Die kleinhandelskursus is gerig op takbestuurders en assistent takbestuurders, aspirant takbestuurders en handelshoofde

KLEINHANDELSKURSUS ……………………………………………………………………………………………………………………… Doel Die kleinhandelskursus is ‘n omvattende bestuurskursus spesifiek gerig op die k...
Author: Alberta Sharp
44 downloads 3 Views 389KB Size
KLEINHANDELSKURSUS ………………………………………………………………………………………………………………………

Doel Die kleinhandelskursus is ‘n omvattende bestuurskursus spesifiek gerig op die kleinhandelsomgewing. Dit is die opleidingsakademie se doelwit om tot die sosiale en ekonomiese ontwikkeling en groei van ons klante by te dra deur opvoeding en opleiding van die hoogste kwaliteit in die kleinhandel sektor aan te bied, tot die voordeel van werkgewers sowel as werknemers. Die kursus word in 2013 vir die sesde keer aangebied na uitstekende terugvoer op die vorige kursusse. Die kleinhandelskursus word opgemaak uit nege modules wat oor ‘n periode van een jaar voltooi moet word. Spesifieke modules kan apart bygewoon word, of die kursus as ‘n geheel. Elke module neem ‘n maand om te voltooi en sluit twee kontakdae (sessies) in, waarna elke student ‘n projek het wat hy/sy op sy/haar eie tyd moet voltooi gedurende die res van die maand. Leerders word per module beoordeel en krediete word toegeken volgens die daargestelde eenheidstandaarde. Sodra ‘n leerder al nege modules suksesvol voltooi het, sal hy/sy in staat wees om met ‘n klein bietjie ekstra werk, hulle hele portefeulje in te handig vir beoordeling volgens die standaarde gestel om te kan kwalifiseer vir ‘n Nasionale Sertifikaat in Kleinhandelsbestuur. Die voordele verbonde daaraan om per module beoordeel te word, is dat leerders die voordeel sal geniet om die modules apart by te woon en krediete vir elkeen apart te ontvang. Hulle verloor dus nie krediete indien hulle nie al nege modules voltooi nie.

Wie moet die kursus bywoon? Die kleinhandelskursus is gerig op takbestuurders takbestuurders en handelshoofde.

en assistent takbestuurders, aspirant

Aanbieder Annie Baptiste Die kursus word aangebied deur Annie Baptiste, ’n kleinhandel en kleinsake ontwikkelings spesialis. Annie Baptiste het haar eie opleidingsbesigheid waar sy spesialiseer in die ontwikkeling en aanbieding van opleidingsmateriaal. Sy is ook die skrywer van die boek “Five Radical Rules of Marketing” wat in 2005 gepubliseer is.

Akkreditasie Wholesale & Retail Seta Modules vorm deel van: Generic Management: Wholesale and Retail Management NQF Vlak 5: ID 63334 (59201) NQF VLAK 3: Generic Supervision modules Wat beteken akkreditasie vir die leerder? Wanneer ‘n kursus by die Wholesale & Retail Seta geakrediteer is, is die leerder daarvan verseker dat die kursusinhoud en aanbieding voldoen aan die kwaliteitsvereiste gestel deur die South African Qualifications Authority (SAQA). Verder dra die aantal krediete wat daaraan toegeken is volgens die ooreenstemmende eenheidstandaard, by tot die totale aantal krediete wat vereis word om ‘n erkende kwalifikasie te bereik. Wat beteken akkreditasie vir werkgewers? Indien ‘n kursus geakrediteer is by die Wholesale & Retail Seta, kan daar ‘n finansiële voordeel aan verbonde wees vir die werkgewer. Alle werkgewers wat totale salarisse van meer as R500 000 per jaar betaal, moet ‘n vaardigheidsontwikkelingsheffing van 1% van die salarisse aan SARS betaal. ‘n Gedeelte van die heffings word dan aan die SETAs (Sektor Opvoedings – en Opleidingsoutoriteite) oorbetaal. Indien ‘n werkgewer die nodige werksplek vaardigheidsplan en jaarlikse opleidingsverslag inhandig soos vereis, kan tot 50% van die heffings wat aan SARS betaal is, terugge-eis word.

