van God, geskryf (Openb. 1:1). Die futuristiese strekking van Openbaring is daarop ingestel om aan alle mense – die ware én valse kerk, asook Israel en die hele ongeredde wêreld – die pad vorentoe aan te dui. Die toekoms van die sataniese driemanskap, dit is die duiwel, die antichris en die valse profeet, word ook duidelik aangetoon. Die feit dat Openbaring ‘n profetiese boodskap vir alle mense het, plaas ‘n verantwoordelikheid op Christene om hierdie boodskap saam met die res van die Bybel aan almal te verkondig. (Malan, 2005). Trouens daar is geen deel van die Skrif wat homself met meer goddelike gesag aanbied as juis hierdie boek van Openbaring nie. Etlike kere is aan Johannes gesê: “Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.” Wat die Here hier geopenbaar het, moes nie verswyg word nie; skryf, maak bekend, is die opdrag, want wat Ek meedeel, sál en móét gebeur en ook gouer as wat ’n argelose wêreld besef, wat voortleef in sy wêreldgesindheid. Drie keer het die Here hierdie woorde in hierdie boek gebruik, nl. in Openb. 19:9; 21:5 en 22:6. o “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby.” (Openb. 20:10).

10

Maar ek skryf die Hoofstuk met huiwering want hier is ook ‘n ernstige waarskuwing dat as jy enigiets sou byvoeg of wegneem van dié profesieë van hierdie boek, sal jy verantwoordelik wees om jou eie naam uit die Boek van die Lewe te verwyder en jouself na die poel van vuur te stuur (Openb. 22:18-19). Ek aanvaar egter onvoorwaardelik al die profesieë en beloftes in die boek, soos die res van die Bybel, as absoluut waar en niks sal onvervuld gaan nie. Wat ons hemelse Vader in die tuin van Eden in Genesis 1 begin het, sal Hy in die boek van Openbaring voltooi. Geen krag of mag in die hemele of op aarde kan verhoed dat die planne en doel wat God het, nie volvoer sal word nie. Ons kan berus by God se planne met ons lewe en die intensies (bedoelinge) van Sy hart sal vir altyd standvastig bly. o “Maar die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.” (Ps. 33:11).

Die inligting wat ek hier gee is egter gebaseer op deeglike navorsing en verantwoordelike skrywers wat ‘n logiese verklaring bied. Ek gaan nie ‘n in diepte verduideliking of bespreking van Openbaring gee nie, maar slegs ‘n beknopte oorsig/samevatting – ‘n geheelbeeld van hoe die skepping (wêreld, mense, geeste, ens) se toekoms gaan ontvou! 1.2 Openbaring – geheelbeeld: ‘n Mens moet altyd die geheel prentjie in jou kop hê, want alles in die Skrif is aanmekaar verbind. Die Bybelse verhaal van die mens begin in die tuin van Eden en sy verwerping van die boom van die lewe. Dit eindig met God se onsterflike familie wat voor Sy troon bly en die vrugte van die boom van die lewe geniet. (UCG, 2007). Baie mense glo die boek van Openbaring is net slegte nuus. Inteendeel, dit toon aan waarheen jou aksies en besluite jou sal neem, en dit toon ook dat gelowiges uiteindelik ‘n wêreld van vrede sal beleef en die bose vernietig sal word. o “Die owerste van hierdie wêreld (satan-duiwel) is klaar veroordeel.” (Joh. 16:11).

Pawson (2007) sê (vertaal): “Die satan haat die eerste paar bladsye van die Bybel (wat aantoon hoe hy beheer oor ons planeet verkry het) en die laaste paar bladsye (wat aantoon hoe hy beheer sal verloor).” • Maar hou goeie moed, Jesus Christus het reeds oorwin! Jesus het mag oor die dood; Jesus het die sleutels by Sy opstanding uit die dood gehad. 11

o “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.” (Openb. 1:17-18).

• En ons weet Hy kom ons haal, want Jesus beloof dit in Sy Woord. o “In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh. 14:2-3). o “Van een ding is ons seker: Jesus kom weer. Dan gaan ons Hom in Sy grootheid sien soos Hy regtig is en ons self gaan ook soos Hy word.” (1 Joh. 3:2, Die Boodskap).

William Gurnal het gesê: “All the plots of hell and commotions on earth have not so much as shaken God’s hand to spoil one letter or line he has been drawing.” Kort oorsig: Die boek Openbaring word kortliks soos volg beskryf (Missler, 2005): • ‘n Katastrofiese eind krisis van die huidige bedeling. • ‘n Skouspelagtige herverskyning van die Koning van konings in Sy wêreldse koninkryk • Die vasketting van satan in die put (‘Abyss’) • ‘n Duisendjarige vrederyk van aardse regering deur Christus • Finale opstanding, oordeel en vernietiging van satan, sonde en dood • Nuwe Hemel en nuwe Aarde Kyk Figuur 12.1 wat die chronologie van Openbaring saamgevat. 1.3 Voor-verdrukking en voor-millennium benadering: Die verklaring van die Bybelse profesieë is ‘n onderwerp van groot omstredenheid, en Christene word na aanleiding hiervan in verskillende leerstellige skole geplaas. Ek volg hier die moderne, dispensasionele premillennialisme soos beskryf deur Malan (2005), Liebenberg (2008) en ‘The DAKE Annotated Reference Bible (2010). In dispensasionele teologie word die Bybel letterlik verklaar vanuit die perspektief van God se handelinge met die mens in opeenvolgende bedelings. Indien mense nie Bybelse profesieë ernstig en letterlik opneem nie, maar dit vergeestelik en totaal ander betekenisse daaraan verleen, skep dit groot verwarring. 12

Kyk die ‘Dwalings van die vergeestelikingsteologie’ asook die verskillende verklarings beginsels vir Bybelse profesieë (Malan, 2005). Die formele begin van die kerkdispensasie (kerkbedeling) was tydens die uitstorting van die Heilige Gees (Pinkster). Die kerkdispensasie word deur die wegraping afgesluit sodat die volgende bedeling – die verdrukking van sewe jaar tydens die antichris se regering – kan aanbreek. Omdat die verdrukking ook met goddelike oordele gepaard gaan, sal die ware kerk van Christus voor die tyd weggeneem word omdat hulle nie vir God se toorn oor die sondaars bestem is nie. Soos in die tyd van Noag en Lot sal Christus met die wegraping die gelowiges uit die komende oordele van die dag van die Here uitred, en daarna die sondaars oordeel (Luk. 17:26-30). ‘n Voorverdrukkingwegraping is dus ‘n noodsaaklike deel van moderne dispensasionele premillennialisme. “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.” (Luk. 21:36 OV). Die begrip “premillennialisme” bevat die duidelike betekenis dat Jesus Christus se wederkoms voor die millennium sal plaasvind, en is trouens ‘n voorvereiste vir die aanbreek en openbaring van sy duisendjarige vrederyk (die millennium). Vir die eerlike Bybelstudent sal dit duidelik wees dat ons nie nou in die duisendjarige vrederyk leef waarin die duiwel gebind is nie. Die duiwel loop tans rond soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslind (1 Pet. 5:8). Die Here Jesus noem hom “die owerste van hierdie wêreld” (Joh. 14:30). As gevolg van sy sterk invloed oor die oorgrote meerderheid mense lê “die hele wêreld in die mag van die Bose” (1 Joh. 5:19). Ons bevind onsself dus in “die teenwoordige bose wêreld” (Gal. 1:4) waaruit die Here ons wil red. Ek verstaan die siening is dus ‘n ‘Pre trib’ (‘pre-tribulation’) – d.i. die wegraping voor die verdrukking; ‘pre mil’ (‘pre-millennium’) – d.i. ons is tans in die voor millennium (duisendjarige) vrederyk. Kyk Liebenberg (2008) se 16 bewyse vir ‘n voor-verdrukking wegraping. Kyk ook Pawson (2007) se 8 redes hoekom hy ‘n klassieke premillennialis is. Hy sê bv. dat dit die mees natuurlike interpretasie gee sonder om die teks te forseer. Premillennialisme is tot die letterlike grondbetekenis van die Skrif verbind, behalwe waar dit uit konteks baie duidelik is dat simboliese taal gebruik word.

13

1.4 Agtergrond: • Die kerke op aarde: Openbaring vertel van die 7 kerke (gemeentes) wat deur die eeue gestalte gevind het (Openb. 2:1-17). Ons leef tans in die periode van Laodicea, die laaste van die sewe gemeentes op aarde. Die ander ses kerktipes kom ook nou voor, maar in die Laodicea tydperk speel hulle nie die oorheersende rol nie. Malan (2005) verduidelik mooi die huidige lou vormgodsdiens wat vandag heers en vorentoe net al erger sal word. Die naam “Laodicea” beteken “menseregte.” Die lou, selfvoldane en self-gesentreerde gemeente van Laodicea is kenmerkend van die kerk van die 20ste en 21ste eeue en verteenwoordig die laaste periode in die kerkgeskiedenis. Tevrede met slegs 'n uiterlike gedaante van godsaligheid gaan hulle voort op die weg van vormgodsdiens, en is nie eers bewus van hulle geestelike armoede nie. Ten spyte van al die welvaart en goed georganiseerde aktiwiteite word Christus nie werklik geken of gedien nie. Sy Naam word wél gebruik, maar daar eindig dit ook (vgl. Matt. 7:21-23). Van só 'n stelsel van mensgemaakte godsdiens wat op intellektuele argumente, morele beredenering en uiterlike vertoon ingestel is, onttrek die Here Jesus Homself. Hy sê ook duidelik waarom Hy dit doen: o "Omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie" (Openb. 3:16-17; kyk ook 1 Tim. 6:7-12).

Bykans die hele eindtydse kerk word deur die gees en tipiese denkwyse van Laodicea oorheers. Binne hierdie teologiese raamwerk is die hele onderwerp van sonde irrelevant omdat die begeertes van die vlees die botoon bo die voorskrifte van die Bybel voer. Die god van hierdie wêreld, Mammon, swaai sy septer oor die vervalle kerk van Laodicea. Mense word mislei om rykdom, populariteit, sukses en ‘n wêreldse selfbeeld na te streef. Hierdeur word ‘n antichristelike vorm van humanisme bevorder wat op selfverheerliking en roem op jou eie prestasies ingestel is. Die misleide lidmate soek net die Here om hulle in wêreldse terme nóg meer voorspoedig te maak, en is glad nie op selfverloëning (Luk. 9:23), self-kruisiging (Gal. 6:14) en vervulling met die Heilige Gees (Ef. 5:18) ingestel nie.

14

Hulle vleeslikheid lei egter na totale geestelike stagnasie (Gal. 5:17), oorheersing deur die hartstogte en begeerlikhede van die vlees, en die misleidende idee dat al hulle voorspoed bewyse van die Here se seën is. Die Here Jesus distansieer Homself van hierdie soort oppervlakkige vormgodsdiens. Nogtans maak Hy steeds met die geestelik "arm en blinde" lidmate bemoeienis as Hy by die 21steeeu se kerk aanklop en deur ‘n roepstem van buite af met hulle praat en hulle tot bekering oproep: o "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My" (Openb. 3:20).

As gevolg van hulle selfgesentreerdheid en ingesteldheid op wêreldse kwessies, is die eindtydse kerk geestelik bankrot en profeties uitsigloos. Die belofte van die naderende wegraping hou ‘n bedreiging vir hulle aardse koninkryk in, daarom verkies hulle om dit eerder te verwerp, te vergeestelik of na die verre toekoms te verskuif. • Die dag van die Here: Die begrip die dag van die Here word dikwels in die Ou én Nuwe Testament met die vervulling van eindtydse profesieë in verband gebring. Dit verwys na die laaste fase van menslike geskiedenis op aarde wanneer die Here regstreeks in die lotgevalle van die mensdom gaan ingryp en Homself in verskillende hoedanighede sal openbaar – as Bruidegom, Regter en Koning. Hierdie openbarings fase gaan net meer as ‘n duisend jaar lank duur omdat dit sowel die sewe jaar van die verdrukking as die duisendjarige vrederyk (die Millennium) insluit. Ons het hier met ‘n profetiese tydperk te doen waarin een dag ‘n duisend jaar voorstel. Johannes was in die Gees op die dag van die Here. Hy het met profetiese vleuels van verrukking opgestyg en oor ongebore eeue gereis om die ontvouing van God se plan in die ontsagwekkende gebeure van die groot en verskriklike dag van die Here te aanskou. Ons weet dat dit eers na die antichris se verskyning sal plaasvind: o “Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie.” (2 Tess. 2:3).

Die dag van die Here (dit is ook bekend as die dag van Christus; 2 Tess. 2:2-3) is ‘n tydperk van ‘n duisend jaar waarin die Here Jesus Homself op ‘n baie besondere wyse aan die hele mensdom gaan openbaar (Malan, 2005): 15

o By die regterstoel van Christus gaan Hy Homself net ná die wegraping aan Sy diensknegte (die ware kerk) openbaar om aan hulle hul loon te gee. Paulus het uitgesien na die krone wat die Here, die regverdige Regter, hom in “dié dag” [van die Here] sal gee (2 Tim. 4:8). o In die sewe jaar lange verdrukking sal die Here Jesus die seëls van God se oordele oor ‘n onbekeerlike wêreld oopmaak. Die kragte van die hemele sal geskud word (Openb. 6:15-17). o By Sy wederkoms ná die groot verdrukking sal Hy as Koning van die konings geopenbaar word en Sy duisendjarige vrederyk op aarde vestig (Openb. 19:11-15). o Aan die einde van die vrederyk sal Hy die Regter van die goddeloses wees wat in die tweede opstanding opgewek sal word om voor die groot wit troon te verskyn (Openb. 20:11-15). o Hierna sal Hy ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde skep waarin geregtigheid woon (Openb. 21:1-5). Die hele wêreld stuur op ‘n tyd van verdrukking en goddelike oordele af soos wat daar nog nooit was nie. Dit is nie nou die tyd om groot aardse belange na te streef en Mammon te dien nie, maar om jou op ‘n toekoms in die hemel voor te berei, skatte daar bymekaar te maak en ongeredde mense teen die naderende oordele te waarsku. (Malan, 2005). 1.5 Wanneer gaan dit gebeur? Van die tyd dat hierdie woorde (Openbaring) geskryf is, het die nag al weer ‘n hele ent gevorder. Dié dag kan enige oomblik aanbreek. Die feit dat daar intussen soveel eeue verloop het, beteken nie dat God se horlosie gebreek het nie. Nee, Hy gee bloot nog ‘n bietjie ekstra genadetyd sodat die hele wêreld die evangelie kan hoor en tot bekering kom. o “Die Here stel nie die vervulling van Sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.” (2 Pet. 3:9).

Onthou, God se tyd is nie ons tyd nie: o “Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag.” (2 Pet. 3:8; Ps. 90:4).

Soos daar ses dae van arbeid en stryd vir die mens is en dan ’n sewende dag van rus, so sal daar vir die wêreld ses duisend jaar wees van arbeid en stryd, waarop sal volg ’n duisend jaar, gelyk aan daardie een dag, van rus. Rus van die verleier en vervolger – Satan (Du Toit, 1948). 16

Daar het reeds bykans 6 000 verloop (2000 jaar van Adam na Noag, 2000 jaar van Noag na Jesus en dis nou 2013 na Sy geboorte, maar nog nie 2000 jaar ná Sy dood nie. Ons is tans, volgens die Joodse kalender, in die jaar 5773 en volgens die skeppingskalender (geestelike jaar) in jaar 5999. Ons is dus baie naby aan die einde van die ses dae arbeid en die 1 dag (1 000 jaar) vrederyk lê voor; en die wederkoms is voor die vrederyk. Maar, onthou God kan die begin en die einde gelyktydig sien en beheer: o “wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat My behaag, sal Ek doen.” (Jes. 46:10).

