1930 s KANSA geskiedenis

#CANSA85 • Niemand sou in 1931 kon voorspel wat ‘n grootskaalse en wydverspreide impak die Nasionale Kankervereniging, soos dit toe genoem is, sou ge...
54 downloads 4 Views 3MB Size
#CANSA85 • Niemand sou in 1931 kon voorspel wat ‘n grootskaalse en wydverspreide impak die Nasionale Kankervereniging, soos dit toe genoem is, sou gehad het toe dit in daardie jaar gestig is nie.

• Vandag speel die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) ‘n leidende rol in kankernavorsing en die ontwikkeling van die beleid en beheer van kanker, sowel as die voorsiening van sorg, ondersteuning en opleiding aan Suid-Afrikaners wat geraak word deur hierdie gevreesde siekte.

1930’s – KANSA geskiedenis • In 1931, by die eerste Nasionale Kanker konferensie in SuidAfrika, is die besluit geneem om die Nasionale Kankervereniging te vestig. Die 75 afgevaardigdes verteenwoordig 24 entiteite, asook individue bekommerd oor die lyding wat deur kanker veroorsaak word. • Die Stigters se uitgangspunt was om kanker te registreer en om kankersentrums en –klinieke landswyd op te rig waar kenners optimale opsies aangaande behandeling en diagnostiese metodes kon ondersoek. • Die Memorandum van die statute van die Nasionale Kankervereniging is geregistreer in terme van die Wet op Maatskappye op 29 Januarie 1932.

1930’s – Kankergeskiedenis • 1929 - Duitse geneesheer, Fritz Lickint bevestig die potensiële verband tussen rook en longkanker. • 1939 - Gordon Ide van Rochester Universiteit, New York, dui aan dat gewasse 'n stof bevat wat die groei van bloedvate kan aanmoedig om hulle voortbestaan te verseker.

Rook  long kanker

1940’s – KANSA geskiedenis • Oorlog vertraag die ontwikkeling en invloed van die Nasionale Kankervereniging, maar vordering is gemaak in kankernavorsing in die VSA.

1940’s – Kankergeskiedenis • 1947 - Sidney Farber van die Boston Kinderhospitaal plaas leukemie in korttermyn remissie met aminopterin. • 1949 - Die Amerikaanse Food and Drug Administration keur die eerste chemoterapie medisyne goed, wat gebasseer is op 'n gifgas van die Eerste Wêreldoorlog.

1950’s – KANSA geskiedenis • ‘n Nasionale Kankerkongres is byeengeroep deur die Minister van Gesondheid, Dr. Karl Bremer, en die Nasionale Kankervereniging stel opvoedkundige programme voor, om die publiek in te lig oor die belangrikheid van vroeë opsporing van kanker en 'n gesonde leefstyl. • Kliniese fasiliteite vir die vroeë opsporing van kanker van die baarmoeder is gestig en ‘n laboratorium in Durban behartig jaarliks nagenoeg 70 000 Papsmere. • Dr George Oettlé was die eerste kankernavorser wat in 1958 ‘n subsidie van KANSA ontvang het om programme oor navorsing oor kanker in Suid-Afrika te inisieer.

1950’s – Kankergeskiedenis • 1950 - 'n Studie deur Doll en Hill waarsku dat rook 'n belangrike oorsaak van longkanker is. • 1956 - Metastatiese kanker is vir die eerste keer genees toe metotreksaat gebruik word om 'n seldsame gewas choriokarsinoom - te behandel .

1960’s – KANSA geskiedenis • Die eerste interim tehuis (nou bekend as KANSA Sorgtuistes) is in Pretoria gebou. Soortgelyke fasiliteite is in Johannesburg, Bloemfontein, Durban, Kaapstad en Port Elizabeth opgerig. Vind meer uit hieroor by http://www.cansa.org.za/cansas-care-support/cansa-care-homes/

1960’s – Kankergeskiedenis • 1965 - Vincent DeVita en kollegas by die Amerikaanse Nasionale Kankerinstituut in Washington, wys dat kombinasieterapie kan gevorderde Hodgkin limfoom genees.

