DIE. NTK en VKB spesiale aanbiedings. Grain Field Chickens gaan van krag tot krag. Invoere op rekordvlakke. Wild en jag

DIE Pad Saam uitgawe 16 Grain Field Chickens gaan van krag tot krag Invoere op rekordvlakke Wild en jag NTK en VKB spesiale aanbiedings Desember/J...
Author: Delphia Byrd
100 downloads 3 Views 7MB Size
DIE

Pad Saam uitgawe 16

Grain Field Chickens gaan van krag tot krag Invoere op rekordvlakke Wild en jag

NTK en VKB spesiale aanbiedings

Desember/Januarie 2013

WAT JY OOK AL IN DIE WILDERNIS TEËKOM, DIE ALLESVEROWERENDE TOYOTA HILUX REEKS HET IETS OM DIT MAK TE MAAK. BESKIKBAAR IN DUBBELKAJUIT: 2.5 D-4D 4x4 SRX, 2.5 D-4D Raised Body Raider, 2.7 VVT-i Raised Body Raider, 3.0 D-4D Raised Body Raider, 3.0 D-4D Raised Body Raider Outo, 3.0 D-4D 4x4 Raider, 3.0 D-4d 4x4 raider outo, 4.0 V6 Raised Body Raider Outo, 4.0 V6 4x4 Raider Outo MODEL VERTOON: 3.0 D-4D RAISED BODY RAIDER MET BYKOMSTIGHEDE.

10004054JB/

J H B /A

Des/Jan 2013

in hierdie uitgawe 36

16 Alle regte van Die Pad Saam word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg. Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of medewerkers nie. VKB beskik oor ‘n klientedienssentrum wat bestuur word deur die groep se skakelbeampte, me Anelie Swemmer: Kontak haargerus by 058-863 8277 of per e-pos by [email protected]

24 3 4 5 6 14 15 16-17 18-19 20 -23 24-26 27 29/31 32-35 36-38 39 40 42-43 44-45 46-49 50-53 54-55 56-59 60-63 64-65

Voorwoord: Hannelie Cronjé Koos Janse van Rensburg Vkb & NTK Kersgroete Finansies Mortimer Toyota Wat sê die wet? Veiligheid Oom Hennie (Oudste en...) Dieregesondheid Slaap sag sy lam...... Meganisasie Wild en Jag Deel 1 Hoenderbedryf Veevoere Pannar Pieter Zietsman (Jongboer v.d. Jaar) ZZ2 Kersies Tuin Gesondheid Algemeen VKB & NTK Nuus VKB & NTK Promosies Foto Kompetsie

Uitgewer:VKB en NTK Redakteur: Hannelie Cronjé/ Posbus 100/ Reitz 9810 Tel:058 863 8223 /[email protected] Eindredakteur: Koos Janse van Rensburg Ontwerp en Uitleg: Etienne Janse van Rensburg Taalversorging: Lize Mulder Druk: Oranje Drukkers, Senekal Advertensies: Hannelie Cronjé www.vkb.co.za

Voorwoord

As ek terugdink aan hierdie jaar,

kan ek nie anders as om net weereens te besef hoe wonderlik die lewe is nie. Daar was ’n paar “af dae”, maar die lekker dae oorheers by verre. My oudste dogter het onlangs hierdie e-pos vir my gestuur, en ek deel dit graag met julle elkeen. Daar is so baie waarhede daarin vervat, en dit vat ook sommer alles saam wat ek wou sê oor die afgelope jaar en ook ook vir 2013. “Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder ‘worries’ het jy ... en hoe lekkerder slaap jy! “Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elk-een presies net soos hy/sy daar is. Vriende kan jy kies; familie nie! “Moenie toelaat dat jou brein muf met ‘issues’ soos onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of griewe nie. Sorteer dit uit voordat die son sak. “Hardloop jou lewens-‘speedometer’ in die rooi. Help waar jy kan en lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het. ‘Use it - or lose it’! “Geniet die eenvoudige dinge. Die ‘image’-goed en ‘keeping up with the Jones’ is sommer tydmors. “Vermy bedompige ‘gyms’ wat stink na yuppie-spuitgoed en waar mense in snaakse Star Wars-klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap. Kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of op ‘n rêrige fiets te ry. Doen iets in die buitelug! “As jy ‘n ‘no-name brand’ T-hemp sien waarvan jy hou, koop dit. Vergeet van die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie – solank dit net gemaklik pas. Laat andere maar hulle geld mors op goed wat vir hulle vals selfvertroue in hul eie plastiekwêreld gee! “Lag dikwels lank en lekker. Dit hou jou gesond. Haal diep asem, drink meer water as wat jy moet, en kou jou kos fyn. Eet meer van die goed wat ’n mens pluk of uit die grond grawe. “Moet nooit alleen drink nie, en wanneer jy ietsie vat, hou matigheid voor oë. ALTYD! “Behou jou grappige vriende en vermy die sures – hulle trek jou net af na hulle vlak. “Jou huis is jóú plek en daar leef jy soos jý wil. Vergeet die snobs! En die beste kar is een wat klaar betaal is! “Stel God eerste, en alle ander goed sal self in plek val. Glo! “Sê vir mense dat jy vir hulle omgee. Môre kan te laat wees!” Ek hoop julle vind saam met my hoop in hierdie boodskap van Kersfees soos in Matt 1:23 verwoord word: “ Immanuel - God by ons”. Dis juis ’n boodskap van hoop! God stuur sy Seun om in ’n wêreld waar daar nie hoop is nie, hoop te bring. God laat ons nie alleen in die deurmekaarwêreld nie. Hy is by ons. Hy belowe nêrens dat ons gespaar gaan bly van al die hartseer nie, maar Hy belowe wel dat Hy sy Seun Jesus stuur – dat ons nie alleen is nie! Lekker lees aan die tydskrif en mag elkeen van julle ’n geseënde Kersfees beleef, en mag 2013 ’n wonderlike jaar vir ons almal wees. Kers- en Nuwejaarsgroete - Hannelie

3

Baie dankie aan al ons lede vir julle volgehoue en lojale ondersteuning. Mag die vrede en vreugde oor die Kerstyd deel wees van jou en jou familie se vieringe, en mag die voorspoed in 2013 in tonnemaat op jul landerye staan.. VKB- en NTK-personeel

Ons wens vir elkeen van u alle voorspoed toe vir 2013 D

it voel soos gister wat ek die vorige Kersboodskap vir Die Pad Saam geskryf het. Die jaar snel so vinnig verby dat mens bykans net tred hou met die seisoene en nie met die baie detail wat tussenin gebeur nie. Vir VKB en sy lede is die jaar ’n jaar wat vir baie redes onthou sal word. Wisselende gevalle van sukses is behaal. ’n Sekere gedeelte van ons streek het die afgelope jaar baie droë weer ervaar en oeste was van die swakste in dekades, ander was weer bevoorreg om op kritiese stadiums goeie reën te kry en het bykans rekordoeste behaal. Dit is maar die verhaal van landbou oor baie jare. Gelukkig verhang die natuur se bordjies en omstandighede en ons bedieningsgebied lyk tans so belowend soos wat dit baie lank gelede laas gelyk het. Die voorspellings van El Niño het verander na meer neutrale omstandighede, en as die voorspellings vir El Niño sou voortduur, is daar altyd ’n kans dat die voorspellers net so verkeerd kan wees oor El Niño se uitwerking as wat hulle was met La Niña verlede jaar. Produkpryse is op winsgewende vlakke vir normale oesopbrengste. Die koring het ’n ideale begin en toon groot belofte. Planttyd was lanklaas so tydig oor ’n groot deel van ons bedieningsgebied. Die tafel is gedek vir ’n besonderse jaar. Ook wat VKB betref was daar wisselende mates van sukses. Ons sukses is afhanklik van die sukses van ons lede; as dit met húlle goed gaan, gaan dit met óns goed. Die klein oeste in sekere gebiede het ons na-

delig getref en die groot oeste in ander gebiede het weer vir ons sekere voordele ingehou. Ons nuwe projekte het later van die grond af gekom as wat ons graag sou wou hê. Die hoenderpryse het op baie swak basisse gedraai vir die Suid-Afrikaanse bedryf, maar gelukkig het die onsigbare hand ingegryp en sake het genormaliseer en ons kan met trots en dankbaarheid terugkyk op ’n opwindende jaar waar die kernbesigheid van VKB ons gedra het deur die moeilike tyd. Die nuwe projekte is operasioneel en vertoon goed en as die seisoen vir ons produsente so volhou, sien ons weereens uit na ’n uitstekende jaar vir VKB en sy produsente. Dit maak mens maar weer net nederig en mens besef opnuut dat ons opdrag is om voluit te lewe en ons werk aan te pak met passie en alles binne ons menslike vermoë te doen om ons besighede te laat floreer. Dan alleen kan ons ons saak opdra aan ons Skepper, Sy seën op ons arbeid toebid en rustig wees oor die uitkoms van ons arbeid, hetsy of dit positief of negatief is. Met die ingaan van die Kersseisoen wil ons vir elkeen van ons produsente en ander klante ’n geseënde Kersfees toewens. Ons vertrou dat hierdie tydperk ook ’n tydperk van verootmoediging sal wees in elkeen van ons se lewe en dat ons ook weer die wonder sal ervaar van die grootste geskenk wat elkeen van ons ooit kan ontvang, naamlik die feit dat Christus vir elkeen van ons aan die kruis gesterf het om ons vry te koop van ons menslike swakheid.

Koos Janse van Rensburg 5

Vraag en aanbodprojeksies vir die nuwe bemarkingsjaar 2013/2014 deur Wessel Lemmer (senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA)

Die voorneme om somergewasse aan te plant het op 25 Oktober verskyn. Gebaseer op hierdie inligting is scenario’s ontwikkel en beskikbaar gestel op Graan SA se webtuiste. Hier volg ‘n opsomming van hierdie scenario’s: Witmielies:

Met ‘n oordragvoorraad van 906 000 ton en die voorneme om 1,6 miljoen hektaar witmielies aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 4,33 ton/ha ‘n uitvoerbare surplus van 1 832 000 ton op 30 April 2014 te lewer. Die moontlikheid van verdere uitvoere tot en met 30 April 2013, om die verwagte oordragvoorraad van 906 000 ton kleiner te maak, is nie uitgesluit nie.

Geelmielies:

Met ‘n oordragvoorraad van 461 000 ton en die voorneme om 1,135 miljoen hektaar geelmielies aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 4,92 ton/ha ‘n uitvoerbare surplus van 994 000 ton op 30 April 2014 te lewer. Die moontlikheid van verdere uitvoere tot 30 April 2013 om die verwagte oordragvoorraad van 461 000 ton kleiner te maak, is nie uitgesluit nie.

Totaal mielies:

Met die oordragvoorraad van 1 368 000 ton en die voorneme om 2,735 miljoen hektaar mielies aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 4,58 ton/ha ‘n uitvoerbare surplus van 2 888 000 ton op 30 April 2014 op te lewer. Bykomende uitvoere tot 30 April 2013 kan die oordragvoorraad van 1 368 000 ton verlaag. Sommige handelaars is van mening dat produksie in die huidige bemarkingsjaar tot 300 000 ton meer kan wees as die finale oesskatting. Die voorraadsituasie plaas mieliepryse onder druk.

Sorghum:

Met die oordragvoorraad van 56 700 ton en die voorneme om 65 000 hektaar sorghum aan te plant, behoort Suid-Afrika, teen ‘n opbrengs van 2,7 ton/ha steeds ongeveer 30 000 ton te moet invoer om teen 31 Maart 2014 ‘n surplus bo die pyplyn van 11 500 ton te realiseer. Die voorraadsituasie ondersteun sorghumpryse.

Sonneblom:

Met die oordragvoorraad van 104 000 ton en die voorneme om 525 000 hektaar sonneblom aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 1,3 ton/ha en met verwagte invoere van 28 000 ton teen 31 Desember 2013 steeds ‘n tekort bo die pyplyn van 75 000 ton te realiseer. Die tekort bo die pyplyn teen Desember 2013 kan 62 000 ton beloop. Die voorraadsituasie ondersteun sonneblompryse.

Sojabone:

Met die oordragvoorraad van 199 000 ton en die voorneme om 504 000 hektaar sojabone aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 1,75 ton/ha en met verwagte uitvoere van 160 000 ton teen 31 Desember 2013 ‘n surplus bo die pyplyn van 52 000 ton te realiseer. Die opname van sojabone deur nuwe perskapasiteit in 2013 is ‘n moontlikheid en kan die surplus bo die pyplyn beïnvloed. Die voorraadsituasie plaas sojaboonpryse onder druk.

