Die tweekleurige stermotief op Europese en Kaapse meubels

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 1994 8(2) 89 Die tweekleurige stermotief op Europese en Kaapse meubels Magda Olivier Reproduced by ...
Author: Audrey Quinn
20 downloads 2 Views 2MB Size
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 1994 8(2)

89

Die tweekleurige stermotief op Europese en Kaapse meubels Magda Olivier

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

Suid-Afrikaanse Kultuurhistoriese Museum, Posbus 645, Kaapstad, 8000 Republiek van Suid-Afrika

The two-colour star motif on European and Cape furniture_ The popular black and white star inlay motif was popular on town furni'ture at the Cape in the 18th and 19th centuries. The oldest furniture ornamented with the two-colour star dates from late 16th century England, from where the motif spread to western and central Europe, reaching the USA and the Cape in the 18th century. The twocolour star was, however, much more popular in the country districts, where the first examples were encountered in Schleswig towards the end of the 17th century. In the 18th and 19th centuries the two-colour star appears most frequently in the north-western German regions of Niedersachsen and Nordrhein-Westfalen, followed by the province of Lorraine in the east of France. This particular star displays differences in various periods and regions. The twocolour star was probably the most popular inlay motif ever at the Cape. The form and variants of Cape stars correspond largely with those found on European furniture, although a few differences do occur. A variation favoured at the Cape is a star of which the points are further subdivided along the width into smaller black and white sections. Decorative framing such as banding or fan inlay on the comers was mostly applied to rural furniture. As in Europe, Cape furniture-makers applied the star mainly to storage furniture, notably on the cameos of the X-stretchers of cabinets and Bible desks. Stars applied as panel decorations were preferred in the country districts. Country furniture also displays a wider variety of fumiture decorated with the motif, e.g. wagon boxes, built-in cupboards, a chest of drawers, a wash-stand and a settee. Available information presents an incomplete distribution pattern, e.g. the absence of the star ornament on Dutch furniture after the Queen Anne period, on early German furniture (excepting in rural areas), on French fumiture (excepting in Lorraine) and on Belgian furniture. It is argued that the two-colour star probably reached the Cape via Germany, a strong centre of influence on our folk art and from where many Cape craftsmen originated. Recent research has indicated terminology such as "two-colour" and "multi-coloured" star as well as "windrose" (syn. compass rose) for the motif, which has otherwise always been described as a star. Evidence suggests that the users of the motif regarded it as nothing more than a variation of a star. It is therefore recommended that the name "star" be retained, and a "two-colour star" when distinguished from other variants of the ornament.

Die tweekleurige stermotief op Europese en KBBpse meube/s. Die swart en wit stermotif was 'n gewilde inlegwerkmotief op agtiende en negentiende eeuse Europese en Kaapse meubels. Die oudste meubels wat met tweekleurige sterre versier is, dateer uit die laat sestiende eeu in Engeland, vanwaar die morief na wes- en sentraal-Europa versprei het en die VSA en die Kaap teen die agtiende eeu bereik het. Die tweekleurige ster was egter meer gewild in die plattelandse distrikte waar die eerste voorbeelde in Schleswig teen die einde van die sewentiende eeu aangetref is. Gedurende die agtiende en negentiende eeue kom die tweekleurige ster dikwels in die noord-westelike Duitse streke van Niedersachsen en NordrheinWestfalen, gevolg deur die provinsie Lorraine in die ooste van Frankryk. Hierdie besondere ster vertoon verskille in verskillende periodes en streke. Die tweekleurige ster was moontlik die mees gewilde inlegwerkmotief aan die Kaap. Alhoewel 'n paar verskille voorkom, is die vorm en variante van Kaapse sterre soortgelyk aan die wat by Europese meubels aangetref word. 'n Gewilde variasie aan die Kaap was 'n ster met punte wat verder langs die wydte in kleiner swart en wit dele verdeel. Versierings soos omramings of waaierinlegwerk op die hoeke is die meeste gevind by plattelandse meubels. Soos in Europa het Kaapse meubelmakers die ster hoofsaaklik gebruik by bergmeubels, veral op die kamees van kruisspanrame van kabinette en Bybellessenaars. Sterre as paneelversierings het in die plattelandse geblede voorkeur geniet. Plattelandse meubels vertoon ook 'n groter variasie van meubels met die motief, soos byvoorbeeld wakiste, ingeboude kaste, laaikaste, wastafels en rusbanke. Beskikbare inligting dui op 'n onvolledige verspreidingspatroon, soos byvoorbeeld die afwesigheid van die sterversiering op Hol/andse meubels na die Queen Anne-periode, op vroeiJ Duitse meubels (behalwe in Lorraine) en op Belgiese meube/s. Die tweek/eurster het vermoedelik die Kaap via Duitsland bereik, wat 'n sterk invloed op ons volkskuns gehad het en vanwaar baie Kaapse ambagsmanne gekom het. Onlangse navorsing het terminologie soos "tweekleur" en "veelkleurige" ster, asook "windroos" vir die motief geldentifiseer, wat andersins altyd as 'n ster beskryf is. Daar is geen aanduiding dat die gebruikers die tweekleurige ster as iets anders as 'n variasie van 'n ster gesien is nie, Daar word daarom aanbeveel dat die naam Oster· behou word, en "tweekleurster· wanneer dit onderskei word van ander versieringsvariante,

lnleiding Die tweekleurige ster van ebbehout en ivoor, of nabootsings van die materiale, was 'n gewilde inlegwerkmotief op DudKaapse meubels. Die navorsing vir hierdie artikel handel oor, eerstens die oorsprong. verspreiding en aanwending van hierdie versieringsmotief in Europa, tweedens die aanwending van die motief aan die Kaap en derdens 'n gepaste benaming vir die motief. Die motief word feitlik in sowel Europese as Kaapse vakliteratuur 'n ster genoem. Enkele resente navorsers in die Duitssprekende wereld het pogings aangewend am hierdie motief van ander vertolkings van sterre te onderskei: Heinemeyer & Ottenjann gebruik die benamings "twee- en meerkleurige ster" (zweifarbige/mehrfabige Stern) 1 en Nemec "wielster" (Radstern).2 In die laaste jare doseer die Departement van Afrikaanse Kultuurgeskiedenis, Universiteit van Stellenbosch, die term "windroos· (sin. kompasroos) vir

die motief. Daar word aanbeveeI dat volstaan word met die term "stermotief" en ter onderskeiding van ander stermotiewe, "tweekleurige stermotief" omdat geen simboliese waarde of 'n verbintenis met die windroos by die gebruikers van die motief teegekom is nie. Sterre anders as die tweekleurige tipe, word hier as "gewone sterre" beskryf. Anders as die blote noem van die gebruik of bestaan van die tweekleurige stermotief, is, sover bekend, nag geen navorsing oar die motief gedoen nie. Die navorsing is gevolglik in die geheel op die ontleding van oorspronklike meubels of ander artefakte waarop die motief verskyn, gebaseer. Die Europese en Amerikaanse geskiedenis van die stermotief is uit gepubliseerde foto's van meubels saamgestel. Beide oorspronklike meubels en gepubliseerde afbeeldings van meubels is in die afdeling oor Kaapse meubels bestudeer.