Tyd is altyd belangrik. Tyd en ewigheid is onderling gekoppel. God is nie buite tyd soos die Griekse filosowe gedink het nie. Hy is binne tyd; of eerder tyd is binne God. Hy is die God wat was, en is, en sal kom. Selfs God kan nie die verlede (wat reeds gebeur het) verander nie. Die dood en opstanding van Jesus kan nooit verander of gekanselleer word nie! (Pawson, 2007). God laat net ’n sekere tyd in ons bedeling verloop, voor Hy die uiteindelike oordeel bring, omdat die volle getal van Sy uitverkorenes moet ingesamel word en as dit geskied het, sal Hy die oordeel bring. • Hoe gaan die mense ‘in die laaste dae’ wees? Paulus beskryf hul as ‘lief vir hulself (selfsugtig), lief vir geld (geldgierig) ... bandeloos en wreed, ... lief vir plesier eerder as lief vir God, uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie – net soos vandag! (2 Tim. 3:1-5). Ons kan nie, mag nie, ‘n datum probeer gee wanneer die dag van die Here gaan aanbreek nie – net God weet, maar alle aanduidings is dit baie naby is! As ons na die wêreld kyk sien ons die tekens van die eindtye (geboortepyne, die begin van die nuwe tyd, Matt. 24:8); om ons sien die tekens van Christus se terugkeer soos duisende jare gelede geprofeteer is. Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk (2 Tess. 2:7). • Moenie die Woord van God bespot nie! Alle profesieë van die Bybel word vervul! Ook hierdie een sal binnekort vervul word! o “Julle moet weet dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die spot dryf en wie se lewe net deur hulle eie begeertes beheers word. Hulle sal spot en sê: “En wat het nou geword van die belofte van Sy wederkoms? Ons vaders is al dood, en tog bly alles nog net soos dit was van die begin van die skepping af.” (2 Pet. 3:3-4). 17

• Maar pas op vir vals christusse en vals profete. o “As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’ moet julle dit nie glo nie... En as die mense vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die woestyn!’ moet julle nie daarheen gaan nie; of as hulle sê: ‘Hy is in die slaapkamer!’ moet julle dit nie glo nie.” (Matt. 24:23, 26).

• Met Jesus se wederkoms, sal almal Hom sien! o “...En al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit.” (Matt. 24:42, 44).

• Jy moet gereed wees! o “Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie ... julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie” (Matt. 24:42, 44).

Want, die Bybel sê die meeste gaan nie gereed wees nie! o “Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens... Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens.” (Matt. 24:37, 39).

• Onthou die verhaal van die 10 maagde? – So, moet nie sonder olie gevang word nie! Want dan mis jy die bruilof en word weggestuur! o “Meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.” (Matt. 25:11-13).

• Indien jou saak nog nie verseker met God reg is nie, doen dit nou want die oordeel kom! o “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het.” (Hand. 17:30-31).

Onthou die Heilige Gees sal jou voorberei vir die koms van die Here, sodat wanneer die wegraping plaasvind, jy gereed sal wees. Die Heilige Gees wag. Hy wag vir jou vir ‘n nuwe verhouding – persoon tot Persoon; gees tot Gees. • En ons weet die einde is naby – tyd is min: o “Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid.” (1 Pet. 4:7). o “Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.” (Jak. 5:8). 18

o “Blaas die ramshoring in Sion, roep hard op my heilige berg. Al die inwoners van die land sal bewe, want die dag van die Here kom, dit is naby:” (Joël 2:1).

Dit is lank terug voorspel en word in die Katolieke kerk aanvaar, dat die nuut verkose Pous (St. Francis), die laaste Pous sal wees. Sy hoofdoel is om alle gelowe onder een bannier te verenig; dit is vir ons as Christene onaanvaarbaar, want ons dien nie almal dieselfde God nie. Bill Wiese het met sy ondervinding in die hel (November, 1998), getuig dat Christus aan hom gesê het: “Tell them I am coming very, very soon.” En dit word vandag nog deur talle profete bevestig. Byvoorbeeld, Sarah (2012) skryf dat die Here sê:“Dit is naby, regtig naby! Dinge is besig om te verander Sarah, baie vinnig! Binnekort sal dit aanbreek, waarsku die mense en blaas die trompet!” 1.6 Wat kan ons volgende verwag? – 50 stappe opgesom: Baie mense (insluitende Christene) glo die volgende ding wat gaan gebeur is die wederkoms of oordeelsdag of party glo dit gaan die einde van die wêreld wees, of die 3de wêreldoorlog – sommige gee ook datums vir die einde van alles! Maar waar kom hulle hieraan, want dis nie wat die Bybel sê nie?! Die wêreld stuur tans af op die donkerste uur in sy hele geskiedenis. Jesus Christus verwys na die tyd as die Groot verdrukking, o “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie”. (Matt. 24:21).

Nog nooit was die boek van Openbaring so toepaslik soos vandag nie. Ons is op die drumpel van die Wegraping en die verheerliking van die bruid van Jesus (Liebenberg, 2008). • Ons moet dus elke oomblik die wegraping verwag! Die gebeure wat in Openbaring 6 tot 19 beskryf word, speel almal binne die tydsbestek van slegs sewe jaar af. Onthou die sewe seëls, die sewe basuine en die sewe laaste plae identifiseer die aard van gebeurtenisse, en nie altyd die chronologiese opeenvolging daarvan nie. Soms ís daar ‘n chronologiese verband, maar dikwels vind gebeurtenisse gelyktydig plaas. Sekere gebeure strek oor 3½ jaar of langer. Die verloop volgens die profesieë word hier in 50 stappe opgesom; gebaseer op inligting van: (Dake, 2010; Liebenberg, 2008; Malan, 2005; Spirit & Truth Fellowship International (Webwerf) en United Church of God (2007). Kyk ook die skematiese voorstelling – Figuur 12.1. 19

20

1. Die Wegraping (‘the rapture’; ‘Harpazo’ – ‘the great snatch’): Volgende op God se profetiese kalender: Jesus Christus sal Sy ware kinders (Sy Bruid) wegneem van die aarde af om saam met Hom in die hemel te wees gedurende die verdrukking – Die Wegraping. Want die Kerk (Christen gelowiges) is nie vir die oordeel (straf) bestem nie (1 Tess. 5:9; Rom. 5:9): o “en dat julle sy Seun wat Hy uit die dood opgewek het, uit die hemel verwag, Jesus deur wie ons gered word van die oordeel wat kom.” (1 Tess. 1:10)

Maar Israel sal deur die verdrukking gaan (Matt. 24:15-22; Openb. 12:6, 14; 13:7). Hulle sal nie weggeneem word na die hemel voor die storms nie, maar hulle sal bewaar word in die kloof van die steenrots (Hoogl. 2:14) – Petra; kyk punt 28. Die eerste opstanding is met die wegraping van die kerk (Fig. 12.1). Al die weggeraapte mense gaan na Sionsberg in die hemel (Hebr. 11:10, 13-16; Joh. 14:1-3; Openb. 21-22). Daarna sal die sewe jaar van verdrukking op aarde onder die beheer van die antichris aanbreek. Paulus sê: o “Wanneer húlle sê: Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle... Maar júlle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie” (1 Tess. 5:3-4).

Daar moet dus ‘n duidelike onderskeid tussen die toekoms van gereddes en ongereddes getref word – dit is die “hulle” wat deur die oordele van die dag van die Here oorval sal word, en die “julle” wat as ware gelowiges nie in die oordele sal kom nie. Met die wegraping sal die hemelse Bruidegom (Christus) sy bruid in die geheim kom haal. By die laaste trompet sal dit in ‘n oomblik gebeur. Die gelowiges wat reeds gesterf het staan op en dié wat nog leef word in ‘n oogwink (0.11 sekonde) verander en ontmoet Jesus in die wolke – Christus kom haal sy bruid. Kyk ook Dake (2010) se 10 redes vir die wegraping en die 10 kwalifikasies vir die wegraping. o “Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees.” (1 Tess. 4:16-17). 21

o “By die laaste trompet sal dit in 'n oomblik, in 'n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word. Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike” (1 Kor. 15:52-53).

Aan hierdie opstanding het dus geen ongelowige en ongehoorsames deel nie. “Geseënd en heilig is dié wat aan die eerste opstanding deel het.” (Openb. 20:6). “My bruid is My eerste oes, hou aan om hulle te waarsku My geliefde!” (Sarah, 2012). Satan kon nie die Eerste koms van Jesus voorkom nie, en hy weet Jesus kom weer terug vir sy Bruid (die Kerk) met die Wegraping, en vir die Jood met die slag van Armageddon (God het ‘n verbond met die Joodse volk gesluit wat Hy moet eer). Kyk die detail bespreking van die wegraping voor die antichrist se verskyning deur Prof. Johan Malan (2005). Die oomblik wanneer die Wegraping plaasvind sal die ‘lig van die wêreld’ weg wees. Onthou dat die Heilige Gees word saam met ‘kerk’ weggeneem. Dit beteken dat die teëhouer van die satan uit die weg geruim is (2 Tess. 2:7) en dat satan, “dunamis”, volle mag oor die aarde na die Wegraping gaan hê (Liebenberg, 2008). Benny Hinn (2004) sê ook: “But when God the Holy Spirit leaves, which many believe is going to happen very soon, He’s going to take the redeemed of the Lord with Him. It is called the Rapture. We will be caught up with Him to meet the Lord in the air.” Die Heilige Gees word waarskynlik nie totaal en al, gedurende die verdrukkings periode verwyder nie, want in Openbaring 7:9-17 is dit duidelik dat menigtes nog gered sal word. Joh. 3:5-8; Rom. 8:9 & Ef. 2:18 verklaar dat geen mens gered kan word behalwe deur die bediening van die Heilige Gees. Die wegraping en die wederkoms is twee afsonderlike gebeurtenisse; ongeveer 7 jaar uitmekaar. Die wegraping sal skielik en onverwags wees, maar die wederkoms sal sigbaar plaasvind en nadat sekere tekens en oordele vervul is. Kyk Liebenberg (2008) se mees kritieke verse in die Bybel wat verwys na die wegraping van die kerk en die 17 verskille tussen die wegraping en die wederkoms. Kyk ook die “68 Post-Rapture Events” van Dake (2010). Kyk ook die interessante reeks oor die wegraping deur dr. Chuck Missler “The Rapture” dele 1 tot 12 op ‘YouTube’. 22

• ‘n Paar punte oor die wegraping: 1.1. Die eerste keer kom Christus vir Sy bruid (wegraping) en die tweede keer met Sy bruid (wederkoms). 1.2. Die wegraping kan enige tyd plaasvind, maar die wederkoms vind plaas aan die einde van die 7 jaar van verdrukking. 1.3. Met die wegraping word Christene eerste geneem en die ongelowiges agtergelaat (1 Tess. 4:13-18; met die wederkoms word die goddeloses eerste geneem en die gelowiges (verdrukking se heiliges) is agtergelaat. (Matt. 13:28-30). 1.4. Die kerk (die gelowiges) is nie bestem vir die verdrukking (beproewing) nie (1 Tess. 5:4; Rom. 5:9; Ef. 2:8; 2 Pet. 2:9), maar wel Israel (Matt. 24:9). 1.5. Almal sê, die dood is absoluut onvermydelik vir almal, maar dis nie wat die Bybel sê nie! “Kyk, ek maak 'n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.” (1 Kor. 15:51). 1.6. Op dié dag ontvang jy ‘n nuwe onverganklike en onsterflike liggaam – die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. (1 Kor. 15:53-54). Kyk ook die mooi verduideliking van ‘Die wegraping van die kerk vergelyk met die Joodse bruilof tradisie’ Liebenberg (2008). Thomas (2006) beskryf ook die wegraping: “Toe die Here die wegraping vir my gewys het, was daar soveel Christene wat agtergebly het. Hy het die visioen in 2 dele vir my gewys. In die eerste visioen het mense soos wit voëls deur die lug getrek. Die tweede visioen was van diegene wat agtergelaat is. Die eerste was so opwindend en vreugdevol, maar tydens die tweede een het ek heeltyd gehuil...My hart het vir hulle gebreek toe die visioen verby was.” Sy sê: “Die ergste wat met ‘n Christen kan gebeur is om nie weggeraap te word nie, of om nie Jesus se gesig te sien nie... Die enigste mense wat Jesus se gesig sal sien en die huwelikskleed sal dra, is diegene wie se harte so suiwer soos water is (rein).” Liebenberg (2008) sê oor die wegraping: ‘Paniek sal uitbreek, veral in die tradisionele Christelike wêreld. Die afvalliges, die wat voorgegee het hulle is Christene, die ongelowiges en al die mense wat nie-Christelike gelowe beoefen het, sal verward en verbysterd wees met die dramatiese gebeure.’

23

Sommige mense wat agter gebly het, besef wat gebeur het (wegraping) en bekeer hulle tot God. Maar die meeste verklaar die skielike ‘verdwyning’ van mense moontlik as sogenaamde “Alien abductions”. En nog meer verraderlike leuens sal volg, in ‘n poging om die mens te verlei om satan se weergawe te glo, soos altyd. Satan en sy demone is nou al besig om antwoorde bymekaar te maak om die wegraping te verduidelik om mense se gevoelens te kalmeer en hul vrees te verlig. As jy nog twyfel oor die wegraping en dink dit is nog ver, kyk gerus na Gerda Wallace se DVD met die titel “Rapture experiences”; Gospel Outreach, Windhoek, Namibia. Dit sal jou raak! 2. Gelowiges word beoordeel – nie veroordeel nie. Weergebore Christene wat die wegraping verwag, moet ook altyd in gedagte hou dat ons direk ná die wegraping voor die regterstoel (‘Bema’) van Christus gestel sal word om rekenskap van ons lewens ná bekering te gee (2 Kor. 5:10). o “Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie;” (Joh. 3:18). o “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.” (Rom. 8:1) o “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.” (Joh. 5:24).

Almal van ons het die opdrag om Christus se getuies te wees en vir Hom te werk. Het jy uitvoering aan hierdie opdrag gegee en dien jy die Here van harte, of sal jy dalk met leë hande voor Hom verskyn, gered asof deur vuur heen? (1 Kor. 3:15). Jou werke sal met VUUR getoets word (1 Kor. 3:10-15; 1 Pet. 1:7). o “Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.” (1 Kor. 3:12-15).

Al die gelowiges (Christene) verskyn voor Christus se regterstoel (‘Bema’) en ontvang hul genadeloon – ontvang die kroon van die lewe, witkleed, ens – soos bespreek in Hoofstuk 11. Die Bema is ook reeds in Hoofstuk 11 verduidelik (11.3.2). 24

• Maar ons as kinders van God het niks om te vrees nie. o “Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus.” (1 Joh. 4:17). o Jesus sê: “maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees, en niemand kan julle blydskap van julle af wegneem nie.” (Joh. 16:22)

Die Here sê dat Hy Sy kinders se werke ken, en aan hulle genadeloon sal gee wanneer Hy weer kom. Kort nadat ons met die eerste opstanding en die wegraping ons verheerlikte liggame gekry het, sal ons by die regterstoel van Christus krone vir getroue diens kry. o “Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het.” (2 Kor. 5:10) – kyk ook Openb. 2:10; Rom. 14:10; 1 Kor. 3:9-15. o “Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.” (Openb. 22:12). o “Elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets.” (1 Kor. 3:13).

Mag jy waardig geag word om deel van die wegraping te wees en voor Christus te verskyn. o “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.” (Luk. 21:36 OV).

3. Die Bruilofsmaal van die Lam (Openb. 19:7-9). Na die wegraping en die beoordeling van die gelowiges sal die Here Jesus met Sy bruid (ons) verenig word, en daarna volg die groot fees en bruilofsmaal ná die troue. o “Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en Sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.” (Openb. 19:7)

Hierdie is ‘n verdere bewys dat die Wegraping voor die Verdrukkings periode sal plaasvind. Die bruilof neem plaas in die hemel, nie op die aarde nie. Bewys? (Liebenberg, 2008): Die Griekse werkwoord vir “het gekom” is in die “aoristus” tydsvorm geskryf. Dit is in die verlede tyd en benodig geen ander aksie of uitvoering nie (die daad is konstatief/ onveranderlik). Dit bewys dat die bruilof op dié punt voltrek sal wees en sal definitief voor die Wederkoms van Jesus wees. 25

• Dit is hoe jou troudag sal lyk: o “God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.” Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.” (Openb. 19:8).

Jy sal geseënd wees as jy tot die einde toe volhard (Matt. 24:13) en die wedloop voltooi (1 Kor. 9:24). “Bruilofsmaal” dui aan dat ‘n huweliksonthaal ingesluit sal wees. Neem asb. kennis dat die Bruid en Bruidegom nooit die gaste is nie. Die Bruid is al die heiliges vanaf die dispensasie dag vanaf Shavuot (Pinkster – uitstorting van die Heilige Gees) tot en met Rosh Hashanah (Fees van Trompette – die Wegraping), m.a.w. die ‘Kerk periode’ die Gelowiges. Dit is vir hulle vir wie die plegtigheid plaasvind. Wie is dan die gaste? Die gaste is die OT heiliges, Jesus se dissipels en heel moontlik die engele ook, gebaseer op die skrif in Joh. 3:29. Johannes wat die Openbaring boek geskryf het, praat hier van homself. “Hy wat die bruid (ons) het, is die bruidegom (Jesus); maar die vriend (gaste) van die bruidegom, wat na hom staan en luister (nie deel is nie maar wel teenwoordig is) verbly hom (Johannes self) baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome”. Johannes is verheug omdat hy ook teenwoordig sal wees! Geen wonder die kerk se heiliges word “geseënd” genoem nie. (Sien ook Mark. 2:18-20.) (Liebenberg, 2008). o “Toe sê die engel vir my: “Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.” Verder sê hy vir my: “Dit is die woorde van God, en hulle is waar.” (Openb. 19:9).

