Anders: Ons erediensreeks: Dankbaarheid by die deure

Sondagaankondigings en Nuusblad vir Helderberg Gemeente www.nghelder.co.za - 6 November 2016 Jr. 4 Nr. 43 021 851 5582 - [email protected]...
Author: Kimberly Berry
37 downloads 2 Views 549KB Size
Sondagaankondigings en Nuusblad vir Helderberg Gemeente

www.nghelder.co.za

-

6 November 2016 Jr. 4 Nr. 43

021 851 5582 - [email protected]

Ons erediensreeks:

Anders: Week 1.Ons is anders, omdat ons weet dat ons God se geliefdes is. En wanneer hierdie wete ’n mens se identiteit vorm, is alles anders. Week 2. Ons is anders, omdat hoe meer ’n mens regtig glo dat God jou liefhet, hoe meer kom die begeerte by jou op om Hom terug lief te hê. God se liefde maak van my ’n mens met liefde in my hart. Dit ís liefde vir God, maar sluit ook liefde vir ander mense in.

Sondag 6 November. Anders: Om almal en alles lief te hê vir wie God liefhet. 1 Joh 4:7-21 As God jou eerste liefde is, het jy almal en alles lief vir wie God liefhet.

Week 3. Anders: Rêrig? Ons is anders, omdat ons God eerste stel in ons lewe. God neem prioriteit in ons hart en lewe.

Nicky Gumble: “The church should be famous for its love. Unconditional love breaks down barriers, puts people back on their feet, restores and heals”.

Dankbaarheid by die deure Helderberg Gemeente vier hul Dankbaarheid in die wete dat ons deur God geseën word om vir ander tot seën te wees. Dankbaarheidskoevertjies is in spesiale houers by die deure. Vul gerus jou koevertjie as teken van jou dankbaarheid. 1

Helderstem 6 November 2016

Sondag 6 November 1 Joh 4:7-21 Anders: Om almal en alles lief te hê vir wie God liefhet. 08:00 Meditatief Beda Ludik 08:00 Klassiek (Doop) Danie O’Kennedy 09:30 Meditatief Breda Ludik 09:30 Informeel (Doop) Hannes Theron 09:30 Kleuter- en Jeugaktiwiteite 10:00 HB Village Danie O’Kennedy 10:30 Internasionale Studente Die Khaya 17:30 Tieners kuier in Tent 18:00 Tienerkerk Paul Barnard Geen dissipelskapgroepe

19:00 Aandkerk

Hannes Theron

Uitreikgetuienis: Indië Chris Miles Projekleier: Sippe Heeringa 082 424 b8019 marlene@[email protected]

Sondag 13 November 1 Tim 4:6-10 08:00 Meditatief Hannes Theron 08:00 Klassiek Tilana Meyer-Morkel 09:30 Meditatief Hannes Theron 09:30 Informeel Breda Ludik 09:30 Kleuter- en Jeugaktiwiteite 10:00 HB Village Tilana Meyer-Morkel 10:30 Internasionale Studente Die Khaya 18:00 Tienerkerk Paul Barnard 19:00 Aandkerk Breda Ludik Uitreikgetuienis: Seniorsorg

Dinsdag 8 November 06:00 Gesels oor en bid vir ons land 17:30 Eredienswerkgroep - Kapel Woensdag 9 November 08:15 Voorbidders - Kapel Donderdag 10 November 08:45 Bybelstudie 17:30 Divorce Care, Single & Parenting

Dinsdagoggende van 06:00 tot 06:45 gesels en bid ons in die Tent vir ons land en gemeenskap. Enigeen is welkom. 2

Helderberg NG Gemeente 021 851 5582 www.nghelder.co.za

Leraar-noodnommer 083 988 2003 [email protected] Beradingsentrum: Telefoon: 079 417 3863 [email protected] Helderberg Gemeente Bankbesonderhede Bank ABSA Somerset-Wes Rek nr. 2900 590 094 (tjek) Rek naam NGK Helderberg Takkode 632 005 Verwysing Naam of bediening Navrae Antoinette du Toit 851 5582 Helderberg Uitreik Bankbesonderhede vir Art 18A. ABSA Helderberg Tak: 632005 Rek nr. 9114483080 Verwysing: Projeknaam of WBB

