ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE BASIESE DIENSVOORWAARDES (IV) SEKTORALE VASSTELLING No. 13 Skriftelike besonderhede van diens (Dienskontrakte) 10/27 DEEL...
365 downloads 0 Views 584KB Size
ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE BASIESE DIENSVOORWAARDES (IV) SEKTORALE VASSTELLING No. 13 Skriftelike besonderhede van diens (Dienskontrakte)

10/27 DEEL 2

Dienskontrakte: Hierdie nuusbrief handel oor die skriftelike besonderhede van diens wat aan ‘n plaaswerker gegee moet word.

1 1. 2.

SEKTORALE VASTELLING NO.13, PLAASWERKER SEKTOR

Definisies Beskrywing van dienskontrak inhoud

DEFINIESIES “Sektorale Vasstelling” word deur die Minister van Arbeid ingevolge artikel 52 van die Wet op Basiese diensvorwaardes, in gestel. Dit stel die minimum basiese diensvoorwaardes vir ‘n bepaalde sektor vas. In hierdie geval is die sektor Landbou. “Plaaswerker” is enige persoon wat in diens geneem word en waar sodanige indiensneming in geheel of gedeeltelik verband hou met landbou aktiwiteite. Dit sluit ook huishulpe en sekuriteitswagte wat onderskeidelik in ‘n huis op ‘n plaas of op ‘n landbou perseel werk in. Dit sluit enige persoon uit wat deur ‘n ander sektorale vasstelling gedek word, hetsy of sodanige persoon/e op ‘n plaas werk aldan nie (bv. werknemers betrokke by ‘n restaurant of gaste kompleks gelee op ‘n plaas en sekuriteitswagte wat deur ‘n sekuriteitsfirma voorsien word.) “Landbou aktiwitewite” vir die doel van hierdie Sektorale Vasstelling beteken;



• Gemengde boerdery, • Akwaboerdery, • Hortikultuur, • Veeboerdery, • Saaigewasse, maar sluit bosbou aktiwiteite uit.

2. BESKRYWING VAN DIENSKONTRAK INHOUD •

Hieronder volg ’n uiteensetting van elke punt wat in die kontrak moet verskyn sowel as ’n voorbeeld van hoe dit beskryf kan word. Let Wel dat dit slegs ’n voorbeeld is, aangesien elke werkgewer se omstandighede verskil.



Werkgewer se besonderhede (volle naam en adres): • Bv.: ABC Boerdery Posbus 000 Paarl 7646 (Hierna genoem die werkgewer)



In die geval waar die werkgewer ’n eenmansaak of entiteit is wat sy besigheid as ’n “handeldrywend as” bedryf, moet die volle beskrywing gegee word bv: J Janneman h/a ABC Boerdery Posbus 000 Paarl 7646 (Hierna genoem die “Werkgewer”)

PLAASWERKER SE VOLLE NAAM • Die werker se volle name en ID nommer moet op die dokument verskyn • Byname alleen mag nie gebruik word nie en mag slegs saam met die werker se volle name gebruik word. Bv. Naam: Jan “Jannie” Janneman ID No.: 000000 0000 000 (Hierna genoem die “Werknemer”) POSTITEL, KORT OPSOMMING VAN TAKE WAT DEUR DIE PLAASWERKER VERRIG MOET WORD EN PLEK VAN WERK

- - -

Indien die werknemer van tyd tot tyd as toesighouer / spanleier optree, alle take wat verband hou met algemene toesighouding en kwaliteit beheer; Alle take wat verband hou met die skoonmaak en instandhouding van geboue, tuine, paaie, pakstore, masjinerie, toerusting en voertuie; Sowel as enige ander verbandhoudende opdrag wat redelikerwys van die werknemer verwag kan word om te verrig.

• Bogenoemde is slegs ‘n opsomming van huidige praktyke / bedrywighede wat weens die veranderde aard van ekonomiese markte en die werkgewer se finansiële posisie, van tyd tot tyd verander en aangepas kan word. Die werknemer onderneem egter om sodanige veranderings te aanvaar as deel van die take wat deur die werknemer verrig moet word. AANVANGSDATUM VAN DIENS

• •

Die werknemer word aangestel as ‘n Algemene Plaaswerker op die plaas/e van die werkgewer, algemeen bekend as ABC plaas geleë in die ………… distrik. Die werknemer kom ooreen om alle take wat verband hou met die verskillende boerdery fasette op hierdié en ander plase / persele waar die werkgewer ‘n belang het, te verrig. (Dit sluit in enige persele waar verpakking, verwerking en/of enige ander sekondêre boerdery bedrywighede plaasvind)