90

South African Journal of Cultural History 1994 8(2)

Die motief

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

Die tweekleurige ster kom op Europese en Kaapse meubels voor as 'n ster met gewoorilik vier of agt spiesvormige punte wat van 'n middelpunt uitstraal (Figure 1-2). Die punte van die ster word in die lengte in twee helftes verdeel en elke helfte met alternatiewelik 'n ligte en donker kleur beskilder. Die algemeenste manier is egter om die helftes van die punte met 'n blokkie donker en 'n blokkie ligte hout (of ivoor) op die meubelstuk in te Ie. Sowel die enkele snywerksterre as sterre waarvan 'n hele punt alternatiewelik in verskillende kleure aangebring is, is in hierdie studie buite rekening gelaat. 'n Groot aantal variasies van die basiese motief is moontlik. Voorbeelde hiervan is die aantal punte waaruit die ster bestaan (Figuur 3), wisselende lengtes van die punte (Figuur 4), die rangskikking van die punte in lae oormekaar om 'n dubbele ster te vorm (Babiloniese ster) (Figuur 5), en allerhande soorte omlynings om die motief (Figuur 3). By gesofistikeerder aanwendings van die motief is die punte verder in die dwarste in twee, drie of vier verdeel, weer met die ligte en donker gedeeltes alternatiewelik langs, bo en onder mekaar (Figure 2 en 6). Die dekoratiewe veld kan ook uitgebrei word deur die middelpunt te vergroot en verder onder te verdeel of versier (Figure 6 en 7f). Die naasmekaarstel van lig en donker skep die indruk van beweging; trouens, waar die motief meer as vier punte het, Iyk dit soos 'n tollende ster en waar dit in 'n sirkel geplaas is, na 'n draaiende wiel.

Flguur 1 Vierpuntige ster op die deur van In Kaapse plattelandse kassie. Na: M. Baraitser & A. Obholzer, 1978, Fig. 1053. Tekenlng: Christina de Vries

Sterre, wind- en kompasrose (a) Sterre Die stermotief soos dit hierbo beskryf is, is 'n geometriese motief, en meer spesifiek 'n sirkelmotief. 'n Passer of liniaal word gebruik om reelmatige verdelings en onderverdelings van 'n sirkel te teken (Figure 7a-f). 'n Gelyke of ongelyke aantal punte wat met ewewydige afstande van 'n sentrale middelpunt uitstraal, word verkry deur die verskillende punte in die sirkel met mekaar te verbind. Die variasies wat verkry kan word, maak dit uitnemend geskik as versieringsmotief. Ander bekende ornamente wat op reelmatige verdelings van 'n sirkel berus, is die sirkelblom, werwelfiguur, kommakruis, roset en swastika. 3 Omdat die ster 'n hemelliggaam is, word simboliese en veral religieuse waarde, wat van kultuur tot kultuur kan verskil, reeds van oudsher af aan voorstellings daarvan geheg. So word die vyfpuntige ster of pentagram (Figuur 7a) as die ou Keltiese simbool van heksery en towery gesien. Die sespuntige ster (Figuur 7b), oorspronklik 'n Islamitiese simbool, maar tans meer bekend as die Ster van Dawid, word op sy beurt as simbool van die Jodedom beskou. Simboliese inhoude word veral in die heraldiek aan sterre geheg, byvoorbeeld die vierpuntige ster wat aan die Orde van die Kousband verbind word. 4 Sterre met simboliese betekenisse kom ook op die landsvlae van verskeie nasies v~~r.

In die westerse wereld, en ook aan die Kaap, is die gebruik van sterornamente meestal ter versiering van gebruiksvoorwerpe van plattelandse of volksoorsprong gebruik. Vir spesifiek die Europese meubelkuns is gewone sterre, dit wi! sa ander sterre as die tweekleurige ster (Figure

Flguur 2 Agtpuntige ster op die kamee van 'n Kaapse kabinet. S.A. Kultuurhistoriese Museum, nr 168. Tekenlng: Christina de Vries

8 en 9). egter nie uitsluitlik tot die platteland beperk nie en kom voorbeelde van tyd tot tyd in die patrisiermeubelkuns voor. Sterre is byvoorbeeld in die 16de en 17de eeu op Engelse eikehoutkaste en -kiste ingele,S metaalsterre op die Regency-meubels van Thomas Hope en T.S. Smith aangebring,S en Intarsiasterre is vroeg in die 19de eeu op Duitse

Suid~Afrikaanse Tydskrif vir Kulruurgeskiedenis 1994 8(2}

-' •• ..,," .

91

..•..

• •••• ,#Jt

-... ... "-... -.... II,••••• .-.... "..

-;.

..

~

~

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

Figuur 3 Sespuntige ster op die deur van 'n Franse klerekas. Na: J. Choux, 1973, Fig. 188. Tekenlng: Christina de Vries

Flguur 5 Dubbele ster op 'n binnedeur in Duitsland, ca. 1720. Na: E. Schlee, 1978, Fig. 35. Tekening: Peter Laponder

Figuur 6 Agtpuntige ster op die skryfblad van 'n Kaapse Bybellessenaar. Na: M. Baraitser & A. Obholzer, 1978, Fig.514. Tekening: Christina de Vries

Figuur 4 Vierpuntige ster op die deur van 'n Duitse klerekas. Na: E. Heinemeyer & H. Ottenjann, 1974, Fig. 284. Tekening: Christina de Vries

Westerse volksversieringsmotiewe soos sterre het teen die middel van die 18de eeu hulle godsdienstige en simboliese waarde begin verloor. Faktore wat van toe at die keuse van

South African Journal of Cultural History 19948(2)

92

10

7d

1b

7e

7c

7f

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

Figuur 7 Verskillende sterre soos verkry deur onderverdelings van 'n sirkel. Na: F.S. Meyer, 1957, Fig. 8. Tekenlng: Christina de Vries sterornamenle be"invloed het, is die dekoratiewe waarde, moeilikheidsgraad en beskikbare gereedskap.8 (b) Wind rose 'n Windroos is ook 'n stermotief, maar het 'n gans ander ontstaansgeskiedenis en simboliese waarde as gewone ster-

Flguur 8 Sterinlegwerk op die deur van 'n Overbergse kassie. Na: M. Baraitser & A. Obholzer, 1978, Fig. 872. Tekening: Christina de Vries

ornamente. Die windroos is naamlik 'n geografiese simbool wat op land- en seekaarte aangebring word om die wind riglings aan te dui en wat vandag universeel as simbool van rigting gebruik word. Die ontstaansgeskiedenis van die windroos dateer terug

Flguur 9 'n Ster op die deur van 'n Kaapse jonkmanskas. William Fehr-versameling, nr E83. Tekening: Christina de Vries

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir KullUurgeskiedenis 1994 8(2)

93

na die 13de eeu toe begin is om die seekaarte (It. portoIan os), van die Middellandse See te oortrek met 'n netwerk van gekleurde Iyne wat die rigtings van die heersende winde aangedui het. Die ontstaans- of middelpunte van hierdie rigtinglyne, wat bekend staan as loksodromiese of kompaslyne, kom op verskillende plekke op 'n kaart v~~r, en dit is hierdie punte wat sedert die 14de eeu met stervormige wind rose versier is (Figuur 10; kyk ook Voorblad).9

f

Figuur 11 Sweedse kompas gemaak deur Christian Beckman,

r

laat-18de eeu. Genadendalse Sendingmuseum. Foto: Pam Warne

~.

