SACAI AFDELING C GRAAD 12

EKSAMENRIGLYNE

SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Siviele Tegnologie beskryf die aard en doel van die vak. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:  

Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat (NSS) –eksamen in Siviele Tegnologie geassesseer gaan word. Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met: A. Die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV):   

Kurrikulum - en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Siviele Tegnologie The National Protocol for Assessment Grades R – 12. The National Policy pertaining to the programme and promotion requirements of the National Curriculum Statement, Grades R-12

B. Die hersiene SACAI KABV-Vakriglyn vir Siviele Tegnologie (2015)

2

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

ALGEMENE INLIGTING RONDOM BEANTWOORDING VAN 'n VRAESTEL 

 

  





  

Die vraestel word uit die kurrikulum opgestel en nie uit 'n spesifieke handboek nie. Dus kan sketse en diagramme van uit verskeie bronne gebruik word. Leerlinge moet verskillende weergawes van sketse en diagramme kan lees en interpreteer, omrede sketse en diagramme in die nywerheid van mekaar kan verskil. Geen spesifieke deel van die kurrikulum word belangriker geag as 'n ander deel nie, dus moet alle werk geleer word omdat alle werk geëksamineer word. Die moeilikheidsgraad van die vrae word as volg bepaal:  30% van 'n vraag se totale punte word so gevra dat dit op weergee van kennis gebaseer is. (Kyk of jy geleer het)  50% van 'n vraag se totale punte word so gevra dat dit op die toepassing van kennis, op sketse en diagramme wat jy geleer het, gebaseer is. (Kyk of jy die werk verstaan. Berekeninge en teken van kragverspreidingsdiagramme val ook onder die tipe vrae.)  20% van 'n vraag se totale punte word so gevra dat dit die kennis wat jy geleer het toepas op nuwe konsepte. (Kyk of jy jou kennis op praktiese situasies kan toepas om 'n oplossing te kry. Dit sluit ook in die lees en interpreteer van planne en vektordiagramme). Alle sketse wat geteken word as antwoorde moet benoem wees. As 'n skets nie benoem is nie, word dit nie nagesien nie. Jy moet die korrekte terminologie gebruik. Sou jy die verkeerde terminologie gebruik sal dit negatief teen jou tel. Alle berekeninge moet deur 'n formule voorafgegaan word. By alle berekeninge moet die korrekte invervanging getoon word en die antwoord moet van die korrekte eenheid voorsien wees. Indien die eenheid weggelaat is, of as die eenheid verkeerd aangedui is, sal die antwoord verkeerd gemerk word. Wanneer die standaard formule (formule soos getoon in die formuleblad) gemanipuleer moet word, moet die manipulasie getoon word, hetsy as 'n nuwe formule of as 'n veranderlike teenoor 'n berekening om die punt vir die formule te ontvang. Alle berekeninge word as volg nagesien:  Een punt vir die korrekte formule verskaf.  Een punt vir die korrekte invervanging.  Een punt vir die korrekte antwoord met 'n korrekte eenheid. Die beginsel van een punt per feit word deurgaans gehandhaaf behalwe waar anders aangedui. Geen halwe punte word toegeken nie. 'n Antwoord is of reg of verkeerd; dit kan nie halfpad reg wees nie. Paragraaf tipe antwoorde (langvrae) kan puntsgewys neergeskryf word, solank dit steeds as geheel as 'n paragraaf gelees kan word. (Dus moet die een punt by die daaropvolgende punt aansluit)

3

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

Korrekte gebruik * Die kat klim in die boom * agter die getjirp van die babavoëltjie aan. * Die wyfievoël sien die kat raak * en val die kat met haar snawel aan.

Verkeerde gebruik *Die kat klim boom. *Babavoeiltjie tjirp. Die wyfievoël sien kat. Val kat met snawel aan.