• Die take wat die werknemer moet verrig word soos volg opgesom: - Alle take wat verband hou met die verbouing van wyndruiwe; - Alle take wat verband hou met die verbouing van vrugte, wat insluit maar nie beperk is tot ....................... .....................; - Alle take wat verband hou met die verbouing van saaigewasse; - Alle take wat verband hou met die versorging en teel van vee; - Alle take wat verband hou met die verwerking en vervoer van verboude produkte; - Indien die werknemer van tyd tot tyd ‘n voertuig en/of trekker operateur is, alle take wat verband hou met die operateuring en instandhouding van sodanige voertuig / trekker;

• •

Die aanvangsdatum van diens is/was ............. ................................19/20............. Indien die werknemer in diens geneem word weens die aankoop/oordrag van die werknemer se vorige werkgewer se besigheid en tensy anders in die koopkontrak ooreengekom, word dit aanvaar dat die werknemer se diensjare by die vorige / “ou” werkgewer oorgedra word na hierdie (“nuwe”) werkgewer. Vir hierdie doeleindes word die werknemer se aanvangsdatum van diens by die vorige / “ou” werkgewer vermeld as die ……..dag van ………………….19/20…..

NORMALE WERKURE EN WERKWEEK LENGTE • Die werknemer se normale werksweek strek oor ‘n periode van 5 opeenvolgende kalenderdae (Maandag - Vrydag) en bestaan uit (gemeet oor ‘n tydperk van 12 maande) 45 normale ure en word soos volg uiteengesit; Winter (Mei, Jun, Jul, Aug: 07H30 – 17H30 Herfs / Lente (Mrt, Apr, Sept, Okt.): 07H00 – 17H30 Somer (Nov, Des, Jan, Feb): 06H30 – 17H30 • Die werknemer moet, ten einde die nodige administratiewe- en teenwoordigheidsfunksies te voltooi, reeds minstens 10min voor die aanvang van sy/ haar daaglikse werkure, by die betrokke aanmeldpunt wees.

• Gedurende bogenoemde werksweek, sal die werknemer geregtig wees op die volgende etens- en rusperiodes; - ‘n Ontbyt van 30 min en ’n Middagete van 60 min. Indien die werknemer as gevolg van verlengde ure of oortyd geregtig sou wees op ‘n derde etensperiode, sal sodanige derde etensperiode 15 minute wees. Hierdie etensperiodes vorm nie deel van die werknemer se werkure nie en is dus onbetaald. - ‘n Weeklikse rusperiode van minstens 36 ure (naweek) of alternatiewelik, ’n rusperiode van 60 ure elke tweede week.



verlengde ure soos per “Sektorale Vasstelling vir Plaaswerkers” te werk en erken dat die werkgewer die reg voorbehou om inval-en- uitval tye gedurende die seisoentyd te verander.



Oortyd vergoeding sal geskied volgens die riglyne neergelê deur die betrokke wetgewing, wat tans 1.5 keer die normale uurlikse loon van die werknemer is. Oortyd is betaalbaar indien die gemiddelde daaglikse of weeklikse normale werkure van onderskeidelik 9uur of 45uur oorskry word.



NAGSKOF TOELAAG Indien die werknemer sy dienste tussen 20H00 en 04H00 die volgende oggend verrig, sal die werknemer geregtig wees op ‘n nagskof toelaag gelykstaande aan 10% van die werknemer se dagloon (oortyd uitgesluit). Hierdie toelaag is betaalbaar op die werknemer se normale betaaldag.

Indien die werknemer minder as 6 uur per dag werk sal die etensperiodes verval.

NORMALE VERGOEDINGSTARIEF, BETAALPERIODE EN METODE VAN BETALING •

Die werknemer is geregtig op ‘n bruto vergoeding van R………………..per week gewerk en is betaalbaar op die laaste werksdag van die betrokke betaalperiode wat strek van ’n Maandag tot die eerste daaropvolgende Vrydag. Vir die berekening van enige pro-rata vergoeding word dit ooreengekom dat die werknemer se uurlikse loon, R………….. per uur gewerk beloop.



Bogenoemde is slegs ‘n weerspieëling van huidige betalingspraktyke. Die werknemer erken dat die werkgewer die reg voorbehou om die huidige betaalpraktyke en-periodes te hersien. Die werknemer onderneem om sodanige veranderings te aanvaar.



Indien betaling per elektroniese oorbetaling direk na die werknemer se persoonlike bankrekening geskied, sal dit die werknemer se plig wees om te verseker dat die werkgewer in besit is van sy/ haar bankbesonderhede. Geen betaling sal dan per tjek of kontant geskied nie.



OORTYD TARIEF •

Die werknemer onderneem om oortyd te werk indien die werkgewer dit sou versoek. Sodanige versoek (waar moontlik) moet vooraf gegaan word deur ‘n redelike kennisgewingsperiode.



