2. Waarvandaan kom die mense rondom ons?

Geskiedenis 1. Die mense van ons land : my optrede as Christen Ons weet dat die geskiedenis van die wêreld, en ook van ons land, nie deur mense bepaal...
Author: Alyson Lindsey
615 downloads 6 Views 722KB Size
Geskiedenis 1. Die mense van ons land : my optrede as Christen Ons weet dat die geskiedenis van die wêreld, en ook van ons land, nie deur mense bepaal word nie. Mense neem wel besluite, maak oorloë, trek na vreemde lande, ensovoorts, maar hulle optrede word deur die almagtige God bepaal. Niks gebeur buite sy wil om nie. As ons vandag rondom ons kyk in ons land, sien ons baie verskillende soorte mense. Daar is mense wat verskillende tale praat, mense met verskillende velkleure, kulture en godsdienste. Niks is toevallig nie. Baie, baie lank gelede was hier net jagterversamelaars, soos die San en die Khoi-Khoi. Die swartmense het van die noordelike dele van Afrika afgetrek en ook hier begin woon. Die Nederlanders was die eerste witmense wat hier aangekom het. Daarna ook Franse, Duitsers, Engelse en ander Europeërs. Tot vandag nog het Suid-Afrika sterk bande met Europa. Saam met die Nederlanders het die Bybel en die Christelike godsdiens gekom. Die Here het dit so bepaal dat die Hugenote die Gereformeerde geloof sterk hier kom vestig het. Die Britte wat vroeg in die 19e eeu gevolg het, het ook ‘n groot rol in ons land se geskiedenis gespeel. Ongelukkig kan nie al die verskillende mense se afkoms bespreek word nie, maar wat wel belangrik is, is om te besef dat die Here almal se koms hierheen bepaal het. Christene moet die Naam van die Here na almal uitdra, ook deur die wyse waarop ons teenoor ander mense optree. Onthou die volgende: •

Tree altyd vriendelik en met respek teenoor ander mense op. ‘n Mens moet nooit onbeskof wees nie. ‘n Mens hoor byvoorbeeld soms van kinders wat vanuit ‘n skoolterrein dinge skree vir verbygangers of voorwerpe na hulle gooi. Sulke optrede pas nie by ‘n Christen nie.



Moet nooit lelik praat van mense wat anders lyk as jy nie. Dit maak nie saak watter velkleur iemand het en of hy of sy dalk gestremd is nie - die Here het almal gemaak!

2. Waarvandaan kom die mense rondom ons? 2.1 Die San of Boesmans Voorkoms Die San is klein, geelbruin mense met kroeshare, dikwels net omtrent 1,5m lank. Hul velle kry op ‘n vroeë leeftyd al diep rimpels wat hulle oud laat lyk. Toe die San nog in die veld gewoon het , het hulle byna geen klere gedra nie, behalwe ‘n klein stukkie vel of karos. Hulle het ‘n vir ons eienaardige taal gepraat, waarin hul tong baie klap. 4

Leefwyse Die mans van die San was jagters wat nie gesaai of geplant het nie. Elke man het net een vrou gehad want hy moes vir sy hele gesin jag. Terwyl die mans gejag het, het die vroue en kinders veldkos soos uintjies, tsammas, worteltjies en blare, asook rotte, veldmuise en slange gesoek. Wanneer die veldkos en wild by een waterdrinkplek opraak, trek hulle na ‘n volgende drinkplek. Water is in leë volstruiseierdoppe gebêre. Huise Hul huise was skerms wat van takke in ‘n halwe kring gepak is. Takke en gras is boop die raamwerk geplaas om skuiling te bied. Wapens Die vernaamste wapen was die pyl en boog. Die boog is van sterk hout of bamboes gemaak. Die boogsnaar het uit die senings van wilde diere bestaan. Die pyle is van riet gemaak. Dit is gedra in ‘n pylkoker gemaak van sagte bokvel of van die kokerboom. Die pylpunte was gewoonlik van been of vuurklip, of later van yster. Die punte is in slanggif of plantgif Die pyl en boog was die San se vernaamste wapen gedoop. Kuns Die San was kunstig en het op rotswande onder holkranse geteken en geskilder. Daar bestaan vandag nog voorbeelde hiervan in ons land. Landswette verbied enige persoon om dit te beskadig. Die Boesmans vandag

Tekeninge op rotswande was meestal afbeeldings van diere

Daar leef vandag nog San in die NoordKaap, Botswana en Namibië, maar die meeste van hulle het oor die jare vermeng met ander groepe en ‘n Westerse leefwyse begin aanneem.

Daar is baie min oor van die tradisies van die San

5

Skerms is gemaak van gebuigde takke waar bo-op gras en ander takke gepak is

Die San is vriendelik en sorg goed vir mekaar

2.2 Die swart volke Herkoms Daar is verskeie groot swart volke wat in Suid-Afrika woon, naamlik die Zoeloes (KwaZulu-Natal), die Suid-Sotho (Vrystaat), die Xhosa (Oos-Kaap), die Venda en die Ndebele (Limpopo) en die Noord-Sotho (Gauteng en ander noordelike provinsies). Omdat daar soveel verskillende volke in Suid-Afrika woon, het die land nie minder nie as elf amptelike landstale. Die swart volke het nie altyd in Suid-Afrika gewoon nie, maar wel in Midde-Afrika. Van daar het hulle suidwaarts getrek en hulle aan die suidpunt van Afrika kom vestig.

