Die oorsprong van die Grensoorlog kan teruggevoer word na 1884 toe die gebied wat vandag as Namibië bekend staan, deur Duitsland geannekseer is

1 Die aanloop tot die Grensoorlog Die oorsprong van die Grensoorlog kan teruggevoer word na 1884 toe die gebied wat vandag as Namibië bekend staan, de...
Author: Edmund Rogers
552 downloads 2 Views 286KB Size
1 Die aanloop tot die Grensoorlog Die oorsprong van die Grensoorlog kan teruggevoer word na 1884 toe die gebied wat vandag as Namibië bekend staan, deur Duitsland geannekseer is. Die anneksasie was teen die wense van die Duitse rykskanselier, Otto von Bismarck, wat sy land primêr as ’n Europese kontinentale moondheid beskou het. In daardie stadium het talle ander Europese moondhede – veral Brittanje en Frankryk – reeds verskeie gebiede in Afrika beset. Bismarck moes egter toegee aan ’n magtige drukgroep wat geglo het Duitsland moet deel wees van die sogenaamde “Scramble for Africa” as hy internasionaal wil tel. Vandag se Tanzanië, Rwanda, Burundi, Kameroen en Togo is daarna deur die Duitsers gekolonialiseer.1 Die Duitsers was glad nie goeie heersers vir die inheemse bevolking van Duits-Suidwes-Afrika nie. Die emigrasie van Duitse (en Afrikaner-) setlaars is aangemoedig en die inheemse bevolking is – soos ook in verskeie Britse kolonies gebeur het – tot sekere gebiede beperk. Verskeie opstande het gevolg, veral onder die Herero’s, maar dit is genadeloos onderdruk. In 1904 was daar nog so ’n opstand. In reaksie daarop het die Duitse militêre bevelvoerder, genl. Lothar von Trotha, die eerste volksmoord van die 20ste eeu uitgevoer. Op 2 Oktober 1904 het hy beveel dat die ganse Hereronasie, mans, vroue, kinders en ou mense, die woestyn in gedryf moes word om daar van honger en dors om te kom. Sommige het daarin geslaag om tot in Betsjoeanaland (die hedendaagse Botswana) of Walvisbaai (toe ’n Britse enklave aan die kus) deur te dring, maar die meerderheid het gesterf. Uit ’n bevolking van 60 000 tot 80 000 het slegs sowat 16 000 Herero’s dié veldtog oorleef.2 ’n Opstand deur die Namas in die suide is ook in bloed gesmoor en teen 1907 het die Duitse kolonialiste die hele gebied beheer. Baie van dié wat oorleef

2 | D i e S AW i n d i e Gre ns o or l o g 1 9 6 6 - 1 9 8 9

het, is in konsentrasiekampe opgesluit, waar sowat die helfte van die inwoners dood is. Teen 1911 het die Nama-bevolking, wat in 1892 op tussen 15 000 en 20 000 geskat is, tot 9 800 gekrimp.3 In 1914 het die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek en die nuwe Unie van SuidAfrika het besluit om hom aan Britse kant te skaar. Duits-Suidwes-Afrika (en later ook Duits-Oos-Afrika – nou Tanzanië) is deur Suid-Afrikaanse magte binnegeval en in ’n veldtog van enkele maande beset. By die Vredeskonferensie van Versailles in 1918-’19 is besluit om die Duitse kolonies oor te dra aan die lede van die seëvierende Geallieerde koalisie wat die gebiede in die naam van ’n nuwe internasionale liggaam, die Volkebond, sou bestuur. Suidwes-Afrika (in die volksmond Suidwes), het ’n sogenaamde C-mandaatgebied geword, dus sonder die vooruitsig op onafhanklikheid.4 ’n Opstand deur die Kwanyama-stam, die grootste onder die Ovambo’s in die verre noorde, is met geweld onderdruk, ofskoon nie met dieselfde meedoënloosheid as gedurende die Duitse veldtogte nie. Koning Mandume ya Ndemufayo is in die opstand dood en die Kwanyama is onderwerp. “Die Owambo’s het hierdie ding nooit vergeet nie, net soos ons Boere nooit vergeet het dat die Zoeloes Piet Retief vermoor het nie. Dit is ’n lang storie wat niks met kommunisme te doen het nie …” meen die skrywer Louis Bothma.5 Dié gebeure het in die 1960’s oënskynlik ’n groot rol in Swapo se opstand teen die SuidAfrikaanse bewind gespeel. Soos elders in die koloniale wêreld het die Suid-Afrikaners ook rassesegregasie tussen die inheemse bevolking en die setlaars in Suidwes toegepas. Nadat die Nasionale Party in 1948 die bewind in Suid-Afrika oorgeneem het, is die apartheidsbeleid dus ook daar ingestel. In pas met die idee dat SuidAfrika in swart reserwes of “tuislande” en “blanke gebiede” verdeel moet word, het die Odendaal-kommissie ’n soortgelyke beleid vir Suidwes aanbeveel. Gebiedsgrense is vasgestel om ’n spieëlbeeld van Suid-Afrika te skep, maar dié idees is nooit ten volle uitgevoer nie. Net ná die Tweede Wêreldoorlog het die Suid-Afrikaanse regering die Verenigde Nasies (VN), die opvolger van die Volkebond, probeer oorreed om hom toe te laat om Suidwes te annekseer. Met die pas onafhanklike Indië aan die voorpunt van ’n groepering wat weens SuidAfrika se rassebeleid nie ten gunste daarvan was nie, is toestemming geweier.