Voorbidding vir Mia Cara Ferreira (5 jr. Leukemie) Bettie Beukes (Coeliac disease) Rienie Victor (heup gebreek) Wouter Hanekom (motorongeluk) George Sieberhagen (dankbaar vir herstel) Elizna Theunissen (motorongeluk) Johan Jansen (beroerte) Henk Kruger – dankbaar vir goeie reaksie op kankerbehandeling Thys Truter (herstel na operasie) Carien Groenewald (herstel na operasie) Rou: Antoinette Erasmus, haar pa, Johan Botha, is oorlede

Kerkkantoorure Weeksdae 08:00 - 19:00 Vrydae: 08:00 - 13:00 Sondae: 08:30 - 11:30

Helderstem 6 November 2016

Sportoffisier word ‘n draer van hoop “Ek is ‘n Blou Bul. Ek is gebore en het grootgeword in Pretoria”, trek Chris Miles los terwyl hy met sy helderblou oë jou reguit in die oë kyk. “Ek het ook matrikuleer in Pretoria aan Hoërskool Hendrik Verwoerd. Louis Schmidt, oudspringbok, met sy weglêsnor, was ons wetenskaponderwyser.” Chris sê dat hulle ses kinders was: drie susters en drie broers. “Ek kom uit ‘n sendelinghuis. My pa was al die jare ‘n sendeling Mariana en Chris Miles, in Mamelodi digby die sendelinge vir die Indië Chris Miles-uitreikspan Pretoria,” sê Chris Miles, sendeling vir Chris was ‘n sportoffisier in die die “Indië Chris Miles ”-uitreikprojek. weermag. Na matriek op 17-jarige ouderdom het hy by die weermag “My pa was 88 en toe het hy nog aangesluit en op 49 jaar, na 32 saam met ons 18 putjies gholf gejaar diens, het hy met vroeë penspeel en nogal sy eie karretjie gesioen afgetree. sleep. Hy is oorlede net voor hy 90 sou word. My moeder leef nog en sy Hy sê hy speel baie graag gholf is 90 jaar oud in ‘n aftree-oord in Previr ontspanning en as daar tyd toria”. daarvoor is. “Ek is in 1968 in Pretoria met Maria“Na my aftrede uit die weermag na, Okkie Britz se suster getroud. het ek en Mariana vir die Here Ons was Okkie se eerste paartjie wat gesê dat Hy ons moet begin gehy in die huwelik bevestig het. Ons bruik. Oornag het die Here vir ons het twee kinders. My seun is ‘n megeleenthede gegee. Wat so wondiese dokter in Brackenfell en my derlik is, is dat ons hier in Helderdogter is in Bloemfontein. Daar is berg Gemeente, 20 jaar gelede, twee kinders wat al vir my ‘Oupa’ sê”. ons bediening toe begin het. 3

Vervolg op bl 4

Helderstem 6 November 2016 vanaf bl 3

e-posadres is een van die maniere wat ons elke dag aan ons lewensdroom herinner. Ons moet ‘n lig daar wees”, sê Chris baie beslis.

Okkie het vir die eerste keer ‘n uitreikspan Indië toe gereël en ek en Mariana het hier kom insit in een van sy aanbiedinge.

“Ons is baie opgewonde oor ons projek. Ek dink ons het een van die grootste projekspanne in Helderberg Uitreik. Ons het op die oomblik 15 mense in ons projekspan.” Ons hou nie net vergaderings nie. Hulle weet dat hulle ook dissipelmakers is, elkeen in sy eie lewe, selfs buite die projek,” sê Chris opgewonde. Ons lei ook leraars in Indië op in dissipelmaking.

Net daar het die Here ons hele lewe dramaties verander”. “My betrokkenheid by die Indië Chris Miles-projek het aanvanklik in 1996 begin toe ek die eerste keer ‘n uitreik na Indië toe meegemaak het,” sê Chris toe hy die datums begin opnoem. “In 2001 het die Here my geroep om by die King Fisher Mobiliseringsentrum ‘n voltydse mobiliseerder te word. So het ek in 2001 voltyds in die bediening ingegaan juis met die mobilisering van Indië.”

