begrafnis van Nelson Mandela)

Opb.3:1-6 15 Des 2013 (Versoeningsdag / begrafnis van Nelson Mandela) En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste...
Author: Björn Gehrig
33 downloads 2 Views 293KB Size
Opb.3:1-6 15 Des 2013 (Versoeningsdag / begrafnis van Nelson Mandela) En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood. 3:2 Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie. 3:3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie. 3:4 Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is. 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele. 3:6 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. I Liewe gemeente, History Channel het ’n program in hulle dokumentêre reeks, genaamd “Miracle rising South Afrika”. Niemand vereis dat jy met die inhoud moet saamstem nie, maar met die titel stem ek heelhartig saam. Toe aanhoudend historiese weergawes deur ons media aan ons voorgehou is van ’n wat selfs deur ’n Britse journalis as die hedendaagse Jesus daargestel is1, het ek nie na die geskiedenis na die regierende party nagelees nie. Ja, ek het die rolprent “Mandela” gaan sien en die daarstelling van die verlede het my baie na aan die hart gegaan. Maar ek het moeite gedoen om die boere Afrikanser geskiedenis in my geheue te vervris. Ek weet nie of ek die spyker op die kop tref nie (en dit is nou nie ’n woord van die Here nie) maar ek vermoed dat veral gewortelde Afrikaners in hierdie tyd daarmee worstel om sin te maak van die geskiedenis en om te heröriënteer. [nadere besprekings op ander geleentheid; hier noem ek slegs waarmee ons te doen het, in watter omstandighede die Evangelie in verkondig word]

Elke nasie het sy helde. Ek self het nog met Rachel de Beer, Worat Woltemade, Piet Retief, De la Ry en Paul Krüger groot geword soos hulle aan my op skool voorgehou is. Daardie name sal stil word; nuwe name verskyn as straatname in ’n veranderende SA; ’n merkbare verskuiwing van die interpretasie van die geskiedenis kan oorals waargeneem word. Mag ons sê: die wenner van enige tweestryd bepaal die daarstelling van die verlede? [dit was nog altyd die geval] Ek het die grensoorlog van 1835 in herinnering geroep; die ongelooflike desperaatheid van klein groepe mense om die Groot Trek aan te durf. Ons kan lang gesels oor die betekenis van Bloedrivier en die belofde. Ek het gesidder toe beeldmateriaal van die Anglo Boereoorloë weer voor my verskyn, veral toe ’n derde van die Afrikanerbevolking aan skrikwekkende, wrede en moetswillige dood uitgewer was - ’n soort vryheidsstryd wat moeilik vergelyk kan word met wat vandag deur die media aan ons opgedis word. Dis verstaanbaar uit watter grond sommige van die vorige sogenaamde Vaders van appartheid gespruit het. Dan die ontwikkeling van die sterkste weermag op die kontinent van Afrika. Ek self was van die laaste manne wat volle twee jaar militêre diensplig verrig het. Vir my het “die rooi gevaar” (kommunisme) sy kleur gekry in die ongenaakbare, wreedste denkbare vervolging van Christene agter die destydse “ystergordyn” 1

Dominic Lawson (London) kritisiert in der Zeitung Daily Mail unter anderem ein BBC-Interview mit dem früheren USPräsidenten Jimmy Carter. Darin legte der Journalist Justin Webb nahe, dass der am 5. Dezember im Alter von 95 Jahren verstorbene südafrikanische Staatspräsident, Friedensnobelpreisträger und Anti-Apartheid-Kämpfer einen Platz neben Jesus Christus verdiene. Der 89 Jahre alte Baptist Carter wies diese Vorstellung mit dem Hinweis zurück, dass Jesus Christus „der Sohn Gottes ist und damit Gott selbst“. In Südafrika wurde Mandela freilich von einem Kirchenmann als „Heiland“ charakterisiert. Pfarrer Joel Serasengwe von der Ostafrikanischen Waisen-Kirche in Soweto sagte der BBC über Mandela: „Er hat sich für uns geopfert – wie Jesus. Er war bereit, für uns zu sterben; deshalb lieben wir ihn.“ (Idea 13. Dez 2013)