Grondbone:

Met die oordragvoorraad van 20 000 ton en die voorneme om 43 000 hektaar grondbone aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 1,50 ton/ha en met verwagte uitvoere van 17 000 ton teen 31 Desember 2013 ‘n surplus bo die pyplyn van 5 000 ton te realiseer. Die voorraadsituasie ondersteun grondboonpryse.

6

VKB se finansiële resultate vir April 2012 tot September 2012 lyk belowend Artikel deur Markus Mittermaier

D

ie toestande vir somergewasaanplantings is gunstig en produsente is druk besig met aanplantings. Die vroeë somerreën oor die grootste gedeelte van die tradisionele VKB-gebied was baie welkom en dit voorspel hopelik nog meer opvolgreën vir die res van die somerseisoen. Die beperkte hektare koring wat wel aangeplant is, vertoon in hierdie stadium uitstekend. Vir die eerste ses maande wat geëindig het op 30 September 2012 behaal VKB ’n omset van R2 191 miljoen wat heelwat beter is as die vorige jaar asook die begroting. Die prys van kommoditeite, wat skerp gestyg het, asook verhoogde omsette by die kommersiële dienste-afdelings, is grootliks vir die hoër omsette verantwoordelik. Graanpryse beïnvloed egter nie VKB se wins so direk soos in die geval van die produsente nie. Algemene Handel, Meganisasie en Insethandel het aansienlike stygings in omsette in vergelyking met die vorige jaar en die begroting getoon. Die nuwe nywerhede (Hoenders, Veevoer en Oliepers) het almal met produksie begin, maar dit sal nog geruime tyd neem voordat hulle ’n positiewe bydrae tot die netto wins maak. Met die uitsondering van Saadverwerking en die nuwe nywerhede presteer alle afdelings uitstekend en oorskry meeste afdelings se resultate die begroting asook die vorige jaar se wins. Hoewel die huidige jaar se mielieoes groter was as die vorige jaar, is die wins deur die Graanbemarkingsdepartement gerealiseer, heelwat laer. Die potensiaal vir positiewe posisierolle tussen maande was min en die Safex-mark was meestal op ’n invers. Die VKB-groep se netto wins vir die ses maande geëindig 30 September 2012 is R79,6 miljoen teenoor die vorige jaar se R68,3 miljoen en die begroting van R71,7 miljoen. Wat VKB se ander beleggings betref dra almal by tot die goeie resultate, maar is dit veral NTK Limpopo Agric en Crown Bag wat uitsonderlik goed presteer. VKB se totale kapitaal is aansienlik hoër as die vorige jaar, maar in lyn met die begroting, soos in onderstaande grafiek waargeneem kan word. Die investerings in die nywerhede, hoër graanvoorrade asook ‘n groter debiteureboek is grootliks vir die styging verantwoordelik. Die styging in graanpryse asook heelwat meer onverkoopte tonne het ‘n wesenlike invloed op graanvoorraadwaardes en vandaar die styging in Augustus. Die totale kapitaal aan die einde van September beloop R1 718 miljoen waarvan 29% rentedraende skuld is. Hoewel die totale kapitaal toegeneem het teenoor die vorige jaar het die rentedraende gedeelte egter gedaal.

Die halfjaarresultate vergelyk baie goed met die vorige jaar asook met die begroting. Ten spyte van die nuwe nywerhede se aanvangsverliese is die wins van die groep hoër as die vorige jaar vir die ooreenstemmende tydperk. Die vooruitskatting vir die res van die jaar wat aan die einde van die ses maande gedoen is, toon dat VKB die begrote wins van R148,7 miljoen gaan oorskry en baie naby aan die 2011-jaar se rekordwins gaan eindig. VKB geniet ongekende ondersteuning en lojaliteit van sy aandeelhouers en dit is die hoofrede vir die goeie resultate. 7

Invoere op rekordvlakke deur dr. Roelof Botha, Ekonomiese Raadgewer, PwC

S

uid-Afrika het ʼn haas onversadigbare aptyt vir ingevoerde goedere ontwikkel, wat besig is om druk op die betalingsbalans te plaas. Gedurende die eerste helfte vanjaar was goedere-invoere 12% hoër as gedurende 2005 se volle jaar. Voorlopig is daar geen rede tot onnodige kommer nie, aangesien ʼn groter-wordende tekort of die lopende rekening dikwels onvermydelik vir die proses van verdere ontwikkeling en ekonomiese groei is.

positiewe groeipad verkeer. Nog ʼn belangrike maatstaf vir die ontleding van buitelandse handel is die samestelling daarvan. Indien ʼn land se ekonomiese welvaart afhanklik is van die invoer van produkte soos olie en intermediêre vervaardigde produkte, is ʼn groterwordende tekort op die handelsbalans dikwels ʼn teken van hoër ekonomiese groei, soos trouens ook voor die onlangse resessie ervaar is. Samestelling van Suid-Afrika se invoere Januarie tot Augustus 2012

Bron: SARS

Miljard

Masjinerie Plastiek & rubber

Suid-Afrika se handelsbalans (insluitend goud)

Chemikalieë Papier, hout & leer

Glas & edelmetale

20

Klere & skoene

R miljard 15

Voertuie

10 Olie & brandstof

5

Landbou

2

3

4 1/ '1 2

2

3

4 '1 1 1/

2

4

3

'1 0

1/

2

4

3

2

'0 9

1/

1/

'0 8

0 -5 -10 -15 -20

Infrastruktuur bied ʼn voorbeeld. Indien ʼn land besig is met die uitbreiding van sy vermoë om op redelike groot skaal elektriese krag op te wek of nuwe damme te bou, kan dit gebeur dat duur ingevoerde toerusting tot ʼn tekort op die handelsbalans lei. Nog ʼn rede vir ʼn bietjie geduld met die beoordeling van die handelsbalans is in seisoenaliteit van in- en uitvoere geleë. Dit word dikwels in die landbousektor aangetref, terwyl valutaverdienste wat met toerisme verband hou, ook heelwat in die loop van ʼn kalenderjaar kan skommel. Verder moet die potensiaal om uitvoere in die mediumtermyn te verhoog, ook in ag geneem word. Gelukkig vir Suid-Afrika verwag die Internasionale Monetêre Fonds dat ekonomiese groei volgende jaar in die meeste van Suid-Afrika se vernaamste handelsvennote gaan toeneem, met al ses die wêreld se grootste ekonomieë wat op ʼn 8

Metaalprodukte

Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei nou al vir twaalf agtereenvolgende kwartale teen ʼn positiewe reële koers van bykans 3% en verskeie sektore is besig om momentum op te bou. Die Reserwebank verwag reële groei van meer as 3% vir 2013, terwyl sommige ekonome groei van na aan 4% vir 2013 in die vooruitsig stel. Nie minder nie as twee derdes van Suid-Afrika se totale invoere gedurende die eerste agt maande van 2012 word deur slegs drie kategorieë verteenwoordig, naamlik masjinerie & toerusting, voertuie en olie, en brandstof. Sonder dié invoere sal die Suid-Afrikaanse ekonomie in duie stort. Aan die ander kant moet die land deur middel van uitvoerverdienste hiervoor betaal, anders sal die wisselkoers beduidend verswak. Uitvoere sukkel egter om op dreef te kom ná die resessie van 2008/09. Gelukkig bestaan ʼn land se betalingsbalans darem nie net uit ʼn handelsrekening nie en is daar ook buitelandse valuta wat op die finansiële rekening invloei. Hier ver-

toon die prentjie aansienlik beter, met ʼn kumulatiewe netto invloei van meer as R1,1 triljoen sedert 2004. Hoewel die onlangse laer kredietgradering van Suid-Afrika se staatskuld deur Moody’s kommer laat ontstaan het oor die volhoubaarheid van ʼn wesenlike oorskot op die finansiële rekening, is daar egter ʼn sterk teenpool. Slegs drie dae ná die skokbesluit van Moody’s het die gesaghebbende internasionale finansiële instelling Citigroup besluit om Suid-Afrika in sy wêreldindeks van staatseffekte in te sluit, wat sonder twyfel die finansiële rekening op ʼn strukturele basis sal versterk. Dié indeks bestaan uit ʼn uitsoekgroepie van slegs 23 lande wat aan die nodige vereistes ten opsigte van fiskale en ekonomiese stabiliteit voldoen en Citigroup se besluit staan lynreg teenoor dié van Moody’s. Die tyd sal leer welke een van die twee korrek was, maar die aanvanklike reaksie op die kapitaalmarkte dui op ʼn verleentheid vir Moody’s, aangesien die opbrengskoers op Suid-Afrikaanse staats-effekte nie opwaarts beweeg het nie (soos wat behoort te gebeur ná ʼn afgradering). Op die keper beskou kan ʼn groterwordende tekort op die lopende rekening gedurende die res van die jaar ʼn bedekte seëning wees, aangesien die reële wisselkoers van die rand steeds Suid-Afrika se internasionale mededingendheid teenwerk. Hoewel die rand sedert 2010 verswak het, is die reële wisselkoers tans op naastenby dieselfde vlak as die 2000-basisjaar en sal ʼn matige verdere verswakking welkome nuus vir uitvoerders wees. Reële effektiewe wisselkoers van die rand (2012 = gemiddeld tot 20 September, Bron: SA Reserwebank) 120

Indeks; 2000 = 100 110

100

90

80

70 2000

'01

'02

'03

'04

'05

'06

'07

'08

'09

'10

'11

'12

G

eld wat stom is,

maak ruilhandel makliker deur dr. Philip Theunissen Computus Bestuursburo

I

n ’n primitiewe dorpie, sowat 20 000 jaar gelede, het daar ’n jagter, ’n kleremaakster en ’n bakker gewoon. Buite die dorpie was daar ’n koringboer en ook ’n melkboer. In die berg daar naby het ’n ou man gewoon wat mooi klippe versamel het. Elkeen van hierdie persone het baie gou agtergekom dat hulle hul werk geniet as hulle spesialiseer en ook meer produkte kan produseer as hulle hulself op een aktiwiteit toespits. Gevolglik het die onderlinge uitruil van produkte baie belangrik geword om hulle eie situasie mee te kon verbeter. Dié uitruilskema het baie doeltreffend gewerk maar die enigste probleem was dat die jagter graag vleis vir klere by die kleremaakster wou ruil, maar sy was ‘n vegetariër. Die melkboer wou graag sy kaas vir brood by die bakker ruil, maar laasgenoemde kry ’n uitslag van suiwelprodukte. Die ou oom in die berg vrek weer oor biltong, maar hou nie daarvan om diere dood te maak nie. Die jagter ruil toe van sy vleis vir ’n goue klippie by die ou oom. Toe die kleremaakster die klippie sien, bied sy dadelik aan om vir die jagter ’n stel klere te maak in ruil vir die mooi klippie. Die melkboer het weer die goue klippie in ruil vir kaas by die kleremaakster gekry en dit vir die bakker gaan aanbied vir brood. Later word net die goue klippies as betaalmiddel aanvaar en ’n goudsmid kom vestig hom op die dorp wat die groot klippe tot ewe groot kleiner stene verwerk sodat elke steen dieselfde gewig is. Hy bêre die onverwerkte klippe in sy kluis. Op ’n dag het die kleremaak-

10

ster nie ’n goue steen byderhand om vir die melkboer te gee nie. Sy gee toe vir hom ’n brief wat aan die goudsmid opdrag gee om ’n steen te maak uit een van haar onverwerkte klippe in sy kluis en dit aan die melkboer te gee. Meer mense begin toe sommer die briefies gebruik en later ruil hulle bloot die briefies vir produkte uit in plaas daarvan om elke keer by die goudsmid ’n steen te gaan haal. So ontstaan papiergeld in die plek van goue stene.

