DORP

VCSV 2012/2013 HANDLEIDING VIR DIE ORGANISERING VAN ‘N SUKSESVOLLE JEUGWEEK IN JOU SKOOL/DORP 2 INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING EN AGTERGROND 2. WAT I...
Author: Angelica Clark
20 downloads 0 Views 491KB Size
VCSV

2012/2013

HANDLEIDING VIR DIE ORGANISERING VAN ‘N SUKSESVOLLE JEUGWEEK IN JOU SKOOL/DORP

2

INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING EN AGTERGROND 2. WAT IS DIE DROOM EN DIE VISIE VAN DIE VCSV VIR 2013? 3. HOE LYK ‘N VCSV JEUGWEEK IN MY SKOOL? 4. HOE LYK ‘N VCSV SKOLE JEUGWEEK IN ONS DORP? 5. HOE WORD SO ‘N JEUGWEEK BEMARK? 6. WAT GEBEUR NA SO ‘N JEUGWEEK? 7. IDEES VIR ‘N JEUGWEEK 8. VIR MEER INLIGTING

3

1. INLEIDING EN AGTERGROND “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek Sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van Sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sondes vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.” Ps 103:1-5 Saam met David wil die VCSV die Here loof en nie een van Sy weldade vergeet nie. Die VCSV het goed gedink om in 2013 iets “WOWS” te doen om sommer vir Hom die eer te gee vir 117 jare van baie weldade en soveel goeie dinge wat ons in oorvloed geniet elke dag. Daarom het ons besluit om vir ‘n slag groot te gaan. Ons het besluit om ‘n “WOW-GELEENTHEID” te hou in elke Provinsie. Dit gaan vooraf met Jeugweke wat in skole gehou gaan word waar ons VCSV takke het. Die droom is dan, dat elke Provinsie op ‘n sekere plek (bv ‘n kampterrein) ‘n “WOW-GELEENTHEID” sal hou waar kinders, onderwysers, studente en ouers bymekaar kan kom en die Here saam loof vir Sy goedheid aan ons. Ons vertrou dat hierdie handleiding vir jou tot groot voordeel sal wees en dat jy sommer lus sal wees vir groot dinge in jou skool/dorp. In baie van ons VCSV takke, word Jeugweke gehou. Maar baie van ons VCSV takke weet nie hoe om ‘n Jeugweek te hou nie. Daarom het ons goed gedink om so ‘n dokument te skryf sodat almal sal weet hoe om dit te doen. Die VCSV se hart is om elke keer wanneer ons iets doen, iets sal doen waar kinders met Jesus sal ontmoet sodat hulle lewens verander sal word. En dit is ook ons wens vir ons Jeugweke – dat elke Jeugweek ‘n plek sal wees waar kinders se lewens radikaal verander sal word.

4

2. WAT IS DIE DROOM EN VISIEVAN DIE VCSV VIR 2013? In die VCSV droom ons groot vir 2013. Dit gaan nie net sommer nog ‘n jaar wees nie. Nee, dit gaan ‘n spesiale jaar wees met spesiale dinge wat gaan gebeur. Die droom is dat elke VCSV Tak, in dieselfde week, regoor die land – Jeugweke in hul skole/dorpe sal hou. Die Jeugweek sal dan eindig met ‘n “WOW”-geleentheid in die verskillende Provinsies. Die datum vir die Jeugweek in jou skool/dorp is 16-19 April 2013. Die datum vir die “WOW”-geleentheid is 19 April 2013. Elke Provinsie sal die plek waar dit gehou gaan word aan julle bekend maak sodra dit gefinaliseer is. Die visie van die Jeugweke en die “WOW”-geleentheid is om:  Jesus se naam groot te maak regoor ons land in ons verskillende Provinsies op verskillende maniere,  Ons dankbaarheid aan Jesus te wys deur dit wat ons gaan doen,  Mense die geleentheid te gee om te groei in hul verhouding met Hom,  Mense wat Hom nog nie ken, geleentheid te gee om Hom te leer ken,  Uit te reik na mense om ons.