“Ek glo dat die Somerset-Wes Gemeente, wat ook deel van Helderberg Uitreik is, ook baie opgewonde is oor ons projek. Ons sien hulle opgewondenheid elke keer wanneer ons voorberei vir ‘n uitreik Indië toe, ons soveel ondersteuning en hulp kry. Daar is soveel voorbidding vir ons. Somerset-Wes en Helderberg gemeentelede gee ons soveel krag om in Indië draers van die Here se lig te wees.

Chris Miles het ‘n besondere eposadres: [email protected] wat verwys na Jes 49: “Waar jy beweeg is jy die lig vir die wêreld.“ Toe hulle ‘n e-posadres moes kry, het die Here duidelik vir hulle laat weet dat dit Jesaja 49 moet wees. “My bediening word juis in Varanasi ‘City of Light’ genoem. Eintlik moet die naam ‘City of Darkness’ wees. Ons het gevoel dat ons daar ‘n lig moet wees en ons

Helderberg Uitreik gee ons die geleentheid om draers van hoop te wees”.

Kerssangdiens - Sondag 4 Des om 19:00 Een van die “moet bywoon”-geleenthede van die jaar is ons gemeente se kerssangdiens. Sondagaand 4 Des om 19:00 maak ons weer so. Vanjaar se diens herinner ons daaraan dat Jesus se koms lig gebring het na ’n donker wêreld – ’n boodskap wat ons beslis nodig het! Kom sing gerus lekker saam aan kersliedere en verlustig jou weer in die beste nuus wat nog ooit aangekondig is. 4

Helderstem 6 November 2016

Klassieke Klanke direk na ons harte Op Sondagmiddag, 30 Oktober, het die Aanbiddingsbediening ‘n Klassieke Klanke-uitvoering in die kerk aangebied. Johann Sebastian Bach het gesê: “Musiek is ‘n tregter waardeur God die evangelie direk in ons harte skink.” Dit was ‘n wonderlike ervaring om te sien en te beleef wat goeie musiek aan mense doen. Baie dankie vir almal wat hard gewerk het om die uitvoering moontlik te maak. Ons waardeer jul moeite en bereidwilligheid om jul gawes met ons te kom deel. Dit is ongelooflike talent waarmee die musikante geseën is.

Klassieke diens: Danie O'Kennedy Willie en Elizabe du Preez met Izebel Gerrit en Nadia Engelbrecht met Mieke Craig en Chandré Porter met Milan Carter Piet en Almari Smal met Lisa Informele diens: Hannes Theron DC en Madre Blom met Sebastiaan Paul Walter en Carla Botes met Minca Pieter en Yolandé Conradie met Mia Willem en Marle du Toit met Talia Maresel Sarel en Linda Haasbroek met Markus Sarel Dewald en Aloës Koegelenberg met Lea Riaan en Yolanda Koen met Robert Johan Munro & Hanta Strydom met Olivia

Ons doop vandag

5

Helderstem 6 November 2016

Evalueer die vlae wat wapper Clem Sunter, middel, toekomsstrateeg, omring deur die Sri Lankaprojekspan wat hom as motiveerder uitgenooi het na Helderberg gemeente toe. Van links is Louis Visagie, Dalena Spies, Paul Kilian en Marianneke Kilian.

“Daar is vlae wat wapper en ons moet soos jakkalse met skerp oë na die horison kyk en die vlae evalueer om ons te help om ‘n volhoubare toekomsstrategie op te stel vir oorlewing,” het Clem Sunter Dinsdagaand, 1 November, as gas van die Sri Lanka-projekspan gesê. Hy het gesê die topbestuur van ‘n land of besigheid of instelling se primêre verantwoordelikheid is om die toekomstige strategie van die besigheid te beplan. Hy het gebeure in die wêreld nav die kleure van vlae bespreek, bv. die groen vlag in die wêreld vir ekologie: die grys vlag wat die veroudering van die mensdom aandui ens. “In Suid-Afrika”, sê Clem, “is daar ‘n paar rooi vlae wat raakgesien moet word.” Hy het vyf rooi vlae uitgewys wat vir ons aandui wat ons toekomsstrategie moet wees.