Na die 7 jaar in die hemel kom die heiliges saam met Christus terug na die aarde (wederkoms). Mag die Here ons al dieper lei in die waarhede van Sy groot raadsplan met die volkere van die aarde en gee dat ons soos die bruid al meer geklee mag word met “rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges” (Openb. 19:8 OV). Mag Hy gee dat ons soos die vrou van Christus ons “gereedmaak” as ons sien dat Sy koms nader (19:7). 4. Die boekrol met 7 seëls word in die hemel geopen. Hierdie boekrol bevat die ontvouing van die raadsbesluite van God die Vader wat op die troon sit. Die oordele van die Here begin by die oopmaak van die sewe seëls in die hemel. En daar is net Een wat waardig is om dié boekrol oop te maak en dit is die Leeu uit die stam van Juda, Jesus Christus die Here (Openb. 5:5). 26

o “In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was.” (Openb. 5:1). o “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.” (Openb. 5:5). o Jesus sê:“Aan My is alle mag gegee in hemel en op die aarde.” (Matt. 28:18).

Die eerste vier seëls dui op verskillende verskyningsvorme van die antichris, naamlik as valse vredevors (wit perd), militêre diktator (rooi perd), rantsoeneerder van lewensmiddele (Vaal perd), en die doodsengel wat soveel as moontlik mense sal probeer verdelg (Swart perd). Die vyfde seël verwys na die christen-martelare wat tydens die antichris se skrikbewind sal sterf. Die sesde seël beskryf die groot rampe en plae wat in die verdrukking oor die aarde sal kom, en wat duidelik as oordele van die Here erken sal word. o “Die dag van die Here het nou gekom, dit is 'n wrede dag, 'n dag van gramskap en gloeiende toorn, 'n dag waarop die land verwoes en sy sondaars uitgeroei word.” (Jes. 14:9).

Toestande sal na die einde toe só haglik word dat die sondaars deur groot benoudheid oorweldig sal word. Hulle sal vreesbevange berge toe vlug omdat hulle sal besef dat dit die Here se toorn is wat oor die aarde en sy bewoners uitgestort word. Die ses seëls van Openbaring 6 beeld gebeurtenisse oor die hele sewe jaar uit. Die sewende seël kondig die sewe basuine aan. Die Eerste seël is die ruiter op ‘n wit perd, en dit dui op die valse messias, die antichris word hier op aarde geopenbaar. Die res van die seëls word later verduidelik (punt 14). 5. Die antichris – geopenbaar: Terug hier op aarde: Net na die wegraping kan die antichris bekend gemaak word. Want die teëhouer van ongeregtigheid (die ware kerk as die tempel van die Heilige Gees) moet die een wees wat uit die wêreld geneem sal word voordat die antichris bekend gemaak word (2 Tess. 2:6-8). o “Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees, en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn.” (2 Tess. 2:7-8). 27

Hierdie dier (‘beast’) uit die see – die antichris – is ‘n persoon (man), ‘n agent van satan en sal buitengewone krag, mag en beheer oor die aarde hê en sal wonderwerke deur die krag van satan doen. o “En toe het ek 'n dier uit die see uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name.” (Openb. 13:1). o “Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders.” (2 Tess. 2:9).

Satan weet dat hy net sewe jaar het om sy bose werke af te handel en daarom sal hy soveel siele moontlik saam met hom hel toe wil sleep. Hy gaan al sy krag in “een man” belê. Die antichris sal die afskuwelikste, bloeddorstigste diktator wees wat die wêreld nog ooit aanskou het. Volgens Openbaring 13 sal die antichris drie magsbasisse hê waarop hy sy onderdrukkende diktatuur sal baseer: dit is ‘n politieke, ‘n ekonomiese én ‘n godsdienstige magsbasis. Politieke en militêre mag sal saam gebruik word om sy wêreldregering se beleid op alle lande af te dwing: o “Aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Openb. 13:7).

Hierdie mag sal van satan af kom, wat nou reeds ‘n groot mate van beheer oor ‘n verdorwe wêreld het wat in geestelike duisternis verkeer (Openb. 13:2; 1 Joh. 5:19). Alle ware Christene moet die ontluikende nuwe wêreldorde teënstaan omdat dit vyandig teenoor die Christendom is. Ons moet bereid wees om nou te ly sodat ons later saam met Christus in Sy koninkryk verheerlik kan word: “As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën” (2 Tim. 2:12). (Malan, 2012a). Ná die wegraping sal hierdie mag sonder teenstand funksioneer want die Heilige Gees en gelowiges is verwyder met die wegraping (2 Tess. 2:7-10). Die hele misleide wêreld sal hom in verwondering navolg en sê: o “Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Openb. 13:3-4).

Hy sal dus nie maar ’n koninkryk hê nie, maar sal hoof wees van ’n wêreldryk. Die antichris sal dus die wêreldryke uit die hand van satan ontvang. Hý gee hom sy krag en troon en grote mag (Openb. 13:2), hy wat die owerste van die wêreld is (Joh. 12:31), kan hy dit ook doen. Daar word baie oor die antichris in die Bybel gesê: Kyk bv. die 15 titels, 21 feite omtrent die dier en 20 kragte (‘power’) van die dier (Dake, 2010) en die 40 feite van die eerste dier (antichris) (Liebenberg, 2008). 28

Die antichris (Dier) vorm saam met die valse profeet (anti-heilige gees) en satan (draak) die sataniese drie-eenheid. Die antichris sal van Joodse herkoms wees (waarskynlik uit die stam van Dan gebore word) daarom sal die Jode hom aanvaar as die messias (Joh. 5:43), maar hy is die valse messias. Jesus het hul hierteen gewaarsku: o “Ek het in die Naam van My Vader gekom, en tog aanvaar julle My nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar.” (Joh. 5:43).

Nimrod (die naam beteken opstandige luiperd) was die eerste historiese vals messias wat sy valse een–wêreld regering en godsdiens omtrent 2 275 jaar voor die geboorte van die ware Messias, Jesus Christus, regeer het. • En hy doen wonderwerke: o “Hy doen groot tekens, sodat hy selfs vuur van die hemel af op die aarde laat kom vir die mense om te sien.” (Openb. 13:13).

Na die Wegraping sal Babilon ‘n hoofkwartier van demoniese aktiwiteite wees. In die begin sal hy voorkom as ‘n wonderlike vredevors (‘n 7 jaar vredesverdrag word tussen Israel en sy vyande gesluit) maar later sal hy beheer oorneem van Europa. Dan sal hy homself as God verklaar en poog om beheer oor die hele wêreld oor te neem. Hy regeer vir 7 jaar en dood duisende miljoene mense. Hy sal gedood word deur Christus by die slag van Armageddon. (2 Tess. 2:8; Dan. 7:11; 8:25; Jes. 11:4; Openb. 19: 11-21). Meer oor hom in die volgende dele. 6. Die valse profeet (dier uit die aarde, beteken uit die heidennasies): Die valse profeet sal ‘n ander dier wees, uit dieselfde koninkryk as wat die eerste dier kom. Hy sal net ‘n ander een van dieselfde soort as die eerste dier wees. Hy sal lyk soos ‘n lam maar praat soos ‘n draak. Hy sal dus ‘n onskuldige voorkoms hê, soos ‘n godsdiensleier wat homself ten doel stel om die wêreld te verenig en ‘n tydperk van vrede in te lei. Die valse profeet sluit hom aan by die antichris – beide doen wonderwerke. Die valse profeet lei die religieuse (godsdienstige) gemeenskap om die antichris as politieke leier, te aanvaar. Die valse profeet sal ‘n groot rol in die regering van die antichris speel. Op die oog af sal dit ‘n tweemanregering wees omdat die antichris in noue assosiasie met die valse profeet sal optree en regeer. In werklikheid sal dit ‘n drieman-regering wees, omdat die duiwel as ‘n geestelike mag absolute beheer oor hierdie regering sal uitoefen. Dit sal dus ‘n sataniese driemanskap wees. 29

As sodanig sal dit ‘n nabootsing van God se regering wees, omdat die draak (satan) die teëbeeld van God is, die dier (antichris) is die teëbeeld van Christus en die valse profeet die teëbeeld van die Heilige Gees. Wanneer hy praat, sal dit egter baie duidelik wees dat hy oor al die misleidings magte en bonatuurlike kragte van die draak beskik. Een van sy skouspelagtigste wonderwerke sal wees dat die antichris in die middel van die verdrukking uit die dood opgewek sal word nadat hy vermoor is (Openb. 13:3, 12). o “Hy oefen al die gesag van die eerste dier namens hom uit. Hy maak dat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid, dié een waarvan die dodelike wond genees het.” (Openb. 13:12).

Wanneer die Here Sy bruid gemeente kom haal het, sal hierdie twee verleiers (antichris en valse profeet) na vore tree en die hele wêreld deur hulle sataniese eenheid strewe en wonderwerkende kragte verenig. Dan sal daar ‘n uur van geestelike duisternis, immoraliteit, korrupsie en massa misleiding aanbreek soos wat die wêreld nog nooit beleef het nie. Dit sal die weg vir groter boosheid open, omdat dit na die antichris se self vergoddeliking en militêre diktatuur sal lei. (Malan, 2005). 7. Die verdrukking (‘tribulation’) van 7 jaar begin: Die gebeure wat voorkom in Openb. 6 tot 19 gebeur alles binne ‘n periode van sewe jaar. Die verdrukking (jaarweek) word opgedeel in twee presiese periodes van 3½ jaar (42 maande, 1 260 dae; of tyd, tye en ’n halwe tyd) elk. Die Kerk (gelowiges) is nie bestem vir die oordeel nie (1 Tess. 5:9; Rom. 5:9; Ef. 2:8), maar Israel sal deur die verdrukking moet gaan (Rom. 2:6; Matt. 24:9; 15-22). In die eerste helfte sal intensiewe diplomatiese en vredes inisiatiewe deur die antichris ‘n kenmerk wees. Hy sal strewe om homself te verhef tot die posisie van ‘n onbestrede wêreld-leier. Die wêreld en die Jode sal hom aanvaar as die Messias, weens die vredes ooreenkomste wat gesluit is. Die algemene term ‘Verdrukking’ verwys na die antichris se sewe jaar regering. Die laaste deel van die verdrukking sal egter bekend wees as die ‘Groot Verdrukking’. Die eerste helfte sal bestaan uit geestelike verleiding en marteling, asook om stelsels in plek te kry vir ‘n kontantlose wêreld en die uitgebreide vredes onderhandelinge om die Jode toe te laat om hulle Tempel te herbou. Die tweede helfte sal skrikwekkend wees, in die sin dat, verwoesting van die mens se liggaam en die natuur gaan plaasvind (Liebenberg, 2008). 30

8. Die satan se direkte beheer oor die mensdom sal dramaties toeneem gedurende die eindtye. Voorbereidings vir hierdie toekomstige wêreldregering is reeds ver gevorderd. Die afgelope aantal jare was daar baie aktiewe internasionalisering proses op die politieke, godsdienstige én ekonomiese terreine aan die gang. Dit is vir alle Christene van die grootste belang om hiervan kennis te neem, omdat dit deel van ‘n sataniese komplot teen die koninkryk van God én die vryheid van die nasies is. o “Die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die satan genoem word en wat die hele wêreld verlei.” (Openb. 12:9).

Die antichris sal geopenbaar word as die prins van Vrede. Hy baseer sy wêreldleierskap op politiek-, godsdiens- en ekonomiese strukture. Die Nuwe Wêreldorde sal met ‘n universele regering ingestel word en wêreldvrede sal bewerkstellig word. Baie mag sal as gevolg hiervan aan die bond van wêreldgodsdienste gegee word om ‘n Een-WêreldGodsdiens te vorm. (Liebenberg, 2008). Mense wat nie deur die Heilige Gees in die hele waarheid van God se Woord gelei word nie (Joh. 16:13), al is hulle andersins ook hóé intelligent en belese, sal volgens die insig van hulle verdorwe harte optree en uiteindelik die krag van die dwaling ontvang om die antichris se leuens te glo (2 Tess. 2:10-12). Kom nóú na die Verlosser, Jesus Christus, wat jou van die mag en invloed van satan se antichristelike leuens sal bevry, en aan jou verligte oë van die verstand sal gee om Sy Woord te kan verstaan (Ef. 1:18). Deur Sy Gees en die kennis van Sy Woord sal Hy ook aan jou die vermoë gee om die leuens van valse profete, wat voorlopers van die antichris is, te kan identifiseer en te weerstaan (1 Joh. 4:1); (Malan, 2005). 9. Vredes ooreenkoms: Konflik gaan vermeerder in die Midde-Ooste en uiteindelik sal ‘n sewejaar Vredes-verdrag gesluit word tussen die EU, Israel, die Arabiese Konfederasie van Nasies en baie ander, voor die Wegraping van die ‘kerk.’ Voor die Messias se wederkoms sal Israel ‘n verbond met die valse messias sluit. Alle nasies sal aan die begin van die verdrukking (eerste 3½ jaar) toegelaat word om met hulle eie godsdiens voort te gaan, op voorwaarde dat almal van hulle die nuwe wêreldleier as hulle gemeenskaplike messias erken, aanbid en navolg. 31

Die antichris sal dus die Messias vir die Jode wees, Christus vir die misleide Christene, Krishna vir die Hindoes, die vyfde Boeddha vir die Boeddhiste en die Imam Mahdi vir die Moslems. Die antichris weer ‘n oorlog af teen Israel en hy sluit ‘n ooreenkoms met Israel en wêreld leiers – valse vrede. Baie aanvaar hom as die messias. Maar die valse belofte van standhoudende vrede en sekuriteit sal van korte duur wees. Satan se eindtyd politieke koninkryk het ‘n fatale fout wat die eenheid uitmekaar sal ruk. Die reeds getekende sewe-jaar Vredesverdrag sal bevestig word aan die begin van die Verdrukkings periode (Dan. 9:27) deur die antichris, wat waarskynlik uit die Europese Unie sal kom (Dan. 7:8, 24) meer spesifiek uit die Libanon /Sirië gebied (Dan. 8:9, 22). Wanneer sy pogings om wêreld vrede te handhaaf gedurende die laaste 3½ jaar misluk het, sal hy sy strategie om die wêreld te regeer verander na ‘n regering van ongeëwenaarde vrees en die bloeddorstige diktatorskap in stel wat die wêreld nog ooit ondervind het nie. Die honderde miljoene slagoffers van die bloeddorstige diktatorskap van vrees en angs, sal die grootste menslike tragedie van alle tye wees. 10. Die 10 konings: Die wêreldleiers, voorgestel deur die 10 Konings, sal instem om al hulle mag aan die antichrist oor te dra, nadat hy 3 ander van hulle tot ‘n val gebring het (Openb. 17:12-17; Dan. 7:23-24). Die 10 “horings” (konings) wat uit een van die 7 “koppe” sal kom, is die 10 konings wat gedurende die antichris se beheer, in mag sal opstaan/verrys. Hierdie 10 konings sal die antichris bystaan en sal vir een uur aan bewind wees, wat beteken vir ‘n kort tydperk (3½ jaar). Die antichris sal sonder enige moeite die grense tussen die volke verwyder ten einde sy beleid van internasionalisering deur te voer, en ook maklik beheer oor die wêreld-ekonomie verkry. Hiermee sal hy die volle samewerking van die totaal misleide en insiglose politieke leiers van sy ryk hê: o “Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings... hulle het een en dieselfde doel voor oë, en hulle stel hulle mag en gesag tot die dier se beskikking.” (Openb. 17:12-13).

Die wêreld staan nou onder die beheer van die antichris met ‘n enkele politieke, ekonomiese en godsdienstige bestel. 32

Dis juis hierdie konings wat uit al die rigtings op Israel gaan toesak om dit te vernietig, maar hulle gaan nie daarin slaag nie. Die antichrist lei die 10 konings teen Jesus in Armageddon (Openb. 17:14, 19:19-21). Kyk die slag van Armageddon (punt 31). o “Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam en saam met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is.” (Openb. 17:14).

11. Die 144 000 verseëldes: ‘n Baie belangrike gebeurtenis wat aan die begin van die verdrukking sal plaasvind, is ‘n geestelike herlewing – die redding van 144 000 Jode (12 000 uit elk van die 12 stamme van Israel) en hulle afsondering in die diens van die Here. Die Joodse evangeliste van Openbaring 7:1-8 word aan die begin van die 7 jaar gered en hulle tree gedurende die eerste 3½ jaar op. Die getal (144 000) is nie simbolies nie, maar letterlik. Die 144 000 is vanuit Israel en is nie gelowiges nie. Hulle is nie deel van die kerk nie, want die kerk is Weggeraap voor dié tyd. Hulle sal openlik standpunt teen die valse messias inneem, en dit sal tot hewige vervolging teen hulle aanleiding gee. Die 144 000 is die eerste groep wat deel van die geestelike herstel van die volk Israel sal uitmaak: o “En ek het die getal van die verseëldes gehoor: 144 000 verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel” (Openb. 7:4).