1970’s – KANSA geskiedenis • ‘n Innoverende opvoedkundige en fondsinsamelingsinisiatief by name 'Toktokkie' (ook bekend as 'Tap-Tap') is landswyd van stapel gestuur. • Subsidies en skenkings vir navorsing by verskeie groot universiteite en navorsingsentrums het voortgeduur. Navorsing in Suid-Afrika was gelykstaande aan navorsing regoor die wêreld. Dit het Suid-Afrikaanse terapeute bemagtig om die vlak van terapie vir kankerpasiënte voortdurend te verbeter en aan te pas.

1970’s – KANSA geskiedenis • Gemeenskapsdienste is uitgebrei en ‘n volledige sorgprogram is ontwikkel om kankerpasiënte en hul gesinne by te staan – vanaf die diagnose tot en met die terminale en rou-fases van sekere pasiënte. Dokters, verpleegkundiges, maatskaplike werkers, predikante en vrywilligers was almal betrokke by hierdie inisiatiewe. • Vrywilligers het deel gevorm van die 'Ek kan dit Hanteer'-programme wat ontwerp is om kankerpasiënte en hul naasbestaandes te help om die diagnose en siekteverloop van kanker te aanvaar. Ander ondersteuningsgroepe soos Reik na Herstel (Reach for Recovery) vir pasiënte met borskanker en kankeroorwinnaars is gestig.

1970’s – Kankergeskiedenis • 1971 - Godfrey Hounsfield, van EMI by Hayes, Middlesex, ontdek die CT-skandeerder wat die beeldgehalte verbeter vir gebruik in beide chirurgie en bestraling. • 1975 - Cesar Milestein en Georges Köhler van Cambridge ontdek monoklonale teenliggaampies. • 1975 - Larry Einhorn van Idiana Universiteit toon kombinasieterapie kan 70 persent van gevorderde testikulêre kankergevalle genees.

1980’s – KANSA geskiedenis • As lid van die organisasie bekend as die Unie vir Internasionale Kankerbeheer [Union for International Cancer Control (UICC)], was die Nasionale Kankervereniging die gasheer van die UICC se Uitvoerende Komitee in Johannesburg, sowel as ‘n internasionale konferensie oor kanker van die slukderm in Kaapstad. • Sorgfasiliteite se deure is in Soweto geopen; Langa; Wes Kaap en Bloemfontein (nou Mangaung) in die Vrystaat, waar ‘n verskeidenheid van gemeenskapdienste aangebied is. • Die “Hospicare” Programme het ook verskeie dienste aangebied – dienste wat gewissel het van tuisverpleging tot pynbeheer. • Die Karl Bremer en Theunis Fichardt hospitiums se deure is geopen.

1980’s – Kankergeskiedenis • 1981 - Proewe georganiseer deur Bernard Fisher, 'n chirurg van Pennsylvania, toon dat die verwydering van slegs die gewas en nie die hele bors nie, werk ewe goed vir vroeë borskanker. • 1983 - Harold zur Hausen ontdek HPV16 en later HPV18 wat verantwoordelik is vir ongeveer 70 persent van servikale kankers. Hy wen 'n Nobelprys in 2008 vir die ontdekking dat menslike papilloma virusse kanker veroorsaak.

1990’s – KANSA geskiedenis • Die Nasionale Kankervereniging se naam verander na die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) en ‘n nuwe korporatiewe identiteit word ontwikkel. • KANSA se missie was: ‘Om te stry teen kanker en die gevolge van die siekte’. Die stryd sou landswyd strek tot voordeel van alle Suid-Afrikaners in samewerking met die gemeenskappe en ondersteun word deur navorsing, gesondheidsopleiding, die verskaffing van inligting rakende die siekte en die behandeling daarvan, versorging, en ondersteuningsdienste. • KANSA se Nasionale Hoofkantoor verskuif van Braamfontein na Bedfordview.

1990’s – KANSA geskiedenis • ‘n Inligtingsdiens is gevorm om inligting rakende kanker in te samel en ‘n argief op te bou sodat die inligting aan die publiek beskikbaar gestel kan word en om die publiek in te lig oor KANSA se aktiwiteite. • KANSA se strewe was ook om inligting en resultate van navorsing te deel met kankerpasiënte en hulle naasbestaandes en vriende, akademici, medici, studente en lede van die publiek. Dit is later herdoop tot die KANSA Wetenskap en Hulpbronne Sentrum in 2009. • Die eerste Mobiele Gesondheidskliniek word in die Vrystaat bekendgestel. KANSA het nou nege mobiele klinieke wat na afgeleë gebiede reis om siftingstoetse en vroeë opsporingsprogramme te verskaf.