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

Inhoud Die verskillende modules is soos volg: Module 1 Inleiding tot kliëntediens en verkope U/S 258806: U/S 243806: U/S 258155:

Build customer relations in a W&R unit Deal with customers in a retail business Explain the factors that impact on the bottom line of a W&R unit

Tydperk:

Twee dae

Hoe om die inkopie ervaring in die kleinhandelwinkel te verbeter. Die inleiding tot klantediens en verkope module sal belangrike kleinhandel temas aanspreek met lewensvatbare en praktiese uitkomste. Die inhoud van die module sien soos volg daarna uit: Afdeling 1: Eksterne klanteverhoudings Inhoud  Positiewe eerste indrukke – die belangrikheid van liggaamshouding  Voorkeur kontakpatrone  Hoe om ‘n klant se vertroue te wen  Dinamika van verkope  Hoe om ‘n suksesvolle transaksie te beding  Verhoog die gemiddelde verkope per klant  Verander “kykers” na “kopers”  Hoe om ‘n klant te groet na ‘n suksesvolle transaksie Afdeling 2: Innoverende Kleinhandel – Staan uit bo die res! Inhoud  Verstaan die verskil tussen kommoditeite en leefstyl verkope  Ontwikkel ‘n kleinhandel ondervinding in jou winkel  Innoverend te dink  “High tech/high touch” konsepte  Implementering van konsepte Module 2 Rakversorging, winkel uitleg en voorlegging U/S 258217: U/S 258221: U/S 258215:

Evaluate a visually merchandised display Explain the role of visual merchandising in the organization Present a visual display in a wholesale or retail outlet

Tydperk:

Een dag

Praktiese rakversorgingsopleiding vir alle vlakke van personeel. Inhoud  Winkelbeplanning en -uitleg  Basiese rakversorging beginsels  Tipes rakversorging uitstallings  Rakversorging naamborde  Die verstaan en ontwikkeling van ‘n eenvoudige rakversorging- en uitleg konsep vir ‘n winkel  Verstaan hoekom klante voorkeur verleen aan sekere gedeeltes van die winkel Werkswinkel modules  Afdeling 1: Skep die geleentheid  Afdeling 2: Plasing van produkte

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

 

Afdeling 3: Bou van uitstalling Afdeling 4: Skep die “WOW” faktor

Module 3 Bemarking en verkope Tydperk:

Twee dae

Hoe om effektiewe bemarking te doen deur gebruik te maak van die vyf basiese reëls van bemarking. Afdeling 1: Bemarkingstrategie Inhoud  Opstel van ‘n bemarkingsplan  Opstel van ‘n bemarkingsbegroting  Gebruik strategie om ‘n bemarkingsveldtog te ontwikkel, byvoorbeeld: - “Cold calling/canvassing” - Keuring van klante - Sigbaarheid - Waardetoevoeging - Spogdae - Kompetisies  Suksesvolle implementering van bemarkings-veldtog  Uitvoer van binne-winkel promosies Afdeling 2: Verhoog verkope deur PERSOONLIKHEID Inhoud  Eienskappe van ‘n verkoopspersoon – toets jouself  Satisfaksie verkope  Verkoopseienskappe en voordele  Sewe stappe vir ‘n suksesvolle transaksie  Identifiseer die verskillende tipes klante en die hantering van verskillende klante  Verander die teorie om by jou klant se behoeftes te pas  Rollespel: Verkoopsproses en verskillende tipes klante. Rollespel word opgeneem en teruggespeel aan kursusgangers om geëvalueer te word. Kommentaar word gelewer oor hoe om sekere situasies te hanteer en te verbeter. Die idee is om positiewe gedrag aan te moedig en te bevorder. Module 4 Gevorderde kliëntediens Tydperk:

Een dag

Hierdie gevorderde klantediens module fokus op senior personeel en bestuur en om hulle in staat te stel om ‘n kliënt vriendelike omgewing te skep en die klient se dienservaring te meet. Inhoud  Wen klante se jarelange lojaliteit  Verbeter huidige kliëntediens  Ontwikkel kliënte lojaliteitsprogramme  Ontwikkel ‘n span wat gefokus is op klantesorg  Korrekte hantering en oplossing van problem Module 5 Kleinhandel finansies en begrotings U/S 255497: U/S 255499: U/S 255500: U/S 242810: U/S 117156:

Manage stock holding procedures in a wholesale and retail outlet Manage shrinkage and losses in a wholesale and retail unit Manage procedures that increase the net income of a wholesale and retail unit Manage expenditure against a budget Interpret basic financial statements

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

U/S 252036:

Apply mathematical analysis to economic and financial information

Tydperk:

Twee dae

Die finanansiële bestuursmodule se fokus is om die bestuurder toe te rus met die nodige finansiële vaardighede om operasionele aspekte van die besigheid te verbeter deur gebruik te maak van finansiële inligting. Inhoud  Basiese finansiële terminologie  Basiese rekeningkundige beginsels  Inkomste en balansstaat – inkomstes en uitgawes  Analiseer finansiële verslae  Gebruik inligting om bestuursbesluite te neem  Begrip en toepassing van finansiële ratio’s  Opstel van ‘n begroting  Opstel van ’n kontantvloeistaat  Kosteberekening en vasstelling van pryse  Ontwikkeling van ‘n gepaste bestuurssisteem deur gebruik te maak van finansiële inligting Module 6 Aanbiedingsvaardighede Tydperk:

Twee dae

Hierdie module begin met ‘n teoretiese voorlegging waarna elke kandidaat ‘n geleentheid kry om voor te berei en dan hul eie voorlegging aan die groep voor te lê. Inhoud  Eienskappe van ‘n goeie voorlegging  Definisie van studeer  Hoe studeer volwassenes  Fundamentele eienskappe van studeer  Riglyne van voorleggings  Aanbiedingsvaardighede  Aanbiedingsmetodes Module 7 Kommunikasie, spanbou & leierskap U/S 12433: U/S 252037: U/S 252034:

Use communication techniques effectively Build teams to achieve goals and objectives Monitor and evaluate team members against performance standards

Tydperk:

Twee dae

Hierdie module fokus op vaardighede soos kommunikasie, spanbou en leierskap om gesonde werksverhoudinge te bevorder. Inhoud  Kommunikasie tegnieke  Spanbou vaardighede om doelwitte te bereik  Monitering en evaluasie van spanlede in vergelyking met prestasie standaarde  Analiseer leierskap eienskappe  Strategie om aangename werksverhoudinge te bevorder

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

Module 8 Menslike hulpbronbestuur U/S 12140: U/S 10980: U/S 255494: U/S 255495: U/S 255514: U/S 255496: U/S 114274:

Recruit & select candidates to fill defined positions Induct a new employee Schedule staff Demonstrate an understanding of the sectoral determination Conduct a disciplinary hearing Manage a training intervention Demonstrate an understanding of the Basic Conditions of Employments Act

Tydperk:

Twee dae

Hierdie praktiese module fokus op die vaardighede hoe om personeel te hanteer en ‘n motiverende werksomgewing vir personeel te skep. Inhoud  Suksesvolle aanstelling van nuwe personeel  Personeel administrasie  Verstaan en bespreek wetlike aspekte, naamlik: Basiese Diensvoorwaardes, “Equity”, en “Labour Law”  Dissiplinêre prosesse en verhoor  Effektiewe kommunikasie en motivering  Konflikhantering in die werksomgewing Module 9 Strategie en beplanning Tydperk:

Twee dae

Die fokus van hierdie module is nie om ‘n lang uitgerekte besigheidsplan te ontwikkel nie, maar eerder vir die kandidaat om die belangrikheid van strategie en doelstelling te besef, en hoe om die besigheidsplan te gebruik om besigheiddoelwitte te bereik. Inhoud  Verstaan die belangrikheid van ‘n besigheidsplan  Ontwikkel ‘n visie, missie en doelwitte vir ‘n onderneming  Analiseer die kompetisie  Doen ‘n SWOT (Sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings) analise van die besigheid  Bespreek die verskillende besigheidsplan formate  Ontwikkel en skryf ‘n basiese besigheidsplan

Koste PER MODULE Koste per module beloop R 1 950.00 per persoon (BTW uitgesluit) en sluit studiemateriaal en middagetes in. REGISTRASIE VIR AKKREDITASIE Indien ’n student al nege modules suksesvol voltooi en ’n portfolio inhandig, is daar ’n koste van R2 500-00 per persoon (BTW uitgesluit) verbonde. Die fooi sal insluit die merk van die werkstuk deur eksterne moderators en akkreditasie by die Wholesale and Retail seta.

Sertifikaat Bywoningsertifikaat Na die bywoning van elke module, ontvang studente ’n bywoningsertifikaat vanaf die Agrinet Opleidingsakademie. Sertifikaat van Bevoegdheid

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

Na die suksesvolle voltooiing van elke module, insluitend die werkstuk, ontvang studente ’n sertifikaat van voltooing vanaf die agrinet Opleidingsakademie wat deur die W&R SETA onderskryf word.

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

ALGEMENE INLIGTING Kansellasie Indien ’n kursus nie bygewoon kan word nie, moet Agrinet sewe (7) werksdae voor die kursus datum skriftelik in kennis gestel word. Indien ’n persoon registreer en nie opdaag nie, sal die volle bedrag vir die spesifieke kursus van die betrokke persoon verhaal word.