5

3. HOE LYK ‘N VCSV JEUGWEEK IN MY SKOOL? Dis belangrik om te weet dat elke Jeugweek in elke skool anders gaan lyk. Afhangende van die hoeveelheid tyd wat julle in skooltyd gaan kry, gaan bepaal hoe julle week gaan lyk. Ons gaan na 3 verskillende aspekte van die Jeugweek kyk wat jou gaan help om jou Jeugweek te organiseer: 1. Wat moet vooraf gebeur?  Kry toestemming by die Skoolhoof en maak seker watter tye julle in skooltyd kan gebruik  Maak seker dat alle onderwysers verstaan hoekom daar ‘n Jeugweek gehou word en dat hulle ondersteuning vir jou belangrik is  Kry die Kringleiers opgewonde oor die Jeugweek en dat hulle saam met jou droom oor hoe die week moet lyk - hulle is die mense wat moet sorg dat die dinge in die skool gebeur en dat die kinders opgewonde is  Stel ‘n begroting op en hou fondsinsamelings indien dit nodig is bv koekverkopings, muntleggings ens of vra vir borge  Stel ‘n program vir elke dag op (sien punt 7vir voorbeelde)  Reël vroegtydig vir sprekers, ‘n band of Diensjaar vir Christus-span indien julle hulle benodig vir die week  Reël vir die spreker/s, band en Diensjaar-span se slaapplek, kos en vervoer  Sorg dat die spreker/s, band en Diensjaar-span weet wat van hulle verwag word  Goeie reklame moet gedoen word – gebruik Facebook, deel pamflette uit, kondig dit gereeld af, sit plakkate orals op, stuur smse uit ens  Kry mense wat vooraf kan begin bid vir die week en ook tydens die Jeugweek  Reël vir beraders indien nodig  Reël vir goeie klank, dataprojektor en iemand wat kan foto’s neem gedurende die week  Indien julle ‘n paar skole in julle dorp is, reël vooraf waar julle in die aand bymekaar gaan kom – dalk by ‘n skool of ‘n kerk – vir ‘n lekker aandprogram. Praat ook oor hoe so ‘n aand moet lyk – program, tye ens.  Reël vooraf met die kinders om blikkieskos, ou klere, komberse ens saam te bring skool toe vir die uitreik later die week. Julle kan vooraf besluit waar

6

julle wil uitreik – julle kan dan bel en hoor wat die mense se behoeftes daar is. 2. Wat gebeur tydens die Jeugweek?  Bid voorskool saam met die Kringleiers vir die dag  Sorg dat almal weet hoe die dag gaan lyk en sorg dat almal weet indien goed verander het.  Reël vir die oopsluit en toesluit van die saal indien nodig  Sorg dat die spreker/s, band en Diensjaarspan op hulle plekke kom en verstaan hoe goed werk  Sorg dat die kinders opgewonde is en motiveer hulle om deel te neem aan al die aktiwiteite deur die week  Foto’s word die heletyd geneem en op Facebook gesit – motiveer kinders om deel te neem aan die gesprekke op Facebook  Kringleiers help met alles  Sorg dat die blikkieskos, ou klere en komberse op ‘n veilige plek gebêre word vir die uitreik  Hou by die tyd wat gegee word vir die Jeugweek en sorg dat die kinders hul samewerking gee  Indien kinders hulp benodig, sorg dat hulle weet waar hulle met beraders kan gesels  Gee daagliks terugvoer aan mense wat bid vir die Jeugweek  Doen iets spesiaals vir die Onderwysers – spreker kan ‘n pouse met hulle gesels  Gee bedankings-briewe/kaartjies aan die einde van die week vir spreker/s, band ens en sorg dat hulle betaal word indien nodig  Gebruik die laaste pouse om saam te bid en die Here die eer te gee vir ‘n goeie week 3. Wat gebeur na ‘n Jeugweek?  Vra terugvoering van die kinders – en gebruik terugvoer om te verbeter op ‘n volgende Jeugweek  Beplan so gou as moontlik ‘n volgende spesiale geleentheid vir die kinders – dalk ‘n VCSV of iemand wat sommer met hulle kom gesels  Gaan bedank die Skoolhoof spesiaal en gee terugvoer ook aan hom  Sorg dat kinders wat opgevolg moet word, so gou as moontlik dalk deur kringleiers opgevolg word

7

 Kontak op Facebook gaan voort – begin dalk om ‘n versie ‘n week op te sit of om onderwerpe te bespreek ens  Gee goeie terugvoer aan bidders – deel die stories  Stuur bedankingsbriewe/kaartjies aan borge  Hou gereelde kontak met die mense waar julle gaan uitreik het – bel of gaan kuier indien moontlik  Begin droom oor die volgende Jeugweek