I"

'* I

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

r .

I

,

',jt,o: _,

[STREIT.)

r I

[



J I.

Figuur 10 Reproduksie van 'n Portugese kaart, ca. 1560, Portugaliae Monumenta Cartographica (Lisbona, 1987), PI. 227

(SAKHM nr 88/259).

mee seevaarders reeds bekend was. Soos navigasiekaarte, is kompaskaarte vroeer met die hand geteken en ingekleur. Van die 17de eeu af is kompaskaarte gegraveer en gedruk. Pragtig versierde kompasrose het in die eeu voorgekom, op baie hiervan is die punte in ligte en donker helftes verdeel.'2 Akkurate voorstellings van kompasrose word as versieringsmotiewe in die seemanskuns van die 19de eeu aangetref. Twee voorbeelde hiervan is 'n tekening van 'n kompasroos met 32 punte en 'n gegradeerde rand wat in 1809 deur 'n Franse seevaarder in 'n navigasiedagboek geteken is '3 en 'n Duitse rusbank waar 'n kompasroos saam met ander seemansmotiewe op die rug van die bank geskilder is.'4

Foto: Pam Warne

Die punte van die ontwikkelde windroos soos ons dit tans ken, dui gewoonlik tot 32 windrigtings aan. Die Noordpunt word tradisioneel met 'n fleur-de-lis-motief en die oospunt met 'n kruis, versier.'o Afgesien van die praktiese waarde daarvan, het die wind rose op die ou handgetekende, asook die latere gedrukte seekaarte met handgekleurde rose, spoedig 'n integrerende deel van die versiering van 'n kaart geword. 'n Groot aantal variasies kom by hierdie windrose voor, waarvan baie ooreenstem met die tweekleurige stermotief wat later op meubels aangebring is. Voorbeelde hiervan is rose waarvan die punte in ligte en donker helftes verdeel is, dubbele sterre en rose waarvan die sentrale as vergroot en verder onderverdeel is." (c) Kompaskaarte Die kompasroos of -kaart (Figuur 11) is die ronde skyf wat deel vorm van die magnetiese kompas wat laat in die 14de eeu in gebruik gekom het. Die kompaskaart met 'n gegradeerde rand is gegrond op die windroos en -rigtings waar-

Tweekleurige sterre in Europa (a) Aigemeen Die tweekleurige ster is by uitstek 'n meubelversiering wat net sporadies op ander gebruiksartikels voorkom. Op 'n Duitse bruidsbrief van papierknipwerk met waterverfversiering wat in 1796 in Sleeswyk-Holstein gemaak is, vorm 'n tweekleurige ster met sestien punte die sentrale motief,'S terwyl 'n beskilderde wasgoedklopper wat in 1871 in die Schwalmgebied gemaak is, met 'n sespuntige ster met 'n dekoratiewe middelpunt versier is. 16 In die 19de eeu is die motief ook gebruik op 'n Switserse winkeluithangbord en sakke met handelsembleme bedruk is.17 (b) Patrisiermeubels (48 voorbeelde) Engelse meubelmakers van die tweede helfte van die 16de eeu skyn die eerste te gewees het om die tweekleurige ster as meubelversiering aan te wend. 'n Voorbeeld hiervan is 'n eikehoutkassie in die Laat-Tudorstyl waar 'n ster op elk van die twee deurpanele ingele is.la Op 'n skryfkissie met die sogenaamde Nonsuch-tipe inlegwerk, is die motief minder

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

94

prominent op die sye en ook half onvanpas tussen die argitektoniese inlegwerk aangebring. 19 Bykans 'n eeu later, in die derde kwart van die 17de eeu, verskyn die motief weer op Engelse barokmeubels, en wei as marketterieversiering. Ditwas egternie soseer meubels nie,20 maar die kaste van die hoe staanhorlosies 21 wat in die tyd met die motief versier is. Die sterre is prominent op die voorkante van die horlosiekaste ingele, hetsy aileen of tussen ander motiewe soos rondele en waaierinlegwerk (vgl. Figuur 13). Die inlegwerk is in donker ebbe- en ligter boogen hulshout (Eng. horn wood en holly) op 'n agtergrond van okkerneut- of laburnumfineer aangebring. Teen die einde van die 17de eeu word die tweekleurige ster in Holland aangetref. Ook hier was dit meestal horlosiekaste uit die laaste vyftien jaar van die eeu wat met die tweekleurige ster versier is. Anders as in Engeland, was dit nie die voorkante van staanklokke nie, maar die binnekante van die kaste van barok-rakhorlosies wat met 'n verskeidenheid sterre en tweekleurige sterre as enkelmotief ingele is.22 Op Hollandse meubels is die motief nie soos in Engeland prominent as enkelversiering gebruik nie, maar as dee I van die sogenaamde sterinlegwerk tussen ander sterre, sirkels, harte en geometriese motiewe op 'n basis van okkerneutfineer ingele. Voorbeelde van hierdie besondere tipe marketteriewerk, bekend as sterinlegwerk, is 'n tafeltjie 23 en twee tweedeurkaste.24 Die motiewe is met donker houte soos ebbe-, roos- of amboinafineer ingele, terwyl ivoor, been, ot satynhoutfineer vir ligter gedeeltes gebruik is. Meubelmakers het in die tyd reeds verskillende variasies van die tweekleurster gebruik, veral die tipe waarvan die middelpunt vergroot en verder in ligte en donker blokkies onderverdeel word 'n tipe wat later aan die Kaap gewild sou word (vgl. Figuur 6). Van ongeveer 1700 kom marketteriesterre van ebbe-, hulshout en bukshout (Eng. boxwood) in 'n subtieler gedaante en as enkelversiering op Engelse dubbelhoogte laaikaste en skryfkabinette van okkerneutfineer v~~r. Waar die motiet op die gewelvelde en/of nisse op die onderste laai van Engelse dubbelhoogte skrytkabinette in die Queen Anneen George I-style ingele is, is dit 'n halwe ster wat aan die straalson herinner?5 'n Vollediger ster is egter op die binnekant van die blad van 'n kaarttafeltjie,26 asook op elk van die twee deure van 'n minder gesofistikeerde eikehoutbuffet, aangebring .27 In Holland word die motief op die skuins skryfblad van 'n skryfkabinet van ca. 1700 aangetref. 28 Geen verdere Hollandse meubels met die motief op is teegekom nie. Tweekleurige sterre word vroeg in die 18de eeu in lerland, Swede en Denemarke aangetref, almal lande wat in die tyd deur Engelse meubelstyle beTnvloed is.29 Gedurende die res van die 18de eeu het die ster verder oor Europa, asook na die VSA en die Kaap versprei. Barok- en rococo-styl marketteriemeubels met sterinlegwerk kom in die tweede helfte van die 18de eeu in beperkte hoeveelhede in Duitsland,30 Belgie (Luik),31 Italie (Piedmont) ,32 en Suid-Pol913 v~~r. 'n Portugese skryfkassie in die neoklassieke styl is teen die einde van die 18de eeu met 'n tweekleurige ster versier. 34 In Engeland word die tweekleurige ster na die George 1tydperk eers weer teen die einde van die 18de eeu op klein meubels in die Sheraton-styl, te wete messegoedkissies en 'n skinkbord aangetref. 36