Ruilmiddel Die inwoners van die primitiewe dorpie het met verloop van tyd ’n geldstelsel ontwikkel wat vir almal as ruilmiddel aanvaarbaar was. Geld, eerder as elkeen se selfgeproduseerde produkte, kon toe vir ’n ander se produkte verruil word. Geld verteenwoordig dus ’n produk en stel mense in staat om een produk te vervaardig maar ’n ander te verbruik. Geld gee vryheid om iets anders te verbruik as wat ’n mens self kan produseer. As daar in aanmerking geneem word dat produkte weer die resultaat van arbeid is, is geld in wese ’n ruilmiddel vir arbeid. In die voorbeeld van die primitiewe dorpie kon die ontwikkeling van die geldstelsel bietjie versnel word. In die werklike lewe het hierdie ontwikkeling oor eeue heen plaasgevind. Die mensdom het met verloop van tyd verskeie items as ruilmiddel probeer. Onderskeie groepe het ook nie noodwendig dieselfde items as ruilmiddel gebruik nie. Ruilmiddels wat gebruik was, is skulpe, klippe, boombas,

walvistande, hondetande en vere. Ander ruilmiddels soos vee, vrugte en graan is ook gebruik. Die eenvoudige feit is gevolglik dat geld enigiets kan wees wat mense wil hê dit moet wees. Dit is egter nie te sê dat die ooreengekome geldstelsel noodwendig goed en sonder gebreke is nie. Die gemene deler tussen al die verskillende stelsels is dat die gebruikers daarvan onderling tevrede moet wees dat dit ’n aanvaarbare ruilmiddel is waarmee hulle met vertroue met mekaar kan handel dryf.

Waarde arde Geld op sigself het geen nw waa waarde aard aa rd de nie, maar dit bied toegang ttot ot waarde. voorafgaande de. Wat in die voorafg fgaande verhaaltjie aaltjie opval, is dat ge geld mettertyd d sy direkte waarde de v verloor het en op n slegs ’n syferr o p ’’n n papier begin internet-era n raak het. In d die int nte ernet-era het geld digitale aanduield selfs ’n nd igitale a anduiding geword.. H Hierdie “ontHie ierd rdie “on ntkoppeling” van geld eling” v an g gel eld d aan n ie iets ts w wat ’n werklike waarde het, erklike wa waar arde de h het et,, word d moontlik gemaak omdat ntlik gem emaa aak k om o dat mense me e e daarvan oortuig dat van oo ort rtui uig g is d at geld ’’n n waarde en ook hierdie waarde de hett e n oo o k hi ierrdi die ew aar arrde de kan behou. A Ass me egter mooi mens e gter m ooi daaroor baie oor nadink, nadi dink nk,, is g geld ’n ’ b aie wankelrige basis om finansiële kelrige b asiss o as m ’n fina ansië ële stelsel baseer aangesien el op te e ba base seer er a ange esien e die ie waarde daarvan baie meer de daa arv rvan an b bai aie e me eerr simboliess as realisties real alis isti ties es is. is. Gelukkig hoef kkig hoe oeff on onss ni nie e ne net op p die geloof mense waarde of van m ense en se iin n di die e waa arde van geld te vert vertrou Hoewel rtro rou u ni nie. e. H oewe oe el

geld op sigself geen waarde het nie, sit daar darem ’n “organisasie” daaragter wat tot op ’n sekere vlak die waarde van geld kan waarborg. Vroeër is hierdie rol deur individuele banke vervul, maar deesdae het elke land ’n sentrale bank wat die waarde van sy geldeenheid rugsteun. Hierdie waarborge hou mense se vertroue in ’n geldeenheid in stand.

Kenmerke Dit is duidelik dat ’n geldeenheid op sigself geen waarde het nie omdat dit in wese ’n konsep vir waarde is wat in mense se koppe bestaan eerder as wat die waarde fisies bepaalbaar is. Gevolglik moet geld oor sekere kenmerke beskik om as geldeenheid te kan dien: Ruilmiddel: Geld moet teen enige goedere of dienste geruil kan word, ongeag wie daarby betrokke is.

Rekeneenheid:

Die waarde van die goedere of dienste wat geruil moet word, moet in ’n bepaalde hoeveelheid geld uitgedruk kan word.

Duursaam:

Geld moet by voorkeur met verloop van tyd nie tot niet kan gaan nie.

Deelbaar:

Die geldeenheid se waarde moet verklein of vergroot kan word om by die waarde van die goedere of diens aan te kan pas.

Draagbaar:

Geld moet ’n hoë waarde volgens sy gewig hê sodat dit gemaklik rondgedra kan word.

Wisselbaar:

Geld moet vir elkeen dieselfde waarde hê, ongeag wie daarmee wil koop of waar daarmee gekoop word.

Intrinsiek:

Geld se intrinsieke waarde moet gelykstaande wees aan die waarde wat dit in die betalingsverkeer verteenwoordig. Geld is dus enigiets waarop mense ooreenkom om hul produkte en dienste onderling mee uit te ruil maar het op sigself geen waarde van sy eie nie. Dit is ’n onderlinge betroubare simboliese konsep wat mense op die waarde van hulle arbeid plaas. Geld se ondersteunende waarde is dus arbeid en daarom kan geld as blote simbool op sigself nie vir mense rykdom skep nie. Die enigste werklike rykdom wat die mens kan akkumuleer, is om sy kennis, ondervinding en vaardighede te verbeter sodat hy die waarde van sy arbeid kan verhoog. 11

Dit is noodsaaklik dat gemeenskappe, besighede en die jeug die waarde van landbou verstaan en waardeer Willie du Plessis - Hoof Agribesigheid SA

D

ie landboubedryf ervaar tans goeie groei met ferm kommo-diteitspryse en sterk vraag. Natuurlik is daar altyd sei-soenaliteit en siklusse betrokke en ook sekere industrieë wat baie goed presteer ten koste van ander, maar oor die algemeen is daar definitief ’n positiwiteit wat tans uitbreidingstrategieë ondersteun. Daar is verskillende makro-ekonomiese elemente wat die ekonomiese bal aan die rol hou. Laer ekonomiese groeikoerse inter-nasionaal plaas egter verdere druk op veral die Europese kontinent. Verder sal ons plaaslike ekonomie ook teen ’n stadiger pas groei, maar teen ’n beter koers as die globale speelveld. Lande waar die bruto binnelandse produk (BBP) stewig sal groei, sluit in Indië, China en Rusland, om maar ’n paar te noem. Die wêreld betree waarskynlik ’n tydperk van verlengde verlangsaming in groei. Rentekoerse sal laag bly oor die mediumtermyn, wat kapitale uitbreiding ondersteun en dit vir landbou moontlik maak om nodige vervanging te implementeer. Hoewel die huidige rand-dollarwisselkoers sterker presteer as die laaste kwartaal van 2008, het die wisselkoers oor die laaste paar weke weer begin depresieer, wat uitvoergeleenthede ondersteun. Die landbou se bruto-inkomstevlakke het ook goed presteer en winsgewendheid was ondersteun deur goeie kommoditeitspryse. Die bruto inkomste het jaar-opjaar met 22% gegroei tot en met Junie 2012, terwyl die netto boerderywins met 56% toegeneem het (grootliks danksy veranderinge in 12

lewendehawe-voorraad). Mielies het die grootste bydrae tot die hoër inkomstevlakke gelewer met ’n jaar-op-jaar groei van 22% wat ’n addisionele R14,2 miljard by landbou-inkomste gevoeg het. Landbou se ruilvoet, hoewel steeds onder druk, volg ’n positiewe tendens. Dit is grootliks danksy beter integrasie in die waardeketting wat agribesighede toelaat om ’n groter deel van die verbruiker se rand te bekom. Belegging in die industrie het ook toegeneem met skuldvlakke wat gegroei het om uitbreiding te finansier. Hoewel skuldvlakke gegroei het, bly die solvabiliteit binne aanvaarbare vlakke en reflekteer dit potensiaal en vertroue in die industrie. Verder is dit interessant dat die waarde van totale bates meer as verdubbel het oor die laaste dekade. Volgens sekere ekonome lyk die landbousektor se groei oor die korttot mediumtermyn baie goed en sal die sektor se BBP-groei die res van die ekonomie vir die volgende twee jaar uitpresteer. Landbou bly ’n strategiese industrie met ’n baie belangrike stabiliseringsrol in die breër ekonomie. Daar word talle male verwys na landbou se klein direkte bydrae

tot BBP, maar indien die voor- en terugwaartse bydrae ook in ag geneem word, kan die bydrae tot 12% toeneem. Dit is noodsaaklik dat gemeenskappe, besighede en die jeug die waarde van landbou verstaan en waardeer. Suid-Afrika se landbou is te gefragmenteer en benodig vrymoedige leierskap om ’n visie te skep wat eenheid bevorder onder al die spelers in die waardeketting. Om dit te bereik, moet daar konstruktiewe en sinvolle betrokkenheid en kommunikasie plaasvind. Dit gaan ook in die toekoms nóg belangriker raak vir leiers in beide die privaat en openbare sektor om uitdagings deur samewerking te oorkom. Landbou is in die unieke posisie om deur eenheid noemenswaardige mylpale te bereik. Landbou moet egter gedestigmatiseer word om weer by die jeug van vandag aanklank te vind en as ’n beroepsgeleentheid gesien te word. Landbou van die toekoms gaan baie verskil van vandag en die boere en besigheidsmanne wat hierdie golf gaan ry en oorleef, sal moet aanpas by die vinnig veranderende omgewing.

14% 12% 10% 8% 6% 4% 2% 0% 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 GI

Upstream linkages

Source: StatsSA, DAFF, DTI and own calculations

Downstream linkages

Alles loop reg,

steeds altyd reg met Mortimer Toyota

A

s Toyota-handelaar op Reitz beplan Mortimer Toyota, wat sedert September deel is van die plaaslike gemeenskap, om hul naam as betroubare motorhandelaar en diensverskaffer gestand te doen en die ondernemings en boeregemeenskap van die streek tot diens te wees – soos waaraan hierdie mense gewoond is. Mortimer Motors het in 1961 sy deure in Escort geopen, en hoewel dit nie van die begin af ’n Toyota-handelaar was nie, het die stigterslede gou genoeg besef dat Toyota in die toekoms een van die mees gesogte voertuie sou word. In 1969 is die Toyota Hilux in SuidAfrika bekendgestel en is tot vandag toe steeds een van die heel grootste rolspelers in die 1-tonvoetuigmark. Dit was dus onvermydelik dat Mortimer in daardie jaar ’n Toyota-handelaar geword het. In 1997 het Mortimer Toyota die franchise in Ladysmith bekom. In 1998 was dit Newcastle wat bygekom het, en in 1999 was dit Harrismith se beurt. In 2003 het Mortimer Toyota Bethlehem die lig gesien. Met Mortimer Toyota Reitz as die “baba” in hierdie gesin van ses, geniet die plaaslike gemeenskap nou al die voordeel van al die jare se ondervinding wat hierdie onderneming kan bied. Die feit dat die bestuur van Mortimer Toyota Reitz in die hande van plaaslike mense geplaas is, beteken dat kliënte steeds met bekendes gaan sake doen – mense wat die plaaslike mense en omstandighede ken. Dit is dus soos om met ou vriende besigheid te doen – geen onverwagse verrassings nie. Mortimer Toyota beskou hulself ook as deel van die plaaslike gemeenskappe waarbinne hul sake doen, en roem daarop dat hulle as familie-onderneming hul kliënte as deel van hul uitgebreide familie beskou. WAT DOEN MORTIMER TOYOTA VIR DIE GEMEENSKAP Hierdie onderneming glo daaraan 14

om betrokke te wees in en by die Hulle bied ook ’n 24-uur-teengemeenskappe met wie hulle sake spoeddiens vir al hul kliënte, en as doen. Hulle is uiters besorg oor die jou Toyota vir jou probleme gee, omgewing en die noodsaaklikheid belowe hulle om jou met raad en daarvan om hulpbronne en die daad by te staan. natuur te bewaar vir ons nageslag. Met hierdie onderneming as jou Daarom doen hulle alles in hul ver“vennoot” kan jy verseker wees dat moë om van papier tot glas, olie jou onderneming se wiele aan die en selfs die gasse van motors se rol sal bly. lugversorgers te herbenut. Groot bedrae geld word bestee wanneer ’n nuwe motorhandelsonderneming gevestig word om absoluut seker te maak dat hul koolstofvoetspoor ten opsigte van besoedeling so klein as moontlik is. Hulle dra ook by tot die opruiming van die Mortimer Toyota Reitz omgewing en betrek skole en ander instansies by skoonmaaksessies Kontakbesonderhede Tel. 058 86 32831 in parke en sensitiewe gebiede in Faks: 058 8632521 die gemeenskap. Hierdie onderneming is reeds ten Dirk Wium Verkoopsbestuurder nouste betrokke by die boereSel: 084 580 3516 vereniging en het reeds ook as Connie Neethling Verkoopskonsultant borge opgetree tydens die VKB Sel: 083 751 1458 Rugbyweek. WAT BIED MORTIMER TOYOTA REITZ Al ses die motorhandeltakke is toegerus met die nuutste werkswinkels en hoogs opgeleide tegnici om ondernemings se voertuie in stand te hou en optimaal te laat werk. Hierdie werkswinkels en dienssentrums is deur Toyota Suid-Afrika goedgekeur. Wanneer onderdele vervang moet word, sorg Mortimer se 24-uurkoerierdiens dat die nodige binne 24 uur afgelewer sal word sodat kliënte se ongerief tot die minimum beperk word. Wanneer jy ’n voertuig deur Mortimer Toyota aankoop, word finansiering vinnig en doeltreffend gereël, en elkeen van die werknemers is ingestel op net die heel beste naverkoopdiens.