Die werknemer kom ooreen om die

ENIGE ANDER VERGOEDING IN KONTANT WAAROP DIE WERKER GEREGTIG SAL WEES

ADDISIONELE VERGOEDING Die werknemer is nie geregtig op enige ander vergoeding nie. Dit sluit in enige vergoeding en/of bydrae tot medies, pensioen of begrafnis skemas/ kostes. Indien die werknemer wel addisionele vergoeding ontvang, sal dit streng volgens die diskresie van die werkgewer wees en sal sodanige addisionele vergoeding nie deel vorm van die werknemer se diensvoorwaardes nie. ENIGE GRATIS BEHUISING OF VOEDSEL WAAROP DIE WERKER GEREGTIG SAL WEES, SOWEL AS DIE WAARDE DAARVAN. BEHUISING • Indien die werknemer gedurende sy/haar dienstydperk behuising as byvoordeel op die plaas/e van die werkgewer sou ontvang, sal die volgende voorwaardes van krag wees: - Die werknemer en dié se gesin die woning moet ontruim binne 1 week gedurende die eerste 4 weke van diens en binne 4 weke daarna, vanaf die datum waarop die werknemer kennis gegee of ontvang het dat die diensverhouding beëindig gaan word, - Die werknemer verantwoordelik gehou sal word vir enige skade aangerig deur die werknemer of die werknemer se besoekers,

- - - - •

Alle voorwaardes soos vervat in die Behuisingsooreenkoms aangegaan tussen die werknemer (okkupeerder) en die werkgewer (eienaar / persoon in beheer). Die werknemer sal gedurende die dienstydperk geregtig wees op ......... eenhede gratis elektrisiteit. Alle addisionele eenhede elektrisiteit moet aangekoop word deur middel van ʼn koopkrag stelsel. Die eenheidsprys van elektrisiteit is jaarliks aanpasbaar. Die aankoop van elektrisiteit kaartjies sal weekliks op Vrydae plaasvind en is by die administratiewe kantoor van die plaas waarop die werknemer woon, verkrygbaar. Die okkupeerder sal aanspreeklik wees vir ‘n heffing gelykstaande aan 10% van sy loon / salaris as werknemer. Hierdie heffing is in terme van die Sektorale Vasstelling vir Plaaswerkers verhaalbaar en dien nie as huurgeld nie.

Bovermelde verplig nie die werkgewer om behuising aan die werknemer te voorsien nie, maar stipuleer slegs die voorwaardes waaronder behuising geokkupeer mag word.

ENIGE VERGOEDING IN NATURA •

Die werknemer sal geen gratis voedsel of enige betaling in natura ontvang nie.

ENIGE AFTREKKINGS WAT MOONTLIK VAN DIE WERKER SE LOON VERHAAL SAL WORD •

Die werkgewer is geregtig om enige aftrekking wat ingevolge ‘n wet, kollektiewe ooreenkoms, hofbevel of arbitrasie toekenning vereis of toegelaat word, van die werknemer se loon te verhaal.

• Bogenoemde sluit in maar is nie beperk tot: - Die werknemer se bydra tot WVF wat 1% van die werknemer se loon sal wees, - Enige premies t.o.v. polisse en versekering wat deur die werknemer betaal moet word. - Enige voedsel wat deur die werknemer aangekoop is by die plaaswinkel. (Hierdie bedrag is weekliks / maandeliks ten volle verhaalbaar). - Okkupasiegelde wat gelykstaande

is aan 10% van die werknemer se loon. Hierdie gelde dien nie as huurgeld nie en is volgens die betrokke Sektorale Vasstelling ‘n korting wat die werkgewer op die minimumloon ontvang indien die werknemer behuising as byvoordeel ontvang. - ‘n Bedrag soos ooreengekom in die behuisingsooreenkoms, aangegaan tussen die werknemer en die eienaar, ten opsigte van “koopkrag”. - Enige bedrag soos wat deur die werknemer versoek word en wat betaalbaar is aan ‘n derde party (bv. Dokter). Hierdie reëling is streng volgens die diskresie van die werkgewer. - Tot en met 25% van die werknemer se loon indien: i. Die werknemer skuldig bevind is aan die opsetlike beskadiging van die werkgewer en/of dié se besoekers of kliënte se eiendom, ii. Die werknemer skuldig bevind is aan nalatigheid wat tot die beskadiging van die werkgewer en/of dié se besoekers of kliënte se eiendom lei - ‘n Bedrag gelykstaande aan die monetêre waarde van die werknemer se kennisperiode, indien die werknemer versuim om die ooreengekome kennisperiode te werk. VERLOF WAAROP DIE WERKER GEREGTIG SAL WEES JAARLIKSE VERLOF -

Die werknemer is geregtig op 1 dag betaalde verlof vir elke 17 dae gewerk. Die werkgewer behou die reg voor om te bepaal wanneer die verlof geneem mag word, met dien verstande dat dit binne 6 maande na die einde van die jaarlikse verlofsiklus sal plaasvind.