van Rusland, Romenië (vlg Richard Wurmbrand) en ander Oos-Europeese lande. Vir ander burgers van SA was die rooi vlag die kleur van verlossing. Was die grensoorlog in SuidWes Namibië verniet? Staan die Revonia-regsuitspraak teenoor die onlangse boeremag-veroordeling? Wie sal ooit die plofbare toestand van SA net voor die verkiessing in 1994 vegeet dat selfs die oorsee se media nie anders as in godsdienstige terme kon praat nie as van die wonder van Suid Afrika! (The miracle of rising South Africa). En as jy van wonderwerke praat, praat jy van bonatuurlike ingrype, van God se wonderlike werke. En tog, ons het nog nie eers te praat van huidige slagoffers van plaasmoorde nie wat baie as ’n soort voortslepende volksmoord beskryf. Gaan die oorlog voort? Ja, ons erken die voute van die verlede, die ongeregtigheid en misstand, maar wat van die hede en die toekoms? Hoe lyk jou en my vryheidsstryd vandag? II Die Bybel moedig ons aan om bewus te word wat om ons aangaan. Geskiedenis gebeur nie maar net toevallig nie. Immers is groot gedeeltes van die OT en omtrend ’n twee vyfdes van die NT geskiedskrywing dinge gebeur. Veral die boek Handelinge spel die verloop van gebeure uit op so ’n manier dat elke leser moet besef: God is kragtig aan die werk. En tog, liewe gemeente, tog leer die Nuwe Testament ons ’n nuwe soort benadering wat ons in gewone geskiedskrywing nie teëkom nie. Let op dat ten tye van die Ou Testament die geskiedenis deel was van Godsopenbaring: Israel behoort te leer hoe God met volke, magte en nasies te werk gaan. God beheer die nasies en bestuur die lot van sy uitverkore volk - elkeen kon dit klinklaar duidelik in die verloop van gebeure raaksien: bv: wen Israel ’n oorlog, dan was God vir hulle; verloor Israel ’n oorlog, dan was God teen hulle. So kon Israel aflei dat wanneer hulle byvoorbeeld in die Babiloniese gevangenskap was, dat daar groot vout was met hulle verhouding teenoor God. In Babilon het Israel ’n bekering en regenerasie ondergaan en gevolglik het God hulle weer hulle plek onder die nasies in ere herstel. Vanaf die Nuwe Testament egter word daar afstand gedoen van hierdie soort interpretasie (daar was reeds talle aanduiding in die OT dat God vir sy volk is al gaan dit sleg). Jesus Christus verkondig ’n nuwe benadering met sy belofte: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. Al gaan dit goed of sleg - Ek is met julle! Die geskiedenis is vir ons Christene nie meer ’n openbaring van God se wese soos ten tye van die Ou Testament nie. Openbaringsgeskiedenis het met Christus se koms opgehou. So, hoe weet ek dan of God aan die werk is of die duiwel? Hoe kan ek die teken van die tye reg lees en goed en kwaad van mekaar onderskei? Drie maklike antwoord van ons Christene vandag: (1) As jy die wil van God wil agterkom, dan kyk na Christus. As jy ’n voorbeeld soek om na te strewe strewe na die ewebeeld van Christus. Leef in die Woord van God. Vanselfsprekend tel ook die OT nog deel van die Godsopenbaring - lees daarom ywerig in die Skrif en (2) maak die Bybel op jou eie lewe van toepassing. Lees die verhale, geskiedenis, gedigte, leringe asof dit vir jou geskrywe is. Hierby ingesluit is ewe-eens weer die inbedding van God se Woord in die geloofsgemeenskap. Luister na die God se lewende Woord deur die erediens, ontvang God in sy Sakramente en leef jou gawes in die gemeente en die samelewing. (3) En soos jy in die geloof groei, sal die Gees van God jou vyngevoellig maak om raak te sien waar jou plek in die wêreld is. God is inderdaad kragtig aan die werk - in die skepping, die natuur, die geskiedenis, kuns en wetenskap, politiek en ekonomie, in vreugde en in smart. Om die tekens van die tye raak te sien, vereis ’n lewendige verhouding met die lewende Drie-Enige God. In hierdie opsig word jy en ek egter ook uitgedaag om te luister wat die Gees vir die gemeente te sê het, om te dink, om te redeneer, om aktief en passief betrokke te wees. Die belofde lui dat God Homself aan jou sal openbaar! En dit is juis die punt wat aan ons deur die boek Openbaring voorgehou word: die geheim van die geskiedenis. God, soos in die verlede, bly nog steeds die God van die geskiedenis. Hy dryf die geskiedenis voort tot ’n eind-doel. Nee, ons tas nie net in die donkerte nie en raai maar wat aangaan nie; ons Christene