D i e a an l o op t ot d i e Gre ns o or l o g | 3

Suid-Afrika het voortgegaan om Suidwes “in die gees van die Mandaat” te bestuur, wat beteken het dit het vir alle praktiese doeleindes ’n vyfde SuidAfrikaanse provinsie geword. In die 1960’s het die internasionale druk op Suid-Afrika toegeneem. Liberië en Ethiopië het Suid-Afrika voor die Wêreldhof in Den Haag gedaag en aangevoer dat sy besetting van Suidwes onwettig was. In 1966 het die Wêreldhof die Suid-Afrikaanse regspan se argument dat Liberië en Ethiopië geen regsbelang by die saak het nie, egter aanvaar. Die reaksie van die VN se Algemene Vergadering hierop was om die oorspronklike Volkebond-mandaat terug te trek. Die besluit is in 1971 deur die Wêreldhof bekragtig. Die Suidwes-saak was vinnig besig om in ’n internasionale kwessie te ontaard en die Suid-Afrikaanse regering kon dit nie ignoreer nie. Die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake, Hilgard Muller, het reeds in 1967 formeel aanvaar dat Suidwes-Afrika kragtens die volkereg ’n aparte gebied was. Teen 1972 het die VN se sekretaris-generaal, Kurt Waldheim, en sy persoonlike verteenwoordiger, Alfred Escher, die gebied besoek en ’n belofte van premier John Vorster ontvang dat Suid-Afrika Suidwes nie sou annekseer nie. Vorster het ook onderneem om die gebied nie à la apartheid te verdeel nie en dit as ’n enkele internasionale regseenheid te behou.6 Al was dit nog ver van die internasionale eis vir onmiddellike onafhanklikheid vir Suidwes, was dit tog ’n toegewing aan die Suid-Afrikaanse kant. Deur met die VN te onderhandel, het Vorster minstens in die praktyk aanvaar dat hierdie wêreldliggaam seggenskap oor Suidwes se toekoms het. Weerstand Die georganiseerde weerstand teen die Suid-Afrikaanse bewind het in 1959 begin met die stigting van die South West African National Union (Swanu) en die Ovamboland People’s Organisation (OPO). Die OPO is die volgende jaar tot die South West Africa People’s Organization (Swapo) herdoop en het die hooforganiseerder van die weerstand teen die Suid-Afrikaanse besetting geword, terwyl Swanu mettertyd weggekwyn het.7 Suid-Afrika se diskriminerende rassebeleid het grootliks tot die groeiende ontevredenheid onder swart mense in Suidwes bygedra. Die barse manier