South African Journaf of Cultural History 19948(2)

'n Queen Anne-Iessenaar 37 en 'n vroeg-19de-eeuse staanhorlosie 38 met die motief op is in die Amerikaanse meubelkuns teegekom. Op feitlik al hierdie 18de-eeuse meubels is die ster as sentrale motief op panele ingele, meestal op kasdeure en die afklapskryfblaaie van skryfmeubels. Ander gebruike is op die blaaie van klein tafeltjies,39 die sye van 'n laaikas. 40 die binnekante van kabinetdeure,41 en op die gewelveld van 'n massiewe skryfkabinet in Luik.42 Otskoon bogenoemde meubels uiteraard streekverskille openbaar, kan daar geen besondere streekseie vertolkings van die stermotief waargeneem word nie. Talle variasies van die tweekleurige stermotief kom op hierdie meubels v~~r, waarvan feitlik almal aan die Kaap ook voorgekom het. Voorbeelde hiervan is die aantal punte waaruit die ster bestaan, wat wissel van vier tot 32 (in Luik),43 die lengtes van die punte (met verlengde Noord- en Suidpunte) en agthoekige en sirkelomramings. Die tweekleurige ster met 'n vergrote middelpunt het na die Queen Anne-tydperk van die toneel verdwyn. Die uitgebreide lektuur oor Franse hoogkultuurmeubels het geen voorbeelde van meubels met tweekleurige sterornamente opgelewer nie. Dit is onverklaarbaar aangesien heelwat aandag aan die motief (wat 'n ster genoem word) in M. Roubo se handleidings vir meubelmakers geskenk word. 44 Die tweekleurige ster het wei as inlegwerk in die plattelandse meubelkuns van die provinsie Lotharingen voorgekom (kyk plattelandse meubels). Genoemde voorbeelde van meubels met tweekleurige sterinlegwerk, verteenwoordig net 'n minimale deel van die enorme produksie van die Europese en veral die Engelse meubelmakers van die 18de eeu. Dit is dus duidelik dat die motief slegs beperkte gewildheid in patrisiergeledere geniet het. (c) Plattelandse meubels (72 voorbeelde) Veel meer meubels met tweekleurige sterre word in die Europese plattelandse meubelkuns aangetref. Die plattelandse aanwending van die motief is tot 'n kleiner geografiese gebied in sentraal-Europa beperk, met die digste verspreiding in die noordwestelike dele van Duitsland, te wete die gebiede Benede-Sakse en Noord-Rynland-Wesfale. Tweekleurige sterinlegwerk kom ook algemeen in die meubelkuns van die provinsie Lotharingen in die ooste van Frankryk voor, en in 'n geringe mate in Switserland, Oostenryk en Hongarye. Daar kon geen verklaring gevind word vir die feit dat met die uitsondering van 'n eikehoutklerekas 45 en die eikehoutkaste van enkele 18de-eeuse staanhorlosies,46 geen verdere voorbeelde van die motief op die Englse platteland gevind is nie. Die Nederlandse platte land het eweneens niks opgelewer nie, wat veral vreemd is as die geografiese nabyheid aan die Quitse gebied van voorkoms in aanmerking geneem word. Die vroegste bekende voorbeelde van sterinlegwerk op die Europese platteland kom op 17de-eeuse binnenshuise houtwerk in Sleeswyk in die noorde van Duitsland v~~r, naamlik op twee deure wat in 1637 en 1669 gemaak is.47 Afgesien van 'n Switserse bedstede van 1715,48 kom die ander meubels wat in die laat-17de en vroeg-18de eeu met hierdie sterre versier is, almal uit Benede-Sakse en NoordRynland-Wesfale, waar die pane Ie van kiste, kaste en buf-

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 1994 8(2)

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

fette met die motief ingele is.48 Die hoogtepunt van die ster se gewildheid op die Europese platteland was in die tweede helfte van die 18de eeu, hoewel voorbeelde van die motief nog tot ongeveer die middel van die 19de eeu aangetref word. In die Duitssprekende gebiede kom tweekleurige sterre behalwe in die noordwestelike dele van Duitsland, ook sporadies so ver as die Rhongebergte in die weste en Holstein in die noorde voor,50 asook in Oostenryk,51 SWitserland,52 en Hongarye. 53 Heelwat meubels is in die Franse provinsie Lotharingen met die motief versier. 54 Soortgelyk aan die patrisiermeubelkuns, was die gewildste meubeltipes waarop die ster in al hierdie gebiede aangebring is, bergmeubels soos kiste, buffette, skryfkabinette en kaste en soms die blaaie en skorte van klein tafeltjies. Benewens genoemde meubels, word die motief ook in enkele gevalle op beddens 55 aangetref. Hoewel plattelanders ook die tweekleurige ster by uitstek as paneelversiering gebruik het, is die motief soms ook vir die versiering van meubelonderdele soos die style, relings en skorte van kaste aangewend. 58 'n Dubbelhoogte glaskabinet uit Cronenburg (ca. 1760) is op beide die onderste deure en die gewelveld met ingelegde sterre versier. 57 Ofskoon meubels met beskilderde tweekleurige sterornamente (gewoonlik in rooi en wit) in die Duitssprekende lande voorkom,58 was inlegwerk die algemeenste medium waarin die motief op Europese plattelandse meubels aangebring is. In Lotharingen is byvoorbeeld net inlegwerk vir die aanwending van die motief gebruik. Verskeie variasies kom onder die Europese plattelandse voorstellings van die sterre voor; genoeg voorbeelde van spesifieke tipes is nie teegekom om dit as streekeie te klassifiseer nie. In Duitsland en die aangrensende Lotharingen was sespuntige sterre byvoorbeeld die gewildste (Figuur 3), hoewel vier of agt punte ook in Duitsland en sterre met vyf punte in Lotharingen voorgekom het. Ander Duitse variasies sluit die volgende in: dekoratiewe omramings soos die towerknoop 59 en bandomwerk van ligte en donker blokkies hout,60 'n vergrote en versierde sentrale as,61 verlengde noord- en suidpunte 62 en die dubbele ster. 63 In Lotharingen is bandomwerk en sirkelomramings graag om tweekleurige sterre aangebring (Figuur 3).64 Eie aan die plattelandse meubelkuns, is die meubels waarop die stermotiewe aangebring is, van soliede hout, gewoonlik eikehout, gemaak. In Duitsland is houte so os vrugte-, esdoring-, en mahoniehout vir inlegwerk gebruik.65 In Pennsilvanie in die VSA, waar die tweekleurige ster 'n gewilde versieringsmotief op skure was, is die motief egter net sporadies in die beskilderde meubelkuns van die Duitsers in hierdie gebied gebruik.66 Die motief is ook deur die Mennoniete na Amerika versprei. Die godsdienstige groep het oorspronklik van die Nederlande, Duitsland, Switserland, Frankryk en Italie na Pole en uiteindelik in die 19de eeu na Amerika migreer. 67 Kaapse meubels (72 voorbeelde)