Mike Fourie Verkoopskonsultant Sel: 083 258 6711 Gerhard Lourens Verkoopskonsultant Sel: 072 435 4497

Ander Mortimer-takke Mortimer Weskus Vredenburg 022 713 2216 Mortimer Toyota Bethlehem 058 303 5441 Mortimer Toyota Estcourt 036 352 3045 Mortimer Toyota Harrismith 058 623 0939

Mortimer Toyota Ladysmith 036 637 7084 Mortimer Toyota Newcastle 034 312 9465

Is jy seker jou dienskontrak bevat al die nodige elemente?

w

Ons het verlede maand gekyk na dienskontrakte en die noodsaaklikheid daarvan. Vandeesmaand kyk Johan Strydom van nader na wat alles in die dienskontrak gestipuleer moet word. Onthou, ’n diens- of werkkontrak dien ter beskerming van beide partye die werkgewer én die werknemer.

I

n só ’n kontrak moet al die voordele gestipuleer word, soos byvoorbeeld jaarlikse verlof, siekteverlof, gesinsverantwoordelikheidsverlof, salaris, kennisgewing van diensbeëindiging en so meer. Dit is baie belangrik om nie van ’n standaard dienskontrak gebruik te maak nie aangesien die boerdery-aktiwiteite aansienlik kan verskil van een werkgewer na ’n ander. Gewoonlik sal daar ’n proeftydperk in so ’n kontrak ingebou word. Let daarop dat die werknemer se dienste nie bloot net beëindig kan word aan die einde van die proeftydperk nie. Daar moet vooraf gesprekvoering wees waar die werkgewer die werknemer se tekortkominge skriftelik moet dokumenteer. So ’n gesprek(ke) neem gewoonlik die vorm van ’n beradingsessie aan. Afgesien van die dienskontrak moet daar ook ’n verblyfkontrak opgestel word wat al die verblyfaspekte van die werkers wat op plase bly, spesifiseer. Die rede hiervoor is dat die verblyfaspekte onder die jurisdiksie van die departement grondsake val en dat dit wat in die dienskontrak vervat is, onder die departement arbeid val. Die kontrakte kan in Afrikaans óf Engels gedoen word, maar ek sal aanbeveel dat iemand die inhoud daarvan tolk in die werknemer se taal en dat daardie persoon (die tolk) op die kontrak aanteken dat hy dit aan die werknemer getolk het en dan daarby teken. In die geval waar daar weduwees in diens is en op die plaas woonagtig is, moet hulle ook die verblyfooreenkoms onderteken, aangesien hulle dan as die okkupeerder gereken word.

op dié wyse aangestel kan word nie. Togwerkers sal gewoonlik vir ’n kort periode aangestel word. ’n Voorbeeld waar iemand vir ’n langer termyn aangestel word, is byvoorbeeld wanneer jy ’n plaas huur en jou huurkontrak is vir vier jaar en jy het werkers net vir daardie periode nodig. Die termynkontrak word dan gekoppel aan jou huurkontrak.

Tydelike kontrak ’n Tipiese voorbeeld van ’n tydelike kontrak is waar ’n werknemer vir ’n lang tydperk siek is en jy stel iemand in sy plek aan vir daardie tydperk. Weereens, soos in die geval van ’n vastetermynkontrak kan jy hier ook nie iemand in ’n permanente pos op ’n tydelike basis aanstel en dan die persoon se dienste aan die einde van die tydelike kontrak beëindig nie. Wees net bedag daarop om nooit iemand aan te stel alvorens so ’n persoon sy kontrak geteken het nie. By gebrek aan ’n skriftelike kontrak, word daar aanvaar dat die persoon permanent aangestel is, indien die aangeleentheid op ’n dispuut sou uitloop. Let ook daarop dat ’n huiswerker op ’n plaas ook as ’n plaaswerker geklassifiseer word en dat die salaris daarom dieselfde moet wees as die ander plaas werkers s’n.

Vastetermynkontrak ’n Vastetermynkontrak kan slegs gebruik word in gevalle waar ’n persoon vir ’n sekere projek aangestel word wat vir ’n sekere tydperk duur. ’n Vastetermynkontrak kan byvoorbeeld nie gebruik word om iemand in ’n permanente pos aan te stel nie, maar jy gebruik dan die vastetermyntydperk om eers die persoon te evalueer. Sou hy nie die mas opkom nie beëindig jy die kontrak aan die einde van die tydperk. Daar is nie ’n vasgestelde periode waarop iemand 15

Jou en jou gesin se veiligheid hang steeds deur Kobus Breytenbach (voorsitter van Wet en Orde Vrystaat Landbou) ‘n Veilige omgewing in die landelike gebiede is een van die hoekstene vir ’n suksesvolle en volhoubare landboubedryf. Verskeie rolspelers asook toerusting dra by tot die verskil tussen ’n onveilige en ’n veilige omgewing. Hoewel die SAPD ’n konstitusionele verantwoordelikheid ten opsigte van misdaadbekamping en -voorkoming het, is dit dikwels weens verskeie redes ontoereikend. Landbouers/produsente het ook ’n verantwoordelikheid om na hulle eie huis en haard om te sien. Die traak-my-nieagtige houding en onbetrokkenheid dra dikwels by tot ’n toename in misdaad. Gevolglik word ’n onveilige toestand ook so bevorder. Die gereelde inoefening van ’n gebied se veiligheidsplan saam met die SAPD kan die leemtes uitwys. Tans is daar ’n verskeidenheid veiligheidstoerusting soos alarms, kameras en kommunikasietoerusting in die handel verkrygbaar. Deeglike ondersoeke moet gedoen word alvorens sodanige toerusting aangekoop word sodat dit doeltreffend en effektief aangewend kan word vir die doel waarvoor dit benodig word. Die gebruik van sodanige hulpmiddels is van groot waarde vir ’n veiliger omgewing. Daar bestaan geen waarborg dat sulke hulpmiddels misdaad geheel en al sal voorkom nie. Misdadigers raak vaardiger om veiligheidstelsels te omseil om sodoende hul doelwit te bereik. Volgens navorsing deur UNISA gedoen onder gevonniste misdadigers, bly die beste afskrikmiddel steeds goeie beligting en daardie kleiner wakker tipe hond in die huis.

Lees meer in die volgende uitgawe oor Nalatigheid, Pro-aktiewe optredes en paraatheid

Ken die feite oor plaasmoorde en landelike veiligheid deur Danie Appelgryn ’n Week gelede, nadat ek gevra is om ’n artikel saam te stel oor moontlike beskermingsmetodes en tegnologie wat boere kan help om aanvalle te voorkom, was ek baie opgewonde om ’n bydrae te lewer. In die daaropvolgende paar dae wat ek spandeer het aan navorsing, het my opgewondenheid egter verander in absolute nederigheid. Nederigheid omdat die pyn wat veroorsaak is, onmeetbaar is in enige berekenbare of nagevorste verklaring. Ek deel dan ter nagedagtenis en met respek aan die slagoffers my kennis en inligting met nederigheid. Ek het met ’n paar rolspelers gepraat en gekyk wat reeds gedoen word rakende die bekamping en stryd teen plaasaanvalle om sodoende ’n samewerkende fokus te skep eerder as om net nog ’n kant van die storie te vertel. Ek het besluit om my fokus daarop te plaas om die boere en rolspelers bekend te stel aan bestaande tegnologie wat kan help in die stryd teen landelike veiligheid. Ek is heeltemal bewus daarvan dat daar al van oral af een of ander spesialis hul kennis met jou gedeel het en moontlike oplossings gelewer het. Ek gaan jou nie ’n ou storie op ’n ander manier probeer vertel nie, maar eerder vir jou wys waar die storie(produk) sy oorsprong het, wat die boer en organisasie van binne sal bemagtig om meer effektief te wees met oplossings. Ek glo nie een oplossing is noodwendig geskik vir almal nie, en as ek die eindgebruiker kan blootstel aan wat gewoonlik net aan die installeerder en tegnikus bekend is, weet ek meer en meer individuele, groepe en gebiedsoplossings sal gevind word.

Waar begin ons dan, en wat moet jy eerste doen 1.

Raak betrokke by jou plaaslike veiligheidsinisiatief, en bly op hoogte van Afriforum se “Een dosyn projekte teen plaasaanvalle”. 2. Volg en maak die wenke om veiliger te lewe, deel van jou bestaan. 3. Onthou daar is baie kennis daar buite, maar daar bestaan nie so iets soos ’n ekspert in dié tipe misdaadvoorkoming nie. 4. Elkeen het dus die reg om sy insette en bydraes te lewer. Jy is nie in die stad waar die buurman of gewapende reaksiespanne vyf minute weg is nie. 5. Moenie arrogansie met oplossings misgis nie. Een boer se opgeblaasde selfvertroue is ‘n ander se pyn. Wees haastig om te luister en geduldig met jou antwoord. 16

grootliks van jou af

Veiligheidswenke wat in die volgende uitgawes bespreek sal word Nou wat is dan ’n moet as dit by sekuriteitstoerusting kom? 1. Kommunikasie Kommunikasie tussen jou en jou bure in die omgewing is van kardinale belang. 2. Alarmstelsel Moenie op gehalte inboet nie. Nee, jy hoef nie die duurste te koop nie. In die volgende aflewering sal ons inligting oor geure, kleure en oplossing wat beskikbaar is. 3. CCTV-kameras Asof alarmstelsels nie genoeg is nie, dan nog kameras ook? Tegnologie het so ver gevorder dat ’n betroubare stelsel nie meer ’n plaas se prys kos nie. As jy ’n stelsel kan bekostig, sou ek sê dit is ’n moet. Bostaande toerusting is in volgorde van belangrikheid gelys. Alles gaan oor bekostigbaarheid; skaf dit dus in hierdie volgorde aan. Mense wat nie die toerusting kan bekostig nie, moet hulle toespits op die wenke hieronder (sal in die volgende uitgawe breedvoerig bespreek word): Verdere toerusting soos elektriese heinings, toegangsbeheer, identifikasiestelsels en nog veel meer. Stuur gerus navrae oor spesifieke behoeftes wat ek sal ondersoek en probeer antwoorde verskaf. ’n Brokkie produknuus Almal wil deesdae op hul selfone kan kyk wat gebeur by die werk of by die huis (of op die plaas). As jy ’n ADSLlyn (permanente gekoppelde Internet-konneksie) het, is dit nie ’n probleem nie. Maar... wat as jy op ’n plaas bly en Telkom sê vir jou jy is jou varkies kwyt? Tegnologie het egter al tot so ’n mate gevorder dat – afhangend van waar jy bly – ons die probleem kan oorbrug sonder dat dit ’n plaas se geld kos. Tot dusver was die oplossings baie duur, maar dinge het verander en ek glo in die volgende paar jaar sal ons eksklusiewe tegnologie baie bekostigbaar wees vir die algemene publiek. Ek en ’n installeerder het ’n baie duur oplossing vereenvoudig tot ’n baie bekostigbare oplossing vir enigiemand wat in ’n gebied bly waar daar selfoonnetwerkopvangs is. En waar die opstel gewoonlik ’n kopseer kan wees, het ons dit in ’n doen-dit-self-projek omskep. Nie net sal jy kan inskakel op die kameras nie; jy daar is van die toerusting wat jou van enige voorvalle in kennis kan stel. Sulke stelsels is volop en vrylik beskikbaar in die stad. Dit is egter nou baie meer bekostigbaar en betroubaar vir die boer op die plaas.