6

Leefwyse Die swartmense was bekwame jagters en het ook groot troppe beeste aangehou. Hulle het op klein skaal die grond bewerk, saad gesaai en so vir hulle voedsel gekweek. Beeste was hul vernaamste besitting. ‘n Man se rykdom is aan sy getal beeste gemeet. As ‘n jong man gaan trou, moes hy ‘n sekere aantal beeste aan sy skoonpa gee in ruil vir die bruid. Dit is lobola genoem. Huise Verskillende volke het verskillende soorte hutte gemaak. Sommige volke (soos die Zoeloes) het byekorfhutte gemaak. Die hele hut het ‘n ronde raamwerk van takke en word met gras toegemaak. Die Sotho se huise het weer kleimure gehad en die dakke was van gras. Sommige stamme, veral die Ndebele, was lief om mooi gekleurde patrone op die buitemure van hul hutte te verf. Die vloer van die hut is met ‘n mengsel van klei en mis gesmeer wat dit mooi hard maak. In die hutte was daar nie eintlik meubels nie. Hulle het op grasmatjies geslaap. Kalbasse, houtbakke en houtlepels, mandjies en erdepotte was van die artikels wat gebruik is. Voedsel Die swartmense was lief vir mieliepap. Die vroue en dogters moes die mielies fynmaal tot meel. Eers is twee plat klippe gebruik, maar later is oorgeslaan na ‘n stampblok. Melk is in ‘n velsak of kalbas gelaat om dik te word. Hulle was lief vir die suur dikmelk (“amasi”) en slegs kinders het vars melk gekry. Beeste is net geslag vir seremonies en belangrike gaste. By feesgeleenthede is ook bier gedrink, gebrou van mielies of graansorghum. Wapens Hul wapens het bestaan uit spiese of assegaaie. Die spiese is deur die lug na die vyand of prooi gegooi. Die vegter het homself beskerm met ‘n skild van beesvel. Daarby het hy nog ‘n knopkierie gebruik vir wanneer die vyand naby hom is.

Spiese, assegaaie, knopkieries en skilde was die vernaamste wapens

7

‘n Byekorfhut is ‘n ronde raamwerk van takke wat met gras toegemaak word

2.3 Die eerste witmense/blankes Herkoms Die eerste blankes het van Nederland af gekom. In Nederland was daar ‘n groep mense wat saam handel gedryf het met die Ooste (Asië). Hulle was die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), ook genoem die HOIK (Hollandse Oos-Indiese Kompanjie). Die enigste roete na die Ooste was daardie tyd om ‘n geweldige lang seereis te onderneem van Nederland rondom die suidpunt van Afrika tot in die Ooste. Dit het sommer ‘n hele paar maande geduur. Omdat die matrose nie vars voedsel gekry het nie, het hulle die gevaarlike siekte skeurbuik opgedoen. Die VOC het toe besluit om ‘n verversingspos aan die Kaap te vestig sodat die matrose vars voedsel en vleis kon kry. Die man wat hierdie werk gekry het, was Jan van Riebeeck. Jan van Riebeeck Jan van Riebeeck is in 1619 in die dorpie Culemborg in Nederland gebore. Na sy skoolopleiding het hy hom as skeepsdokter bekwaam. Toe hy 20 jaar oud was, het hy vir die VOC begin werk. Hulle het hom na Batavia in die Ooste gestuur en daar het hy as klerk gewerk. Op ‘n stadium is hy aan smokkelhandel skuldig bevind en na Nederland teruggestuur. Kort daarna is hy met Maria de la Queillerie getroud. Toe die VOC na iemand soek om ‘n verversingspos aan die Kaap te stig, het Jan van Riebeeck aangebied om dit te doen. Op 24 Desember 1651 het hy en sy vrou met hulle seuntjie Lambertus, wat omtrent ‘n jaar oud was, uit Nederland vertrek. Daar was nog ongeveer tagtig mense by hulle. Die grootste skat wat hulle na die suidpunt van Afrika gebring het, was die Christelike godsdiens en die Statebybel. 8

Op 6 April 1652 het die drie skepe, die Drommedaris, die Reyger en die Goede Hoop Tafelbaai binnegeseil.

Jan van Riebeeck en sy vrou Maria de la Queillerie land aan die Kaap

Van Riebeeck se opdragte • Van Riebeeck moes ‘n fort bou vir huisvesting en beskerming. • Hy moes ‘n hospitaal bou om siek matrose te verpleeg. • Hy moes ‘n dagboek hou, en hierin kan ons vandag nog lees wat elke dag aan die Kaap gebeur het. • Tuine moes aangelê word en groente soos beet, spinasie, boontjies, ertjies, rape, radyse en kool is geplant.