Gewone sterre is as versieringsmotief in die Kaapse patrisierargitektuur gebruik, maar in die meubelkuns is dit hoofsaaklik tot die platteland beperk (Figure 9_10).68 Die tweekleurige ster daarenteen, kom oor die bree spektrum van die Kaapse meubelkuns voor en was een van die inleg-

95

werkmotiewe, indien nie die gewildste nie, aan die Kaap. Soortgelyk aan Europa, is die tweekleurige ster aan die Kaap feitlik uitsluitlik as meubelornament gebruik. 'n Enkele bekende Suid-Afrikaanse voorbeeld van 'n tipe tweekleurige ster wat in die volkskuns aangewend is, kom in 'n vroeg19de-eeuse Kaapse liedereboek voor.69 Die Kaapse aanwending van die tweekleurige ster stem in 'n groot mate ooreen met die van Europa, naamlik die tydperk van voorkoms, die meubeltipes waarop sterre aangebring is, en die uitvoering van die motief. Waar verskille wei voorkom, het dit eerder met plaaslike meubeltipes, materiale en konstruksiemetodes as vertolking te make. Bestaande voorbeelde dui daarop dat die tweekleurige stermotief die Kaap na die middel van die 18de eeu bereik het. Die meubels waarop die motief voorkom, is in die drie heersende meubelstyle van die tyd gemaak, naamlik Barok, Rokoko (aan die Kaap meestal 'n oorgangstyl) en Neoklassiek. Kabinette en skryfmeubels wat breedweg uit die laaste kwart van die 18de eeu dateer, was die gewildste tipes patrisiermeubels wat met sodanige sterre versier is.70 Die enigste gedateerde meubelstuk waarop 'n tweekleurige ster verskyn, is 'n standerkabinet in die Koopmans-De Wet-versameling in Kaapstad. 71 Die datum 1766 is in die geval tussen die punte van die ster op die kamee in die middel van kruisspanraam ingele (Figuur 12a-b). Op die Kaapse platte land is die motief in die eerste helfte van die 19de eeu gebruik. 72 Die tweekleurige ster kom net as inlegwerk op Kaapse meubels v~~r. Die meubels is van soliede hout, gewoonlik stink- en geelhout, gemaak. Ander houte wat vir hierdie meubels gebruik is, is djati en op die platteland, sederhout en dennehout. Waar eksotiese houtsoorte soos amboina, kasuaris en satynhout vir panele gebruik is, is die inlegwerk gewoonlik elders op die meubelstuk aangebring, byvoorbeeld op die spanraam. Die sterre is met ebbe- of verswarte hout en ivoor of been ingele. Stink-, geel- en satynhout is in enkele gevalle vir die inlegwerk gebruik. Fineer is nie voor laat in die 18de eeu aan die Kaap gebruik nie, gevolglik sou geen vroee meubels met marketteriesterre hier gemaak gewees het nie. Daar kan slegs gespekuleer word oor die moontlikheid dat van die beskilderde meubels wat in ou Kaapse boedelinventarisse gelys word en waarvan geen voorbeelde meer bestaan nie, met beskilderde sterre versier kon gewees het. 73 Geen Kaapse binnenshuise houtwerk met tweekleurige sterinlegwerk op, is teegekom nie. 74 Soortgelyk aan Europa, was bergmeubels die gewildste meubelgroep waarop hierdie inlegwerk aangebring is. 'n Noemenswaardige verskil is dat verreweg die gewildste aanwending van die motief nie as paneelversiering was nie, maar as versiering van die kamee in die middel van die kruisspanrame soos die van verskeie tipes standerkabinette (Figuur 12a-b) en Bybellessenaars. Paneelversiering word op kas-, kabinet- en ingeboude kasdeure, tafelblaaie, wakiste, die afklapskryfblaaie van skryfkabinette en lessenaars, 'n enkele klein kissie (Figuur 13), twee laaikaste 75 en 'n wastafeltjie aangetref.76 Terwyl meubels met 'n ster op die kamee meestal tot die patrisiergroep behoort, is die met paneelversiering weer oorwegend plattelands. Paneelversiering kom ook op die voorkantel skorte van Bybeliessenaars en tafels v~~r. Plattelanders het voorts die ster op die gewelvelde van vrystaande kabinette en ingeboude kaste aangebring. 'n

96

Sourh African Journal of Culrural Hisrory 19948(2)

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

Figuur 13 Kaapse kissie met ster- en waaierinlegwerk, ca. 1725-1750. Groot Constantia-herehuis, Kaapstad. SA Kultuurhistoriese Museum, nr 5547. Foto: Pam Warne

Figuur 12a Standerkabinet, 1766. Koopmans-De Wet-huis, Kaapstad . SA Kultuurhistoriese Nuseum, nr 5547. Foto: Pam Warne

Kaapse sterre nie noodwendig met die noordpunt na bo geplaas is nie (Figuur 14) .79 Kapenaars was ook lief om die sentrale as te vergroot en verder onder te verdee!. lets wat nie dikwels in Europa voorkom nie, maar aan die Kaap gewild was , is sterre waarvan die punte nie net in die lengte in twee helftes (wit en swart) verdeel is nie, maar verder in die breedte in ligte en donker brokkies onderverdeel is (Figure 2 en 6). Op die meeste van hierdie meubels is die ster die enigste versiering op 'n paneel, kamee of gewelveld, Slegs enkele patrisiermeubels is verder versier , byvoorbeeld met waaierinlegwerk op die hoeke van 'n paneel (Figuur 13).80 Op die platteland kom bykomende versierings soos omramings meer dikwels v~~r. 'n Interessante groep meubels is kiste uit die Klein Karoo waar die sterre omraam is met bandomwerk van ligte en donker stukkies hout wat by die van die windrose 81 (Figure 14-15) aansluit. Die inlegwerk op hierdie kiste toon hoe die sterornament in sy mees vereenvoudigde gedaante

Figuur 14 Vierpuntige sterre met bandomwerk op 'n wakis uit die Klein Karoo . Na: M. Baraitser & A. Obholzer, 1978, Fig . 806. Tekening: Christina de Vries

Figuur 12b Detail van die kamee. Foto: Pam Warne

Enkele rusbank, afkomstig uit die Sandveld, se rugleuning is met die motief ingele. 77 Die Kaapse tweekleurige ster se voorkoms is op die Europese voorbeeld geskoei, hoewel enkele voorkeure voorkom. Aan die Kaap is sterre met punte in veelvoude van vier, veral vier en agt punte, verkies . Hoewel nie vee I gebruik nie, kom sterre met ses punte op beide stedelike en plattelandse meubels voor l8 Ander ooreenkomste met Europa is die dubbele of Babiloniese ster en verlengde noord- en suidpunte, hoewel

Figuur 15 Diamantvormige motief op 'n wakis uit die Klein Karoo . Na: M. Baraitser & A. Obholzer, 1978, Fig. 810. Tekening: Christina de Vries

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 1994 8(2)