Hulle is God se uitverkorenes (of uitverkose) wat in ‘n donker sondige wêreld, gedurende die Groot Verdrukkings periode, die Woord sal versprei (Matt. 24:22). Hulle word spesiaal fisies gemerk met God se naam op hul voorkop en beskerm teen die plae – beveel om nie die basuin/trompet te blaas voor die diensknegte geseël is nie: o “Moenie die land en die see en die bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die seël.” (Openb. 7:3).

Die 144 000 Jode se bediening is voltooi en hulle word aan die einde van die sewe-jaar verdrukkings periode weggeraap hemel-toe. 12. Twee spesiale getuies: Omdat die wêreld geestelik gesproke in totale duisternis gehul sal wees ná die wegraping, gaan die Here benewens die 144 000 Joodse evangeliste wat ᾿n bediening van evangelisasie sal hê, twee spesiale getuies opwek wat baie magtig sal wees. 33

In Openbaring 11 word daar na dié twee manne verwys wat kragtig deur die Here gebruik sal word om die waarheid te verkondig (1 260 dae lank profeteer), en sal ook die vyande van die Here, deur middel van strafmaatreëls, weerstaan. o “Hulle is die twee olyfbome en ook die twee lampe wat voor die Here van die aarde staan. As iemand hulle kwaad wil aandoen, kom daar vuur uit hulle monde uit en verteer hulle vyande. Só moet elkeen doodgemaak word wat hulle kwaad sal wil aandoen.” (Openb. 11:4-5).

Hulle word in Israel opgewek om teen die valse messias standpunt in te neem en ook oordele oor hulle teenstanders te bring. Dit is meer waarskynlik dat twee Messiaanse Jode in die gees en krag van Moses en Elia opgewek sal word. Die twee getuienisse het buitengewone mag, om reën te stop (soos Elia; 1 Kon. 17:1; Jak. 5:17) en om vuur op die vyand te bring (soos Moses; Lev. 10:1-3). Dit kan ook heel moontlik Elia en Henog wees – 2 in die Hemel wat nie die dood gesien het nie (Du Toit, 1948). Daar word ook in Sagaria 4 na die twee olyfbome wat weerskante van die kandelaar staan verwys; die twee gesalfdes in diens van die Here – Henog en Elia. Gedurende die eerste 3½ jaar van die verdrukking sal hierdie twee getuies kragtig in Israel getuig sodat die valse messias nie die hele volk sal kan mislei nie. ‘n Gedeelte in Israel sal deur hul getuienis voorberei word om die valse messias te verwerp wanneer hy homself in die herboude tempel tot God verklaar. Geen wonder dat die valse messias en sy volgelinge so uitermate vyandig teen die spesiale getuies sal wees nie. (Malan, 2005). Hul kragtige prediking deur God se getuienis, sal ongetwyfeld grootliks bydra tot die bekering van baie mense gedurende die vreesaanjaende en dodelike tyd. Maar die aanslag deur die satan op hulle word al meer intens en word hul later gedood – kyk punt 22. 13. Die derde tempel word herbou: Die antichris gee ook toestemming dat die tempel (3de) op die berg Moria in Jerusalem herbou word – langs die Islamitiese Moskee! Die tempel van die verdrukking sal ná ‘n verbond tussen die antichris en die Joodse volk in Jerusalem gebou word. Hierna word as die derde tempel verwys. Verskeie organisasies in Israel is reeds met voorbereidings vir die bou van die tempel en die herinstelling van die priesterlike dienswerk gemoeid (Malan, 2012b). Hierdie derde tempel sal ná 3½ jaar deur die valse messias ontheilig word. 34

o “Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.” (2 Tess. 2:4).

Dan sal hy Israel se nasionale godsdiens en offerdiens verbied. Israel sal as gevolg hiervan hulle verbond met die valse messias verbreek en hom as Messias verwerp. Hy sal in woede op hulle toeslaan en ‘n Joodse volksmoord las. 14. Verdere seëls: Die vuurrooi perd (2de seël) beeld die antichris se rol as militêre diktator in die laaste 3½ jaar van sy bewind uit. “Aan sy ruiter is opdrag gegee om die vrede van die aarde af weg te neem, sodat die mense mekaar sal uitmoor.” (Openb. 6:4)

Die swart perd (3de seël) beeld die rol van ‘n ekonomiese diktator en voedsel-rantsoeneerder in die laaste 3½ jaar uit. “Net een skeppie koring vir 'n dagloon en net drie skeppies gars vir 'n dagloon.” (Openb. 6:6).

Die vaal perd (4de seël), wat erge oorloë, hongersnood en pes bring – beeld die antichris se rol as mensemoordenaar in die laaste 3½ jaar uit, en val saam met sy militêre, ekonomiese en godsdienstige diktatuur. Honderde duisende sterf want, “Aan hulle is mag oor 'n kwart van die aarde gegee om die mense dood te maak met die swaard en met hongersnood en met pes en deur die wilde diere van die aarde.” (Openb. 6:8).

Die vyfde seël van die martelare verwys na die tweede 3½ jaar van die antichris se skrikbewind tydens die groot verdrukking. “Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?” (Openb. 6:10).

Die sesde seël beskryf die apokaliptiese rampe wat aan die einde van die sewe jaar sal plaasvind. Brandende hemelliggame sal oral op die aarde val – m.a.w. meteoriete, of ook asteroïdes, sal met verwoestende gevolge die aarde tref. En al die mense vlug vir hul lewe: “Die konings van die aarde, die hoofamptenare en die opperbevelhebbers, die rykes en die magtiges, ja, al die mense, slawe en vryes, het in die grotte en onder die kranse van die berge weggekruip.. want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan.” (Openb. 6:15,17). Nogtans sal die meeste van hulle – soos die

Egiptenare tydens die tien plae wat oor hulle land uitgestort is – hulle harte verhard en hulle nie bekeer nie. Kyk Tabel 12.1. Die sewende seël kondig die sewe basuine (trompette) aan – kyk punt nr. 20 hieronder. 35

Tabel 12.1: ‘n Vergelyking van die profesieë van Matteus 24 met hul vervulling in Openbaring 6 Matteus 24

Openbaring 6

1. Valse Christusse (vs. 5)

Valse messias – antichris geopenbaar – eerste seël – ruiter op die wit perd

2. Oorloë en gerugte van oorloë (vs. 6 & 7)

Oorloë – 2de seël – rooi perd – neem vrede van aarde weg

3. Hongersnood op baie plekke (vs. 7)

Hongersnood (vs. 5 & 6) – 3de seël – swart perd – ‘net een skeppie koring vir dagloon’

4. Pes – ‘epidemies sal op baie plekke voorkom’ (Luk. 21:11)

Pes – 4de seël – Vaal perd – oorloë, hongersnood en pes

5. Aardbewings (vs. 7)

Groot aardbewing (vs. 12) – 6de seël – son het swart geword

6. “en hulle sal julle doodmaak.” (vs. 9)

Dood van gelowiges omdat hulle Christus se naam bely (vs. 9-11) – 5de seël.

15. Christen martelare: Die vyfde seël verwys na die Christen martelare wat tydens sy skrikbewind sal sterf: o “Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het.” (Openb. 6:9).

Die mense met die wit klere (Christen martelare) van Openbaring 7:9-17 word meestal in die eerste 3½ jaar gered, maar hoofsaaklik in die laaste 3½ jaar vervolg en tereggestel. Openbaring 7:14 bevestig die feit dat hulle uit “die groot verdrukking” in die hemel aankom waar elkeen van hulle ‘n wit kleed sal kry. o “Hy sê toe vir my: “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die Bloed van die Lam.” (Openb. 7:14).

36

• Groot beloning: Johannes verwys na Christen martelare wat in die eerste opstanding opgewek sal word om in die duisendjarige vrederyk op aarde as konings saam met Jesus Christus te regeer (Openb. 20:4-6). Diegene wat deel het aan die eerste opstanding, word salig genoem. Dit is dus ‘n besonder bevoorregte posisie om deelgenote hiervan te wees. Aan elkeen wat sy lewe ter wille van sy geloof aflê, word die kroon van die lewe beloof. Die Here sê vir die martelare: o “Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie... Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.” (Openb. 2:10).

Deur die eeue heen was daar getroue diensknegte van die Here Jesus wat bereid was om ten koste van hulle veiligheid, hulle werk, hulle gesinne, en selfs hulle eie lewe, die vlam van geloof in ‘n vyandige wêreld omhoog te hou. 16. Die antichris word dodelik gewond: Aan die einde van die eerste 3½ jaar, word die antichris gedood (waarskynlik ‘n sluipmoord op hom), maar deur die satan weer lewendig gemaak! o “Dit het gelyk asof hy aan een van sy koppe dodelik gewond was, maar die dodelike wond het genees, en die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan geloop.” (Openb. 13:3).

En die mense is totaal deur die satan gehipnotiseer en hulle aanbid hom en die antichris. o “Die mense het die draak aanbid omdat dit hy is wat die gesag aan die dier gegee het. Hulle het ook die dier aanbid en gesê: “Wie kan met die dier vergelyk word? En wie kan teen hom oorlog voer.” (Openb. 13:4).

Dit is ‘n skrikwekkende gedagte dat die antichris daarin sal slaag om feitlik die hele wêreldbevolking te mislei en saam met hom verderf toe te sleep. 17. Die antichris ontheilig die tempel en verklaar homself god: In die laaste jaarweek (sewentigste) sal die verwoester (Dan. 9:27) optree. Christus self sê in Sy profetiese rede dat daardie “gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël (Matt. 24:15) nog in die toekoms moet optree. Hy sê ook dat daardie verwoester sal staan “in die heiligdom,” wat niks anders kan wees as die herboude tempel nie. 37

Dit word ook bevestig deur Paulus wat die “mens van sonde, die seun van die verderf” sien in “die tempel van God,” waar hy hom sal vertoon dat hý God is (2 Tess. 2:3, 4). Die antichris ontheilig die Tempel en skaf diere-offer dienste af en verklaar homself god. o “Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.” (2 Tess. 2:4).

In Daniël word dit bevestig dat dit aan die begin van die laaste 3½ jaar sal wees: o “En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop.” (Dan. 12:11).

Nou verander alles – Israel verbreek hul verbond met hom. Hy rig ‘n beeld van homself op (wat in die tempel staan; die beeld kan selfs praat!) wat aanbid moet word – indien nie, word jy dood gemaak. Almal, behalwe die uitverkorenes, aanbid die dier. o “Al die bewoners van die aarde sal hom (antichris) aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie.” (Openb. 13:8).

Streng vervolging teen die Jode en Christene begin. Hulle word gevange geneem en ter dood veroordeel, omdat hulle weier om die antichris te aanbid. 18. Wêrelddiktator: Die antichris word ‘n wêrelddiktator en voer ‘n skrikbewind. Dit bring mee dat sy 3½ jaar lange nuwe wêreldorde van vrede en eenheid, onmiddellik beëindig word, en deur ‘n militêre diktatuur vervang word. o “Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het.” (Openb. 12:12).

Die antichris word alleen politieke heerser en militêre leier. Hy beheer ‘n kontantlose ekonomiese sisteem deur middel van gerekenariseerde 666 verwante syfers. Satan se haat en woede is hoofsaaklik gerig op Christus en God se uitverkore mense. Hy sal die grootste vervolger van alle tye wees (Openb. 13:7; Matt. 24:15, 16, 21). 38

Hierna sal die donker en stormagtige tyd van die antichris se 3½ jaar lange skrikbewind op aarde aanbreek. Terselfdertyd sal die oordele van die dag van die Here oor ‘n sondige en rebelse mensdom uitgestort word. In hierdie tyd sal die Here ‘n oorblyfsel in Israel teen uitwissing beskerm deur hulle op ‘n spesiale plek in die woestyn (Petra) te bewaar. 19. Die Groot Verdrukking: Die laaste 3½ jaar – begin! Die algemene term ‘verdrukking’ verwys na die antichris se sewe jaar regering. Die laaste deel van die verdrukking sal egter bekend wees as die ‘Groot Verdrukking’. Die tweede helfte sal skrikwekkend wees in die sin van verwoesting van die mens se liggaam en sy natuur. (Fig. 12.1). In die eerste 3½ jaar sal die mense op aarde die slaaf van die antichris en die valse profeet wees, en geestelik en polities geïntimideer word, maar in die laaste 3½ jaar ook fisies verdruk en verdelg word. Teen die einde van die groot verdrukking sal ‘n laagtepunt van verval bereik word waarbinne die satan, die antichris en die valse profeet die dekadente en godverwerpende mensdom van die eindtyd sal kan beïnvloed en aftrek. Die einddoel van geestelike verval is dat alle mense satan en die antichris sal aanbid. o “want in daardie tyd sal daar so 'n groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie. En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort.” (Matt. 24:21-22).

Die hele wêreldbevolking sal teen die einde van die groot verdrukking op die randjie van algehele uitwissing wees. 20. God se oordeel kom oor die aarde: o

“Toe die Lam die sewende seël oopmaak, het daar stilte in die hemel gekom, omtrent 'n halfuur lank.” (Openb. 8:1).

Wat hulle aanskou moet absoluut verskriklik wees, omdat dit ‘n algehele stilte in die hemel vir ‘n halfuur lank veroorsaak. Dit is die stilte voor die storm, die begin van die Groot Verdrukking. God se toorn word oor die aarde gegiet – eers die sewe trompette (basuine) en dan die sewe skale (wraakbakke); 14 plae – dit alles vind in die laaste 3½ jaar plaas.

39

o “Huil, want die dag van die Here is naby; dit bring verwoesting, dit kom van die Almagtige af...Die dag van die Here het nou gekom, dit is 'n wrede dag, 'n dag van gramskap en gloeiende toorn, 'n dag waarop die land verwoes en sy sondaars uitgeroei word.” (Jes. 13:6, 9).

Vroeë waarskuwing: Aardbewing en donderslae: Net voor die trompette geblaas word, sal daar ’n wêreldwye aardbewing wees – om elkeen te waarsku – hul aandag te trek, dat die einde naby is en ’n laaste kans om te bekeer. o “Toe het die engel die wierookbak geneem, dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings, weerligstrale en 'n aardbewing gekom. Die sewe engele met die sewe trompette het hulle toe gereed gemaak om daarop te blaas.” (Openb. 8:5-6). o “Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem.” (Rom. 13:12).

• Die 7 basuine (trompette) bestaan uit: 1.1

1.2

1.3

1.4

Hael, vuur en bloed wat op die aarde uit gegooi word (kan groot vulkaniese uitbarstings wees); ⅓ van die bome en, al die gras verbrand. (Openb. 8:7). Dit lei tot vernietiging van graanoeste, voedselskaarste, geweldig duur voedselpryse en wêreld wye hongersnood. Berg wat brand met vuur (waarskynlik ’n meteoriet) word in die see gegooi – ⅓ van die see word bloed, ⅓ van die seediere vrek; dit vererger die hongersnood. Die berg veroorsaak ‘n tsunami (die grootste die die wêreld nog gesien het), want ⅓ van die handelskepe vergaan! Dit is ongeveer 18 000 skepe; vernietig baie kusdorpe en stede (Openb. 8:8-9). ‘n Groot ster (genoem, Alsem of Bitterals) wat soos ‘n fakkel brand val op die aarde – ⅓ van die riviere en fonteine word bitter (giftig) en baie mense sterf hieraan. (Openb. 8:10-11). Son, maan en sterre word getref – ⅓ het donker geword. Duisternis kom oor die aarde (Openb. 8:12).

Dan die drie laaste erge trompette: o “Wee, wee, wee die bewoners van die aarde wanneer die ander drie engele op hulle trompette gaan blaas.” (Openb. 8:13).

40

1.5

Die bodemlose put (Abyss) word oop gesluit – ‘Insekte’ val mense aan, maar dis demoniese vreemde wesens (‘The demonic alien invasion’). “Die sprinkane het gelyk soos perde wat regstaan vir oorlog. Op hulle koppe was daar iets soos krone wat gelyk het asof dit van goud is. Hulle gesigte was soos die gesigte van mense. Hulle het lang hare gehad soos vrouens se hare, en hulle tande was soos dié van leeus... Hulle het sterte met angels soos dié van skerpioene.” (Openb. 9:7,8,10). Hul steek mense hul met angels – pynig mense vir 5 maande lank (150 dae) en mense wens hulle kan sterf. “In daardie tyd sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; hulle sal verlang om te sterwe, maar die dood sal hulle ontwyk.” Maar dié wat Jesus aangeneem het word beskerm – “Hulle is aangesê om nie die gras van die aarde, die plante en die bome kwaad aan te doen nie, maar net die mense wat nie die seël van God op hulle voorkoppe het nie.” (Openb. 9:1-12).