4 | D i e S AW i n d i e Gre ns o or l o g 1 9 6 6 - 1 9 8 9

waarop openbare betogings onderdruk is, het dit vererger. In Desember 1959 het geweld tydens ’n opstand teen die gedwonge hervestiging van Windhoek se swart township in die sogenaamde Ou Lokasie uitgebreek. Die polisie het hardhandig opgetree, 11 mense doodgeskiet en 54 gewond. Soos Marion Wallace in haar geskiedenis van Namibië opmerk: “This pivotal historical moment thus served further to radicalise the population and to unite opposition to South African rule, as well as causing [Sam] Nujoma and other OPO leaders to take the decision to go into exile.”8 Die Duitse sendeling pastoor Siegfried Groth, wat later een van Swapo se grootste kritici geword het, het oor die 1960’s geskryf: Namibian men and women were no longer prepared to accept oppression and humiliation. The prisons in Ovamboland were full to overflowing. Hundreds of people, including women, were whipped in public. The victims had to undress and were then brutally beaten on their buttocks with a six-foot long palm-tree cane.9 Anyone who tried to resist the South African dictatorship received electric shock treatment and was imprisoned without trial for months or even years.10 Dié onderdrukking was regstreeks verantwoordelik vir Swapo se besluit in 1962 om tot ’n gewapende stryd oor te gaan om die Suid-Afrikaanse besetting van Suidwes (Swapo se naam vir die gebied was Namibië) te beëindig. Dit sou egter tot September 1966 duur voordat die eerste skote afgevuur is.11 In die Grensoorlog in Suidwes en Angola het twee gewapende koalisies teen mekaar te staan gekom in ’n uitgerekte konflik wat 23 jaar sou duur en nie in ’n klinkklare oorwinning vir enige van die partye sou eindig nie. In die een hoek van die kryt was die Suid-Afrikaanse regering en die SAW wat in bondgenootskap was met die Angolese rebellebeweging Unita, oftewel die União Nacional para a Independencia Total de Angola (Nasionale Unie vir die Totale Onafhanklikheid van Angola). ’n Tweede Angolese rebellebeweging, die FNLA, is reeds vroeg in die konflik uitgeskakel en het nie ’n noemenswaardige rol gespeel nie. In die ander hoek was Swapo, wat in bondgenootskap was met die MPLA, oftewel die Movimento Popular de Libertação de Angola (Volksbeweging vir

D i e a an l o op t ot d i e Gre ns o or l o g | 5

die Bevryding van Angola), die kommunistiese diktatuur van pres. Fidel Castro van Kuba en die Sowjetunie. Die MPLA het later die internasionaal erkende regering van Angola geword. Hierdie konflik het minstens drie vlakke gehad. Op een vlak was dit ’n burgerregtestryd teen die Suid-Afrikaanse regering se beleid van geïnstitusionaliseerde rassediskriminasie teen swart mense, beter bekend as apartheid. Op ’n tweede was dit ’n anti-koloniale bevrydingsoorlog teen die Suid-Afrikaanse besetting van die gebied. Op ’n derde vlak het die internasionale Koue Oorlog tussen die Kommunistiese Blok en die sogenaamde Vrye Weste (waarby SuidAfrika homself ingereken het) hom deels hier uitgespeel. ’n Mens kan maklik verlei word om, veral vanuit ’n ideologiese oogpunt, die konflik gewoon te beskou as óf ’n oorlog teen die twee onregte van apartheid en koloniale oorheersing óf as weerstand teen kommunistiese imperialisme. Soos ook elders in die wêreld gebeur het, het hierdie drie vlakke so nou met mekaar verweef geraak dat hulle kwalik geskei kan word. As ’n mens al drie vlakke saam sou beskou, kan dit wees onder die sambreel van ’n revolusionêre oorlog wat as ’n insurgensie-en-teeninsurgensie-oorlog gemanifesteer het. Uit ’n professionele militêre oogpunt is die Grensoorlog ook baie interessant. Dit was terselfdertyd ’n revolusionêre oorlog, ’n insurgensie-en-teeninsurgensieoorlog, ’n mobiele konvensionele oorlog wat deur vinnige beweging gekenmerk is én aan sy einde ’n posisionele konvensionele uitputtingsoorlog. Al hierdie aspekte maak ’n behoorlike ontleding van die oorlog soveel noodsaakliker.