raai nie net blindelings wat aangaan nie. Ons weet: ons het dit telkens met God te doen. Só het ons dit reeds laas Sondag gehoor: Wanneer jy verlief raak, het jy dit met God te doen (want God is Liefde). Wanneer jy kinders opvoed en skool toe neem, het jy dit met God te doen. Wanneer jy met politiek en ekonomie speel, het jy dit met God te doen; wanneer jy jou werk verloor of jy vind nuwe werk, het jy dit met God te doen. Wanneer kuns en kultuur jou tema is, onthou: jy het dit met God te doen. Wanneer jy siek of gesond is, het jy dit met God te doen. En wanneer jy aan die grense van die lewe tree en die dood in die gesig staar, het jy dit met God te doen. God is by jou al die dae tot die voleinding van die wêreld. Dít, bogenoeme, liewe gemeente, moes die gemeente te Sardis nog leer. Aan hulle, net soos aan ons, word bekend gemaak: So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Voordat ek egter spesifiek op Sardis ingaan, laat my toe om nog een opmerking te maak ivm die geskiedenis. Die Bybel leer vir ons om op drie vlakke geskiedenis (die verloop van gebeure) te onderskei (nie te skei nie want hulle gebeur gelyktydig): (1) die eerste vlak lê in die oorhoofse, goddelike, onsienbare sfeer. Wanneer die Bybel vir ons bv leer dat Jesus Christus deur sy opstanding die dood oorwin het - dan is dit baie moeilik begrypbaar want ons kom met ons gedagtes en redenasie nie by daardie vlak uit nie. God regeer in die sigbare sowel as die onsigbare realiteit; daar is kragte en magte, duiwels en engele, dood en lewe waarvoor ons as mense slegs ’n aanvoelling het. En ons kan daaroor net soveel sê soveel as wat die Bybel vir ons openbaar. Ons weet nie presies hoe Jesus deur sy kruisdood die duiwel oorwin het of hoe die poel van vuur, die hel, persies sal wees, of selfs die hemelse toestand in besonderhede sal wees nie. En duidelik openbaar die Bybel vir ons dat daar in die bonatuurlike sfere kragte en magte aan die werk is wat die verloop van die geskiedenis in die kosmos bepaal. (2) die tweede vlak is die breë verloop van die natuurlike gebeure soos ons dit wel kan waarneem - wat in die natuur gebeur, wat op kontinente gebeur, wat tussen nasies en volke gebeur. Hier speel veral die groot leiers in die verlede ’n ooglopende rol soos konings en keisers, pous en hoofde besluite neem en die lot van generasies bepaal. Dit is historisiteit wat ons in skoolboeke leer dmv vakke soos geskiedenis, wetenskap, ens. (3) En die derde vlak is dat die verloop van gebeure vanselfsprekende in die alledaagse gebeure ons realiteit daarstel. Jy en ek skryf elke dag aan hierdie geskiedenis. Dis gaaf wanneer SA nou na 1994 “bevry” is, maar die vraag is erder: is ek bevry? Wat beteken vryheid dan vir jou? Die boek Openbaring leer vir ons: alle geskiedenis is God se geskiedenis. Alles dryf na voleinding toe. Nog is daar genadetyd. Maak julle self gereed vir die koms van Christus. III So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Sardis het vergeet dat God alles weet. Het jy dit dalk ook vergeet? Kan dit wees dat ek God slegs in die buitenste sfeer “weggestoot” het asof my realiteit niks met Hom te doen het nie? Miskien dink jy: Ek dog, die Here weet nie van my gesukkel nie. Ek dog, ek sit maar alleen met my gevoelens van eensaamheid en angs. Ek dog, die politiek gaan maar sy gang en ek kan tog niks verander nie; ek was my hande in onskuld. Ek het gemeen, slegs dokters kan my van siektes genees en ek moet maar self die oorlewingsstryd deur die lewe voer. So, ek gee ook nie meer eintlik om nie. Wat traak dit my wat God doen of nie? Hy is nie meer releant nie. Wel, my liewe vriend - die opvatting is vals. So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Daar is magte en kragte rondom ons waarvan ons nie eers gedroom het nie. Daar is God die hele tyd besig om op my ag te slaan - en ek het dit nie geweet nie. ... En dan doen die hemelse dokter ’n diagnose: Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg (nie volkome nie, gebrekkig) voor die oë van my God nie.