En “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.” (Openb. 3:10 OV). 1.6 ‘n Weermag van 200 miljoen soldate trek uit die ooste op (China het alreeds in 1984 gespog met ‘n leër van 200 miljoen soldate) – maak ⅓ van die wêreld se bevolking dood. Waarskynlik ’n kernoorlog (geaktiveer deur Noord-Korea of Iran?). Gebaseer op ‘n wêreldbevolking van 7 miljard is ⅓ ongeveer 2.3 miljard (2 300 miljoen) mense – ongeveer 40 keer meer as in die 2de wêreld oorlog! (Openb. 9:13-19). Maar die slegte nuus is dat mense hul nog steeds nie bekeer nie! o “Die ander mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het hulle egter nie bekeer nie. Hulle het aangehou met die aanbidding van bose geeste en van afgode wat hulle self gemaak het van goud, silwer, koper, klip en hout, en wat nie kan sien of hoor of loop nie.” (Openb. 9:20).

1.7

Die laaste trompet kondig Christus se wederkoms aan. “Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en Sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.” (Openb. 11:15). 41

Wanneer die sewende basuin blaas, word ook die geweldigste oordele van alle tye oor die aarde aangekondig – die sewe skale (wraakbakke). Hierdie gebeure is so erg dat mense eenvoudig van angs beswyk! o “Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.” (Luk. 21:26). o “Almal se hande sal slap hang, almal se harte sal verstyf van angs. Hulle sal skrikbevange raak, krampe en pyne sal hulle oorval; soos 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring, sal hulle inmekaarkrimp. Hulle sal mekaar beangs aankyk, wit van die skrik.” (Jes. 13:7-8).

21. Trompette gevolg deur 7 skale (wraakbakke) – Openb. 16:1-21: o “Toe het ek 'n ander groot en wonderbaarlike teken in die hemel gesien. Ek het sewe engele gesien wat die sewe laaste plae bring. Daarmee het die toorn van God sy einde bereik.” (Openb. 15:1). o “Toe het ek uit die tempel 'n harde stem vir die sewe engele hoor sê: “Gaan gooi die sewe bakke, gevul met die toorn van God, op die aarde uit!” (Openb. 16:1).

Net soos vroeër in Egipte sal die water in bloed verander word (Eks. 7:20-21; Openb. 16:3-4); bose swere sal die mense aantas (Eks. 9:10; Openb. 16:2); geweldige haelstorms sal om hulle verwoes (Eks. 9:23, 26; Openb. 16:21). En nes daar duisternis was in Egipte, (Eks. 22:23), so sal daar nou ook ’n “verduistering” neerdaal op die ryk van die antichris (Openb. 16:11). 21.1 Kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het. (Openb. 16:2); die ware gelowiges word gespaar, nes Israel by die plae wat Egipte vroeër dae getref het. Hulle word uitwendig gemerk as die ware geestelike melaatse, van God verworpenes, saam met die antichris. 21.2 Die see word bloed – alles in die see vrek! Kan jy jou dit voorstel? (Openb. 16:3); En nie vars bloed nie, maar “soos van ’n dooie.” Dis stollende bloed. Bloed wat reeds aan die verderf oorgegee is. Reeds dryf ook op daardie dik dooiebloed, die liggame van die miljoene visse en lewende wesens wat daar in die see was. Wat ’n wêreld! Wat ’n tyd! Wat ’n stank sal daar oor die aarde versprei! 21.3 Al die riviere (varswater) word bloed (Openb. 16:4) – toksies en kan nie gedrink word nie; daar is geen water om te was nie, geen water om te drink nie. Daar is net bloed. En die engel van die water roep nou uit: 42

“U is regverdig, U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel voltrek het; want hulle het die bloed van die gelowiges en van die profete vergiet, en U het hulle self bloed laat drink. Dit het hulle verdien.” (Openb. 16:5-6). 21.4 ‘n Wraakbak word op son uitgegooi – die son se strale word versterk, sy hitte straal oneindig sterker uit as ooit in die menslike geskiedenis. Die mense word deur die hitte geskroei – ongekende hittegolf (‘Solar flair’) volg (Openb. 16:7-9). Dink ook daaraan dat daar dan geen see en geen rivier is om die liggaam in af te koel nie. Alles is bloed om hulle heen. Dit word al knellender en die lewe word al ondraagliker. Maar nog steeds verharding van harte: o “Die mense is deur 'n groot hitte gebrand, en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het. En hulle het hulle nie bekeer nie en aan Hom nie die eer gegee nie.” (Openb. 16:9).

21.5 Die vyfde engel het sy bak op die troon van die dier uitgegooi en sy koninkryk is verduister – mense beleef duisternis en pyn (Openb. 16:10-11). Dit dring nou tot die mense se bewussyn deur dat die dier onmagtig is om hulle te verlos van die verskriklike plae wat oor hulle losbars. Die uitwerking van hierdie vyfde Wraakbak op hulle gemoed is, dat die besef van hulle hopelose posisie diep deur dring in hulle siele. Daardie koninkryk waar hulle opgebou het, verloor nou sy glans voor hulle geestesoog, en hulle word rasend van angs en woede. Sonder hoop, verbitterd, woedend staan hulle daar in hulle ellende – hulle het hul tonge gekou van pyn. (Du Toit, 1948). 21.6 Op die groot rivier (Eufraat) – droog op (waarskynlik die laaste paar jaar ook geen reën sal wees nie). Nou kan die vyand maklik deurbeweeg na Israel vir die finale slag. (Openb. 16:12). 21.7 Dit is verby! ‘’n Geweldige groot aardbewing volg – grootste nog ooit! Eilande en berge verdwyn; stede val inmekaar. Jerusalem word in drie verdeel en Babilon word heeltemal verwoes (kyk punt 25). Donderslae, bliksemstrale en baie groot haelstene (50 kg!) tref die aarde – totaal vernietigend! (Openb. 16:17-21). Jy kan nie in geboue of grotte wegkruip nie, want hulle val inmekaar en as jy uit hardloop slaan die hael jou te pletter! Kyk verdere bespreking onder punt 49 – dit is volbring. 43

22. Die 2 getuies – gedood: Tussen die 14 plae is daar nog ander aktiwiteite ook. Die kragtige boodskap en optrede van die twee getuies (vroeër genoem, punt 11) sal in die eerste helfte van die verdrukking ’n groot en wêreldwye effek hê; baie sal hul bekeer. Geen wonder dat die antichris en sy volgelinge woedend sal reageer as gevolg van hierdie manne se optrede. Wanneer die antichris in die middel van die verdrukking alle mag inpalm, sal hy in al sy boosaardigheid op die twee getuies toeslaan. Hy sal teen hulle oorlog voer en hulle doodmaak: o “En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak” (Openb. 11:7).

Hul liggame sal vir 3 dae in die hoofstraat van Jerusalem lê vir almal om te aanskou en die mense sal feesvier: o “Mense van al die volke, stamme, tale en nasies sal hulle lyke drie en 'n half dae lank daar sien lê en nie toelaat dat hulle begrawe word nie. Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle dood en hulle daaroor verheug. Hulle sal vir mekaar geskenke stuur.” (Openb. 11:9-10).

Na 3½ dae sal die Here hulle uit die dood opwek en na die hemel oproep, waarheen hulle ten aanskoue van al hulle verskrikte vyande, sal opvaar. Hulle sending sal dan voltooi wees. (Openb. 11:11-12). o “Ná die drie en 'n half dae het daar egter asem en lewe van God af in hulle gekom. Hulle het opgestaan, en groot vrees het almal oorval wat hulle gesien het. Hulle hoor toe 'n harde stem uit die hemel vir hulle sê: “Kom op hierheen!” Toe het hulle in 'n wolk na die hemel toe opgevaar, en hulle vyande het dit gesien” (Openb. 11:11-12).

Op die oomblik van hul hemelvaart sal daar ‘n groot aardbewing wees wat ‘n tiende van die stad sal verwoes en 7 000 sal in die aardbewing sterf. Die ander mense het bevrees geraak en aan die God van die hemel die eer gegee.” (Openb. 11:13). 23. Die drie laaste waarskuwings – tussenspel: In ’n laaste poging om mense tot hulle sinne te ruk stuur God 3 engele wat daar bo in die lug vlieg en vir die mense op aarde finaal waarsku om hul te bekeer. Die eerste engel het ’n goeie boodskap wat ewig van krag bly en hy verkondig dit aan almal op aarde! Wat ’n ongelooflike toneel vir die bewoners van die aarde en hy sal met ’n harde stem uitroep:

44

o “Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het.” (Openb. 14:7).

Die tweede engel vlieg agter die eerste aan en waarsku reeds kort voor dit werklik gebeur, dat Babilon, die groot stad (hoofstad van die antichris) gaan val. o “Geval, geval het die grote Babilon wat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid laat drink het.” (Openb. 14:8).

Die derde engel waarsku dat mense nie die dier moet aanbid en sy merke (seëls) aanvaar nie, want dan gaan hulle in die hel eindig! (Openb. 14:9-11). Du Toit (1948) sê: “Ons kan ons voorstel dat die dier aanbidders met verbasing opkyk as hierdie derde engel hierdie woorde spreek uit die lugruim. Hulle sal opkyk, maar hulle sal daardie woorde nie glo nie, want aan hulle is nou gegee ’n gees van dwaling sodat hulle die leuen glo. En dan sal satan lag soos u Mefistofelies hoor lag in Faust. Dis die spotlag van satan uit die diepte, wat sien dat hy die mensdom nou beet het, deeglik beet het, sodat hulle hóm glo en God met Sy waarskuwings verag. Hy sal skaterlag vanuit die diepte, oor die triomf wat hy behaal het. Sý dissipels is verseël, aan hul hoofde en hulle regterhand. Hulle is nou onlosmaaklik aan hom verbonde. Hulle dínk soos hý dink en hulle dóén soos hy wil hê. Verseël tot die dag van die verdoemenis.” 24. Die Merk van die dier (666): Die getal ‘666’ is die kodenaam van die antichris. Dit is egter duidelik dat hy in alle opsigte kortskiet van perfeksie (777). Die merk van die dier word as ‘n ekonomiese oorheersing gebruik en word deur die antichris beheer! Jode en Christene sal dus uitgesluit wees van alle handeldryf, self om die noodsaaklike basiese benodigdhede van die lewe te koop. ‘n Mens kan net koop en verkoop as jy die merk kry en die dier aanbid, maar dan is jy gedoem vir die ewige vuur! Die antichris sal alle Joodse diere-offer rituele in die Derde Tempel verbied en sal ‘n standbeeld van homself in die Tempel oprig en die 666 merk sisteem implementeer om die mense te dwing om hom te aanbid. Interessant, die merk word op die voorkop en regterhand gemaak wat simboliseer dat jy dink soos hý en doen soos hý doen. Ekonomiese mag sal dus gebruik word om ‘n kontantlose ekonomie in te stel en aan alle ekonomies aktiewe mense op aarde nommers toe te ken waarsonder hulle nie sal kan koop of verkoop nie (Openb. 13:16-18). 45

o “Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om 'n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra en laat niemand toe om te koop of te verkoop nie, behalwe die mense wat die merk het. Die merk is die naam van die dier of die getal van sy naam.” (Openb. 13:16-17).

Daar is ‘n rekenaar in Brussels, België, dit word die ‘BEAST’ genoem. Die Nuwe Wêreldorde is besig met ‘n grootse poging om elke persoon aan dié stelsel te koppel. Die rede hiervoor is vir toekomstige toesig en opsporingsdoeleindes, d.m.v. satelliete en daarom word ‘n mikroskyfie onder jou vel ingeplant. Dit is 2000 jaar gelede deur Johannes, in Openbaring 13, voorspel. (Liebenberg, 2008). Hierdie merk sal ‘n eed van getrouheid aan die antichris insluit, waardeur mense hulle siele aan satan sal verkoop in ruil vir die reg om te kan koop en verkoop. Hiervoor sal hulle vir ewig in die hel boet (Openb. 14:9-11). o “Wie die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, ... sal hy met vuur en swael gepynig word. Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en dié wat die merk van sy naam aanvaar.” o “Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie.” (Openb. 13:8).

Maar hier moet die gelowiges vasbyt! o “Hier het die gelowiges volharding nodig, hulle wat die gebooie van God nakom en in Jesus bly glo.” (Openb. 14:12).

25. Die mense wat die antichris teenstaan: Die mense wat nie die merk aanvaar nie en nie die beeld aanbid nie, sal dood gemaak word – onthoof word, maar hul sal die oorwinning behaal en vreugdevolle liedere sing! o “Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met siters wat hulle van God gekry het. Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam.” (Openb. 15:2-4).

Die oorwinnaars hier is hulle wat gedurende die Verdrukkings periode gesterf het vir hulle geloof in Jesus (Filip. 1:21, Openb. 20:4). Hier word verwys na die vloer van die Troon Kamer, in die Tempel in die hemel. Deurskynende glas wat soos vuur lyk of prismatiese kleure (die sewe hoof kleure) word deur die glorie van God veroorsaak. 46

Elke siel het ’n musiek instrument gehad, ‘n siter/harp en hulle sing Moses se lied; dieselfde een wat hulle gesing het met die oorwinning oor Farao en sy leërmag (Eks. 15:1-19). Daar sal ook een wees met die oorwinning oor satan (Kol. 2:14-17). 26. Die hoer – die geestelike Babilon: Dit is belangrik om daarop te let dat Openbaring van twee Babilons praat; een die fisiese stad (die huidige Irak) en die geestelike Babilon – die hoër; dia valse kerk. Volgens Openbaring 17 en 18 is dit baie duidelik dat Babilon in die eindtyd weer sal herleef in afwagting op sy finale vernietiging. In Openbaring 17 word daar na die geestelike Babilon verwys, waardeur die groot rol van die valse godsdienste in die wêreldgeskiedenis uitgebeeld word. In Openbaring 18 word die fisiese handelstad, Babilon, wat in die huidige Irak is, beskryf, asook die voltrekking van die oordele wat oor die stad uitgespreek is. Die twee Babilons is ten nouste aan mekaar verbind omdat die Babiloniese godsdiens ook in hierdie stad ontstaan het. Babilon word sedert 1978 deur Irak herbou, en in September en Oktober 1987 is die eerste fase van die herboude stad feestelik ingewy. Dit sluit die beroemde troonsaal van Bélsasar en die pilaargang van Ishtar in, asook hotelle en toeriste geriewe in die nuwe deel van die stad. (Malan, 2005). o “en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.” (Openb. 17:5 OV).

Die naam “Moeder van die hoere” identifiseer die hoer as ‘n godsdienstige stelsel (Openb. 17:5) – die ekumeniese wêreldgodsdiens. Die ‘hoere’ verwys na baie takke, wat van haar af verrys het en net so afvallig geword het soos die groot hoer self. Sy is ‘n simbool van afvallige godsdiens, saamgesmelt na die wegraping van die kerk, om die 10 konings van die Herleefde Romeinse Ryk te domineer totdat die antichrist, tot volle mag oor die 10 koninkryke, teen die middel van Daniel se 70ste week kom (Openb. 17:1,3,9-18). Voorstellings van die Hoer, in simboliese taal, verwys altyd na afgodsdiens of godsdienstige ontug (Openb. 17:1-4; Jes. 23:17, 57:3-7; Jer. 3:2-9; Eseg. 16:1-63, 2:30-32, 23:7-49; Hos. 4:12-19; Nah. 3:4). Werklike ontug kan ook in sommige gevalle verstaan word. Sy veroorsaak dat baie nasies saam met haar ontug pleeg, soos in die voorgeskrewe verse gesien kan word. Sy is nie ‘n politieke mag nie, want 47

sy word nie as een van “die konings van die aarde” geklassifiseer nie. Sy veroorsaak dat die konings en die inwoners van die aarde dronk word van haar wyn van ontug (Openb. 17:2, 4). Ontug hier verwys na godsdienstige hoereerdery. • Die val van die hoer: Die vrou het op die draak gery, maar God het die wêreldleiers se koppe gedraai, sodat hulle teen die sedelose vrou gedraai het: o “God het hulle gedagtes so gerig dat wat hulle doen, volgens sy bedoeling is.” (Openb. 17:17).

Die 10 konings sal die Wêreld Kerk haat en sal nie onder haar “die moeder van hoere” se reëls buig nie. Hulle sal veroorsaak dat die kerk leegloop en alle aanbidding en ander kerkaktiwiteite verbied word. Geboue word afgebrand en erge vervolging vind plaas. Alleenlik dier-aanbidding (satanisme) sal toegelaat word. Geen ander godsdiens sal toegelaat of beoefen word nie! Die bond van wêreldgodsdienste (die valse wêreld kerk) word verwoes deur die verpligte aanbidding van die antichris. o “Die tien horings wat jy gesien het, en die dier, hulle sal die sedelose vrou haat en haar kaal en verlate maak. Hulle sal haar vleis opeet en haar met vuur verbrand.” (Openb. 17:16).