Adres: Samrand Agrinet Hoofkantoor, Sterlingweg, Samrand, Centurion 012 657 2032 GPS Koördinate 25°55’32.37” Suid

28°08’34.85” Oos

Akkommodasie Elke kursusganger moet eie vervoer en akkommodasie reëlings tref. Die volgende webwerf het kontakbesonderhede vir akkommodasie in die omgewing - www.centurionbb.co.za. The Clubhouse Blueberry Lodge Protea Hotel Samrand Siesta Gardens Arbez Gastehuis

012 661 7953 / 083 380 2073 011 314 0380 / 082 856 1888 012 657 0110 082 268 2040 012 655 0942

Adres: Bellville Agrinet Bellville, Sacks Sirkel, Sanlamhof 021 959 5420 GPS Koördinate -33°55’31” Suid

18°39’35” Oos

Akkommodasie Elke kursusganger moet eie vervoer en akkommodasie reëlings tref. Die volgende webwerf het kontakbesonderhede vir akkommodasie in die omgewing - http://www.capestay.co.za Excellent Guesthouse Lorraine on Lincoln Dark Chocolate Klara’s C.C Latreuo Gastehuis

021 948 0108 021 946 4710 021 975 2820 021 979 4772 021 913 8512

Kontakbesonderhede Vir meer inligting aangaande kursusinhoud en opleidingsdatums, kontak Esti Olivier by: Tel: Faks: E-pos: Www:

012 657 2032 086 529 4326 [email protected] www.agrinet.co.za

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

AGRINET VIDEO OPLEIDING PROJEK Om kennis te deel gaan nie daaroor dat jy iets vir mense gee, of iets van hulle kry nie. Dít is slegs geldig vir die deel van inligting. Die deel van kennis vind plaas wanneer mense werklik daarin belangstel om mekaar te help om nuwe vermoëns vir aksie te ontwikkel; dit gaan dus oor die skepping van leerprosesse. LEI PERSONEEL OP MET BEHULP VAN VIDEOS The way you train your clients is important in enabling them to increase sales. Recent studies have shown that when a client is adequately trained in the beginning, they feel more confident in their job and therefore sell more. - Peggy Morrow; Training for Success Opleidingsvideo’s is presies wat die titel sê - video's wat gemaak is met die spesifieke doel om mense op te lei. Video’s word lankal erken as waardevolle leermiddels omdat dit op ‘n effektiewe wyse visuele leidrade aan beide studente en instrukteurs verskaf. Voorbeelde van sulke leidrade is gebare, liggaamshouding en gesigsuitdrukkings wat kommunikasie en begrip verbeter. Dekades se navorsing het bewys dat liggaamstaal die enkele belangrikste element van verbale kommunikasie is. In goeie sowel as slegte tye, is een van die grootste verborge onkostes vir baie ondernemings die koste daaraan verbonde om nuwe, of bestaande personeel, op hoogte te bring, of op te lei oor nuwe produkte. ‘n Gedetailleerde produkopleidingsvideo is een van die direkste maniere om opleidingskostes vir kliënte/personeel te verlaag. ‘n Produkopleidingsvideo kan personeel se produkopleiding versnel en dus verkort en alle personeel help om vinniger produktief te raak, wat hoër verkoopsyfers beteken. Wanneer ‘n firma ‘n groot geografies verspreide gehoor het, kan dit verskriklik duur raak om, óf opleidingsbeamptes wat die nodige ondervinding het na almal toe te stuur, óf om te betaal vir elke individu om opleidingskursusse by te woon. ‘n Opleidingsvideo kan sodanige koste dramaties verminder en dit maak ook die opleidingsinligting onmiddellik beskikbaar aan al die personeel. Wanneer jy ‘n wye en geografies verspreide gehoor het, kan opleidingsvideo’s die ideale manier wees om inligting aan jou personeel oor te dra op die vinnigste en koste effektiefste manier. Vandag se "visueel geletterde" samelewing verkry die meeste van sy inligting vanaf televisie en die Internet. Opleiers besef nou dat video die verkose medium is. Dit bespaar tyd, omdat jou boodskap vinniger aangebied word. Verder hoef opleidingsbeamptes nie te reis nie, wat beteken dat hulle nie vir lang periodes uit die kantoor is nie. Met ‘n video het jy volkome beheer oor jou boodskap en kykers hoor net die inligting wat jy wil hê hulle moet hoor, in die presiese volgorde wat jy verkies. ‘n Video wat professioneel geproduseer is, sal die kyker se aandag vinniger trek en beter behou as enige ander medium. Deur personeel deur middel van video’s op te lei sal jou onderneming ‘n kompeterende voordeel gee. Beeldmateriaal bring die kyker tot binne in jou fasiliteit sodat hulle die hele produksieproses kan sien, insluitende die kwaliteit van die materiale en die vakkundigheid wat gepaardgaan met jou onderneming se produkte en dienste. ‘n Professioneel geproduseerde opleidingsvideo kan so ontwerp word dat dit jou bestaande gedrukte materiaal kan aanvul en komplimenteer. Daar is ‘n voorbeeld van ‘n Agrinet produkopleidingsvideo op YouTube: http://www.youtube.com/watch?v=w04GeZxFhy8 HOE WERK DIT?  