“Buitelandse beleggers word afgeskrik om in Suid-Afrika te belê agv die onsekerheid oor toekomstige regeringsbeleid in sleutelgebiede soos mynbou en grondbesit. Daar is ook kommer oor die toekoms van Suid-Afrikaanse instellings soos die regstelsel,” het Clem bekommerd gesê. Clem Sunter se aanbeveling vir Suid-Afrika is dat daar ’n ekonomiese Kodesa moet wees. ‘n Kodesa waar die regering, die sakesektor en die vakbonde ‘n nuwe inklusiewe ekonomiese model vir Suid-Afrika moet opstel. Volgens Paul Kilian, voorsitter van die Sri Lanka-projek, het Clem Sunter die vermoë om mense se emosionele batterye vir toekomsstrategie te herlaai, sodat jy - in watter sektor jy ookal werksaam is - die regte strategiese besluit kan neem.

Probleme met Klank tydens eredienste Indien jy probleme met klank tydens die eredienste ervaar, stuur gerus ‘n boodskap na Tiaan by 081 300 4343 6

Helderstem 6 November 2016

7

Helderstem 6 November 2016

Ons onthou ons geliefdes met die aansteek van kerse Deur The Compassionate Friends, Somerset-Wes. ‘n Wêreldwye, nie-winsgewende ondersteuningsorganisasie vir treurende families aangebied

Saterdag, 26 Nov 2016 @ 16:30 In die Metodiste Kerk Coronationweg, Somerset-Wes [uit Hoofweg] Navrae: Alta Volschenk 021-856 0717 / 084 551 1349 [email protected]

Familie en Vriende is Welkom Opgedra aan alle kinders, kleinkinders, broers/ susters, van ALLE ouderdomme ingesluit stilgeboortes/miskrame. Opsioneel: Bring ‘n foto saam vir die foto gedenktafel. Tyd word toegewys indien jy graag ‘n gedig/brief wil lees/cd wil speel. Skandeer ‘n foto van jou geliefde en e-pos na [email protected] vir ons video voor 23 November. Bogenoemde nie verpligtend nie.

Kissie vir gebedsversoeke

Kom bid saam Elke tweede Woensdag van 08:15 – 09:00 is daar ‘n gebedsbyeenkoms in die Kapel. Die volgende byeenkomste is op 9 November, 23 November en 7 Desember. Enigieen is welkom om te kom saambid.

In die Tent is daar ‘n houtkissie en gebedsversoeke kan daarin geplaas word. Gebedsversoeke sal vertroulik gehanteer word. 8

Helderstem 6 November 2016

Baie dankie, liewe Helderberg “Ons harte is so vol van dankbaarheid. Sommer net weer 'n dankie vir al die lekker en goeie kossies wat ons van die dienssentrum ontvang. Alhoewel my werk nou permanent is, is die salaris steeds nie genoeg om onafhanklik te kan wees nie. Ons voel al so skaam om in die kerk se oë te moet kyk vir hulp. Daar gaan nie 'n dag verby wat ons nie vir die Here dankie sê nie dat daar winkels en mense is wat kos skenk sodat julle dit met soveel liefde kan uitdeel aan dié wat dit nodig het. Baie dankie Kobie en almal wat betrokke is by hierdie liefdestaak. Julle maak 'n groot verskil en julle maak dit moontlik dat daar gesinne saans 'n bord gebalanseerde kos op die tafel het. Dankie, Helderberg, vir al julle iefde. Ons vra vir die Here se seën op hierdie kosbare gemeente. Baie liefde.” X en Y

Harmony Projek soek asseblief dringend seuntjieklere ( 6-7jr) vir een van ons gesinne. Dit kan na die Dienssentrum gestuur word – merk dit asb Harmony. Ons is ook besig om vakansiehampers vir ons gesinne te pak en enige donasies met bederfies soos koekies & beskuit, aanmaakkoeldrank, jellie is welkom. Kontak Annette Botha by 021 851 5582 vir enige navrae. 9

Helderstem 6 November 2016

“Once you lick the frosting off the cupcake it becomes a muffin, and muffins are healthy. You are welcome!”