God se boodskap deur die hele boek van Openbaring is dat die tyd nou naby is dat Hy nie meer die verwerping van Hom deur die mense en duiwels-aanbidders gaan verdra nie. Satan se afgodediens moet van die aarde afgevee word voordat Christus Sy heerskappy as Koning van konings kan vestig. Kyk die “10 bewyse dat verborge Babilon (Die hoer) ‘n godsdienstige sisteem is (Liebenberg, 2008). • Valse leringe – Islam: Die ‘plaag’ van valse leringe en afgodediens gaan by ons bly tot en met die wederkoms. Van die valse religieë wat die grootste gevaar inhou is die Islam geloof. Die Islamitiese terroriste, Hezbollah en Al-Qaeda, verkondig haat, vrees, wraak en dood – dis duiwelse beginsels; vrug van die vals gees. Daar word gesê ‘dit het Hitler 6 jaar geneem om 6 miljoen Jode dood te maak, maar met kernbomme in die hande van dié terroriste kan hulle dit in 6 minute doen!’ Min mense in die weste verstaan die leringe van die Koran. Moslems se intensies is o.a. wêreld-oorheersing (‘n monoteïsme – Islam) en wil dit 48

met geweld afdwing deur die ‘ongelowige’ Weste (‘Infidels’) te wil vernietig! Is jy reg vir ‘n wêreld wat gedomineer word deur Islamitiese wette (‘sharia’)? Israel was nog altyd hul grootste vyand en probeer al vir duisende jare om hulle te vernietig! Kyk die onlangse berig vanuit Iran: “The Iranian nation is standing for its cause and that is the full annihilation of Israel,” Maj. Gen. Hassan Firozabad said in a speech to a defense gathering Sunday in Tehran (Mei, 2012). Verdere konflik tussen die Islamitiese wêreld en die Weste is onvermydelik – en dit word ook in Bybel profesieë voorspel, maar hulle gaan in hul eie swaard val! Hierdie antichristelike denkwyse, wat onderliggend aan die antichris se wêreldryk is, is monisme, wat beteken: alles is een. Die valse profeet sal die ideologie van alles is een tot in sy uiterste konsekwensies toepas. Dit beteken dat alle gelowe ook een is, dat daar net een messias vir die hele wêreld is, naamlik die antichris, en dat daar geen teenpool van ‘n duiwel en ‘n hel is nie. Dit is dus duidelik dat 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing lynreg verskil met die antichris se monistiese filosofie. Die Bybel leer ons nie monisme nie, maar dualisme – alles is twee. Daar is twee groot en onverenigbare werklikhede waarvoor die mens te staan kom, naamlik die koninkryk van God en die koninkryk van satan. Hulle is totaal gepolariseerd en onversoenbaar, want in dié twee koninkryke staan God teenoor satan, Christus teenoor die antichris, die Heilige Gees teenoor satan se gees van dwaling (valse profeet), lig teenoor duisternis, waarheid teenoor die leuen, die een ware godsdiens teenoor al die valse godsdienste, die smal weg teenoor die breë weg, redding teenoor verlorenheid en die hemel teenoor die hel. (Malan, 2005). Die Moslems glo aan ‘n sogenaamde ‘Perfect Man’, Mahdi, wat verwag word om hul perfekte wêreld te help skep en dat Christus as ‘n Moslem en profeet gaan saam kom! So gaan hul misleiding en leuens voort. Maar ons moet ook vir hulle bid, want daar is sommige wat ook bekeer na drome waarin Christus aan hul verskyn het. Lees gerus die mooi boek “I dared to call Him Father – the miraculous story of a Muslim woman’s encounter with God” van Bilquis Sheikh (2004) en “Son of Hamas” deur Mosab Hassan Yousef (2011).

49

27. Die stryd tussen die draak en die vrou: Die swanger vrou wat in Openbaring 12:1-2 beskryf word simboliseer God se mense, gekies om die lig van die wêreld te wees – in kontras met die vrou wat in Openbaring 17 beskryf word – die moeder van die hoere. In die eindtydse profesieë van Openbaring word daar soms na die historiese oorsprong van ‘n krisis of saak terugverwys om te verklaar waarom die bepaalde konflik in die eindtyd verder gevoer word. In Openbaring 12:3-4 word daar na die uitwerping van satan en sy gevalle engele uit die hemel verwys, asook na sy poging, duisende jare later, om die vrou (Israel) se manlike Kind (Jesus) kort ná sy geboorte dood te maak. Dit herinner aan satan se poging om Christus dood te maak na Sy geboorte toe Herodes die babas laat dood maak het. Teen hierdie agtergrond is dit duidelik waarom satan deur die eeue heen die vrou, Israel, vervolg het, asook die dissipels van haar Seun in die kerk onder alle nasies. In die afgelope twee duisend jaar was die Jode verjaag, verstrooi, vervolg, gehaat en vermoor. In die verdrukking sal satan sy eeue-oue stryd teen Israel en die gelowiges onder die nasies voortsit, en ook weer ‘n poging aanwend om Jesus dood te maak wanneer Hy vir ‘n tweede keer na die aarde terugkeer. Dit sal veral by die duiwel ‘n hoë prioriteit wees om teen Christus self te veg, omdat hy weet dat Jesus sal terugkeer om die antichris se sataniese wêreldryk uit te wis en self oor die nasies te regeer. Satan weet ook dat hy gedurende daardie tyd vir ‘n duisend jaar lank in ‘n put gebind sal wees, en hy gaan alles in die stryd werp om dit te probeer voorkom. (Malan, 2005). In die verdrukkings periode kan die kind ook na die 144 000 verseëldes uit die stamme van Israel verwys, want hulle word weggeraap hemel toe – “Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe.” (Openb. 12:5). 28. Die mense van Israel vlug na die woestyn: In Openbaring 12 word die vlug van Israel voor die antichris uit na die woestyn beskryf. Dit sal pas ná die ontheiliging van die tempel en die verbreking van Israel se amptelike verbond met die antichris in die middel van die verdrukking plaasvind. Die Joodse regering sal dan tot 'n val kom en die politieke leiers sal saam met die godsdiensleiers en burgerlikes inderhaas na die woestyn toe moet vlug waar die Here ‘n oorblyfsel van Israel sal bewaar en onderhou.

50

Israel se vlug in die middel van die verdrukking na die woestyn toe (Openb. 12:6) sal na alle waarskynlikheid na Petra, suid van die Dooie See wees. Hierdie vlug na Petra moet verstaan word in die lig van die feit dat daar in die eindtyd, as gevolg van wêreldwye vervolging, ‘n baie groot benoudheid soos ‘n donker wolk oor hierdie volk sal toesak. Die vrou (Israel) sal vir 42 maande (1 260 dae) gevoed word buite die gesig van die slang, in ’n plek “wat deur God gereed gemaak is.” o “Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg.” (Openb. 12:14).

29. Die val van die stad Babilon: In Openbaring word na twee belangrike stede verwys: Babilon, die stad van satan en Jerusalem, die stad van God. Destyds het Babilon die wêreld polities, ekonomies én godsdienstig beheer, en deur middel van die toring van Babel okkultiese godsdienstige mag in opposisie teen God gevestig. Een van die latere konings van Babel, Nebukadnésar, het sy absolute vyandigheid teen God en sy volk gedemonstreer toe hy Jerusalem en die tempel verwoes het en baie Jode doodgemaak het en duisende ander as krygsgevangenes na Babel weggevoer het. Verskeie soortgelyke wêreldryke het in historiese tye ontstaan, bv. die Medo-Persiese, Griekse en Romeinse ryke, en ons is op die drumpel van die finale een – die komende wêreldryk van die antichris. (Malan, 2005). Hierdie was ook die plek van die eerste georganiseerde rebellie teen God, Nimrod het Babilon hier gebou. Nimrod beteken “om te rebelleer” (Gen. 10:8-10). Dit is hier waar Saddam Hussein begin het om die nuwe Stad Babilon in 1978 te herbou. Die Nuwe Wêreldorde sal met die universele Regering ingestel word en wêreldvrede sal bewerkstellig word. Baie mag sal as gevolg hiervan aan die bond van wêreld godsdienste gegee word om ‘n “Een-WêreldGodsdiens” te vorm. Babilon, die groot stad, die stad van waaruit die satan sy eind-tyd koninkryk beheer, sal vernietig word. Dit gebeur aan die einde van die verdrukkingsperiode, dieselfde tyd as die vernietiging van die stad Babilon. Sodoende val die kultuur van korrupsie en gulsigheid in satan se onrein vesting. Die satan se koninkryk val uitmekaar!

51

o “Hy het met 'n sterk stem uitgeroep: “Geval, geval het die grote Babilon. Dit het die blyplek van die bose geeste geword, die skuilplek van alle onrein geeste, die skuilplek van alle onrein roofvoëls en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike diere.” (Openb. 18:2).

Aan die einde van die groot verdrukking sal die finale ondergang van die herboude Babilon aanbreek (Openb. 14:8; 16:17-19; 18:2,8-10,21). Die vernietiging van Babilon sal in een uur plaasvind. Soos in die geval van Sodom en Gomorra, word dit deur vuur verteer (Openb. 18:8-10, 18; Jes. 13:19; Jer. 50:40). Dit sal met 'n groot aardbewing en aanhoudende donderslae en weerlig gepaard gaan, en dan sal die stad met 'n gedruis in 'n poel van vuur wegsink om nooit weer opgebou of bewoon te word nie (Openb. 16:17-19; 18:21). o “In een oomblik is soveel rykdom verwoes!” Al die skeepskapteins en almal wat êrens heen vaar, die matrose en almal wat van die see lewe, het ver weg gestaan en het geskreeu toe hulle die rook sien soos sy verbrand word. Hulle het gesê: “Watter stad kon met dié groot stad vergelyk word?” (Openb. 18:17-18).

Die rook van haar verbranding sal donker wolke oor die vlaktes van Sinear laat opstyg wat selfs van skepe af op die Persiese Golf gesien sal kan word (Openb. 18:17-18). Die handelaars en seevaarders sal almal die verwoesting van hierdie stad met sy rykdom, prag en praal aanskou en beween. o “Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskreeu. Hulle het gehuil en gekerm en gesê: “Hoe vreeslik, hoe vreeslik! Die groot stad! Almal wat skepe op see het, het ryk geword van haar skatte. In een oomblik is sy verwoes!” (Openb. 18:19).

Terwyl die wêreld ween, vier die Christene fees! o “Verheug jou daaroor, hemel, en julle, gelowiges, apostels en profete! God het die oordeel waarmee sy julle getref het, oor haar voltrek.” (Openb. 18:20).

Menigte in die hemel besing die val van Babilon (Openb. 20:1-5): o “Verder het hulle uitgeroep: “Prys die Here! Haar rook styg tot in alle ewigheid op.” (Openb. 20:3)

Min mense weet dat die bekende ‘Hallelujah’ koor in Handel se Messias oratorium ‘n feesviering is oor die ineenstorting van die wêreld-ekonomie, die sluit van die aandele markte, die bankrotskap van banke en die ontwrigting van handel en nywerheid! Slegs God se mense sal op daardie dag ‘Halleluja’ (‘Prys die Here’) sing! (Pawson, 2007). 52

Nou is satan se koninkryk vernietig! Op die plek waar Babilon gestaan het, sal net 'n verlate krater wees. Oorblyfsels van sy verwoeste paleise en kastele sal in die krater gesien kan word, maar dit sal 'n skuilplek vir wilde diere en onrein voëls wees (Jes. 13:21-22; Openb. 18:2). 'n Onheilspellende stilte sal gedurende die vrederyk hier heers, en niemand sal ooit weer hier woon of selfs net hier oornag nie. 30. Die Finale aanslag – oorlog voorbereidings: Al die volke van die wêreld trek saam om Israel finaal te vernietig. Nasies mobiliseer vir Armageddon (Openb. 16:13-16, 19:19-21). Armageddon is ‘n Hebreeuse benaming en word gewoonlik verklaar as “die berg van Megiddo”. Megiddo kom van die wortel gadad, wat afsny, slag beteken. Armageddon beteken dus Berg van slagting. o “Die geeste (bose) het die konings byeengebring op die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.” (Openb. 16:16).

Die weermagte van die wêreld kom in opstand teen Jesus, maar God lag hulle uit; die Here spot met hulle! (Ps. 2:4). Bewus van Sy almag sal God spottend lag oor die sotheid van ’n mensdom wat Hom nie meer vrees nie en nou in verdwaasdheid teen Hom aanmarsjeer, gelei deur die vader van die leuen, die mensemoordenaar, satan en sy handlangers, die dier en die valse profeet. Die goddeloses word vernietig in die Slag van Armageddon. Armageddon sal net die bymekaarkom plek wees, die hart van die oorlog sal buite Jerusalem in die dal van Josafat plaasvind. o “Toe het ek gesien dat die dier en die konings van die aarde met hulle leërs bymekaargekom het om oorlog te maak teen die Ruiter op die wit perd en teen Sy leër.” (Openb. 19:19).

31. Die slag van Armageddon: Die laaste wêreld oorlog begin – Die Slag van Armageddon; dit sal die grootste en geweldigste geveg in die jaarboeke van geskiedenis wees. Armageddon is eintlik net die plek waar die magte saamgetrek word (Openb. 16:14-16); dis ‘n vlakte naby ‘n koppie by die stad Megiddo in noord Israel. Die eintlike geveg vind plaas ongeveer 80 km suid van Megiddo by Jerusalem, Josafatlaagte (Joël 3:12-14). o “Die nasies moet aanstorm en opruk na die Josafatlaagte toe, want dáár sal Ek sit om al die nasies van die omgewing te straf.” (Joël 3:12).

53

Dis vernietigend – miljoene word gedood, die bloed loop omtrent 300 km vêr en ongeveer 1.5 m diep – “tot aan die tooms van die perde.” (Openb. 14:20). Daar is soveel dooie soldate; mense word vir 7 maande lank begrawe! (Es. 39:12). Die antichrist sal die hoof van die leër by Armageddon wees, wat deur Jesus vernietig sal word (2 Tess. 2:8; Openb. 19:11-21; Dan. 7:24-28, 8:23-27, 9:27, 11:36-45, 12:1-7; Matt. 24:15-31). Die geveg sal nie net in een dag plaas vind nie. Die Slag van Armageddon sal uit ‘n reeks gevegte bestaan. Openb. 16:14 sê: “om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.” Die woord “oorlog” hier in Grieks is “polemos” wat afgelei is van “polemai”, wat ‘n veldtog of ‘n reeks oorloë beteken. Die Bybel sê daar sal drie fases wees voor die finale inval plaasvind. Drie invalle voor Jesus Christus (Y’shua Ha’Mashiach) kom en Sy voete op die Olyfberg plaas. Kyk die volledige bespreking van die slag van Armageddon deur Liebenberg (2008). o “Dit sal 'n besondere dag wees. Wanneer dit sal wees, weet net die Here. Daar sal nie dag of nag wees nie: as dit aand word, sal daar steeds lig wees.” (Sag. 14:7).

Die Slag van Armageddon beëindig die sewe-jaar van verdrukking en begin die Millennium periode. 32. Die wederkoms van Christus: Tydens die slag van Armageddon, op die laaste dag van die groot verdrukking, sal Jesus Christus op ‘n wit perd op aarde verskyn, gevolg deur ‘n hemelse leër én al Sy heiliges, en tot die stryd teen Sy vyande toetree (Openb. 19:11-15). Jesus keer terug aarde toe met die weggeraapte gelowiges en eindig die heerskappy van die nasies by die Slag van Armageddon. Johannes beskryf Christus se roemryke terugkeer na Jerusalem (Openb. 19:11-16). o “Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was 'n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog... Op Sy klere, by Sy heupe, was daar 'n Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.” (Openb. 19:11, 16).

Op die dag van Christus se wederkoms sal die antichris se sewe jaar lange bewind skielik tot ‘n einde kom. Wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom (die wettelose) met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig. (2 Tess. 2:8). 54

Die wederkoms toneel wat in Openbaring 19 beskryf word, sal in en om Jerusalem afspeel. Die dag van die Here kom! Wanneer God ingryp in wêreldgebeure sal Sy groot krag aan die nasies sigbaar word. Christus verskyn in die Hemel as ruiter op die wit perd – saam met Sy heiliges (Openb. 19:14). 1.1 “Die Seun van die mens gaan saam met Sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as Sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld.” (Matt. 16:27). 1.2 “Toe het ek gesien dat die dier en die konings van die aarde met hulle leërs bymekaargekom het om oorlog te maak teen die Ruiter op die wit perd en teen sy leër.” (Openb. 19:19) 1.3 “Wanneer Christus, wat julle lewe is, by Sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in Sy heerlikheid deel.” (Kol. 3:4). 1.4 Hy gaan staan op die Olyfberg (Sag. 14:4-5) – die berg skeur in twee – een deel beweeg noord ander suid – Israel kry skuiling in die vallei wat ontstaan. 1.5 “Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam en saam met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is.” (Openb. 17:14).