Jy kan uitsien na: 1. ’n Bespreking oor alarmstelsels – tipes, tegnologie en aanbevelings van spesialiste op die gebied. 2. ’n Bekendstelling aan instansies en organisasies wat tot nou toe geslote was vir die boer. 3. CCTV-stelsels vir die boer op die plaas. 4. Veiligheidswenke en beplanning. 5. Ander stelsels - eksklusiewe tegnologie. 6. Hoe lyk jou gebied se veiligheidsnetwerk? En nog vele meer. Produkte wat in die artikels gelys en geadverteer word, sal gemotiveer en gestaaf word deur die verskaffer self. Vir enige navrae, kontak my per e-pos by [email protected]. 17

Oom Hennie van der Watt Oudste en seker trotsste lid van VKB deur Hannelie Cronjé

O p ’n Maandagoggend teen elfuur stap ek by oom Hennie (92)

en tannie Joyce van der Watt in by Huis Sorgvry op Reitz. Hulle plekkie is netjies en die mooi antieke meubels en ander oudhede blink in die oggendson wat deur die venster op die twee gryskoppe val waar hulle elkeen met ’n glas vrugtesap sit. Die warmte wat my omvou terwyl ek daar by hulle twee sit, kom beslis nie net van die son af nie; dit straal uit hulle uit. Binne tien minute verlang ek na my eie ma wat net so mooi na my pa kyk soos wat tannie Joyce met oom Hennie doen. En ek verlang na my eie pa – ’n man met net soveel kennis, deernis, sagtheid, vriendelikheid, sterkte (miskien nie meer fisies nie, maar beslis nog in alles anders), en liefde vir sy kinders, klein- en agterkleinkinders as oom Hennie. En skielik dink ek aan Snotkop se liedjie, “Song vir my Dad”. Ek ruk myself vinnig reg sodat ek nie die draad van ons gesprek verloor nie, en luister weer na hoe oom Hennie vertel hoe hy as kind van Dundee in Natal saam met sy ouers na Reitz toe getrek het in 1933 waar hulle op die plaas Klipfontein gaan woon het. “Ons was vier kinders – die ander heelwat ouer as ek – maar ons kinders is daardie tyd vooruit met die trekkery, met my ouers en al die skape wat padlangs agterna gekom het – al die pad geloop. Toe, ’n paar jaar later, trek ons na die plaas Delta. Daar het ek in die plaasskool begin skoolgaan. “En toe ek klaarmaak met skool, het ek ’n melkery op die plaas Heuweltop begin. Jong, eers het ek die melk pad toe geneem, 18

maar daar het hulle net die room afgeskep en dan stuur hulle weer die res terug. Toe besluit ek dan moet hulle maar die melk óp die plaas kom haal.” So met die jare het oom Hennie vir hom nog plase aangekoop. Hoewel hy steeds nog ’n klompie beeste het, word die melkery nie meer bedryf nie. “My seun Paul het so ’n paar jaar gelede afgetree. Nou bestuur hy maar die plase vir my. Maar ek hou maar nog ’n stewige hand op alles,” skerts hy. “Ek gaan kuier baie op die plaas en ek moet nog gereeld soute en lekke aanry soontoe.” Hy haal ’n kasregisterstrokie uit sy sak en wys vir my: “Kyk, ons koop nog al die jare by VKB, en ons betaal vir alles kontant.” Oom Hennie bly steeds op hoogte van wat alles op die plase aangaan sodat hy in voeling kan bly met die boerdery. Oom Hennie se een dogter, Susan, het ’n koffiewinkel in Pretoria, en die ander een, Alida, woon op een van die plase by Reitz. “Ons verhuur van die grond vir saaiery, en wat ons vir die beeste nodig het, plant ons nog self,” vertel hy. Toe ek vir oom Hennie vra of hy nie vir my die plaas wil gaan wys nie, is hy vuur en vlam. Ons spreek af om die volgende Maandag plaas toe te gaan. “Ek sal Oom-hulle so elfuur kom oplaai,” bied ek aan. “Nee, my kind, ons sal halfnege reg wees vir jou. ’n Mens moet vroeg uitry plaas toe,” wys hy my tereg. Daardie Sondagoggend in die kerk praat die dominee weer nét met my toe hy preek oor bejaardes. “Moet hulle nie onderskat nie – die seniors het baie meer wysheid en kennis as wat ons

aan kan dink,” sê hy, en ek dink onmiddellik aan oom Hennie en tannie Joyce (en aan my pa en ma!). Halfnege Maandagoggend is ek by Huis Sorgvry om die twee op te laai. Hulle albei is amper deftig uitgevat. Langs die pad wys hy die plaas se grense en tannie Joyce vertel saam aan staaltjies van lank gelede. Op die plaas, by Paul se huis, verwelkom sy vrou, Marieta, ons, en dit word ’n kuier op die voetpad van herinneringe waarop ek rustig saamstap, saam rus, saam lag en my verluister. So tussen die stories deur hoor ek dat oom Hennie vlot Zoeloe en Sotho kan praat. Hy gesels oor sy liefde vir sy Drakensberg-beeste en hy vertel ook van sy Bonsmaras. En tussendeur spog hy as’t ware met hul drie kinders, ses kleinkinders en nege agterkleinkinders. “Hy het op ’n dag met ’n donkie hier op die plaas aangekom,” vertel Paul op ’n kol. “Toe my pa die donkie sien sê hy, ‘Donkies is baie beter as perde’. Blykbaar in Dundee nog, het al die perde gevrek, maar die donkies het oorleef. My pa sê hy het met ’n donkie skool toe gery. Hy is baie lief vir donkies. Jy sal sien, hier op die plaas loop die donkies saam met die beeste en wei.” Die kuiery verskuif later na Lower Basigo, die plaas waar oom Hennie grootgeword het, en waar sy kinders ook grootgeword het. Met die heimwee duidelik in sy oë wys oom Hennie waar hy ‘n “lêwwetrie” gebou het. “Ons het alles hier op die plaas self gebou met plaveistene wat ons van Vereeniging af aangery het. Toe ons hier gekom het, was hier net ’n varkhok. Sien jy daar waar daai gras nou staan, daar

het ek perskebome geplant gehad. En die twee damme wat jy daar sien, hulle het ek ook gebou,” vertel oom Hennie trots en beduie na die damme en na die treinspoor toe. “Die treine het altyd hier op die plaas stilgehou om water uit die put te kry.” Met die terugry beduie hy na al die bome wat hy geplant het; die drade wat hy gespan het, en ek besef oom Hennie se spore lê diep in hierdie stuk aarde. Die bewyse van sy lewe daar, staan soos monumente.

Teen die tyd dat ek hulle by Huis Sorgvry groet, is oom Hennie en tannie Joyce vir my soos eie familie. Met die wegry dink ek weer aan Snotkop se liedjie en aan al die monumente wat oom Hennie met sy handewerk agterlaat hier in Reitz se wêreld – wat ’n wonderlike getuigskrif vir ’n merkwaardige mens se lewe. O ja, oom Hennie, VKB sê dankie vir oom se ondersteuning die 72 jaar wat oom al lid is.

Oom Hennie se gunstelinge: Gereg: Lekker stukkie skaapvleis, maar deesdae ook vis

Drinkdingetjie: Glasie wit wyn Musiek: Sagte, rustige musiek TV-program: Stoei Lees: Ek het nooit tyd gehad vir lees nie, maar deesdae lees ek sommer alles

Song vir my Dad Snotkop

En al breek, al breek 'n storm los oor die see. Weet ek, my pa sal altyd daar vir my wees.

Dis nooit maklik nie, my woorde lê ver. Maar ek wil dit sê. So ek skryf dit in 'n song vir my dad. Soms is dit moeilik om die woorde te sê. So ek skryf 'n song, wat sê hoe baie lief ek hom het. En my ster. Is nie ver. Want my held. Is my dad.

Kom reënweer op jou dagbreek, en soms hartseer. Weet net ek sal altyd daar wees. En in onweer, kan niks my keer, want ek weet. My pa het my van beter geleer. En al lê, al lê 'n donker wolk oor daai berg. Weet ek, die son skyn altyd helder by dad. En al breek, al breek 'n storm los oor die see. Weet ek, my pa sal altyd daar vir my wees. Want my ster. En my held. Hou my sterk. So ek skryf dit in 'n song vir my dad.

Hou my sterk, en so ek skryf dit in 'n song vir my dad. En al lê, al lê 'n donker wolk oor daai berg. Weet ek, die son skyn altyd helder by dad. En al breek, al breek 'n storm los oor die see. Weet ek, my pa sal altyd daar vir my wees. Want my ster. Is nie ver. En my held. Is my dad. Hou my sterk, so ek skryf dit in 'n song vir my dad. Dis nooit maklik nie, my pen los 'n merk. Maar ek wil dit sê. So ek skryf 'n song vir my dad. Daar's soveel woorde en my woorde is min. So ek skryf 'n song. Wat sê hoe trots ek op my pa is. Want my ster. Is nie ver. En my held. Is my dad. Hou my sterk. So ek skryf dit in 'n song vir my dad. En al lê, al lê 'n donker wolk oor daai berg. Weet ek, die son skyn altyd helder by dad.

19

Bosluis-oorgedraagde siektes deur Corné Mostert Ons weet dat bosluise direkte en indirekte skade veroorsaak. Die grootste verliese is weens bosluis-oorgedraagde siektes soos rooiwater, anaplasmose (galsiekte) en hartwater. Die beheer van hierdie siektes is kompleks en ’n goeie kennis van die verskillende bosluise en hul lewensiklusse word benodig om die siektes doeltreffend te kan bestuur. /*.'

Rooiwater het die grootse impak. In die veesiekte-opnames blyk dit maar die een siekte te wees wat deur die jaar as ’n probleem genoem word. Daar is twee tipes naamlik Afrika rooiwater (B. bigemina) en Asiatiese rooiwater (B. bovis)

Afrika rooiwater

Afrika rooiwater word oorgedra deur die nimf- en volwassestadium van twee bloubosluisspesies (R. decoloratus en R. microplus). Hierdie rooiwaterbesmette bosluise dra dan ook weer die rooiwaterprotosoa (B. bigemina) transovariaal oor na die volgende geslag wanneer hulle eiers lê, om sodoende hul voortbestaan te verseker. Siektetekens verskyn sewe tot 14 dae ná blootstelling en die volgende simptome kan gesien word: hoë koors (40-41,5ºC), ligte tot donkerrooi/bruin urine en bloedarmoede. In gevorderde gevalle: geelsug, swak eetlus, lusteloosheid, swakheid, onwilligheid om te beweeg en moontlik ’n droë neus, dowwe haarkleed, diarree en aborsies.

"TJBUJFTF SPPJXBUFS XPSEPPSHFESB EFVSEJFMBSG

-"38&

"TJBUJFTF SPPJXBUFSXPSE USBOTPWBSJBBM PPSHFESB

Behandeling

Om rooiwater te behandel kan Diminizene- of Imidocarb-produkte onderskeidelik gebruik word. Dien 20

&*&34

"GSJLB SPPJXBUFS XPSE USBOTPWBSJBBM PPSHFESB

Asiatiese rooiwater word oorgedra deur die larwestadium van die bloubosluis (R. microplus). Hierdie rooiwaterbesmette bosluise dra ook die rooiwaterprotosoa (B. bovis) transovariaal oor na die volgende geslag wanneer hulle eiers lê, om sodoende hul voortbestaan te verseker. Siektetekens verskyn nege tot 14 dae ná blootstelling en die volgende simptome kan gesien word: hoë koors (40-41,5ºC), senuweesimptome (spiertrillings, swak koördinasie, stuiptrekkings, koma), urine nie altyd gekleur nie, en bloedarmoede. In gevorderde gevalle: geelsug, swak eetlus, lusteloosheid, swakheid, onwilligheid om te beweeg en moontlik ’n droë neus, dowwe haarkleed, diarree en aborsies.

Beheer

Rooiwater kom voor wanneer die bloubosluisladings baie hoog is in die somer- en herfsmaande (Januarie tot April). Dit kan ook selfs voorkom in die winter en lente - veral as bosluisladings nog hoog was gedurende die winter.

70-(& 46*(%& 8:'*&

"GSJLB SPPJXBUFS XPSEPPSHFESB EFVSEJFOJNG FOWPMXBTTF CPTMVJT

Asiatiese rooiwater

altyd daarmee saam ondersteunende behandeling toe om die dier so spoedig moontlik gesond te kry. Raadpleeg ook u veearts indien rooiwater op u plaas voorkom.

Voorkoms

70-8"44&

-"38&

Beperk die kans vir rooiwater deur ’n goeie bosluisbeheer-protokol te volg.

Wenke

Beheer ekto-parasiete deur te dip. Dip meer gereeld wanneer diere na ongebruikte of spaarkampe geskuif word. Dip een keer per week of volgens die 5-5-4-dag-dipsisteem met baie hoë bosluisuitdaging.