8

4. HOE LYK ‘N VCSV SKOLE JEUGWEEK IN ONS DORP? Die idée is dat skole tydens skooltyd hul eie ding in hul skole doen, maar in die aande as verskillende skole saamkom en iets spesiaals doen. Wie is die persone wat saam dink en droom oor so ‘n week in ‘n dorp/stad? Dit moet mense wees wat regtig ‘n hart het vir ons Jeug en wat kan saam droom om skole en kerke bymekaar te bring. Sulke mense is VCSV onderwysers in skole, dominees, pastore, jeugwerkers en mense wat deel wil wees. Baie belangrik:  Kies ‘n dorpskomitee/droom-span sou gou as moontlik  Uit die dorpskomitee/droom-span word ‘n voorsitter gekies  Besluit wat julle wil bereik met so ‘n Jeugweek – bid saam en vra vir God wat Sy droom is vir die Jeugweek  Doen ‘n werksverdeling onder die lede en sorg dat almal weet wat hul verantwoordelikhede is  Kom gereeld bymekaar om te bepaal hoe ver julle met die reëlings is 1. Wat moet vooraf gebeur?  Besluit op ‘n plek waar dit gehou gaan word en ook ‘n tyd wat almal gaan pas  Reël met Skoolhoofde en Koshuis-ouers dat kinders die Jeugweek kan bywoon in die aand  Besluit op ‘n program vir elke aand  Besluit wie die mense is wat julle gaan kry as sprekers, ‘n band, intersessors, beraders ens  Stel ‘n begroting op om te kyk wat die kostes gaan wees  Vra vir borge by kerke, besighede ens  Reël vir verblyf, kos ens vir spreker/s, ‘n band ens  Besluit hoe die geleentheid bemark gaan word en doen dan die bemarking soos besluit word  Reël vir vervoer vir kinders wat dit nodig het  Kry mense wat begin bid vir die Jeugweek en stuur gebedsversoeke uit na hulle

9

 Reël vir klank, dataprojektor indien nodig en ook persoon wat kan foto’s neem 2. Wat gebeur tydens die Jeugweek?  Motiveer die kinders om die Jeugweek by te woon  Sorg dat die saal betyds oopgesluit word en dat almal weet hoe werk als in die saal  Sorg dat die saal weer toegesluit word  Bid vooraf saam met die spreker/s, die band en mense wat help  Sorg dat kinders gaan haal word en terug gevat word indien nodig  Sorg dat beraders beskikbaar is en kinders kan weet hulle kan enige tyd met hulle gesels  Sorg vir ‘n plek waar berading gedoen kan word indien nodig  Sorg dat spreker/s, die band en mense wat help gelukkig is en lekker bly  Gebruik die geleentheid om kinders te bedien en na kinders se harte te luister  Bedank almal aan die einde van die week en gee ‘n kaartjie/geskenkie en betaal mense indien nodig 3. Wat gebeur na die Jeugweek?  Vra terugvoering van die kinders – en gebruik terugvoer om te verbeter op ‘n volgende Jeugweek  Gaan bedank die Skoolhoofde spesiaal en gee terugvoer ook aan hulle  Sorg dat kinders wat opgevolg moet word, die nodige hulp kry  Kontak op Facebook gaan voort – begin dalk om ‘n versie ‘n week op te sit of om onderwerpe te bespreek ens  Gee goeie terugvoer aan bidders – deel die stories  Stuur bedankingsbriewe/kaartjies aan borge  Begin droom oor die volgende Jeugweek

10

5. HOE WORD SO ‘N JEUGWEEK BEMARK? Ons weet dat wanneer ons iets wil sien werk, dit baie goed bemark moet word. Hier is ‘n paar voorbeelde van maniere/plekke waar ons die Jeugweke kan bemark:                              

Facebook Media Ballonne met boodskappe in Plakkate op mure in dorp sit BC-MESSAGE BBM Mxit Koerante Pamflette Afkondigings Eposse Bulk sms’e Kennisgewingbord Mondelings Plaaslike Radiostasies Diensjaarspan wat by skole praat en pamflette uitdeel Kringleiers besoek ander skole, vertel en deel pamflette uit Internet Maak ‘n groot bohaai (WORD NUUS) Brosjures Videoclips op fone Baniere Twitter Hemde met advertensies Kompetisies vir gratis kaartjies Kerke se nuusbriewe Powerpoint – CD-formaat vir alle skole Skole se nuusbriewe/skoolkoerant WhatsApp Briefies in posbusse Skool webblaaie

11

6. WAT GEBEUR NA SO ‘N JEUGWEEK? Dis so maklik om kinders opgewonde te maak met so ‘n week – en dan die realiteite van alles keer terug na normal die volgende week. Daarom is dit vir ons so belangrik om deurlopend na die kinders te kyk en opvolg werk te doen. Hoe kyk jy na die kinders na so ‘n week? Praat gereeld met die kinders en verwys na die Jeugweek en wat daar gebeur het. Daag die kinders uit om die verskil wat Jesus in hulle lewens gemaak het, te begin lewe elke dag. Volg kinders op deur sosiale netwerke soos Facebook, Twitter, WhatsApp en BBM Motiveer die kinders om VCSV by te woon. Laat die kinders saam dink en droom aan iets wat volgende kan gebeur in die skool. Skep meer geleenthede waar kinders hul harte met mekaar kan deel en vir mekaar kan bid. Vra die “Mammas wat omgee” om te bid vir spesifieke kinders indien dit nodig is.