Die stryd word deur Christus self gevoer en daarom is ook net Sý kleed met bloedbevlek en nie die van die heiliges wat Hom volg nie. o “Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige.” (Openb. 19:15). o “Ek alleen het die wynpers getrap, niemand van die volke het My bygestaan nie. Ek het op hulle getrap in my toorn, Ek was woedend en Ek het hulle getrap. Hulle bloed het op my klere gespat, en Ek het my klere daarmee rooi gemaak.” (Jes. 63:3).

Dis Sy persoonlike triomf wat ons hier aanskou. Hy sal die verdrukker verbrysel (Ps. 72:4). En daarom sê die apostel: o “En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.” (1 Joh. 3:8).

Jesus se koninkryk sal dan ingestel word na die slag van Armageddon en Hy sal vir ewig heers. Die Here Jesus is die ware Vredevors op ‘n wit perd. Die mense wat die oorwinning behaal het sing die lied van die Lam. o “Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.” (Openb. 15:3-4). 55

Tabel 12.2: Die openbaring van Jesus Christus in Sy eerste koms vs. Sy tweede koms – die Wederkoms. Eerste koms Wanneer: 2 000+ jaar gelede

Wederkoms Wanneer: Binnekort

Gekom as ‘n baba – lê in ‘n krip Kom as aanvoerder van die in Bethlehem (Luk. 2:7) Hemelse leërs, met krag en majesteit – staan op die Olyfberg in Jerusalem. (Openb. 19:11) Hy ry op ‘n donkie van vrede. Kom uit die hemel op ‘n wit (Matt 21:5) oorlogsperd – voer oorlog teen die bose (Openb. 19:11) Het gekom om te soek en te red Kom om die bose te vernietig; wat verlore is (Luk. 19:10). straf die sonde. (Openb. 19:21) Nie gekom om die wêreld te Kom as Regter – oordeel oor die veroordeel nie, maar deur Hom nasies (Matt. 25:31-34) gered kan word. (Joh. 3:17) Was ‘n dienaar (Luk. 22:27) – Nou sal ‘elke knie buig en elke Hy was Sy dissipels se voete tong sal bely dat Hy God is’. (Joh. 14:13; Matt. 20:28) (Rom. 14:11) Was die offerlam wat geslag moes word – onskuldig gekruisig deur die massas. Gedood, maar weer opgestaan en Lewe. (Matt. 20:19)

Hy kom as die Leeu uit die stam van Juda. Hy vernietig duisende konings, generaals, magtige manne en die bose massas met die swaard uit sy mond. (Openb. 19:15, 21)

Hy is verwerp deur Sy eie mense. Word versoen met Sy volk, Israel (Joh. 5:43) (Sag. 12:10) Hy is soos ‘n misdadiger Hy kom as Koning van die behandel. (Matt. 20:19) konings; Heer van die heersers. (Openb. 19:11,16) Hy het geen koninkryk gehad Nou kom Hy regeer van die troon nie. (Matt. 8:20) van Dawid oor die hele aarde. (Openb. 11:17) Jesus is die begin (die Alfa) – Jesus is die einde (die Omega) – Openb. 1:8; 22:13) Openb. 1:8; 22:13. 56

Du Toit (1948) stel dit mooi: “Daar is geen groter of heerliker belofte in die ganse Woord van God nie, as die wederkoms van Christus. Dis die bekroning van Sy ganse werk, die verwerkliking van die hoop wat die evangelie in ons hart gekweek het, die vervulling van alle gebede en alle profesie. En dan as Hy kom, tree ons uit hierdie lewe van stof, van gebrek en van moeite, om oor te gaan na ’n nuwe aarde en verkwik te word aan die rivier van die water van die lewe, as die ewige poorte van die nuwe Jerusalem vir ons toegang bied na daardie lewe in geregtigheid.” 33. Goddelose word vernietig: Die nasies (die vyand – die goddeloses) wat opgetrek het, word met die swaard wat uit Sy mond kom, gedood. o “Uit Sy mond het daar 'n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref.” (Openb. 19:15). o “Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.” (Jes. 11:4 OV) o “Die ander mense is doodgemaak met die swaard wat uitgegaan het uit die mond van die Ruiter op die wit perd. Al die roofvoëls het hulle dik geëet aan die vleis.” (Openb. 19:21).

Die Here tref hul met ‘n plaag; verwarring breek los en die vyand begin teen hul eie mense draai. o “Die Here gaan al die volke wat teen Jerusalem oorlog maak, met 'n groot ramp tref: hulle vleis sal wegvrot terwyl hulle nog lewe, hulle oë sal wegvrot in hulle oogkaste, hulle tonge sal wegvrot in hulle monde. Daardie dag sal die Here die mense paniekbevange laat raak: die een sal die ander aan die hand gryp en hom aanval.” (Sag. 14:13-14).

As die storm verby is, gaan die lig op oor daardie magtige slagveld, waar die bloed ondertussen geloop het tot aan die tooms van die perde. Die parskuip van die toorn van die almagtige God is getrap en die heuwels en dale sal bestrooi lê met die lyke van miljoene soldate. 34. Antichris en valse profeet word gevang en lewendig in die poel van vuur gegooi: Die valse profeet sal saam met die antichris, by Armageddon gevang word en sal dan die tweede persoon wees om lewend in die Poel van Vuur gewerp te word (Openb. 19:20). Die antichris en valse profeet verwys nie na abstrakte, simboliese begrippe nie, maar sal lewende persone wees wat op die dag van die wederkoms in die poel van vuur gewerp word. o “Die dier is toe gevange geneem en saam met hom ook die vals profeet ... Hulle twee is lewend in die vuurpoel gegooi wat met swael brand.”. 57

’n Mensdom wat met die hel saamgespan het om die gesag en die troon van God omvêr te werp, is verslaan. Makliker as wat die Joodse bende die Christus by die uitgang van Getsémané gevange geneem het, is die twee leiers gevat en weggesleep met liggaam en siel na die verderf. Die steen wat sonder hande losgeraak het, het die wêreldmag en die mag van die satan op aarde fyngestamp (Du Toit, 1948). 35. Die satan word met ‘n ketting gebind en in die put gegooi: Die satan se beheer oor ‘die goddelose wêreld’ (Gal. 1:4; 1 Joh. 5:19) word getermineer vir die volgende 1 000 jaar. Hy word geboei en vir ‘n duisend jaar in die bodemlose put (Abyss) gegooi. o “Hy (engel) het die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die satan is, gegryp en hom vir duisend jaar vasgebind... Hy het hom in die onderaardse diepte gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseël sodat hy nie meer die nasies kan verlei voordat die duisend jaar om is nie.” (Openb. 20:2-3).

Satan word nie alleen gebind gedurende die duisend jaar wat sy mag betref nie, hy word verban van ons aarde. Hy is dan nie meer in die hemel nie, hy is ook nie meer in die lug om ons heen nie, hy is ook nie meer op die aarde nie, hy is dan in die afgrond. Dáár is hy toegesluit. Die oorlog om die beheer van die aarde is verby! God het gewen! 36. Israel word weer met God verenig: Die volk Israel het Jesus met Sy eerste koms verwerp en op Sy kruisiging aangedring. Hulle sal dus in hulle land terug wees wanneer die Here Jesus terugkeer aarde toe, na dieselfde plek vanwaar Hy na die hemel opgevaar het – op die Olyfberg, net oos van die Tempelberg in Jerusalem. Die profeet Sagaria het oor die Messias se koms in mag en heerlikheid gesê: o “In dié dag sal Sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant… Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U!” (Sag. 14:4-5).

Op daardie dag sal die oorblyfsel van al die volke rou oor die feit dat hulle Jesus verwerp het, en met smeekgebede en die belydenis van hulle sonde en rebellie, voor Hom neerbuig. Sagaria sê dat die Jode sal opsien na Hom vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun, en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind (Sag. 12:10). Die volk kyk op en sien die merke in Christus se hande en besef dat Hy die ware Messias is – en aanbid Hom met blydskap! 58

37. Versoen en gered: Aan die einde van die 70ste jaarweek is daar ‘n baie dramatiese ingryping van God in die Joodse volksgeskiedenis. Dit sal daartoe lei dat hulle van uitwissing deur die valse messias, gered sal word en ook geestelik met die Messias versoen sal word. Die hele volk (Israel) word in een dag gered! (Jes. 66:8). o “Die verharding het oor 'n deel van Israel gekom en duur totdat die volle getal uit die heidennasies in die koninkryk ingegaan het; en op hierdie manier sal die hele Israel gered word.” (Rom. 11:25-26).

Dan sal ewige geregtigheid vir hierdie volk aanbreek, en sal almal van hulle die Here van harte deur die Messias dien. Die hoogtepunt van hulle heilsgeskiedenis as volk sal in die daaropvolgende duisendjarige vrederyk, onder die heerskappy van die Messias, aanbreek. Al die nasies sal Israel se guns soek omdat dit vir almal duidelik sal wees dat die Here met hulle is (Sag. 8:22-23). (Malan, 2005). o “Baie volke sal kom, groot nasies, om in Jerusalem na die wil van die Here die Almagtige te vra, om Hom te raadpleeg.” (Sag. 8:22).

38. Jesus oordeel die nasies – die troon van heerlikheid: Hierdie oordeel sal ná die wederkoms van Jesus Christus plaasvind, net voor die instelling van sy duisendjarige vrederyk op aarde. Hy sal hulle oordeel in die dal van Josafat (Joël 3:2; 10-14). Nadat Christus by Sy wederkoms met Israel versoen is en hulle almal gered is, sal Hy Homself tot die oorblyfsel van die nie-Joodse nasies wend en hulle as individue in twee groepe verdeel – die gereddes en ongereddes. Bok en skape word geskei en geoordeel. o “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit” (Matt. 25:31-34). o “...Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is. (Matt. 25:41). o “ En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” (Matt. 25:30). 59

39. Jerusalem word weer die nuwe hoofstad van die wêreld: Jerusalem sal ná die wederkoms van Christus verhef word tot die hoofstad van die wêreld. Die Here Jesus sal die Koning van die konings wees, en vrede sal oral op aarde heers (Jes. 2:3-4). Jesus sal sit op die troon van David. Dit sal ᾿n tyd van absolute en ongekende vrede op die hele aarde wees: o “In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die HERE; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die HERE in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie” (Jer. 3:17).

Satan sal in daardie tyd gebind wees, daarom sal hy die nasies nie tot haat, bandeloosheid, oorlogvoering en ander sondes kan aanhits nie (Openb. 20:2-3). Hulle sal spontaan die Here se guns in Jerusalem soek, asook dié van Sy volk Israel, en in Sy weë wandel. o “Ons dank U, Here God, Almagtige, U wat is en wat was, dat U nou U groot mag gebruik en as Koning heers.” (Openb. 11:17).

40. Die tempel van die Messias ryk: Hierdie tempel sal ná die koms van die ware Messias in Jerusalem gebou word (Eseg. 40–44). Hierna word as die vierde tempel verwys. Hierdie tempel sal in die vrederyk, dien as ᾿n terugverwysing na die offer van die Messias as die Lam van God wat vir die sondes van die hele wêreld geoffer is (Hebr. 10:5-12). Dit sal mense in die vrederyk help om die werklikheid van die versoening beter te verstaan, dat die vlekkelose Lam van God vir ons sondes geslag is. Die aktiwiteite in die tempel was ᾿n tipologiese heenwysing na die genade werk van die Messias. (Malan, 2012b). 41. Die Millennium – die duisend jarige vrederyk breek aan! Wanneer die Here Jesus na die aarde terugkom, kom Hy as Koning van die konings en word ‘n regering van reg en geregtigheid vir die hele wêreld ingestel: o “En die sewende engel het geblaas en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van Sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.” (Openb. 11:15).

Dit sal ‘n nuwe Christelike wêreldorde wees wat al die goddelose regerings sal vervang om oor die nasies te regeer. Die satansryk op aarde sal verwoes word, dat ’n verheerlikte paradys toestand weer kan intree op ’n nuwe aarde. 60

God sal, in die Persoon van Jesus Christus, op aarde regeer vanaf die troon van David (herstel) in Jerusalem as Koning oor die hele wêreld. (Hand. 15:16-17). o “Die Here sal koning wees oor die hele land. Daardie dag sal die Here die enigste God wees, en Sy Naam die enigste Naam.” (Sag. 14:9). o “Mag alle konings voor Hom buig en al die nasies Hom dien.” (Ps. 72:11).

• Enkele kenmerke van die vrederyk is: 41.1 Daar sal vrede wees, daar sal nie siektes wees nie, mense sal ‘n hoë ouderdom bereik – 100 jaar oud sal nog as ‘n kind beskou word (Jes. 65:20-23). 41.2 “Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit – elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.” (Sag. 8:4) 41.3 “En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies wat op die pleine daarvan speel.” (Sag. 8:5) 41.4 Die leiers van die nasies sal spontaan na Jerusalem optrek om deur die Here onderrig te word en in Sy weë te wandel. 41.5 Al die nasies sal kom en Jesus aanbid, want hulle sal sien dat wat Hy doen, regverdig is. (Openb. 15:4) 41.6 Daar sal nie meer oorloë wees nie (Ps. 46:10) – niks sal vernietig word nie (Jes. 65:25) 41.7 Stede word herbou en bewoon (Amos 9:14) 41.8 Tye van ekonomiese voorspoed sal aanbreek – ‘Die berge sal van druiwesap drup, al die heuwels sal deurnat wees.’ (Jes. 55:13; Amos 9:13-14; Joël 3:18) 41.9 Natuur sal sy volle potensiaal bereik; harmonie sal in die diereryk heers – die lam lê langs die leeu. (Jes. 11:6-9) – die leeus eet nou gras! (Jes. 65:25). 41.10 Wêreld is vol kennis: “Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is.” (Jes. 11:9). Kyk ook 14 eienskappe en 50 feite van die millennium (Dake, 2010).

61

Wie sal die Millennium Bevolk? Net die mense in hul natuurlike (nieverwekte) liggame sal kan kinders hê (Matt. 22:30). Die mense wat tot bekering kom na die wegraping en wat die verdrukking oorleef het, sal die aarde gedurende die millennium bevolk. (Liebenberg, 2008). Aan die einde van die duisend-jaar Vredesryk, begin die afsondering en vertering van al die rebelle, insluitende satan asook die herstel (restourasie) van die hemele en aarde deur vuur, wat die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde sal voortbring (Openb. 20:7-10, 21:1-22). 42. Kort opstand: Aan die einde van die Vrederyk (1 000 jaar), sal satan vir ‘n kort tydjie losgelaat word om sy laaste groot rebellie op aarde te stig – om die mens vir die laaste keer te verlei. (Openb. 20:7-10). Dit is om te verseker dat almal wat in die sewejaar van verdrukking gebore is en Armageddon oorleef het, ‘n besluit sal maak om Jesus as hulle Verlosser en Saligmaker aan te neem. Jes. 65:20 – Onthou dié wat Armageddon oorleef het, het nog steeds hulle natuurlike liggame, nie verheerlikte liggame nie. Alhoewel die vloek oor die aarde en oor die mens opgehef is (Gen. 3:1719), sal die mens wel nog kan sterf. Die mens sal egter weer onbeperkte lewensjare hê. Hierdeur sal dit aan die lig kom watter mense op aarde nie weergebore is nie, want hulle sal sonder enige weerstand in die duiwel se mag val. Hy verlei weer ‘n klomp mense – kom in opstand teen God en wil weer oorlog maak! Die Gog en die Magog. o “Wanneer die duisend jaar om is, sal die satan uit sy gevangenskap losgelaat word. Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see.” (Openb. 20:7-8).

Satan, sy engele en die demone sal vrygelaat word uit die “Abyss” vir ‘n kort tydjie (Openb. 20:7; Jes. 24:22). 43. Goddeloses vinnig en finaal vernietig: Die rebelle van oral in die wêreld sal die laer van die heiliges omsingel. Dit is die hoofstad, Jerusalem (Openb. 20:8). o “Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see.” (Openb. 20:8).

62

Vuur sal uit die hemel vanaf God kom en elke rebel verteer (Openb. 20:9; 2 Pet. 3:10-13). o “Hulle het oor die hele oppervlakte van die aarde aangekom en die laer van die gelowiges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur van die hemel af gekom en hulle verteer.” (Openb. 20:9).

44. Tweede opstanding: Nadat die Here hierdie opstandelinge met vuur uit die hemel verdelg het, sal die tweede opstanding plaasvind – dit is al die goddeloses van alle tye. o “Die ander dooies het nie lewend geword voordat die duisend jaar om was nie... Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat in hulle was, en oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het.” (Openb. 20:5, 13).