Dit is duidelik in die voorbeeld dat die “punte” net die hoofidees van die sin skei en sodoende beklemtoon. Die sin lees egter as 'n geheel korrek. Dit is raadsaam om by paragraaftipe antwoorde melding te maak van wette en reëls wat van toepassing is. Dit dui vir die nasiener aan dat jy 'n dieper kennis en insig ten opsigte van die vak het.    





 

Nommer jou antwoorde in die middel van die bladsy. Laat 'n lyn oop tussen die nommer en jou antwoord. Laat 'n lyn oop tussen jou antwoord en die daaropvolgende nommer. Trek 'n horisontale lyn oor die breedte van die bladsy as jy klaar 'n vraag beantwoord het. ('n Vraag sluit in AL die onderlinge vrae van ‘n vraag bv. Vraag 1: dus is 1.1 en 1.2 en 1.3 als deel van vraag een.) Daar word nie 'n lyn tussen onderafdelings van 'n vraag getrek nie. Moet nie 'n vraag oor verskillende bladsye (op bladsy 1 en dan later aangaan op bladsy 7) doen nie. As jy iets nie kan antwoord nie en dit later wil doen, laat genoeg plek daarvoor oop sodat jy dit later steeds by die betrokke vraag kan beantwoord. Dit help die nasiener as alle antwoorde van 'n betrokke vraag bymekaar is en voorkom so nasien- en optelfoute. Jy mag glad nie enige melding maak of verwysings maak na jouself as persoon of na jou instansie van onderrig nie. As jy enige poging aanwend om in die antwoordstel jou self of die instansie waar jy geregistreer is te identifiseer, word dit as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou. Daar kan tot besluit word dat jou antwoordstel nie verder nagesien mag word nie. Skryf duidelik en leesbaar, onleesbare skrif sal nie nagesien word nie. As jy meer as een antwoord op 'n vraag verskaf, word die eerste antwoord gemerk en die daaropvolgende antwoord word doodgetrek. Daar word nie gesoek na die korrekte antwoord nie.

4

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

EKSAMENVRAESTEL: GRAAD 12 Vir Gr 10-12 beslaan die 3-uur einde-van-die-jaar eksamen in Siviele Tegnologie 50% van ‘n leerder se punt. In die GR 12 eksamen sal SLEGS Gr 12 inhoud geassesseer word. Voorafkennis uit Gr 1011 kan egter nodig wees om sekere van die vrae te interpreter en te beantwoord.

TOTAAL: 200 punte TYD:

3 ure VRAAG

ONDERWERP

PUNTE

1

Konstruksie, veiligheid en materiale

30

2

Gevorderde konstruksie en gereedskap

40

3

Siviele dienste

30

4

Hoeveelhede, materiale en verbindings

30

5

Toegepaste meganika

30

6

Grafika en kommunikasie

40

TOTAL

200

Vraag 1: Konstruksie, veiligheid en materiale       

30 punte

Toepassing en regulasies van die WBGV met betrekking tot klere, die beskerming van die kop, oog en oor, skoene - noem en verduidelik. Toepassing en regulasies van die WBGV met betrekking tot handgereedskap, kraggereedskap, konstruksiemasjinerie, werkplek en veilige terrein-werkmetodes - kan noem en verduidelik. Veilige terreinbeplanning en organisasie met betrekking tot uitgrawings, hantering van materiale, vloere en trappe met oop kante, bouershyser en lere - kan noem en verduidelik. Volhoubaarheid van materiale volgens hul toepaslike gebruik en aard - kan verduidelik en noem. Profiele, eienskappe en gebruike van die I-balk, H-balk, kanaal- en hoekyster - kan identifiseer en noem asook die aanwending daarvan verduidelik. Preservering, verf en nabehandeling van hout, metaal, beton, mure en plastiek - kan noem en verduidelik en die doel van preservering kan verduidelik. Heiwerk: Sketse daarvan kan teken en identifiseer, doel kan noem en verduidelik, soorte kan noem en verduidelik, posisionering kan noem en aandui in 'n skets; hoe word dit gebruik en wanneer en waar gebruik?