Iyk - 'n blote diamantmotief (Figuur 15). Ongelukkig is nie al die Kaapse meubels met sterinlegwerk vandag bo verdenking nie. Dit is algemeen bekend dat versierde meubels, in die lig van die relatiewe eenvoud van Kaapse meubels, beter pryse behaal. Omdat inlegwerk, en veral 'n maklike motief soos die ster, so eenvoudig is om agterna op meubels aan te bring, bestaan daar twyfel oor die egtheid van sommige stukke wat in onlangse jare op die mark gekom het. Oorsprong

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

Hoewel nie met sekerheid vasgestel kon word van watter land af die tweekleurige stermotief die Kaap bereik het nie, is Duitsland die waarskynlikste land van oorsprong. In die tydperk na die middel van die 18de eeu toe die windroos hier posgevat het, het die Kaapse meubelkuns nog sterk onder die invloed van die Hollanders gestaan, hoewel Engelse en Franse invloede nie lank daarna begin deurskemer het. 82 Aangesien geen bewyse gevind is dat die windroos in die 18de eeu verder in Holland ontwikkel het nie, en die motief ook nie in Oos-Indie voorgekom het nie, moet die gebiede buite rekening gelaat word as die bron van oorsprong. Dit laat net die plattelandse gebiede van Engeland, Frankryk en Duitsland oor. Van hierdie drie gebiede is Duitsland die waarskynlikste keuse. Die invloed wat die Duitsers op die Kaapse volkskuns uitgeoefen het, is in 1992 deur Pretorius uitgewys, asook die feit dat talle Duitse skrynwerkers hulle in die 18de eeu hier gevestig het. 83 Die feit dat die motief ook deur die Duitsers na Pennsilvanie oorgedra is, staaf hierdie moontlikheid verder. Trouens, die Kaap en die VSA is die enigste twee gebiede buite Europa waar die tweekleurige stermotief teegekom is. Gevolgtrekking

Die tweekleurige stermotief was by uitstek 'n meubelversiering. Engeland was na aile waarskynlikheid die land van oorsprong, vanwaar die motief na Holland en verder oor Europa, asook na die VSA en die Kaap versprei het. Die verspreidingspatroon dui daarop dat die motief die gewildste op die Duitse platteland, en veral die noordwestelike gedeeltes van die land, was. Daar bestaan egter bedenkinge oor aspekte van die verspreidingspatroon wat uit die beskikbare voorbeelde vasgestel kon word, naamlik (a) die afwesigheid van die sterornament in die Nederlande na die Queen Anne-tydperk en in Duitsland v66r die middel van die 18de eeu; en (b) die totale afwesigheid van die motief in Belgie en op die hoogkultuurmeubels van Frankryk. Totdat 'n vollediger opname van ongepubliseerde voorbeelde in Europese versamelings gemaak kan word, sou dit oorhaastig wees om gevolgtrekkings hieroor te maak. Daar word egter gemeen dat die tweekleurige stermotief waarskynlik deur die Duitsers na die Kaap oorgedra is. Die vernaamste redes hiervoor is die feit dat die motief nie die Kaap via Nederland kon bereik het nie, en die algemene invloed wat die Duitsers op die volkskuns aan die Kaap uitgeoefen het. Verskille in aanwending en vertolking kom in verskillende kultuurtydperke en verskillende gebiede v~~r. Hierdie verskille is nietemin nie van so 'n aard en omvang dat daar van

97

kenmerkende streekeie vertolkings gepraat kan word nie. Daar is bevind dat die benaming wind-Ikompasroos teenoor ster definitief in ooreenstemming met die motief en voorstellings van wind- en kompasrose is. Daar is egter geen aanduiding dat die gebruikers die tweekleurige ster as iets anders an 'n variasie van 'n ster beskou het nie. Bewyse hiervan is die 1770- en 1774-uitgawes van Roubo se meubelhandleidings waar die motief 'n ster genoem word; die voorstellings van sterre in die kaste van laat-17de-eeuse Hollandse horlosies en die Hollandse sterinlegwerk die tweekleurige ster is bloot een van talle variasies van sterre wat op hierdie meubels gebruik is. Nietemin het party seevaarders wei bedoel om 'n kompasroos as versiering te gebruik. In die gevalle word die motief volledig met 32 windrigtings en 'n gegradeerde rand uitgebeeld. Dit is ook belangrik om daarop te let dat die gebruikers van stermotiewe, waaronder ook die tweekleurige stermotief, in die 18de eeu al nie meer simboliese waarde aan geometriese motiewe soos sterre geheg het nie. Hierdie motiewe is bloot ter wille van die dekoratiewe waarde, die moeilikheidsgraad en die beskikbare gereedskap gekies. 'n Bewys hiervan is die Karoo-kiste met bandomwerk waar die ster uiteindelik so vereenvoudig is dat dit 'n diamantmotief is (Figuur 15). Verwysings 1.

E. HEINEMEYER & H. OTTENJANN, Alte Bauernmobel aus dem nordwestlichen Niedersachsen (Leer, 1974), pp.1 08, 118, 120, H.

2. 3.

H. NEMEC. AlpenUindische bauemkunst(Wenen, 1966), p.96. F.S. MEYER, Handbook of ornament (New York, 1957), pp.3, 13-15; J.C. PRETORIUS, Die geskiedenis van volkskuns in Suid-Afrika (Kaapstad, 1992). pp.20-23; M. STAFFORD & D. WARE, An illustrated dictionary of ornament (London, 1974, p.204. 4. E. LEHNER, Symbols, signs & signets (New York, 1969), pp.1 01-1 08; P. LEWIS & G. DARLEY, Dictionary of ornament (London, 1986), p.286; R. MAYER. A dictionary of art terms and techniques (London, 1969). pp.287, 368; J.C. PRETORIUS, Die geskiedenis van volkskuns in Suid-Afrika (Kaapstad. 1992). p.23; M. STAFFORD & D. WARE. An illustrated dictionary of omament (London. 1974. pp. 166.204. 5. R. EDWARDS. The shorter dictionary of English fumiture (London, 1964). p.192; J. MILLER & M. MILLER (ads), The antiques directory. Furniture (London, 1985), p.539; P. MACQUIOD, A history of furniture. The age of oak, 1500-1660, Pt 1 (New York. 1972). Fig. 206. 6. R. EDWARDS. The shorter dictionary of English furniture (London. 1964), p.161; P. MUSGRAVE, Regency furniture 1800-1830 (London, 1970), Figs. 14b, 91. 7. J. BAHNS. Biedermeier-Mobel: Entstehung, Zentren, Typen (MOnchen. 1979). Fige. 57. 81, 97.146; G. HIMMELHEBER, Biedermeier Furniture (London, 1974). Figs. 14,90; A. WILKIE, Biedermeier (London, 1987), Fig. 92. 8. J. CUISENIER, French folk art (Tokyo, 1977), pp.182-183; P. LIPMAN & A. WINCHESTER. The flowering ofAmerican folk art 1776·1876 (New York. 1974). p.226.; J.C. PRETORIUS. Die geskiedenis van volkskuns in Suid-Afrika (Kaapstad, 1992), pp.20-23. 9. W.E. MAY. A history of marine navigation (Oxfordshire, 1973), pp.176-181; R. PUTMAN, Dude scheepskaarten en hun makers. Hoogtepunten uit vijt eeuwen cartogratie (Wormer, 1990), pp.7-20, 44. 10. R. L1STER,How to identify old maps and globes (London.