Ent diere met rooiwater entstof(raadpleeg u veearts)

Met uitbrake

Raadpleeg u veearts. Isoleer besmette diere (behandel met middels wat Diminazene of Imidocarb bevat, en ondersteunende behandelings). Monitor die siek diere. Ná ’n uitbraak, ent diere met rooiwater-entstof indien nodig (raadpleeg u veearts hieroor).

veroorsaak jaarliks groot verliese Anaplasmose (Bosluis-oorgedraagde galsiekte) Galsiekte (A. marginale/centrale) word oorgedra deur die nimf- en volwasse stadiums van vyf verskillende bosluise (R. decoloratus, R. microplus, R. simus, R. evertsi, H. marginatim rufipes). Galsiekte word ook deur bytende vlieë (S. calcitrans) en besmette naalde oorgedra. Siektetekens word gesien drie tot ses weke ná blootstelling en die volgende simptome kan gesien word: volgehoue of wisselende koors (> 40º C), bloedarmoede, geelsug, rumenstase, hardlywigheid en ’n daling in melkproduksie in die geval van melkkoeie.

Voorkoms

Galsiekte kom gewoonlik seisoenaal in die maande vanaf Augustus tot Mei voor. ’n Hoër voorkoms van galsiekte kan gesien word wanneer die voorkoms van bosluise en bloedsuiende vlieë ook hoër is.

Behandeling

Om galsiekte te behandel kan produkte wat Oksitetrasiklien of Imidocarb bevat, gebruik word. Dien altyd daarmee saam ondersteunende behandelings toe om die dier so spoedig moontlik gesond te kry. Raadpleeg ook u veearts indien galsiekte op u plaas voorkom.

Met uitbrake

Raadpleeg u veearts Isoleer besmette diere Behandel met middels wat Oksitetrasiklien of Imidocarb bevat, en ook ondersteunende behandeling Beperk verdere oordraging (beheer bosluise en vlieë deur te dip). Monitor siek diere. Ná ’n uitbraak, ent diere met galsiekte-entstof (raadpleeg u veearts)

Beheer

Beperk galsiekte deur ’n goeie bosluis- en vliegbeheer protokol te volg.

Wenke

Dip meer gereeld wanneer diere na ongebruikte of spaarkampe verskuif word. Dip een keer per week of volgens die 5-5-4-dag-dipsisteem met ’n baie hoë bosluisuitdaging. Ent diere met galsiekte-entstof (raadpleeg u veearts) Maak ook gebruik van blokmetodes (raadpleeg u veearts).

/*.' 70-8"44& -"38&

(BMTJFLUF XPSEPPSHFESB EFVSEJFOJNG FOWPMXBTTF CPTMVJT

-"38&

&*&34

70-(& 46*(%& 8:'*&

21

Hartwater Hartwater (Ehrlichia (Cowdria) ruminantium) word oorgedra deur die nimf- en volwasse stadium van die bontbosluis (A. hebraeum) Siektetekens verskyn nege tot 29 dae by beeste en sewe tot 35 by skape ná blootstelling. Die volgende simptome kan gesien word: hoë koors (40-42 ºC), lusteloosheid, skuim by die bek, swak eetlus, “hoogtrap”-aksies en moeilike asemhaling. Diere maak konstante koubewegings, stoot hul koppe teen voorwerpe, lê met kop na agter getrek, pote uitgestrek en maak trapbewegings.

Wenke W

Voorkoms

Maak gebruik van die 5-5-4dag-dipsisteem

Hartwater kom heeljaar voor. Hou verband met klimaatstoestande en bosluisladings.

Ná ’n uitbraak, ent diere met hartwater-entstof (raadpleeg u veearts)

Ent diere met hartwater-entstof (raadpleeg u veearts)

Behandeling

Om hartwater te behandel, kan middels wat Oksitetrasiklien bevat, gebruik word. Dien altyd daarmee saam ondersteunende behandelings toe om die dier so spoedig moontlik gesond te kry. Raadpleeg ook u veearts indien hartwater op u plaas voorkom.

Maak gebruik van blokmetodes (raadpleeg u veearts)

Met uitbrake M

Raadpleeg u veearts. Isoleer besmette diere en behandel met middels wat Oksitetrasiklien bevat, en ondersteunende behandelings

Beheer

Beperk gevalle van hartwater deur ekto-parasietbeheer.

Beperk verdere oordraging (deur te dip) en monitor siek diere.

/*.' 70-8"44&

)BSUXBUFS XPSEPPSHFESB EFVSEJFOJNG FOWPMXBTTF CPTMVJT

-"38&

-"38&

70-(& 46*(%& 8:'*& &*&34

Voorkom verliese dié somer deur bosluis-oorgedraagde siektes op u plaas hok te slaan deur middel van fyn waarneming en ’n goed beplande bosluisbeheerprogram asook gebruik te maak van middels met hoogstaande gehalte en effektiwiteit.

22

Brommeraanvalle laat boere groot skade ly

B

rommeraanvalle by skape veroorsaak groot ekonomiese verliese (direkte- en indirekte verliese) en daar word jaarliks miljoene rande gespandeer om brommeraanvalle te beheer. In Suid Afrika is die groenbrommer (L. cuprina) verantwoordelik vir 90% van die aanvalle terwyl die koperstert-skaapbrommer (C. chloropyga) vir 10% van die aanvalle verantwoordelik is. Die ernstigheid en aantal brommeraanvalle word grootliks bepaal deur die hoeveelheid primêre brommers wat in die gebied teenwoordig is. In normale jare kom aanvalle hoofsaaklik voor in Oktober/November en dan weer in Maart/April. In nat seisoene kan aanvalle vanaf Oktober tot April verwag word. Woltipe skape word meer geteister. Belangrike faktore wat lei tot brommeraanvalle is die soort vag (veseldikte) en die tipe wolvet wat stadige uitdroging van die vag tot gevolg het. Brommers word gelok deur klam plekke op die skaap se vel waar wol begin ontbind (vagvrot) en velskilfers verrot. Die volgende vogtige plekke op ’n skaap se lyf is gevaarpunte vir brommeraanvalle: Die mikgebied van ooie - weens benatting deur urine Die mikgebied van alle skape - weens maagwerk Die peesterarea van ramme en hamels Die basis van ramme se horings Proewe toon dat 89,4% van die aanvalle op die stert en langs die vulva voorkom. Ten spyte daarvan dat die aanvalsplekke skoon geskeer en behandel is, kan aanvalle herhaaldelik op dieselfde plek voorkom. Om te verseker dat skape minder geteister word deur brommers, kan die volgende voorkomingsmaatreëls toegepas word: Teel selektief gladdelyf skape wat minder vatbaar is vir brommers T Sny sterte van ooitjies net lank genoeg om vulva toe te maak Mikskeer skape op strategiese tye van die jaar M Beheer bosluise en behandel bosluis bytplekke B Behandel diere wat maagwerk het om besoedeling van die wol te voorkom deur skape te doseer of antibiB otika te gebruik Behandel alle wonde wat septies kan raak B Die uitvoer van die Mules-operasie by geplooide skape D

Chemiese beheer kan toegepas word deur geregistreerde dipmiddels te gebruik wat ’n eis het teen brommers. Die strategiese gebruik van ’n insekgroeireguleerder saam met dipmiddels, kan die effek van dié behandelings verleng. Raadpleeg u veearts vir die beste oplossing om u skape teen brommeraanvalle te beskerm. 23

Slaap sag, my lam, m z

z z z z

deur Hannelie Cronjé

V

at koeie ooit ’n middagslapie? Lê skape en slaap? En gemsbokke? En gaan lê olifante en koedoes ooit in die arms van Morpheus, of staan hulle sommer net so op die plek en knip ’n uiltjie? Volgens www.sleepfoundation. org het diere wél baie spesifieke slaapgewoontes, en party daarvan stem nogal ooreen met dié van mense. Net soos mense gaan diere ook deur verskillende fases van slaap. “Rapid Eye Movement” (REM), oftewel die paradoksale stadium waartydens die oë toe is maar die oogbal vinnige, klein bewegings maak en die stadium is waarin ’n mens droom, kom ook by diere voor. Droom hulle ook? Wie sal weet, want hoe antwoord ’n dier op daardie vraag as jy hom sou vra? Wetenskaplikes weet egter dat die breingolfpatroon tydens REM-slaap onder diere 24

soortgelyk is aan die mens s’n. “Beide mense en alle ander soogdiere toon dieselfde vlak van breinaktiwiteit en verhoogde hartklop tydens REM-slaap,” lees ons op die webblad. “Honde sal byvoorbeeld blaf of hul bene beweeg asof hulle hardloop. Selfs eendbekdiere se bewegings is in hierdie fase van slaap die nabootsing van die bewegings wat hulle maak wanneer hulle ’n krap jag voordat hy dit vang. "Die enigste manier om menslike slaap te verstaan, is om diere te bestudeer," sê prof. Jerome Siegel (PhD), professor in psigiatrie aan die UCLA-sentrum vir Slaapnavorsing. "As ons diere se slaap beter kan verstaan, kan ons die kernaspekte van mense se slaap beter verstaan." "Soogdiere het almal dieselfde fundamentele slaapsiklus," sê prof.

Adrian Morrison (DVM, PhD), ’n professor in gedragsneurowetenskappe by die Universiteit van Pennsylvania Veeartsenysentrum. “Tydens REM-slaap sien jy dieselfde soort oogbewegings, verlamming en bewegings by verskillende spesies."

Hoeveel slaap kry diere in

Volgens die bron kan kameelperde vir weke aaneen wakker bly terwyl meeste van die vlermuisspesies weer bykans die hele dag slaap. Snaaks genoeg stem rotte se slaappatroon grootliks met mense s’n ooreen omdat hulle ook slaap nodig het om hulle krag op die bou om die volgende dag nuwe take aan te leer. Navorsing op sekere honde het wetenskaplikes al baie gehelp in die behandeling van slaap-

môre is nog ’n dag...

z

stoornisse. Dit blyk uit die navorsing dat die verskille in die tye wat lewende wesens slaap, baie te doen het met hul breinmetabolisme. Kleiner diere waarvan die breinmetabolisme hoër is, het meer slaap nodig, terwyl groter soogdiere gewoonlik minder slaap omdat hul breinmetabolisme minder of stadiger is. Alle diere wat minder as gemiddeld vier ure per dag slaap, is groter soogdiere soos olifante, beeste en kameelperde. Diere wat wei, bring soveel tyd deur deur te eet, dat hulle min tyd oor het om te slaap. Perde staan na raming sowat 98% van die tyd, dus bring hulle ook nie veel tyd in die REMfase deur nie. Morrison is van mening dat diere se slaapskedules afhang van die gevare waarin hulle verkeer. Volgens hom slaap party voëls met die een oog oop om dop te hou dat hulle nie onverhoeds deur ’n roofdier oorval word nie. Volgens Charles Amlaner Jr, (PhD), direkteur van dierenavor-sing aan die Indiana State University, stel diere hulself in gevaar as hulle te veel slaap. “Voëls wat op die buiterand van die groep voëls sit en slaap, is ook meer geneig om met die een oog oop te slaap as die ander voëls wat besef dat die res van die swerm hulle beskerm.” Baie van die aap- en bobbejaansoorte sal in die botoppe van bome sit en slaap. Hulle slaap dus geensins gerieflik nie, maar hulle sal ook nie sommer deur hul vyande in die hande gekry word om hulle aan te val nie. Ander soogdiere sal weer veilige plekke uitsoek om te gaan slaap. Dit is ook interessant dat soogdiere wat in die water woon, net sulke unieke slaapgewoontes het. Wanneer meeste van hierdie diere slaap, is die een helfte van hul brein altyd wawyd wakker om hulle te waarsku teen roofdiere of ander gevare. Dit bring ook mee dat diere soos dolfyne onbewustelik na die oppervlak van die water kan

swem om asem te haal – dit alles terwyl hulle vas aan die slaap is. Die kenners is van mening dat die begrip van mariene soogdiere se slaapgewoontes 'n sleutel is tot die begrip van mense se slaapgewoontes. Wetenskaplikes het vir jare gesukkel om die breinabnormaliteit te vind wat narkolepsie (slaapsiekte) veroorsaak. Min het hulle geweet dat die mens se beste vriend, naamlik die hond, hulle hiermee sou kon help. Groot vooruitgang is gemaak in die behandeling van narkolepsie toe William Razen (MD, PhD) van die Stanford Universiteit se slaapnavorsingsentrum, vasgestel het dat sekere honde soortgelyke simptome as dié van narkolepsie toon: skielike ineenstorting en spierswakheid wat tot verlamming kan lei. Hierdie aanvanklike waarne-mings het gelei tot die ontdekking dat narkolepsie in honde deur gene veroorsaak word, naamlik die hipokretien reseptor 2 wat deur Mignot, MD, PhD, aan die Stanford Universiteit vasgestel is. Verdere navorsing deur Siegel en Mignot het getoon dat mense wat aan narkolepsie ly, ’n baie klein hoeveelheid van die narkolepsie-voorkomende chemiese stof, hipokretien, in hul breine het. Siegel het ook vasgestel dat die graad van ’n hele paar van die simptome verminder word indien die honde met hipokretien ingespuit word. “Hierdie bevindings het dus geimpliseer dat dit moontlik is om die vermiste hipokretienmolekules in pasiënte met hierdie ongesteldheid te vervang deur die regte middels te ontwikkel om dit te behandel,” lui die bron. Deur diere se slaappatrone en –gewoontes te bestudeer het dus die potensiaal om ook ander breintoestande in mense te behandel. Dit sal egter steeds interessant wees om te weet hoeveel slaap diere werklik inkry. Volgens www.sleepfoundation.org het die meeste diere ’n daaglikse patroon van rus en aktief wees. Party diere

is bedags meer aktief terwyl ander weer snags meer beweeg. Hierby is ’n tabel wat vir ons ’n aanduiding gee van hoe lank diere in ’n siklus van 24 uur slaap:

25

Spesies

Gemiddelde totale slaaptyd as Gemiddelde totale slaaptyd per 24 uur persentasie van 24 uur

Vlermuise

82,91%

19,9 uur

Mens (baba)

66,7%

16 uur

Tier

65,8%

15,8 uur

Leeu

56,3%

13,5 uur

Rotte

52,4%

12,6 uur

Muis

50,3%

12,1 uur

Haas

47,5%

11,4 uur

Eend

45%

10,8 uur

Hond

44,3%

10,6 uur

Bottelneusdolfyn

43,3%

10,4 uur

Bobbejaan

42,9%

10,3 uur

Sjimpansee

40,4%

9,7 uur

Mens (volwasse)

33,3%

8 uur

Vark

32,6%

7,8 uur

Guppie (vis)

29,1%

7 uur

Mens (ouer)

22,9%

5,5 uur

Beeste

16,4%

3,9 uur

Skape

16%

3,8 uur

Afrika-olifant

13,8%

3,3 uur

Donkie

13,0%

3,1 uur

Perd

12,0%

2,9 uur

Kameelperd

7,9%

1,9 uur

WILD EN JAG: DEEL 1 Wild- en jagplase klink moontlik na ’n kontantkoei, maar volgens Kobus Pienaar, senior omgewingsbeampte by die departement ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme, is daar etlike faktore en wetlike aspekte wat in aanmerking geneem moet word voordat jy wild aanskaf. Hy het met Delene Snyman gesels.

Omgewing

Suid-Afrika sien baie anders daar uit as 100 jaar gelede wat omgewing betref. Kobus Pienaar het byvoorbeeld foto’s van Nylstroom wat 100 jaar gelede geneem is. Dit is opvallend dat daar deesdae baie meer bome in die gebied is. Ook die Springbokvlakte en baie ander gebiede is vandag veel boomryker as ʼn eeu gelede. Volgens Kobus is een rede daarvoor dat veldbrande vandag grootliks beheer word, Kobus Pienaar, anders as in die verlede. “Veldbrande kom natuurlik voor en het grasvelde in stand gehou,” verduidelik Kobus. “Aangesien brande nou beperk word, het verbossing ingetree. Die voor- en nadele van brandbeheer kan wyd gedebatteer word, maar die feit is dat tradisionele grasvelde en savanna plek gemaak het vir bosveld. Dit het ʼn verandering in veral voëllewe teweeggebring sodat baie grasveldvoëls nou bedreig is.” Dit het ook ʼn bepaalde impak op die tipe wild wat voorheen voorgekom het in die gebied teenoor wild wat deesdae eerder aangetref word. “Digte bosse is onnatuurlike habitat vir vlakte-wild soos sebra, hartebees en ander spesies. “Dit is juis hierdie veranderinge wat ʼn voornemende of bestaande wildboer of wildplaaseienaar in gedagte moet hou voordat hy wild aanskaf.”

Agtergrond

“Volgens die wette van Suid-Afrika, wat gegrond is op die Romeins Hollandse reg, word wild beskou as res nullius. Dit beteken inderwaarheid dat die wild van Suid-Afrika aan niemand spesifiek behoort nie, maar aan die bevolking in geheel. Selfs al het jy die wild wettig gekoop, word dit aan jou toevertrou deur spesifieke wetgewing in die vorm van spesifieke permitte. “Dit is dus noodsaaklik dat ʼn voornemende wildplaaseienaar hom- of haarself vergewis van die wetlike vereistes.” Maar eers is daar ʼn paar belangrike vrae wat jy jouself moet afvra:

1. Bewaring

Die probleem in die wildbedryf is dat die konsep van bewaring in baie gevalle moet plek maak vir finansiële gewin. “Die edele gedagte van natuurbewaring word vinnig onderdruk as geld ter sprake is,” sê Kobus. “Natuurlik is die hele jagbedryf ʼn groot bron van inkomste vir die individu en ook vir die land in geheel, maar dit is belangrik dat elke wildboer bewaringsbewus moet wees. Die luiperd wat die rooibok vang, is deel van die ekostelsel en verdien, nes ander roofdiere, hul plek in bewaringsplanne.”

2. Doel van die plaas

“Elke stuk grond of plaas is nie ʼn wildsplaas nie. Die drakrag van die plaas moet eers bepaal word voordat dit omhein word en as wildsplaas bedryf word. “So is die dra-krag in die Waterberge byvoorbeeld baie laag en is ongeveer 12 hektaar nodig vir 1 grootveeeenheid. Aangeplante weiding en byvoeding speel uit die aard van die saak ʼn bydraende rol, maar hierdie drakrag moet steeds in berekening geneem word. “ʼn Saaiplaas kan nie oornag in ʼn plaas omskep word waar koedoes aangehou word nie.” Dit mag dalk na ʼn vereenvoudigde stelling klink, maar Kobus het al snaakse dinge in sy 29 jaar in bewaring gesien. “Dit is noodsaaklik om jouself eers af te vra of die plaas geskik is om as wildsplaas bedryf te word.”

30

Doen jou huiswerk deeglik voordat jy met wild begin boer Wetlike vereistes

• Minimum grootte van grond benodig vir hervestiging van wild, byvoorbeeld 50 hektaar vir rooibokke, 200 hektaar vir koedoes, 400 hektaar vir kameelperde, swartwitpense, ens. Hierdie spesifikasie word gebaseer op voedingsbehoeftes sowel as persoonlike ruimte van betrokke spesie. ʼn Kameelperd wat op ʼn kleiner gebied aangehou word, sal uitbreek, wat dan trauma en kostes sal impliseer. • Siektedraende diere, byvoorbeeld buffels, vereis spesiale permitte wat met registrasie by veeartseny gepaard gaan. • Omheiningsvereistes verskil afhangende van die spesies wat aangehou word. Anders as vir meeste boksoorte wat 2,4 meter omheining vereis, is slegs 1,8 meter nodig vir rooibokke. • Vervoerpermitte. • Vrystellingspermit of sertifikaat van voldoende omheining stel die wildboer vry van enige ander permit soos jagpermitte, vangpermitte en verkooppermitte. • Sou buitelandse jagters besoekers aan die wildplaas wees, moet fasiliteite geïnspekteer word en aan bepaalde vereistes voldoen alvorens buitelandse jagters dit mag gebruik. ’n Fisiese besoek word deur die departement gedoen. • Meer inligting beskikbaar by die departement van omgewingsake.

Slaggate

• Kobus waarsku teen sekere slaggate in die wild- en jagbedryf. • Die wet as sulks is ʼn slaggat as jy nie op hoogte daarvan is nie. Jy mag aangekla word sou wetgewing oortree word. • Moenie net aanneem dat die habitat geskik is vir die tipe wild wat jy wil aanhou nie. ʼn Ekologiese habitatsanalise word ten sterkste aanbeveel. • Onthou dat ander wette soos die waterwet en die brandwet steeds van toepassing is op die wildboer. • Die grootste slaggat is egter onkunde. Omdat jy ʼn dam op jou plaas het, beteken nie noodwendig jy kan ʼn seekoei aanhou nie. Seekoeie eet nie vis nie! Jy moet genoeg gras hê om hom te voed.

Ten slotte

Kobus Pienaar beskik oor geweldig baie inligting oor natuurbewaring. By elke kantoor van die departement van omgewingsake sal jy kundige persone vind wat jou van die nodige inligting en hulp sal voorsien sou jy ʼn wildplaas wou koop of jou huidige plaas in ʼn wildplaas omskep. Kontak gerus jou naaste kantoor of vir Kobus Pienaar by 082 809 8875 (kantoorure).

“Die resep vir ʼn suksesvolle wildsboerdery is:



Doen jou huiswerk en hou jou motiewe suiwer.

31

Grain Field gaan van krag tot krag

T

oe Grain Field Chickens op Reitz so ’n bietjie meer as vyf maande gelede die eerste braaikuikens in ontvangs geneem het, was daar uiteraard groot opgewondenheid oor hierdie nuwe vertakking van VKB se besigheid, maar tóg ook ’n bietjie onsekerheid oor wat die uitkoms van die besluit sou wees om hoenders deel te maak van die groep se bedrywighede. Vandag kyk die bestuur met ‘n glimlag terug op die afgelope vyf maande, want volgens Sas Kasselman, besturende direkteur van Grain Field Chickens, gaan die onderneming van krag tot krag. “In die eerste week van operasie het ons sowat 9 000 hoenders per dag geslag. Vandag slag ons 40 000 per dag!” vertel Sas trots. Die geslagte hoenders word na die Boxer-groep, die BJ-groep, verskeie onafhanklike groothandelaars en ook na VKB- en NTK-takke versprei waar dit aan die publiek te koop aangebied word. Volgens Sas is kliënte baie spesifiek oor watter snitte hulle verkies. “Ons gewildste produk oor die algemeen is die IQF 2 kg. In VKB-gebied is dit egter heel hoenders en braaipakke wat die grootste aftrek kry. “Ons opsny- en vrieskapasiteit bepaal hoeveel hoenders heel gehou en hoeveel in porsies opgesny word. Ons behou tans so 16% van die hoenders heel en die res word in porsies gesny. “Tot dusver is die reaksie van verbruikers se kant af baie positief,” vertel Sas. “Daar is van die verpakkingsgroottes verander nadat die mark aan ons gesê het dat hulle die braaipakke eerder in ’n 6,4 kg boksverpakkings wil hê.” Sas vertel dat daar tans sowat 18 lede van VKB is wat elk 46 hokke opgerig het waar hulle die hoenders grootmaak wat dan aan Grain Field verskaf word. Op die vraag oor hoe gereeld hy

34

self hoender eet, antwoord Sas selfvoldaan: “Drie keer per dag.” Iranse afvaardiging kuier by GFC Toe die departement van landbou, bosbou en visserye onlangs laat weet dat ’n afvaardiging van Iran graag besoek by Grain Field Chickens wil aflê, het die opgewondenheid hoog geloop.Die oogmerk van die afvaardiging was om die gehalte van abattoirs vir beide rooivleis en pluimvee in SuidAfrika te bepaal en ’n moontlike uitvoerkanaal na Iran te vestig. Die nasionale en provinsiale departement van dieregesondheid het Grain Field Chickens as die pluimvee-abattoir aangewys en op 30 Oktober het die afvaardiging onder leiding van dr. Sarah Musinze (Suid-Afrika) en dr. Ebrahimzadeh Hamid (Iran) besoek kom aflê. Daar is intensief na die gehalte van die produk, die interne prosedures en kwaliteitstelsels gekyk. Die kommentaar was baie positief en die besoek is op hul versoek afgesluit met ’n besoek aan Reitz Braaikuikens buite Reitz. Die kwaliteit van die kuikens en biosekuriteitsmaatreëls op die plaas het ’n baie goeie indruk op die

groep gelaat en by monde van Dr. Hamid is hulle geweldig beïndruk met Grain Field Chickens as ‘n projek. Die laaste woorde van Dr. Hamid is dat GFC beslis in die nabye toekoms nog ‘n besoek kan verwag ná hul vergadering met die owerheid in Iran.