1990’s – KANSA geskiedenis • As ‘n lid van die Tabak Aksie Groep, het KANSA ‘n groot rol gespeel in die anti-tabak wetgewing van 1999 om advertensies en borgskap-aktiwiteite van tabakprodukte te staak. • Die Sanlam Kanker-Uitdaagreeks is in 1993 van stapel gestuur. Die resultaat hiervan was dat meer as 40 000 golfspelers regoor die land in meer as 800 golf klubkampioenskappe deelgeneem het.

1990’s – Kankergeskiedenis • 1994 - Die eerste oorerflike borskanker geen, BRCA1 word ontdek. • 1997 - Rituximab, die eerste middel gebaseer op monoklonale anti-liggaam, is gelisensieer. • 1998 - Herceptin, 'n monoklonale antiliggaam middel wat op hormoonsensitiewe borskanker gerig is, word gelisensieer.

2000’s – KANSA geskiedenis • KANSA se beeld word meer modern met ‘n nuwe logo en korporatiewe boodskap: ‘Strewe vir ‘n Kanker Slim Suid-Afrika’ in ooreenstemming met sy missie om "die impak van kanker wesenlik te verminder deur die bevordering van gesondheid in alle gemeenskappe in Suid-Afrika deur middel van voorspraak en die volhoubare fasilitering van navorsing, voorkoming, vroeë opsporing en sorg".

2000’s – KANSA geskiedenis • KANSA se drieledige geïntegreerde diens word bekend gemaak aan almal in Suid-Afrika wat deur kanker geraak word: navorsing, voorspraak en gesondheidsprogramme. • Die KANSA Shavathon vloedgolf tref Suid-Afrika in 2003 met duisende mense wat deur kanker geraak is en die algemene publiek wat hulle ondersteun deur hul eie hare te skeer, kleur, sny of sproei. Mense doen dit om solidariteit vir kankerpasiënte te toon. Die veldtog lok elke jaar meer en meer mense en dit het ‘n belangrike datum op die Suid-Afrikaanse kalender geword.

2000’s – KANSA geskiedenis • KANSA se omgewingsbewustheid neem standpunt in oor omgewings-aspekte wat kanker bevorder. KANSA doen eerstens navorsing oor die omgewingskwessies wat ter sprake is en reik daarna verklarings uit oor hoe die hantering van sekere omgewingsake die publiek se gesondheid raak. • KANSA se Voorspraak Departement verseker die publiek dat die Kankervereniging sy rol as “waghond” ernstig opneem. Die “KANSA Seël van Erkenning” etiket op ‘n produk beteken dat KANSA die produk getoets het en voorstel dat die publiek die produk kan gebruik sonder om bekommerd te wees dat dit skade kan aanrig. Produkte met die etiket help om die risiko van kanker te verminder. Soek na produkte met die ‘Smart Choice’ en ‘SunSmart Choice’ -etikette op.

2000’s – KANSA geskiedenis • KANSA se program oor limfoïed en kanker is in 2009 tydens die Vrouegesondheidsveldtog bekendgestel. • Die wêreldwye beweging genaamd Relay For Life word in 2005 bekendgestel. By hierdie geleenthede word duisende kankeroorwinnaars se lewens herdenk en 4 500 spanne neem jaarliks daaraan deel.

2000’s – Kankergeskiedenis • 2001 - Imatinib (Glivec), 'n middel wat gewas seinbane onderbreek, word gelisensieer vir chroniese miëloïde leukemie en is ook doeltreffend teen maag stroma gewasse. • 2002 - Die Cancer Research campaign smelt saam met die Imperial Cancer Research Fund om Cancer Research UK te word. • 2004 – Avastin, die eerste dwelm om die vorming van bloedvate deur gewasse te inhibeer, word gelisensieer. • 2006 - 'n Entstof teen die menslike papilloomvirus, die oorsaak van servikale kanker, word gelisensieer.

2010’s – KANSA geskiedenis • KANSA streef daarna om seker te maak dat die stryd teen kanker een van die beleidmakers se top prioriteite is. • Die Vereniging bevorder die korrekte etikettering van produkte veral van trans-vette – wat op wetenskaplike bevindinge gegrond is. • KANSA vra vir die publiek en die Regering om kinders te beskerm teen skadelike chemikalieë soos BPA in speelgoed en bababottels. • Die nuwe gesondheidsveldtogte word bekend gestel: Mansgesondheid, Vrouegesondheid en die Kinder- en Jeuggesondheid. • KANSA het sy visie verander na ‘n boodskap van: “Stel jou ‘n wêreld voor sonder kanker.”