5

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

      

Klaargemengde beton: mengverhoudings van beton (laag, medium en hoë sterkte) kan noem en die mengproses kan verduidelik. Bestanddele van beton kan noem asook die verhoudings daarvan ten opsigte van sterkte. Verskil tussen massa en gewapende beton kan noem en verduidelik asook uitwys in 'n tekening. Vervoer, stort, gelykmaak, kompaktering en nabehandeling van beton kan verduidelik. Bindingstyd en bymengsels ten opsigte van beton kan noem en die gebruik daarvan kan verduidelik. Toetse op beton kan noem en die doel van elk: sak- en kubustoets kan verduidelik. Sketse, voordele, installasiemetode, voorsorg voor en na installasie van rib-en-blok/blok-en-balk-konstruksie (of soortgelyke tegniek) vir multiverdieping-vloerblaaie en dakke kan teken, benoem en verduidelik.

VRAAG 2: Gevorderde konstruksie en gereedskap  

      

40 punte

Gebruik kan noem, versorging kan noem en verduidelik en opstel van bukswaterpas kan verduidelik om uitgangspunt, hellings en afstande te bepaal. Hand- en kraggereedskap wat gebruik word in die konstruksieprosesse van dakkappe kan noem en die veilige gebruik, versorging en berging daarvan kan verduidelik.  Handgereedskap: staalmaatband, boulyn, slaglyn, skietlood, staalwinkelhaak (bouers), lugbelwaterpas en deursigtige pypwaterpas  Houtwerkgereedskap: winkelhaak en verstekhaak, swaaihaak, kloofsaag, dwarshoutsaag, dwarspen- en klouhamer  Kraggereedskap: draagbare elektriese sirkelsaag, draagbare generator, hoekslyper en draagbare elektriese skaaf.  Konstruksiemasjinerie: generator (elektrisiteitsvoorsiening) en elektriese versteksaag Toon wapening in beton vir: vloere, balke, vrydraerbalke en kolomme, deursnee-aansigte alleenlik Dui minimum betonbedekking aan in sketse en identifiseer die onderskeie dele vanuit gegewe sketse. Materiale en nakomingsvereistes van materiale gebruik vir wapening kan noem en verduidelik die aanwending daarvan. Materiale gebruik en identifisering van verskillende onderdele van bekisting wat gebruik word vir kolomme, trappe, balke, vloere en boë kan noem, identifiseer en die voorbereidingsproses daarvan kan bespreek. Metodes om bekisting op te rig kan teken, identifiseer en bespreek. Soorte stutte en steierwerk, hul gebruike en regulasie gedurende gebruik en oprigting kan noem, identifiseer en die aanwending daarvan verduidelik. Bekisting: vorm-olies en emulsies, en defekte wat kan voorkom in beton as gevolg van bekisting kan teken, identifiseer en verduidelik. Materiale, voordele, nadele, metodes van afwerking en installasie-metodes van stapelmuurkonstruksies vir droë en nat toestande kan noem en verduidelik. 6

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

        

    

    