Verskriklik, nie waar nie? Wat sou ons reaksie wees, as God hierdie oordeel oor ons gemeente te Pretoria sou uitspreek? Julle het die naam, maar dit is sonder inhoud: Evangelies Lutherse Paulusgemeente! - Die naam sê niks nie, het geen betekenis nie; dis klankgolwe wat deur die wind weggewaai word. In Sardis het die duiwel blykbaar sy oorwinning behaal. Die gemeente hoef nie te gely het nie; dit gaan uiterlik goed, maar daar gaan niks aan nie. Ander gemeentes word nog versterk, bemoedig en kry allerhande belofdes, maar Sardis? Vyf “pille” skryf die hemelse Doktor voor wat tot geneesing sal lei: (1) Word wakker en (dis reeds genade dat die Here ons nie aan onsself oorlaat nie, maar ons oproep) (2) versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. (sien onder) (3) Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het.(die verlede maak saak) (4) Hou daarmee vol en (die toekoms word gevorm; motivering, aansporing) (5) bekeer julle. (dink nuut, soos die Here dink) Met hierdie voorskrif staan ons midde in Advent = aankoms. Die Here kom - en julle moet voorbereid wees. Dit gaan oor die innerlike houding: ’n houding van hoopvolle afwagting, ’n houding van erns maak met die boodskap van Kersfees / Christusfees. En dit is nie reg wanneer ons die blymakende Evangelie slegs vir onsself hou nie: Versterk diegene wat op die punt staan om dood te loop! Júlle as gemeente van Christus, julle wat die sendingsdrif van Paulus behoort te hê, julle is uitverkorenes om ’n verskil te maak. Dink daaraan, met watter ywer julle voorgeslagte die Evangelie na Afrika toe gebring het, met watter geesdrif julle die geloof ontvang het - en hou daarmee vol! Ja, daar is ’n verbindingslyn tussen julle doen-en-late, en dit wat God doen, want deur júlle kom Christus in hierdie wêreld (herhaal)! Deur julle begin die Christusfees op aarde - of te wel, begin dit nie. Hoor dan ook die trooswoorde wat die Here vir jou gee: Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort. Waar jy vroeër geen naam gehad het nie, kry jy nou ’n nuwe naam. Waar alles dood blyk te gewees het, wek die Here jou tot nuwe lewe. Die wit klere waarvan hier gepraat word, sê die slim mense, spruit blykbaar uit die regsspraak van die destydse oriënt. Iemand wat voor die regbank aangekla word, moet swart klere dra. En wanneer die aangeklaagde skuldig bevind word, behou hulle daardie swart klere; maar wanneer hulle vrygespreek word, ontvang hulle wit klere - as teken van vryspraak en reinheid. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Sien, liewe gemeente, geen sprake meer van groot politiek, van die wêreldekonomie of VN-konverensies nie, maar God skryf sy geskiedenis deur elke individuele persoon te vergewe, te hernu en die hemelse lewe te gee - die hemel kom aarde toe. Dit kan dan ook nie anders nie as dat wedergeborene individue ook ’n hemelse verskil op aarde sal maak! Die Here sê: “Julle gemeente te Sardis, sal Ek vryspreek en wit klere aantrek. Ek sal julle hou en beskerm, en niemand sal julle bedreig nie. Ek, die engel van die gemeente, sal julle naam in die boek van die lewe skryf en niemand sal dit kan uitvee nie.” Wat ’n belofde! Die Here gun vir Sardis nog ’n nuwe begin. Hy skryf met jou en my ’n nuwe kapitel in die boek van die geskiedenis. Sal ons die geleetheid met altwee hand aangryp? Sal ek regtig uit hierdie erediens gaan met nuwejaarsvoornemens? “Here, ek sal my eggenoot meer ag. Here, ek sal u wil soek. Here, ek sal erns maak met stiltetyd en boekevat. Here, ek wil goeie werk lewer en u deur my werke dien!” Mag God ons sy Gees, dat ons nie net hoor wat die Gees vir die gemeente te sê het nie, maar ook doen wat Hy beveel het. Mag ons die eredienste van die Here met blydskap tegemoedgaan om hier die Here te ontmoet

wat ons reinig van alle sondes. Mag ons die nagmaal vier met hoopvolle afwagting dat ons nagmaal ook ’n fees is van die voleinding wanneer ons saam met die Vader en die Seun sal leef en regeer tot in ewigheid. Amen. En mag die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, julle harte en sinne bewaar in Christus Jesus, ons Here. Amen.

Suggest Documents