2010’s – KANSA geskiedenis • KANSA se ‘Tough Living with Cancer (TLC)’ word bekendgestel. Die hoofdoel van TLC is om bewustheid van kinderkankers te kweek en om tasbare sorg- en ondersteuningsdienste te verskaf aan kinders en hul gesinne wat deur kanker geraak word. • Tuistes is geopen vir ouers of voogde wie se kinders behandeling vir kanker ondergaan. Daar is tuistes in Pretoria, Durban en Polokwane sowel as ondersteuningkamers in Kimberley en PE. • KANSA sluit aan by die aanlyn gemeenskap op Facebook, Twitter, Youtube, Pinterest, Instagram en LinkedIn. Die KANSA webwerf, www.cansa.org.za, word opgegradeer om selfoon-aanpasbaar te wees. • KANSA neem deel en behartig nasionale kanker voorspraak-inisiatiewe en dienste as ‘n lid van die Kanker Alliansie en stigter van die SuidAfrikaanse Alliansie vir Nie-Oordraagbare Siektes.

2010’s–KANSA geskiedenis • In 2013, georganiseer deur die UICC en aangebied deur KANSA, vergader Verenigde Nasie amptenare, Ministeries van Gesondheid en internasionale leier besluitnemers, vir die eerste keer in Afrika, om die groeiende kankerlas by die 2013 World Cancer Leaders’ Summit (WCLS) in Kaapstad te bespreek. • In 2015 vereer KANSA Professor Michael Kew met ‘n Lifetime Achievement Award vir sy bydrae en kennis van primêre lewerkanker. Danksy sy werk is daar ‘n verband tussen Hepatitis B en lewerkanker ontdek, gevolg deur ‘n entstof wat lewens red. KANSA is trots daarop dat ons Prof Kew se navorsing vir meer as 30 jaar kon befonds.

2010’s – Kankergeskiedenis • 2010 - 'n Nuwe siftingstoets vir kolonkanker wat duisende lewens kan red, word uitgerol. • 2011 - Wetenskaplikes maak vordering in die ontsyfering van die molekulêre konstruksie van prostaatkanker en ontdek 'n nuwe versnellingsgeen wat die groei van borskanker dryf. • 2012 - Cancer Research UK wetenskaplikes ontdek dat borskanker in werklikheid 10 afsonderlike siektes is. • 2013 - Navorsing toon 80 nuwe genetiese variasies wat die risiko van borskanker, eierstokkanker en prostaat kanker verhoog. • 2014 - Britse sterftesyfers vir bors-, derm-, long- en prostaatkanker gekombineer neem toe met byna 'n derde in 20 jaar. En die Wêreldgesondheidsorganisasie se Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker het nou meer as 100 chemiese, fisiese en biologiese karsinogene geïdentifiseer.

2016 KANSA VIER 85 JAAR VAN DIENS AAN MENSE WAT DEUR KANKER GERAAK IS EN DIE SUID-AFRIKAANSE PUBLIEK

2016 – vorentoe • Ons sal seker maak dat KANSA voortgaan om die geveg teen kanker in Suid-Afrika te lei en om ons voorgestelde missie en doelwitte te bereik. • Ons missie bly steeds om die gekose nie-winsgewende organisasie te wees wat navorsing dryf, die publiek bemagtig met kennis en wat ondersteuning bied aan mense wat deur kanker geraak word.

2016 – vorentoe KANSA het baie bereik in die afgelope 85 jaar. Dit sluit in ontdekkings rakende navorsing om kanker risiko te verminder, sowel as ons unieke omgee-, ondersteunings- en kennis programme in Suid-Afrika. Ons bied ons ondersteuningsdiens maandeliks aan 64 300 mense wat deur kanker geraak word. Dit sou nie moontlik wees sonder die publiek se finansële ondersteuning nie. KANSA gaan voort om ‘n leier in die veld van kanker te wees en ons maak voortdurend voorspraak vir nuwe aksies en wette wat bydra tot die skep van ‘n wêreld sonder kanker.

Video Messages: Celebrating CANSA’s 85th Anniversary