Alternatiewe planlae van T-aansluitings en hoeke gebou in stryk- en Engelse verband kan identifiseer, benoem en verduidelik. Boubesonderhede, doel, voor- en nadele van balkvulling kan noem, identifiseer en die aanwending daarvan verduidelik. Sketse, boubesonderhede, doel, voor- en nadele van spoumure kan identifiseer, noem en die aanwending daarvan verduidelik. Doel, boubesonderhede, voordele, nadele en ondersteuning tydens konstruksie kan noem, identifiseer en die aanwending daarvan verduidelik van halfronde en platboë, geslote en oop formeellatwerk. Onderskei tussen ru- en pasboë en dit kan identifiseer, benoem en die aanwending daarvan kan verduidelik. Posisionering, groottes en doel van dekstroke, plafonlatte, plafonne, kroonlyste, vloerlyste en daktimmerhout kan verskaf, bereken en identifiseer vanaf 'n gegewe skets en kan inteken in 'n skets. Uitleg en installasie van verskillende soorte plafonmateriale en afwerking aan plafonne kan teken, benoem en verduidelik. Sketse van dubbele swaairaamvenster sonder bolig kan teken en benoem. Dakkappe: sparpaardak, hoofstyldak, SA of Howedak, W-dak, afdak en geraamde afdak met oop en geslote dakrande en deursnee-aansigte kan teken, benoem van onderdele en verduidelik die doel van die onderskeie onderdele. Uitleg van kappe: gewelent, skilddak met kiele en afdakke, insluitend dakke met borsweringsmure se samestelling kan teken, verduidelik en die onderskeie dele daarvan kan benoem en identifiseer. Regulasies, doel, metodes van installasie, spasiëring van dakkappe en spasiëring van kaplatte/daklatte vir bepaalde soorte dakbedekkings kan noem en verduidelik asook identifiseer. Eienskappe, samestelling, metode van vashegting, voor- en nadele van betondakteëls, grasdak, IBR, en gegolfde sinkplaat kan noem, aanwending kan verduidelik en kan identifiseer. Waterdigting van dak (borsweringsmure) kan teken, benoem en die doel daarvan kan verduidelik. Posisionering en eienskappe van soorte materiale wat gebruik word vir die vogweerlaag in kelders, mure, vloere en dakke kan noem, verduidelik en die plasing daarvan in 'n skets korrek kan aandui. Die leerder moet dit ook in 'n skets kan identifiseer. Pleisterwerk: verskillende soorte afwerking (rofkas en glad gepleister) kan identifiseer, verduidelik hoe dit verkry word en waarvoor dit gebruik word asook die voor en nadele daarvan kan noem. Teëlwerk: vloere en mure se hoeveelhede kan bereken en die gereedskap betrokke kan noem. Die basiese beginsels van voorbereiding vir teëlwerk op mure en vloere kan verduidelik. Verfwerk: binnenshuis, buitenshuis, en verskillende aanwendings kan noem en verduidelik en hoeveelhede kan bereken. Metodes van bedekking van loodgieter-, elektriese en dreineringspype in mure kan verduidelik en noem. Moderne metodes vir die afwerking van mure, dakke en vloere kan noem en verduidelik asook die voorbereiding van die oppervlak vir die bedekking kan noem. 7

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

VRAAG 3: Siviele dienste       

 



   



30 punte

Watervoorsiening: waar dit gebruik word, voor- en nadele en beginsels waarop ander vorme van watervoorsiening soos boorgate en vlak putte werk kan noem en verduidelik. Basiese loodgieterwerk in 'n huis insluitend: toebehore, verspreiding en plasing van pype (oppervlak of muurgleuf) kan noem en verduidelik asook die onderskeie onderdele daarvan kan identifiseer en teken. Soorte, voordele, nadele en eienskappe van pype: gebruik vir warm- en koue watervoorsiening kan noem, identifiseer die onderskeie onderdele daarvan en teken die basiese uitleg daarvan. Beginsels waarop 'n geiser werk kan verduidelik en die basiese dele daarvan kan identifiseer en benoem. Soorte, installasie, voordele, nadele en beginsels waarvolgens sonkraggeisers en ander waterverwarmers (gas en aanlyn) werk kan verduidelik en die basiese onderdele daarvan kan identifiseer en benoem. Doel van drukreduseerkleppe kan verduidelik en die plasing daarvan in die sisteem kan aandui, identifiseer en benoem in 'n sisteem. Onderskeid tussen:  rioolwater en riolering,  drekwater en vuilwater,  ventilasiestelsel,  rioollugpype,  watersperders en rioolput, kan noem en verduidelik asook die verskil kan teken. Noem en verduidelik regulasies betreffende  dreinering,  afkortings wat gebruik word in dreineringstelsels. Eienskappe noem van; voor- en nadele noem van; materiale wat in 'n rioolstelsel gebruik word:  PVC-pype en toebehore  en gietysterpype en toebehore Lyndiagram van die uitleg van 'n rioolplan vir 'n eenvoudige enkelverdiepingwoonhuis, tot by die aansluitingspunt van die plaaslike owerheid, met inagneming van afkortings, helling, regulasies en rioleringbeginsels kan teken, identifiseer, benoem en basiese berekeninge daarop kan doen. Berekening van bodemhoogtes by die bo- en onderkant van dreineervore. Regulasies, kleurkodering en snitte van dreineervore kan noem en verduidelik. Identifiseer verskillende dele van dreineervore. Redes vir die installering, voordele, nadele, regulasies, doel en funksionering van:  riooltenk,  septiese tenk  en stapelriool Die regulasies en metodes van wegdoening van groot hoeveelhede water vanaf 'n terrein na 'n munisipale stormwaterstelsel kan noem en verduidelik.