Jong volwassenes kuier saam Op Sondag 6 November, na Aandkerk, kuier die jong volwassenes saam met Koffie & Cupcakes. Join asb. ons facebook page vir meer inligting:

https://www.facebook.com/groups/1023329207757684/ (Helderberg Gemeente Jong Werkendes) Vir meer inligting kontak Marica: 071 564 6796 In order to mark Armistice Day, the Somerset College community will hold a simple act of Remembrance (which will include the sounding of the Last Post and Reveille) at their weekly Chapel service on Friday 11 November at 09:00 in St Matthew's Chapel. The focus of remembrance will include both those that have died in all conflicts as well as others who have died that need to be remembered. All are welcome to join us.

10

Helderstem 6 November 2016

Fakulteit Teologie besoek Tienerkerk Die Fakulteit van Teologie aan die Universiteit Stellenbosch is besig om sy vere reg te skud vir ‘n nuwe inname vir 2017/2018. Die Fakulteit gaan die Tienerkerk op Sondag 13 November om 18:00 besoek. So wil die fakulteit die jeug inlig waar hul hul drome kan navolg.

Versorgingsfonds, ons is dankbaar vir ondersteuning Helderberg Gemeente Bankbesonderhede

Gesinne in nood in ons gemeente word finansieel en maatskaplik deur die Versorgingsfonds ondersteun. Dankie vir getroue bydraes.

Bank ABSA Somerset-Wes Rek nr. 2900 590 094 - tjek Rek naam NGK Helderberg Takkode 632 005 Verwysing Versorgingsfonds

Voorbidding vir vergaderings in Mosambiek Groete uit Milange, Mosambiek. Dit is 'n ongelooflike voorreg om hier te mag wees en na 'n jaar se afwesigheid weer die geleentheid gebied te word om die bande met kollegas en vriende te kan smee. Ek ervaar die besoek geweldig positief en glo dat daar insette gemaak word wat die uitbreiding van God se koninkryk in Noord-Mosambiek positief stimuleer. Daar is nog baie gesprekke wat voorlê in die volgende week en daarom vra ek graag die gemeente se voorbidding vir my besoek, maar veral vir die kerk hier en hul voortdurende soeke oor hoe om Christus te beliggaam in hul konteks. Vrede vir julle. Kobus Eksteen +27 84 2444 051 [email protected] 11

Helderstem 6 November 2016

Die Indië Chris Miles-uitreikprojek

Die Indië Chris Miles-uitreikspan na Indië in September 2016. Agter van links is Vicky Liebenberg, Danie de Klerk, Sippe Heeringa, Miemie Heeringa en Sakkie Marais. Voor is pastoor Anand Lal, sy vrou Felma Lal, Chris Miles en Linda Marais.

Die Indië Chris Miles-uitreikgroep. Regs is Chris Miles

Ons Indië Chris -projekspan bestaan uit 14 baie toegewyde en gefokusde span-lede wat baie lief is vir die Here en ook ‘n passie en liefde vir Indië het. Miles

“Tydens my besoek aan Indië in September was ek bevoorreg om van ons spanlede, asook ons voorsitter Sippe Heeringa en sy vrou Miemie, saam te kon neem om deel te wees van die opleiding in Goa aan 40 pastore en kerkleiers,” sê Chris Miles. Tydens die projekspan se gereelde vergaderings, is hulle ook besig met opleiding in dissipelmaking. Van die spanlede is ook baie betrokke by Helderberg Hospitaal waar hulle Saterdae vir die pasiënte by die ongevalle-afdeling iets te ete en drinke te gee. Sommige is van die mense wat ure daar sit sonder iets om te eet of te drink. 12

Chris Miles besig met opleiding in Derha Dunn in Die Noorde van Indië

Projekleier: Sippe Heerenga 082 424 8019 [email protected] Sendeling: Chris Miles 073 586 2999 [email protected]