12

7. IDEES VIR ‘N JEUGWEEK Die volgende idees is self deur kinders op ‘n werkswinkel uitgedink en neergeskryf. Dalk kan dit jou help met ‘n paar idees.

Wat kan in die oggend gebeur: Saalopening Gebed vir week Alleentyd met Jesus Skryf briefies aan bejaardes Belydenis as saalperiode Jeugspreker Pouses: Christelike musiek Trek volgens tema aan en betaal vir fondsinsameling Kinders bid vir onnies en was hul voete Muntlegging Gebedskring om skool Getuienisse van vorige dag Ketting-gebed Elke klas kry daagliks geestelike periode Evangelisasie Pamflette uitdeel Gee/verkoop bandjies/klokkies/strikkies Gee vir elkeen ‘n kaartjie met Skrif daarop Mekaar se voete was Sit pouse saam met iemand anders as vriende Skool lvas (snoepie vas ook; geld: donasies) Bybelvasvra Toegang: speelding, klere, skoene, toiletware, beddegoed, lekkers Pouses: gebedstyd vir aktiwiteite Sop en brood vir honger kinders Gee jou broodjie vir ‘n honger maatjie

13

Wat kan in die middag gebeur: Fondsinsameling vooraf (koekverkoping, motors was, skenkings/borge) vir: Verskeie uitreike/Local challenges Bybels uitdeel Komberse, klere ens uitdeel Kuier by kankerpasiënte (blomme)/kinderhuis (springkastele) Leiers skryf verslag oor week Was en oppas van motors Sing by ouetehuis Watersport Eierprojek en blikkieskos – huis-tot-huisinsameling Kenmekaar Gebedsboks Kuier “Paintball” Vas vir land Opruimaksie Maak baniere en marsjeer in strate Bid met span voor buitemuurse aktiwiteite begin Doen iets vir onderwysers Fietsry vir Christus Werkswinkels bv. Kitaar Speletjies met ‘n les Avontuurdag Boeresport Talentkompetisie Haal aborsieplakkate van lamppale af Hospitaalbesoek by kinders – speel met hulle en gee geskenke Gooi klippies (problem) in die dam Skryf op klippies boodskappe bv. “Jesus is my rots”

14

Wat kan in die aande gebeur: Deurnag “worship” & “band” Briefies aan bejaardes by ouetehuis B²-aand (Bybel & braai) Speletjies Koekverkoping Fliek & springmielie-aand Drama van getuienis Motiveringsvideo Uitreik na skole wat nie VCSV takke het nie Donasie-ete Bybelvasvra Selgroep/vrae beantwoord aande Almal bid met ‘n kersie op die hokkieveld Deurnag bid DVD-aand Petrus-kerk (vervolgde kerk) – “scary” kerk (Dink hulle bedoel “Romans & Christians”) Saal vol ballonne met teksverse Om die Bybel te bestudeer oor 2 aande bv. Kruis brand Salf mense Gesinspiekniek Kuier om vuur Klein papiertjies met inspirerende boodskappies uitdeel in mall, onder ruitveërs, ens. “Chinese lights”: skryf problem en laat dit wegvlieg (“girls’ night”) Boodskappe in ballonne “Funny dress worship evening” Kamp met stokbrood, malvalekkers en kondensmelk “Battle of the Bands” (elke groep tree ‘n halfuur lank op) “Prayer walk” in dorpsverband

15

Ander idees: Waardes toepassing week Dra heelweek wit as simbool vir reinheid Vraelyste/getuienisblaaie laat invul en ‘n boek daarvan saamstel Voorgestelde temas: Unashamed of the Gospel, Vertroue in God en mense, Passion: God, mense, ens. Deur die dag: spokies Herwinning: versamel bottles, glas, ens. Elke periode ‘n versie oor die intercom Vas van selfone vir 24 uur om op God te kan fokus

16

8. VIR MEER INLIGTING Indien jy meer inligting nodig het, kan jy enige tyd met die VCSV personeellid in jou Provinsie skakel. Kontakbesonderhede van die VCSV Personeellid in jou Provinsie: Lulu van der Berg Selnommer: 082 9594 547 Epos: [email protected] of [email protected] Webwerf: www.vcsv.co.za