8

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

  

Metodes om stormwater vanaf munisipale mangate na aflope, opvanggebiede, damme en riviere te lei kan noem en verduidelik asook identifiseer. Identifisering en interpretasie van basiese elektriese simbole, wat gebruik word in die tekening van 'n basiese elektriese uitleg van 'n gebou. Ligging van meterkas, verdeelkas, kaartvoorsiening (voorafbetaal) en leipype kan teken in 'n plan en noem en verduidelik.

VRAAG 4: Hoeveelhede, materiale en verbindings       

Verbinding van dakkappe aan steenwerk kan teken, identifiseer en benoem asook verduidelik. Boute, skroewe, spykers, spykerplaat, dakdraad, hoepelyster (galvaniseerde band) as materiale se gebruike, voor en nadele en toepassing kan noem. Verbinding van pype vir koue watervoorsiening vanaf munisipale voorsiening na sanitêre vaste toebehore en geisers kan teken, verduidelik en benoem en onderskeie dele kan identifiseer. Materiaal wat gebruik word en verbindingsmetodes vir kapillêre las en kompressielasse kan noem en die onderskeie metodes kan verduidelik. Materiaal wat gebruik word en verbindingsmetodes vir skroefdraadlasse, PVC-kleefmiddels kan noem en die verbindingsproses kan verduidelik. Berekening van die hoeveelhede van materiale vir 'n eenslaapkamerwoonhuis met die toepassing van basiese wiskundige formules Snylys vir deure, plafonne en vensters opstel, interpreteer en hoeveelhede kan bereken met vermorsing in ag geneem.

VRAAG 5: Toegepaste meganika      

30 punte

Grafiese bepaling van die aard en grootte van die verskillende onderdele in kragtediagramme van dakrame en –strukture insluitend vrydraerrame (slegs vertikale laste). Balke: Reaksiekragte by steunpunte grafies en wiskundig kan bepaal. Berekening van reaksiekragte by die steunpunte (maksimum DRIE puntlasses en EEN GVL, GEEN OORHANGE OF VRYDRAERS). Berekeninge en teken van die skuifkrag- en buigmoment-diagramme. Gebruik van die korrekte eenhede en terminologie Berekeninge van sentroïede van onreëlmatige vorme bestaande uit 'n kombinasie van vierkante, reghoeke of driehoeke alleenlik (Formuleblad word aan leerders voorsien.)

VRAAG 6: Grafika en kommunikasie   

30 punte

40 punte

Identifisering en interpretasie van basiese elektriese simbole, wat gebruik word in:  die tekening van 'n basiese elektriese uitleg van 'n gebou Instrumenttekeninge met betrekking tot ortografiese projeksie met snitte. Verskillende aansigte van 'n gebou kan teken. 9

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

 

Vertikale snitte met byskrifte en afmetings volgens SANS-spesifikasies vir boutekene kan teken met inagneming van venters, deure en dakhegtings soos van toepassing op verskeie soorte mure. Teken van huisplanne vir woonhuise met geweldakke, skilddak met kiele, afdak, platdak en dakke met borsweringmure, insluitende vloerplanne, dreineringsplan, terreinplan, aansigte en die vermoë om tekeninge te ontwikkel vanaf spesifikasies en beskrywende notas.