Die operasionele gebied

6 |

D i e S AW i n d i e Gre ns o or l o g 1 9 6 6 - 1 9 8 9

2 Die eerste jare en Operasie Savannah Die datum wat algemeen as die begin van die Grensoorlog beskou word, is 26 Augustus 1966. Op daardie dag het ’n mag van 130 man in Alouette IIIhelikopters ’n basis van die People’s Liberation Army of Namibia (Plan, Swapo se militêre vleuel) by Ongulumbashe in Ovamboland in die noorde van Suidwes aangeval. Die groep, onder die aanvoering van kapt. (later kol.) Jan Breytenbach, het bestaan uit 121 polisiemanne en nege lede van 1 Valskermbataljon wat inderhaas as tydelike polisiebeamptes beëdig is. Die mag het Swapo by Ongulumbashe verras en oorweldigend verslaan.1 Die Suid-Afrikaanse regering het aanvanklik besluit dat die polisie, eerder as die SAW, weerstand teen sy oorheersing moes hokslaan, vermoedelik weens sy onwilligheid om te erken dat Swapo ’n ware bedreiging verteenwoordig het. Dit sou die geval wees tot 1974, toe die SAW amptelik toegetree het. Die weermag het in daardie jare steeds aan die gevolge gedra van die verwaarlosing wat dié mag in die tydperk direk ná die Tweede Wêreldoorlog ervaar het toe daar ’n uittog van talle ervare Engelssprekende lede was. Dit was die regstreekse gevolg van ’n besluit deur Frans Erasmus, die eerste Nasionale Party-minister van verdediging, om ’n soort regstellende aksie ten gunste van Afrikaner-offisiere in te stel.2 Die meeste van die wapentuig het uit die Tweede Wêreldoorlog gedateer, hoewel ’n beperkte moderniseringsprogram in die vroeë 1960’s begin is.3 Die infanterie se Lee Enfield-geweer is met die R1 vervang en die Bren- ligte masjiengeweer met ’n LMG van 7,62 mm-kaliber. Die infanterie het ook ’n aantal Saracen- gepantserde personeeldraers uit die vroeë 1950’s gehad. Die belangrikste tenkafweerwapen was egter steeds die ou sesponder-kanon wat uit die Tweede Wêreldoorlog gedateer het (die ENTAC-tenkafweermissiel is in 1966 ingevoer), terwyl die program om die ou drieduimsmortier met die 81 mm te

8 | D i e S AW i n d i e Gre ns o or l o g 1 9 6 6 - 1 9 8 9

vervang, skaars begin het. Die .303-Vickers uit die Eerste Wêreldoorlog sou nog ’n dekade lank die belangrikste medium-masjiengeweer bly. In die 1950’s het die weermag voorts 206 Centurion-tenks van Brittanje gekoop, maar die helfte daarvan weer vinnig aan Switserland verkoop. Verder was Shermans en Comets uit die Tweede Wêreldoorlog steeds operasioneel. Die SAW het wel ’n bruikbare nuwe pantsermotor gehad, die Eland – ’n verbeterde Franse Panhard – met ’n 90 mm-kanon. Die Eland (wat as die “Noddy” bekend gestaan het, weens die manier waarop hy in ruwe terrein geskud het) het egter net vier wiele gehad wat sy beweeglikheid in die bosse en ruigtes van Afrika dus beperk het. Die voertuig is voorts aangedryf deur ’n ontvlambare petrolenjin in plaas van diesel en het slegs plek gehad vir 20 kartetse vir sy kanon.4 Die artillerie was toegerus met ligte 25-ponder(88 mm-) en medium 5,5 duims- (140 mm-) kanonne, wat albei van voor 1945 dateer.5 In 1962 is die vrywilligerstelsel vervang met ’n lotingstelsel waarvolgens sommige jong wit mans nege maande lank diensplig moes verrig. Dit het egter nie genoeg tyd gelaat om hulle op te lei én operasioneel aan te wend nie en gevolglik is algemene, verpligte diensplig van 12 maande in 1968 ingestel. Die meeste infanteriebataljons was nie baie goed nie en ’n rigiede Tweedewêreldoorlogse mentaliteit het steeds in die weermag geheers. Ek is in 1966 in die ou Leërgimnasium in Voortrekkerhoogte opgelei en kan uit eie ervaring getuig dat ek en my makkers slegs vir twee eenhede respek gehad het – die Gimnasium self en 1 Valskermbataljon. Die spesiale magte – die recces – is eers in 1969 gestig.6 Die Gimnasiumlede sou hulle ongetwyfeld ook gerespekteer het! Die punt is dat die Suid-Afrikaanse Leër teen 1966 nie in staat was om enige oorlog te veg nie. ’n Sekere erfenis wat sou sorg dat die organisasie binne enkele jare in ’n hoogs beweeglike en ervare omskep kon word, was wel reeds aanwesig. Die leër het afgestam van twee voorvaders, naamlik die Britse leër en die Boerekommando’s van die 18de en 19de eeu. Wat sy organisasie en sigbare kultuur betref, was die leër in die 1960’s feitlik ’n kloon van die Britse leër. Die uniforms, die wyse waarop soldate gemarsjeer en gesalueer het, offisiere se openbare optrede – alles was in wese Brits. Die organisasie se doktrine is ook beïnvloed deur die Britse ervaring in die Tweede