Produkopleiding video’s sal gebruik word in ‘n gestruktureerde program waartydens al die vloerpersoneel van al die winkels opgelei sal word deur Agrinet verteenwoordigers. Opleiding sal gemonitor word. Na elke opleidingsessie moet Agrinet verteenwoordigers ‘n aanlyn elektroniese kontrolevorm op die Agrinet Opleidingsakademie se webtuiste voltooi www.agrinet.co.za. Verkoopsbestuurders sal ‘n e-pos boodskap ontvang om hulle in kennis te stel van watter opleiding aangebied is vir watter winkel en wie dit bygewoon het.

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

   

Elke Agrinet verteenwoordiger moet tenminste vier opleidingsessies per maand aanbied. Nadat leerders die video gesien het, kan hulle op die Agrinet webtuiste ingaan en die aanlyn-toets met veelvuldige keuses voltooi om tekortkominge te identifiseer en ook om te sien of leerders die material verstaan. Die slaagpunt is 75%. Na voltooiing van die toets, sal die leerder sowel as die Agrinet Opleidingsakademie ‘n kennisgewing met die resultate per e-pos ontvang. Kursusse om die geheue te verfris sal ten minste een keer per jaar aangebied word.

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

Program Uiteensetting 2013 KLEINHANDELSKURSUS Kursus Module 1: Inleiding tot kliëntediens en verkope Module 2: Rakversorging en winkeluitleg Module 3: Bemarking en verkope Module 4: Gevorderde kliëntediens Module 5: Finansiëlebestuur en begrotings Module 6: Aanbiedingsvaardighede Module 7: Kommunikasie, spanbou en leierskap Module 8: Menslike hulpbronbestuur Module 9: Strategie en beplanning Portfolio Assesering

Samrand 4-5 Februarie 5 Maart 15-16 April 6 Mei 3-4 Junie 8-9 Julie 5-6 Augustus 10-11 September 8-9 Oktober

Koste (BTW uit) R1 950-00 R1 950-00 R1 950-00 R1 950-00 R1 950-00 R1 950-00 R1 950-00 R1 950-00 R1 950-00 R2 500-00

Samrand 6-7 Februarie 7-8 Maart

Koste (BTW uit) R2 200-00 R2 200-00

23-24 April

R2 200-00

20-21 Mei

R2 200-00

10-11 Junie 10-11 Julie

R2 200-00 R2 200-00

Samrand 12-13 Maart 20-21 Junie 12-13 September

Koste (BTW uit) R1 650-00 R1 650-00 R1 650-00

Samrand 19-20 Februarie 14-15 Maart 17-18 April 29-30 Mei 12-13 Junie 23-24 Julie 7-8 Augustus

-

Samrand 12-14 Februarie (Afr) 26-28 Februarie (Eng) 16-18 Julie (Afr) 20-22 Augustus (Eng) 7-9 Mei

Koste (BTW uit) R1 320-00 R1 320-00 R1 320-00 R1 320-00 R1 320-00

17-19 September

R1 320-00

GEVORDERDE KLEINHANDELSKURSUS Kursus Module 1: Leierskap vir die toekoms Module 2: Wees “SMART” met mense – Emosionele intelligente leierskap Module 3: Uitvoerende strategiese beplanning, implementering en monitering Module 4: Uitvoerende vlak kommunikasie en onderhandelingsvaardighede Module 5: Veranderingsbestuur Module 6: Afrigting en leiding

“FRONT-HOUSE” KURSUS Klientediens, rakversorging & verkope Kursus Front-House Front-House Front-House

PRODUKOPLEIDING Kursus Tuinbou Gereedskap: Algemeen Besproeiing: Tuin en Pompe Verf en verwante produkte Winkel algemeen 1: Elektriese toebehore Binne winkel: Voertuigonderdele en bykomstighede Winkel algemeen 2: Buitelewe en kampering

Koste (BTW uit)

TEGNIESE BESPROEIINGSKURSUS Kursus Module 1: Pomp- en tuinbesproeiing

Module 2: Gevorderde pomp- en drup-mikro besproeiing

 012 657 2000



 086 529 4326



[email protected]   www.agrinet.co.za

Suggest Documents