Slot opmerking Hierdie eksamenriglyndokument is bedoel om gebruik te word as rigtingwyser en hulmiddel wanneer Gr 12 Siviele Tegnologie onderrig word. Dit is nie ’n plaasvervanger vir die Hersiene SACAI KABV-Riglyndokument (of die DBE se KABV-dokument) wat onderwysers moet gebruik in hulle onderrig nie. Kwalitatiewe dekking van die sillabus bly altyd noodsaaklik en kan nie genoeg beklemtoon word nie.

10

EKSAMENRIGLYNE: SIVIELE TEGNOLOGIE 2016

WAT BETEKEN DIE VRAAG-WERKWOORDE? Werkwoord Noem Wat? Identifiseer Vergelyk / Onderskei Verduidelik / Waarom / Hoekom Verduidelik met 'n voorbeeld Skets / teken Bespreek

Analiseer

Bereken

Verklaar Verwys na ...

Vereenvoudig

Wat word van jou verwag Jy moet net die woorde of hoofpunte neerskryf. Geen verduideliking of uitbreiding van die antwoord word verlang nie. Kort tipe antwoord word verwag sonder enige uitbreiding van die antwoord; enkele sin of woord. Jy moet net die woorde of hoofpunte neerskryf. Geen verduideliking of uitbreiding van die antwoord word verlang nie. Twee onderwerpe moet teenoor mekaar gestel word en die ooreenkomste en verskille van die onderwerpe moet langs mekaar gelys word - kan in tabelformaat gedoen word. Jy moet die antwoord wat verskaf word duideliker omskryf in 'n paragraaf met voorbeelde en formules om jou antwoord te staaf. Sketse en diagramme kan ook gebruik word. Jy moet jou antwoord in 'n paragraaf uiteensetting gee en daar moet ook 'n praktiese voorbeeld wees wat die antwoord duidelik in die praktyk uitbeeld Jy moet 'n benoemde tekening teken om iets voor te stel. Dit word gewoonlik gevra wanneer die eksaminator wil bepaal of jy die samestelling van 'n voorwerp of toestel verstaan. Opstel tipe antwoord word verwag. Jy moet jou antwoord in detail gee met verwysing na wette, formules en sketse en diagramme om jou antwoord te staaf en te ondersteun. Word gevra om te toets of jy die werking van 'n toestel of sisteem verstaan en kan weergee. Jy moet die gegewe waardes of terme gebruik en dit in konteks met mekaar bring of die verskille of ooreenkomste met mekaar kan uitwys en bewys of die invloed van die verskillende dele op mekaar kan uitlig ten opsigte van die globale werking van die sisteem; Kan ook wiskundig van aard wees; Is 'n paragraaf tipe antwoord wat 'n wye reeks vaardighede toets. Jy moet 'n wiskundige bewerking doen om 'n antwoord te verkry. Die beginsel van 3-punte per berekening word gevolg. Dus as 'n vraag 9 punte tel, impliseer dit dat jy drie berekeninge moet doen. Jy moet redes aanvoer hoekom sekere uitsette / reaksies betrokke is in 'n sisteem of stelsel. Die antwoord moet as 'n paragraaf tipe antwoord verskaf word. Gebruik wette of formules of grafieke of diagramme as bewys in jou antwoord om die werking van 'n toestel of sisteem te verduidelik. Die antwoord word as 'n paragraaf tipe antwoord gegee. Wiskundige beginsel: die vergelyking moet makliker voorgestel word deur dit met behulp van wette en reëls af te breek in kleiner dele en konsepte.

11