D i e e e rs t e j are e n O p e r a s i e S av an n a h | 9

Wêreldoorlog, aangesien die senior offisiere en onderoffisiere meestal veterane van die veldtogte in Somalië, Ethiopië, Libië en Italië teen die Italianers en Duitsers was. Die berede-infanterie-tradisie was die opmerklikste nalatenskap van die Boerekommando’s en het ook ’n belangrike rol gespeel. In die enigste stadium van die Tweede Wêreldoorlog waar Suid-Afrikaanse magte betreklik onafhanklik kon opereer – gedurende die besetting van Somalië en Ethiopië in 1940 – het offisiere soos genl.maj. Dan Pienaar hul eenhede in gemotoriseerde infanteriekolonnes georganiseer en in ’n warrelwind-veldtog stof in die oë van die Italianers geskop.7 Dié tradisie sou, veral met die oorgrensoperasies in Angola vanaf 1975, weer baie gou na vore tree. Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) was eweneens onvoorbereid op ’n oorlog, hoewel hy in daardie stadium betreklik goed toegerus was. In die 1960’s het Suid-Afrika ’n aantal GAM Dassault Mirage III’s by Frankryk aangekoop (waarvan 16 Mirage IIICZ-onderskeppers was en 17 Mirage IIIEZ-grondaanvalsvliegtuie, sowel as verskeie tweesitplek-lesvliegtuie en verkenningsvliegtuie).8 Toe die Grensoorlog in 1975 begin eskaleer, was die Mirage III wel grotendeels verouder. Sy reikafstand was te beperk vir die groot afstande wat afgelê moes word en sy uitvlugte het soms slegs 40 minute geduur. Die eerste van ’n nuwe besending Mirage F1’s (16 Mirage F1CZ-onderskeppers en 32 Mirage F1AZ-grondaanvalsvliegtuie) is net betyds in 1975 ontvang, hoewel hulle eers in die loop van 1978 operasioneel sou word. Tog het maj. (later brig.genl.) Dick Lord in die vroeë 1970’s toe hy uit die Britse vloot-lugmag by die SALM aansluit het ’n mag gevind “wat in die strik getrap het om ’n ‘vredestydse’ lugmag te word” waar “vlieg eerder soos die bedrywighede van ’n eksklusiewe vliegklub geword het”.9 Die lugmag het in die 1960’s ook 16 Blackburn Buccaneer Mk. S50- en 8 Canberra B. (1) Mk. 12- en T. Mk. 4-bomwerpers en -lesvliegtuie gekoop. Saam met die Mirages het dit aan Suid-Afrika ’n formidabele bomwerpervermoë gegee. Die Buccaneer-mag is egter in die aanloop tot die 1980’s aansienlik deur ’n hele aantal ongelukke verswak. Volgens Lord het sekere senior SALM-offisiere gemeen hulle weet beter as die Britte hoe om die “Buc” te onderhou met die gevolg dat dit “’n rampspoedige veiligheidsrekord” binne die SALM gehad het.10 Teen April 1978 is nege Buccaneers aan ongelukke