Die fort wat gebou is vir huisvesting en beskerming

2.4. Die Franse Hugenote Wie was die Franse Hugenote? In Frankryk is die Protestante die Hugenote genoem. Verskeie Rooms-Katolieke Franse konings het die Hugenote oor hulle godsdiens onderdruk en vervolg. Duisende Protestante is vermoor, hul grond en huise is afgevat en hul kinders is van hulle weggeneem. Koning Hendrik van Navarre wat self ‘n Protestant was, het ‘n wet gemaak, die Edik van Nantes, wat die Protestante beskerm het. Maar nadat hy dood is, het daar ‘n koning gekom, Lodewyk XIV, wat die Edik van Nantes herroep het. Die Hugenote is weer wreed vervolg. Duisende Hugenote het sonder enige besittings na ander 9

Protestantse lande soos Nederland gevlug. Van hierdie vlugtelinge het uiteindelik aan die Kaap kom woon. Die koms van die Hugenote Die Hugenote het gedurende 1688 in groepe by die Kaap aangekom. Simon van der Stel, die goewerneur, het hulle op plase ver uitmekaar aan die grense van die land en tussen die Nederlanders geplaas. Hy wou op dié manier van hulle Nederlanders maak. Die Kompanjie het die eerste paar maande die Hugenote van voedsel voorsien. Hulle het ook boumateriaal vir hulle huise gekry. Die Vryburgers het hulle met waens na hulle plase aangery. Daar is skape en koeie aan hulle gegee. Daar is ook geld deur die kerk en Batavia vir hulle ingesamel. Die Hugenote kry swaar Die Hugenote was baie arm en het nie genoeg osse, waens en ploeë gehad om die grond te bewerk nie. Die grond was nie oral geskik vir saaiboerdery nie en moes nog ontbos en skoongemaak word. Daar was ook baie roofdiere. Boumateriaal vir huise was skaars en moes van ver af aangekarwei word. Hulle moes ook nog skuld aan die Kompanjie afbetaal. Dit was nie vir hulle lekker om nie saam met hulle eie mense te woon nie. Hulle kinders het saam met die Nederlandse kinders Die Franse Hugenote verlaat hul land. skoolgegaan. Na omtrent 50 jaar was daar net ‘n paar van die ouer Franse wat hul moedertaal nog verstaan het. Franse vanne soos De Villiers, Bruwer, Durand, Fourie, Hugo, Joubert, Marais, Du Plessis, Du Toit en Malan herinner ons nog aan die Hugenote. Voordele van die Hugenote se koms • Die Hugenote het sterk godsdienstige oortuigings gehad en dit was goed vir die groei van die Christelike geloof in SuidAfrika. • Hulle was hardwerkend en het gehelp om die Kaap te ontwikkel. Hulle het byvoorbeeld later pragtige gewelhuise gebou, al het hulle eers so gesukkel, en al moes hulle met eenvoudige huisies begin. • Van die Hugenote was knap ambagsmanne soos ystersmede en skrynwerkers. • Baie van die Hugenote was knap wynboere. Hulle het begin druiwe verbou vir goeie Kaapse wyne. Suid-Afrikaanse wyne is vandag nog van die beste in die wêreld. Die Hugenote-monument by Franschhoek

10

2.5. Die Britse Setlaars Brittanje neem die Kaap twee keer in Brittanje het die Kaap vir die eerste keer in 1795 ingeneem. In 1802 het hulle die Kaap weer aan die Nederlanders teruggegee, maar in 1806 is die Kaap vir die tweede keer deur die Britte beset, want hulle wou graag die roete na Indië beheer. Werklose soldate in Brittanje Na die oorlog teen Frankryk was baie van die Britse soldate sonder werk. Die Britse goewerneur aan die Kaap, Lord Charles Somerset, wou graag hê dat daar sommer baie meer Britse mense aan die Kaap moes kom woon sodat die Kaap kon verengels. Die Setlaars kom in die Kaap aan In 1820 het ongeveer 5000 mans, vroue en kinders uit Brittanje na SuidAfrika gekom. Van hulle was boere, ambagsmanne, winkeliers, predikante, onderwysers, soldate en matrose en is genoem die Britse Setlaars. Die Setlaars probeer boer

Die koms van die Britse Setlaars aan die Kaap

Die Setlaars het elkeen ‘n plasie gekry. Plaasgereedskap, saad en voedsel is op skuld aan hulle uitgereik. Hulle is met ossewaens op plase afgelaai. Daar het hulle baie moeilike tye beleef, want hulle het niks van boerdery af geweet nie. Van die Setlaars wat glad nie boere was nie, kon later ander werk gaan soek, maar ander het darem uiteindelik ‘n sukses van die boerdery gemaak. Die Setlaars se nageslag Vandag nog is ‘n groot deel van ons bevolking Engelssprekend. Baie sportsoorte soos rugby, krieket, sokker en tennis, wat vandag in ons land baie gewild is, kom ook van die Britte af.

Vestiging van die Britse Setlaars vanaf Delagoabaai (Port Elizabeth)

Die Setlaarsmonument by Grahamstad

11