SIEKTEVERLOF -

Gedurende die eerste 6 maande van diens sal die werknemer geregtig wees op 1 dag betaalde siekteverlof vir elke 26 dae gewerk.

Daarna sal die werknemer die ekwivalent van die aantal dae wat die werknemer normaal- weg oor ‘n periode van 6 weke gewerk het , as siekteverlof ontvang gedurende elke periode van 36 opeenvolgende maande diens . - Tydens enige afwesigheid moet die werknemer, met die aanvang van die werknemer se skof, die werkgewer persoonlik in kennis stel van die rede vir die afwesigheid asook die moontlike tydperk van afwesigheid. KRAAMVERLOF (SLEGS VROULIKE WERKNEMERS) - Die werknemer is geregtig op 4 opeenvolgende maande onbetaalde kraamverlof. Tensy anders ooreengekom begin die werknemer met kraamverlof 4 weke voor die verwagte datum van geboorte. -

Indien die werknemer gedurende die derde trimester van swangerskap ‘n miskraam het of ‘n doodgebore kind baar, is die werknemer geregtig op kraamverlof vir 6 weke vanaf die datum van die miskraam of doodgeboorte.

KENNISPERIODE TYDENS DIENSBEËINDIGING KENNISTYDPERK - Die diensverhouding kan deur beide partye beëindig word deur ‘n kennisgewingsperiode van: • 1 week gedurende die eerste 6 maande van diens, • 4 weke indien die werknemer langer as 6 maande in diens is -

Enige diensbeëindiging deur die werkgewer moet volgens die voorskrifte van Bylae 8 van die Wet op Arbeidsverhoudinge ‘95 geskied. Kennisgewing (hetsy deur die werknemer of werkgewer) moet skriftelik geskied. Waar die werknemer ongeletterd is kan sy/ haar kennisgewing mondelings wees.

-

In die geval waar die werknemer se dienste beëindig word as gevolg van ernstige wangedrag, sal die werkgewer die reg voorbehou om die werknemer se dienste, na afloop van ’n dissiplinêre verhoor, met onmiddellike effek te beëindig en sal bogenoemde kennisgewingperiodes nie van toepassing wees nie.

DIE DATUM WAAROP DIE DIENSVERHOUDING TOT ‘N EINDE KOM.

VERLOF VIR GESINSVERANTWOORDELIKHEID - Indien die werknemer vir langer as 4 maande en vir minstens 4 dae per week werksaam is by die werkgewer sal 3 (DRIE) dae gesinsverantwoordelikheid- verlof per verlof siklus aan die werknemer toegestaan word indien: • Die werknemer se kind gebore word, of • Die werknemer se kind ernstig siek is, of • In die geval van dood van die werknemer se naaste familie (oupa, ouma, ma, pa, broer, suster, gade, kinders en kleinkinders). -

Die werkgewer behou egter die reg voor om enige betaling te weerhou indien die werknemer nie bewys kan lewer van sodanige voorval nie.

In die geval van ‘n vastetermyn ooreenkoms (tydelike kontrak) word die volgende aanbeveel: •

Die aanvangsdatum van diens is die ………dag van …………………….20……. Hierdie ooreenkoms en meegaande diensverhouding sal outomaties op die ………..dag van ………………………..20….. beëindig word. Die werkgewer is onder geen verpligting om die termyn van die ooreenkoms te verleng en/of ‘n nuwe ooreenkoms met die werknemer aan te gaan nie. Enige hernuwing en/of verlenging sal slegs van krag wees indien dit skriftelik deur die werkgewer bevestig word.

NB: Bovermelde is uittreksels uit bestaande kontrakte en dien slegs as voorbeeld en moet in konteks met die res van die bepaalde kontrak gelees word. Raadpleeg asseblief ‘n kundige in hierdie verband.

Intydse onderwerpe met betrekking tot aangeleenthede wat verband hou met Agri Wes-Kaap word gekeur vir publikasie, maar die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur Agri Wes-Kaap behels nie. Dus weerspieel die standpunte wat in die Agri Wes-Kaap nuusbrief gehuldig word nie noodwendig dié van Agri Wes-Kaap of sy personeel en lede nie. Agri Wes-Kaap aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van produk-aanspreeklikheid, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die voorsteller en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van vrylating daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Vir enige navrae in verband met hierdie e-nuusbrief skakel gerus die Redakteur.

VIR MEER NAVRAE SKAKEL GERUS: AGRI WES-KAAP KANTOOR SURIKA BOTH: [email protected] | 021 860 3804 KOPIEREG: ANDRÉ BLOEM