Kan ek die resep kry, asseblief? Of jy nou ook drie keer per dag hoender eet soos Sas, of net een keer per week, jy kan dalk die wenner wees van R500 se Grainfield-hoender as jy vir ons jou gunsteling-hoenderresep stuur. Maak nie saak of dit vir braaihoender, hoenderpotjie, gebakte hoender of hoenderpastei is nie; dit moet net lekker wees en ’n mens moet dit met Grain Field-hoender kan voorberei. Stuur jou resep aan hanneliec@ vkb.co.za om ons te bereik vóór 12 Januarie. Die bonus is dat jou resep boonop ’n plek in ’n Grain Field-resepteboek mag kry. Span dus jou kookvernuf in en deel daardie familieresep nou met al ons lesers sodat die resep in ’n glansryke resepteboek verewig kan word.

Dr. Ebahimzadeh Hamid van Iran (tweede van links agter) en dr. Sarah Mutsinze (derde van regs agter)van Suid-Afrika was baie beïndruk met Grain Field Chickens as projek. Hulle staan hier saam met veeartse en internasionale in- en uitvoer-verteenwoordigers.

laat jou nooit in die duister nie

B

y New Way Power (Edms.) Bpk. is ons krag gesetel in ons innoverende en oplossingsgebaseerde benadering tot kragopwekking. Voeg hierby ons gevestigde en toeganklike ervaring en bystandsraamwerk, en ons word met reg bestempel as ’n markleier op die gebied van kragopwekking, verplasing en beheertegnologie. Ons stelsels dek die volle veld van aanwending van dieselaangedrewe kragopwekkers en waterpompe. Al ons stelsels is beskikbaar in standaard of pasgemaakte ontwerp en vervaardiging om te verseker dat ons aan elke kliënt se unieke behoeftes voldoen. Ons streef daarna om slegs die mees toepaslike en omvattendste stelsels aan die eindverbruiker te bied. Ons verskaf ook betroubare kontrakinstandhouding en 24-uur-velddiensbystand om optimale doeltreffendheid en werking van ons stelsels te verseker. Redes waarom New Way Power as die ideale keuse bestempel word vir kliënte wat totale oplossings vereis: • Ons verskaf alles van projekontwerp, vervaardiging en indienswerkstelling tot langtermynonderhoud. • Ons inkorporeer globale kundigheid en standaarde om produkte van die hoogste gehalte en dienste moontlik te bied. • Ons kort aanvoortyd, ten volle toegeruste diensafdeling, volledige produkreeks en mededingende pryse maak van ons die ideale vennoot vir kragbronoplossings.

John Deere-aangedrewe kragopwekkers

Die innoverende tegnologie en produkbetroubaarheid wat met die handelsmerk-markleier geassosieer word, verseker vervaardiging van duursame en betroubare produkte van die hoogste gehalte. Beskikbare groottes in die John Deere-reeks wissel van 20 kVA tot 450 kVA en kan as oop eenhede of in weer- en klankdigte omhulsels verskaf word. Die eenhede lewer vinnige reaksie vir bystandsaanwending met uitsonderlike vragherstelkenmerke. As primêre kragbron het die eenhede ’n gesogte reputasie verdien vir verlengde werksverrigting en lae onderhoudskoste. Die kragopwekkers kan met verskeie kontrolepaneelopsies verskaf word, waaronder sleutelaansluit, outomatiese aanskakeling en oorskakeling en ook gesinchroniseerd.

Enjin-aangedrewe waterpompe

Ons waterpompstelsels bied hoë werkverrigting en word deur ’n diverse reeks industrieë aangewend om water te verplaas. Deur die stelsels van hoogstaande komponente te vervaardig, verseker ons robuuste en liggewig ontwerpe wat maklik verskuif, gebruiksvriendelik en veilig is om te gebruik.

Onderdele en komponente

New Way Power bied ’n omvattende reeks onderdele en komponente vir gebruik in ons stelsels. Ons uitgebreide pakhuis hou duisende onderdele, diensfilters en komponente met hoogs opgeleide spesialiste wat gereed staan om tydige bystand te verleen. Enige onderdeel of komponent kan verder van ons lokale of globale venote op kort kennisgewing verkry word.

NEW WAY POWER (Edms.) Bpk. (gestig 1983) is een van Suid-Afrika se grootste verspreiders van kragopwekkers en enjins vir topvraag-, primere-, bystand-, losstaande of gesinchroniseerde kragopwekking. Nie alleen is die maatskappy die Suid-Afrikaanse en sub-Sahara Afrika verspreiders van internasionale handelsmerke soos Deere & Kie., Mitsubishi Engine, Doosan Infracore, Marathon Electric en Dong-I Transmissions nie; hulle het ook ’n gerespekteerde reputasie vir ingenieurs-uitnemendheid gegrond op hoogstaande prestasie, gehalte vervaardigging en uitsonderlike ingenieurswese. New Way Power se hoofkantoor is in Alberton-Noord met takke in Durban en Kaapstad.

Daar is inderdaad steeds plek vir die suiwelboer deur Niel Ungerer, besturende direkteur, Nu-Pro Groep in die Hoëveld

I

n die 18 jaar wat ek betrokke is by die verskaffing van voer aan die suiwelbedryf, is dit vir seker die grootste kostegreep wat ons nog in die bedryf ervaar het. Soos almal teen hierdie tyd bewus is, het die insette dramaties gestyg in dieselfde tyd as wat die plaashekmelkpryse afgeneem het. Dit is ook teen dié tyd bekend dat die groot dryfkrag in graanpryse gestu is deur die rampspoedige droogte in die Verenigde State van Amerika.

Het die suiwelbedryf nog bestaansreg op die Hoëveld? As voerverskaffer met groot kapitale investering moet ons ongelukkig die vraag aan onsself vra: het die suiwelbedryf nog bestaansreg op die Hoëveld en meer spesifiek die Noordoos- en NoordwesVrystaat? Ons sien dat daar ’n baie aggressiewe konsolidasie tans in die suiwelbedryf plaasvind onder produsente sowel as verwerkers. Daar is onlangs melkkopers wat oorgeneem is of gelikwideer is met negatiewe korttermyngevolge vir produsente. Op die langtermyn maak dit egter sin. Wat die produsentekant betref, lyk die statistiek uit ’n veevoerperspektief as volg:

Gemiddelde syfers 1994 2012 Koeie-kudde Liter per koei per dag Voeraankope per maand (ton)

85 16

250 25

18

75

Bo en behalwe die grootte van die kuddes is die hoeveelheid voer verbruik per kop per dag ook meer aangesien die genetiese vordering meer produksie teweegbring wat weer meer en hoër vlakke van voeding benodig. Die konsolidasieproses is egter voortdurend en ons sien dat koeikuddes van 500 koeie en meer redelik algemeen raak. Wat betref die vraag van bestaansreg vir suiwel in die Hoëveld, is ons baie meer positief as ses maande tot ’n jaar gelede. Dit begin algemeen in die media bekend word dat daar melktekorte ontstaan wat opwaartse druk op melk- en suiwelprodukpryse gaan plaas. In Nieu-Seeland is die gemiddelde prys van suiwelprodukte reeds 17% hoër as ’n jaar gelede. Ongelukkig het die insetkostes baie meer en vinniger gestyg as wat in die melkprodusenteprys gebeur het. Om die waarheid te sê, die produsenteprys het gedaal. Na aanleiding van die internasionale pryse van suiwelprodukte wat reeds in ander wêrelddele begin styg het, soos in Nieu-Seeland, kan ons waarskynlik binnekort stygings in plaaslike plaashekpryse sien. Daar is egter goeie vooruitsigte wat insetkostes betref. Termynkontrakte op Safex, wat grane betref vir die 2013 bemar-kingsjaar, lyk definitief of ons in ’n dalende fase inbeweeg. Die volgende graankontrakte is soos op 7 November 2012 op Safex verhandel: Die algemene verwagting is

Interne statistiek versamel oor die laaste 18 jaar (van toepassing op die Noord-Vrystaat)

36

Sojabone Sonne blomme Mielies *Soja-oliekoek Argentinië

Des 2012 Jul 2013 R 5 370 R 4 964 R 5 970 R 2 482

R 4 915 R 2 248

R 5 843

R 4 893

*Die prys van soja-oliekoek in Durban-hawe direk vanaf invoerder.

dat die VSA weereens rekordoppervlakte somergewasse gaan aanplant. Indien ’n tweede rampdroogte nie weer toeslaan nie, sal wêreldvoorrade tot ’n mate styg, wat nog verdere druk op bogenoemde pryse kan plaas. Die pryse hierbo dui daarop dat, as die tendense aanhou, prysdalings wat insette betref, in die volgende bemarkingsjaar vir die suiwelbedryf kan realiseer. Die volgende ses tot sewe maande gaan egter moedhou verg.

Waar staan Nu-Pro Voere in die bedryf Nu-Pro Voere het die afgelope jaar baie veranderinge geïmplementeer. Stephen Slippers het onder andere betrokke geraak as konsultant vir herkouervoeding by die maatskappy. Alle navorsing en produkontwikkeling word deur hom hanteer. Slippers was vir agt jaar die nasionale tegniese direkteur vir Herkouervoeding van Meadow Voere nasionaal. Nu-Pro Voere presteer tans uitsonderlik goed. Sien hiernaas voorbeelde van drie kuddes uit die Nu-Pro klante basis:

Nu-Pro Commodities:

Kudde 1: Ayrshire-kudde – 700 koeie (word twee keer per dag gemelk Voeding per kop per dag:

NP SuperMelk Mielievry 6,12 kg Geelmeel 4,76 kg Hominy Chop 1,7 kg Katoensaad 1,7 kg Mieliekuilvoer 18,7 kg Koringstrooi 1,57 kg Eragrostis Teff 1,45 kg Gemiddelde koste per koei per dag = R 62,51 Gemiddelde melkproduksie = 23,6 liter per koei per dag

Kudde 2: Holstein-kudde – 1 000 koeie (word drie keer per dag gemelk) Voeding per kop per dag:

NP MaxiCow 21% Suiwel 13,8 kg Geelmeel 1,2 kg Katoensaad 2,6 kg Mieliekuilvoer 18 kg Lusern Prima Graad 6 kg Koringstrooi 1,5 kg Eragrostis Teff 1,5 kg Gemiddelde koste per koei per dag = R 98,76 Gemiddelde melkproduksie = 38 liter per koei per dag Die produk word as ‘n klantemengsel hanteer

Die roumateriale-afdeling van die Nu-Pro-groep, Nu-Pro Commodities, speel ook ’n groot aanvullende rol vir suiwelboere aangesien die verskaffing van goeie gehalte lusern, katoensaad, molassestroop en ander rou materiale as ’n aanvullende diens vir klante gebied word. Die graanafdeling binne Nu-Pro Commodities is ook behulpsaam by die graanverskansing en verskaffing van mielies aan boere wat mielievrye produkte koop.

Nu-Pro-uitbreidings:

Die Nu-Pro-direksie het onlangs uitbreidings aan die veevoeraanleg ter waarde van R16 miljoen rand goedgekeur om produkuitset en kwaliteit nog verder te verbeter. Die uitbreidings behels nog ses oorhoofse uitlaai-buise wat addisionele bergkapasiteit van 240 ton produk in losmaat behels (Fase I is reeds begin); ’n tweede korrelpers met ’n 15 ton per uur produksie-vermoë (Fase II, April 2013), en in Fase III addisionele toerusting om hoëgehalte-braaikuikenvoer te produseer. Laasgenoemde uitbreiding is geskeduleer om in 2014 plaas te vind. Hierdie uitbreidings bevestig die Nu-Pro-span se vertroue in die mark en dat daar wel ’n toekoms vir suiwelboerdery in die Vrystaat is. Skakel gerus die toegewyde span kundiges by NuPro Voere om u te help om u suiwelkudde optimaal te laat presteer! Kantoor: 058 – 303 9587 Let wel: Ter beskerming van klante se privaatheid en vertroulikheid, is voorbeelde van foto’s en rantsoene gebruik.

Kudde 3: Jersey-kudde – 560 koeie (word drie keer per dag gemelk) Voeding per kop per dag:

NP UltraMelk 19% Suiwel 11 kg Katoensaad 2 kg Mieliekuilvoer 4,5 kg Sorghum Kuilvoer 4,5 kg Lusern Prima Graad 6 kg Molasse 1 kg Mielieblare 0,5 kg Gemiddelde koste per koei per dag = R 68,00 Gemiddelde melkproduksie = 27 liter per koei per dag

37

SOMERTYD IS FOSFORTYD

Suggest Documents