South African Journal of Cultural History 1994 8(2)

98

11.

12.

13. 14. 15. 16. 17. 18. 19. 20. 21.

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

22. 23. 24. 25.

26. 27. 28. 29. 30. 31.

32. 33. 34.

35.

36.

1965), pp.63-64; WE MAY, A history of marine navigation (Oxfordshire, 1973), pp.52, 55; R. PUTMAN, Dude scheepskaarten en hun makers. Hoogtepunten uit vljf eeuwen cartografie (Wormer, 1990), p.20. R. LlSTER,How to identify old maps and globes (London, 1965), p.64, Figs. 39, 41, 44, 49; R. PUTMAN. Dude scheepskaarten en hun makers. Hoogtepunten uit vljf eeuwen cartografie (Wormer, 1990), p.63, 67, 105, 117. W.E. MAY, A history of marine navigation (Oxfordshire, 1973), pp.43-63; R. PUTMAN, Dude scheepskaarten en hun makers. Hoogtepunten uit vljf eeuwen cartografie (Wormer, 1990), pp.12-13, 20;J. RANDIER, Marine navigation instruments (London, 1980), pp.12-25. J. CUISENIER, French folk art (Tokyo, 1977), Fig. 125. R. PEESCH, Volkskunst. Umwelt im Spiegel popularer Bildnarei des 19. Jahrhunderts (Berlin, 1978), Fig. 54. E. SCHLEE, Die Volkskunst In Deutschland. Ausstrahlung, Vorlagen, Duel/en (MOnchen, 1978), Fig. 409. L. PRETZELL, Kostbares Volksqut aus dem Museum fur Deutsche Volkskunde, Berlin (Berlin, 1967), Fig. 50. R. CREUX, Volkskunstin der Schweiz(Paudex, 1970), pp.168169, 191. F. DAVIS, A picture history of furniture (London, 1958), Fig. 58. R. FASTNEDGE, English furniture styles from 1500 to 1830 (Middlesex, 1955), Fig. 3. R. EDWARDS, The shorter dictionary of English fumiture (London, 1964), p.555. E. BRUTON, The Wetherfield collection of clocks. A guide to dating English antique clocks (London, 1981), Figs. 75, 78, 81, 82, 83; H. CESCINSKY & M.R. WEBSTER, English domestic clocks (London, 1969), Figs. 79,82,86; Christie's International Magazine, April-May 1992, p.47. R. PLOMP, Spring-driven Dutch pendulum clocks 1657-1710 (Schiedam, 1979), pp.76, 130,232, 242. RIJKSMUSEUM, AMSTERDAM, Catalogus van meubelen en betimmeringen (Amsterdam, 1952), Fig. 53. A. BERENDSEN, Antiek in Nederland (Arnhem, 1964), p.81, Fig. 118; Antiek 28(3), Okt. 1993, p.35. L.A. BOGER. Furniture past and present (New York, 1966). p.226; R. EDWARDS, The shorter dictionary of English furniture (London, 1964), p.79; J. MILLER & M. MILLER (eds), The antiques directory. Furniture (London. 1985). p.244; P. PHILP. Rich tare, Antique Dealer & Collector's Guide 46(11). June 1993. p.41; VICTORIA & ALBERT MUSEUM. Georgian furniture (London, 1958), Fig. 136. R. EDWARDS, The shorter dictionary of English furniture (London. 1964), p.521. R. EDWARDS, The shorter dictionary of English fumiture (London, 1964), p.309. J. MILLER & M. MILLER (OOs), The antiques directory. Fumlture (London, 1985), p.579. F.L. HINCKLEY, A dictionary of antique furniture (New York, 1953), Figs. 180, 202, 684, 813. J. MILLER & M. MILLER (eds), The antiques directory. Fumiture (London, 1985), pp.417, 513,523,527. F.L. HINCKLEY, A dictionary of antique furniture (New York, 1953), Fig. 70; J. PHILIPPE, Meubles, styles et decors entre Meuse et Rhin (Luik, 1977), Kleurple. 109-110. J. MILLER & M. MILLER (eds), The antiques directory. Fumiture (London, 1985), p.535. H. HAYWARD (ed.), World furniture (London, 1970), Fig. 665. MUSEU NA((IONAL DE ARTE ANTIGA, Artes decorativas Portuguesas no Museu Nar;ional de Arte Antiga Sewlos XVXVIII (Lisbon, 1979), Fig. 92. G. HOFMEYR, Other people's antiques, Antiques in South Africa, 6,1980, p.13; P. PHILP, Knife boxes, Antique Dealer and Collector's Guide, July 1993, p.54. R. EDWARDS, The shorter dictionary of English fumiture

(London, 1964), p.622. 37. J. MILLER & M. MILLER (eds), The antiques directory. Fumiture (London, 1985), p.52. 38. E. BRUTON, The longcase clock (London, 1976), Fig. 131. 39. F.L. HINCKLEY, A dictionary of antique furniture (New York, 1953), Fig. 813; J. MILLER & M. MILLER (oos), The antiques directory. Furniture (London, 1985), p.527. 40. J. MILLER & M. MILLER (eds), The antiques directory. Fumiture (London, 1985), p.535. 41. F.L. HINCKLEY, A dictionary of antique furniture (New York, 1953), Fig. 180. 42. J. PHILIPPE, Meubles, styJes et decors entre Meuse et Rhin (Luik, 1977), Kleurpl. 110. 43. J. PHILIPPE, Meubles, styles et decors entre Meuse et RNn (Luik, 1977), Kleurpl. 110. 44. M. ROUBO, L'artdu menusier, Pt 2(Paris, 1770), PI. 106-108; M. ROUBO, L'artdu menusier ebeniste, Pt 3,3 (Paris, 1774), PI. 282, 285, 286, 289, 290. 45. D. KNELL, English country furnlture- the national & regional vemacular 1500-1900 (London, 1992), Fig.132. 46. R.C.R. BARDER, English country grandfather clocks. The brass-diallongcase (London, 1983), Figs. 79, 86, 108; E.L. EDWARDES, The grandfather clock (Altrincham, 1980), Fig. 75. 47. E. SCHLEE, Die Volkskunst in Deutschland. Ausstrahlung, Vorlagen, Duellen (MOnchen, 1978), Fige. 31, 34. Fig. 35 toon 'n deur wat in 1720 in Holstein gemaak is waarop die motief verskyn. 48. R. CREUX, Volkskunst in der Schweiz (Paudex, 1970), p.1 01. 49. W. BORCHERS, Volkskunst in Westfalen (MOnster, 1970), Fige. 110, 135; E. HEINEMEYER & H. OTTENJANN, Alte Bauernmobel aus dem nordwestlichen Niedersachsen (Leer, 1974), Fige. 49, 53, 188, 276, 298, 330; W. SCHWARZE, Wohnkultur des 18. Jahrh. im Bergischen Land (WuppertalBarmen, 1971), Fig. 205. 50. E. SCHLEE, Die Volkskunst in Deutschland. Ausstrahlung, Vorlagen, Duel/en (MOnchen,1978), Fige. 83,117,139,147. 51. F. COLLESCELLI, Bauernstuben, Bauernmobel In den Alpen (Frankfurt am Main, 1969), pp.15, 36; H. NEMEC, Alpenlandische bauernkunst (Wenen, 1966), Fige. 104, 147. 52. R. CREUX (ed.), Volkskunst In der Schweiz (Paudex, 1970), pp.99,101. 53. G.M. RITZ, Alte bemalte Bauernmobel- Europa (MOnchen, 1970), Fig. 152. 54. J. CHOUX, Meubles Lorralns (Paris, 1973), Fig. 30, 104, 141, 153, ff. 55. J. CHOUX, Meubles Lorrains (Paris, 1973), Fig. 30, 104; R. CREUX (ed.), Volkskunst in der Schweiz (Paudex, 1970). p.101. 56. Bv. W. BORCHERS, Volkskunstin Wesrfalen (MOnster. 1970), Fig. 141; J. CHOUX, Meubles Lorrains (PariS. 1973). Fig. 141. 171, 173. 175. ff; F. COLLESCELLI. Bauernstuben, Bauernmobel in den Alpen (Frankfurt am Main, 1969), p.15. 57. W. SCHWARZE, Wohnkultur des 18. Jahrh. 1m Bergischen Land (Wuppertal-Barmen, 1971), Fig. 265. 58. F. COLLESCELLI, Bauernstuben, Bauernmobel in den Alpen (Frankfurt am Main, 1969), pp.15,36; E. HEINEMEYER & H. OTTENJANN, Alte Bauernmobel aus dem nordwestlichen Niedersachsen (Leer. 1974), Fig. 43, 45, 203, 299; E. SCHLEE. Die Volkskunst in Deutschland. Ausstrahlung, Vorlagen, Duel/en (MOnchen, 1978), Fig. 17. 59. E. HEINEMEYER & H. OTTENJANN, Alte Bauemmobel aus dem nordwestlichen Niedersachsen (Leer, 1974). Fige. 191, 276. 60. W. SCHWARZE, Wohnkultur des 1B. Jahrh. 1m Bergischen Land (Wuppertal-Barmen, 1971}, Fig. 229. 61. E. HEINEMEYER & H. OTTENJANN, Alte Bauernmobel aus demnordwestlichen Niedersachsen (Leer, 1974). Fige. 29, 45,