Nadat Jesus vir satan in die Poel van Vuur gewerp het, sal Jesus (Joh. 5:22) die ongelowiges oproep (die Tweede Opstanding) vir hul veroordeling. Die siele van die tweede opstanding sal hulle liggame eers na duisend-jaar kry, wanneer hulle opstaan vir die Groot Wit Troon oordeel (vers 11-15). Die gevalle engele word ook op hierdie stadium veroordeel. (Jud. 6-7). 45. Finale oordeel – groot wit troon: Die goddeloses sal dan voor die groot wit troon tot die ewige poel van vuur verdoem word. o “Toe het ek 'n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit. Die aarde en die hemel het voor Hom padgegee, en daar was nie meer plek vir hulle nie. Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het.” (Openb. 20:11-12).

[Die groot en klein dui nie op volwassenes en kinders nie, maar op belangrike en onbelangrike mense; ryk en arm; konings/regeerders en bedelaars.] Jesus is die Een wat op dié troon gaan sit om te oordeel, nie God nie. Jesus wat die volle prys vir ons betaal het (Joh. 5:22). Die Vader het hom die reg gegee om te oordeel (Joh. 5:27). Die uur het gekom dat die ongereddes, in hul grafte, Sy stem sal hoor en verrys vir hul veroordeling (Joh. 5:28-29; Hand. 24:15). Dit is ‘n eensame toneel wanneer die goddelose mense van aangesig tot aangesig voor God staan. 63

Jesus se oë is soos vlamme van vuur, niks sal vir Hom weggesteek kan word nie. Sy oë sal deursoekend en deurdringend wees, Hy is Almagtig en was altyd Alomteenwoordig (Openb. 1:14). Dan word die boeke oopgemaak – en die eerste boek wat oopgemaak word, is die evangelie wat Christus Jesus vir ons gebring het, want het die Gesalfde nie self vir ons gesê nie: o “Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel.” (Joh. 12:48).

Die Woord (Bybel – 66 boeke) sal as “maatstaf” gebruik word om die sondaar te oordeel (Joh. 12:48). Daar is net een Naam onder die hemel waardeur ons gered kan word (Hand. 4:12), maar daar is mense wat soos die Jode, ‘die Heilige en Regverdige verloën en ’n moordenaar gekies (Hand. 3:14). En omdat hulle die weg van genade verwerp het, word nou ’n tweede boek geopen en dit is die boek van die wet. Wil en kan ons nie deur die ‘geloof en die genade geregverdig word’ nie, dan is daar net een ander weg om tot die ewige lewe in te gaan en dit is deur die wet van God te volbring. Die mense wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe (Lev. 18:5; Rom. 10:5; Gal. 3:12). Maar, Paulus sê: “Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.” (Gal. 3:10). En sal daar enigeen wees onder al daardie miljoene wat alles gedoen het wat daar geskrywe staan in die boek van die wet? Nee, daar sal nie een wees nie. Want teenoor die wet met sy eise word nou ook oopgemaak die boek van Gods herinneringe (derde boek). Elke sondige daad wat die sondaar ooit gedoen het sal opgeskryf wees in die boek. En waar God hulle beskuldig en hulle skuldig staan by die opening van die boeke sal nou die vonnis bekragtig word deur die vierde boek, die boek van hul eie gewete, want in stede van ’n teen pleidooi, sê Paulus: o “Die optrede van sulke mense bewys dat die eise van die wet in hulle harte geskrywe staan. Ook hulle gewetens getuig daarvan wanneer hulle in 'n innerlike tweestryd deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word. Dit sal aan die lig kom op die dag wanneer God deur Christus Jesus oor die verborge dinge van die mense sal oordeel, ooreenkomstig die evangelie wat ek verkondig.” (Rom. 2:15-16).

64

Verpletterend sal die getuienis teen hulle wees uit daardie boeke wat geopen sal word. Daardie regter weet alles. Vir Hom is niks verborge nie en die beskuldigdes sal voor Sy aangesig verstom, soos die man sonder bruilofskleed verstom het, voor die koning (Matt. 10:15; Ps. 31:19) (Du Toit, 1948). Een van die ander Boeke sal die “Boek van die Lewe” wees. As jy nie bekeer is nie, dan sal elke verkeerde daad wat jy gedoen het, opgeskryf wees en sal teen jou getuig – dade, gedagtes, woorde en optredes. (Liebenberg, 2008). As jou naam nie daarin staan nie, word jy in die vuur gegooi! o “As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.” (Openb. 20:15).

Wat ’n straf! Daniël noem dit “vir ewig afgryslik” (Dan. 12:2). Dadelik na die uitspraak van die vonnis sal die straf voltrek word en sal die rampsaliges wegsink in die meer van vuur wat nooit uitgeblus sal word nie. Baie mense se name is nie in die boek van die lewe geskryf nie – veral dié in die laaste jare van die antichris te regering: o “Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie.” (Openb. 13:8).

Dit vervul een van Jesus se profesieë: o “Die Seun van die mens sal Sy engele stuur, en hulle sal uit Sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.” (Matt. 13:41-43).

Wat ‘n verskrikking sal dit nie wees om eendag voor God te staan nie (Ps. 139:1-2,4; Jer. 17:10; Eseg. 11:5; 2 Pet. 2:14; Hebr. 10:31). Daar kom ‘n dag, wanneer elke trotse, arrogante en selfvoldane mens die volgende sal doen, terwyl sy/haar hart besig is om in te gee: “Elke knie sal buig ... en elke tong sal bely”, dat Jesus Christus die Heer van almal is (Rom. 14:11; Jes. 45:23). Met angs sal hulle die volgende woorde vir ewig en ewig hoor: o “Gaan weg van my, julle vervloektes, in die ewige vuur!“ (Matt. 25:41).

Die groep sluit in elke persoon wat Jesus verwerp het. Ja, dit is jammer, maar van ons vriende en familie sal ook daar wees. 65

46. Die Hel is vir hulle gemaak: Die ewige vuur is vir die duiwel en sy engele voorberei, maar die veroordeeldes word saam met die duiwel in die poel van vuur (gehenna) gewerp! o “So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” (Matt. 13:49-50). o “Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is.” (Matt. 25:41).

47. Die satan word finaal en vir ewig van die toneel verwyder: Groot vreugde heers wanneer die duiwel – satan finaal vernietig word! o “Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.” (Openb. 20:10).

Hy sal nooit weer toegelaat word om iemand te mislei nie! Dood en doderyk word ook vernietig: Oorwinning oor die dood – soos Paulus se: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” (1 Kor. 15:54) o “Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel.” (Openb. 20:14). o “Dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” (1 Kor. 15:54).

Die oordeel van God is nou voltooi. 48. God maak alles nuut – herskepping: Wees bly en jubel, want God ontwerp en bou self vir ons ’n ewige stad! Hierna sal ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde geskape word waarin geregtigheid sal woon. Geen sonde sal ooit daar inkom nie (Openb. 21:27). Dit sal vol blydskap en vreugde wees – ons sal nie eers aan vandag se goed dink nie! o “Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep; aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie. Wees bly, en jubel sonder ophou oor wat Ek gaan skep: Ek gaan 'n Jerusalem skep wat vol blydskap is, sy inwoners sal vreugde hê.” (Jes. 65:17-18). o “...die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.” (Hebr. 11:10). 66

o “Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie.” (Openb. 21:1).

‘n Nuwe Hemel en Nuwe aarde – nuwe Jerusalem daal uit die hemel neer en jy as seun/dogter kry alles: 48.1 “Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” (Openb. 21:5) 48.2 “En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom.” (Openb. 21:2) 48.3 “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal My seun wees.” (Openb. 21:7). 48.4 Die nuwe Jerusalem is baie groot! ‘n Kubus van 2 400 km (lengte, breedte en hoogte). (Openb. 19:16). Kan jy jou ‘n gebou voorstel van 2 400 km hoog? Die nuwe vertaling (1983) sê foutiewelik 12 000 km. 12 Poorte – hul staan oop – jy kan vrylik beweeg. 48.5 Oorweldigend in skoonheid! Goue strate, edelstene en pêrels, ens. (Openb. 21:11-21). 48.6 Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees (Openb. 22:3) 48.7 “Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” (Openb. 21:4). 48.8 Die water van die lewe, helder soos kristal, vloei uit die troon van God (Openb. 22:1) 48.9 “Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.” (Openb. 22:2). 48.10 Daar is nie meer nag nie; daar is nie meer ‘n son nie, want die heerlikheid van God sal ons verlig, en die Lam is sy lamp. (Openb. 19:23).

67

49. Dit is volbring – wat is volbring? Dit is Jesus se stem, want net Jesus kan oordeel (Joh. 5:22) en hierdie stem sê “Dit is verby”. Dit beteken dat die oordele volbring is. Dit is ‘n teken dat dit die einde van die Verdrukking is. Interessant toe Jesus die veroordeling van ons sondes gedra het, het Hy uitgeroep: “Dit is volbring”. Dieselfde woorde is ook gebruik in Openb. 21:6 toe die wêreld se geskiedenis gesluit/volbring is. • Twaalfvoudige plan van God is voltooi: (Dake, 2010) 49.1 Die gevolg van die sonde oor hemel en aarde word beëindig (Openb. 21:3-7; 22:3), 49.2 Vernuwing/restourasie van hemele en aarde (2 Pet. 3:5-13; Hebr. 1:10-12; Openb. 12:25-28), 49.3 “Alle dinge” is nuut gemaak (Openb. 21:5), 49.4 Alle rebelle (vyande) is vernietig – alles is aan Jesus onderwerp (1 Kor. 15:24-28), 49.5 Mense gereinig van hul geneigheid tot rebellie – alles onder een hoof (Christus) verenig (Openb. 21:3-8; Ef. 1:10; 2:7; 3:11), 49.6 Die vloek van sonde is verwyder (Openb. 21:3-8; 22:3; 1 Kor. 15:24-28), 49.7 Die aarde is teruggedraai na God – in diens van God (Hand. 3:21-22; 1 Kor. 15:24-28; Ef. 1:10; Jes. 66:22-24), 49.8 Rebelle veroordeel en beperk tot die hel (Openb. 20:11-15; Matt. 25:41, 46; Jes. 66:22-24), 49.9 God word weer erken as die Almagtige Heerser van die heelal soos voor die rebellie (Openb. 21:3-8; 1 Kor. 15:24-28; Ef. 1:10; 3:11), 49.10 God se oorspronklike plan met vrye keuse (‘free will’) en die heelal word ‘n werklikheid – die verborge plan is uitgevoer (Ef. 3:9-11). “Nou het God die ryke verskeidenheid van Sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim.” (Ef. 3:11), 49.11 God se heerskappy (‘government’) word gevestig (Ef. 3:9-11; 2 Pet. 3:9), 49.12 God se troon en hoofkwartier word verskuif van die derde hemel en hier op aarde gevestig (Openb. 21:3 – 22:5). 68

50. Ewige perfekte toestand – ‘Age of the Ages’: Nou is God se kinders vir altyd en ewig by Hom! En satan se kinders vir altyd by hom! • God is alles in almal: o “En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.” (1 Kor. 15:28 OV).

• God woon nou by ons – dit is hemel! o “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.” (Openb. 21:3).

Geen skeiding ooit weer tussen ons en ons God nie! • God belowe ewige geluk vir Sy mense. o “Salig (geseënd) is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” (Openb. 22:14 OV).

• Ewige lig en heerskappy: o “Die mense het nie die lig van 'n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.” (Openb. 22:5). o “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen” (Rom. 11:36).

En Jesus Christus beloof ongelooflik baie aan dié wat getrou is – wat die oorwinning behaal het – soos bespreek in Hoofstuk 11. 1.7 Afsluiting: Openbaring is ‘n boek van hoop vir dié wat aan Jesus Christus behoort, maar ‘n verskrikking vir die goddeloses. Daarom is daar vermanings en waarskuwings aan almal. Malan (2005) wys baie mooi op die ernstige vermanings en waarskuwings wat in Openbaring aan verskillende groepe mense gerig word: • Ware Christene word vermaan om teen die toenemende leerstellige en morele verval van die eindtyd te waak en op die pad van die Here te volhard totdat Hy ons kom haal. Trouens, as jy die oorwinnaarskroon wil ontvang moet jy ‘met verlange uitsien na Sy koms’ (2 Tim. 4:8).

69

• Vorm godsdienstige lidmate wat van die waarheid afgedwaal het, kry die duidelike boodskap dat hulle as gevolg van hulle dwalings in die groot verdrukking sal beland. • Israel word op die verdrukking voorberei omdat hulle die ware Messias verwerp het en daarop afstuur om met die valse messias ‘n verbond te sluit. ‘n Belofte van oorlewing word aan hulle gebied, sodat ‘n oorblyfsel van die volk behoue kan bly om gered te word wanneer die Messias kom. • Die goddelose nasies én individue word gewaarsku dat hulle die grootste verdrukking van alle tye te wagte kan wees, en uiteindelik in die poel van vuur sal beland as hulle op die pad van sonde volhard. • Jesus Christus beloof in Sy Woord dat Hy sal terugkom aarde toe om Hom op Sy vyande te wreek, Israel te red, Sy vrederyk hier te vestig en alles nuut te maak. Wandel jy in die waarheid van die Here Jesus, of is die antichris se gees van dwaling reeds in jou werksaam? (2 Tess. 2:7). Daarom sê Jesus vir ons in Lukas dat ons waaksaam moet wees – reg wanneer Hy weer verskyn. o “Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.” (Luk. 21:36).

Berei jou voor dat jy nie soos die dwase maagde sonder olie in die lamp wees nie – rig jou gedagtes op wat daar bo is en wees gereed vir die wegraping wat nou enige tyd kan gebeur. o “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Mark. 1:15).

Mense wat nie deur die Heilige Gees in die hele waarheid van God se Woord gelei word nie (Joh. 16:13), al is hulle andersins ook hóé intelligent en belese, sal volgens die insig van hulle verdorwe harte optree. En uiteindelik die krag van die dwaling ontvang om die antichris se leuens te glo (2 Tess. 2:10-12). Kom nóú na die Verlosser, Jesus Christus, wat jou van die mag en invloed van satan se antichristelike leuens sal bevry, en aan jou verligte oë van die verstand sal gee om Sy Woord te kan verstaan (Ef. 1:18). Deur Sy Gees en die kennis van Sy Woord sal Hy ook aan jou die vermoë gee om die leuens van valse profete, wat voorlopers van die antichris is, te kan identifiseer en te weerstaan (1 Joh. 4:1), (Malan, 2005). 70

• Troos mekaar met hierdie woorde: o “Daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde.” (1 Tess. 4:17-18). • Jesus self gee die slot boodskap in Openbaring 22: o “Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. “Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.” (Openb. 22: 12-14). • So, ons sien met verwagting uit na Sy wederkoms en leef nou so: o “Van een ding is ons seker: Jesus kom weer. Dan gaan ons Hom in Sy grootheid sien soos Hy regtig is en ons self gaan ook soos Hy word. Vertrou jy Jesus so dat jy dít van Hom verwag? Wel, maak dan Jesus se optrede die patroon van jou lewe: soos Sy lewe skoon en sonder fout was, so moet joune ook wees.” (1 Joh. 3:2-3, Die Boodskap).

Kom ons bid saam – Finale gebed: Ons Hemelse Vader, ons wil saam met die vier lewende wesens voor U troon sê: ‘Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.’ Here Jesus, U is waardig om die boek, die raadsplan van die Vader, te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met U Bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. Met die ganse skepping verklaar ek: ‘Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.’ en met Paulus bely ek: O, diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is U oordele, hoe onnaspeurlik U weë! Wie ken die bedoeling van U Here? Wie gee U raad? Wie bewys U ‘n guns, sodat U verplig is om iets terug te doen? Uit U en deur U en tot U is alle dinge. Aan U behoort die heerlikheid tot in ewigheid!

71

O, Heilige Gees, U wat van die Vader en die Seun uitgaan, U wat lewe gee, U wat oortuig van sonde en wat Jesus verheerlik, U wat my Helper, Advokaat, Bemoediger en Voorspraak is, U wat saam met my gees getuig dat ek kind van die Vader is, U wat deur my roep Abba–Vader, aan U, die Skeppergees, bring ons toe dank en eer en aanbidding. YaHWeH, Drie-enige God, ons prys die grootheid van U Naam. Laat U naam geheilig geword, laat U koninkryk kom, laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Jesus Christus, ons sien met groot verwagting uit na U wederkoms. Jesus, ons sien met verlange daarna uit om U van aangesig tot aangesig te sien en vir altyd in U heilige teenwoordigheid te bly en U te dien! Ek loof die Here, Ek Prys die Here! Die Gees en die Bruid sê kom Jesus ons Messias, kom! Maranatha. Amen! • En seën: Op elkeen wat die boek lees wil ek ‘n seëning (‘blessing’) uitspreek: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!” (Num. 6:24-26). Liefde in Christus die Here, Jan Roos

72

73

Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie. (Joh. 14:6)

74

Suggest Documents