1 0 | D i e S AW i n d i e Gre ns o or l o g 1 9 6 6 - 1 9 8 9

afgestaan. Toe die klimaks van die Grensoorlog in 1987-’88 aanbreek, was slegs vyf oor.11 Die ander belangrike bate in die SALM-arsenaal was helikopters, waarsonder die leër eenvoudig nie sou kon veg nie. Oor die jare is altesame 128 Sud-Aviation Alouette III- ligte helikopters in verskeie besendings aangekoop.12 Hulle sou later aangewend word in ’n rol waarvoor hulle nooit ontwerp is nie, dié van geskutshelikopters teen Swapo-infiltreerders in die operasionele gebied in die noorde van Suidwes en die suide van Angola. Vir troepevervoer, wat noodsaaklik is vir die vinnige ontplooiing van soldate in ’n teeninsurgensie-rol, was ’n groter tuig nodig. Daarvoor is die Aérospatiale Puma gebruik, waarvan 20 in 1970 aangekoop is. Verskeie besendings het daarna gevolg totdat Suid-Afrika teen 1978, toe die Verenigde Nasies ’n wapenboikot teen die land afgekondig het, uiteindelik 69 gehad het. Dié mag is aangevul deur 16 Aérospatiale Super Frelons. Al hierdie helikopters was Frans van oorsprong.13 Die lugmag se ander belangrike taak was die vervoer van voorraad en toerusting. Die SALM – met sowat 40 Douglas C-47 Dakotas uit die Tweede Wêreldoorlog, 9 Transall C-160’s en 7 Lockheed C-130 Herculese – was egter nie voldoende toegerus om ’n beduidende mag op die slagveld van voorraad te voorsien nie. Genl. Constand Viljoen, toe hoof van die weermag, het gou ingesien dat ’n groot deel van die logistieke voorraad nie per vliegtuig vervoer sou kon word nie en eerder per vragmotor daar sou moes kom.14 Dié gebrek sou die leër se vermoë om langdurig met groot troepemagte diep in Angola te slaan, aansienlik beperk. Die vloot sou ’n taamlik ondergeskikte taktiese en operasionele rol in die Grensoorlog speel. In die vroeë 1970’s is die vloot toegerus met twee gemoderniseerde torpedojaers uit die Tweede Wêreldoorlog (wat in die loop van die dekade uit diens gestel is), drie tipe 12-President-klas-fregatte (almal by Brittanje aangekoop) en drie Franse Daphne-klas-duikbote. Hoewel die duikbote danksy hul vermoë om onsigbaar te wees baie bruikbaar vir spesmagte-operasies was, was die vyf groot oppervlakte-skepe nie juis geskik vir die eise van die Grensoorlog nie. Bowendien was hulle nie regtig bedoel om in Suid-Afrika se behoeftes te voorsien nie, maar eerder in dié van Brittanje teen die agtergrond van die Koue Oorlog. In die tweede helfte van die 1970’s sou Israeliese

D i e e e rs t e j are e n O p e r a s i e S av an n a h | 1 1

aanvalsvaartuie, wat ook uiters geskik vir klandestiene operasies was, hulle as die vloot se belangrikste oppervlakte-vaartuie begin vervang.15 Vroeë lae-intensiteit-insurgensie Die eerste jare van die Grensoorlog was ’n lae-intensiteit-konflik. Nadat Swapo by Ongulumbashe platgeloop is, het hy enkele jare lank uit Ovamboland weggebly. Die groep wat daar uitgewis is, was die eerste van tien uit Zambië wat Ovamboland via Suidoos-Angola of Botswana probeer infiltreer het. Hulle was ook die enigste groep wat daarin geslaag het om die grens oor te steek. Die ander is almal deur die Portugese magte in Angola onderskep en geneutraliseer voordat hulle die grens bereik het.16 Swapo het sy hoofkwartier in 1962 na die Zambiese hoofstad Lusaka verskuif. Daarna het Zambië die hoofvoedingsbron van die insurgensie geword.17 Ná Ongulumbashe het die Caprivistrook, wat onder meer aan Zambië grens, voorlopig die belangrikste slagveld geword. Dit het die Suid-Afrikaanse regering goed gepas omdat die swaartepunt van die weerstand nie in die Caprivi was nie, maar in Ovamboland verder wes waar 46% van die Suidwes-bevolking gewoon het. Die meeste Swapo-leiers was Ovambo’s en dié organisasie het in Ovamboland die beste kans gehad om die plaaslike bevolking se steun en vertroue te wen. Die Capriviane was ondersteuners van die Caprivi African National Union (Canu) en hul steun het afgehang van die wankelrige alliansie tussen Swapo en Canu.18 Die Caprivistrook het nie vir Swapo veel sukses gebring nie. Twee groepe wat die Caprivi in 1968 probeer binnedring het, is albei onderskep en die insurgente wat nie gesterf het of gevange geneem is nie, het na Zambië gevlug. Swapo het eers weer in 1971 en 1972 geprobeer om Suidwes te infiltreer en het dié keer groter sukses behaal.19 In Junie 1974 het ’n groot groep guerrillas die Caprivistrook binnegedring, maar almal behalwe ses is in ’n geveg op 23 Junie deur die SuidAfrikaanse Polisie doodgeskiet. Die oorlewendes het met moeite weggekom.20 Een van hul offisiere, Rahimisa Kahimise, beskryf die uitdagings wat Swapoinsurgente in dié tyd moes trotseer só: We had to walk a long distance from Zambia through Angola. Some of our people also died in Angola and some missions could not reach

Suggest Documents