Suid·Afriksanse Tydskrif vir KulllJurgeskiedenis 1994 8(2)

Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2009).

299,330. 62. E. HEINEMEYER & H. OTIENJANN, Alte Bauernm6bel aus dem nordwestlichen Niedersachsen (Leer, 1974), Fige. 55, 284.297. 63. E. SCHLEE. Die Volkskunst in Deutschland. Ausstrahlung, Vorlagen. QueUen (MOnchen, 1978), Fig. 139. 64. J. CHOUX. Meubles Lorrains (Paris, 1973). Fig. 30. 32.104. 181,ff. 65. E. HEINEMEYER & H. OTIENJANN, Alte Bauernm6bel aus dem nordwestlichen Niedersachsen (Leer, 1974). Fig. 24; E. SCHLEE, Die Volkskunst in Deutschland. Ausstrahlung, Vorlagen, Quellen (MOnchen, 1978), Fig. 139. 66. R. KOVEL & T. KOVEL, American country furniture 1780-1875 (New York, 1965), Figs. 305, 350; J. LIPMAN & A. WINCHESTER, The flowering of American folk art 1776-1876 (New York, 1974), Figs. 302, 304,305. 67. R.K. JANZEN &J.M. JANZEN. Mennonite furniture: A migrant tradition (Intercource, PA, 1991). Figs. 71, 89. 68. Bv. M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Cape country furniture (Cape Town, 1978), Figs. 337-338, 460, ff. 69. J.C. PRETORIUS, Ou Kaapse liederboeke: 'n kultuurhistoriese studie, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 6(1), 1992, p.43. 70. M.G. ATMORE, Cape furniture (Cape Town, 1970), Pis. 81, 84; M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Town furniture of the Cape (Cape Town, 1987), Figs. 157, 174-175, 178, 180, 187, 194-196.324-326,331,334,340,345,512,514,517,520521, 527. 534. 579; B. COOPER, Leeuwenhof, Antiques in South Africa, 11, 1982, p.87; D. HELLER, A history of Cape Silver (Cape Town, 1949), Fig. 78; NASIONALE KULTUURHISTORIESE MUSEUM, Pretoria, 7991, 9603; G.E. PEARSE, Eighteenth century furniture in South Africa (Pretoria, 1960), Fig. 196; STEPHAN WELZ, Catalogue, 21 Nov. 1988, 923; 18 Feb. 1991, 199; Stellenbossiana16(1), Okt. 1992, p.1; S.A. KULTUURHISTORIESE MUSEUM, Kaapstad. 5547. 71. SA KULTUURHISTOR1ESE MUSEUM. Kaapstad, 168; M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Town furniture of the Cape (Cape Town, 1987), Fig.15.

99

72.

73. 74. 75. 76. 77. 78.

79.

80.

81. 82. 83.

AFRICANA MUSEUM, Johannesburg. 76/769; Antiques in South Africa, 9,1981; M. BARAITSER& A. OBHOLZER, Cape country furniture (Cape Town, 1978), Figs. 461, 599, 618, 682, 728,798,804-808,810.850,873,924-926,985-986,991-993, 1040, 1047, 1053, 1055, 1065, 1244; NASIONALE KULTUURHISTORIESE MUSEUM, Pretoria, 9667, 9838; A.M. OBHOLZER, M. BARAITSER & W.D. MALHERBE, The Cape house and its interior (Stellenbosch, 1985), Figs. 899, 968, 971,1016. M. OLIVIER, Kaapse bergmeubels 1652-1830 (Ongepubliseerde DPhil-proefskrif, US, 1990), pp. 7,51 ,106,ff. Vgl. A.M. OBHOLZER, M. BARAITSER & W.D. MALHERBE, The Cape house and its interior (Stellenbosch, 1985). M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Cape country furniture (Cape Town, 1978), Fig. 850; Boschendal-versameling. Boschendal-versameling. M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Cape country furniture (Cape Town, 1978), Fig. 461. Vgl. M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Cape country furniture (Cape Town, 1978), Figs. 678, 992; M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Town furniture of the Cape (Cape Town, 1987), Fig. 521; D. HELLER, A history of Cape Silver (Cape Town, 1949), Fig. 78; Stellenbossiana, 16(1), Okt. 1992, p.l. M. BARAITSER & A. OBHOLlER, Cape country furniture (Cape Town, 1978), Fig. 1065; M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Town furniture of the Cape (Cape Town, 1987), Fig. 326. M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Town furniture of the Cape (Cape Town, 1987), Figs. 196, 579; Stellenbossiana, 16(1), Okt. 1992, p.1; SUID-AFRIKAANSE KULTUURHISTORIESE MUSEUM, Kaapstad, 5547. M. BARAITSER & A. OBHOLZER, Cape country furniture (Cape Town, 1978), Figs. 804-808, 810. M. OLIVIER, Kaapse bergmeubels 1652-1830 (Ongepubliseerde DPhil-proefskrif, US, 1990), pp. 13-14. J.C. PRETORIUS, Die geskiedenis van volkskuns in SuidAfrika (Kaapstad, 1992), pp.8-10.

Suggest Documents